affairs | rooi rose

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is
In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani se pa wat in die tronk is en Leandri ontdek ’n geheim in haar ma se tuinhuis. Amé sukkel om Joshua se ontrouheid te verwerk ná ’n hoogswanger Sage opdaag terwyl hulle hul troubeloftes probeer hernu het.

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

As daar ontrouheid in ’n verhouding was, het die storie gewoonlik twee kante. Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak

Tekens dat jou maat dalk ontrou is:

Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.

Die foon is dikwels af, of daar is ’n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie.

Hulle is nie ’n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; of daar is toegangskodes vir die  foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie.

Bankstate word weggesteek.

Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, geïrriteerd of skielik vol selfvertroue wees.

Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen.

Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry ’n nuwe haarstyl en klere.

Jul verhouding verander. Hy/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit.

Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in dié rigting praat, is die ander een verdedigend en selfsaggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou.

Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word.

Ontrouheid in ’n verhouding is ’n simptoom dat daar iewers iets fout is: óf in die verhouding, óf in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te hê wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is ’n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak.

Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is ’n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat ’n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en ’n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam.

Blaam is die dominante speletjie

Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het.

Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. Ná enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat ná al die leuens ooit weer vertrou?

Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. “Ek kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en geïrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie altyd so nie.

“En toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en ’n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.”

Andrew Marshall sê in sy boek How Can I Ever Trust You Again dat maats verskeie soorte ontroue speletjies speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel.

Onskuldige pret, ’n ongeluk of ’n speletjie

Die affair is ’n speletjie waarin die reëls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego’s gestreel het. Dié soort ontrouheid begin dikwels onskuldig by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met ’n probleem. Die aanvanklike onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke.

Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry.

Dis ’n noodkreet om hulp

Dit vind gewoonlik plaas as daar ’n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is geïgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en ’n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los.

Ek neem wraak!

Hierdie mense dink hulle het die reg op ’n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om ’n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met ’n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur.

Ek het dit nodig vir selfmedikasie

Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer ’n verhouding ’n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en ’n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers – wat ’n ideale teelaarde vir ’n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad.

Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van ’n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het ’n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld ’n hupstoot gee. So ’n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan ’n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik.

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?

Die Don Juan-speletjies

Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot ’n seksuele verhouding oor. Maar agter hom lê ’n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe.

Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil ’n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde ’n verhouding beëindig. Hul ontnugterde, moeë lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding.

Die driehoek

In hierdie verhouding sal die bedrieër dit stel dat sy lewensmaat én die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Dié soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van ’n hanteringsmeganisme na ’n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so ’n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue dán by die minnaar en dán weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul oë vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So ’n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer.

Ek het behoefte aan meer

Dié soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by ’n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil hê, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels ’n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig – tot hulle dit self ontdek.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

My liefde vir jou is dood – ek gaan jou verlaat

In so ’n verhouding stuur die persoon ’n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue ná ontrouheid is meestal ’n lang en ’n moeilike, maar ’n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe.

Om maar net te vergewe is dikwels ’n poging tot ’n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrieër reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om ná ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg.

Wat is die kans op ’n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk?

’n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom/haarself van geluk en ’n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrouheid wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef én mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.

Hier is ’n paar aanhalings oor affairs, ontrouheid en vergifnis.

“As jy met ’n man trou wat sy vrou verkul het, sal jy getroud wees met ’n man wat sy vrou verkul.” – Ask Ann Landers, ’n Amerikaanse rubriek wat van 1943 tot 2002 verskyn het

“Om iemand te verkul is nie altyd soene, aanraking en om te flirt nie. As jy teksboodskappe van jou foon uitwis sodat jou ander helfte dit nie sien nie, is jy reeds daar.” – Onbekend

“Dit is hoe oneerlikheid en verraad begin; nie met groot leuens nie, maar met klein geheime.” – Die Amerikaanse skrywer Amy Tan

“Affairs begin nie in die slaapkamer nie. Hulle begin met gesprekke.” – Onbekend

“Die swakkes kan nooit vergewe nie. Om te vergewe is ’n eienskap van die magtige.” – Mahatma Gandhi

“Vergifnis is nie iets wat jy elke nou en dan doen nie; dit is ’n konstante instelling.” – Marin Luther King Jr.

