'n Nuwe lewe
Woensdag , 14 November 2012
Hoe gebeur dit dat ’n eens voorbeeldige pastoordogter haar liggaam later op straat verkoop? Michelle Mbua wat vandag ’n toegewyde gelowige en ‘n motiveringspreker is, vertel in ’n openhartige onderhoud aan Carla van der Spuy hoe sy die pad byster geraak het; hoe haar vroeggebore babadogter die pyn van heroïenonttrekking moes beleef; en hoe sy maande lank as verhoorafwagtende die hel van ’n oorvol tronksel ervaar het omdat niemand bereid was om...