Maandag 16 Julie 2012
Verkoues en griep is ons lot vir die winter. Versterk jou kinders se immuunstelsel met dié nuttige wenke.
In die koue wintermaande waarin ons tans verkeer, het kinders daardie ekstra versorging nodig om hulle gesond en sterk te hou. Een van die belangrikste dinge wat jy kan doen om jou kind teen verkoues en griep te beskerm, is om hul immuunstelsel op te bou. Dit kan help om ongewenste siektes weg te hou.
Daar is verskeie maniere waarop ons kan help om ons kinders sterk en gesond te hou. Of ons hulle nou aanmoedig om gesond te eet of gereeld te oefen, die regte balans is egter noodsaaklik.
Terwyl die regte dieet ’n groot rol speel om kinders teen verkoue en griep te beskerm, kan hul immuunstelsels selfs verder versterk word deur die inname van multivitamiene.
Kinders handhaaf deesdae ’n besige skedule en daarom is dit normaal dat die moegheid hulle al meer kan oorval. Daar is egter verskeie maniere waarop ’n optimale gesonde lewenstyl gehandhaaf kan word:
•
Wees daagliks aktief – moedig kinders aan om gereelde fisieke aktiwiteite te doen, ten minste 60 minute per dag.
•
Kies water bo gaskoeldrank – water is gesonder as vrugtesap en gaskoeldrank.
•
Voeg groente en vrugte by hul dieet – al is dit dikwels moeilik om kinders te oorreed om groente en vrugte te eet, is dit noodsaaklik. Vind uit wat jou kind se gunsteling groente of vrug is, dit kan net help om hom/haar teen verkoues en griep te beskerm.
•
Kies gesonde peuselhappies – vervang aartappelskyfies en sjokolade met vrugte, volgraanbeskuitjies of suiwelprodukte met verminderde vet, soos jogurt.
Probeer gerus
Scott’s Emulsion. Hierdie unieke vermenging van lewertraan, vitamiene en minerale is die ideale multivitamien vir jou kind.