Jou lewe | rooi rose

Diabetes en Diere
Deur Zerelda Esterhuizen

Diabetes in honde en katte kan op enige ouderdom voorkom. Die ouderdom vir honde is egter gewoonlik tussen vier en 14 en by katte tussen sewe en tien jaar. Die meeste katte met diabetes is gewoonlik ouer as ses jaar. Obesiteit is ’n groot risikofaktor.

’n Kat by die veearts. Foto: Pexels

Simptome

As diere baie meer water drink en urineer, gewigsverlies, swak aptyt, oë wat melkerig lyk (veral by honde), chroniese en terugkerende infeksies (soos vel- en blaasinfeksies).

Behandeling

Nadat ’n veearts die dier met diabetes gediagnoseer het, sal insulien voorgeskryf word. Dit kan net ingespuit word. Die dier se dieet sal ook aangepas moet word.

Bron: www.avma.org

Lees ook: Gee om – dis goed vir jou!

The post Diabetes en Diere appeared first on rooi rose.

Slim geldbesluite in tawwe tye
Deur Maretha Botes

Jou welvaart word bepaal deur die aantal bates wat jy bou met die geld wat jy verdien. Hier is raad oor hoe jy steeds wys kan spandeer wanneer dinge rof gaan.

Albert van Wyk, skrywer van die boek How To Become a Millionaire At 22, sê daar is ’n paar basiese beginsels wat elke mens moet toepas, selfs al druk die ekonomie, om seker te maak dat jy vooruit boer. Volgens hom is die eerste stap om jouself elke maand te betaal voordat jy enigiets anders met jou geld doen. Hy beantwoord ’n paar vrae:

Wat beteken dit om jouself eerste te betaal?

Dit beteken dat jy geld wegsit voordat jy dit op enigiets anders kan spandeer. Jy spaar aan die begin van die maand voor enige aftrekkings in plaas van om aan die einde van die maand ná al die aftrekkings te probeer spaar. Hier is drie stappe om jouself eerste te betaal:

1) Plaas ’n debietorder op jou rekening wat afgaan sodra jou salaris inbetaal word. Besluit op ’n bedrag wat jy sak pas en pas die bedrag aan soos jy kan.

2) Kies ’n vaste beleggingsfonds waar dié geld inbetaal word. Dit moet verkieslik ’n 30- of selfs 90-dae-fonds wees sodat jy nie die spaargeld weer dadelik kan onttrek nie. Vergeet van die geld nadat dit uit jou rekening is.

3) Pas die 70/30-reël toe. Ek het van hoërskooldae af die 70/30-reël toegepas. Ek het dus 70% van my inkomste in my toekoms belê en slegs 30% op myself spandeer. Ek hou vandag nog by die reël. Wanneer kan ek ’n nuwe kar koop? Wanneer my 30% genoeg is. Wanneer kan ek ’n nuwe horlosie of paar skoene koop? Wanneer my 30% genoeg is. Jy kan begin by dit wat jou pas, al is dit 10/90 (belê 10%, spandeer 90%). Verminder dan die spandeergedeelte elke maand en vergroot die beleggingsporsie. Dwing jouself om met minder klaar te kom en jou leefstyl aan te pas. Sonder ’n reël is dit maklik om jou lewenstandaard te lig bo dit wat jy kan bekostig. Deur elke maand ’n bedrag te belê, bou jy rykdom vir jou toekoms. Sodra die beleggingsfonds groter raak, begin jy die voordeel van saamgestelde rente geniet en sodoende begin jou geld eksponensieel groei.

Jou raad is om meer bates en minder laste te koop. Verduidelik?

Bates vorm die basiese grondslag vir rykdom en kan ook jou eerste stap wees om jou eie welvaart te skep. Kom ons kyk na die verskil:

Laste is enigiets waarop jy maandeliks geld uitgee, soos jou selfoonrekening, DStv of Netflix, ’n nuwe kar (of huis), tuindienste en spa-behandelings.

Bates is enigiets waarop jy maandeliks geld verdien, soos huurinkomste uit eiendom, ’n beleggingsfonds wat maandeliks groei of selfs ’n vaardigheid waarmee jy ’n ekstra inkomste verdien.

Baie mense spandeer eerste hul geld op laste. Kom maandeinde is daar bitter min of niks geld om weg te sit nie. Só kan jy nie werklik welvaart skep nie. Hou jou las so klein as moontlik. As jy ’n huis moet huur, kry die huis of woonstel wat jy kan bekostig.

Ek het ’n gesin finansieel afgebring wat hul groot gesinshuis verhuur het en vir ’n jaar in ’n woonwa agter in die erf gewoon het om hul skuld te delg.

Jy kan altyd ’n opoffering maak om welvaart te skep. Koop liewer ’n tweedehandse kar, want ’n splinternuwe kar verloor vinnig waarde. Koop die kleinste, goedkoopste wat jy moontlik kan kry die las so klein as moontlik te hou.

My raad is altyd om eerstens jou bates te koop; iets wat jou geld sal laat groei. Dit kan selfs wees dat jy ’n nuwe vaardigheid aanleer, of jou geld in ’n hoërentekoersbelegging wegsit. Só kan jy weer bates koop en die positiewe inkomstekringloop aan die gang hou.

Lees ook: Veg of vlug? Wat jy oor stres en angs moet weet

The post Slim geldbesluite in tawwe tye appeared first on rooi rose.

Word weer hartsmaats
Deur Mariette Snyman

Soms voel die lewe darem bitter onregverdig. Ons word groot met prins-en-prinses-stories wat pragtig eindig: “En hulle het lank en gelukkig saamgeleef.” Maar ons eie langtermynverhoudings het selde sprokieseindes. Dikwels is dit eerder ’n geval van “hulle het al meer en hewiger verskil” of “die afstand tussen hulle het net groter geword”.

Hoe graag sou party van ons nie die opwinding en intimiteit van ons verliefraakdae wou terugkry nie …

Omdat towerfeë nie meer geredelik beskikbaar is om hul staffies oor ons (liefdes)lewe te kom swaai nie, moet ons elders na oplossings soek. Tussen die talle verhoudingshulpmiddels is daar een met interessante uitgangspunte en verrassende resultate: Imago-verhoudingsterapie.

Imago, wat in Amerika deur dr. Harville Hendrix ontwikkel is, moet met ’n oop gemoed benader word. Dit dop talle aanvaarde uitkyke om. Sommige van die beginsels laat jou frons voor dit begin sin maak, maar sodra jy die groter prentjie sien, gaan daar ’n lig op. En saam met die insig kry jy hoop.

Die paartjies wat sy Imago-naweekwerkwinkels bywoon of kom vir private terapiesessies, wil soms net ’n goeie verhouding verdiep, sê ds. Kobus van der Merwe van Pretoria, sedert 1996 voltyds verhoudingsterapeut. “Maar dikwels is die verhouding by ’n kruispad. Die paartjie voel hulle het niks meer gemeen nie en twyfel aan hul liefde vir mekaar. Dan het ek vir hulle goeie nuus.”

Anders as wat algemeen aanvaar word, glo Imago-terapeute nie dat jy langdurige huweliksgeluk kan waarborg deur die “regte” maat te kies nie. Die keerkant van hierdie uitkyk is immers dat geluk jou gaan ontwyk as jy aanvanklik die “verkeerde” keuse maak. Jou keuse is áltyd reg omdat jy dit onbewustelik doen. Die kuns is om die dinamiek van die verhouding te verstaan.

Jou onbewuste se agenda

“Imago” beteken beeld, en dié terapie werk met die “beeld” van jou pasmaat wat jy van kleins af ontwikkel en wat uiteindelik bepaal wie jy aantreklik vind. “Ons word onbewustelik aangetrek deur mense wat die karaktereienskappe van een of albei van ons ouers het,” verduidelik Kobus. “Die gedagte dat jou man jou aangelok het omdat hy in sekere opsigte soos jou ma of jou pa is – gewoonlik die een met wie jy die moeilikste verhouding het – kan ’n skok wees. En dis juis die ‘problematiese’ ouerlike eienskappe wat jou maat weerspieël.”

Hoekom sou jou onbewuste jou so ’n streep trek? “Jou onbewuste is nie daarin geïnteresseerd om jou ’n storieboekverhouding te laat beleef nie, maar om van jou ’n heel mens te maak. Babas kom ‘heel’ die wêreld in, met die vermoë om vol vreugde en ontspanne te wees en ’n gevoel van verbondenheid met alles en almal te ervaar. As daar klokslag in al hul behoeftes voorsien word, bly hulle in dié bevoorregte staat, maar selfs die toegewydste ouers kan nie volmaakte versorging en geborgenheid bied nie. Sommige behoeftes bly noodwendig in die slag. Onvervulde behoeftes veroorsaak pyn en vrees, en maak happe in ons heelheid.”

Namate kinders grootword, neem dié aanslag toe. “Ons kom byvoorbeeld agter dat ons in sekere opsigte onaanvaarbaar is – vir ons ouers, maats of die wyer gemeenskap. Ons leer om sekere dele eie aan onsself te ontken, of te onderdruk. Teen die tyd dat ons tieners is, is ons net skadu’s van ons heel en ware self.”

Selfs volwassenes met indrukwekkende beroepe en verantwoordelikhede gaan verwond deur die lewe. “Ons doen ons bes om sinvol te leef, maar onbewustelik smag ons daarna om weer die gevoel van onbevange vreugde terug te kry.”

Dié wonderwerk gebeur gewoonlik wanneer ons verlief raak. “Skielik is alles anders. Die wêreld lag ons toe. Ons is aantrekliker, ouliker en oper. Ons voel veilig en vervuld. Solank ons by ons maat is, het ons niks meer nodig nie. Uiteindelik is ons weer heel.”

Tot die werklikheid – én ons maat – hul glans verloor. “Ons ontdek kante van ons geliefde wat ons glad nie aanstaan nie. Selfs eienskappe wat ons vroeër bewonder het, begin ons irriteer. Ons drome spat aan skerwe. Ons is ontnugter en bang dat ons nie sal kan oorleef sonder die liefde en veiligheid wat binne ons bereik was nie. Die verliefdheidsfase het oorgegaan in ’n magstryd.”

Dis juis hier waar Imago-beginsels jou kan help om die saak in ’n positiewe(r) lig te sien en die magstryd mettertyd in standhoudende, volwasse liefde te omskep. Dit kom natuurlik nie vanself nie.

Die proses vra toewyding, deursettingsvermoë en insig. Spesifieke vaardighede, soos hoe om doeltreffend te kommunikeer, word deur die Imago-terapeut oorgedra. Soms is ’n naweekwerkwinkel genoeg om ’n paartjie toe te rus; soms moet hulle ’n pad met die terapeut stap.

Die groot troos is dat enige paartjie wat werklik wil, hul verhouding weer op koers kan kry. Hulle hoef nie ander maats te gaan soek nie. Elkeen ís die “regte een” om van die ander ’n heel mens te help maak.

Eers genesing, dan geluk

“Wat mense moet snap,” sê Kobus, “is hóé Imago-maats mekaar help heelword. Onthou, jou onbewuste spook met die ‘happe’ wat kleintydverwonding in jou heelheid gemaak het. Jou onbewuste wil hê jou maat moet jou die versorging gee wat jou versorgers nie kon nie. Dit lyk logies dat jy ’n maat sou kies met die eienskappe wat by jou versorgers ontbreek het, maar dit werk nie so nie. Jy kies juis ’n maat wat dieselfde eienskappe het. Só herskep jou onbewuste die oorspronklike scenario – en gee jou ’n tweede kans om die kernkwessies op te los.”

Een praktiese voorbeeld raak die hoeveelheid aandag wat ’n paartjie in hul kinderjare gekry het. Gestel die man is met ouerbetrokkenheid oorlaai, terwyl die vrou meestal aan haarself oorgelaat is. Die gevolg is dat die man as volwassene baie ruimte en alleentyd nodig het, terwyl sy maat angstig voel as sy alleen is en hom gedurig naby haar wil hê. Hy ervaar haar as klouerig; sy voel hy is afsydig.

