Herwinning in Suid-Afrika is stadig maar seker aan die toeneem, en elkeen van ons kan iets doen om hiervan ’n groter sukses te maak - een bottel, blik en ou koerant op ’n slag. Deur Corné Coetzee
Inkopieslawe
Kompulsiewe kopers het maar ’n eina-reputasie teenoor die ander susters se bekender verslawings. Kortom, die sindroom om impulsief en onbeheers te koop is gesien as die vaal probleempie van verveelde vroue en is voorheen nie ernstig opgeneem nie. Maar sedert die jare tagtig het navorsing getoon dat dit ’n baie werklike probleem is met dieselfde negatiewe gevolge as ander verslawings. Daar word selfs na impulskoop as ’n verskuilde epidemie verwys. Rilette Meyer
Die tekens van verslawing onder volwassenes en bejaardes is dikwels nie so opsigtelik soos onder rebelse tieners en jong volwassenes nie. Veral vroue kan in hul huise wegkruip. Maar hul gedrag het dieselfde destruktiewe gevolge - vir hulself en hul geliefdes. Corlia Fourie het ondersoek ingestel