afskilfering | rooi rose
‘n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet
Ingrypende gesigontrimpelings wat jou soos ’n boorling van ’n ander planeet laat lyk, is so uit soos die haarstyle van die jare tagtig. Met die koms van Botox en ander kitskure is daar ’n oplossing vir elke plooi en sonvlekkie, sonder dat jy jou tot die skalpel wend.
Maar dis nie ’n een-grootte-pas-almal oplossing nie. ’n Plastiese chirurg waarsku dat jy jou huiswerk moet doen sodat jy die beste oplossing vir jou probleem en waarde vir jou geld kry, want elke jaar wat jy die tyd terugdraai, kos jou in harde kontant. En ligloop vir elke Jan Rap en sy maat wat wild en wakker spuit en vul. ’n Dokter moet gespe-sialiseerde kennis van die gesigspiere hê om die beste resultate te kry. Anders sit jy met die gebakte pere.
Dis ook ’n goeie idee om na ’n plek te gaan wat al die verskillende opsies aanbied sodat jy weet jy kry die regte oplossing vir jou probleem. Dalk kan ’n chirurgiese ontrimpeling tog jou beste en die langdurigste opsie wees.
Laser
Hoe werk dit? Fraxel is die handelsmerk vir die nuwerwetse fraksionele laser wat in Suid-Afrika gebruik word. Dit gee dieselfde resultate as ander drastiese laserbehandelings waar die boonste laag van die vel verwyder word, maar dis nie so skadelik vir die vel nie en die hersteltyd is baie korter. Die geheim van fraksionele laser lê daarin dat dit net baie klein kolletjies van die vel behandel (sowat 600 kolletjies per vierkante cm en uiteindelik net 30% tot 40% van die gesig) sodat daar klein omringende gedeeltes van die vel is wat nie aangetas is nie. Dis hierdie onaangetaste dele wat herstel bespoedig. Die laser (wat die vel tot 1,4 mm kan binnedring) stimuleer die vel om kollageen te vorm en so vind vernuwing plaas. Jy behoort ná ses maande optimale resultate te sien, maar die meeste mense sê dat hulle binne ’n week al ’n verandering sien en dat dit daarna aanhou verbeter.
Vir wie? Dis een van die enigste lasers wat vir alle veltipes en velkleure geskik is. Dis baie doeltreffend vir kleiner plooie op die gesig, ouderdomsvlekke, pigmentasiesvlekke van die son, akneelittekens, sonbeskadigde vel en hiperpigmentasie. Dit verfyn ook die tekstuur van die vel en laat die vel vars vertoon. Fraxel sal enige vullers (soos Perlane) uitwis, so wag met vullers tot ná jou Fraxel.
Wat behels dit? Die behandeling word in ’n dokter se spreekkamer gedoen. Eers word ’n lokale verdowingsroom aangewend. Pasiënte kry ook voor die tyd pynpille en medikasie teen koorsblare. Die sessie duur sowat ’n halfuur.
Is dit pynlik? Die promosiemateriaal be-skryf dit as ’n warm “prikkelende” sensasie, maar pasiënte waarsku dat dit bitter onaangenaam kan raak. “Omtrent een uit elke tien pasiënte sê ná die eerste sessie (sowat ’n halfuur) nóóit weer nie,” sê dr. Marianne Duvenage ’n dermatoloog van Waterkloof, Pretoria. En dit ondanks die verdowingsroom en pynpille voor die tyd.
Hersteltyd Dr. Duvenhage waarsku dat jou vel rooi en geswel gaan wees en dat jy nie voor vyf dae sosiaal aanvaarbaar gaan lyk nie. Sy raai aan dat jy dit die Donderdag doen en die Dinsdag weer werk toe gaan. Jy voel nie sleg nie, maar lyk ietwat gehawend.
Jou vel sal vir die eerste 48 uur ná behandeling voel asof jy sonbrand het. Oor die volgende twee weke sal dit soos ná sonbrand verbruin. As jy baie pigmentasie het, sal die verbruining erger wees.
Daar kan ook afskilfering van die vel wees soos ná sonbrand.