“Om in mekaar se behoeftes te kan voorsien, moet hulle eers bewus word van hoe die prentjie regtig lyk. Volgens Imago-beginsels het huweliksmaats nie terapie nodig nie, want ’n bewuste verhouding is die terapie. In dié geval moet albei teen hul gewone manier van doen ingaan om die ander een liefdevol te versorg. Die man moet die vrou nader aan hom toelaat, en sy moet hom meer ruimte gun. Die heling lê daarin dat elkeen moet ‘strek’ om die ander tegemoet te kom. Die man moet doelbewus emosioneel toegankliker raak, terwyl sy vrou onafhankliker moet word.

“Kyk net hoe wonderlik werk die proses. Elkeen groei verby die beperkinge wat hulle deur verwonding opgedoen het sodat hulle die ander een kan gee wat hy nodig het. Dis geen gemaklike opsie nie, maar die oes is ryk. Hierdie soort groei breek skanse in en tussen mense af.”

Alles goed en wel, maar hoe motiveer jy jouself om verby die grense van jou gemaksone te strek?

“Die antwoord is weer eens bewuswording, dié keer in die sin van ’n sielskonneksie met jou maat. Bewuswording is nie net iets wat jy met jou verstand doen nie. Wonderwerke gebeur wanneer pasmaats mekaar met die hárt begin ‘sien’.”

Die kernvaardigheid wat Imago-terapeute vir paartjies leer, is die paredialoog. In dié tweegesprek praat een maat oor iets wat hom in hul verhouding pla, terwyl die ander aktief luister.

Die gesprek volg ’n voorgeskrewe protokol. Gestel dis die vrou wat praat en die man wat luister. Hy moet telkens dit wat sy sê in háár woorde terugspieël, en sy moet sê of hy alles gehoor het. Het hy nie, moet hy weer luister. As hy alles gehoor het, vra hy dat sy hom meer daarvan vertel. So reik die gesprek dieper en dieper. Dis spesiaal ontwerp om die een wat praat, se kindertyd ook ter sprake te laat kom omdat verhoudingfrustrasies se wortels byna altyd in die grootwordjare lê.

Die krag van die paredialoog is dat dit ’n veilige ruimte skep. Die een wat luister, kan nie terugkap nie, en word geleidelik in die ander een se binnewêreld ingetrek. In ’n stadium kom jou maat se wonde aan die lig. Dit laat jou selde onaangeraak. As jy iemand se seer so duidelik sien, maak dit jou bereid om jou gedrag te verander.

Die gesprek kan byvoorbeeld ’n oënskynlik onbelangrike saak soos die ontbytskottelgoed raak. Gestel die vrou wil soggens die skottelgoed gewas en die kombuiswerkvlakke skoon hê voor die paartjie werk toe ry, terwyl die man nie kan begryp waaroor die bohaai gaan nie.

In die paredialoog kom hy agter dat sy vrou kleintyd onder haar ma se tong deurgeloop het wanneer hulle smiddae by die huis gekom het en enigiets in die kombuis nie op sy plek was nie. Hy síén hoe angstig hierdie woede ’n agtjarige kon maak, en hoe ’n deurmekaar kombuis die angsgevoelens laat herleef. Omdat hy met sy hart geluister het, voel sy maat hy het haar gehóór.

Die band wat sulke gesprekke skep, word moeilik in woorde vasgevang. “Om regtig gehoor te word, versterk nie net die emosionele verbintenis tussen twee mense nie, maar is ook ’n kragtige geslagsprikkel,” sê Kobus.

Wat kan jy van ’n werkwinkel verwag?

’n Imago-verhoudingswerkwinkel duur gewoonlik van Vrydag- tot Sondagaand. Die groepe wissel van sewe tot vyftig paartjies. Die feit dat al die paartjies in dieselfde bootjie is, skep gou ’n band tussen hulle. Almal voel aanvanklik onseker, maar deel ook die begeerte om hul verhouding ’n hupstoot te gee.

Die aanslag is simpatiek sonder om sentimenteel te wees, en paartjies kom nooit onder druk om hul vuil wasgoed voor almal te was nie. Die proses is ook nie daarop gemik om vas te stel wie die skurk in die verhaal is, of om blaam uit te deel nie. Die klem val eerder op selfinsig en ’n nuwe blik op jou verhouding en jou maat.Die aanbieding sluit skyfies, video-insetsels, musiek, groepbesprekings, individuele, paartjie- en pretoefeninge in. Kobus en sy vrou, Anita, wat die werkwinkels organiseer, huiwer nie om voorbeelde uit hul eie verhouding te gebruik om die ervaring te verryk nie. Hulle demonstreer ook die paredialoog op die openhartigste manier.

In die werkwinkel word jy gelei om terug te gaan na jou kinderjare en aan die hand van die versorging wat jy gekry het ’n prentjie van jou eie imago te vorm. Vergelyk jy dit met jou maat s’n, kan jy ’n paar helder oomblikke beleef … Nuwe insigte in die fases van ’n langtermynverhouding kan jou verlig laat besef dat jul verhouding eintlik “normaal” is, en jou moed laat skep omdat jy nou ’n “padkaart” het wat jou wys waar julle is en waarheen julle kan beweeg.

Jy leer watter soort versorging jy nodig het en hoe om jou maat daarvoor te vra. Deelnemers maak kennis met ’n vertroostende manier om mekaar nieseksueel vas te hou, en leer ook hoe om hul maat met positiewe energie te oorlaai (flooding).

“Die transformasie van verhoudings gebeur nie maklik of oornag nie,” som Kobus dit op. “Die werkwinkel is net die wegspringplek wat jou die hulpmiddels in die hand gee. Tog kry paartjies hopelik hier die motivering om te begin strek om hul maats te gee wat hulle nodig het, en om elke dag doelbewus en bewustelik lief te hê.

“Dit kan die eerste tree wees op ’n lewenslange reis – ’n pad wat nie net die twee maats nie maar ook ander, veral hul kinders, mateloos kan verryk.”

Doen dit net

Die mense wat sy Get the love you want-verhoudingswerkwinkels bywoon, kom nie almal vrolik en vol moed daar aan nie, sê kliniese Imago-verhoudingsterapeut Kobus van der Merwe. “Dikwels word die man of die vrou daarheen ‘gesleep’. Party wil selfs vooraf kanselleer, en dan gesels ons oor hoe dit makliker gemaak kan word. Weerstand is natuurlik; verandering op ’n sensitiewe gebied soos ’n langtermynverhouding maak baie mense bang. Tog ervaar ons dat dit dikwels die mense met die grootste voorbehoude is wat agterna skaars uitgepraat kan raak oor hoe betekenisvol die ervaring was.”

Meer inligting by www.imagoafrica.org

Lees ook: Uit die redakteur se pen: Om te Luister

The post Word weer hartsmaats appeared first on rooi rose.

Uit die redakteur se pen: Om te Luister
Deur Anlie Janse van Rensburg

Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit soms baie moeilik om te luister. Wanneer iemand te veel praat, verloor ek belangstelling. Wanneer iemand nonsens praat, verdwyn my aandag. Wanneer iemand in ’n luidrugtige stemtoon praat, vind ek dit moeilik om in te neem wat hy of sy sê, want dit voel of hulle op my skree.

Nie almal van ons kry dit reg om altyd na die regte dinge te luister nie.

Hoe luister jy? Dwaal jou gedagtes wanneer jou vriendin oor haar kinders spog of jou wederhelf oor die dag se gebeure mor? Luister jy dalk eerder aandagtig as jou buurvrou oor jul ander buurvrou skinder? Wanneer spits jy jou ore en wanneer slaan jou ore toe? Luister jy na die regte dinge? Of luister jy net met ’n halwe oor, want jy wil graag jou mening oor ’n onderwerp lug en kan amper nie wag dat jou gespreksgenoot moet klaarpraat sodat jy ’n beurt kan kry nie?

Luister jy na die persoon wat jou venynig afkraak, en hoor jy minder die opbouende woorde wat jou dierbares vir jou sê? Ons moet kies om die koring van die kaf te skei en te luister om ag te slaan op dit wat positief en opbouend is.

Ons almal is seker een of ander tyd daaraan skuldig dat ons na die verkeerde dinge luister, of soms glad nie na mekaar luister wanneer ons juis moet nie.

Ek gaan probeer om ’n goeie luisteraar te wees en my ore vir die regte dinge te spits.

Joernalis en aanbieder Lourensa Eckardt sê dit was nog altyd vir haar belangrik dat ’n mens moet luister. “Dit is elke dag die belangrikste deel van my werk. Ek dink ons lewe in ’n tyd waar daar te min klem gelê word op die feit dat ’n mens moet luister. Omdat ons so min luister, vervlak dit diskoers en praat ons dikwels verby mekaar. Om te luister, beteken ook dat jy ná die tyd moet absorbeer om na te dink oor wat jy gehoor het.”

Lees ook: Gee om – dis goed vir jou!

The post Uit die redakteur se pen: Om te Luister appeared first on rooi rose.

Sien Susan Coetzer in aksie
Bespreek vir Susan Coetzer se funksies:

Saterdag  25 Julie 10:00 Klerksdorp Shack to Sanctuary

Bespreek by Petro Kotze-Odendaal 076 986 5919

Saterdag 1 Augustus 15:30 vir 16:30 Bloemfontein Warm Karoo

Bespreek by Jacoline 082 377 1334

Saterdag 8 Augustus 11:00 Zwartkloof Private Game Reserve (Bela Bela streek)

Bespreek by Yolanda 082 444 5364

Saterdagmiddag 15 Aug NG Elarduspark, Pta.

Navrae: vs@voelgoed.co.za

Saterdag 22 Aug NG Moedergemeente Vanderbijlpark

Navrae: rieslouis@gmail.com

Saterdag 29 Augustus 10:00 Ermelo, Nederduitch Hervormde Kerk

Bespreek by Soekie@studiovdw.co.za of soekiehuman@gmail.com

Sat 5 Sept Eensgesind Durbanville.

bruis@bruis.co.za of whatsapp 063 065 4875

Sat 12 Sept NG Bryanston

Navrae: Corne van de Venter 082 925 6950

Sat 19 Sept NG Komati

kantoor@ngkomati.co.za

Sat 10 Okt NG Coligny

munnik79@gmail.com

Kontak Susan by susan@virdiesiel.co.za om as spreker op te tree.

Lees ook: Susan Coetzer verjaar: ‘Ek leef in groot dankbaarheid’

The post Sien Susan Coetzer in aksie appeared first on rooi rose.

Bly koel en kalm in die verkeer
Doen joga met jou hande

As jy lang ure voor ’n rekenaar deurbring of selfs met artritis sukkel, is hierdie oefening perfek vir jou. Terwyl jy in die verkeer stilstaan, strek jou hande voor jou stuurwiel uit en rek en strek jou vingers. Hou jou vingers vir ’n paar sekondes so wyd uitmekaar soos jy kan en maak dan ronde bewegings met jou gewrigte.

Herhaal dit drie keer. Buig dan elke vinger in die vorm van ’n vierkant en druk saggies teen jou nael met jou ander hand se duim. Dit sal die beweeglikheid van die gewriggies in jou vingers, asook die bloedvloei, verbeter.

Luister na ’n audioboek terwyl jy wag

Nes slaaptydstories die jongklomp rustig maak, kalmeer audioboeke ons grootmense. Hou ’n verskeidenheid hiervan in jou kar en luister hoe die verhaal afspeel terwyl jy in die warboel van karre om jou vasgevang sit. Deur op die storie in plaas van die verkeer te fokus, sal jy kalmer daarvan afkom.

