Ouerskap | rooi rose

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees
Laat haar toe om te wees wie sy is

Een van die belangrikste goed wat jy vir jou dogter kan doen, is om haar te laat weet – deur woord en daad – dat wie sy is vir jou belangriker is as hoe sy lyk of hoeveel sy weeg.

Prys haar prestasies

Wanneer jou dogter iets bereik het – hetsy op akademiese, sport- of kultuurgebied, of selfs net ’n vriendin gemaak het indien sy skaam is – prys haar. Dit gee beslis nie net ’n oomblik se goedvoel nie, maar versterk haar selfbeeld en selfvertroue deur te weet dat jy omgee en trots is op haar. Dit sal ook help as sy weet dat haar prestasies gevariëer is en dat daar belangriker goed is om oor trots te wees as die oppervlakkige dinge wat die wêreld baie maal vir ons sê belangrik is.

Help haar om mediaboodskappe te evalueer

Tussen sosiale media, die Internet en die tradisionele media, word jou dogter deur ’n magdom boodskappe – positief en negatief – gebombadeer. Indien hulle nie weet hoe om met die media om te gaan en die negatiewe boodskappe te herken, kan hulle negatief beïnvloed word en selfs hul selfbeeld kan ’n knou kry.

Deur haar te help om media reg te gebruik – en byvoorbeeld vir haar te leer dat sosiale media ’n eensydige storie is wat net perfeksie reflekteer, of haar te leer om “trolls” (wat eintlik maar net ’n ander naam vir boelies is) te blok en aan te gee – leer jy haar nie net om vir haarself op te staan nie, maar ook hoe om grense te stel.

Leer haar grense stel en haarself respekteer

Doen aan ander soos wat jy aan jou gedoen wil hê, maar wees sterk in die grense wat jy stel en leer haar om vir mense te sê wanneer hulle haar grense oorskry. Só sal sy nie net selfvertroue leer nie, maar ook sterker word. Hierdie les sal sy ook kan deurdra deur haar skooljare na haar huweliksjare. Onthou, wanneer jy jouself respekteer, sal jy nie sommer toelaat dat ander jou sleg behandel nie.

Leer haar om “nee” te sê

Om “nee” te sê, grense te hê en jouself te respekteer gaan basies hand aan hand. Leer haar vroeg om haar “vrou” te staan en “nee” te sê wanneer sy ongemaklik is om iets te doen. Deur te weet dat sy mág nee sê en nie saam met die bondel hoef te beweeg nie, is nog een van die belangrikste goed wat jy vir haar kan leer. Nie net bou dit selfvertroue nie, maar dit keer ook dat sy sommer voor groepsdruk sal swig.

Moenie sleg praat van jouself nie

Wat jy as haar ma doen, is selfs belangriker as wat jy sê. Dus, moenie van jouself sleg praat nie, heeltyd oor jou gewig of kos kla nie en geen selfvertroue en selfliefde toon nie. Jou dogter sal hiérdie waardes aanleer, eerder as dít wat jy vir haar sê. Jy is haar rolmodel en sy leer van wat sy sien.

Lees meer: Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers

The post Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees appeared first on rooi rose.

Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers
Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers deur Ilse Salzwedel

Ons geslag sukkel meer met dissipline as ons voorouers. Beslis nie omdat ons minder weet of g’n stuk omgee nie, maar omdat skuldgevoelens, te min tyd, morele verval en ’n snelveranderende samelewing ons soms laat vergeet hoekom dissipline so ’n belangrike deel van kinderopvoeding is.

Maar jy hoef nie soos ouers oorkant die water by ’n TV-nanny hulp te gaan soek nie.

Hier is die basiese beginsels van kinderopvoeding waarmee jy jou instink kan verfris.

Bepaal die reëls

Dis soos om ’n padkaart vir jou gesin te teken. Kenners is dit eens dat kinders veiliger voel as hulle weet waar die grense van goeie gedrag is.

Moets: Bespreek die reëls én die straf as dit nie nagekom word nie. Plak dit iewers op sodat almal seker is wat van hulle verwag word. Tree konsekwent op sodat die kind presies weet wat om van jou te verwag.

Reëls, roetine en rituele

Onthou dié drie r’e van kindgrootmaak.

Moets: Hou dit eenvoudig. Skep rituele eie aan jul gesin – koffie en beskuit in Ma en Pa se bed op ’n Saterdagoggend, ’n piekniek elke Sondag … dit laat jou kinders spesiaal voel en versterk jul verhouding wat die opdwing van reëls baie makliker maak.

Lééf die waardes wat jy predik

Onthou: Jou kinders hou jou dop “soos ’n supergeheime Russiese spioenasiesatelliet”, skryf Dave Meurer in sy humoristiese boek Boyhood Daze (oor die grootmaak van seuns).

Baklei jy en jou man gereeld, maar verwag jy van jou kinders om nie met maats of mekaar te baklei nie? Vloek jy? Kom jy altyd laat? Stel jy werk uit tot op die nippertjie? Jou kinders gaan word wat jy leef!

Kyk jou kind in die oë as jy met hom praat

’n Kind hoor met sy ore, maar luister met sy oë, is die raad van dr. Pieter Kitshoff, ’n sielkundige van Alberton wat groot sukses met hiperaktiewe kinders en aandag-afleibaarheid behaal.

Moenie: ’n Opdrag skree terwyl jy in ’n ander vertrek is nie. Die kans is goed dat jou kind nie reg sal hoor nie, of jou nie reg sal verstaan nie. Opdragte wat op dié manier gegee word, laat ’n kind voel dat jy nie respek vir hom het nie – net soos jy nie daarvan sal hou as jou baas altyd skreeuend uit ’n ander vertrek met jou kommunikeer nie.

Beklemtoon die positiewe, en nie net altyd die negatiewe nie.

Moet: As jy geneig is om altyd te raas as jou kind stout is, prys haar nou ’n slag as sy iets ouliks doen of haar baie mooi gedra.

Hoek toe

As jy moeg gepraat is, stuur jou kind – sonder speelgoed – na ’n “vervelige” plek soos die hoek van die vertrek.

Moet: Laat hy met sy rug na die res van julle staan en nadink oor sy gedrag of kalmeer. Een minuut vir elke jaar oud is ’n goeie maatstaf. Ignoreer hom gerus vir daardie paar minute nadat jy verduidelik het hoekom hy gestraf word.

Dit werk veral goed vir meer sensitiewe kinders – hulle voel gou alleen en sal alles moontlik doen om toekomstige afsondering te vermy.

Hok hom

Dr. Phil meen dis ’n goeie straf om skoolgaande kinders te hok.

Moet: Selfs al het jou kind nog nie ’n sosiale lewe buite die huis nie, kan jy hom ná slegte gedrag vroeg kamer toe stuur sonder televisie. Dit werk weer eens beter vir sosiale kinders as vir ’n kind wat in elk geval sy eie geselskap verkies.

Weerhou voorregte soos TV-kyk of rekenaarspeletjies.

Dit kan net werk as jou kind hierdie goed as voorregte en nie as regte beskou nie. Hoe anders gaan jou kind leer dat voorregte saam met verantwoordelikhede en verpligtinge kom?

Onderhandeling is vir politici

Kinders wil nooit enigiets doen wat goed is vir hulle nie. Dus, ignoreer wat hulle wil hê en gee hulle wat hulle nodig het. Jy is nie besig met ’n burgemeestersverkiesing nie, en hoef nie na hul pype te dans nie – Dave Meurer in Boyhood Daze.

Hou op omkoop

“Morele waardes moet deel word van ’n kind, en kan nie bloot gekoop en verkoop word nie,” waarsku kenners in die Complete Book of Baby & Child Care. Moenie voortdurend beloning aan gehoorsaamheid koppel nie.

Doen wat jy belowe het as jy jou kind se vertroue wil behou

As iets voorval en jy nie by ’n belofte kan hou nie, verduidelik dit vir jou kind. Dis noodsaaklik vir goeie verhoudings en goeie dissipline dat hulle weet hulle kan op jou staatmaak.

’n Vaste roetine

’n Kind jonger as agt maande het nog nie dissipline nodig nie, maar wel ’n vaste roetine. Maar maak seker dat jy teen agttien maande darem al met basiese dissipline begin het.

Handhaaf ’n verenigde front

Ma, pa, die huishulp en die kleuterskool behoort dieselfde basiese reëls toe te pas.

Eet saam aandete

’n Studie onder 527 tieners by die Cincinnati Children’s Hospital het getoon dat tieners wie se ouers vyf keer of meer per week saam met hulle aandete geëet het, die minste geneig was tot dwelmgebruik, botsings met die gereg of depressie.

Sagte liefde of ferm liefde?

“Terwyl sagte liefde ’n kind se hart oopmaak, gee ferm liefde hom meer ruggraat om sterk en duidelik te kan leef in die wêreld waarin hy grootword,” skryf Steve Biddulph in More Secrets of Happy Children.

Elize Olivier, ’n kindersielkundige van Northcliff, Johannesburg, stem saam. “As jy jou kind nie liefhet nie, en nie ’n goeie verhouding met hom of haar het nie, kan jy hom nie dissiplineer en die basiese waardes leer nie.”

Sekere dinge is ononderhandelbaar, meen Elize. “Dit sluit dinge in soos persoonlike higiëne, skoolwerk en tye saam met die gesin.”

Dis hierdie oënskynlike klein dingejies wat kinders belangrike lewenswaardes soos selfrespek, verantwoordelikheid en omgee vir ander leer.

Die beste geskenke: tyd en aandag

Opregte aandag is een van die kragtigste maniere waarop ’n ouer ’n kind positief kan motiveer, sê Dr. Phil.

Steve Biddulph, bekende Australiese kinderopvoeder en skrywer van boeke soos More Secrets of Happy Children, meen dit help niks jy vertel jou kinders dat jy hulle liefhet as jy nooit by hulle is nie. “Met kinders is dit wat jy doen belangrik, en nie wat jy sê nie.”

Bêre die koerant, skakel die TV en selfoon af en luister en gesels vir ’n slag met onverdeelde aandag! Of nog beter, speel saam, of doen iets wat jou kind regtig graag wil doen.

Onthou ook dr. James Dobson se raad in Bemoedigende raad vir moedelose ouers: “Die oomblikke wat vir jou die kosbaarste gaan wees, gebeur nie gedurende geskeduleerde aktiwiteit nie, maar in die vryheid van ongestruktureerde en ongejaagde tyd saam.”

Wat seuns én dogters nodig het

Steve Biddulph is veral bekend as groot kampvegter vir die positiewe rol wat pa’s in hul kinders se lewe kan speel. Hy skryf in sy bekende boek Manhood dat pa’s van die swangerskap-fase af reeds by hul kinders betrokke moet wees. “Jy kan ’n teenwoordigheid wees in elke fase van hul lewe.”

Hy meen seuns en dogters het hul pa’s ewe nodig.

Die pad na nabyheid aan jou seun, meen Biddulph, loop hand aan hand met saamdoen. Maar moenie van die praat vergeet nie, waarsku hy.

En hoe moet ons dogters grootmaak? “Bewonder hulle, en leer hulle selfstandigheid. Respekteer hul ruimte, en moet nooit hul voorkoms evalueer nie, behalwe op ’n positiewe manier,” is sy raad.

Ook oor seks het hy belangrike raad: “Leer jou kinders dat seks goed is, maar spesiaal. Beskerm hulle teen goedkoop en uitbuitende media en situasies.”

Focus on the Family se ses dissipline-beginsels:

Balanseer liefde met grense.

Ouers moet die leiers in die huis wees – nie die kinders nie.

Leer om te onderskei tussen normale gedrag, kinderlike onverantwoordelikheid en openlike verset, want almal vereis verskillende optrede.

Onthou dat konflik tussen ouer en kind onafwendbaar is.

Ouerliefde en jou kind se beste belange behoort jou finale maatstaf te wees.

Moenie ophou bid nie!

Lees gerus:

The Better baby deur Susan Wenger (Corals Publishers, 2005. Beskikbaar by goeie boekwinkels, of by 016 982 3255).

Manhood deur Steve Biddulph (Vermillion, 2004).

More Secrets of Happy Children deur Steve Biddulph (Harper Collins Publishers, 1998).

Bemoedigende raad vir moedelose ouers deur dr. James Dobson (Christelike Uitgewersmaatskappy, 2005).

Praktiese ouerskap deur dr. James Dobson (Struik Christelike Boeke, 2004).

Boyhood Daze deur Dave Meurer (Bethany House Publishers, 1999).

The Complete Book of Baby & Child Care (Focus on the Family, Tyndale Publishers, 1997).

Lees ook: Hoeveel slaap het jou kinders nodig?

The post Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers appeared first on rooi rose.

Wenke vir ma’s en stiefma’s
Wenke vir ma’s en stiefma’s. Foto: Pexels

Kinders verstaan nie grootmense se probleme nie

Ons is die volwassenes en ons is veronderstel om volwasse op te tree. Moenie kinders met jou bitterheid en woede belas nie. Hulle behoort dit nie te dra nie. Wees verdraagsaam, geduldig en gee om. Dit neem stiefouers en kinders tyd om mekaar te leer ken. Moedig jou kinders aan om nuwe gades ’n regverdige kans te gee om ’n verhouding te vestig. Soms is dit belangriker om gaaf te wees as om reg te wees, so gun julself ook ’n regverdige kans om aan te pas.

