affair | rooi rose

Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is
Tekens dat jou maat dalk ontrou is:

• Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.
• Die foon is dikwels af, of daar is ’n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie.
• Hulle is nie ’n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; of daar is toegangskodes vir die  foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie.
• Bankstate word weggesteek.
• Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, geïrriteerd of skielik vol selfvertroue wees.
• Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen.
• Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry ’n nuwe haarstyl en klere.
• Jul verhouding verander. Hy/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit.
• Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in dié rigting praat, is die ander een verdedigend en selfsaggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou.

Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word.

Ontrouheid in ’n verhouding is ’n simptoom dat daar iewers iets fout is: óf in die verhouding, óf in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te hê wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is ’n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak.

Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is ’n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat ’n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en ’n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam.

Blaam is die dominante speletjie

Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het.

Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. Ná enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat ná al die leuens ooit weer vertrou?

Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. “Ek kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en geïrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie altyd so nie.

“En toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en ’n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.”

Andrew Marshall sê in sy boek How Can I Ever Trust You Again dat maats verskeie soorte ontroue speletjies speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel.

Onskuldige pret, ’n ongeluk of ’n speletjie

Die affair is ’n speletjie waarin die reëls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego’s gestreel het. Dié soort ontrouheid begin dikwels onskuldig by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met ’n probleem. Die aanvanklike onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke.

Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry.

Dis ’n noodkreet om hulp

Dit vind gewoonlik plaas as daar ’n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is geïgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en ’n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los.

Ek neem wraak!

Hierdie mense dink hulle het die reg op ’n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om ’n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met ’n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur.

Ek het dit nodig vir selfmedikasie

Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer ’n verhouding ’n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en ’n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers – wat ’n ideale teelaarde vir ’n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad.

Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van ’n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het ’n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld ’n hupstoot gee. So ’n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan ’n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik.

Die Don Juan-speletjies

Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot ’n seksuele verhouding oor. Maar agter hom lê ’n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe.

Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil ’n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde ’n verhouding beëindig. Hul ontnugterde, moeë lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding.

Die driehoek

In hierdie verhouding sal die bedrieër dit stel dat sy lewensmaat én die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Dié soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van ’n hanteringsmeganisme na ’n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so ’n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue dán by die minnaar en dán weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul oë vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So ’n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer.

Ek het behoefte aan meer

Dié soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by ’n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil hê, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels ’n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig – tot hulle dit self ontdek.

My liefde vir jou is dood – ek gaan jou verlaat

In so ’n verhouding stuur die persoon ’n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue ná ontrouheid is meestal ’n lang en ’n moeilike, maar ’n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe.

Om maar net te vergewe is dikwels ’n poging tot ’n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrieër reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om ná ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg.

Wat is die kans op ’n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk?

’n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom/haarself van geluk en ’n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrouheid wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef én mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.

Lees ook: Wat gaan regtig in jou man se kop aan?

The post Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is appeared first on rooi rose.

Aanlyn-affair
Jy verneuk nie jou maat nie, reg? Daardie flirterige Whatsapp-gesprekke met jou kollega of Facebook-vriend is tog nie seks nie! Want, redeneer jy, julle het nog nooit aan mekaar geraak nie. ’n Mens kan tog nie in die kuberruim ontrou wees nie.

Natuurlik kan jy! Marlene Wasserman, ’n bekende kliniese sielkundige en seksuoloog, alombekend as Dr. Eve, het onlangs ’n boek oor die onderwerp geskryf en sy draai nie doekies om nie.

“Ontrouheid is ’n verbreking van die basiese eed van seksuele getrouheid, monogamie en toewyding. As jy dit aanlyn doen, word dit kuberontrouheid genoem.”

Die probleem is dat baie mense dit nie as ontrouheid beskou nie en later baie seerkry, waarsku sy. Dit begin gewoonlik onskuldig met vriendelike boodskappe wat later in ’n geflirt ontwikkel. Nog later word dit sexting (SMS’e van ’n seksuele aard). Met ’n app soos Snapchat kan jy selfs gewaagde foto’s van jouself stuur wat ná ’n sekere tyd outomaties uitgevee word. En voor jy jou oë uitvee, is jy volstoom in ’n seksuele verhouding, hoewel, soos sy dit stel, “geen liggaamsvloeistowwe uitgeruil word nie”.

Dr. Eve meen daar is ’n paar redes vir die wêreldwye toename in kuberontrouheid. “Dis maklik, toeganklik, bekostigbaar en anoniem.”

