• Blaai deur jou talle resepteboeke en kies ’n resep om uit te probeer. Nooi ’n vriendin, of verlustig jouself (op jou eie!) daaraan.
• Koop ’n skroproom of meng suiker en olyfolie en skrop jou lyf. Dit raak ontslae van alle dooie selle sodat jou vel makliker vogroom kan absorbeer.
• Koop ’n nuwe helder lipstiffie.
• Maak helder kussings vir jou leefkamer.
• Gaan stap in die koue. Dit laat jou vars en energiek voel.
• Koop nuwe oefenklere om jou te inspireer om te oefen.
• Maak seker jy sit elke dag parfuum aan.
• Ons moet almal water spaar, so ’n lekker warm bad sal moet wag. Steek kerse aan en gebruik aromatiese olies na jou stort.
• Verf jou naels ’n prettige kleur.
• Gee jouself ’n gesigbehandeling met tuisprodukte en stoom jou gesig oor ’n wasbak met warm water en ’n handdoek oor jou kop.
• Tint jou eie wimpers en wenkbroue. Jy sal verbaas wees hoeveel vroliker jy lyk!
• Kyk na die klere in jou kas – as dit net grys, bruin en swart is, koop iets in ’n helder kleur om jou op te kikker.
• As jou begroting dit toelaat, is ’n lekker bederf by ’n salon net die ding. Kyk na hierdie lekker Daddy’s Deals behandelings wat in Kaapstad, Johannesburg en Durban beskikbaar is.
Lees ook: Jou gids tot Barbie-lippe: hoe om pienk lipstiffie te dra