Hoe lank hou die behandeling en hoeveel het jy nodig? Behandeling kan, afhangende van jou probleem, van twee tot ses sessies wissel. Diep akneelittekens kan tot ses sessies noodsaak. Daar is geen ouderdomsbeperking nie, en hoewel dit nie diep plooie kan uitstryk nie, sal dit steeds die vel se tekstuur en kollerige pigmentasie baie verbeter. Hoewel sommige pasiënte binne ’n week ’n verskil opmerk, duur dit ses maande voor jy die volle uitwerking sien. As jy ses sessies gehad het, behoort die resultaat twee tot drie jaar te hou. As jou begroting beperk is, sal selfs een behandeling baie doen om pigmentasie en veltekstuur te verbeter, sê dr. Duvenage. Jy kan ook besluit of jy op sekere dele soos rondom die mond en oë wil fokus.
Resultate Dokters en dermatoloë is baie in hul noppies met hierdie behandeling. Omdat die diepte van die laser gestel kan word, kan dit vir oppervlakkige probleme soos pigmentasie gebruik word, sowel as dieper littekens soos aknee en plooie (wat nie diep genoeg vir ’n gesigontrimpeling is nie). Die vel lyk gladder, fermer en varser en plooie en littekens verminder of verdwyn. Die velkleur is egaliger en pigmentasie verdwyn of verminder drasties. Die ander voordeel is dat dit ewe goed op donker en ligte velle werk.
Botox
Wat is dit en hoe werk dit? Botox is die handelsnaam vir ’n spierverslapper, Botulinum toxin A, en word gesien as die towermiddel wat fyn plooie wegtoor. Hoewel dit ’n gifstof is, is dit volkome veilig as dit in mikro-dosisse in die senu-eindpunte van ’n spier gespuit word. Dit verlam die spier tydelik wat weer jou plooie versag. Maar dis baie belangrik dat ’n dokter wat gespesialiseerde opleiding gehad het die middel toedien, want as dit in die verkeerde spier gespuit word, kan jy byvoorbeeld ’n hang-oog hê tot die Botox ná drie maande uitgewerk is.
Dis ideaal om dinamiese plooie (dié wat ontstaan vanweë gesiguitdrukking soos frons of glimlag) uit te stryk. Die spiere in die boonste gedeelte van jou gesig raak ook sterker namate jy ouer word. Botox breek hierdie gewoonte en kan selfs met herhaalde gebruik ’n spiertjie permanent verswak en plooie permanent versag.
Hoe lank hou die effek en hoeveel het jy nodig? Gewoonlik werk dit vir twee tot vier maande, maar met gereelde gebruik kan dit langer hou. Die hoeveelheid plooie en diepte gaan bepaal hoeveel jy nodig het.
Vir wie? “Baie vroue bestee groot geld aan duur rome wat nie naastenby so doeltreffend soos Botox is nie,” sê dr. Bianca Busch van Ageless Lasers in Hyde Park, Johannesburg. “Ek glo dis ’n baie doeltreffende verjongingsmetode. Dit werk op enige ouderdom, maar dis beter om Botox vroeg te begin gebruik voor die plooie statiese, diep lyne word.”
Hersteltyd en pyn Die prosedure is baie vinnig en behels net ’n paar inspuitings wat soos naaldprikke voel. Daar is geen hersteltyd nie en jy kan direk ná jou afspraak werk toe gaan. Die uitwerking kan eers ná ’n paar dae gesien word.
Koste Botox word in eenhede gekoop en die koste van ’n behandeling sal afhang van die hoeveelheid plooie en die hoeveelheid Botox wat jy gebruik. Fronsplooie tussen die oë is hardnekkig en kan R1 000 tot R1 300 kos. Lyne op jou voorkop en lagplooie langs jou oë sowat R800 en R900 onderskeidelik. Dus R3 000 as jy die boonste gedeelte van jou gesig wil behandel. (Pryse is net ’n riglyn en verskaf deur Ageless Lasers.)
Daar is ook ’n ooreenstemmende produk op die mark: Dysport. Dit bevat dieselfde aktiewe bestanddeel maar is tot 25% goedkoper. Sommige dokters sê Dysport is ge-neig om uit die gedeelte waar dit ingespuit is te beweeg en kan omliggende spiere aantas. Maar die meeste vind dat die resultate dieselfde is. Mans het meer Botox nodig omdat hul spiere sterker is.