Wees produktief

Maak jou tyd in die verkeer so produktief as moontlik deur alle werksverwante oproepe in die oggend te skeduleer. So kan jy terwyl jy wag met jou dag se take begin en reeds baie gedoen hê teen die tyd wat jy by die werk aankom. Gebruik ’n draadlose oorstuk om jou oproepe te maak, sodat jou hande vry is om te bestuur (en jy nie deur ’n verkeersbeampte afgetrek word nie!)

Maak jou kar ’n kalmerende oase

Elke vrou het ’n spesifieke reuk, eet- of drinkding wat haar kalmeer. Hou al hierdie dinge wat jou rustig maak in jou kar net vir ingeval jy dit nodig gaan hê. As jy van laventel hou, kan jy ’n lugvervrisser met ’n laventel-geur in jou kar plaas, of as kamille-tee jou beter laat voel, neem vir jou ’n reisbeker vol van dit saam op pad werk toe. Die lys is eindeloos!

Haal diep asem

Dit is ’n eeuoue boereraat, maar dit werk! Haal drie keer diep asem, tot in jou maag, en blaas dan stadig uit. Jy sal meer verfris voel en beter op die besige pad kan fokus.

Lees ook: Alternatiewe terapieë

The post Bly koel en kalm in die verkeer appeared first on rooi rose.

Gee om – dis goed vir jou!
Deur Mariette Snyman.

Die pad werk toe is besig. Dit beproef jou geduld. En nou kyk ’n voetganger wat die straat wil oorsteek boonop vol verwagting in jou rigting. Hoe reageer jy? Om diep asem te haal en met ’n glimlag te wys sy kan maar stap, rek dalk jou goedheid ’n bietjie ver. Maar dié stukkie welwillendheid tel nie net in haar guns nie – dis ook in jou belang!

In The Five Side-Effects of Kindness (Hay House, 2017) beskryf dr. David Hamilton die uitwerking van medemenslike optrede op ons geluk, gesondheid, tempo van veroudering en verhoudings. David het ’n doktorsgraad in organiese chemie en gis nie net nie, maar haal die een wetenskaplike studie na die ander aan. Hy wys dat kindness aansteeklik is en hoe ’n enkele bedagsame gebaar na tientalle mense kan uitkring. Dié boek noem soveel voordele dat jy begin wonder of dit selfsugtig is om goedhartig op te tree … Hier is vyf “newe-effekte” van welwillendheid:

1 Goedheid maak ons gelukkiger

Het jy iemand al op die ingewing van die oomblik gehelp, al was dit net om ’n pakkie trapop te dra, en agterna so goed gevoel dat daar sommer ’n hup in jou stap was?

Verskeie navorsingstudies bevestig dat meelewende optrede ons gelukkiger maak. Aan die Universiteit van Kalifornië is vrywilligers gevra om ses weke lank vyf goeie dade per week te doen, terwyl die kontrolegroep nie doelbewus vriendeliker opgetree het nie. Die deelnemers het onder meer bloed geskenk, geld in vreemdelinge se parkeermeters gegooi, of ’n kind met huiswerk gehelp. Binne ses weke het hulle beduidend gelukkiger gevoel; die kontrolegroep het nie. Deelnemers wat vyf goeie dade op een dag ingepas het, het die grootste goedvoelstyging getoon.

In ’n ander studie moes mense ’n maand lank net mooi alles aanteken waarop hulle geld uitgee. Hul vlakke van geluk is deurentyd gemonitor. Dié wat gereeld geld aan ander bestee het, was die gelukkigste.

Om gaaf te wees maak selfs kleintjies bly. In ’n navorsingstudie was kinders onder twee wat met ’n marionet gespeel en bederfies gekry het, op hul gelukkigste wanneer hulle die speelgoed of lekkergoed vir die marionet kon “gee”.

Om gaaf te wees maak selfs kleintjies bly

In ’n Japanse navorsingstudie is deelnemers gevra om dit noukeurig aan te teken wanneer hulle iets gaafs vir iemand doen. Almal in die groep se geluksvlak het gestyg, maar 30% was báie gelukkiger. Die afleiding was dat hulle nie voorheen besef het hoeveel waarde hulle tot ander se lewe toevoeg nie, en dat hul selfrespek toegeneem het.

“Ons is bedraad vir oomblikke van connection,” skryf David. “Ons kan elkeen goedvoel-oomblikke skep deur bewustelik klein dingetjies vir ander te doen, al is dit net om ’n pen wat geval het op te tel.”

2 Goedheid bevorder hartgesondheid

Verleentheid laat ons bloos, opwinding laat ons pols versnel, en liefdevolle optrede – selfs al sien ons dit net in ’n video op sosiale media – gee ons ’n warm gevoel om die hart. Die rede hiervoor is die “liefdeshormoon”, oksitosien.

Oksitosien is nie net betrokke wanneer ’n ma geboorte gee of haar baba voed nie, maar help mense van alle ouderdomme om bande met mekaar (of met diere) te smee. Dit bevorder begrip en vertroue in ander. Tydens seks en warm emosionele kontak is die oksitosienkraantjie wyd oopgedraai.

Oksitosien is goed vir jou hart, soos die “Roseto-effek” bewys het. Die inwoners van Roseto, ’n dorp in die Amerikaanse staat Pennsilvanië, is 50 jaar lank wetenskaplik bestudeer nadat die 1960-sensus getoon het geen inwoner onder 45 is aan hartsiekte dood nie. In die res van die VSA was dit ’n ander storie. Wetenskaplikes het Roseto se water, atmosfeer, en die inwoners vergeefs bestudeer. Uiteindelik het hulle agtergekom die sterk gemeenskapsbande en kultuur van kindness hou die harte in die dorp gesond.

Meelewendheid produseer oksitosien, en oksitosien laat aarwande ontspan. Meer bloed vloei deur die are, bloedtoevoer na die hart en ander organe word verhoog en bloeddruk daal. Dit help hartaanvalle en beroerte voorkom. David beskryf ses praktiese maniere om die produksie van oksitosien aan te help:

1 Laat jou inspireer
Wanneer ons medemenslike optrede beleef deur byvoorbeeld na ’n besielende fliek te kyk, skei ons oksitosien af.

2 Troos iemand
Vertroostende woorde en gedrag verhoog albei mense se oksitosienvlakke.

3 Ervaar warm emosionele kontak
Die bevredigende gevoel van verbintenis word aan oksitosienproduksie gekoppel.

4 Ondersteun ander
Oksitosienvlakke styg in die gewer én ontvanger van steun. Herhaalde positiewe interaksies kan tot ’n volgehoue verlaging in bloeddruk lei.

5 Stel jou goedhartige optrede voor
Nes die gedagte aan ’n spanningsvolle situasie streshormone kan sneller, kan die gedagte aan ’n geliefde of minsame optrede die oksitosien laat vloei.

6 Drukkies
’n Drukkie ’n dag laat die kardioloog wag!

3 Goedheid vertraag veroudering

Die algemeenste tekens van veroudering is plooie, spieragteruitgang, gewrigslytasie en ’n groter vatbaarheid vir siektes en beserings. Tog is daar beduidende verskille tussen twee mense van dieselfde ouderdom, omdat ons chronologiese en biologiese ouderdom meestal verskil. Ons biologiese ouderdom – die skynbare ouderdom van ons liggaam – kan jonger of ouer wees as ons chronologiese ouderdom, die aantal jare sedert ons geboorte.

Faktore soos dieet, aktiwiteitsvlakke, lewensuitkyk, streshantering en die mate waarin ons medemenslik optree, speel ’n groter rol in ons lewensduur as genetika.

Ons biologiese ouderdom kan jonger of ouer wees as ons chronologiese ouderdom

David lys sewe verouderingsprosesse wat deur kindness gerem kan word:

1 Spieragteruitgang
Spiere gaan nie net agteruit namate ons ouer word nie, hulle word ook hernu. Spierselle hergenereer hulself voortdurend. Veroudering is slegs merkbaar wanneer agteruitgang vinniger as hernuwing geskied. Wetenskaplikes het bevind oksitosien vuur selhernuwing aan.

2 Verminderde swerfsenuweetonus
Die vagus- of swerfsenuwee help ons liggame om te rus, kos in energie te omskep en slytasie te herstel. Dit laat ons organe goed saamwerk en beskerm ons teen veroudering.

“Deernis en goedhartigheid versterk hierdie senuwee,” skryf David. “Die Boeddhiste se loving-kindness meditasie, wat ingespan word om ander vrede, gesondheid en welsyn toe te wens, is deur wetenskaplikes bestudeer. Mense wat die meditasie ses weke lank daagliks gedoen het se swerfsenuweetonus het beduidend toegeneem.”

3 Inflammasie
Die swerfsenuwee word ook gekoppel aan inflammasie, die immuunstelsel se reaksie op ’n besering. Inflammasie lei bloed, suurstof en nutriënte na die wond om dit te help genees. Maar raak inflammasie buite beheer, veroorsaak dit chroniese laegraadse ontsteking wat die hart, are, brein, vel en interne organe kan skaad. Dit word onder meer met kanker, hartsiektes, diabetes, artritis, veelvuldige sklerose en Alzheimer se siekte verbind en speel ’n deurslaggewende rol in veroudering. Volgens navorsingstudies was gereelde beoefenaars van die loving-kindness meditasie se inflammasievlakke beduidend laer.

4 Oksidasiestres
’n Oormaat vrye radikale in die liggaam lei tot oksidasiestres, wat op sy beurt plooivorming, plaakvorming in ons are, konsentrasieprobleme en geheueverlies veroorsaak.

Spanning, kommer en volgehoue woede sneller oksidasiestres.

Oksitosien, daarteenoor, werk vrye radikale teë – nog ’n voorkoms- én gesondheidsvoordeel wanneer ons deernisvol dink en doen.

5 Vermindering van stikstofmonoksiedproduksie
Stikstofmonoksied (nitric oxide) beheer onder meer bloeddrukvlakke, hernu bloedvaatjies, beveg infeksie en bevorder konsentrasie. ’n Afname in stikstofmonoksied, dikwels met ouderdom, kan manlike seksuele funksie benadeel, spiere stadiger laat herstel ná oefening en geheue laat verswak. Dit dra ook by tot hartaanvalle, beroerte en Alzheimer se siekte. Navorsers het bevind gereelde beoefening van die loving-kindness meditasie verhoog stikstofmonoksied-vlakke beduidend. Om die beste in ander te sien en met aandag te luister verhoog ook dié vlakke.

6 Verkorting van telomere
Telomere is “proppies” wat keer dat DNS uitrafel wanneer selle verdeel, amper soos skoenveters se plastiekpuntjies. Wanneer DNS uitrafel, sterf die sel. Die lengte van telomere word gebruik om biologiese ouderdom vas te stel en hoe langer hulle heel bly, hoe stadiger verouder ons. Eksperimente wys emosionele warmte en steun het ’n meetbare invloed op die lengte van telomere.

7 Agteruitgang van die immuunstelsel
Ouderdom en stres gaan albei met ’n swakker immuunstelsel gepaard. ’n Positiewer gesindheid en groter fokus op warmhartigheid verminder stres en versterk indirek ons immuunstelsel. ’n Bekende studie aan die Universiteit van Harvard dui ook op ’n direkte verband tussen ons immuunstelsel en welwillendheid, empatie, deernis, liefde en inspirasie.

Voor en nadat ’n groep studente ’n besielende video gesien het waarin Moeder Teresa mense help, is elkeen se speeksel-immunoglobulien – ’n belangrike komponent van die immuunstelsel – gekontroleer. Direk ná die video was die immunoglobulienvlakke beduidend hoër, en ’n uur later steeds. Vandag staan dit as die Moeder Teresa-effek bekend.