“Luister. Skuif die gewig van jou skouers en beweeg vorentoe. Jy is bang dat jy dalk mag vergeet, maar jy sal nooit nie. Jy sal vergewe en onthou.” – Die Amerikaanse skrywer Barbara Kingsolver

“Toe ek deur die deure van die tronk gestap het na die hek wat my vryheid sou beteken, het ek geweet as ek nie die bitterheid en die haat agterlaat nie, sal ek steeds in die tronk wees.” – Nelson Mandela

“Die wond is die plek waar die Lig jou binnekom.” – Die Persiese digter en filosoof Rumi

“Moet nooit die vermoë van ’n man wat jou laat skuldig voel oor sy foute onderskat nie.” – Die sangeres Rihanna

“Moenie iemand verkul as jy nie verkul wil word nie. ’n Verhouding het twee kante. Dit is die goue reël.” – Die skrywer en lewensafrigter Israelmore Ayivor

“Hoe meer jy ’n leuen verdedig, hoe kwater gaan jy word.” – Die Amerikaanse skrywer Mitch Albom

“Verkullers dink nie dit is verkeerd nie tot iemand hulle verkul.” – Sonya Parker, skrywer van selfhelp-boeke

“Om te verkul is ’n keuse. Einde van die storie.” – Die verhoudingskenner en skrywer Charles J. Orlando

Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.

Lees ook: Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

The post ‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is appeared first on rooi rose.

Kom sit vir ’n sessie
Die verhoudingskenner

Hanlie Raath, ’n psigoterapeut met ’n meestersgraad in maatskaplike werk, spesialiseer in individuele, huweliks-, gesins- en groepsterapie. Sy het ’n private praktyk in Bryanston, Johannesburg, en bied korporatiewe en openbare verhoudingsbestuurwerkswinkels aan. Sy sê:

“’n Verhouding is ’n verkenningstog Om ’n moeë of moeilike verhouding nuwe lewe te gee, is ’n kreatiewe proses. Die kuns lê daarin om die siel van ’n verhouding tussen twee mense te herontdek. Wat skep die verbintenis – is dit gewoonte, vriendskap, pret, lojaliteit, avontuurlus, passie of konflik? Hoe het die aanvanklike “ooreenkoms” tussen hulle verander? Sodra die skeppingsenergie in ’n verhouding opnuut begin vloei, ontstaan onvoorsiene, verrassende moontlikhede, dalk selfs ’n gevoel van verwondering. Dis die beléwing van die proses wat belangrik is, nie ’n finale uitkoms nie.

• Verhoudings is nooit volmaak nie

’n Goeie verhouding is real eerder as ideal. Dis daar om die betrokkenes se persoonlikhede, begeertes en ontwikkeling te akkommodeer, nie om die een of ander ideaalbeeld te weerspieël nie. Vervullende verhoudings is ’n uitdaging; nie soseer omdat dit wat ons gelukkig maak moeilik bereikbaar is nie, maar omdat ons baie keer nie weet hoe om daar uit te kom nie. Ons kort bewustheid en oefening. Terwyl goeie verhoudings vreugde en spontaneïteit insluit, is daar ook soms bloed, sweet en trane. Ware intimteit word juis in hierdie paradoks gevind.

• Konflik is van kernbelang

Mense dink dikwels konflik bedreig intimiteit, maar konflik bied ’n noodsaaklike ruimte vir die uitdrukking van frustrasies en begeertes. Wanneer mense leer om die power play tussen hulle te bestuur en onnodige beskermingsmeganismes te laat vaar, word hulle toegankliker. Elkeen van ons kan leer om gesonde, buigbare grense te skep, om die waarheid te praat sonder oordeel of verwyt, en om oop te wees vir onverwagse uitkomste.

• Verandering is onafwendbaar

Baie mense verset hulle teen groei – hul eie of hul maat s’n. Die geheim is om dit as deel van die voortgang van die lewe te beskou en jou verwagtings daarby aan te pas. Verhoudings gaan deur fases; verliefdheid is net die wegspringplek. Wanneer dit oorgaan na die tweede fase, die magstryd, beëindig mense soms die verhouding omdat hulle nie besef dat dit na ’n volgende vlak van intimiteit kan lei nie.

