Maandag 25 Junie 2012
Michelle Nortjé
Op Saterdag 25 Augustus is daar ‘n spesiale geleentheid by SummerPlace in Sandton waar jy ‘n bydrae kan maak om vroue wat teen kanker stry, op ‘n praktiese en bemagtigende wyse te ondersteun.
Dis Avon Justine iThemba se vyfde jaarlikse Vrouedag, ‘n geldinsamelingsgeleentheid ten bate van LookGood ... FeelBetter, ‘n organisasiese wat op ‘n praktiese wyse kankerlyers ondersteun. Tydens verlede jaar se funksie is nagenoeg R150 000 ingesamel!
Koop jou kaartjie en neem deel aan die veiling wat op die dag van die geselligheid aangebied word. By ’n iThemba-stalletjiekan jy spesiale pienk produkte koop, onder meer oorbelle en ’n juweleboksie wat iThemba sal help om met hul werk voort te gaan.
Hier is al die reëlings:
Saterdag, 25 Augustus vanaf 09h30 tot 16h00. Die geselligheid sluit ’n geurige driegangmaaltyd, ’n Avon-geskenkpakkie, sitplekpryse, inspirerende praatjies asook vermaak in. Kaartjies kos R500 per persoon. Besoek
www.ithembaladiesday.co.za, stuur ’n e-pos na
info@ithembaladiesday.co.za of bel 082 902 4604 vir meer inligting en besprekings.