4 Goedheid bevorder verhoudings

Wat sou jy sê, is die één eienskap wat mense in ’n romantiese maat soek? ’n Aantreklike voorkoms dalk, of goeie finansiële vooruitsigte? ’n Navorsingstudie wat meer as 10 000 mense tussen 20 en 25 jaar op ses vastelande betrek het, het die nommereen-behoefte vasgestel: kindness.

Goedheid was nog altyd deurslaggewend vir die oorlewing van die mens, skryf David. “Ons gene is oor miljoene jare gevorm. Gestel een stam in antieke tye het geen A gehad, en ’n ander stam geen B. Geen A – kom ons noem dit die welwillendheidsgeen – maak mense gewillig om hul bronne te deel en na mekaar om te sien. Geen B is die ek-kom-eerste-geen, en dié mense is net oor hul eie veiligheid en welsyn begaan.

Goedheid was nog altyd deurslaggewend vir die oorlewing van die mens

“In die natuur is energie en verbintenisvorming kernkomponente van oorlewing. Die stam met geen A gebruik minder energie omdat net sommige lede kos gaan soek en almal dit deel. Die stam met geen B moet almal kos gaan soek. Net so is die stam met geen A se verbintenisse kragtig, en dit maak hulle sterk. Hierdie krag laat hulle makliker oorleef en mettertyd is daar meer A-gene as B-gene in die genepoel.

“Die A-geen in die verhaal is die een wat oksitosien produseer! Na raming is dit sowat 500 miljoen jaar oud. Dit het ons help oorleef en deel geword van talle van ons biologiese stelsels. Daarom word ons op soveel maniere daardeur beïnvloed.”

Navorsing deur prof. John Gottman van die VSA, ’n groot naam in huweliksterapie, wys dat welwillende optrede paartjies se verhouding kan maak of breek. Deur ’n paartjie net 15 minute dop te hou, kon hy met 94% akkuraatheid voorspel of hulle tien jaar later nog saam sou wees.

Gottman praat van ’n magic ratio van 5:1 in paartjies se interaksie. Solank ons vyf positiewe dinge vir elke negatiewe ding doen of sê, sal die verhouding waarskynlik werk. Voorbeelde van positiewe dinge is liefde, steun, gaafheid, toegeneentheid en om waarlik te luister. Negatiewe dinge sluit minagting, vyandigheid, woede, skerp oordele, selfsug en onverskilligheid in.

5 Goedheid is aansteeklik

Wanneer iemand ons deernisvol behandel, lig dit ons gemoed. “Dit spoor ons aan om ook in die gees van goedheid op te tree,” skryf David.

Navorsing wys die ontvangers van goeie dade, en selfs die getuies daarvan, word gemotiveer om ook iets gaafs vir iemand te doen. Proefpersone wat aan ander se goedheid blootgestel word, tree daarna hulpvaardiger en vrygewiger op – ook in die werkplek. Lees meer hieroor in The Five Side-Effects of Kindness.

Wanneer iemand ons deernisvol behandel, lig dit ons gemoed

Die sogenaamde kindness paradox kan opgesom word in die woorde “hoe meer jy gee, hoe ‘ryker’ word jy”. Goedhartigheid skep ’n wen-wen-situasie. Só kan ons ’n leeftyd van voordelige “newe-effekte” beleef!

Goedhartigheid en depressie

Depressie is ’n ingewikkelde verskynsel en daar is geen kitskuur nie. Mense met depressie onttrek hulle maklik, en om na ander uit te reik is teenintuïtief. “Wanneer ons wel die energie kan vind om op ander se swaarkry en behoeftes te fokus, kom ons natuurlike neiging om versorgend op te tree na vore. Dit kan die las van depressie geleidelik ligter maak,” skryf David.

Navorsing dui daarop dat vrywilligers en ander mense wat welwillend optree ’n helper’s high beleef. In een studie met 3 296 proefpersone het 95% goed gevoel nadat hulle iemand gehelp het, 80% het ure of dae later nog ’n positiewe gevoel ervaar, 57% se eiewaarde het gestyg en 29% het meer energie gehad.

Volgens kenners verander kindness die chemiese samestelling van ons brein. Dit verhoog die vrystelling van die goedvoelhormone dopamien en serotonien, die “liefdeshormoon” oksitosien sowel as endorfien, die brein se natuurlike, onskadelike weergawe van morfien en heroïen. Liefdevolle optrede kan ons ’n wettige high gee!

Navorsing dui daarop dat vrywilligers en ander mense wat welwillend optree ’n helper’s “high” beleef

Depressie gaan soms met ander toestande soos sosiale angs gepaard. Oksitosien kan sulke toestande verminder omdat dit aktiwiteit in die amigdala, die breingebied wat vrees en angs prosesseer, inkort. Navorsingstudies toon dat mense met sosiale angs wat goedheid aan ander bewys se selfvertroue en sosiale gemak toeneem, en hul vermyding van situasies wat hulle met vrees vervul, verminder.

’n Uitgebreide studie het bevind mense wat vrywilligerswerk doen, toon minder tekens van depressie. Hierdie verskynsel is die sterkste in mense bo 65. Die afleiding was dat ouer mense makliker nutteloos voel en nuttig voel wanneer hulle uitreik.

In die verlede is goedheid as ’n behandelingsmetode vir depressie ingespan. In 1796 is “moral treatment” in York in die Verenigde Koninkryk gebruik; 30 pasiënte met depressie in ’n klein gemeenskap het geen medikasie of konvensionele terapie ontvang nie, maar is aangemoedig om diens te lewer aan mekaar. Dit was so suksesvol dat dit na die VSA versprei het en in die 1820’s en 1830’s algemeen gebruik is. Die psigiaters van daardie tyd was oortuig dit lei tot “organiese verandering in harsingmassa”. Later het hierdie benadering in onbruik geraak.

Lees ook: Kry jou huis reg vir die winter

The post Gee om – dis goed vir jou! appeared first on rooi rose.

Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag
Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag. Deur Anet Schoeman.

Ons Evasgeslag roem ons op ons talent om vele takies gelyktydig te kan doen. As jy al met ’n baba op die heup kospotte geroer het, terwyl jy vir ’n ouer kind spelling vra en met die ander hand die honger honde kos gee, weet jy hoe dit werk. Tog, sê kundiges, skiet ons ons op hierdie manier eintlik in die voet. Deur te veel te probeer doen, kry ons minder reg.

Lauren de Witt, ’n bestuursafrigter wat in tydsbestuur spesialiseer, glo jy moet eers bepaal wat jy tans met jou tyd doen voor jy werklik kan beplan om meer in ’n dag uit te rig.

“Ons almal het net 24 uur in ’n dag, maar deur die regte beplanning kan jy seker maak dat jy die beste daaruit haal. Tydsbeplanning gaan jou niks help as jy nie weet waar jy op die oomblik tyd mors nie.”

“Die groot geheim is om slimmer eerder as harder te werk sodat jy die beste uit elke minuut haal. En wees realisties. Vir my is ’n koppie koffie vroeg in die oggend die grootste prioriteit. Daarsonder kan ek nie my dag begin nie.”

Delegeer

As jy heeltyd alles alleen probeer doen, gaan jy iewers in die hek duik. Kyk eerstens watter take jy alleen doen, en kies dan die regte mense om die ander vir jou te doen. Probeer jy die huis skoonmaak, kinders grootmaak en steeds ’n voltydse werk van jou tuiskantoor af behartig? As dit belangrik is dat jy vir jou kinders beskikbaar is, kry iemand om die huis skoon te maak en kos te maak.

Moenie wag tot die kalf in die put is nie – beplan vooraf. Om net voor die sperdatum van ’n groot projek paniekerig te raak en dan die kinders in dagsorg te plaas, of werk op onervare kollegas af te skuif, is moeilikheid soek. Maak tyd om die regte mense te kry, gee duidelike opdragte en maak seker dat hulle opgewasse is vir die taak.

Wees realisties

Lauren dink altyd aan die vroedvrou wat vir haar gesê het: “Moenie superma probeer wees nie. Doen wat op daardie oomblik die belangrikste is. As jy ’n honger baba met ’n vuil doek het, is dit wat eerste jou aandag verg.”

Baken jou tyd af

Besluit vooraf hoeveel tyd jy aan ’n taak kan afstaan. As jy op ’n Saterdagoggend die huis wil skoonmaak, kan dit ’n dagtaak word as jy nie oppas nie. Gee jouself twee uur waarin jy niks anders doen nie en handel die taak af.

Doen jy navorsing vir ’n projek? Bly gefokus en moenie op ’n dwaalspoor beland en allerhande ander interessante dinge op die Internet lees nie.

Behou momentum

Kenners praat graag van die “vloei” van jou energie. Lauren verduidelik dat ’n mens maklik verskillende take kan doen as hulle verwant is. As jy na een kind se leesles luister terwyl jy ’n ander een met ’n taak help, val dit binne dieselfde raamwerk. Maar probeer jy oproepe van die kantoor hanteer terwyl jy dit doen, verloor jy fokus. “Dis beter om op een soort taak te fokus en sodra dit afgehandel is, vyf minute te rus voor jy na ’n nuwe groep verwante take aanskuif. So benut jy die vloei van jou gedagtes en energie sonder onderbrekings.

Lees ook: Mamma, help jy te veel?

’n Blaaskans

As jy een taak suksesvol afgehandel het, vat ’n blaaskans om na te dink en die res van die dag in oënskou te neem. Dit help jou om tot verhaal te kom en keer dat jy saans geestelik uitgeput by die huis instrompel. “Dis belangrik om heeltemal te stop met een taak voor jy met die volgende een begin.” Dit gee jou kans om jou gedrag te verander en gee jou brein ’n tydjie om af te skakel voor jy weer op die volgende taak fokus.”

Lees ook: Energieplanne wat altyd werk

Oefening maak jou beter

Nie almal is ewe georganiseerd nie. Tog kan jy met oefening beter raak. Neem byvoorbeeld naels verf. As dit 15 minute duur om jou naels te verf en jy oefen gereeld om dit te doen, gaan jy dit beter en vinniger regkry. Dieselfde geld ander take. Kyk na jou take vir die dag en dink hoe jy dit vinniger en beter kan doen. Soms is dit klein goedjies wat jou tyd opslurp. As dit soggens ’n halfuur duur om aan te trek omdat jy nie kan besluit wat om te dra nie, kan jy baie tyd spaar deur die vorige aand reeds jou klere reg te sit.

Lees ook: Is jy altyd laat?

Een twiet kan jou ’n halfuur kos

Ruim spesifiek tyd in wanneer jy na jou e-posse kyk, of op sosiale media-platforms doenig is, eerder as om dit die hele dag uit die hoek van jou oog dop te hou. Gloria Mark het ’n studie aan die Universiteit van Kalifornië onderneem om die uitwerking van digitale onderbrekings op konsentrasie te meet. Daaruit het dit geblyk dat elke onderbreking byna 25 minute van jou tyd steel. Dis hoe lank dit duur voor jy weer ten volle kan fokus op die taak waarmee jy besig was. Die onderbrekings van konsentrasie lei ook tot hoër stresvlakke, ’n slegte bui en laer produktiwiteit.

Vinnige wenke

Doen dit

Kyk met ’n vergrootglas na jou tydsbeplanning en waar jy tyd mors. Kry ’n tydsbestuur-app en hou ’n week lank boek sodat jy kan sien waarheen jou tyd vlieg. Jy werk nie noodwendig doeltreffend net omdat jy besig is nie.

Kyk waaraan jy die meeste tyd per dag bestee, en hoe jy deur ’n tydsbeperking te stel doeltreffender kan wees. Gee jouself ’n vasgestelde tyd om iets te voltooi.

Besluit voor ’n vergadering, of selfs ’n koffie met ’n vriendin of kind, wat jy uit die interaksie wil hê. Dalk wil jy jou vriendin opbeur omdat sy deur ’n moeilike tyd gaan, of dalk is jy die een wat met ’n probleem worstel. Kort, doelgerigte vergaderings vermag meer as langes sonder rigting.