Takel jou vrese

Die vrees om ontoereikend of minder geliefd te wees as die ander ouer, maak ons besitlik en dan verset ons onsself teen die vorming van nuwe bande. Moenie dat jou vrese verhoudings vertroebel nie. As jy die nuweling is, help dit ook om te besef dat hulle baie spesiale herinneringe het sonder jou – dit is heeltemal normaal om soms die buitestaander te wees.

Waak teen te veel beheer

As gevolg van egskeiding verloor ’n mens beheer oor baie dinge. Aanvaar dit. Kom ooreen op ’n stel reëls wat in beide huishoudings geld om sake te vereenvoudig. Daar is ook geen rede om oorbeskermend te wees nie – almal is maar net mense. Daar is geen bedreiging nie.

Wees dankbaar

Wat ookal die drama van jou egskeiding was, wees dankbaar as jou kind salig onbewus daarvan is en goed met die ander party oor die weg kom. Dit spaar hulle groot trauma en moontlike uitdagings met hul eie toekomstige verhoudings. Wees ook dankbaar vir al die hulp wat jy ontvang met die grootmaak van jou kind.

Openbaar self goeie gedrag

Die beste manier om ’n kind iets te leer, is om ’n goeie voorbeeld te stel. Vra jouself gereeld af wat jou optrede jou kinders leer. Betoon respek en deernis, met verantwoordelikheid. Waak teen afbrekende opmerkings, beledigings en spottery voor die kinders of voor ander mense.

Skud die slagoffermentaliteit af

Wil jy hê jou kinders moet onthou hoe swaar jy altyd gekry het, of wil jy eerder hê hulle moet onthou hoe sterk, veerkragtig en gelukkig jy was?

Regverdigheid is ’n persepsie

Wat regverdig is vir een, mag vir ’n ander glad nie regverdig lyk nie. Mens kan nooit ewe veel tyd en ondersteuning aan elke kind gee nie. Elkeen het unieke behoeftes en omstandighede wat heeltyd verander, veral in saamgestelde families, en daarom sal hulp daarvolgens aangebied word.

Kom jou beloftes na

Dit geld vir beloftes aan die kinders sowel as die mede-ouers. Hou by jou skedule, kom jou ondernemings na en daag op wanneer jy veronderstel is om op te daag. Anders veroorsaak dit nie net groot teleurstelling vir ons kinders nie, maar ook groot ongerief en nood vir ouers wat moet sien kom klaar sonder jou ondersteuning, insette of teenwoordigheid.

Kommunikeer

Deel die belangrike inligting met betrekking tot skedules, reëlings en gebeurlikhede met alle betrokke ouers. Praat ook oor die dinge wat jou kwel en vra advies of bystand wanneer jy dit benodig. Julle is nou ’n familie, tree soos een op.

Breek die norm

Selfs in die ergste gevalle kan biologiese ouers en stiefouers maniere vind om oor die weg te kom. Mense se paaie kruis vir verskeie redes en as jy bereidwillig is, kan geskille besleg word. Waak teen die stereotipe haat en minagting wat die samelewing verwag.

Gee hulle goeie herinneringe

Ons is geneig om die slegte goed uit ons kinderdae beter te onthou as die goeie goed. Doen moeite om goeie herinneringe te skep en maak die slegtes so min as moontlik.

Lees ook: Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

The post Wenke vir ma’s en stiefma’s appeared first on rooi rose.

Nageboortedepressie: Wanneer moet ’n vrou hulp kry?
Ons sou graag wou glo dat moederskap vir alle vroue ’n warm and fuzzy ervaring is, maar dit werk nie so nie. Tot ’n derde van alle nuwe ma’s in alle kulture en in alle omstandighede ontwikkel post-natale depressie (PND) in die jaar ná hul baba se geboorte.

“Dis asof die gemeenskap saamsweer om ’n sluier hieroor te trek,” sê Paula Marais, Kaapse taalspesialis, joernalis en skrywer van die aangrypende roman Skaduself waarin die hoofkarakter aan nageboorte-depressie ly.

“Wanneer ’n vrou ’n ma word, word sy nie ‘toegelaat’ om te erken dat sy moeilik die mas opkom nie; moederskap is mos iets wat vroue instinktief moet kan regkry. “Post-natale depressie is dus ’n taboe-onderwerp, Vroue wat daarmee worstel, begin meestal eers daaroor praat wanneer dit ná nege of tien maande verdwyn het. Selfs dan is dit nie ’n gewilde gesprekskeuse nie. Ons praat makliker oor gebreekte arms en knievervangings as oor ’n geestessiekte. Die dood van die akteur Robin Williams het die isolasie wat met depressie gepaardgaan, beklemtoon.”

Terwyl Paula saam met navorsingsielkundige Linda Lewis aan When Your Blessings don’t Count, ’n gids oor post-natale nood, gewerk het, het sy self post-natale depressie ontwikkel. “Hoe lui die cliché nou weer? Skryf oor dit wat jy ken. En glo my, ek kén PND.”

Hoe lyk PND?

Post-natale depressie het drie gesigte:

Die blues

Tot 80% van alle ma’s voel kort ná die geboorte neerslagtig. Dis normaal om ’n paar dae lank angstig, tranerig, moeg en geïrriteerd te voel. Maar as jy voel dat jy nie na jouself of jou baba kan omsien nie, daaraan dink om jouself of die baba seer te maak, of as die blues nie binne twee weke verdwyn nie, moet jy dadelik hulp kry.

Post-natale psigose

In teenstelling met die blues kom post-natale psigoseslegs by sowat twee uit duisend nuwe ma’s voor. Vroue wat hiermee worstel, ervaar ernstige denkstoornisse en moet onmiddellik gehospitaliseer word omdat hulle vir hulself en ander ’n gevaar kan wees. (Thea, die hoofkarakter in Skaduself, ly aan post-natale psigose.) Sowat 50% van alle vroue met postnatale psigose ervaar dit ook met ’n volgende swangerskap. In daardie geval moet hulle so gou moontlik hulp kry.

Post-natale depressie en angstigheid

Dié vorm van depressie lê tussen die blues en post-natale psigose. Dit tref tien tot dertig persent van alle ma’s. PND kan stadig ontwikkel gedurende die baba se eerste lewensjaar. As dit nie behandel word nie, kan dit as ’n chroniese laegraadse depressie voortduur en erger word met verdere geboortes. Die simptome kan angstigheid, irritasie, woede en hartseer van wisselende intensiteit insluit. Party vroue voel hulle is besig om die kluts kwyt te raak. Soms voel ’n vrou tydelik beter, en dan weer slegter.

Wat veroorsaak PND?

Dis nie maklik om vas te stel hoekom sommige vroue dit kry nie. Die oorsake is meestal ’n kombinasie van fisieke, sielkundige en sosiale faktore. PND kom dikwels voor by gedrewe, perfeksionistiese vroue wat nie in beheer voel terwyl hulle by ’n nuwe baba aanpas nie. PND is nie suiwer hormonaal nie. Selfs pa’s en ma’s wat babas aanneem, kan dit beleef.

Moontlike oorsake sluit die volgende in:

’n Geskiedenis van depressie of psigiatriese stoornisse soos bipolêre siekte

Alkohol- en dwelmmisbruik

Ongewenste swangerskappe

Swangerskappe waar die emosies hoog loop, soos dié wat op vrugbaarheidsbehandeling volg

Swangerskappe met komplikasies

Ingrypende, spanningsvolle gebeure soos die dood van ’n naasbestaande, ’n miskraam, verhuising of afdanking

Moeilike sosio-ekonomiese faktore en omstandighede

’n Gebrek aan ondersteuning of mishandeling, veral deur ’n lewensmaat of naby familielid.

Die simptome

’n Vrou met nageboorte-depressie is nie net hartseer nie; haar denke en gedrag verander ingrypend. Dikwels verloor sy belangstelling in seks. Sy kan met slaaploosheid sukkel, heeltyd wil slaap, haar eetlus verloor, of versot raak op koolhidrate.

Party vroue is geïrriteerd, vyandig, pessimisties, of sukkel om te konsentreer. Die simptome van post-natale psigose sluit vervolgingswaan, soos die oortuiging dat ’n individu of organisasie die lyer wil skade aandoen of doodmaak, of ander wanvoorstellings in. Die persoon kan byvoorbeeld glo sy het die vermoë om mense uit die dood op te wek.

Hallusinasies – die waarneming van klanke, reuke, mense, diere, kleure, vorms of iets anders wat nie werklik daar is nie – kan voorkom. Sy kan ook verwarde of ontwrigte denke toon, soos om die gespreksonderwerp lukraak in die middel van ’n sin te verander.

Ander tekens is maniese optrede, soos ’n aanhoudende of vinnige gepraat, of ’n lae episode: depressie, ’n gebrek aan energie, aptytverlies en slaaploosheid. Gedurende psigotiese episodes besef ’n lyer nie dat sy vreemd optree nie. Sy beskou haar gedrag as normaal.

Wanneer moet ’n vrou hulp kry?

Klop aan by jou huisarts,’n sielkundige of ’n psigiater sodra:

Dit slegter gaan, eerder as beter

Jy glad nie jouself is nie

Jy angstig, paniekbevange, geïrriteerd, woedend, vergeetagtig, tranerig of besluiteloos voel, of jou onttrek

Voel die baba sal beter daaraan toe wees sonder jou.

Behandeling

’n Kombinasie van medikasie, psigoterapie en individuele of groepsteun is ideaal. Sekere antidepressante kan tydens swangerskap of borsvoeding geneem word.

As jy haar bystaan

Alle betrokkenes moet besef PND is ’n kliniese vorm van depressie en nie ’n teken van swakheid of die gevolg van ’n gebrek aan wilskrag nie. ’n Vrou wat hieraan ly, kan haarself nie regruk nie. Die toestand oorweldig haar in so ’n mate dat sy nie normal kán funksioneer nie. Alles is te veel inspanning; sy voel skuldig, waardeloos en buite beheer. Sy kan selfs besluit haar gesin sal sonder haar beter daaraan toe wees.

Nabymense wat haar konstant probeer opvrolik, vererger die situasie. Hul frustrasie en moedeloosheid neem toe en sy voel al meer afgesonder en skuldig.

As jy ’n gesins- of famlielid of vriend is, kan jy:

professionele hulp kry; moet dit nie alleen probeer hanteer nie

kalm bly, wat ’n uitdaging is omdat vroue met post-natale depressie inkonsekwent en veeleisend kan wees, of hulle emosioneel kan onttrek

haar ondersteun deur haar behoeftes te antisipeer en aandag daaraan te gee

luister wanneer sy oor haar gevoelens praat en daarteen waak om haar te kritiseer

haar onvoorwaardelik aanvaar

daarteen waak om haar te dwing om dinge te doen waarvoor sy nie gereed is nie

sorg dat jy haar nie voorsê of haar neerbuigend behandel nie, al lyk dit na die aangewese optrede

haar soveel moontlik laat rus en slaap

besoeke van vriende en familielede beperk

hulp met die huishouding, inkopies en die kinders aanvaar sodat jy meer tyd met haar, die baba en enige ander kinders kan deurbring.

Dis baie belangrik om te onthou dat jou behoeftes ook tel. Maak tyd vir jouself, eet gebalanseerd, en sorg dat jy oefening en genoeg slaap kry. Moenie dwelmmiddels of alkohol gebruik om die mas op te kom nie. Moenie ’n martelaar word of jou stokperdjies en ander belangstellings verwaarloos nie. Jy is die gesonde ouer en dis belangrik dat jy fisiek en emosioneel gesond bly.

Kinders hanteer depressie in die gesin baie moeilik. Selfs babas kan depressief raak, en ouer kinders kan leer- of gedragsprobleme ontwikkel. Kry professionele hulp as jy oor hulle bekommerd is.

Kinders moet besef hulle is nie die oorsaak van hul mamma se depressie nie en dat sy sal herstel. Die gesonde ouer moet soveel moontlik gehaltetyd met hulle deurbring en sorg dat hulle nie by konflik tussen die ouers betrek word nie.

Kinders moet aangemoedig word om aan aktiwiteite buite die huis deel te neem sodat hul geluk nie afhang van hoe hul ma daardie dag voel nie. PND is ’n behandelbare toestand, maar as dit nie aandag kry nie, kan dit chronies word. Hoe vinnig ’n vrou herstel, hang onder meer af van hoe gou sy die regte hulp kry.

’n Ma se emosionele welsyn is van die uiterste belang; dis een van haar grootste geskenke aan haar kind.

Lees ook: Hoekom babas moet kruip

The post Nageboortedepressie: Wanneer moet ’n vrou hulp kry? appeared first on rooi rose.

My kind háát skool! Wat nou?
Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer ’n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar oë oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat sy moet opstaan terwyl sy nog só moeg is; oor die melk te koud of te warm is; oor haar skoene nie op hul plek is nie; oor haar skoolkos; oor haar boetie of die hond vir haar kyk; oor hoe sleg haar hare lyk? Of is sy elke oggend siek? Jou kind wil nie skool toe gaan nie. Die meeste kinders voel die een of ander tyd nie lus om skool toe te gaan nie. Dis normaal, veral as hulle ’n aanpassing moet maak waarvoor hulle bang is – soos om na ’n nuwe skool te gaan. Gewoonlik duur die gevoelens nie te lank nie. Maar wat as dit aanhou en erger word? Kinders doen goed as hulle kan. Kinders wil meestal hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders wat nie skool toe wil gaan nie, of skool verpes, het gewoonlik ’n probleem. Veral kleintjies. Die meeste van dié kinders het nie die vaardighede om te voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word nie – en dis nie hul keuse nie.

