aanlyn | rooi rose

Aanlyn-affair
Jy verneuk nie jou maat nie, reg? Daardie flirterige Whatsapp-gesprekke met jou kollega of Facebook-vriend is tog nie seks nie! Want, redeneer jy, julle het nog nooit aan mekaar geraak nie. ’n Mens kan tog nie in die kuberruim ontrou wees nie.

Natuurlik kan jy! Marlene Wasserman, ’n bekende kliniese sielkundige en seksuoloog, alombekend as Dr. Eve, het onlangs ’n boek oor die onderwerp geskryf en sy draai nie doekies om nie.

“Ontrouheid is ’n verbreking van die basiese eed van seksuele getrouheid, monogamie en toewyding. As jy dit aanlyn doen, word dit kuberontrouheid genoem.”

Die probleem is dat baie mense dit nie as ontrouheid beskou nie en later baie seerkry, waarsku sy. Dit begin gewoonlik onskuldig met vriendelike boodskappe wat later in ’n geflirt ontwikkel. Nog later word dit sexting (SMS’e van ’n seksuele aard). Met ’n app soos Snapchat kan jy selfs gewaagde foto’s van jouself stuur wat ná ’n sekere tyd outomaties uitgevee word. En voor jy jou oë uitvee, is jy volstoom in ’n seksuele verhouding, hoewel, soos sy dit stel, “geen liggaamsvloeistowwe uitgeruil word nie”.

Dr. Eve meen daar is ’n paar redes vir die wêreldwye toename in kuberontrouheid. “Dis maklik, toeganklik, bekostigbaar en anoniem.”

Daar is selfs afspraakwebwerwe spesiaal vir getroude mense wat affairs wil hê. Dit was juis www.Ashley Madison.com se bekendstelling in Suid-Afrika wat tot ’n vloedgolf nuwe pasiënte vir Dr. Eve gelei het. Die webwerf se leuse is “Life is short, have an affair”, iets wat die meer as 27 miljoen lede in veertig lande blykbaar nogal ter harte neem.

Maar voordat jy gerus raak: kuberontrouheid is nie beperk tot ’n flankeerdery via Ashley Madison nie. Dit gebeur ook op gewone afspraakwebwerwe én op sosiale netwerke soos facebook.

• Met tegnologie soos selfone, tabletrekenaars en rekenaars kan enigeen nou in die kuberruim flankeer, hetsy per SMS, Whatsapp, e-pos of Skype. En ja, daardie intieme geselsies met ’n facebook-vriend tel ook as kuberontrouheid.

• Hoekom dinge aanlyn soveel vinniger ontwikkel. In die regte lewe werk verhoudings só: julle ontmoet mekaar iewers (by die werk, deur vriende), ruil telefoonnommers uit en stuur ’n paar Whatsapps. Daarna word dit telefoongesprekke en uiteindelik ontmoet julle mekaar. In die regte lewe neem dit weke of maande voordat julle seks het.

Aanlyn gebeur alles vinniger. Julle gesels aanvanklik lekker oor allerhande goed en eers later word dit ernstiger, intiemer gesprekke. Julle flirt, en later is daar seksuele insinuasies in jul boodskappe. En siedaar, binne dae voel jy of jy hierdie mens aan die ander kant van die rekenaar ken. Dan volg sexting en meer eksplisiete gesprekke waarin julle ook oor jul seksuele fantasieë praat. Voor jy jou oë uitvee, is jy in ’n web van seksuele begeerte vasgevang en as julle naby genoeg aan mekaar woon, word ’n ontmoeting gereël.

Soos Dr. Eve dit stel: “Ons het danksy tegnologie ’n kreatiewe klomp geword. Ons omseil hindernisse, soos om nie te weet hoe iemand lyk, ruik of voel nie. Deur ryk, kreatiewe teksboodskappe en e-posse word ons in ’n hiperpersoonlike ruimte ingelok. Dit laat ons gouer voel dat ons gereed is om iemand te ontmoet.”

Die pyn wat kuber-ontrouheid veroorsaak, is net so pynlik as wat die geval in die regte lewe is

Ongelukkig het hierdie soort sprokies selde ’n gelukkige einde.

• Raak net mense wat ongelukkig getroud is, by kuber-affairs betrokke?

Nie volgens Dr. Eve nie. Die Internet maak dit wel makliker, maar dis nie die Internet wat veroorsaak dat jy in die eerste plek ontrou is nie, meen sy. “Daar is verskeie faktore eie aan die Internet wat dit net te verleidelik maak om te ignoreer, selfs vir mense wat gelukkig is en voel hul verhouding is goed genoeg.

“Jy wil dalk nie die kans laat verbygaan om opwindende interaksie met nuwe mense te hê nie. Van die oomblik af dat jy aanlyn inteken, word jy ’n ander mens. Jou verbeelding gaan op hol. Dit maak nie saak wie jy is, hoe jy lyk, wat jou finansiële of huwelikstatus is nie, maar terwyl jy jou eie held of heldin word, gebeur dieselfde met jou aanlynmaat.

