Suurlemoenbrood
Ingredients
- Maak 1 middelslagbrood
- 375 ml (1½ k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- knypie sout
- 250 ml (1 k) jogurt
- 250 ml (1 k) suiker
- 3 ekstragroot eiers
- fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene
- 3 ml (½ t) vanieljegeursel
- 125 ml (½ k) sonneblomolie
- Suurlemoenstroop
- 80 ml (1⁄3 k) suurlemoensap
- 80 ml (1⁄3 k) suiker
- Suurlemoenversiersel
- 250 ml (1 k) versiersuiker
- 45 ml (3 e) suurlemoensap
- fyn suurlemoenskilkrulle om oor te sprinkel
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Voer ’n 23 x 12 cm-broodpan met bakpapier uit.
2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
3 Klop die jogurt, suiker, eiers, suurlemoenskil en vanielje saam in ’n ander bak.
4 Meng die droë bestanddele by die jogurtmengsel en meng goed. Voeg die olie by. Gooi die mengsel in die pan en bak vir 50-60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5 Suurlemoenstroop: Smelt die suurlemoensap en suiker in ’n pan oor matige hitte. Hou eenkant.
6 Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel. Keer op ’n draadrakkie uit en gooi die suurlemoenstroop versigtig oor terwyl die koek nog warm is. Laat afkoel.
7 Suurlemoenversiersel: Meng die suiker en genoeg suurlemoensap sodat dit die tekstuur van heuning het. Gooi oor die afgekoelde koek.
8 Strooi die suurlemoenskilkrulle oor.