Soek Resep Argief
Vul jou soek-kriteria in die spasie onder




Bobaas muffins
back
 

As jy niks anders vir ontbyt kan maak nie, bak dan ten minste 1 keer per week hierdie voedsame muffins. Jy kan dit maklik in iemand se hand stop oppad uit by die deur of pak dit in ‘n kosblik. Die muffins is  veselryk en lae GI. Deur vrugte, neute en sade by te voeg kan jy die voedingswaarde nog meer verhoog. Hou die beslag in die yskas en bak net soveel soos wat jy benodig. Dit sal vir 1 maand in jou yskas hou.
 

genoeg vir  50

 
8 eiers

500 ml (2 k) sonneblomolie

1,5 L melk

250 ml ( 1 k) semels

2,5 kg volkoringmeel

500  ml (2 k) sagte bruinsuiker

50 ml koeksoda

5 ml (1 t) sout

 

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ‘n muffinpannetjie met kolwyntjiepapiertjies uit.

Klop die eiers,  olie en melk  saam tot goed gemeng.
Meng die res van die bestandele by en meng goed deur.
Skep die mengsel in die bereide muffinpannetjie tot ¾ vol. Bak vir 20 -30 min. (afhangende van die grootte) tot ‘n toetspen skoon uitkom  en dit gaar is.
Laat afkoel op ‘n draadrak.
 

 

2010-01-13