Daar is selfs afspraakwebwerwe spesiaal vir getroude mense wat affairs wil hê. Dit was juis www.Ashley Madison.com se bekendstelling in Suid-Afrika wat tot ’n vloedgolf nuwe pasiënte vir Dr. Eve gelei het. Die webwerf se leuse is “Life is short, have an affair”, iets wat die meer as 27 miljoen lede in veertig lande blykbaar nogal ter harte neem.

Maar voordat jy gerus raak: kuberontrouheid is nie beperk tot ’n flankeerdery via Ashley Madison nie. Dit gebeur ook op gewone afspraakwebwerwe én op sosiale netwerke soos facebook.

• Met tegnologie soos selfone, tabletrekenaars en rekenaars kan enigeen nou in die kuberruim flankeer, hetsy per SMS, Whatsapp, e-pos of Skype. En ja, daardie intieme geselsies met ’n facebook-vriend tel ook as kuberontrouheid.

• Hoekom dinge aanlyn soveel vinniger ontwikkel. In die regte lewe werk verhoudings só: julle ontmoet mekaar iewers (by die werk, deur vriende), ruil telefoonnommers uit en stuur ’n paar Whatsapps. Daarna word dit telefoongesprekke en uiteindelik ontmoet julle mekaar. In die regte lewe neem dit weke of maande voordat julle seks het.

Aanlyn gebeur alles vinniger. Julle gesels aanvanklik lekker oor allerhande goed en eers later word dit ernstiger, intiemer gesprekke. Julle flirt, en later is daar seksuele insinuasies in jul boodskappe. En siedaar, binne dae voel jy of jy hierdie mens aan die ander kant van die rekenaar ken. Dan volg sexting en meer eksplisiete gesprekke waarin julle ook oor jul seksuele fantasieë praat. Voor jy jou oë uitvee, is jy in ’n web van seksuele begeerte vasgevang en as julle naby genoeg aan mekaar woon, word ’n ontmoeting gereël.

Soos Dr. Eve dit stel: “Ons het danksy tegnologie ’n kreatiewe klomp geword. Ons omseil hindernisse, soos om nie te weet hoe iemand lyk, ruik of voel nie. Deur ryk, kreatiewe teksboodskappe en e-posse word ons in ’n hiperpersoonlike ruimte ingelok. Dit laat ons gouer voel dat ons gereed is om iemand te ontmoet.”

Die pyn wat kuber-ontrouheid veroorsaak, is net so pynlik as wat die geval in die regte lewe is

Ongelukkig het hierdie soort sprokies selde ’n gelukkige einde.

• Raak net mense wat ongelukkig getroud is, by kuber-affairs betrokke?

Nie volgens Dr. Eve nie. Die Internet maak dit wel makliker, maar dis nie die Internet wat veroorsaak dat jy in die eerste plek ontrou is nie, meen sy. “Daar is verskeie faktore eie aan die Internet wat dit net te verleidelik maak om te ignoreer, selfs vir mense wat gelukkig is en voel hul verhouding is goed genoeg.

“Jy wil dalk nie die kans laat verbygaan om opwindende interaksie met nuwe mense te hê nie. Van die oomblik af dat jy aanlyn inteken, word jy ’n ander mens. Jou verbeelding gaan op hol. Dit maak nie saak wie jy is, hoe jy lyk, wat jou finansiële of huwelikstatus is nie, maar terwyl jy jou eie held of heldin word, gebeur dieselfde met jou aanlynmaat.

“Jy verbeel jou hierdie mens is buitengewoon, en jy projekteer al jou hoop en drome op hom.” Dan, vertel sy, is dit die natuurlikste ding dat jy deur hom betower sal word, of selfs vir hierdie mens lief kan word.

• Nog ’n eienskap van aanlynflirtasies is die onmiddellike interaksie. Jy hoef nie alleen op jou bed te lê en fantaseer nie, maar kan met iemand gesels wat dadelik reageer op alles wat jy sê. Jy voel asof iemand na jou luister, iets wat baie mense in haar spreekkamer lankal nie meer binne hul huwelik ervaar nie, verduidelik Dr. Eve. “Jy voel begeerlik, al het jy hom nog nooit gesien nie.”

• Jy voel so na aan hom omdat julle intimiteite met mekaar deel. “Dis alles ’n kragtige afrodisiak,” verdui-delik sy. “Veral omdat nie een van julle enige moeite hoef te doen, of hulpbronne in hierdie gevoelens hoef te belê nie. Jy hoef nie aan te trek vir, of geld op ’n afspraak uit te gee nie. Al wat jy hoef te doen, is om aanlyn beskikbaar te wees.”