Hulle reageer op baie maniere hierop: Hulle is ongemotiveerd en doen net die nodigste of selfs minder, of word siek, of bied weerstand. Dan kry hulle gou-gou die etiket dat hulle lui, ongemotiveerd, moedswillig en stout is, wat hulle weer in konflik met hul onderwysers en ouers bring. Aanlyn is daar talle blogs en groot groepe kinders wat dikwels in sterk gekruide taal vertel hoe en hoekom hulle skool so haat. En ironies gebruik hulle skuilname soos Useless man en Darkangel. Daar is “ek haat skool”-lirieke, -T-hemde, -aanhalings, -voorstellings. Maar die meeste kinders loop met die gevoelens opgekrop en dan bars hul frustrasie tuis op allerlei maniere uit.

Pieter*, ’n tiener, vertel: “Skool suck! Ek haat die verdomde plek! En alles daarvan. Die dom werk, die klasse, die rye, die simpel onderwysers en die kinders. Dis dieselfde goed oor en oor. Ek raak naar as ek nog iets oor vigs moet leer. Die onderwysers dink hulle het mag en kan jou beheer -wat jy moet doen, mag sê en dink, wat jy mag aantrek, hoe jy moet lyk. Die wiskundeonnie is die ergste met haar geskree en gedreig oor detensiebriewe, sy kan dit in haar dinges opdruk. En die kinders: Daar is mos altyd ‘pliggies’ wat dink hulle is só oulik. Hulle kruip net en dink hulle is beter as ander. As die toetsuitslae en rapport kom, dán kry ek nou moeilikheid by my pa en hoor ek hoe treurig ek is. As ek net dink ek moet môre skool toe gaan, of huiswerk doen, is ek sommer naar en omgekrap.”

Annemie*, sewe jaar oud: “Skool is nie lekker nie. My juffrou is oukei, maar ek is bang vir haar. As ek nie stilsit nie, moet ek voor langs haar gaan sit, of langs so ’n seuntjie wat my heeltyd pla, lelike goed vir my sê en my goed vat. Ek kan nie dink as die kinders praat nie. Ek kry nie my werk klaar nie, en dan spot die ander my omdat ek laaste klaar is. Pouses moet ek inbly om my werk klaar te maak. Maar die maatjies wil in elk geval nie met my speel nie. Ek wens daar was nie ’n skool nie en ek hoef nooit weer te gaan nie.” Nie alle kinders is in staat om te erken hulle het ’n probleem, of om dit soos Pieter en Annemie te verwoord nie. Baie sê net dat dit nie lekker is nie en probeer dit vermy.

Dan kla hulle dat hulle te siek voel

Vrees speel ’n rol, veral by kleintjies. Hulle is bang vir raas, strafbriewe, detensie, of hulle is angstig en onseker of hulle die werk kan doen, toetse sal slaag, voor ander hul mondeling sal kan doen en maatjies met hulle sal speel, óf hulle ervaar skeidingsangs.

Hulle het nie toereikende emosionele en sosiale vaardighede nie en pas sosiaal nie aan nie, of voel hulle pas nie in nie. Hulle voel alleen en uitgestoot.

Partykeer word kinders geboelie of gespot.

Hulle sukkel met die eise wat skool aan hulle stel. Vir baie is die skoolstelsel te rigied en maak nie werklik voorsiening vir hul individuele behoeftes nie.

Baie kinders kan net nie die pas volhou nie. Of die pas is te stadig. Kinders se tempo en die hoeveelheid tyd wat hulle vir take nodig het, verskil. Vir party is dit te veel leerstof, te vinnig. En die dae is vir hulle te lank.

Hulle is verveeld. Die leerstof is te maklik, dis te min, te stadig. Óf die onderwysmetode of wyse van aanbieding is vir hulle vervelig. As leerstof vir kinders interessant en die proses vir hulle pret is, geniet hulle dit en leer hulle sommer sonder dat hulle dit besef.

Kinders wat hiperaktief, aandagafleibaar of taktiele leerders is en sukkel om stil te sit en luister, vind die meeste skoolsituasies baie moeilik.

Party kinders het nie die vaardighede om die werk baas te raak nie. Hulle voel dit maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie doen wat van hulle verwag word nie. Dit kan fyn motoriese, perseptuele, visuele, ouditiewe, lees, spel of wiskundige vaardighede wees waarmee hulle sukkel.

Hulle kom nie met ’n onderwyser of onderwysers oor die weg nie.

Party kinders het tuis probleme, soos ouers se huweliksprobleme, gesinskonflik, of ’n siek gesinslid en dan kan hulle nie konsentreer nie, want hulle bekommer hulle oor wat tuis gebeur.

Kinders wat faal om te leer, leer om te faal. Wat om te doen?  Erken daar is ’n probleem en doen dadelik iets daaraan. Gewoonlik verdwyn sulke probleme nie vanself in die mis nie. Meestal vererger dit mettertyd. Hoe ouer die kind is, hoe moeiliker is dit om agterstande in te haal. ’n Mens betaal nou of later (dan met rente) hiervoor. As ’n kind in graad een sukkel om te lees, gaan hy net meer agter raak en later sukkel om te leer.

Toon begrip vir jou kind en moenie hom blameer nie. Laat haar afblaas, vertel wat pla. ’n Ontstelde kind het sy ouer se vriendelike en begrypende oor die nodigste, nie sy raad of ongeduld nie.

Neem saam met jou kind verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en oplossings te soek en te kry, en om vaardighede te ontwikkel om die eise en probleme te hanteer. Moenie hom, die onderwyser of die skool blameer nie.

Probeer vasstel wat die wortel van die skoolhaat is. Luister. Help haar met haar gevoelens, deur die gevoelens te verstaan en begrip daarvoor te toon. Die kind moet inkoop in die oplossings, en daarom is die oplossings wat die kind uitdink of kies dikwels dit wat die beste werk.

Berei jou kind op verandering voor: Nuwe skool, nuwe onderwyser, nuwe baba in die gesin, nuwe gesin met ’n hertroue …

Wees proaktief: Taalverryking en lees in die voorskoolse jare maar ook later, kan baie help. Probeer moontlike probleme identifiseer voor dit die kind pootjie: Neem haar vir skoolgereedheidsevaluering om vroeg al vas te stel of al die tersaaklike vaardighede genoegsaam ontwikkel is. Slim kinders sukkel ook.

Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel

Maak seker van jou kind se skoolkeuse. Kinders verskil en dis belangrik dat die kind se skool en klas dit vir haar moontlik maak om te leer, te presteer en in te pas.

Bou haar selfbeeld: Gee erkenning en nog erkenning – nie net vir resultate nie, maar vir pogings en harde werk. Help jou kind om te besef daar is nie iets fout met hom nie. Dis iets wat met baie kinders gebeur en normaal is. Maar dis ’n probleem waarvoor daar oplossings is.

Jou kind moet die waarde van opvoeding besef.

Moedig jou kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem waarin hy belang stel sodat ’n deel van skool lekker en onbedreigend kan wees, en om sosiaal in te skakel en sy selfbeeld te bou.

Leer jou kind probleemoplossingsvaardighede en denkstrategieë: Wat is hier die probleem? Wat kan ek doen? Wat sal help om dit beter te maak? Die kind moet die probleem as die probleem sien, en nie haarself nie.  Werk sáám met die onderwyser, maak saam planne. Praat met die hoof of departementshoof oor opvoedkundige leiding as jy en die onderwyser nie vorder nie. Skole het meestal prosedures wat kinders kan help.

Praat met ander ouers en hoor wat hul ervaring is van die klas, onderwyser en situasie.

Moenie bang wees om jou kind van klas of skool te laat skuif as dit werklik nodig is nie. Maak net seker dat die probleem nie hoofsaaklik by jou kind se vaardighede lê nie, want dan gaan dieselfde probleem hom in die nuwe situasie herhaal, wat dan geen oplossing bied nie.

Moenie jou kind sonder planne, hoop of oplossings blootstel aan ’n situasie waarvoor sy glad nie die vaardighede het, of glad nie kan hanteer nie. Dit breek kinders se moed en geloof in hulself.  Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel.

Kry professionele of remediërende hulp: Laat ’n opvoedkundige sielkundige julle help om die wortel van die probleem te bepaal. En kry hulp van ’n private onderwyser, arbeidsterapeut of wie ook al nodig kan wees. ’n Kind se eerste skooljaar en skoolervaring is dikwels van deurslaggewende belang in sy vorming van ’n eie leeridentiteit en akademiese selfbeeld. En dit is ’n vroeë voorspeller van ’n kind se skoolgeluk en prestasie. As ’n kind se eerste ervaring negatief is, kan dit maklik sy selfvertroue en selfbeeld skaad en later tot destruktiewe gedrag- en leerpatrone lei.

Dis nooit te laat om gelukkige kinderdae te hê nie! Twaalf jaar kan báie lank wees – as dit ’n nagmerrie is! Maar soveel moeilike situasies kan met die regte plan, stappe, geduld en wysheid in ’n positiewe ervaring omgedraai word – in skooldae waarna jy met heimwee terugverlang. Dis vir die meeste mense ’n baie groter prestasie en aha-ervaring om ’n probleemsituasie om te draai in ’n suksesstorie, as om iets uit die staanspoor te bemeester. Dit bemagtig hulle met selfvertroue, selfgeloof en deursettingsvermoë, nie net vir die eise wat die lewe nou aan hulle stel nie, maar ook vir hul toekoms.

*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria.

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir Pa

The post My kind háát skool! Wat nou? appeared first on rooi rose.

Van speelskool na grootskool: 5 wenke
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman.

Om by die formele skoolopset in te skakel, is ’n groot stap: nie net vir jong kinders nie, maar ook ook vir hul ouers. Ouers kan die kommer en twyfel wat dikwels hiermee saamgaan, beperk deur die kwessies wat mag opduik bewustelik te benader.

“Party van die praktiese aspekte is opwindend, soos om skooluniforms en voorraad aan te skaf, die nuwe roetine aan te leer, die onderwyser te ontmoet en die skoolterrein te verken,” sê Trudie Gilmore, algemene bestuurder by ADvTECH Junior Colleges.

“Die groter eise en onbekende omgewing kan egter ook angswekkend wees, en kinders moet gaandeweg daaraan gewoond gemaak word. Hoë verwagtinge van ouers kan onnodige druk op sulke jong kinders plaas.”

Gilmore beveel aan dat ouers die volgende in gedagte hou:

Foute word toegelaat

Die les lê in die leerproses, nie in die uitkoms nie.

“Op hierdie ouderdom moet ouers hul kinders aanmoedig om onafhankliker te raak, en waar moontlik vir hulself te dink. Moedig jou kind aan om op ‘klein’ maniere na hulself om te sien soos om self aan te trek, seker te maak hulle het alles in hul boeksak gepak, en hul besittings op te pas. Gee hulle krediet vir elke poging, al kry hulle dit nie 100% reg nie.”

Lees ook: Laat gaan en laat groei jou kind

Ontwikkel uithouvermoë

“Jong kinders kan dit geweldig frustrerend vind om nie ’n taak te kan voltooi op die manier wat hulle graag wil nie. Herinner jou kind wanneer ons iets nuuts leer, is dit belangrik om aan te hou probeer, selfs wanneer dinge taai raak. Moenie ingryp en die situasie ‘regmaak’ nie. Dis beter om leiding, aanmoediging en motivering te verskaf.”

Lees ook: Mamma, help jy te veel?

Speel mooi saam

Die begin van grootskool is ’n belangrike mylpaal omdat kinders dan begin om met hul ouderdomsgenote saam te werk en sinvol saam te speel, selfs wanneer hulle nie outomaties oor die weg kom nie. Moedig jou kind aan om ander in te sluit en om gaaf te wees. Dit bevorder die ontwikkeling van emosionele volwassenheid en selfvertroue.

Lees ook: Leer jou kind só oor respek

“Julle kan speel-speel voorberei. Speel speletjies wat reëls behels of verg dat julle beurte maak, soos bordspeletjes. So oefen jou kind om met ander oor die weg te kom en leer hy of sy vaardighede aan wat later kan help om vriende te maak.”

Lees ook: Jou kind: Sosiaal slim bedraad

Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite

Nuuskierigheid is ’n goeie ding

“Om nuuskierig te wees en in die dinge om ons belang te stel, is regtigwaar belangrik ten opsigte van  leer. Moedig jou kind se natuurlike nuuskierigheid aan deur so dikwels moontlik oor mense, plekke en ander dinge te gesels. Nuwe navorsing dui daarop dat dit beduidende voordele vir kinders inhou wanneer hul ouers hulle by produktiewe gesprekke betrek en elkeen ’n beurt kry om te luister en gepas te reageer.

“Luister na hul vrae en beantwoord dit geduldig. ’n Liefde vir lees is ’n vaardigheid wat opwinding kan verskaf en ’n kind kan bemagtig. Moedig dit aan, en kweek die gewoonte om iets op die rekenaar na te slaan deur dit saam te doen. Probeer die wêreld deur jou kind se oë sien, en gesels en verwonder julle oor die alledaagse dinge.”

Hanteer uitdagings

Gilmore sê ouers moet gereed staan om hul kinders te help om die stres te bestuur wat kan spruit uit meer uitdagende skoolwerk, huiswerk, evaluerings, diversiteit in die skoolomgewing, naskoolse aktiwiteite en die moontlike optrede van boelies. “Maak seker jou kind is in staat om die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar te hanteer deur enige bykomende druk op hulle te verminder.