• Krisisse kan ’n verhouding versterk

Affairs en ander krisissituasies hoef nie in ’n heksejag te ontaard nie. In terapie kan die een wat die buite-egtelike verhouding aangeknoop het die presiese aard van die aantrekkingskrag ondersoek en maniere kry om dit in die bestaande verhouding uit te leef. Dit gaan dikwels nie om seks nie, maar om avontuurlus of die wete dat jy lééf. In terapeutiese gesprekke word die ander maat dikwels ook bewus van ’n langdurige gebrek aan vervulling, en begin albei daaraan werk om te kry wat hulle ten diepste begeer. Dis ’n veeleisende proses, maar haalbaar – veral as dit uit ’n skeppende eerder as ’n voorskriftelike hoek benader word.

• Verhoudingsbou is vir mans én vroue

Ek benader terapie vanuit die psigo-analise, stelsel- en Gestaltteorie. Ek werk ook met argetipes. Interessant genoeg spreek ek meer mans as vroue. Baie mans ervaar ’n diep gevoel van verlies oor hul pa’s. Hulle is onseker oor hoe om hul emosionele verhoudings te hanteer, en voel soms hulle het hulsélf in die steek gelaat. Vroue voel weer dikwels “onsigbaar” en verswelg deur ’n magdom eise. Hulle het die behoefte aan ’n sterker besef van hul uniekheid en potensiaal – aan “toestemming” om te wees wie hulle is en te kry wat hulle wil hê. Uit my terapie-ervaring het ek verskeie werkswinkels ontwikkel wat ’n vars benadering tot verhoudings bied, soos dié tussen paartjies, ouers en kinders of mense in die werkplek. Meer as 12 000 mense het die afgelope 20 jaar dié kursusse bygewoon. Nuttige tegnieke en insigte word deur ervaringsleer (experiential learning) aangevul. Van die werkswinkels sluit die gebruik van dansvorms in, soos die tango en salsa of kontak met perde.

Meer inligting, ook oor Hanlie se boek: The New Paradise: Making Intimacy Real (2004), kontak 084 5595 414 of besoek www.paradox8.co.za

Die seksuoloog

Leandie Buys is een van slegs ses kliniese seksuoloë in Suid-Afrika. Sy het haar meestersgraad in die gesondheidswetenskappe in Australië verwerf, is ’n geregistreerde traumaberader en het ’n private praktyk in Port Elizabeth. Sy sê:

• Dit gaan nie net oor seks nie

Baie mense is onder die indruk dat ek net seksuele wanfunksies behandel, maar dit gaan eerstens om verhoudingsberading; seks is net ’n uitvloeisel van ’n verhouding. Ek spesialiseer in die sielkundige en emosionele aspekte van seksuele gesondheid. Elkeen se siening van seksualiteit is uniek. Ons houdings, ervarings en gedrag word deur biologiese, sosiale, kulturele en sielkundige faktore gevorm. Ek benader seksterapie holisties en pas dit by elke pasiënt se behoeftes aan. Die doel is onder meer om prestasieangs te verminder, inligting te bied oor verhoudings, intimiteit, die werking van ons liggame en mans en vroue se belewenis van seksualiteit, en om kommunikasie oor seks tussen paartjies te verbeter.

• Die gevolg van seksuele ‘geheimhouding’

Dié van ons wat dertig jaar en ouer is, het in ’n tyd grootgeword waar seks ’n taboe-onderwerp was. Dink maar aan Elvis Presley se “seksueel uitlokkende” musiekvideo’s wat verbied is! Kinders is ontmoedig om oor die seksuele te praat of te dink, en openbare seksuele gedrag is afgekeur sonder ’n verduideliking waarom dit onvanpas was. Dit het gelei tot vernedering, verwarring, onbegrip en die oortuiging dat die seksuele “vuil” is. As volwassenes moes hierdie kinders met hul skuld- en angsbelaaide grondslag probeer herontdek wat seks behels. Niemand het hulle vertel hoe om aan hulself of hul lewensmaats seksuele plesier te verskaf, oor seks te praat, of oor seksuele gedrag te onderhandel nie. Dit verklaar ook hoekom talle paartjies eers hulp soek wanneer hul verhoudings ineenstort.

