Depressie alles wat jy wil weet
 

‘Jacomien se ma is dood, terwyl joune hier is en lief vir jou is. Kyk hoe goed het sy aangepas … hoekom kan jy dan nie maar ook nie?’ “Dit was heeltemal waar; ek het ’n hele paar maats geken wie se lewe traumatiese draaie gegooi het, terwyl alles by ons goed gegaan het.

En dan was daar die kerkding: hoe durf jy as geredde mens nie ronddans van vreugde nie?
Oral waar ek gaan, was dit die geïmpliseerde opdrag: wees vrolik. In die skool kry die sonnige kinders die aandag; in die kerk is die lewensblyes die voorbeeld. By die werk is dit belangrik om positief te wees; mense soek opgeruimde vriende; en as vrou en ma bepaal jy die atmosfeer by die huis. “My hele lewe lank het ek geleer dis ondankbaar en onaanvaarbaar om sonder ’n geldige rede depressief te wees. Ek het dus al die regte dinge leer sê en vrolik leer klink. Maar my stem het my dikwels verraai. Soms laat mense blyk hulle weet nie waar hulle met my staan nie en ek het eers later verstaan hoekom - ek het vrolik geklink, soos almal kon sien, terwyl ek diep in my gees hopeloos depressief was, soos baie kon aanvoel. Daar was altyd twee boodskappe. “Dit is geleidelik tot op ‘n punt gedryf ná my kinders se geboortes. Drie dae ná my eerste een het ek die baby blues gehad en twee dae aaneen gehuil - tot die dokter my vir ’n paar weke op Eglanol gesit het. Ek kan onthou dat ek nogtans eers agttien maande later weer normaal gevoel het. Sedert my tweede kind se geboorte het dit net nooit weer ‘reggekom’ nie.

Hoe dit gevoel het
“Desperaat en gevries. Ek glimlag by tye so verbete dat my kieste pyn. Ek voel asof ek geen egte emosie ervaar nie; die hoofemosie is my hartseer, en niks of min goed kan daarby verbykom. “My hoofdoel is om die emosies weg te steek. Dis ontsettend uitputtend om voor te gee, en ek voel verskriklik selfsugtig en skuldig. Ek vertel nou nog nie vir ander dat ek vir die res van my lewe op antidepressante sal wees nie. In my binnekring weet net my man - nie eens my ma nie - en twee of drie vriendinne daarvan, en as ons oor depressie praat, praat ons nie oor my depressie nie … ek is seker nog in ontkenning.

Hoe ek daaruit gekom het

“Ná my eerste baba se geboorte het die ginekoloog met die ses-weke-besoek gevra of ek emosioneel goed voel. Seker maar net ’n roetinevraag, maar dit was die heel eerste opening wat ek nog gehad het om iets te sê. Maar hoe kon ek kla met so ’n pragtige bondeltjie in my arms? Ek onthou ek het gesê: ‘Ja, ja natúúrlik, kyk net hoe mooi is my baba dan.’ En so het ek bly uithou. Ná my tweede kind se geboorte - drie jaar later - het ek meer intens gevries. Ek was soos ’n zombie. Ek het die kinders versorg en selfs gesels, stories gelees en gaan stap. Maar binne-in is jy dood. Morsdood. “Dis in hierdie stadium dat ek op Huibre Pieterse se boek oor nageboortelike depressie afgekom het. Dit was asof die son opkom. Ek was so, so verlig dat dit normaal was ná ’n baba se geboorte. Maar dit was seker nog ’n jaar of twee voordat ek by ’n sielkundige uitgekom en medisyne begin gebruik het. My man het my soontoe gesleep omdat ek altyd te moeg was en hy oor ons huwelik begin kla het. “Ek het ’n jaar lank ’n antidepressant gebruik en is toe as ‘genees’ beskou. En ek was regtig beter. Maar ná ses maande was ek weer waar ek was. En so het ek seker tien jaar lank die depressie-wipplank gery: drink die pille, ná drie, vier weke lig en vry in die lug, ná ses maande was die voorskrif uitge-

Pille en planne
Dit maak nie sin om depressie deur te sit nie - dit werk nie. Honderde studiebevindings oor minstens vyftig jaar wys dat verreweg die meeste mense vir seker beter af is ná terapie en hul depressie oorkom. Daar is soveel bewese opsies vir genesing dat iéts vir jou sal werk. Die volgende is ’n ou kwessie: jy volg die mediese roete en jou dokter skryf ’n pilletjie voor … en toe werk dit nie. Drie dinge voor jy besluit sy pilletjies werk nie: Dit neem minstens drie weke voor jy ’n verskil opmerk, gee dit behoorlik kans. Verder is daar verskillende klasse antidepressante, jy sal moontlik beter vaar op ’n ander klas. En derdens kan depressie die simptoom wees van ander siektes soos ’n onderaktiewe skildklier. Gaan terug, en laat die saak verder ondersoek. Hier is die klasse in die psigiater se arsenaal: l MAOIs (Depnil, Parnate) ’n klas wat veral werk vir mense met nie-tipiese depressie. Mense op Parnate moet kos met tirosien vermy, spesifiek kaas, avokado, druiwe, rosyne, lemoene, soja in al sy vorms, gis en alles waarin dit voorkom (soos bier en brood), rooivleis, eiers, melk, sesamsaad, sjokolade en spirulina. l Trisikliese antidepressante (Tryptanol, Trepilene, Anafranil, Prothiadin, Thaden) Hierdie klas was die heel eerste in sy soort en het sedert die jare vyftig miljoene depressielyers gehelp. Hulle word steeds as net so doeltreffend as enige van die moderne middels beskou. Maar omdat dit moontlik is om deur middel van ’n oordosis hiervan selfmoord te pleeg, word dit nou nog net gebruik vir mense wat nie goed op die moderne middels reageer nie. Dis ook berug daarvoor dat dit gebruikers ’n droë

 
2010-06-29
back

 
 

 


  

  


 


 



 

  


Contact Caxton Magazines on
(011) 889 0600
or
click here
to go to the website.

Subscription queries: 011 473 8700