Rooi Rose
Rooi Rose
Rooi Rose

Zando aanlynwinkel

Susra Morkel

Almal gons oor die nuwe aanlynwinkel Zando. Dit is bekend gestel in Januarie 2012 en is reeds die grootste aanlyn winkel in Afrika.
Hier sal jy meer as  200 mode handelsmerke raakloop waarvan die helfte plaaslik en die ander helfte internasionaal is.
Dis baie maklik om hier inkopies te doen. Jy kan kies volgens kategorie, grootte, handelsmerk of selfs kleur. Kliek op byvoorbeeld die oranje blokkie, as jy die kleur kies, en al die oranje items verskyn op jou rekenaarskerm. Nadat jy op die item gekliek het, kies jou groote, kliek SHOPPING CHART, besluit hoe jy gaan betaal en dan CHECK OUT om jou rekening te skep.
Wat die winkel uniek maak is dat jy nie net aanlyn vir die produk hoef te betaal nie, jy kan kontant by aflwering betaal en dan kan jy nog boonop by aflewering die produk dadelik aanpas en terugstuur indien dit  jou nie pas nie. Die aflwering is ook verniet.
Daar is iets vir almal, die grootes is van S tot XXXL.
Jy hoef nie bang te wees dat jou pakkie nie by jou sal uitkom nie, hulle maak gebruik van hul eie vervoerdiens, wat gewaarborg is.
Indien jy nie gelukkig is met hul diens nie, skakel gerus hul hulplyn.
Hieride aanlynwinkel is die moeite werd om uit te toets!
http://www.zando.co.za/



Kommentaar
Daar is 1 kommentaar op hierdie artikel.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep
Lizelle sê:
13:33 (GMT+2), Woensdag, 26 September 2012
Zando is absoluut FANTASTIES! Ek het al 'n paar keer by hulle bestel en daar is geen woorde vir hulle goeie diens nie! My eerste ervaring met Zando:
Ek het die mooiste skoentjies by hulle bestel en toe die delivery oukie my skoene die VOLGENDE DAG vir my bring, toe kom ons agter dat die een skoen nie 'n hakkie aan het nie. Ek was so opgewonde oor die skoene dat ek dit net so gevat het. Toe gebeur 'n wonderwerk:
Wanda, die vreeslike vriendelike delivery oukie, kom laai toe die volgende dag 'n stel hakkies by my af ... teen GEEN EKSTRA koste! GOBSMACKED!!!!
Kudos to Zando! You guys are stupendous!

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van rooirose.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Caxton Magazines
Digital Media and Marketing Association (DMMA)
Developed by Digital Platforms
© 2013 Rooi Rose | Alle regte voorbehou | Terme en voorwaardes