• Daar ís antwoorde

Namate mense ouer en wyser word en gemakliker met hul liggame begin voel, breek hulle gelukkig ook uit die skuldgevoelens en angs van die verlede weg. Hulle besef hulle is as seksuele wesens geskape en dat hulle seksuele plesier verdien. Daar ís antwoorde – as ons net die regte vrae vra!

• Mans en vroue verskil

Mans en vroue verskil in hul siening en ervaring van liefde en seks. Mans verstaan nie dat vroue nie terselfdertyd seks én oorlog kan maak nie. Mans beskou seks as vrede maak en is verras as hulle agterkom hul lewensmaat is steeds kwaad! Ek sien dikwels dat vroue waardering wil hê vir die werk wat hulle in en om die huis doen, terwyl mans ’n fisieker siening van liefde het. Hulle hou van ’n drukkie of ’n sexy SMS en erkenning van hul pogings om die gesin finansieel te onderhou. As ’n man by die huis kom en ’n speelse knypie vir sy vrou gee wat heeldag gewerk het en nou aandete maak, vererg sy haar dalk omdat hy “net aan seks dink”. ’n Bakleiery ontstaan. Sy voel hy misken haar versorging van die gesin terwyl hy sy liefde deur ’n intieme aanraking wou toon. Sy kon net omgedraai, hom op die wang gesoen en gevra het dat hy die tafel dek. Of hy kon vir eers die knypie laat staan en gevra het of hy met iets kon help.

• Soms wil vroue meer hê

Begeertediskrepansie, waar die een ’n hoër libido as hul maat het, is ’n algemene probleem, maar dis ’n wanopvatting dat dit mans is wat altyd ’n hoër seksdrang het. Baie vroue het hoër libido’s as hul maats. Omdat dit nie inpas by die persepsie dat mans “altyd op die uitkyk is” en vroue gewoonlik “kopseer” het nie, neem vroue in dié posisie dit maklik persoonlik op. Hulle kan probeer om gewig te verloor of hul haarstyl te verander, sonder die verlangde gevolge. Wanneer begeertevlakke verskil, is die antwoord nie om die maat met die laer seksdrang te dwing om meer seks te hê nie. Dis doeltreffender om die paartjie se sienings en benaderings rondom seks te herdefinieer en die kommunikasiekanale oop te maak sodat hulle tot ’n wedersydse ooreenkoms kan kom.

Meer inligting, ook oor Leandie se boek Seisoene van seks: wat is normaal? (Naledi, 2009) by 041 373 5800 of www.leandiebuys.co.za

Die leefstyl-afrigter

Sterna Wineberg is ’n persoonlike, bestuurs-, span- en verhoudingsafrigter in die noordelike voorstede van Johannesburg. Sy is ’n lid van die International Coach Federation (ICF).

• Verandering is die wagwoord

Jy kom na ’n lewensafrigter wanneer jy jou lewe of aspekte van jou bestaan na ’n nuwe, bevredigender vlak wil neem. Die geheim is om jou manier van kyk, dink en doen te verander.

Sien dit só: jou denke skep sekere gevoelens en jou gevoelens beïnvloed jou optrede. Jou optrede bepaal weer die uitkoms van ’n situasie. Deur indringend op denk- en gedragspatrone te fokus, help jou afrigter jou om nuwe uitkomste te bewerk. Dis ’n diepgaande proses wat tot volhoubare verandering lei.

• Die kliënt is die kundige

Jy ken jouself die beste. Jy weet hoe jou omstandighede lyk, wat jou hartsbegeertes is en watter struikelblokke in jou pad lê. Die haakplek is dat jy nie altyd helder bewus daarvan is nie. ’n Life coach help jou om ’n bietjie terug te staan en die prentjie duideliker te sien. Jy ontdek wie jy waarlik is, wat jy wil bereik en wat jy kan doen om daar te kom. Saam met jou afrigter werk jy ’n aksieplan uit wat jy stap vir stap kan volg.

