|
|
STEVE MAAK ’N BIETJIE HART OOP
n Jaar of twee gelede het Steve Hofmeyr se liefdeslewe vriend en vyand aan die gons gehad. Sy gesondheid het geknak, maar net toe ons begin wonder wat het van Steve geword, is hy terug: met mening. Hy maak ’n bietjie hart oop in ’n openhartige onderhoud met Ilse Salzwedel. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Bertha BLOM
Dit gaan nie goed met Emma in ‘7de Laan’ nie, maar vir Bertha le Roux is 2010 ’n blomjaar. Sy is dolgelukkig en daar is twee nuwe babas op pad. Deur Suzanne Venter. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Hes seil oor die hoogste lat
Hestrie Els het soos ’n rots agter Jurie gesit toe hy die beskuldigings van kindermolestering een vir een moes afweer. ’n Toets wat baie vroue nie sou slaag nie. Veral nie as hulle soos sy ’n keuse gehad het nie. Deur Ester van Zyl. Foto’s deur Ulandi Sanders
|
 |
|
|
van Roodepoort tot wêreldroem
As Roodepoortse tieners het die Parlotones eens geraas gemaak in ’n garage, maar vandag maak hulle gróót musiek! Hulle is wêreldwyd suksesvol met ’n paar platinumalbums en ’n skare bewonderaars, maar Suid-Afrika sal altyd die plek van huis en hart wees, skryf Suzanne Venter. Foto’s deur Robert Hamblin
|
 |
|
|
goue herinneringe, nuwe begin
Ná die laaste skoot van ‘Egoli’ geskiet is, het Brümilda van Rensburg nie met ’n botteltjie Rescue Remedy onder die komberse ingeklim nie. Dit was vir haar maar die begin van die vurige, fantastiese nuwe speelvak haar lewe. Deur Linette Retief. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Passie, deernis en insig
Passie, deernis en insig Suid-Afrikaners van alle rasse - in die ou sowel as die nuwe Suid-Afrika - het nog altyd kennis geneem van Frederik van Zyl Slabbert. En al is hy lankal klaar met partypolitiek, strek sy invloed steeds wyd en ver, danksy sy vlymskerp intellek en sy onverbloemde passie vir die land en sy mense.
|
 |
|
|
Marguerite speel tussen die sterre
Yzerfontein is ’n pragtige dorp aan die Kaapse Weskus en ’n gepaste heimat vir die heldin van ons verhaal, die aktrise Marguerite Wheatley.Martie Bester
|
 |
|
|
Gevang maar nie gehok nie
Diaan Lawrenson kry binnekort die strop om die nek, maar dit gaan haar nie keer om net soos haar karakter
Paula in ‘7de Laan’ haar
vlerke te sprei nie. Ons het ook drie van ons topontwerpers gevra om elk vir Diaan ’n trourok te kies. Deur
Suzanne Venter. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Superhelde
Ons veelsydige helde Garth Collins, Kurt Darren, Robbie Wessels en Heinz Winckler bult hul spiere en vertel meer oor hul lewens. En met al hul spesiale kragte kan hulle net dalk binnekort manne soos The Incredible Hulk en Superman tot vroeë aftrede dwing.
Deur Martie Bester. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Liefde is ...
Liefde is ... Dit klink dalk te goed om waar te wees, maar ware liefde bestaan nog! Drie bekende paartjies praat diep uit hul harte en deel hul kosbare liefdesverhale met ons. Deur Martie Bester. Foto’s deur Leana Clunies-Ross en Dook
|
 |
|
|
Sake van die hart
Elma Postma soek al weer vrou vir ons boere, maar haar ideale man het ook nog nie sy opwagting gemaak nie. Ons lesers en die boere wou ’n paar dinge by Elma oor die liefde en die lewe weet en ons het sommer die vroulose boere ook uitgevra. Deur Suzanne Venter. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Die Asemrowende Anel
Teen die tyd is Anel Alexander seker al gewoond daaraan om die rol van ‘n onweerstaanbare vrou te vertolk. As die manne in ‘7de Laan’ mekaar nie pimpel en pers slaan oor haar nie, maak een kyk van haar fletsblou oë die spelers van die gedugte rugbyspan, Die Stryders, se knieë heeltemal lam. Deur Martie Bester. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Die groot 40
Die skoonheidskoningin Suzette van der Merwe het die groot veertig geslaan. Maar in haar geval het skoonheid nie vergaan nie en die deug het óók bly staan. Deur Bettie Kemp. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
|
 |
|
|
Sommer net Karin
Karin Berman kan nie die media se belangstelling in haar lewe begryp nie. Sy is immers, volgens haar, net ’n ma wat lank gelede met ’n ikon, die hartchirurg Chris Barnard, getroud was. Cornél Dunn het met haar gesels oor die verlede, die toekoms en geluk. Foto’s deur Johan Wilke
|
 |