– genoeg vir 6
• 2 heel knoffelknolle
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 25 g vars gis of 10 g kitsgis
• 400 ml louwarm water
• 30 g botter
• 15 ml (1 e) suiker
• 10 ml (2 t) sout
• 600 g (4 k) koekmeel
• 15 ml (1 e) heel korrelmosterd
• ’n hand vol pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Sny die bokant van die knoffelknolle af en sit op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en rooster vir 35-40 min. of tot die knoffel sag en goudkleurig is. Hou eenkant.
2 Meng die gis en water in die bak van ’n elektriese menger tot opgelos. Sit die deeghaak aan. Gooi die res van die bestanddele by en meng goed. Knie vir 4-5 min. of tot die deeg glad is.
3 Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak met kleefplastiek toe. Laat rys die deeg vir 30 min. of tot dubbel die grootte.
4 Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Druk die sagte knoffelhuisies uit die skilletjies en hou eenkant.
5 Knie die deeg af en rol in ’n reghoek uit op ’n skoon werkvlak wat met meel bestrooi is. Smeer die deeg met die mosterd en strooi die pietersielie oor.
6 Rangskik die geroosterde knoffelhuisies in die lengte van die deeg.
7 Rol dit styf op in ’n silindervorm en knyp die twee punte bymekaar om ’n sirkel te vorm. Tel die rol versigtig op ’n bakplaat.
8 Sny met ’n skerp mes kepe in die silinder – sowat 1 cm uitmekaar. Moenie regdeur die rol sny nie.
9 Draai die snye horisontaal sodat jy die vulsel kan sien.
10 Bak vir 25-30 min. of tot goudbruin en krakerig.
11 Sit met slaaiblare soos roket en babaspinasie, dun gesnyde rooi-ui, kersietamaties en jou gunstelingslaaisous voor.