Aktrise | rooi rose

95-jarige word bekroon vir haar eerste hoofrol in ‘Thelma’
Thelma is hierdie week se Sondagaand-fliek op M-Net (DStv-kanaal 1010), wat om 20:05 op 21 September begin voordat dit vanaf Maandag 22 September op Showmax gestroom word.

In die aksiekomedie vertolk die Oscar-benoemde June Squibb die rol van ’n vurige 93-jarige ouma, wat deur ’n telefoonswendelaar bedrieg word. Sy word deur ’n bejaarde vriend (Shaft-baanbreker Richard Roundtree) en sy gemotoriseerde bromponie vergesel op ‘n verraderlike soeke deur Los Angeles om terug te eis wat van haar geneem is.

Met ’n 98% gradering was Thelma Rotten Tomatoes se vyfde beste geresenseerde komediefliek van 2024. The Australian noem dit “Mission: Impossible op mobiliteitsbromponies, met ’n klankbaan wat daarby pas … Vol humor, en glad nie hartseer nie.”

Thelma het hierdie 95-jarige ster, onder meer, die Beste Aktrise-toekenning in ’n aksiefliek by die 2025 Critics Choice Super Awards besorg. Dit was die eerste hoofrol in haar 70-jaar lange loopbaan, wat ’n Oscar-benoeming vir Ondersteunende Aktrise vir Nebraska insluit.

Die skrywer Josh Margolin, wat sy debuut as regisseur van die speelfilm met Thelma maak, is deur ’n werklike ervaring geïnspireer.

“My ouma weier om te sterf,” skryf hy in Thelma se produksienotas. “Sy het pas 103 jaar oud geword en het die Groot Depressie, die Tweede Wêreldoorlog, haar man se dood, ’n dubbele mastektomie, dikdermkanker, ’n klepvervanging, en die teenwoordigheid van ’n (goedaardige) breingewas oorleef. Toe sy ’n paar jaar gelede deur telefoonbedrieërs verkul is (en amper duisende dollars vir my sogenaamde ‘borgtog’ gestuur het), het dit my oortuiging dat sy op een of ander manier onfeilbaar was beïnvloed. En dis daardie oortuiging wat my ’n soort onnodige troos dwarsdeur my eie angstige bestaan gebied het.

“Die onvermydelikheid om haar te verloor, het vir my toenemend werklik geword, en so ook haar hardnekkige volharding om aan haar sin van self vas te klou, terwyl haar liggaam en gees hardnekkig stadiger word,” voeg hy by. “Ek het Thelma vanuit hierdie plek van afsluiting geskryf. Ek wou haar stryd (vir wat oor is van haar outonomie) ondersoek, net soos ek na my eie begin kyk het. Sy was nog altyd groter as die lewe vir my, en ek het verplig gevoel om haar storie te dramatiseer met ’n genre wat haar kragtige gees kan vasvang en haar deursettingsvermoë en vasberadenheid vier – en dis aksie.”

June vertolk die onwaarskynlike aksieheld met deursettingsvermoë en vasberadenheid, wat demonstreer dat Thelma meer as in staat is om sake te behartig – ten spyte van wat haar dogter Gail, skoonseun, Alan, of kleinseun, Danny, dalk mag glo.

Die 2025 Emmy-benoemde Parker Posey (Victoria Ratliff in The White Lotus S3) speel Gail, met Clark Gregg (ook bekend as Marvel se Agent Phil Coulson) as Alan en Fred Hechinger (Quinn in The White Lotus S1) as Danny. Die sterrolverdeling sluit ook die Golden Globe-benoemde Malcolm McDowell en die veelvuldige Emmy-benoemde Nicole Byer in.

Josh Margolin beskryf Thelma as “ ’n kinkel op die klassieke ‘een laaste werk’-fliek.”