Lees ook: Supersensitiwiteite: Ondersteun jou kind só

“Onthou ook die belangrike rol wat slaap speel. Kinders wat genoeg slaap, raak nie so maklik kort van draad nie en hanteer skoolstres beter.

“Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite. Ons is geïndoktrineer om te glo dat besige mense gelukkige mense is, maar ’n oorvol skedule beteken minder vrye tyd en minder gesinstyd.

“Ons samelewing verwag al meer van jong kinders. As ouers en voogde is dit ons plig om hulle te help om hierdie eise te begryp en gepas daarop te reageer. Om hulle op ’n suksesvolle en produktiewe skoolloopbaan voor te berei moet ons hulle help om hul emosionele intelligensie te ontwikkel.”

Lees ook: Druk jy jou kind tot in die rooi?

My kind haat skool. Wat nou?

The post Van speelskool na grootskool: 5 wenke appeared first on rooi rose.

Help jou kind dié oorgange baasraak
Help jou kind dié oorgange baasraak deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

Wanneer ’n kind die eerste keer “groot skool” toe gaan, in graad 8 deur die hoërskool se hekke stap, of ná skool begin werk of studeer, maak ons ’n ophef daarvan. Ons begryp watter aanpassing dit verg en probeer help waar ons kan.

“Dis egter nie die enigste groot spronge wat ’n kind moet maak nie,” sê dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van Centurion. “Sommige oorgange is minder ooglopend.”

Die belangrikste oorgange

Lorna beskryf elke oorgang en die uitdagings wat dit inhou:

Wanneer kinders dagsorg of kleuterskool toe gaan, bring hulle skielik ’n groot deel van hul dag buite die ouerhuis deur – sonder die ouers en saam met ander volwassenes en kinders. Dit kan ’n uitdaging wees, maar dis gewoonlik in ’n kleinerige omgewing met min veranderlikes, en die losmaakproses vind in kleiner en gekontroleerde stappe plaas. Die oorbeweeg na laerskool word vergemaklik omdat die kind reeds ’n mate van impulsbeheer, onafhanklikheid van die ouers en sosiale vaardighede aangeleer het, maar dis steeds ’n gróót stap vanuit ’n bekende en veilige omgewing na ’n onbekende en baie groter skoolomgewing.

Die oorgang van gr. R na gr. 1 behels ’n skuif van informele na formele onderrig. In gr. R leer kinders speel-speel, en beweging speel ’n groot rol. In gr. 1 moet hulle lang tye stil en regop sit. Party kinders se liggaamspiere is nog nie voldoende ontwikkel nie – hulle was dalk “TV-kinders”, eerder as “klim-en-klouterkinders”. In gr. 1 kan hulle nie meer op hul arms lê as hulle moeg word nie en daar is minder rustyd ingebou.

Die oorgang van gr. 3 na gr. 4 is baie groot. Kinders begin die eerste keer klasse wissel. Instede van een juffrou en enkele vakke het hulle baie vakke en verskillende onderwysers. Boonop moet hulle toets en eksamen skryf – terwyl hulle teen tyd werk.

“In die wiskunde- en wetenskap-mentorskapprogram waarby ek betrokke is, moet wiskunde-angs baie keer aangespreek word. Keer op keer kom ons agter hoërskoolleerders se wiskunde-angs het reeds in gr. 4 ontstaan.

“Gr. 4 is ’n moeilike jaar, vergelykbaar met kinders in gr. 11 se ervaring, maar jong kinders kan hul swaarkry nog nie verwoord nie. Dit kan in maagpyn, huil- en woedebuie na vore kom. Ouers besef nie altyd die oorsaak van hierdie gedrag is angstigheid oor die eise wat aan die kind gestel word nie.

“Vir ouers is gr. 4 ook ’n uitdaging; die hoeveelheid huiswerk neem skielik toe. Ouers spring dikwels in en help huiswerk doen indien die kind nog nie gereed is om dit te hanteer nie. Jy kan dit makliker maak deur jou kind te leer organiseer. Wys haar hoe ’n kalender, dagboek en klasrooster werk. Help om  toetsdatums, projekte, opdragte en take op die kalender aan te teken. Organiseer vakke op haar klasrooster volgens kleur. Ken afsonderlike kleure aan vakke toe en gebruik plastiekomslae met gekleurde kartonne vir elke vak se dokumente en opdragte. Leer jou kind om saans haar skooltas met die boeke volgens die volgende dag se rooster te pak.

As kinders hoërskool toe gaan, betree hulle weer ’n onbekende omgewing met ’n nuwe kultuur. Die gr. 7-seniors word nou die juniors in gr. 8. In my praktyk sien ek dikwels gr. 8-leerders wat swak lees en nie die werk kan baasraak nie. As ouers help deur byvoorbeeld die werk op te som sodat die kind net die opsomming kan leer, doen hulle hul kind geen guns nie. Die leesprobleem moet aandag kry, anders sneeubal die probleem wanneer die kind in gr. 10 kom.

“Adolessensie is die tyd wanneer verhoudings en hegte vriendskappe belangriker raak as die volwassenes in die kind se lewe. As ’n romantiese of vriendskapsverhouding skeef loop en die kind nie die nodige emosionele veerkrag het nie, beïnvloed dit sy of haar skoolwerk. Dis van toepassing op kinders se hele hoërskoolloopbaan en geld ook emosionele of ander probleme tuis. (hier kan jy Verstaan jou tiener se streke link)

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Die sprong van gr. 9 na gr.10, met keusevakke en weekliks meer periodes in elke vak, stel sy eie uitdagings. Die hoeveelheid werk en die diepte waarmee dit behandel word, neem aansienlik toe.

“In syfervakke soos wiskunde en wetenskap is die boustene wat nou gelê word van die grootste belang. As die bouwerk nie stewig is en bly nie, vou alles. Die nodige boustene moet in plek wees voor nuwe kennis daarop kan bou. Daarby moet kennis georden word voor dit geleer kan word. Die leerder moet die werk verstaan sodat sy verbande kan trek en dit in haar langtermyngeheue kan stoor, anders word dit sonder insig gememoriseer. Die getroue voltooiing van huiswerk – mét die nodige begrip – speel hier ’n groot rol.

“Vroeër kon leemtes in kinders se onderbou nog ingehaal word, maar vanaf gr. 10 verander die landskap. Weens tydsdruk kan onderwysers ’n stuk werk net een keer verduidelik, en nie vorige werk herhaal nie.

“Leerders wat nie aan die intensiteit van die werk gewoond is nie en swak studiegewoontes het, soos om slegs voor ’n toets of eksamenvraestel te wil leer,  verstaan soms binne twee weke nie meer ’n snars van wat in die wiskunde- of wetenskapklas gesê word nie. Ouers reël ekstra klasse, en dis goed, maar normaalweg word net die dag se werk in die klasse behandel. Daar is nie tyd om terug te gaan en gapings in die kind se kennis te vul nie.

“Baie kinders skuif in gr. 10 van gewone wiskunde na wiskundige geletterdheid omdat hulle agter geraak het, of laat wetenskap staan en neem ’n ander vak. (Leerders kan nie wetenskap saam met wiskundige geletterdheid neem nie.)

“Ouers moet ook bewus wees van disculculia of wiskundige disleksie. Dit raak veral woordsomme en opdragte wat in woorde omskryf word. Hoewel daar onsekerheid oor die oorsaak is, is daar ook ’n duidelike genetiese tendens. ’n Opvoedkundige sielkundige kan dit deur assessering vasstel en die kind na die nodige kenners verwys.

Die ingrypendste skuif is seker van gr. 10 na gr. 11. Die werk in gr. 11 bou voort op die basis wat in gr. 10 gevestig is, en weer eens verdubbel die hoeveelheid werk. Gr. 11 en 12 vorm ’n eenheid. Normaalweg skryf die meeste matrieks in Juniemaand oor al die werk (insluitend dié van gr.11). Dan gaan hulle vir ’n kort rukkie terug skool toe, en dan kom die rekord- en eindeksamen.

“In gr. 11 pas ouers en onderwysers boonop druk op leerders toe om te presteer vir keuring en toelating tot tersiêre inrigtings. Leiers word verkies, wat tot talle kinders se stresvlakke bydra.”

Lees ook: Tieners en stilstuipe

Hoe maak ek my kind vir die verskillende oorgange gereed?

Studiemetodes

“Ouers moet seker maak hul kind se studiemetodes is geskik vir die vak en vir haar leerstyl. Studiemetodes vir die syferkundige vakke soos wiskunde, wetenskap en rekeningkunde verskil dramaties van dié vir leervakke. Wanneer leerders dit soos leervakke aanpak en net wil “opsom” en memoriseer, raak hulle vinnig agter.

“In my ervaring is die begin van gr. 10 ’n goeie tyd om die regte studiemetodies te leer – tot aan die einde van gr. 9 verg wiskunde en wetenskap baie memorisering, maar dan verander dit. ’n Leerder moet kan onderskei tussen wat gememoriseer moet word en wanneer insig vereis word. Ou vraestelle is baie handig, maar nie net gou-gou voor ’n toets of ’n eksamen nie! Kinders moet tyd hê om na te dink oor hoe die werk gevra word. Wiskunde en wetenskap gaan oor patrone. Ou vraestelle kan jou wys watter aspekte aan mekaar gekoppel word en help om patrone te herken.”

Tydsbeplanning

“Leerders wat gewoond is om tot in gr. 9 nie in die klas op te let nie en net voor ’n toets of eksamen wil inhaal en leer, ontwikkel vanaf gr. 10 maklik ’n agterstand – selfs al is hulle intelligent, met ’n goeie geheue. Kinders moet die dissipline aankweek om smiddae ná skool te eet en ’n bietjie te rus, en dan begin huiswerktyd. Sosiale media, die TV en games moet eers wag. As daar buitemuurse aktiwiteite is, verskuif huiswerktyd net. Kinders moet seker maak hulle verstaan die dag se werk vóór hulle hul huiswerk afhandel. As hulle iets nie begryp nie, moet hulle vroegtydig hulp soek sodat hulle insigvrae ook kan beantwoord.

“In die algemeen is dit nie lekker om te studeer nie, en ’n studieroetine help jou om op jou tande te byt. Ouers kan nie te vroeg begin om ’n roetine te vestig nie. Van kleins af moet ’n kind weet: nou eet ons, en so laat is dit slaaptyd. Later sluit die studiegewoonte bloot hierby aan.”

Herhaling

“Die grootste fout wat ’n kind kan maak, is om nooit te leer nie. Die tweede grootste fout is om die dag voor die toets of eksamen te begin leer. Dit neem tyd en herhaling om inligting vanaf die korttermyngeheue na die langtermyngeheue oor te plaas.

“Navorsingsresultate wys ons vergeet ongeveer 70% van alle inligting binne 24 uur, en 90% binne ’n week – herhaling help dit voorkom. Maar om iets tien keer na mekaar te herhaal, is nie doeltreffend nie. Doen eerder twee dae lank elke dag twee herhalings, nog een ’n week later en dan ’n herhaling net voor die toets.”

Gapings in onderbou

“Gapings in onderbou kan ontstaan wanneer onderrig ontoereikend was of weens ander oorsake, soos wanneer ’n sensories en/of emosioneel sensitiewe kind “toeslaan” omdat die onderwyser baie kwaai is of op die kinders skree. Gapings moet geïdentifiseer en herstel word voordat nuwe werk verstaan en onthou kan word.”

Vroeë opsporing van probleme

“Kinders het die beste kans wanneer onderwysers reeds ná drie maande in gr.1 agterkom dat hy of sy met wiskunde, spel of lees sukkel. Hindernisse in wiskunde, soos spesifieke agterstande, disleksie of diskalkulie, kan geïdentifiseer word deur ’n diagnostiese toetsie in gr. 3 te doen en die kind se skoolwerk te analiseer. Tydige hulp voorkom dat kinders in gr. 4 uitsak indien die basiese boublokke nie vasgelê is nie. Sekere opvoedkundige sielkundiges fokus hierop.”

Hegte vriendskappe

Hegte vriendskappe verhoog ’n kind se selfbeeld en beskerm ’n tiener teen gevoelens van depressie. Vriendskappe waarin kinders gesien word vir wie hulle werklik is, is waardevoller as die aantal vriende. Tydens adolessensie is goeie vriende dikwels belangriker as volwassenes om die kind deur ’n moeilike tyd te help, veral ná ’n stresvolle gebeurtenis, soos om ’n toets te druip. Aan die ander kant voel dit vir ’n tiener na die einde van hul wêreld as hierdie vriendskappe skipbreuk ly.”

Lees ook: Speel-speel skoolgereed

The post Help jou kind dié oorgange baasraak appeared first on rooi rose.

Speel-speel skoolgereed
Ons almal wil die beste vir ons kinders hê en ouers belê baie in verrykende klasse en die regte skole. Tog is daar meer en meer kinders wat met agterstande op fisieke en spraakgebied sukkel en nie skoolgereed is nie. Dit belemmer leer en kan op die lang duur groot emosionele en sosiale probleme veroorsaak. Die skuld word direk aan ons gejaagde lewens en gebrek aan vryheid toegeskryf omdat kinders nie meer ruimte het om fiets te ry en op die gras bollemakiesie te slaan nie. Boonop is hedendaagse vermaak soos televisie en televisiespeletjies passiewe ontspanning wat wel algemene kennis en oog-handkoördinasie ontwikkel, maar verhinder dat kinders hul basiese mylpale bereik.