“Jy verbeel jou hierdie mens is buitengewoon, en jy projekteer al jou hoop en drome op hom.” Dan, vertel sy, is dit die natuurlikste ding dat jy deur hom betower sal word, of selfs vir hierdie mens lief kan word.

• Nog ’n eienskap van aanlynflirtasies is die onmiddellike interaksie. Jy hoef nie alleen op jou bed te lê en fantaseer nie, maar kan met iemand gesels wat dadelik reageer op alles wat jy sê. Jy voel asof iemand na jou luister, iets wat baie mense in haar spreekkamer lankal nie meer binne hul huwelik ervaar nie, verduidelik Dr. Eve. “Jy voel begeerlik, al het jy hom nog nooit gesien nie.”

• Jy voel so na aan hom omdat julle intimiteite met mekaar deel. “Dis alles ’n kragtige afrodisiak,” verdui-delik sy. “Veral omdat nie een van julle enige moeite hoef te doen, of hulpbronne in hierdie gevoelens hoef te belê nie. Jy hoef nie aan te trek vir, of geld op ’n afspraak uit te gee nie. Al wat jy hoef te doen, is om aanlyn beskikbaar te wees.”

Die groot gevaar van aanlynverhoudings is dat jy so meegevoer raak deur alles wat op die Internet beskikbaar is – sy noem dit “imagination overload” – dat jy nuwe behoeftes begin ervaar. “Met elke klik op ’n nuwe profiel is daar potensiële plesier, maar ook ’n enorme risiko. Kan jy jou normale leefwêreld en jou aanlynleefwêreld van mekaar skei? Of verwar jy jou kuberlewe met die regte lewe?”

• Hoekom is ’n aanlyn-affair gevaarlik vir jou huwelik? “Eerstens omdat dit bes moontlik ’n affair in lewende lywe kan word. Maar al word dit nie, is die gevolge net so verpletterend”, waarsku Dr. Eve, wat al 35 jaar lank as kliniese sielkundige werk en die afgelope twintig jaar in seksterapie spesialiseer.

• Die pyn wat mense weens kuberontrouheid ervaar, is presies dieselfde as in die regte lewe. “Hulle voel verneuk en verraai. Dis die pyn van die geheim, van uitgesluit word van ’n wêreld wat jy gedink het deur ’n trouring beveilig word. Dis iets wat jul private wêreld van monogamie, seksuele getrouheid en toewyding was.

Dis ’n dubbele pyn, want boonop besef jy jou maat het vir jou ’n vreemdeling geword.

“Die mens langs wie jy nog al die jare slaap, het ’n geheime persona wat nog nooit vir jou gewys is nie. Dit laat jou alle vertroue in hom verloor, en jou wêreld val uitme-kaar.”

• Kan ’n huwelik ná kuberontrou-heid gered word? “Dit verg meer moed om dit te verwerk as in die geval van ’n normale affair,” maan Dr. Eve. Daar is verskeie redes daarvoor, soos dat jy bes moontlik ook meer (en dalk selfs meer eksplisiete) fisieke bewyse daarvan gesien het, soos seksboodskappe of foto’s, as in die geval ’n “gewone” affair.

“Dis ook baie moeilik om die vertroue te herbou, want hy het steeds al die toestelle – die sex tech – waarmee hy aanlyn kan gaan.”

Hoe gaan jy daarmee saamleef sonder om die hele tyd te wonder wat in sy SMS’e en e-posse staan? Dis belangrik om ’n baie reguit gesprek te hê oor die tegnologie, maar ook oor privaatheid.

“Vra jou maat of jy na sy boodskappe, facebookbood-skappe en soekgeskiedenis mag kyk om te sien waar hy oral aanlyn kuier, en met wie.”

Terapie vir kuberontrouheid verskil ook baie van dié van ’n tradisionele affair vanweë die nuwe wêreld wat tegnologie vir ons oopgemaak het. Daarom is dit van kardinale belang dat julle moet besluit wat julle sien as die definisie van kuberontrouheid binne jul verhouding. Is flirterige SMS’e ontrouheid? Of voel jy jou maat is eers ontrou as die sexting begin?

“Probeer om die intimiteit tussen julle te herbou, en word weer vriende. Wees openlik oor julle seksuele behoeftes en begeertes, en gee mekaar die kans om dit te vervul.”

Tekens van ’n aanlyn-affair

• Hy (of sy) bestee al meer tyd aanlyn, is nooit sonder sy foon nie en kyk gedurig vir boodskappe.

• Sy bui en selfbeeld verbeter merkbaar.

• Hy verander skielik die wagwoorde op telefone en rekenaars. (Of skep wagwoorde waar dit nooit voorheen gebruik is nie.)

• Julle sekslewe is skielik baie beter (vanweë die stimulasie wat hy aanlyn kry).

• Hy raak aanvallend wanneer jy begin vrae vra oor sy voortdurende aanlyn-aktiwiteite en beskuldig jou daarvan dat jy nie sy privaatheid respekteer nie. “In daardie geval moet jy vra wat daar aanlyn aangaan wat hy so graag privaat wil hou?” sê Dr. Eve.