Beplan jou week op ’n Sondag. ’n Halfuur se beplanning kan jou baie tyd spaar en sorg dat jy Maandagoggend gefokus is.

Doen op ’n Maandag minder belangrike dinge omdat jou energie soms laag is. Dinsdag en Woensdag is goed vir kreatiewe en veeleisende take. Vergaderings werk op Donderdag as jou span begin spoed verloor, en gebruik Vrydag vir netwerk en beplanning.

Doen jou belangrikste en moeilikste take vroeg in die oggend wanneer jou brein skoon is.

Maak ’n “gedoen”-lysie langs jou “moet doen”-lysie om jou te motiveer. Kyk op ’n Sondag terug na wat jy alles vermag het en wens jou geluk met jou suksesse.

Moenie op inspirasie wag nie. Pak die bul by die horings. Al begin jy wankelrig, lei een gedagte gewoonlik tot ’n volgende, wat jou later op die regte spoor plaas.

Maak die beste van wagtyd. Lees ’n tydskrif in die motor terwyl jy op ’n kind wag. Of luister na ’n potgooi op jou foon. Lees jou e-posse terwyl jy op ’n klant wag. Draf 45 min. lank terwyl boetie sy kitaarles het.

Dit hoef nie altyd perfek te wees nie. As jy wag tot jy genoeg tyd en inspirasie het, word dit dalk nooit gedoen nie.

Slaap genoeg. Uit verskeie studies het dit geblyk dat die ure wat jy minder slaap, jou minder doeltreffend maak en jou deur die dag tyd laat mors.

Oefening bring oplossings en help jou om stres op ’n gesonde manier te hanteer. As jy nie tyd het nie, koop ’n springtou en spring tien minute per dag op vrolike musiek.

Beperk onderbrekings soos foonoproepe en e-posse as jy met ’n belangrike taak besig is.

Kry balans. Moenie toelaat dat ’n skedule en perfekte beplanning al die vreugde uit jou lewe suig nie. Weet wanneer om hokaai te roep en aandag aan jouself en geliefdes te gee.

Skeduleer jou werk sodat jy dit ’n dag voor ’n sperdatum kan ingee. Dit keer uitmergelende stres en verbeter die gehalte van jou werk.

Nee, wat

As jy sukkel om by ’n plan te hou, is dit dalk makliker om eerder op te hou om sekere goed te doen as om nuwes aan te leer.

Moenie die eerste baie kreatiewe tyd van jou dag gebruik om e-posse te lees en te beantwoord nie. Jou tyd kan veel beter bestee word deur iets met ’n hoër prioriteit te doen.

Moenie vergeet om asem te skep nie. ’n Verposing waar jy besin oor wat jy volgende moet doen, is noodsaaklik. Dit gee jou brein ’n kans om te herlaai en weer kreatief te wees.

Moenie te veel goed gelyk doen nie. Studies toon dat dit jou streshormoon, kortisol, sowel as adrenalien verhoog wat jou brein oorstimuleer en jou swakker besluite laat neem. Jy is dalk baie besig en kry goed gedoen, maar op die lange duur mors jy tyd omdat jy minder doeltreffend is.

Soms moet jy jou beplanning vir die dag verander. Is dit die moeite werd om nóú winkel toe te ry vir inkopies, of moet jy dit ná skool doen sodat die kinders benodigdhede vir ’n skooltaak kan koop?

Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer

The post Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag appeared first on rooi rose.

Hoe om ’n trae kind te motiveer
Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie, nie presteer nie en heeltemal ongemotiveerd is.

Ouers verstaan dit nie, want “ons doen alles om dit vir hom makliker te maak. Hy kry al die geleenthede wat ons nooit gehad het nie. Ons het al alles probeer: ekstra klasse, studiekursusse, raas en baklei, die werk vir hom opgesom, hom gehok, televisie verbied. Maar tevergeefs”. Maar onthou, kinders doen goed as hulle kan, en wil meestal graag hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders, veral kleintjies, wat ongemotiveerd is, het dikwels ’n probleem.

Party kinders het nie die vaardighede om te presteer nie, en dikwels kry hulle ongelukkig die etiket dat hulle ongemotiveer, moedswillig of stout is. Hulle kry soveel negatiewe terugvoer dat hulle later sulke etikette begin uitleef. Sielkundiges het bevind dat kinders wat geprys word vir hul pogings en insette, eerder as oor hoe slim en oulik hulle is, meer gemotiveerd is en beter presteer. Dis baie belangrik hóé kinders geprys en beloon word. Wanneer hulle net geprys word vir die eindresultaat en nie vir hul insette nie, word hulle gou moedeloos as die resultaat nie na wense is nie.

Belonings of straf?

Dit help baie meer om positiewe gedrag te beloon as om negatiewe gedrag te straf. Belonings kan ekstrinsiek of intrinsiek wees. Ekstrinsiek doen hy dit ter wille van iets buite homself, soos sterretjies, om geprys te word of om iets te kry.

Intrinsiek doen hy dit vir sy eie gevoel van tevredenheid en prestasie. Dis die beste soort motivering en ’n kenmerk van gemotiveerde mense. Prof. Coley Lamprecht sê kinders raak dikwels afhanklik van belonings om hul gemotiveerd te hou en leer nie om verantwoordelikheid vir hul werk te aanvaar nie. Hy sê belonings kan gebruik word om kinders aan te moedig om wel die ervaring van sukses te smaak, maar moenie ’n gewoonte word nie.

Belonings moenie vooraf met die kind onderhandel word nie en moet in verhouding tot die uitdaging of prestasie wees. Dit mag nooit ’n troosprys of plaasvervanger vir ouerlike aandag wees nie.

Waarom is kinders ongemotiveerd en sukkel hulle?

Kinders wat sukkel om te leer, leer dikwels om te sukkel. Jy moet weet waarom is jou kind ongemotiveer? Wat is die probleem?

Kinders sukkel met vaardighede: Die kind moet talle vaardighede ontwikkel om die eise wat die samelewing, skool of universiteit stel, te kan hanteer.

Kinders sukkel met die sinvolheid van wat hulle moet doen. Wat is die sin van die werk of take? Hoe hou dit verband met die toekoms? Watter waarde het opvoeding en geleerdheid?

Kinders sukkel met hulself, met geloof in hulself, selfvertroue, emosionele intelligensie en hul eie negatiewe emosies.

Vaardighede wat kinders nodig het

Perseptuele vaardighede: Groot en klein motoriese vaardighede, visuele (oë) en ouditiewe (ore) vaardighede en hand-oog koördinasie. Slim kinders se visuele persepsieprobleme (dis nie sigprobleme nie) word selde opgespoor. Hulle het dan ’n swak visuele geheue en leer minimaal deur hul oë.

Skolastiese vaardighede: Dis skryf, reken, spel, luister en lees. Kinders luister en lees nie meer goed en genoeg nie. Dikwels gaan byna al hul intellektuele kapasiteit in die leesproses in om net agterte kom wat daar staan, en bly daar min oor vir hoër orde denke soos verstaan, die maak van afleidings en onthou.

Studiemetodes: studiehouding en -gewoontes speel ook ’n rol.

Taalvaardighede: Woordeskat en uitdrukkingsvermoë in taal is soms gebrekkig. Die kind verstaan nie altyd die vrae nie, of het nie die woordeskat om dit wat hy weet, behoorlik te kan verwoord nie.

Aandag en konsentrasie: Kan hy konsentreer en aandag gee, of word sy aandag deur dinge en geluide afgetrek? Of deur sy eie gedagtes en emosionele reaksie? Of is hy impulsief en maak talle onnodige foute?

Emosionele vaardighede: Die belangrikste emosionele vaardighede is seker selfbeeld en selfvertroue. Ander vaardighede soos onafhanklikheid, verantwoordelikheid, probleemoplossing, streshantering, optimisme, aanpasbaarheid, prioritisering, tydsbeplanning en om belonings te kan

Intellektuele vaardighede: Wat is sy aanleg? Het hy die vermoë om die vakke baas te raak? Kan hy logies, analities en abstrak dink, driedimensioneel sien en taal en figure gebruik om afleidings te maak? Hoe is sy kort- en langtermyngeheue en woordeskat ontwikkel?

Dis so maklik om kinders se fronte van aggressie, onttrekking en ek-voel-’n-veer–houding mis te verstaan as gemik teen sy ouer of onderwyser. En so moeilik om die seer en vrees van soveel vorige mislukkings en vernederings raak te sien. Soveel kinders wat dalk sukkel om te lees of te leer, het al soveel keer die boodskap gekry: “Ek is nie goed genoeg nie”, “amper almal vaar beter as ek”, “ek is stadig”, “ek is dom”, “ek kan met moeite nie doen wat die meeste ander nie eens oor hoef te dink nie”, “ek is nikswerd”.

Soveel kinders ervaar hierdie verwerping daagliks. Dis belangrik dat kinders én ouers se verwagtinge realisties moet wees. Ouers moet seker maak hulle tref ’n onderskeid tussen onaanvaarbare gedrag en die kind: Is dit treurige werk of ’n treurige kind?

Kinders reageer gewoonlik deur die mislukking te vermy in ’n poging om selfrespek te behou, of blameer iets anders: die onnie, die moeilike toets of werk, die ander kinders wat raas. Of hulle maak die werk af: “Dis simpel, ek gaan dit nooit gebruik nie.” Hulle kan selfs die onderwyser of ouer wat mislukkings keer op keer aan hulle opdwing, verwerp. Maar dit raak sleg as hulle die intellektuele vaardighede wat hulle nodig het om logies te dink en ontwikkel ook verwerp.

Soms ontwikkel ’n kind ’n sielkundige struikelblok. Hy het dikwels die voorkennis of vaardighede om iets (soos ’n som) te kan doen, maar dit gaan eerder oor wat die som vir hom simbolies verteenwoordig: mislukking keer op keer, vernedering, spot, pyn? Sommiges neem ’n selfvernietigende posisie in: “Ek is ’n mislukking” – met geweldige skade aan sy selfbeeld. Dis vir so ’n kind minder pynlik om die straf te vat van werk wat nie gedoen of geleer is nie, as om die moontlikheid te verwerk dat hy leer en steeds misluk. Dis ’n doodloopstraat sonder hoop. As hy versuim, het hy nog die hoop dat as hy probeer, dit anders kan wees.

Hoe help jy ’n kind om gemotiveerd te raak?

Maak seker watter vaardighede en kennis die kind nodig het om sukses te behaal. Bepaal jou kind se probleme en sterk punte en hoe sy haar sterk punte beter kan benut en haar swak plekke kan ontwikkel.

Daar is min dinge wat soveel motiveer soos erkenning. Elke mens het ’n behoefte daaraan. Baie ongemotiveerde kinders voel dit help nie om te probeer nie. Hul prestasies is net nooit goed genoeg vir hul ouers nie. Gee erkenning aan kinders se idees of werk met woorde, plakkate, sterre, belonings.

Hy moet die relevansie van die werk of die vak vir die toekoms en vir persoonlike en intellektuele ontwikkeling verstaan.

Werk hard aan ’n goeie ouer-kind verhouding. Doen lekker goed saam.

Stel belang in jou kind se lewe, belangstellings, skoolaktiwiteite, toekomsdrome.

Skep vir ’n kind ’n veilige ruimte – ook om foute te maak, te waag, te probeer, te eksperimenteer. Hoe veiliger hy voel, hoe groter is die kans dat hy sal probeer, groei en ontwikkel.

Verwag en skep geleenthede vir sukses. Leer hulle dat doelwitte en harde werk vrugte afwerp. Leer hulle dat om in jouself te glo, te dink, planne te maak en weer te probeer, belangriker as die resultaat is.