Die goeie nuus is dat dit eenvoudige outydse speletjies is wat kinders skoolgereed maak, eerder as duur gespesialiseerde rekenaarlesse en leeskursusse voor skool. Ons praat met ’n hand vol kenners om jou met raad en daad by te staan.

Lees ook: Boekuittreksel: Vyf ankers wat jou kind veilig laat voel

Maak doodseker jou kind is skoolgereed

“Om ’n kind wat nie gereed is nie skool toe te stuur, is gelykstaande aan emosionele mishandeling,” sê Yvette Strydom, ’n opvoedkundige sielkundige, “want skoolgereedheid is jou heel eerste stap tot ’n suksesvolle skoolloopbaan.” Sy sien daagliks die dilemma van kinders met ’n negatiewe selfbeeld en leerprobleme weens ’n agterstand wat van graad een af kom. “Skoolgereedheid meet nie ’n kind se intelligensie nie, maar kyk of ’n kind emosioneel reg is om die druk van onderrig in ’n groot groep te hanteer. Soms het kinders agterstande met taal en motoriese ontwikkeling wat ook kan verhinder dat hulle die mas opkom. Die skoolervaring behoort ’n baie positiewe ervaring te wees, maar as ’n kind gedurig sukkel, ontwikkel hy ’n negatiewe selfbeeld wat sy akademiese potensiaal strem en selfvertroue reg deur sy skoolloopbaan negatief affekteer.

“Ek sê altyd vir ouers dis baie beter om ’n kind eerder in graad R terug te hou as wat hulle graad een moet oordoen. Maar ouers moet ook besef dat ’n kind nie net die jaar herhaal nie. Daar moet ’n definitiewe program wees waar die probleme aandag kry en die terapeut, kleuterskool en ouers aktief saamwerk om seker te maak dat die kind daardie ekstra tyd ten volle benut om agterstande uit te wis.” Sy voel baie sterk daaroor dat ouers nie moet toelaat dat laerskoolhoofde of kleuterskole hulle intimideer om kinders te vroeg skool toe te stuur nie. “Laat toets jou kind by ’n geregistreerde sielkundige, want dit dien as ’n amptelike dokument waarmee jy ’n jaar uitstel verkry.” As ’n kind nie gereed is nie, hoop die probleme op. “Soms bly kinders grensgevalle vir die eerste drie jaar, maar sodra hulle in graad vier kom, het hulle begrip, organisatoriese vaardighede en gevorderde konsentrasie nodig om die werk baas te raak. Dis dan gewoonlik hiér waar hulle nie meer kan bybly nie.”

Lees ook: Begaafde kinders sukkel ook

Wat die kleuterskooljuffrou sê

Mary van Zyl van die Fonties Kleuterskool was eers 13 jaar ’n graad een en twee juffrou en is nou al ses jaar by kinders in die voorskoolse jaar betrokke. “Ons sien deesdae beslis meer kinders met probleme ten opsigte van skoolgereedheid. Dis ’n feit dat omtrent alle ma’s moet werk en ons veroordeel dit nie. En die meeste ma’s maak tyd om aan hul kinders te bestee. Ons vind net soms dat ouers op gevorderde vaardighede fokus en van die basiese dinge vergeet. “Sommige kinders verras ons met hul algemene kennis, woordeskat en wiskunde, maar hulle het nie genoeg fyn motoriese ontwikkeling om ’n potlood ordentlik vas te hou of met ’n skêr te knip nie. Heelparty kinders het ook ’n agterstand op groot motoriese ontwikkeling en kan nie ’n bal vang of op een been balanseer nie. Sommige se spierontwikkeling is so swak dat hulle nie kruisbeen op die mat kan sit of regop in ’n stoel nie.

“Ek het al ’n kind in my graad een klas gehad wat vlot kon lees nadat die ma haar voorskools geleer het. Ongelukkig het sy geen insig gehad nie en was teen die einde van die jaar een van die swakste lesers in die klas. Ouers moet versigtig wees as hulle leesprogramme (baie keer Amerikaans) gebruik wat dalk van die skool se metodes verskil.” Sy vind dat dogtertjies oor die algemeen goeie fyn motoriese ontwikkeling het vir inkleur en uitknip, maar ’n agterstand op groot motoriese ontwikkeling. Seuntjies, wat die hele dag balle gooi en klim en klouter, kan weer nie knip of inkleur nie. “Ouers moet seker maak dat seuns én dogters beide vaardighede ontwikkel.” Sy benadruk dit dat dit wonderlik is as ouers by hul kinders betrokke is, maar duur programme vir voorskoolse kinders is nie die oplossing nie. “Laat staan al die ekstra lesse en ‘skoolhou’ tuis. Speel eerder met jou kind buite, gooi balle, klouter en klim en lees vir hulle. Ouers kompeteer ook soms onder mekaar en plaas druk op kinders. As hulle ’n stewige grondslag in basiese vaardighede het, kan hulle meer suksesvol die akademiese vaardighede soos lees en skryf by die skool baasraak. As jy wel jou kind voor die tyd wil leer lees, vind uit watter metode hulle by die skool gebruik.”

Werkende geheue is die geheim vir sukses op skool

Reinette Potgieter is ’n remediërende terapeut en kom agter dat meer en meer kinders deesdae sonder die regte vaardighede hul skoolloopbaan begin. Een van die groot probleme is die gebrek aan ’n werkende geheue (working memory). Dis basies ’n stelsel vir die tydelike storing en bestuur van inligting wat jy nodig het om komplekse kognitiewe take soos leer, redenering en begrip uit te voer. Dis jou korttermyn ouditiewe geheue wat die basis vir langtermyn geheue vorm. “Baie kinders het geen insig nie en kan dus nie vorder met lees of wiskunde nie. Ouers is baie besig, maar daar’s baie maniere waar jy speel-speel vir kinders begrip van woorde en syfers kan leer en hul korttermyngeheue kan verbeter – selfs met tien minute in die kombuis terwyl jy kos maak. Vra hulle om vir jou drie oranje wortels aan te gee. Of tien aartappels uit te tel.” Gee ’n paar takies op een slag en kyk of hulle alles kan onthou en uitvoer. Sit tien minute saans opsy om vir hulle ’n storie te lees en toets hul geheue deur agterna vrae te vra soos: “Wat was die hasie se naam?” Speel speletjies wat die geheue en begrip prikkel, soos Memory Game, dominoes, slangetjies en leertjies, en kaartspeletjies soos Snap saam met hulle. As jy nie tyd het, nie kan jy ’n oppasser leer om dit te doen.

Spraak- en taalontwikkeling bepaal sukses op skool

Kerstin Tönsing is ’n spraakterapeut en verbonde aan die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria. “Spraak en taalontwikkeling is die grootste faktor wat sukses op skool bepaal. Ons het gevorderde taal nodig om te leer en dit het ’n groot invloed op geletterdheid. As kinders in graad een en twee agter raak, is dit amper onmoontlik om die agterstand in te haal. Dis uiters belangrik om ’n taalbasis vóór skool te vestig.” Volgens Kerstin sien spraakterapeute beslis meer en meer jong kinders met spraakprobleme. “Dit het baie met ons gejaagde lewenstyl te doen. Taalontwikkeling geskied deur interaksie met mense en hier is die ouers die belangrikste skakel in ’n kind se lewe. Ons lewens is ook hoog in stres en dus kies mense passiewe vermaak soos televisie wat geen interaksie bied nie. Kinders kan ook gebrekkige luistervaardighede hê weens allergieë wat toe neuse en oorontstekings veroorsaak.”

Hoe jy kan help

As jou kind se spraak stadig ontwikkel, gaan spreek die huisdokter. Dalk is daar ’n gehoorprobleem weens oorontsteking. As jy steeds bekommerd is, kan jy ’n volledige gehoortoets by ’n oudioloog laat doen. Soms bou vog weens herhaaldelike oorontstekings op – wat gehoor erg kan benadeel en spraak vertraag.

Sommige kinders het geen probleem met meertaligheid nie, maar spraakterapeute vind dat dit beter is om een taal vir die eerste vyf jaar ten volle te vestig voor jy met ’n nuwe een begin. Waar ouers verskillende tale praat, is dit beter om elkeen by sy eie taal te hou sodat een taal met een persoon geassosieer word.

Gesels met ’n kind, moenie net instruksies gee nie. Wees geduldig en gee hulle kans om te reageer en luister dan na wat hulle sê.

Verbaliseer jou dagtake. As jy die melk uithaal, sê: ”Ek haal gou die melk uit die yskas.”

Lees vir kinders van so jonk as een jaar. As hulle ouer is, kan jy interaksie bevorder deur in die middel van die storie te stop en vrae te vra. Prikkel hul verbeelding en vra wat hulle dink gaan gebeur. Of ontwikkel hul emosies deur te vra hoe hulle dink die karakter voel, ensovoorts. Lees dieselfde boeke oor en oor.

Maak dit moontlik vir almal om saam aandete te eet wanneer almal dan oor hul daaglikse ervarings praat. Wat was jou hoogte- en laagtepunt? So leer kinders om emosies te verbaliseer.

Musiek, liedjies, rympies en ritme leer kinders taalvaardighede.

Leer kinders om goed te onthou deur hulle in te span as jy inkopies doen. Laat hulle drie dinge onthou wat jy moet koop.

Los formele onderrig vir die skool. Speel liewer met kinders en bied hulle geleenthede vir interaksie

Koop minder speelgoed en laat hulle met alledaagse dinge verbeeldingsvlugte onderneem.

Swak motoriese ontwikkeling skaad konsentrasie: Prof. Kitty Uys is ’n arbeidsterapeut en verbonde aan die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria. Sy gee ons moderne lewenstyl die skuld vir kinders se ontoereikende motoriese ontwikkeling. “Kinders speel nie meer buite op die gras en spring en slaan bollemakiesie nie. Dis alles bewegings wat groot motoriese vaardighede ontwikkel. Boonop is kinders so gewoond aan passiewe vermaak soos die televisie en rekenaarspeletjies dat hulle nie meer weet hoe om te speel nie. Hedendaagse speelgoed ontwikkel ook nie kreatiwiteit nie. Jy druk ’n knoppie of trek ’n toutjie en die speelding reageer. Geen kreatiwiteit van die kind is meer ’n vereiste nie. “Kinders is ook nie meer so aktief soos voorheen nie en baie kinders kan nie op ’n tweewielfiets balanseer nie.

Ongelukkig kring swak spierontwikkeling veel wyer uit. As ’n kind die meeste van sy konsentrasie moet gebruik om regop te probeer sit, is hy te moeg om te konsentreer op wat die juffrou sê. Swak konsentrasie gaan hand aan hand met swak spierontwikkeling. Ander ouers probeer weer te veel inpas. “Laat staan eerder al die voorskoolse lesse en gebruik daardie tyd om met jou kind te speel en koekies te bak. Kinders hoef ook nie te kan lees voor hulle skool toe gaan nie. Dis immers die graad een juffrou se taak. Gee kinders die geleentheid om kind te wees.” Sy voel ouers het deesdae ’n groter verantwoordelikheid om betrokke by kinders se speeltyd te raak omdat hulle grotendeels in die huis grootgemaak word weens sekuriteitsprobleme en die gebrek aan ruimte.

Lees ook: 5 redes hoekom speletjies speel goed vir jou kind is

Wat gebeur as ’n kind ’n agterstand het?

Motoriese agterstande kan tot langtermyn emosionele en sosiale probleme lei. As kinders agterkom dat hulle nie die mas opkom nie, probeer hulle dit maskeer met ander gedrag. Dit kan wees dat so ’n kind hom terugtrek, want hy word deur die maatjies gespot omdat hy sukkel. Of hy word die klashanswors wat altyd gekskeer om aandag weg te lei van die probleme wat hy binne die klas ervaar.

Help só

Laat kinders in die modder speel – morsige aktiwiteite is ’n wonderlike geleentheid om teksture te ontdek en handfunksies te ontwikkel.

Koop meer basiese speelgoed soos houtblokkies sodat kinders hul verbeelding kan gebruik om iets te skep.

Maak seker dat kinders aktief is. Kinders ontwikkel hul spiere deur aan sport op skool deel te neem en boonop leer hulle ook baie sosiale lesse.

Wees ’n rolmodel vir jou kind en leer hom hoe om te speel.

Lees ook: Supersensitiwiteite: ondersteun jou kind só

The post Speel-speel skoolgereed appeared first on rooi rose.

Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet
Drank is groot by optredes en musiekfeeste – van Liefde by die dam tot Plett Rage. Noem maar op.

Volgens die Wits School of Public Health drink 12% van kinders jonger as 13. Narconon sê 35% van ons tieners drink en 29% van ons tieners binge. Drankvergrype is die skadelikste vir die brein – spesifiek vir die tienerbrein wat nou sy finale ontwikkeling deurgaan.

Ons volwassenes stel geen voorbeeld nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beskou ons as ’n land van harde drinkers met van die hoogste drankverbruik ter wêreld, gemiddeld 12 bottels wyn per persoon per maand, of 3 bottels per week. Dit werk uit op 18 glasies per week. Die grens vir veilige gebruik is een glasie per dag vir vroue en twee vir mans, of 7 en 14 per week, of sowat vier bottels per maand vir ’n vrou en agt vir ’n man.

Die WGO gee ons 4/5 vir binge drinking, wat beskryf word as die aantal mense wat gereeld vyf of meer glase wyn (mans) of drie (vroue) per sitting drink. Drie? Ja, drie is binge.