• Jou verlede maak nie saak nie

In lewensafrigting maak ons ons nie moeg oor hoekom dinge gebeur het nie. Ons sê: Dís hoe die situasie lyk – wat nou?

“My rol is om kliënte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja sê, soos om langer ure te werk, sê jy nee vir iets anders – soos om jou kinders in die bed te sit.”

Goeie vrae is die antwoord

Die gehalte van die vrae wat jy vra, bepaal jou lewensgehalte. ’n Kundige afrigter vra prikkelende vrae wat die probleemplekke en kwessies in jou lewe belig. Dit gaan nie oor die afrigter se persepsies nie, maar om wat jy wil hê. Eers wanneer jy powerful questioning self ervaar, besef jy watter kragtige instrument dit is.

• So eenvoudig soos ABC

Ek gebruik die akroniem GROW om die pad wat ek met ’n kliënt loop, raak te vat.

G staan vir goal: die doelwit, klein of groot, wat jy op ’n spesifieke lewensgebied wil bereik.

R staan vir reality check: hoe lyk die situasie werklik?

O is options of die ontwikkeling van kreatiewe oplossings wat jou na jou verlangde doelwit sal lei.

W staan vir will of jou wilskrag om die moontlikhede in daadwerklike optrede te omvorm. Dis die mate waartoe jy jou tot die proses verbind.

’n Tweede akroniem, SMART, skep duidelikheid rondom jou doelstelling:

S staan vir specific: wat presies wil jy bereik?

M staan vir measurable of meetbaar. Hoe kan jy jou doelstelling kwantifiseer? Hoe sal jy weet as jy dit behaal het?

A dui op attainable. Is jou doelwit haalbaar? Lê dit binne jou vermoë om dit te bereik en het jy beheer daaroor? ’n Doelwit wat van iemand anders afhang, soos die wens dat jou man jou bedagsamer moet behandel, is nie ten volle binne jou beheer nie.

R staan vir relevant: hoe belangrik is hierdie mikpunt vir jou? Gee jy voorkeur daaraan?

T dui op time of die tydperk waarbinne jy dit wil bereik.

• Sleutelvraagstukke

Die kliënt kies waarop ons konsentreer. Dalk wil hy ’n spesifieke gemeenskapskwessie oplos, of begeer sy haar eie onderneming. Selfs ’n “klein” sakie, soos om vergaderings met meer selfvertroue te benader, is van pas. Ek werk met énigiets wat vir die kliënt ’n probleem is. Kwessies soos balans, kommunikasie en eiewaarde kom dikwels ter sprake. Dit beteken net vir elkeen iets anders. So beteken balans vir die een om genoeg tyd met gesinslede, familie én vriende deur te bring, en vir ’n ander om emosionele vervulling én sukses te ervaar. Die bekende oefening waar jy ’n sirkel in verskillende lewensterreine verdeel en met ’n persentasie aandui waar jy jouself ten opsigte van finansies, loopbaan, fisieke welsyn, spiritualiteit, ensovoorts sien, is veelseggend. Deur strategiese vrae te beantwoord, kan jy vasstel wat jy wil verander. My rol is om kliënte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja sê, soos om langer ure te werk, sê jy nee vir iets anders – byvoorbeeld om jou kinders in die bed te sit. Dis ons keuses wat die balans skep of versteur en sodra ons met oorleg begin kies, word ons nie meer willoos deur omstandighede meegesleur nie.

• Vervang eerder as verander

As jy iets al jare lank op ’n spesifieke manier doen of benader, is dit ’n gevestigde patroon wat moeilik sal verander. Dit is beter om ’n vars patroon te skep en die oue ’n stille dood te laat sterf. Navorsingsresultate wys dit neem sowat drie maande om nuwe gedrag deel van jou te maak. Daarom sien ek mense vir minstens twaalf sessies of vir ’n tydperk van drie maande.”

Kontak Sterna by swineberg@gmail.com of 082 349 6270.

The post Kom sit vir ’n sessie appeared first on rooi rose.