Ondersteun die skool en wees positief oor die onderwysers. Werk saam met hulle. Kinders neem nie onderwysers en die leergebeure ernstig op as hulle dink die onderwyser is ’n nikswerd nie. Moenie probleme met onderwysers voor kinders bespreek nie.

Moenie ’n doemprofeet wees en hom vertel van al die negatiewe dinge wat gaan gebeur as hy nie presteer nie. Fokus op die wonderlikhede wat sukses moontlik maak.

Sien en kommunikeer mislukkings as nuwe leergeleenthede.

Bevorder onafhanklikheid en verantwoordelikheid. Jou kind moet tuis verantwoordelik wees vir sy gedrag en sekere takies – dit kweek selfdissipline. ’n Kind se gewete endie verantwoordelikheid vir sy sportprestasies, huiswerk, of dat hy sy werk ken, mag nie aan die ma uitgekontrakteer word nie.

Maak seker dat hul lewe ’n basiese balans het, dat hulle reg eet, genoeg slaap, rus, ontspan, sosialiseer en oefening kry.

Wees konsekwent en hou by jou dreigemente en beloftes, anders neem hulle jou nie meer ernstig op nie en hoef hulle ook nie hul deel te doen nie.

Stel realistiese doelwitte. Help hulle om dit op te breek in kort- en langtermyndoelwitte.Bou geleenthede vir suksesse in en vier dit. Gee hulle genoeg vryheid om dit self te doen, maar monitor die realisme en vordering daarvan. Plak die doelwitte en studie- en tydsbeplanning iewers in die huis op, dan weet almal wanneer wat moet gebeur.

Help jou kind om self die slaggate te bepaal: wat steel sy fokus, energie en tyd? Hoe kan hy dit vermy en bestuur?

Die ergste wat ’n ouer kan doen, is om sy kind te versmoor. Dit gebeur gewoonlik met die beste bedoelings.’n Ouer moet ’n kind help deur hom te ondersteun, ’n infrastruktuur vir deelname, leer en prestasie te skep, om doelwitte te stel en rigting te gee om verantwoordelik besluite te neem. Help hulle om baie opsies en planne te genereer, maar laat hulle self kies. Keuses gee kinders beheer oor hul lewe en help hulle om verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar. Om dinge vir hulle te doen en besluite vir hulle te neem, motiveer nie. Dit steel hul geleenthede om uit hul foute te leer en selfvertroue te ontwikkel.

Ouers moet daar wees as ondersteuning om op terug te val, nie die een wat die aksie dryf en bepaal nie, maar as die positiewe rolmodel van iemand wat optimisties doelwitte stel en in die toekoms glo. Dis moeilik vir kinders om met optimisme hard te werk vir ’n toekoms as hulle voortdurend hoor hoe daar in hierdie land vir hulle geen toekoms en hoop is nie.

Barbara Kingsolver skryf oor ’n interessante ondersoek waar daar gekyk is watter faktore het studente wat presteer, moontlik beïnvloed. Die enigste gemeenskaplike faktor tussen die presteerders was dat daar in hul huise gesinstyd is en een ete per dag saam aan ’n tafel geëet word. Dit sê baie van tyd saam en die verhouding met hul ouers. Vir ’n kind wat geloof in sy eie vermoë tot sukses verloor het, is die herstel van ’n gevoel van aanvaarding en veiligheid ’n voorwaarde vir verandering.

Al die kennis van wat hy moet doen, hoe dit gedoen moet word, waarom dit nodig is, is waardeloos om hom uit die verlammende greep van “ek is ’n mislukking” te verlos. Verandering is ongelukkig ’n stadige en ’n moeilike proses met min oornag wonderwerke. Daarom moet jy op die positiewe fokus en elke klein stukkie vordering soek en erken. En nie moed verloor met terugvalletjies nie.“Hier is ons al weer net waar ons was.” Fokus op die groter prentjie.

Kinders mag nie voel hulle word met ander vergelyk en veroordeel nie. Die eerste ding wat jy kan doen om ’n kind te motiveer, is dat sy sal weet en voel dat jy lief is vir haar. Kinders weet wanneer iemand omgee, verstaan, hulle onvoorwaardelik aanvaar en respekteer. En dit kan ouers net doen as hulle selfrespek het en self veilig en waardig voel.

Lees ook: Vyf maniere om eksamenstres hok te slaan

The post Hoe om ’n trae kind te motiveer appeared first on rooi rose.

Vyf maniere om eksamenstres hok te slaan
Die beste roete om te volg? Die volgende langtermynplan kan geïmplementeer word om te verseker dat jy ’n ontspanne atmosfeer skep gedurende hierdie tyd:

Haal diep asem: Geleidelik tot binne jou maag vir 4 sekondes, hou jou asem dan op vir nog 2 sekondes. Asem geleidelik deur toe lippe uit vir 8 sekondes. Dit is ’n baie goeie manier om te kalmeer, te ontspan en te fokus, met ’n onmiddellike uitwerking.

Stap buite rond vir vars lug: Dit is noodsaaklik om gereelde blaaskanse per uur te neem tydens studietye, in plaas daarvan om vir lang tye net aan te hou studeer. Volgens SADAG (The South African Depression and Anxiety Group), kan jou brein net vir 40 minute lank konsentreer, en stel hulle voor dat ’n 10 minute-breek elke uur belangrik is. Gaan uit, loop in die tuin rond en geniet ’n bietjie sonskyn – jy sal verbaas wees hoe verfrissend dit is en hoe jou brein weer herlaai.

Eet jou pad na beter breinkrag deur gereelde, gesonde en gebalanseerde maaltye wat proteïen, volgraan, koolhidrate en kleurvolle groente met ’n hoë voedingswaarde insluit. Sorg ook dat jy gesonde peuselhappies tussenin eet – vars vrugte, laevet jogurt, neute, gedroogde vrugte of ’n koppie springmielies. Volgens Julsing Strydom, ’n geregistreerde dieetkundige by Nutrional Solutions, beheer jy sodoende jou bloedglukosevlakke wat optimale konsentrasie sal verseker. Om goed gehidreer te bly is ook belangrik. Drink gewone water en vermy energiedrankies met baie kafeïen wat jou energievlakke skielik sal laat styg maar net so gou sal laat val. Om ’n Vitamien B-aanvulling te neem sal ook help om spanning teë te werk.

Beweeg: Of dit nou ’n drafstappie in die naaste park is, ’n gimsessie of ’n kort fietsrit, fisiese aktiwiteite is die ideale manier om daardie spanningsvlakke te verminder, te ontspan en jou energievlakke te herlaai. Verder gaan daardie “goedvoel”-hormone wat tydens oefening vrygestel word, jou in ’n baie beter luim plaas en sal dit jou dowwe brein opklaar.

Kry genoeg slaap: Slapeloosheid as gevolg van spanning en angs kan lei tot humeurigheid en konsentrasieprobleme, so skeduleer 20 minute se kort slapies elke dag asook addisionele kort slaapsessies oor die naweek. Gesels ook met jou apteker of dokter oor ’n nie-gewoontevormende, nie-sedatiewe homeopatiese medikasie wat jou kan help om die simptome van ligte angs en slapeloosheid, wat veroorsaak word deur alledaagse spanning, te verlig, en veilig is vir elke lid van die gesin.

Lees ook: 14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

The post Vyf maniere om eksamenstres hok te slaan appeared first on rooi rose.

rooi rose stel aan!
Posisie: Junior Digitale Redakteur

(Gauteng of Kaapstad gebaseer)

Novus media nooi digitale inhoudvervaardigers om aansoek te doen vir n posisie as rooi rose tydskrif se Junior Digitale Redakteur. Suksesvolle aansoekers moet vlot Afrikaans magtig wees, en ’n joernalistieke agtergrond sal in kandidate se guns tel.

Sleutelverantwoordelikhede:

Die opdatering en oorsig van aanlyn inhoud, wat weeklikse nuusbriewe en sosiale media-inhoud insluit

Skep, bestuur, beplanning en publisering van webinhoud op CMS platform (WordPress)

Dinkskrum en produksie van vars en relevante inhoud vir digitale lesers

Bestuur van sosiale media platforms (TikTok, Instagram, Facebook, WhatsApp)

Verbetering van lesersyfers op digitale platforms

Koördinering en instandhouding van die webblad, insluitend inhoudsopdaterings, SEO-optimalisering en gebruikerservaring

Skakeling met advertensiespan en skep van inhoud vir kliënte wanneer nodig

Bestuur van alle aanlyn kompetisies en kommersiële inhoud

Bewustheid van digitale neigings om die webwerf lewendig en interessant te hou

Kan gewilde inhoud bestuur en opdateer

Produksie van oorspronklike redaksionele inhoud en voer van onderhoude

Lewer van verslae en bestuur van alle video-inhoud.

Wat ons soek:

’n Tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, met ’n sterk belangstelling in die digitale sfeer, spesifiek sosiale media

1 tot 2 jaar se skryfervaring vir ’n publikasie

Uitstekende Afrikaanse skryfvaardighede

Organisatoriese vaardighede

Proaktief en self-gedissiplineerd

In staat om onder spertyddruk te werk

Vertroud met digitale neigings en kan digitale syfers verbeter.

Om aansoek te doen, klik hier.

Sluitingsdatum: 31 Mei 2026

Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Mei-uitgawe móét lees!

The post rooi rose stel aan! appeared first on rooi rose.

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke
Niemand trou om te skei nie, maar die lewe gebeur. En of dit nou vir jou ’n verligting of ’n verplettering is om daardie egskeidingsertifikaat in jou hand te hou, die verskil tussen floreer en krepeer na ’n egskeiding lê by jou.

Ek is tien jaar gelede geskei, en weet presies hoe moeilik dit is om ’n enkelma te wees. Ek weet hoe dit voel om jou kinders se spaarvarkies te moet plunder vir brood-en-melkgeld, of om finansiële hulp van familie te moet aanvaar. Ek weet alles van nagte se wakkerlê in ’n bed wat nou te groot voel, en van kinders wat jare later steeds droom dat hulle ma en pa weer eendag onder een dak sal woon. Ek weet ook hoe dit voel om van drome te vergeet – of dit nog ’n baba is, of  ’n aftreehuisie by die see. Maar ek weet ook hoe dit voel om op ’n dag skielik te besef: ek het dit gemaak! Ek is nie net finansieel op my voete nie, maar werklik geseënd, en my kinders is nie emosionele wrakke nie maar goed aangepaste mense wat hul plekke in die lewe kan volstaan. Ek droom nie meer oor ’n prins wat dalk nooit gaan opdaag nie, maar sien uit na elke dag van die res van my lewe, of ek dit nou sonder ’n man in my lewe gaan deurbring of nie.

Ek besef terdeë dat elke geval uniek is, maar laat my asseblief toe om met jou te deel wat ek die afgelope tien jaar geleer het.

1 Aanvaar dit

Dit is die moeilikste deel, want geen mens hou daarvan om foute te maak nie. Tob gaan nie help nie. Nie oor jou foute, jou maat se foute of wat ook al gebeur het om julle hier te laat beland nie. Dit het nou gebeur, en die genadigste ding wat jy vir jouself en almal betrokke kan doen, is om dit te aanvaar.

Dit beteken nie dat jy nie kwaad of hartseer gaan wees nie, maar die eerste les wat ek as geskeide vrou geleer het, was dat jy jou energie reg moet gebruik. Om dit te mors op die verlede is sinneloos. Gebruik dit eerder om te sorg dat die toekoms beter is vir jou en jou kinders.