Boonop is drank goedkoop en vrylik beskikbaar. Tieners wat nie saans kan of mag uitgaan nie, kan nog altyd “dagdronk” raak, omdat jy dit “verdien”, want jy werk so hard.

Ons tieners is in ’n rillersituasie. ’n Mens kan hulle eintlik nie verkwalik dat hulle te onervare en ontoegerus is om die druk te hanteer nie.

Keer of leer slukkies hulle?

Die meeste van ons drink gesond. Maar hoe leer jy dit vir jou kind? Wat sê dit as jy vir jou 16-jarige ’n drankie aanbied? Klein glasies skink vir die jonger kinders by Kersete? Kleintjies ’n slukkie van jou eie drankie gee? Stel jy ’n voorbeeld van hoe gesonde drankgebruik lyk, of leer jy jou kind drink?

Daar is heelwat navorsing oor die effek van kinders se eerste kennismaking met drank op hul drinkgedrag. Party wys dit het min effek; ander ondersoeke wys dit laat tieners gouer vorder na vol drankies en dat tieners wat vol drankies gebruik meer dikwels drankprobleme ontwikkel.

So wys ’n 2015-ondersoek van die Universiteit van Pittsburgh dat kinders wat van jongs af saam “proe” waarskynlik teen graad 9 al dronk was, selfs al is kinders van ouers wat probleemdrinkers is van die ondersoek uitgesluit.

Tertius Cronjé, direkteur van korporatiewe dienste by SANRA, sê die belangrikste boodskap wat jy aan jou tiener oordra, lê in jou eie houding teenoor drank. “As jy tevrede is met die manier hoe jy drink (nie wat jy sê nie maar wat jy dóén), hoef jy jou gewoonlik nie te bekommer nie. Maar oppas as drank die fokus van jou sosiale omgang is. As jy swymel oor ’n bottel rooiwyn, leer jou kind wyn is uiters belangrik en waardevol. As jy saans of by elke viering aankondig hoe bly jy is dis drinktyd, leer jou kind ontspanning, vriendskap en familiebande gaan eintlik oor drankies.

“Wees veral versigtig hiermee as daar depressie of alkoholisme in jou familie voorkom. Dit kan ’n genetiese basis hê, wat beteken dat jou kind ook meer vatbaar vir alkoholisme as ander kinders is.”

Ondanks jou goeie voorbeeld gaan jou kind nogtans met die volgende te make kry.

Ek kan ’n bottel ‘Down’

Dit is iets waaroor party tieners spog: hulle drink ’n bottel brandewyn uit en kom niks oor nie.

Dit is ’n illusie, sê Tertius. “Dit voel dalk vir ’n uur of twee so maar die feit is dat die effek van die alkohol álmal ná ’n paar ure oorval.

“Dink aan jou maag as ’n sak met twee kleppe – een waarby kos ingaan en een waar kos na die derms uitgaan. Gewoonlik open die dermkleppie (piloris) sowat vier uur ná jy geëet of gedrink het. As jy vinnig drink, met ander woorde ’n bottel wyn uitdrink asof dit drie glase koeldrank is, bly dit aanvanklik alles in jou maag. Net ’n bietjie word deur die maagwand opgeneem en jy ervaar min effekte. Maar alkohol is ’n spierverslapper en ná sowat twee, drie uur is genoeg opgeneem dat die spiere begin ontspan, onder meer die pilorisklep. Nou stort al die drank op een slag in die dermkanaal. Jou dermkanaal het ’n oppervlak van 30-40m². Dit is so groot soos ses, sewe parkeerplekke. Die alkohol word nou oor hierdie groot oppervlak opgeneem. Dit gaan gou. Daarom sien jy dat iemand een oomblik nog heel nugter is en ’n paar minute later stormdronk is.

“Die persepsie dat jy ‘kan drink’ is uiters gevaarlik. Dit laat toe dat jy glo jy is nugter. Jy drink dus verder. Of jy dink jy is nugter genoeg om te bestuur, en word op pad oorval.

“Die ergste is dat al hou jy op drink, bly die alkohol nog ure lank skade doen aan jou brein. As die drank eers in jou dermkanaal is, kan jy heeltemal niks doen om dit te neutraliseer nie. Selfs in die hospitaal kan hulle maar net sorg dat jy bly leef.”

Wat dan van jou “lewerpilletjies” wat jou lewer ondersteun?

“Jou lewer is soos ’n padtonnel wat net een motor elke twee uur deurlaat. Dit kan net een drankie in twee uur afbreek. Dit is ’n vaste metaboliese tempo en geld álmal. Met ander woorde dit neem almal twintig uur om ’n bottel brandewyn (sowat twintig sopies) uit die gestel uit te werk. Jy is amper ’n dag lank ’n magtelose toeskouer wat kyk hoe stukkies van jou brein doodgaan.”

‘Johnny is nie dood nie, hy’s net uitge-pass’

As jy mooi luister na dié liedjie van Koos Kombuis hoor jy Johnny is toe dood. Dit is ’n baie werklike risiko.

Tertius verduidelik dat alkohol die sentrale senuweestelsel onderdruk (verlam) en dus ook jou onwillekeurige spiere, soos jou hartspier wat jou hart aan die klop hou en jou diafragma wat jou outomaties laat asemhaal.

“Mense wat te veel gedrink het, lyk net ‘uitge-pass’ maar is in werklikheid op daardie oomblik aan die sterf. Dit gebeur reg tussen hul maats, wat nie weet wat die tekens van alkoholsterfte is nie. Dit kom meisies selfs makliker oor.”

Wat is die tekens? En wat moet jy doen?

“Hy raak blouerig om die mond – jy sal dit nie sommer in ’n donkerige kuierplek raaksien nie. Sy vel sal koud en klam voel en hy is pap en slaperig. Braking is ’n verdere risiko, want hy kan verstik aangesien sy slukspiere verlam is. Die finale fase is wanneer hulle ophou asemhaal en/of as die hart ophou klop.

“Dit is ’n mediese noodgeval. Moenie tyd mors om hom te probeer bykry of iets soos koffie in te gee nie. Hy moet dadelik hospitaal toe. Onmiddellik.

“Kry hom in die motor, laat hom op sy sy lê, sorg dat hy warm is en jaag hospitaal toe. Probeer intussen sy hart masseer en maak seker dat hy bly asemhaal. Doen mond-tot-mond asemhaling as hy ophou asemhaal.”

Skemerkelkie-uur

Baie mense kan nie happy hour-winskopies weerstaan nie. Maar goedkoop is duurkoop. Die slu kuierplekke hoop jy val vas en koop die res van die aand duur drank.

Drinkspeletjies

Waar drank goedkoop is, is drinkspeletjies aan die orde van die dag, waarvan die arsenaal oneindig is, sê Tertius.

“Drinkspeletjies is almal op drie konsepte gegrond: vinnige besluite en/of goeie oog-hand-koördinasie en/of vinnige reaksietyd. Drank verswak aldrie. Jy kan nie anders as om te fouteer nie, en moet drink vir jou straf, waarna jy meer fouteer en meer moet drink … hoe dom kan ’n mens wees?

“Vir tieners gaan dit ook oor die kameraderie – daardie ritueel van bonding. Hulle dink dit is age appropriate. Hulle glo dit gee hulle straatstatus. Die meisies wat saamspeel, is nie ‘koeke’ nie en die seuns spog met hul ‘prestasies’.

“Maar dink net vir ’n oomblik na oor wat jy nou eintlik bewys? Dat jy ‘beter dronk’ is as ander? Dit maak jou nie ouliker, mooier, manliker of beter nie. Dit is ’n nie-prestasie.”

Lees ook: Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?

The post Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet appeared first on rooi rose.

Geskei: etiket vir funksies
Geskei: etiket vir funksies versorg deur Mariette Snyman.

Wanneer ’n huwelik ontbind, beteken dit nie die einde van gesamentlike ouerskap nie. As julle maniere kan vind om oor die weg te kom, tel dit in jul kind se guns.

Indien jy na ’n geleentheid genooi word waar jul kind graag albei ouers teenwoordig sou wou hê, is dit jou kans om negatiewe gevoelens opsy te skuif en die dag vir jou kind lekker te maak.

Moet ek gaan, of nie?

Die uitdagings verbonde aan ’n egskeiding en ’n nuwe opset – wat ’n hertroue en ’n nuwe, saamgestelde gesin kan insluit – is al klaar groot, sonder dat ’n kind hom of haar nog oor ouers se bywoning of samewerking moet bekommer. Kan jy enige wrokkigheid tydelik begrawe en onselfsugtige volwassenheid aan die dag lê? Dink mooi of dit nodig is om daarop aan te dring om jou nuwe maat saam te bring, of om nukkerig weg te bly.

Lees ook: Jou kind en egskeiding

Fokus op jou kind

Jou kind is tien teen een opgewonde én senuweeagtig oor hierdie groot dag. Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie. Hanteer dit met grasie en verswyg jou bedenkinge. Stel jou kind voorop.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

Plasings

Dit word algemeen aanvaar dat kinders hul ouers eerder “gelukkig apart” wil sien as sielsongelukkig saam. As jy tydens ’n geleentheid bereid is om by jou eks te sit, kan jy die ongemaklike stiltes vul deur oor koeitjies en kalfies te gesels. Vermy onderwerpe wat tot konflik kan lei.

As julle mekaar nie kan uitstaan nie, fokus eerder op jou kind en die doel van die funksie. Hou jouself besig en moenie bekommer oor waar of saam met wie jou eks is nie. As jou kind die geleentheid organiseer, is dit verstandig om die sitplekplasings aan hom of haar oor te laat en daarby in te val.

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir pa

Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie

Maak dit makliker

Oorweeg dit om ’n paar familielede of vriende saam te neem sodat jy geselskap het. ’n Bekende groep verseker genotvolle interaksie en minder ongemaklike oomblikke. Moet egter nie geswore vyande saamgooi nie; kies mense wat die gees van die dag respekteer en daartoe sal bydra.

Lees ook: 10 wenke wanneer jy skei

Beperk jou en jou eks se kontak/tyd

As daar van julle verwag word om langs mekaar te sit, kan jy aanbied om vroeg te gaan en plek te hou. Dan kan jou eks arriveer net voor die verrigtinge begin. Dit verminder die kans op verleentheid. As dit moontlik is, soos wanneer ’n skoolkonsert meer as een keer aangebied word, kan julle op verskillende tye gaan of plek in verskillende rye bespreek.

Lees ook: Egskeiding: Salf teen die seer

Beplan deeglik

Maak dit vir almal makliker deur vooraf te beplan wie wat op watter tydstip moet doen, wanneer om te arriveer en hoe lank om te bly. As alles goed verloop en die funksie spontaan langer duur, is dit goed om steeds op die afgesproke tyd te vertrek.

Dit gebeur dikwels dat families ná ’n funksie informeel saam eet of verder vier. Indien dit die geval is, kan jy moeite doen om tot ’n aangename en gasvrye atmosfeer by te dra, ter wille van jou kind. Geskeide ouers voel dikwels kwesbaar op so ’n dag – maak seker jy gaan verstandig met alkohol om sodat jou emosies nie hoog loop nie.

Lees ook: Kinders vir die naweek

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele

Drukkies is onnodig

Gesonde gesamentlike ouerskap beteken geskeides is hoflik, vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar, maar waak daarteen om jou kind met tekens van intimiteit te verwar. Drukkies en soentjies is onvanpaste optrede, ook teenoor nuwe verhoudingsmaats wat teenwoordig mag wees.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Afsonderlike vierings

As julle werklik nie oor die weg kom nie, is dit wys om beurte te maak om funksies by te woon, en om sover moontlik afsonderlike vierings te organiseer. Philip M Stahl, die skrywer van “Parenting after divorce: resolving conflicts and meeting your children’s needs” sê: “Sommige ouers se verhouding bly gevul met konflik, en dis nie goed vir die kinders nie. As jy en jou eks nie in dieselfde vertrek kan wees nie, is dit waarskynlik beter om sulke situasies te vermy.”

Lees ook: Egskeidingmediasie: Vinniger, goedkoper, makliker

Wees groothartig

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele. Akkommodeer jou eks se handelswyse sover moontlik, al sou jy dit nie op dieselfde manier gedoen het nie. As jy die toonbeeld is van toleransie en begrip, bevoordeel dit jou kind.

Bron: www.fairdivorce.co.za – met dank aan Sinta Ebersohn.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

The post Geskei: etiket vir funksies appeared first on rooi rose.

Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is
Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Milan Popovic vir Unsplash

Slegte verhoudings? Keer so …

Die gesegde lui dat ’n mens die boompie moet buig terwyl hy nog jonk is, en dis volgens Karen Young, ’n bekende Australiese sielkundige, nooit te vroeg om jou kind te leer hoe gesonde verhoudings behoort te lyk nie.

Young sê dis belangrik om jou kind van kleins af te leer hoe om toksiese mense te hanteer, want hulle duik een of ander tyd in almal van ons se lewe op. Of jou kind deurloop onder katterige maats of ’n volwassene (soos ’n onderwyser of afrigter) wat op haar pik, jy kan jou kind help om dit beter te hanteer. Terselfdertyd gee jy die kind ook ’n bloudruk vir die hantering van toekomstige verhoudings – ook liefdesverhoudings.

Die heel eerste stap, volgens Young, is om seker te maak die kind is nie dalk net oorsensitief vir kritiek nie. Maak ook seker – veral in die geval van klagtes oor ’n onderwyser of afrigter – dat die onderwyser se optrede nie dalk geregverdig is nie. Het jou kind nie dalk wel iets verkeerd gedoen nie? Dis baie belangrik dat kinders besef dat ander se kritiek wel soms regverdig is en dat ons dikwels daarby kan baat vind.