Die groot gevaar van aanlynverhoudings is dat jy so meegevoer raak deur alles wat op die Internet beskikbaar is – sy noem dit “imagination overload” – dat jy nuwe behoeftes begin ervaar. “Met elke klik op ’n nuwe profiel is daar potensiële plesier, maar ook ’n enorme risiko. Kan jy jou normale leefwêreld en jou aanlynleefwêreld van mekaar skei? Of verwar jy jou kuberlewe met die regte lewe?”

• Hoekom is ’n aanlyn-affair gevaarlik vir jou huwelik? “Eerstens omdat dit bes moontlik ’n affair in lewende lywe kan word. Maar al word dit nie, is die gevolge net so verpletterend”, waarsku Dr. Eve, wat al 35 jaar lank as kliniese sielkundige werk en die afgelope twintig jaar in seksterapie spesialiseer.

• Die pyn wat mense weens kuberontrouheid ervaar, is presies dieselfde as in die regte lewe. “Hulle voel verneuk en verraai. Dis die pyn van die geheim, van uitgesluit word van ’n wêreld wat jy gedink het deur ’n trouring beveilig word. Dis iets wat jul private wêreld van monogamie, seksuele getrouheid en toewyding was.

Dis ’n dubbele pyn, want boonop besef jy jou maat het vir jou ’n vreemdeling geword.

“Die mens langs wie jy nog al die jare slaap, het ’n geheime persona wat nog nooit vir jou gewys is nie. Dit laat jou alle vertroue in hom verloor, en jou wêreld val uitme-kaar.”

• Kan ’n huwelik ná kuberontrou-heid gered word? “Dit verg meer moed om dit te verwerk as in die geval van ’n normale affair,” maan Dr. Eve. Daar is verskeie redes daarvoor, soos dat jy bes moontlik ook meer (en dalk selfs meer eksplisiete) fisieke bewyse daarvan gesien het, soos seksboodskappe of foto’s, as in die geval ’n “gewone” affair.

“Dis ook baie moeilik om die vertroue te herbou, want hy het steeds al die toestelle – die sex tech – waarmee hy aanlyn kan gaan.”

Hoe gaan jy daarmee saamleef sonder om die hele tyd te wonder wat in sy SMS’e en e-posse staan? Dis belangrik om ’n baie reguit gesprek te hê oor die tegnologie, maar ook oor privaatheid.

“Vra jou maat of jy na sy boodskappe, facebookbood-skappe en soekgeskiedenis mag kyk om te sien waar hy oral aanlyn kuier, en met wie.”

Terapie vir kuberontrouheid verskil ook baie van dié van ’n tradisionele affair vanweë die nuwe wêreld wat tegnologie vir ons oopgemaak het. Daarom is dit van kardinale belang dat julle moet besluit wat julle sien as die definisie van kuberontrouheid binne jul verhouding. Is flirterige SMS’e ontrouheid? Of voel jy jou maat is eers ontrou as die sexting begin?

“Probeer om die intimiteit tussen julle te herbou, en word weer vriende. Wees openlik oor julle seksuele behoeftes en begeertes, en gee mekaar die kans om dit te vervul.”

Tekens van ’n aanlyn-affair

• Hy (of sy) bestee al meer tyd aanlyn, is nooit sonder sy foon nie en kyk gedurig vir boodskappe.

• Sy bui en selfbeeld verbeter merkbaar.

• Hy verander skielik die wagwoorde op telefone en rekenaars. (Of skep wagwoorde waar dit nooit voorheen gebruik is nie.)

• Julle sekslewe is skielik baie beter (vanweë die stimulasie wat hy aanlyn kry).

• Hy raak aanvallend wanneer jy begin vrae vra oor sy voortdurende aanlyn-aktiwiteite en beskuldig jou daarvan dat jy nie sy privaatheid respekteer nie. “In daardie geval moet jy vra wat daar aanlyn aangaan wat hy so graag privaat wil hou?” sê Dr. Eve.

Verstommende statistiek

• Daar is sewe miljard mense op aarde en sowat 2 miljard onder hulle gebruik sosiale netwerke (facebook, Twitter, Google+ en ander) vir intieme en sosiale verhoudings

• Facebook het die meeste gebruikers met meer as een miljard geregistreerde rekeninge.

• Whatsapp het die tweede meeste gebruikers (net onder een miljard)

• Die gemiddelde Internetgebruiker bring een uit elke vier minute op ’n sosiale netwerk deur.

Bron: www.statista.com

The post Aanlyn-affair appeared first on rooi rose.