Risiko’s Omdat jou gesigspiere uitdrukking verskaf, kan onoordeelkundige verlamming daarvan vreemde gevolge hê. As die lagplooitjies om mans se oë heeltemal verlam is, kan hulle vroulik lyk. “Die nuwe neiging is ook om eerder minder as meer te spuit sodat mense nie met uitdrukkinglose gesigte sit nie,” sê dr. Busch. “Die kliënt kan altyd terugkom vir meer as die uitwerking te gering is. Maar as jy te veel spuit, moet die kliënt wag tot die middel uitwerk.”
Resultate Botox kan nie die veltekstuur verander nie, maar is ideaal vir matige plooie en geskik vir enige ouderdom. Vir dieper plooie kan die spier verlam word en daarna met vuller glad gemaak word.
Vullers
Wat is dit en hoe werk dit? Silikoon en kollageen word reeds lank as vullers gebruik, maar omdat dit permanent is, kan dit ook groot probleme skep. Mense kan ook ’n allergiese reaksie hê. Die nuwe generasie vullers bevat hialuroonsuur wat ’n komponent is wat natuurlik in die liggaam voorkom as vuller in die vel en gewrigte. Dit het die geneigdheid om water aan te trek, dus verbeter vullers ook die algemene voorkoms van die vel waar dit ingespuit is.
Die liggaam produseer ook meer kollageen rondom die vuller wat die vel verder opplomp. Handelsmerke sluit in Perlane, Restylane, Juvederm, Radiesse en Sculptra. Die konsistensie gaan bepaal hoe en waar dit gebruik word.
Hoe lank hou die effek en hoeveel het jy nodig? Die effek kan ses tot 18 maande hou, afhangende van waar die vuller ingespuit is en ook van die vaardigheid van die dokter. Plekke soos om die mond waar die spiere baie gebruik word, hou nie so lank nie.
Vir wie Vullers werk vir enige plooie en kan ook gebruik word om die kontoere van die gesig te verander. Volgens dr. Busch van Ageless Laser in Hyde Park, kan dikker vullers wat dieper in die vel gespuit word, meer volheid aan die wange gee wat met ouderdom hol vertoon. Dit werk goed om diep letsels op te vul en is ook baie doeltreffend om akneelittekens glad te maak.
Hersteltyd en pyn Die vullers is werklik ’n behandeling oor middagete. Jy sien dadelik die resultate en geen hersteltyd is nodig nie.
Risiko’s Dit klink baie eenvoudig, maar dis belangrik dat die dokter wat dit toedien, ge-spesialiseerde kennis en ’n oog vir balans het. Die simmetrie van die gesig moet in gedagte gehou word.
Komplikasies is skaars, maar newe-effekte soos matige swelling, rooiheid, jeukerigheid en kneusing kan voorkom, maar behoort spontaan binne ’n paar dae op te klaar. Bly weg van bloedverdunners soos arnika en omega-olies wat kneusing kan vererger. Selfs pynstillers met aspirien kan bloeding onder die vel veroorsaak en die gedeelte tydelik laat blou word.
Koste Dit hang van die hoeveelheid en diepte van die plooie af en die beste sal wees om ’n afspraak te maak vir ’n kwotasie.
Afskilfering
Chemiese afskilferings verwyder die boonste laag dooie selle wat op jou vel saampak sodat jou veltekstuur varser en jonger lyk en rome die vel makliker binnedring. Sterker konsentrasies kan ook van fyn plooitjies, pigmentasie en sonskade ontslae raak en akneeletsels verbeter. Hoewel dit ook geskik is vir donker velle, moet jy versigtig wees, want dit kan pigmentasie vererger as dit onoordeelkundig gedoen word, sê dr. Genevieve Marks van Pretoria.
Die AHA-groep en glikoliensure is ligte afskilferings, sê dr. Jeanne Botha, ’n plastiese chirurg van Pretoria. Dit kan elke maand gedoen word. Die TCA- (trichloroacetic) afskilferings se konsentrasie kan aangepas word om ’n ligte, medium of diep afskilfering te gee en die resultaat is baie goed. Die diep phenol-afskilferings word weens die hoë risiko’s nie meer gedoen nie.
Oppervlakkige afskilferings het nie verdowing nodig nie, maar dis noodsaaklik vir ’n dieper TCA-afskilfering. Met ’n oppervlakkige afskilfering behoort jy die volgende dag werk toe te kan gaan. Met die medium een kan dit tien dae duur omdat jou vel rooi is en dan afskilfer soos met kwaai sonbrand. Vir ’n diep afskilfering kan jou vel vir ’n paar weke rooi wees. Baie belangrik: vermy die son ná ’n afskilfering en dra altyd ’n sonblok.