Lees ook: Mede-afhanklikheid: Vernietig jou liefde jou?

Wat om te doen as jou kind slagoffer is van toksiese gedrag – 9 dinge wat jy as ouer moet weet

Sodra jy seker is dat jou kind wel die slagoffer is van toksiese gedrag, takel dit so:

1. Onttrek jou ondersteuning aan die volwassene (of maatjie).

Die meeste van ons is grootgemaak met ’n gesonde (maar soms ook amper oordrewe ontsag) vir ouer mense en gesagsfigure. Maar as jy agterkom ’n grootmens se gedrag is skadelik vir jou kind se selfbeeld of selfvertroue, maak seker jou kind verstaan dat jy nie die persoon se gedrag ondersteun nie.

Lees ook: Jy kan ’n goeie selfbeeld kweek

2. Leer jou kind van gesonde grense.

Dis raad wat ’n mens dikwels kry, maar waar begin jy? Young gee praktiese raad: “Grense is die lyn tussen wat ek is en wat ek nie is nie, die grens tussen wat ander mense dink en wat ek dink.”

Wanneer ’n kind gesonde grense het, sal hy ook aanvaar dat wat ander mense dink/voel/sê/doen nie beteken dat hy dieselfde moet doen nie.

Om die konsep vir ’n kind te verduidelik, gebruik gerus Young se voorbeeld. Sy vergelyk ’n grens met ’n onsigbare kragtige kring (“forcefield”) om elkeen van ons. Leer jou kind dat dit daar is om ons te beskerm teen mense wat ons laat sleg voel oor onsself, of wat lelike dinge oor ons sê. Leer jou kind dat hy ten volle in beheer is van daardie kring – hy kan besluit wanneer om dit “aan” te skakel, en wanneer nie. Maak dit baie duidelik dat dit haar besluit is wie binne daardie kring mag kom, en wie buite moet bly. “Sê duidelik dit is haar keuse en sal altyd wees,” is Young se raad. “Hy of sy moet ook weet dat, hoewel dit baie belangrik is om ander te respekteer, dit net so belangrik is om jouself te respekteer. Deur sekere mense buite jou kring te hou, beskerm jy jouself.” Leer jou kind dat ons geen beheer oor ander se optrede het nie, maar beslis oor ons eie.

Lees ook: Hoe om gesonde grense te stel

3. Komplimenteer jou kind wanneer hy dit wel regkry om ’n toksiese mens uit sy lewe te sny.

Om jou teen ander te beskerm verg dikwels baie meer moed as om net toe te laat dat die stroom (of groepsdruk) jou meesleur.

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

4. Leer jou kind dat toksiese gedrag dikwels outomaties is en niks te doen het met wat sy gedoen of gesê het nie.

Die ander mens besef nie eens hoe seer sy optrede of woorde maak nie. Dis nie ’n verskoning nie, maar dis belangrik dat jou kind besef die ander mens se optrede is ’n weerspieëling van hom of haar, en nie van jou kind nie. Dieselfde beginsel geld ook in afbrekende volwasse verhoudings – die man wat sy vrou mishandel, is die een met die probleem, nie die vrou nie. Sy “verdien” dit nie omdat sy op ’n sekere manier optree nie.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

5. Leer jou kind kleintyd al om “nee” te sê.

“Nee” is een van die kragtigste woorde wat jy jou kind kan leer. Praat ook met jou kind oor daardie binnestemmetjie wat jou teen sekere situasies of mense waarsku, en leer haar om dit te vertrou. Verseker haar ook dat jy haar sal ondersteun wanneer sy nee gesê het vir iets omdat ’n mens of situasie haar ongemaklik laat voel.

Lees ook: Leer hoe om “nee” te sê

6. “Moenie toelaat dat ander jou verander nie.”

Natuurlik is daar by almal van ons ruimte vir verbetering. Maar sodra iemand wil verander wie jy is, hoe jy lyk, waarin jy glo, of wat jy sê, is dit nie meer aanvaarbaar nie. Dit is van die waardevolste raad waarmee jy jou kind die lewe kan instuur. Nie net wys jy dat jy haar liefhet vir die mens wat sy is nie, maar jy versterk ook haar selfwaarde en bemagtig haar sodat sy hopelik nie die prooi in ’n aftakelende verhouding sal word nie.

Lees ook: Vroue, ons selfbeeld en ons geluk

7. Leer jou kind dat haar geluk nie afhang van ander se mening nie.

Dis veral belangrik in ’n era waarin kinders dikwels hul selfwaarde meet aan die kommentare en hoeveelheid likes op sosiale media. Iemand met ’n swak selfbeeld sal makliker in die strik van toksiese verhoudings trap.

Lees ook: Die oorsake van ’n negatiewe selfbeeld

8. Dis soms beter om weg te stap.

Leer jou kind van kleins af dat dit soms die heel beste is om iemand uit jou lewe te sny. Nie alle vriendskappe of verhoudings is bedoel om lewenslank te duur nie. Soms bly jy in ’n vriendskap of verhouding (of huwelik) omdat jy verplig voel, al geniet jy dit lankal nie meer nie. Dis piekfyn om eerder plek te maak vir iemand anders wat jou beter oor jouself gaan laat voel of meer gaan waardeer.

Lees ook: Leer jou dogter om ’n goeie selfbeeld te hê

9. Dit gaan nie oor hoeveel vriende jy het nie, maar oor die soort vriende.

As ’n kind dit van kleins af leer, is die kans ook skraler dat sy in ’n slegte verhouding (en later huwelik) gaan bly net om te kan sê sy het darem ’n kêrel/man. Jou kind moet weet daar is niks fout daarmee om soms alleen te wees nie.

Lees ook: Ridder of rower – 10 dinge wat jy oor swendelaars en manipuleerders moet weet

Herken die tekens: Wanneer is jou kind in ’n slegte verhouding betrokke?

’n Ma het dikwels ’n gevoel dat haar kind ongelukkig is, maar hier is ’n paar rooi ligte wat jy nie durf ignoreer nie.

Jou kind se maat probeer haar lewe beheer, of dit nou is deur voorskrifte oor kleredrag, of gedurige navrae oor waar sy haar bevind en saam met wie. Verduidelik dat daar ’n verskil is tussen verlief wees en om iemand te probeer beheer en isoleer. Dis jou plig om te verduidelik dat so iemand in die proses haar onafhanklikheid en selfbeeld gaan ondermyn. Beklemtoon dat gesonde verhoudings gegrond is op vertroue en openlikheid en dat jaloesie nie ’n goeie teken is nie.

Sy sukkel skielik met ’n slegte selfbeeld: Toksiese verhoudings vernietig iemand se selfbeeld en selfvertroue. Gryp dadelik in en kry professionele hulp indien nodig

as jou kind skielik buitengewoon emosioneel, depressief of aggressief is.

Wees bedag op fisieke tekens. Moet nooit blou kolle of ander tekens van moontlike geweld ignoreer nie. Dan moet jy ’n reguit gesprek met jou kind hê, al is dit hoe moeilik.

Bronne:

www.heysigmund.com; www.verywellfamily.com; www.parentinfo.org

Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is

Dis makliker om in te gryp by ’n tiener se verhouding, maar selfs as jou kind ’n volwassene is, is daar tog ’n paar dinge wat jy kan doen.

Hou die kommunikasiekanale tussen julle oop.

Jou kind moet weet jy is daar vir haar, ongeag wat die uiteinde van die verhouding is.

Maak seker jou kind weet hoe ’n gesonde verhouding lyk.

Beklemtoon hoe belangrik gesonde kommunikasie, wedersydse respek en vertroue is. Verduidelik hoekom jaloesie en pogings om haar gedrag te beheer onaanvaarbaar is.

Waarsku jou kind teen onbehoorlike druk.

Ja, nuwe verhoudings kan ’n mens op ’n positiewe manier uitdaag en aanspoor om nuwe dinge te probeer (soos ’n restaurant of ’n sportsoort) maar waarsku jou kind teen druk oor dinge waarmee sy ongemaklik is, soos seks of kaalfoto’s. Weereens, hou die kommunikasiekanale oop. Verseker haar dat sy oor enige iets met jou kan praat, en dat jy nie kwaad sal word nie. En al is dit hóé moeilik, móét jy daarby hou, want as jy nie doen nie, gaan jou kind jou nie weer vertrou nie. Luister, en moenie oordeel nie. Gee raad waar jy kan, maar moet ook nie huiwer om professionele raad in te win nie.

Beklemtoon dat gedurige aggressie en geweld nie aanvaarbaar is nie.

Dis normaal dat mense verskil, maar as haar maat haar veiligheid bedreig, moet jy ingryp. Kry ’n interdik indien nodig.

Praat oor jou eie foute in verhoudings.

Onthou dat jou eie kommunikasiestyl en verhoudings – romanties en andersins – jou kind se voorbeeld is en haar besluite kan beïnvloed. Maak seker sy weet dis menslik om soms op die verkeerde mens verlief te raak, maar dat dit in orde is om so ’n verhouding te beëindig en dat daar mense is wat vir haar omgee en haar sal bystaan.

Fokus op die dade waaroor jy besorg is, en nie die persoon nie.

Sê byvoorbeeld dit bekommer jou dat haar kêrel die hele tyd wil weet waar sy is, maar moenie hom verkleineer nie, want dan sal sy hom waarskynlik verdedig. (Dit is ’n mens se eerste instink, want jy is te trots om te erken jy het dalk ’n fout gemaak.) Verduidelik hoekom dit jou bekommer en hoe ’n normale verhouding behoort te wees.

Maak reëls en stel perke.

Dis binne jou reg as jou kind nog ’n tiener is. Nooi die maat na julle huis toe eerder as dat hulle heeltyd by ander plekke kuier. Stel perke op die gebruik van selfone indien nodig. Stel belang in die verhouding, maar sonder om dit te laat lyk asof jy jou neus in hul sake wil steek.

Moenie ultimatums stel nie (veral nie as jy dit nie kan deurvoer nie).

Dit kan veroorsaak dat jy jou kind in die ander persoon se arms in dryf. Bly ondersteunend.

Wanneer die verhouding verby is, wees daar vir ondersteuning.

Laat sy met ’n professionele persoon gaan praat indien nodig.

Lees ook: Voel jou tiener eensaam? Hier is raad

The post Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is appeared first on rooi rose.

Hoekom babas moet kruip
Het ’n dokter, onderwyser of terapeut al gevra of een van jou kinders gekruip het? In haar gebruikersvriendelike ouerskapgids Speel-speel slim: Geboorte tot 3, gee dr. Melodie de Jager inligting rakende kruip.

Wat is kruip?

Vir die doeleindes van dié artikel is seil-kruip (creeping) om op die maag te beweeg. Kruip (crawling) verwys na ’n baba wat haarself van die grond af oplig en op albei hande en albei knieë vorentoe beweeg.

Is kruip belangrik?

Ja, dit is ’n belangrike mylpaal. Vir ’n baba se fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling is dit beter dat sy kruip voor sy loop.

Moedig kruip aan deur die loopring weg te pak en plat op die grond met jou baba te sit en speel. Magie- en rugtyd op ’n kombers moedig kruip aan. Waneer ’n baba gereed is om te beweeg, begin sy kla, stoot en vorentoe beur – dit beteken ’n nuwe neurale verbinding begin in die brein vorm. Jou kleinding gaan ’n ruk lank aanhou kerm, stoot en wikkel. Moenie tot haar redding kom nie, want so ontwikkel sy die spiere wat sy nodig het om haar op al vier ledemate op te stoot, en dit sinchroniseer ook haar sintuie en spiere. Gereedmaak vir kruip neem tyd. Gun haar die tyd wat sy nodig het.

Ontmoedig staan voor kruip, anders slaan sy dalk die kruipstadium oor.

Ontmoedig staan voor kruip

“Kamma”-kruip

Die volgende vorme van kruip hou nie dieselfde voordele in as “gewone” kruip nie:

Kommando-kruip: Baba sit sy elmboë op die grond, hou sy bene plat op die vloer en trek homself vorentoe asof hy ’n soldaat is onder aanval van die vyand.

Krap-kruip: Baba beweeg homself sywaarts deur een knie onder hom in te vou en die ander been uit te strek.

Beer-loop: Pleks daarvan om sy elmboë te buig terwyl hy gewig op sy knieë plaas, hou baba sy arms en bene reguit en beweeg op sy hande en voete vorentoe, soos ’n beer op jag.

Swem: Met sy magie plat op die vloer, beweeg baba homself vorentoe terwyl hy sy knieë en arms gebruik asof hy swem.

Boud-skoffel: Baba sit op sy boude en beweeg homself vorentoe in ’n rukkerige, springerige hop-beweging deur sy bene uit te strek en dan te buig.

Kruip ontwikkel postuurbeheer, balans, beweeglikheid en manipulasie

Postuurbeheer: Postuurbeheer verg spierkrag, om die posisie van al die liggaamsdele in plek te hou wanneer ’n baba of peuter stil is of beweeg.

Balans: Balans en postuurbeheer werk saam om die liggaam regop te hou, ongeag of dit stil is of beweeg. Met behulp van proprioseptore oral oor die liggaam, die balanssisteem in haar binne-oor (vestibulêre sisteem) en die oë, weet die brein waar die liggaam is en hoe om te beweeg om regop te bly.