Gaan sien ’n kenner soos ’n sielkundige of berader om jou te help om daardeur te werk en jou nuwe situasie te aanvaar. Hoe langer jy uitstel, hoe moeiliker maak jy dit vir jouself. Ek was gelukkig – ek het besef ek moes uit my liefdelose, baie destruktiewe huwelik kom, ter wille van myself maar ook veral ter wille van my twee kinders (destyds 5 en 8 jaar oud). Maar dit was steeds moeilik. Na byna vyftien jaar was dit moeilik om te aanvaar dat my liefde nie genoeg was nie, en dat ek – met ’n inkomste wat skaars genoeg was vir die maandelikse huispaaiement – skielik finansieel op my eie bene sou moes staan. Ek het twee keuses gehad: rondsit en myself jammer kry, of my kop oplig en begin om ’n baie slegte situasie een dag op ’n slag te probeer verander.

2 Vergewe wie ook al vergewe moet word (ook jouself)

“Is jy nou mal?” vra jy. “Hoe kan ek dit wat hy/sy aan my gedoen het vergewe?” Die lewe het my egter geleer as jy dit nie doen nie, gaan die beter dae jou bly ontwyk. Jy gaan aan niks anders kan dink nie – en ek bedoel NIKS anders nie. Jou gedagtes word besoedel deur hierdie mens wat jy toelaat om gratis in jou kop te bly, en die ergste is dat hy of sy salig onbewus is daarvan. Terwyl jy bose gedagtes dink, gaan jou maat se lewe aan. Maar dit beïnvloed elke oomblik van JOU dag (en soms nag). Dit vreet al jou emosionele energie – en jy het dit nodig vir oorlewing.

Moenie te veel tob oor hoe vergifnis nou eintlik werk nie – die eerste stap is om vir jouself te sê “ek vergewe hom/haar” (of soms jouself). Daardeur maak jy die kanaal oop vir vergifnis om te kan volg. Wanneer jy dit hardop sê (jy hoef dit nie vir die ander persoon te sê nie), breek jy die eerste skakel in die ketting om jou siel. Die res volg vanself, oor tyd, en op ’n dag word jy wakker en besef die son skyn steeds en daar is steeds duisende dinge om voor dankbaar te wees.Vergewe jy nie, gaan jou bitterheid later oorspoel na jou kinders. Hulle verdien dit nie – dis swaar genoeg vir hulle om tussen twee ouers te staan wat mekaar nie kan verdra nie, om naweke ’n tassie te pak om by die ander een te gaan kuier, of om dalk nie meer die ander ouer gereeld te sien nie. Jy skuld dit aan hulle – maar ook aan jouself – om beter te word, nie bitterder nie. Vergiffenis en aanvaarding loop hand aan hand, en doen jy die een, volg die ander een makliker.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

3 Probeer op goeie voet bly met jou kinders se ander ouer

Let op dat ek sê “probeer”. Soms is dit eenvoudig nie moontlik nie, al probeer jy ook hoe hard, veral as dinge soos verslawings of afwykende gedrag betrokke is. Indien dit die geval is, moet jy soms moeilike besluite neem rondom wat die beste vir jou kinders gaan wees op die lange duur. As jy in so ’n situasie is (ek was) help dit om met kenners oor die beste pad vorentoe te praat. Maar dis steeds jy en jy alleen wat uiteindelik moet besluit tot hiertoe en nie verder nie (indien nodig). Jy gaan kritiek kry, maar jy weet in jou hart wie se kritiek jy ernstig behoort op te neem, en wie sŉ jy behoort te ignoreer.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

4 Aanvaar dat dinge gaan verander

Dis nou alles van jou huishoudelike begroting, tot jou vriendekring. Hoe gouer jy dit doen, hoe gouer kan jy aanbeweeg. Dit maak seer om vriende te verloor of na ’n kleiner plek te moet trek, maar wees nou eerlik: wat gaan woedende tirades jou help? Ek sê nie jy moet soos ’n doodgaangoggatjie net gaan lê nie. Allermins! Verander en voorkom wat jy kan, huil en skel en treur oor die res, maar was dan jou gesig, tel jou kop op en doen wat gedoen moet word.

As jy net een enkele wenk van my wil neem, laat dit hierdie een wees: spaar jou emosionele energie vir die regtige groot goeters. Soos dat julle heel anderkant hierdie krisis uitkom. Waar jy dit doen en saam met wie en op watter begroting, is eintlik onbelangrik.

5 Kry ’n nuwe plan

Al jou planne was tot dusver waarskynlik aan jou maat s’n gekoppel. Nou moet jy nuwe planne maak vir jou toekoms, vir alles van finansies tot ouerskap. Hoe gouer, hoe beter. MOENIE (en ek skryf dit met opset in hoofletters) jou lewe beplan om ’n potensiële nuwe maat nie. Jy MOET (ook met opset) eers vir minstens twee jaar alleen wees voordat jy dit weer in ’n nuwe verhouding kan waag. En dis nie ek wat so sê nie – dis die kenners.

In my geval was die dringendste plan wat ek moes maak om my finansies te verbeter. Ek moes ekstra werk vind, want anders sou ek en my kinders uit ons huis moes trek. Vir daardie ontwrigting en al die nuwe hartseer wat dit sou meebring, het ek nie kans gesien nie. My eerste plan was dus om meer geld te maak, en dit het my die nodige fokus gegee om my ook op emosionele vlak te help aanbeweeg. Ek was eenvoudig te besig om te oorleef om te sit en tob oor my egskeiding.

6 Doen wat vir jou en jou kinders werk

Wanneer jy skei, kry jy hope onwelkome, ongevraagde raad. Oor alles, van finansies tot ouerskap. Gebruik die nuttige raad en ignoreer die res. Jy en jou kinders moet nou jou enigste prioriteit wees. As hulle soms pap vir aandete wil hê en jy het nie tyd gehad om ’n gesonde ete te kook nie, gee vir hulle pap en moenie skuldig voel nie. Jy is net ’n mens, nie Superma nie. Dis belangriker dat daar ’n liefdevolle, ontspanne atmosfeer in die huis is as dat hulle elke aand twee groentes en vleis op hulle borde moet hê, veral aan die begin. Ek het nogal soms hiermee gesukkel, en moes ’n sielkundige gaan sien om my te help besef ek kan nie alles vir almal wees nie. Om altyd my beste ek te probeer wees was goed genoeg, en om foute te maak is menslik.

Lees ook: Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

7 Roetine is belangrik, veral vir kleiner kinders

Hoe nou? Ek het dan nou net gesê hulle kan maar pap eet vir aandete. Inderdaad. Want pap af en toe vir aandete is nie waaroor roetine gaan nie. Roetine is dinge soos eettyd, badtyd, slaaptyd, tyd vir huiswerk. Wanneer jou kinders deur ’n traumatiese situasie gaan, is jou eerste instink om hulle maar ’n bietjie meer vryheid te gee, want hulle kry dan nou klaar so swaar. Maar dis ’n groot fout. Eintlik gee roetine noodsaaklike geborgenheid wat help met emosionele stabiliteit en wat ouerskap makliker maak. Kinders van alle ouderdomme het die sekuriteit van bekende dinge nodig, so verander so min moontlik aan dinge wat vir julle werk.

8 Moenie dissipline verslap nie

Hieroor het ek baie kritiek gekry. Vriendinne het gedink ek is gans te streng met my kinders na die egskeiding, maar dit het vinnig in lof verander toe hulle sien my kinders is rustig, sukkel nie op skool nie en kan hulself in enige geselskap handhaaf. Egskeiding is nie ’n verskoning vir swak gedrag nie (ook nie by grootmense nie). Daar is groter krisisse in die lewe as egskeiding.

9 Leer om dankbaar te leef

Al gaan dit hoe sleg finansieel (en by 90% van enkelma’s is finansies die grootste kopseer) is daar steeds baie goed om voor dankbaar te wees as jy net oplet. ’n Warm bed, kos elke dag, ’n motor (al is hy tien jaar oud), ’n goeie skool (al is dit nie ’n privaatskool nie), mooi klere (al is dit nie nuut of bekende handelsmerke nie) is alles redes om voor dankbaar te wees. Leer dit vir jou kinders. Sê saans dankie daarvoor as julle bid, en wys hulle op al die ellende en armoede rondom julle. Hoe meer jy dankie sê vir dit wat jy het, hoe meer besef jy hoe baie jy het en hoe onbelangrik dit is om nog meer bymekaar te maak.

As hulle groot is, gaan hulle nie onthou waar jy julle kos gekoop het nie, net dat hulle nooit honger gaan slaap het nie. Hulle gaan eerder die speletjiesaande, pieknieks en grappies onthou as hoe die huis gelyk het. So, maak dit lekker net daar waar julle nou is.

Herontdek klein vreugdes soos kaartspeel, bordspeletjies, kuier om ’n vuur (al is daar net wors om te braai en nie steaks nie) en lees (omdat DStv net te duur is). As jy positief is daaroor, gaan jou kinders ook wees.

Lees ook: Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

10 Kies jou gevegte oordeelkundig

Om gedurig in konflik met jou eks te wees, is baie, baie uitputtend. Om hof toe te gaan vir iets soos meer onderhoud of waar die kinders Kersfees gaan wees, nog meer. (Boonop word prokureurs ryker en julle armer.) Konflik verteer jou, en word al waaraan jy dink. Neem nou maar iets soos onderhoud: dis byna altyd ’n twispunt tydens en soms nog jare na egskeidings. Mense aan albei kante stel dikwels onredelike eise, en ander kere probeer mense mekaar deur geld bykom sonder om te besef die kinders ly uiteindelik die meeste daaronder.

Ek het myself van die begin af voorgeneem dat ek eerder harder sal werk as om die hele tyd te baklei oor geld. Toe my kinders se pa ’n paar jaar gelede heeltemal uit hul lewe onttrek het – ook finansieel – het ek net twee keuses gehad: gevegte oor dit wat hy nie wil of kan wees of gee nie, of om daardie energie te gebruik vir my loopbaan sodat ek en my kinders uiteindelik wel sal hê wat ons weens sy besluite moet ontbeer. Ek sal jok as ek sê dat dit maklik of lekker was, maar vandag het ek meer werk as wat ek kan doen. Boonop het ek (onbedoeld) vir my kinders belangrike lewenslesse geleer: soos dat harde werk tot sukses lei, dat daar belangriker dinge in die lewe is as geld en goed, en dat jy sekere dinge maar net moet aanvaar en aanbeweeg.

Niks wat ek hier aanbeveel is noodwendig maklik nie, maar dis alles moontlik. Party daarvan het ek dadelik reg gedoen, ander het ek op die harde manier geleer. Maar dit werk beslis, en ek hoop dit maak jou stryd ’n klein bietjie makliker.

En as vandag vir jou besonder grys voel, onthou: this too shall pass.

Lees ook: Middeljare: Krisis of keerpunt?

The post Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke appeared first on rooi rose.

Middeljare: Krisis of keerpunt?
Deur Maretha Botes

In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met advertensies en foto’s van spoggerige sportmotors in elke kleur en vorm denkbaar gebombardeer. “Midlife crisis car,” staan daar nogals bo-aan die ry foto’s. Ek raak nuuskierig en klik op “sien meer”. Dit blyk motors – dié wat plat, blink en vinnig is – is volgens Google bo-aan die wenslysie van mense wat die sogenaamde krisis in die gesig staar.

“Wat ’n cliché!” sê ’n vriendin wat onlangs die 47 jaar kerf verbygesteek het. Haar man is ook in sy middeljare en nie een van hulle spog met ’n sportmotor, seilboot, nuwe lyf of jong blaar (of bokkie) aan hul sy nie. Sy lag. “Ek weet nie of ons dalk die uitsondering is nie!” En dan op ’n ernstiger noot: “Ons moes eerder ons denkwyses  as ons looks aanpas. Vrede vind in wie ons is, wat ons bereik het en wat ons graag nog wil bereik,” sê sy.