“Wat my betref, is dit net so opwindend en vreesaanjaend om my ouma op ’n hoë matras te sien klim soos om Tom Cruise met ’n motorfiets van ’n krans af te ry. Net op ’n heel ander manier,” sê hy. “Die storie is ’n epiese reis op ’n fyner skaal, want vir haar bied die klein dingetjies groot gevare. Ek wil hê die gehoor moet hierdie uitdagings in hul mae kan voel, sonder om die krag wat dit verg om deur die wêreld te beweeg, ligtelik op te neem. Die fliek krimp die gewone style van die aksiegenre tot ’n baie menslike skaal af en gebruik dit om veroudering, broosheid en angs te verken.”

Hy is vol lof vir sy ster. “Ek kan my nie indink dat iemand dit sou doen behalwe June nie. Ek is so gelukkig dat ek saam met haar kon werk,” sê hy. “Op 95-jarige ouderdom het sy haar alles gegee en gelyke hoeveelhede weerloosheid en veerkragtigheid gebring (sowel as om die meerderheid van haar eie toertjies te doen). Thelma fokus en vier haar sowel as ander wat hulself weerspieël sien in hierdie tipe aksieheld wat ons so selde sien.”

Thelma het tot dusver 11 toekennings gewen en is vir Beste Komedie by die 2025 Critics Choice Awards benoem.

June Squibb gaan binnekort ook die hoofrol in Scarlett Johansson se komende regisseursdebuut, Eleanor The Great, vertolk.

KYK | THELMA se amptelike lokprent

Lees ook: Só lyk Mej. Suid-Afrika se top-10-finaliste

The post 95-jarige word bekroon vir haar eerste hoofrol in ‘Thelma’ appeared first on rooi rose.

Lieflike Lika verjaar! “My ma is die perfekte rolmodel, sy voel vere van wat ander van haar dink”
Deur Maretta Bellingan

Foto’s, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty

Die Kaapse dokter is in ’n verwoestende bui en ons soek skuiling in ’n beskutte hoekie by ’n eetplek in die boomryke Nuweland. Dis dieselfde restaurant waar ons vyf jaar gelede gesels het. Tóé was Lika die ma van ’n kleuter, ’n peuter en ’n baba.

“Kan jy dit glo, ek het dit oorleef,” lag sy. “Niks kon my daarop voorberei om drie kleintjies in die huis te hê nie. Elkeen het op dieselfde tyd ’n ander behoefte en jy voel nooit in beheer nie.

“Al wat ek onthou, is die hele huis was altyd vol pap en gesmeerde pampoen. Jy voel die heeltyd half vuil en oor drie dae voel jy dieselfde. Ek het nie tyd of headspace gehad vir enigiets anders in my lewe nie.

“Ek wil darem ook byvoeg, ek het eintlik wonderlike kinders. Hulle het gelukkig almal goed geslaap en is regtig nie moeilike kinders nie.”

Lika en haar akteurman, Clyde, woon die afgelope paar jaar op Plettenbergbaai, maar ten tye van ons gesels is sy in Kaapstad vir ’n vertoning van die rolprent #lovemyselfie      terwyl Clyde in Kaapstad is vir ’n verhoogstuk by die Baxter-teater waarin hy speel.

Hugo (12), Jesse (8) en Anneke (6) kuier by ouma Joan en oupa Peter Berning op die plaas, net buite Plettenbergbaai. “Hulle wil heeltyd op die foon chat en verlang vreeslik,” vertel die 44-jarige Lika wat erken ’n wegbreek van ma-wees, darem net vir ’n paar dae, is nie onwelkom nie.

Die vorige dag is die rolprent #lovemyselfie vir die eerste keer aan die akteurs en rolprentspan vertoon. “Dit was ’n fantastiese ervaring, want dit behoort aan ons almal. En ons is dankbaar, want al die bloed, sweet en trane was die moeite werd.”

#lovemyselfie is die naam van ’n kompetisie vir middeljarige vroue wat inskryf om ’n eenheid in ’n aftree-oord te wen. ’n Paar finaliste word gekies en die finaal word tydens ’n bootreis gedoen.

