Halse en halssnoere

Foto: Sieg Behm
Susra Morkel

Al gewonder of jou halssnoer reg is vir jou bloes of rok? Ons wys jou ‘n paar wat altyd werk indien jy twyfel.

Lang halssnoere werk goed saam met losser, meer informele hemde. Dit pas ook by iemand met groot borste. As jy groot borste het, moenie ‘n halssnoer dra wat op jou borste val nie, dit sal dit nog meer volheid gee.


 
Kristal halssnoer (R690) Hilton Weiner


Dra 'n halssnoer wat in die V van die V-hals val eerder as ‘n lang een wat verby dit hang.


Halssnoer (R350) Lovisa



Halsnoer (R7 995) Uwe Koetter


By 'n effens deftiger hemp of bloes met 'n ronde kraag, dra 'n halssnoer wat presies op die halslyn val sodat dit deel lyk van die hemp.


Goue halssnoer (R2 795) Shimansky


Krale nekstuk (Stillis se eie)  Zara

Dra langer, dunner halssnoere by 'n COWL NECK om nie by te dra tot die volheid van die bloes nie.


Hangertjie stringe (R99 elk)  Accessorize
Kommentaar
Wees eerste om kommentaar op die artikel te lewer.
Jy moet ingeskakel wees om kommentaar op die artikels te kan lewer. Indien jy nog nie 'n aanlyn-profiel het nie, kan jy hier een skep

Caxton Tydskrifte moedig vryheid van spraak aan en ‘n verskeidenheid standpunte word hier weergegee. Die menings van die gebruikers van rooirose.co.za is hul eie en nie noodwendig dié van Caxton Tydskrifte nie.
Caxton Magazines
Digital Media and Marketing Association (DMMA)
Developed by Digital Platforms
© 2014 Rooi Rose | Alle regte voorbehou | Terme en voorwaardes