Kruip laat ‘n baba se oë gewoond raak aan ’n nuwe posisie

Voor ’n baba begin kruip, staan sy op haar hande en knieë en wieg. Die wiegaksie sinchroniseer postuur, balans en spierkrag terwyl die baba se oë gewoond raak aan die nuwe posisie (sentimeters hoër as waaraan sy gewoond is.) As ’n baba kruip oorslaan, kry die verskillende liggaamsisteme waarskynlik nie genoeg geleentheid om geleidelik en progressief te leer om saam te werk en die baba se balanssisteem te help ontwikkel nie. Navorsing dui op ’n verband tussen genoegsame kruip en leerprobleme op skool.

Beweeglikheid: Dit beteken om van een plek na ’n ander te beweeg. Terwyl sy kruip, word jou baba bewus van die linker- en regterkante van haar liggaam en kruis sy die middellyn tussen die linker- en regterkante van haar brein. Kinders wat nie die middellyn kruis nie, sukkel om ’n dominante hand te ontwikkel; versit die potlood na die ander hand wanneer hulle in die middel van die bladsy kom; en is geneig om in die middel van die bladsy op te hou lees.

Om oor ’n verskeidenheid oppervlaktes te kruip, gee jou baba tas- en proprioseptiewe stimulasie. Dit help haar om te beweeg sonder om na die deel wat beweeg te kyk, en is belangrik vir alle verdere koördinasie.

As jou baba vorentoe, links en regs, en op en af kyk, beïnvloed dit ook visie. Om die fokusafstand tussen die hande en oë te oefen, bedraad die brein vir lees.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond. Dit gee haar kans om uit te reik na mense en voorwerpe.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond

As sy haar ervaring van ruimte uitbrei, leer sy van sosiale interaksie en reëls. ‘n Skoolgaande kind wat sukkel om afstand te skat, is geneig om te na aan ander te staan of letters te naby mekaar te skryf. Oogkontak ontwikkel ook in hierdie fase.

Manipulasie: Manipulasie behels die manier waarop jy gereedskap met jou hande hanteer, met ander woorde fynmotoriese ontwikkeling. As ’n baba kruip, veroorsaak haar liggaamsgewig dat haar hande oopstrek. Dit versterk die handspiere. Sterker handjies kan makliker akkuraat vat, een blokkie op ’n ander sit en met ’n lepel eet, en later jare ’n kryt vashou, met ’n skêr knip, en ‘n potlood in ’n driepuntposisie vashou.

Jou baba kruip amper wanneer …

Hy ’n paar weke lank op sy knieë gekniel het terwyl hy by ’n lae tafeltjie sit en speel. Kniel is ’n nuwe ervaring wat hom help verstaan hoe dit voel om sy gewig op sy knieë te dra. Dit ontwikkel ook sy beenspiere om sy gewig te dra wanneer hy homself eendag opstoot op sy hande en knieë. Hy oefen druk uit op die gewrigte van sy arms en bene, maar pleks daarvan om vorentoe te beweeg, stoot hy hom agtertoe; sy arms is sterker as sy bene. Die laaste stap word gekenmerk deur ’n paar dae wat hy hom in die kruipposisie instinktief vorentoe en agtertoe wieg.

Die oomblik wat jou baba begin kruip, moet jy almal daarvan vertel! Dis ’n groot prestasie. Vier die oomblik!

Lees ook: Vier Koffiedag met hierdie resepte!

The post Hoekom babas moet kruip appeared first on rooi rose.

Seksvoorligting: wat sê ’n kenner?
Hoekom is hierdie een van die heel belangrikste gesprekke wat ’n ouer met ’n kind moet hê?

“Dis ouers se reg, plig en voorreg om hul kinders oor die seksuele en verhoudings in te lig. ’n Kind moet, ook as dit by die seksuele kom, by sy ouers leer wat reg en verkeerd, normaal en abnormaal, aanvaarbaar en onaanvaarbaar is. Norme en waardes moet in die ouerhuis aangeleer word. En moenie die fout maak om te dink jy kan net voorsê nie – jy moet ‘voorleef’!

“Seksuele opvoeding is nie die verantwoordelikheid van die staat, skool of kerk nie, hoewel hierdie instellings almal ’n sinvolle en noodsaaklike bydrae kan maak.

“Die verkeerdste plek vir ’n kind om van seks te leer is in die media en deur hul portuurgroep. In die portuurgroep word dit letterlik ’n saak van een blinde wat ’n ander blinde lei! In opvoeding gaan dit juis daarom dat daar vir ’n kind grense gestel word; dat hy of sy weet dat gedrag, in hierdie geval seksuele gedrag, binne ’n spesifieke ruimte en grense geskied.

“Jou seksualiteit is deel van jou wese en moet daarom, in ’n ideale wêreld, gevorm en geplooi word binne die beskermde ruimte van gesonde gesinsverhoudinge.”

Wanneer is die regte tyd vir so ’n gesprek?

“Seksuele opvoeding is meer as net inligting gee. Daar is daarom nie een spesifieke dag of tyd daarvoor nie. Ek dink dit begin by die wieg en eindig by die graf.”

Waar (en wanneer) begin jy hierdie gesprek? Wag jy tot hy of sy dit ophaal, of begin dit jare vroeër?

“Jy begin deur die regte name vir geslagsorgane te gee en dan vir die kind te verduidelik dat dit persoonlik en privaat is, maar beslis dat daar niks vuils en verkeerd daaraan is nie.

“As ’n klein kind sy of haar eie liggaam begin verken en so ook die geslagsorgane ontdek en stimuleer (masturbasie), moet dit korrek hanteer word. Dit sou verkeerd en ongesond wees om vir die kind iets te sê soos ‘as jy dit weer doen, gaan dit afval’ of ‘dis stout/ lelik/vuil of verkeerd’. Sê liewer iets soos ‘dis oukei, maar doen dit as jy alleen is, sonder toeskouers en met jou eie hande. Dis nie iets waarmee iemand jou mag help nie’.

“’n Kind moet ook rondom die seksuele bemagtig word. Hulle moet weet jou geslagsorgane is nét joune, en niemand anders het die reg om daarna te kyk of daaraan te vat nie, tensy mamma of pappa help met bad of toilet toe gaan, of ’n dokter daar moet ondersoek omdat jy dalk iets daar makeer.

“En sê ook dat mamma of pappa moet by wees as iemand soos ’n dokter daar wil kyk. Leer jou kind om dadelik vir julle te kom sê as enigiemand anders (man of vrou, familie of vreemdeling) daaraan wil vat of daarna wil kyk.

“Die grootste probleem met molestering is dat die kind gedreig word dat iets aan die kind of aan een van sy geliefdes gedoen sal word as hy sou uitpraat. Of natuurlik word daar gesê dis ’n spesiale geheim waarvan niemand anders mag weet nie.

“Ouers moet tot elke prys probeer keer dat ’n kind in so ’n situasie beland, maar maak ook doodseker dat jou kinders weet dat hulle met jou mag en moet praat as hulle wel so iets slegs oorkom. Hou die kommunikasiekanale altyd oop.”

Het jy praktiese raad oor die hoe, waar en wanneer van ’n gesprek oor die seksuele? Moet jy byvoorbeeld ’n groot ding daarvan maak as jou dogtertjie begin menstrueer? Of hanteer jy dit soos iets alledaags?

“Ek dink dit moet as iets alledaags hanteer word. Dis te laat vir ‘die gesprek’ ná die eerste maandstonde. ’n Kind moet voorbereid wees op dinge soos eerste maandstondes en nat drome, anders kan dit as ’n skok kom, baie negatief ervaar word en met skuldgevoelens gepaardgaan.

“Daar is niks daarmee verkeerd om die man-word/vrou-word te vier nie, maar dit mag nie vir die kind ’n verleentheid of ongemaklike situasie word nie. Onthou, as kinders puberteit bereik, word hulle vreeslik selfbewus oor hul veranderende liggame, en is hulle baie meer emosioneel as gewoonlik weens al die hormonale veranderinge.

“Daarmee saam worstel hulle om ’n volwasse identiteit en onafhanklikheid te bekom. Dit moet met kalmte, begrip en rustigheid hanteer word. In hierdie tyd raak hulle ook meer krities teenoor hul ouers en bevraagteken baie keer hul gesag. Onthou dus maar die gesegde ‘rules, without relationships, will end in rebellion!’ Dit is soveel beter om van kleintyd af aan hierdie verhouding te bou.”

Goed, nou by ons almal se groot vraag: hoeveel detail is nodig? Wat as jy veel meer detail gee as wat jou kind eintlik verwag het?

“’n Bybelse, maar eintlik ook ’n universele beginsel is: ‘die waarheid maak jou vry’. Feite op die regte tyd en in die regte hoeveelheid het nog nooit skade gedoen nie. Halwe waarhede, menings en mites en ’n gebrek aan feitekennis het al baie skade gedoen. ’n Klein kindjie is soos ’n spons. Alles wat na sy of haar kant kom, word opgeneem tensy daar ’n filter is waardeur dit eers filtreer kan word.

“Daardie filter moet die feitekennis en die houdings, waardes en norme wees wat die kind van sy ouer ontvang het. Dan sal kinders dinge wat oorspoel van die portuurgroep of media, kan vergelyk met wat hulle reeds as basis het en dan sal hulle dit kan aanvaar of verwerp. As hul kennis en waardes en houding in plek is, kan hulle enigiets meer krities evalueer en ook bevraagteken.

“Dis baie belangrik dat die kind se verhouding met die ouer van so ’n aard is dat hy/sy die vrymoedigheid het om enige tyd ’n vraag te kan vra of ’n probleem te kan bespreek.”

Hoe gemaak as ’n ouer skaam is, of nie heeltemal in voeling met sy/haar eie seksualiteit is nie?

“Jy sal maar net jou skaamte op ’n manier moet oorkom en jou verantwoordelikheid begin nakom. Daar is geen verskoning om nie vir jou kind ’n behoorlike seksuele opvoeding te gee nie. Jy kan hulle ook nie in watte toedraai of in ’n glaskas probeer hou nie, want hulle gaan op baie maniere aan die seksuele blootgestel word. Hulle sal daarop voorberei moet word met die korrekte feite en ’n stel waardes en norme.

“Ek het nie spesifieke boeke of video’s wat ek aanbeveel nie, maar daar is baie beskikbaar. Maar ’n ouer mag nooit ’n boek of ’n video beskou as ’n alternatief vir gesprekke nie. Dit is slegs die aanknopingspunt, en het baie meer waarde as dit voor en na die tyd bespreek word.

“Onthou ook dat kinders se persoonlikhede verskil. Een kind kan ’n gesprek onder vier oë hanteer, terwyl ’n ander kind gemakliker sal wees as daar nie oogkontak is nie, soos in ’n motor op pad iewers heen, of langs die viswater. Korrespondensie per brief of e-pos mag vir ander ouers en kinders weer die ys breek en die manier van kommunikeer wees.”

Lees ook: Tienerfiksie vir die skoolvakansie!

The post Seksvoorligting: wat sê ’n kenner? appeared first on rooi rose.

TYDSKRIF-UITTREKSEL: Skool by die huis – dis MOS lekker
Deur Martjie Roos.

Al  hoe meer ouers oorweeg deesdae om verskeie redes tuisonderwys vir hul kinders. Moderne tegnologie maak tuisskool vandag ook soveel meer toeganklik. Wat is die voordele van tuisskool en watter uitdagings moet ouers oorbrug wanneer hulle dié groot stap neem?

Daar’s verskeie redes waarom baie ouers besluit om hul kinders uit die skool te haal om hulle tuis te onderrig. Bekommernisse oor die gehalte van onderwys, afknouery soos boelie of sosiale probleme is maar ŉ paar.

Dr Zelda-Marie du Toit, ’n opvoedkundige sielkundige, sê sommige ouers is oortuig die skool kan nie aan hul kind of kinders se individuele behoeftes voldoen nie, en het dus eerder ’n behoefte aan ’n geïndividualiseerde kurrikulum of tempo.

“Godsdienstige en/of morele onderrig wat nie in openbare skole beskikbaar is nie; gesondheids- en veiligheidsbekommernisse soos siektes en allergieë; en angs of versigtigheid ná die pandemie kan ook redes wees.” Navorsing het getoon dat veiligheid van die skool en bekommernis oor dwelms en groepsdruk ook ’n rol speel, sê Zelda-Marie.

Sy beklemtoon wel omdat tuisskoolouers verantwoordelikheid vir hul kind neem, kan dit tot uitdagings lei om tuisonderwys, werk en persoonlike lewe te balanseer. “Tog geld dieselfde beginsel vir alle ouers: Wat jy insit, bepaal wat jy sal uitkry. Die nadele en moontlike slaggate vir tuisskoolouers is dus nie uniek nie, maar soortgelyk aan dié van ouers met kinders in openbare skole.

“Alle kinders is soos plantjies en met spesiale sorg, tyd en aandag blom en floreer hulle, maar daarsonder trek hulle swaar en kwyn. Vanuit ’n sielkundige oogpunt is dit belangrik om te onthou dat elke omgewing (huis en/of skool) en elke kind uniek is en nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie,” sê sy.

Lees die volledige artikel in ons Oktober-uitgawe. Dis nou op die rakke en propvol interessante inhoud!

Hier is tien redes waarom jy ons jongste uitgawe in die hande móét kry.

Lees ook: WEN ’n SKIN Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R2 700!

The post TYDSKRIF-UITTREKSEL: Skool by die huis – dis MOS lekker appeared first on rooi rose.