African Pride Irene Country Lodge | rooi rose

Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad
Naam

Michelle Nortje

Waar ons was

African Pride Irene Country Lodge

Wie almal daar was

Michelle Nortje

Ligging

African Pride Irene Country Lodge is geleë in Irene, Gauteng

Soort akkommodasie

Luukse plattelandse lodge met spa

Tariewe

Eksklusiewe aanbod: Romantic Rendezvous, Spring into Summer, Family Fun Getaway, Leisure Getaway. Om te bespreek of vir meer inligting, besoek hul webblad hier.

Atmosfeer

Stylvolle, plattelandse gevoel in die hartjie van die stad. Luuksheid in ’n ontspanne luim.

Wanneer

3 en 4 Oktober 2014

Waar ons oorgeslaap het

Deluxe King Rooms met patio

Wat het dit onvergeetlik gemaak

Die rustige, plattelandse gevoel in die hartjie van die stad laat jou onmiddellik ontspan. Wanneer jy die groot skuifdeur met dik houtrame in jou kamer ooptrek, op die patio uitstap en kaalvoet op die lowergroen grasperk staan, vergeet jy van alles om jou. Die stilte, die natuur se skoonheid en die plaasdiere wat verlangs wei, bring ’n stille vrede in jou gemoed wanneer jy die skoonheid van God se skepping indrink.

Historiese sjarme

African Pride Irene Country Lodge laat jou terugverlang na ’n rustige plattelandse lewe. Die 13jaaroue lodge, geleë langs ’n eer en omring deur ’n melkplaas en ’n gholfbaan, se historiese sjarme maak die ervaring onvergeetlik.

Die Irene-dorpie (geleë in Centurion), bevat ’n eeu se geskiedenis. Die Irene-landgoed is in 1895 gestig en in die jaar 1908 het die voormalige eerste Minister, Generaal Jan Smuts, ’n derde van die oorspronklike Doornkloof-plaas (vandag Irene), gekoop.

Vandag is die dorpie die tuiste van African Pride Irene Country Lodge en die Irene-melkplaas wat deur die Van der Byl-familie besit word (reeds in hul vyfde generasie). Die familie was verantwoordelik vir die opbou van die groot trop koeie op die plaas en hulle het ook honderde bome geplant, lank voordat omgewingsbewustheid ’n trend geword het.

Die gholfbaan, geleë tussen die melkplaas en die Smuts-huis, is oorspronklik in 1911 deur Bertie van der Byl en Generaal Jan smuts uitgelê. Vandag is dit steeds een van min gholfbane in Gauteng waar dit voel of jy op ’n plattelandse wandeling is.

Luukse slaapplek

Die African Pride Irene Country Lodge is in 1998 geopen en bied vyfster-akkommodasie en onvergeetlike kookkuns. Slegs 25minute se ry van die OR Tambo Internasionale-lughawe, is hierdie die perfekte plek om vir ’n naweek weg te breek en asem te skep.

Die lodge bevat 75 luukse kamers, elk ontwerp in moderne-eietydse styl met ’n eg Suid-Afrikaanse gevoel van ’n plattelandse herehuis. Hierdie luukse kamers is onlangs opgeknap en elkeen bevat sy eie balkon of patio met asemrowende uitsigte oor die meer.

8 Superior King Rooms en 6 Superior Loft Rooms is weggesteek in die natuurlike Camdeboo-woud met ’n uitsig oor die pragtige grasgroen weiveld.

Ander fasiliteite

Professionaliteit is ’n hooffokus vir die lodge. ’n Fynproewerrestaurant, funksie- en trou-fasiliteite, die bekroonde Camdeboo-dagspa asook die nostalgiese Irene-melkplaas oorkant die pad verseker ’n wegbreek wat jy nie sommer sal vergeet nie.

Aktiwiteite

Wanneer jy die lodge vir ’n naweek besoek, maak seker jy ruim tyd in vir al die lekker aktiwiteite wat by die lodge en in die area aangebied word. Besoek die melkplaas, die Smuts House Museum, die Rietvlei-natuurreservaat of speel ’n potjie gholf op Irene of Centurion se gholfbane. Een van die area se groot aantreklikhede, die Irene-mark is geleë op die Smuts House Museum se gronde en bevat meer as 300 stalletjies wat die kreatiewe siel in jou sal aanwakker. Kunstenaars, handwerkers, versamelaars, tuisnywerhede en fynproewers van oor die land heen, is elke tweede en laaste Saterdag van die maand by die mark.

Camdeboo-dagspa

Die dagspa is omsluit deur ’n asemrowende tuin en omvou deur enorme eikebome. Rustigheid, saligheid, stilte en vrede is maar ’n paar woorde wat die atmosfeer van die spa beskryf. Ek was bederf met ’n heerlike kop-, nek- en rugmassering deur ’n erapeut wat met die hande van ’n engel gebore is. Jy kan nie anders as om ontspanne en verfris daar weg te stap nie.

Die spa bied behandelings aan wat op die vel se reinheid fokus. Organiese velsorg, natuurlike naelpolering en volroom kokonne afkomstig van die Irene-melkplaas se room verseker ’n gevoel naby aan die natuur.

Maaltye vir ’n fynproewer

As jy lief is vir goeie kos, is daar twee restaurante waaruit jy kan kies – die Meadow Green en die Camdeboo. Verwag fynproewerdisse met keuses tussen buffet en a la carte.

Een van die lekkerste oomblikke was toe ek ’n skemerkelkie geniet het voordat ek vir aandete moes aansit. Doen jouself ’nguns en bestel ’n glas yskoue vonkelwyn by die Lakeside Lounge. Sit terug in gemaklike, stylvolle stoele en kyk hoe die son oor die meer sak (daar is selfs ’n swart swaan of twee wat jou met hul elegante houdings sal hipnotiseer).

Na ’n smaaklike ete (van sushi tot beesfilet wat elke smaakklier aanwakker), is die stappie terug na jou kamer een van rustigheid en stilte – so in die middel van die stad. Slaap sag, word wakker in die rustigheid van die natuur en geniet ’n regte plaasontbyt voordat jy elke moontlike aktiwiteit in die area aandurf. Dit is absoluut die moeite werd.

Het jy geweet?

• Wanneer die melkplaas se koeie dragtig is, word hulle na die African Pride Irene Country Lodge (oorkant die pad), geskuif om in rustigheid te wei voordat hulle geboorte skenk aan hul pragtige kleintjies.

• Die lodge huisves meer as 50 voëlsoorte.

Vir meer inligting, besoek African Pride Irene Country Lodge se webblad by www.irenecountrylodge.co.za/

Facebook: www.facebook.com/pages/African-Pride-Irene-Country-Lodge/152756454867703

The post Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad appeared first on rooi rose.