Rooi Rose
Rooi Rose
Rooi Rose

Redakteursbrief

“Daar is net soveel lentes, soveel Saterdagaande en soveel Maandagoggende in ’n lewe ... ” Jill Ireland se woorde (“Beeld van ’n vrou”, bl. 180) het in my ore weerklink en in my hart ge-eggo nadat ek dit gelees het. Ons leef mos asof daar ’n oneindige aantal sonsop-komste en –ondergange is. Ons lewe stu voort van die een onbenulligheid na die ander. Net soms kom ons te staan voor die besef dat daar aan elkeen van ons slegs hierdie een lewe gegee is, dat dit kort is en ’n einde gaan hê ...
Rondom ons hoor mense slegte nuus oor hul gesond-heid, gebeur ongelukke, is daar oorloë en selfmoord-bomme, haat en nyd en veroordeling. En lewensgebeure rol voort asof sonder plan, sonder ’n Hand aan die stuur.
En dit terwyl groot dinge eintlik elke dag rondom ons gebeur, en niks vanselfsprekend is nie! Ons moet daarin die Groot Plan leer raaksien.
Ons familie se innige verwagting is ook dan vervul met die geboorte van klein Mia. Ook kollega Elmarie Otto het in hierdie tyd ouma geword van pragtige klein Aliya!
Ons Babalyfie was uiters bedagsaam en het hierdie ouma kans gegee om eers die spertyd te haal voordat sy aangemeld het. Vir haar mamma en pappa is sy die mees welkome geskenk – hulle kon net nie meer op die vreugdevolle ontmoeting wag nie.
En nou moet ons vir Nuwe Mensie leer ken en help opvoed. ’n Kind leer mos juis by almal, maar leer ook vír almal. En DV sal kleinding ook eendag die res van Jill Ireland se woorde kan beaam: “ … ek beplan om my lewe goed te leef!”

Tot volgende maand!

MARTIE


Caxton Magazines
Digital Media and Marketing Association (DMMA)
Developed by Digital Platforms
© 2013 Rooi Rose | Alle regte voorbehou | Terme en voorwaardes