Sy het kort voor haar 45ste verjaardag haar pa verloor, het ’n nuwe pos en jonger baas weens skommelinge by die werk gekry, bevraagteken dikwels of sy ’n goeie ma vir haar twee tieners is en skrik byna elke oggend drie-uur wakker waarna sy nie weer ’n oog toemaak nie. Haar man het, weens gesondheidsredes, ’n U-draai gemaak. Hy móés by die gim aansluit en volg nou ’n streng dieet en oefenprogram. “Maar ons kan hieroor met mekaar gesels. Ek dink dis baie belangrik. Kommunikasie. Die middeljare is volgens my ’n lewensfase. Om ’n tiener te wees, ’n ma te word, al die dinge is ook lewensfases. Dit verg aanpassing, verstaan en omgee,” sê sy.

Lees ook: Voel jou tiener eensaam?

Die slegte beeld

Volgens Louis Awerbuck, ’n kliniese sielkundige van Stellenbosch, is die sogenaamde middeljare die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hul sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorlê nie. Hy sê by mans is hierdie lewensfase min of meer van toepassing tussen 40 en 55, en by vroue 35 tot 50.

“Menige beskrywings en definisies word aan hierdie tydperk in mense se lewe gegee, en veral ten opsigte van mans is daar bekende clichés wat gereeld gebruik word om hul optrede in hul middeljare te beskryf. Die oorheersende behoefte om skielik ’n sportmotor aan te skaf, die dieet en oefening om beter en jeugdiger te lyk, en die fantasieë oor jonger vroue is wêreldwyd bekende ‘simptome’ van wat as ’n ‘middeljarekrisis’ beskryf word,” sê hy.

Daar is waarskynlik mense wat ’n drastiese en merkbare ommeswaai in hul middeljare maak. Nie almal beleef egter ’n krisis op dieselfde manier nie, en nie almal maak drastiese ommeswaaie in dié tydperk nie. Die algemene opvatting wat die meeste mense van ’n dié krisis het, is ’n stereotipe, sê dr Pierre Cronje, ’n kliniese sielkundige van Garsfontein in Pretoria.

Hy sê: “As jy die woord ‘middeljarekrisis’ hoor, sien jy gewoonlik in jou geestesoog ’n middeljarige man wat ’n drastiese gedaanteverwisseling ondergaan: Hy dra skielik sy hare langer, kleur dit selfs, hy trek meer modern aan, knoop ’n verhouding met ’n jonger vrou aan en koop ’n motorfiets of ’n rooi sportsmotor. Die meeste mense vind sy gedrag vreemd en self ’n bietjie lagwekkend. Daar word dikwels agter sy rug gefluister dat hy ’n middeljarekrisis beleef. Dit is ’n stereotipe, ’n seksistiese beeld wat die meeste van ons van hierdie het. In die genoemde voorbeeld, ís dit heelwaarskynlik ’n middeljarekrisis, maar almal beleef nie ’n krisis so drasties of stereotipies nie,” sê hy.

Beteken dit dat iemand wat nie so ’n drastiese krisis beleef nie, nie in ’n krisis is nie? “Weer eens, nee. Party mense beleef die konflik of (bestaans)krisis  in hul binneste. Hulle wroeg dalk oor keuses, verlore kanse, verliese en kwale, maar hul soeke is nie so opsigtelik vir ander nie. Sommige mense leef bewustelik met die idee dat hulle ouer word, dat verandering en veroudering ’n gegewe is, maar hulle het die vermoë om suksesvol by veranderende omstandighede aan te pas. Dit beteken egter nie hulle dink nie oor hul bestaan nie, is nie soms ontevrede met dinge in hul lewe nie en neem nie bestek van hul lewe nie,” sê Pierre.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

Hoekom is daar enigsins so ’n krisis?

Pierre vertel dat Erik Erikson, ’n Duitse ontwikkelingsielkundige, bekend is vir sy teorie oor die mens se fases van psigososiale ontwikkeling. In die laaste fase (die middeljare) besin die mens oor wat hy bereik het, of hy tevrede is met sy lewe, of hy gelukkig is en of hy met ’n klomp ontevredenheid en onvergenoegdheid oor sy lewe sit. In ontwikkelde lande word die middeljare tussen die ouderdom van 40 en ongeveer 50 gesien. Dis ook die tyd waar ons met ons sterflikheid en die tydelikheid van die lewe gekonfronteer word. Teen daardie tyd is min of meer twee derdes van ’n mens se lewe al verby en het jy baie dinge beleef, ook soms die harde kant van die lewe gesien en beleef. Jy raak dalk paniekerig oor wat nog voorlê.”

Pierre verduidelik verder dat die mens sin in die lewe soek (selfverwesenliking) en die bevrediging van basiese behoeftes is volgens Maslow ingebore by die mens. “Nie almal het die geleentheid om die behoeftes te bevredig nie – of sommige word net gedeeltelik vervul. Hoe meer ’n mens se behoeftes (volgens Maslow) op jou pad na selfverwesenliking vervul word, hoe groter is myns insiens die kans dat ’n mens die oorgang na ’n volgende lewensfase ook suksesvol kan hanteer,” sê Pierre.

Louis voeg hierby dat mense in hul middeljare boonop indie algemeen die meeste beheer oor meer fasette in hul lewe het as in enige ander lewensfase. Hierdie beheer kan paniek veroorsaak deurdat daar vele opsies is waaroor in die middeljare besluit moet word. Die verantwoordelikheid daarvan kan ’n fisieke en emosionele tol eis. Hy verduidelik:

“Die impak van die lewe se stressors, sowel as die druk om ‘al die balle in die lug te hou’, veroorsaak dat mense in hul middeljare sterk met ’n veg-of-vlug reaksie gekonfronteer word. Diegene wie kies om te veg, se optrede word gewoonlik deur drastiese besluite gekenmerk, soos plastiese chirurgie of om heeltemal van beroep te verander. Hierdie veg-reaksie kan ook soms in die vorm van rusteloosheid of oormatige energie, uitbarstings van aggressie of irritasie of ’n toename in kos- of drankgebruik ervaar word. Vir dié wat kies om te vlug, kan die uitkoms soms wys in verveling, dagdromery, ’n gevoel van hartseer of onttrekking van sosiale interaksie.”

Kom dit meer by mans as by vroue voor?

Dis die groot vraag, maar dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie, sê Pierre.

“Dalk is daar twee stelle reëls. Vroue sal dalk makliker hul hare reeds van vroeg in hul lewe begin kleur. Kan ’n mens dan sê iemand wat hul hare kleur, gaan deur ’n middeljarekrisis? Nee, nie as daar balans is nie. As voorkoms allesoorheersend word en ander aspekte van ’n mens se lewe word afgeskeep, is die balans verkeerd en kan dit tot probleme lei. Daar is niks daarmee verkeerd om ’n bietjie jonger te wil lyk nie. Dis egter belangrik om tydens elke ouderdomsfase goedversorgd te wees. Daar word dalk meer krities na ’n man gekyk wat aandag aan sy voorkoms gee, hoewel ek glo tye is besig om te verander.

“Almal word ouer en ’n mens sou naïef wees as jy nie van tyd tot tyd bestek van jou lewe neem nie. Biologiese veranderinge wat met ouderdom gepaardgaan dwing ons soms ook in ’n krisis. Siektes en hormonale veranderinge duik dalk voortydig en onverwags op. Om te besef jy kan nie meer die dinge doen wat jy altyd kon doen nie, kan ’n mens in ’n krisis dompel. Biologiese veranderinge kom by mans en vroue voor. Vroue is dalk in die algemeen meer bewus van hormonale veranderinge en dat daar so-iets soos oorgangsjare is. Hulle is daarom dalk meer voorbereid op die verandering omdat hormonale veranderinge duidelike tekens het.”

Lees ook: Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sleg of goed?

Die middeljarekrisis is nie noodwendig slegs nie. Dit dwing volgens hom ’n mens om ’n bestekopname van jou lewe te neem; tevrede te voel oor dit wat bereik is; en vrede te maak met dit wat nie gerealiseer het nie. Dis ook die tyd om aanpassings te maak, soos om’ n nuwe stokperdjie te begin of om iets nuuts te studeer. Die uitdaging is om nie in onvergenoegdheid verstrengel te raak nie.

Hy sê: “’n Mens maak bepaalde keuses in jou lewe, byvoorbeeld ’n definitiewe beroepskeuse. Keuses sluit dikwels ander moontlikhede uit, maar ’n mens hoef nie te sit en tob daaroor nie, veral nie as jy besef daar is geen ideale beroep of lewenskeuse nie.”

Nogtans, sê Louis, die sogenaamde “middeljarekrisis” word deur drastiese besluite gekenmerk, en soms kom dit wel voor dat mense in hul veertiger- of vyftigerjare dinge doen of besluit waaroor hulle later intense berou het. As jy dus binne hierdie lewensfase val, sou dit dalk wys wees om enige oorhaastige besluite ’n paar keer ekstra lank te oordink!

Lees ook: Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

The post Middeljare: Krisis of keerpunt? appeared first on rooi rose.

TYDSKRIF-UITTREKSEL: Op soek na liefde na 40? Hoekom dit nou anders is
Deur Zerelda Esterhuizen

Sy was al twee keer ongelukkig getroud. “My eerste man het my verkul en my tweede man was so gewelddadig dat ons moes vlug. Ek was daarna huiwerig om weer ’n verhouding aan te knoop, en het eers jare daarna iemand ontmoet. Ons het net dadelik gekliek en is nou al tien jaar saam. Ek was nog nooit so gelukkig nie, en sou nooit kon raai dat ek ware liefde sou vind nie,” vertel Jeanne (61).

Marcelle* (42) se man is vyf jaar gelede oorlede en sy is eensaam. “Ek wil graag weer iemand ontmoet, maar is ook onseker. Ek is bekommerd oor hoe my kinders gaan reageer, en ek wonder of ek werklik weer vir iemand se geite kans sien …”

Yvette Smit is ’n geregistreerde berader van Tuine, Kaapstad, en sy sê ’n ouer lewensfase word gekenmerk aan belangrike oorgange soos egskeiding of verlies, kinders wat die huis verlaat, loopbaanveranderinge of aftrede, asook liggaamlike en hormonale veranderinge.

“Baie van my werk met ouer volwassenes sentreer juis rondom die impak van hierdie oorgange – die manier waarop dit jou selfbeeld en gevoel van waarde kan ontwrig, en hoe dit beïnvloed hoe iemand hulself emosioneel in nuwe verhoudings posisioneer.”

Yvette sê mense in hul veertiger-, vyftiger- en sestigerjare het gewoonlik gevestigde lewens.

“Hulle is onafhanklik, ken hul eie ritme en het dikwels sterk gewoontes en strukture, maar daar bly ’n diep menslike behoefte aan emosionele nabyheid. Die uitdaging is om nie outonomie vir verbondenheid te verruil nie, maar om ’n gebalanseerde verhouding te bou waar albei saam en komplementêr kan bestaan.”

Sy vertel dat middel- tot later volwassenheid word dikwels gekenmerk deur ’n skuif weg van die vroeëre fokus op “bou en bewys” na “verdiep en betekenis gee”.

“Mense begin in hierdie fase om meer vrae te vra oor betekenis, vervulling en egtheid – nie net oor stabiliteit, sekuriteit of om in ’n sekere prentjie te pas nie. In verhoudings neem dit dikwels die vorm aan van ’n groter behoefte aan emosionele egtheid en minder verdraagsaamheid vir oppervlakkige verbintenisse. Tyd word kosbaarder, en mense raak meer bewus van waarin – en in wie – hulle hul emosionele energie belê. Die klem verskuif van of ’n verhouding reg lyk na of die verhouding reg vóél.”

Lees die volledige artikel in ons Mei-uitgawe. Dis nou op die rakke en propvol interessante inhoud!

Hier’s nog redes waarom jy ons jongste uitgawe in die hande moet kry.

Lees ook: WEN ’n welstandsvakansie na ’n toevlugsoord!

The post TYDSKRIF-UITTREKSEL: Op soek na liefde na 40? Hoekom dit nou anders is appeared first on rooi rose.