Rooi Rose
Rooi Rose
Rooi Rose

Raam dit

Foto: Foto: Johan Wilke
Gedink dis te duur om al jou foto’s en prente te raam? Maak hierdie unieke en goedkoop rame waarin jy jou foto’s of mooi prente kan uitstal

 

Hanger-rame

Benodigdhede:

Ou houthangers
skêr
Pritt
pen
A3-grootte vel met patroon




Maak so

  1. Draai die A3 op sy agterkant en plaas die hanger daaroor sodat jy die binnekant van die hanger kan aftrek.
  2. Knip om die lyn, maar sowat 0,5 mm groter as die lyntjie sodat jy ekstra papier het wat teen die hout sal vassit.
  3. Plak met Pritt vas.
 

CD-rame

Benodigdhede:

leë CD-houers
skêr
12 x 12 cm-tydskrifprentjies / foto’s
liniaal
double-sided tape

Maak so

  1. Meet en knip 12 x 12 cm-blokkies.
  2. Skuif die prentjie / foto in die voorkant van die CD-houer in.
  3. Plak met dubbelkantkleefband teen die muur vas.
Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van rooirose.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Caxton Magazines
Digital Media and Marketing Association (DMMA)
Developed by Digital Platforms
© 2013 Rooi Rose | Alle regte voorbehou | Terme en voorwaardes