Rolene het Sondagoggend (8 Januarie 2017), ‘n foto op Instagram gedeel van haar seun se handjie wat haar vinger vasgryp.
Sy skryf daarby:
“Welkom klein Prins. Jy het ons harte gesteel en dit met die beste liefde en geluk moontlik gevul.”
Rolene en D’Niel is in Februarie verlede jaar (2016), getroud en het in Augustus Rolene se swangerskap aangekondig.
Op Instragram voeg Rolene by ma en baba is gelukkig en gesond en dat hy 4.18 kg weeg.
“Ons is ewig dankbaar vir ons bondel vreugde. My seuntjie, die wêreld is jou oester,” skyf sy.