Die sterkte beïnvloed die koste en word soms met ander behandelings gekombineer wat algemene pryse bemoeilik.
The post ‘n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet appeared first on rooi rose.
Meer oor: vergrote porieë
Baie veltipes wat meer geneig was na olierigheid gedurende jonger jare, mag as gevolg van ouderdom van sy olie verloor en dan bly die porieë sigbaar op die vel. Die goeie nuus is dat olierige veltipes langer neem om te verouder en die slegte nuus is dat dit sigbare porieë agterlaat.
Porieë vertoon gewoonlik groter op die neus en wange omdat daar meer oliekliertjies in daardie area is. Daar is nie ’n daadwerklike verwydering daarvan nie, maar daar is salonbehandelings wat jou ’n gladder veltekstuur en ’n vermindering in porieë-sigbaarheid sal kan gee.
In die winter is daar klomp verskillende afskilveringsbehandelings wat jy kan laat doen. Hierdie sluit op die minimum 6 behandelings in. Daar is ook ander opsies wat oorweeg kan word as jy na ’n medi-spa gaan waar jy ’n deeglike vel-analise ontvang en dan sal ’n dokter jou die verskillende opsies soos ‘needling‘, dieper afskilveringsbehandelings en mikrodermabrasie gee. Hierdie behandelings sal dit nie heeltemal wegneem nie, maar wel ’n verbetering verskaf.
The post Meer oor: vergrote porieë appeared first on rooi rose.
Bang vir chemiese afskilfering?
Omdat dit my eerste keer was, het my terapeut aanbeveel dat ek ’n 20% New Age Peel & Heal-behandeling kry. Dis ’n terapeutiese alternatief op die gewone, harde chemiese afskilfer-metodes wat mens kry. Dis ’n effektiewe, maar sensitiewe manier wat goeie resultate lewer en hulle stel voor dat jy ’n reeks behandelings doen.
Op ’n lang duur sal jy minder pigmentasievlekke, fyner porieë en ’n meer eweredige veltoon sien indien jy dit gereeld doen. My vel het glad nie gebrand toe sy die behandeling aangewend het nie, ek het net ’n ligte prikkeling gevoel. Die behandeling word vir agt minute aangelos. Daarna word ’n ryk kollageen-masker aangewend om die vel te kalmeer en voed. Hierna het sy ’n spesifieke RégimA-serum aangewend wat sy ook aanbeveel mens vir drie dae tuis gebruik om die nodige vog in die velt erug te sit en te voorkom dat dit afskilfer en droog raak.
Wat jy moet weet
• Jy kan kies tussen ’n 20%-, 40%-, 70%- en 90% afskilfering.
• Chemiese afskilfering kan op jou gesig, rug, boude en dye, borsgedeelte, hande en arms en selfs voete gedoen word.
• Volg die terapeut se instruksies vir tuissorg ná die tyd en bly uit die son uit sover moontlik.
• Onthou om vir ten minste die volgende 7 dae ’n goeie sonskerm onder jou grimering te dra indien jy dit nie reeds elke dag doen nie.
The Laser Beautique het pas sy sesde kliniek in The Zone, Rosebank geopen. Hulle spesialiseer in Botoks, vullers, pynvrye laser-haarverwydering, laser-gesigontrimpelings, laser-velverferming en -vernuwing, asook infrarooi-laserbehandeling vir seer spiere of sportbeserings. Hulle doen ook ’n wye verskeidenheid chemiese afskilferings en gesigbehandelings met RégimA-velsorgprodukte, en manikure en pedikure met Morgan Taylor- en Gelish-naelprodukte.
Kontakbesonderhede
Rosebank
Tel: 011 447 7812
Bedfordview
Tel: 011 615 3358
Morningside
Tel: 011 783 7851
Pretoria (Woodland)
Tel: 012 997 1185 | Sel: 082 307 8463
Fairmount
Tel: 011 485 5793
Northcliff
Tel: 011 476 5636
Verbruikerslyn: 076 895 2068
The post Bang vir chemiese afskilfering? appeared first on rooi rose.