Verstommende statistiek

• Daar is sewe miljard mense op aarde en sowat 2 miljard onder hulle gebruik sosiale netwerke (facebook, Twitter, Google+ en ander) vir intieme en sosiale verhoudings

• Facebook het die meeste gebruikers met meer as een miljard geregistreerde rekeninge.

• Whatsapp het die tweede meeste gebruikers (net onder een miljard)

• Die gemiddelde Internetgebruiker bring een uit elke vier minute op ’n sosiale netwerk deur.

Bron: www.statista.com

The post Aanlyn-affair appeared first on rooi rose.

Wees veilig aanlyn
Deur Anet Schoeman. Foto Pexels

Dit is gerieflkik en vinnig om dinge aanlyn te doen. Aanlynwinkels, motorhuur, vlugte, banksake … Tog stel jy elke keer sensitiewe inligting omtrent jouself beskikbaar wat ernstige gevolge kan hê as dit in die verkeerde hande beland.

Volgens ACI Worldwide (’n maatskappy wat betalingstelsels bestuur) het bedrog met betrekking tot aanlynaankope met 31% toegeneem tussen Januarie 2017 en Januarie 2018 terwyl aanlynaankope met slegs 16% vermeerder het. Vakansietye maak dit boonop nog makliker vir aanlynbedrogplegers omdat mense meer aankope as gewoonlik doen en dus nie altyd so fyn opvolg soos gewoonlik nie. Banke is ook onder groot druk tydens besige tye en vind dit moeiliker om agterdogwekkende aankope betyds te identifiseer.

Beskerm jouself, kyk uit vir die volgende

Pasop vir vals e-posse en webwerwe

• Maak webwerwe self oop en moenie ’n skakel volg nie. Die meeste van ons word so oorlaai met e-posse dat dit maklik is om per ongeluk ’n vals e-pos met aanhegsels vol virusse oop te maak sonder om mooi te kyk. Of om nagemaakte skakels te volg wat op die oog af eg lyk, maar met nadere betragting ’n spelfout of ekstra letters raak te sien. Gewoonlik is dit versoeke van jou bank of SARS om persoonlike inligting soos jou bankbesonderhede en ID-nommer deur te gee sodat ’n terugbetaling of oorbetaling bemagtig kan word.

As jou gunstelingaanlynwinkel vir jou ’n afslagkoepon met ’n skakel aanstuur, moenie oorhaastig wees en daarop klik nie. Gaan liewer self na die aanlynwinkel se webwerf, doen jou inkopies, en gebruik dan die afslagkoepen wanneer jy betaal. Enige koepon wat na jou ge-epos word, sal ook op hierdie manier geldig wees.

• Inspekteer die URL. ’n Regmatige webwerf sal “https” bevat eerder as net “http”. Die “s” daarby beteken die webblad is “secure”, dus veilig. Dit behoort ook ’n prentjie van ’n slot aan die linkerkant van die  URL te hê (sien voorbeeld onder).

• Let op taal- en spelfoute. Vermy webwerwe wat taal- en/of spelfoute in die onderwerpreël bevat of wat net in hoofletters geskryf is.

Moenie dieselfde wagwoord gebruik nie

In ’n meningspeiling teen die einde van 2017 het 81% van mense erken dat hulle dieselfde wagwoord vir al hul aanlyntransaksies gebruik. As kuberdiewe toegang daartoe het, kan hulle op al jou ander aanlynprofiele inkom en skade aanrig. Kry ’n wagwoordbestuurder (password manager) soos Dashlane of Universal Password Manager, waarvoor jy dan net een wagwoord nodig het.

Moenie die swakste skakel wees nie

Maak dit moeilik vir kuberkrakers om jou bankbesonderhede te bekom. Moenie enige banksake of aanlyninkopies in ’n gratis WiFi-sone doen nie.

Aanlyninkopies is gerieflik, maar dis nie so veilig soos aankope in ’n werklike winkel nie.

Lees ook: 10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

The post Wees veilig aanlyn appeared first on rooi rose.

Nuut & Nou: Subskripsiebokse
Little Black Bag

Die jongste mode-, huis-, skoonheid- en kositems is net vir jou uitgekies en in ’n oulike sakkie verpak. Elke maand het ’n ander tema waarin plaaslike ontwerpers hul talent tentoonstel. Pryse begin by R249 per maand, en hoe langer jy inteken, hoe meer spaar jy. Littleblackbag

BundleBox

Kry geskenkies wat versigtig uitgekies is deur ons paneel van Mamma-kundiges, spesifiek vir jou stadium van swangerskap of ouderdom van jou kind. R329 per boks. Bundlebox

DateFactory

Ontspan en laat DateFactory vir jou en jou geliefde ’n spesiale aand skep. Elke boks bevat iets oulik, ’n lekkerny en iets vir die gemoed. Alles in die boks is gekoppel aan ’n tema. R469 per boks. Date Factory

My Chocolate Box

Perfek vir al sjokoluste! Die beste plaaslike en internasionale sjokolade in een boks. Daar is selfs beperkte uitgawes en produkte wat nog nie in winkels beskikbaar is nie. R349 per boks. My Chocolate Box

The post Nuut & Nou: Subskripsiebokse appeared first on rooi rose.