“Ja, dit het my beslis geïntimideer om saam met hierdie formidabele akteurs te werk. Om vir hulle te sê wat om te doen, voel net verkeerd. Ek was vir ’n ruk lank verlam van vrees, maar terselfdertyd skuld ek hulle my beste en dis wat ek hopelik vir hulle as regisseur gegee het.

Lika, die dogter van Regardt van den Bergh en Jana Cilliers is bekend vir haar rolle in TV-reekse soos Known Gods, Die Byl en Binnelanders asook rolprente waaronder The Bang Bang Club, Liefling en French Toast. Met #lovemyselfie dra sy vir die eerste keer die regisseur se hoed.

“Wanneer jy iets vir die eerste keer doen, besef jy eers hoe dom jy is, en ek moes vinnig leer om ook op ander staat te maak. Ek het dikwels soos ’n vis op droë grond gevoel, maar dit was ook ’n wonderlike ervaring.

“Ek het gereeld my pa gebel en gesê: ‘Pa, help!’ Shame, hy was so geduldig, maar daar’s nie veel wat jy oor ’n foon kan doen nie. Hy’t net heeltyd vir my gesê: ‘Byt vas, vertrou die proses’.”

Lika verklap ook dat Ma Jana ’n kameerol in die prent #lovemyselfie vertolk. “Sy speel Illse se ma en het net een lyn. Jy sien eintlik meer van haar tone,” lag Lika, maar voeg by, “one frame and a world of story.”

Sy sal graag steeds toneelwerk wil doen, maar erken regie kry nou voorkeur. “En dis nie net om vir mense te kan sê waar om te staan of wat om te doen nie. Jy moet dit ook met ’n sakebrein benader, want dit help min as jy ’n kreatiewe meesterstuk oplewer, maar jou borge maak nie hul geld nie en jý’s aanspreeklik daarvoor.

Lika was tot onlangs nog op die kassie in die kykNET-reeks Die Byl te siene waarin sy die rol van kaptein Lena Evans vertolk. “Dit was baie hartseer om die laaste twee seisoene te skiet, ons het soveel mense gemis. Eric Nobbs was so ’n geliefde karakter en dié is in die storie vermoor. Toe is Leon Kruger die draaiboekskrywer weens Covid oorlede en Herman Binge, die vervaardiger weens kanker.

“Ek hou van Lena, want’s sy’t ’n sagte hart. Sy werk in ’n wrede omgewing met baie manlike energie, maar sy wend haar sagtheid aan wanneer nodig,” sê die aktrise wat as mens self die indruk skep dat sy ’n sensitiewe en sagte geaardheid het.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Waldemar Schultz oor Die Byl se laaste hoofstuk

“Ek glo die wêreld sien my dalk as broos, maar ek het al ’n paar steil bulte in die lewe uitgeklim. Om empatie te hê, is tog ook ’n kragtige emosie. Ek dink om sag te wees, is cool, maar as daai drie van my mekaar begin terg en treiter, kom my inner heks na vore,” verklap sy laggend.

In 2020 tydens die inperking het Lika en Clyde besluit om Plettenbergbaai toe te trek. “Dit werk net vir ons wat albei in die bedryf is beter met Clyde se ouers wat daar is. Ons het steeds ’n huis in die Kaap wat ons verhuur en mag dalk terugtrek wanneer die kinders hoërskool toe moet gaan.

“Die kinders is natuurlik gek oor die leefstyl in Plet. Die strand en die skool is twee minute van ons huis af en dis net soveel veiliger. ’n Kind kan nog na ’n maatjie toe onder in die straat stap en in die buurt fietsry.

“My oudste kind, Hugo, is ’n legendariese sportsman wat mal is oor swem, surf en sokker, maar hy speel ook die tjello. Hy is regtig so gebalanseerd. Hy brei en hekel en dan gaan surf hy. Jesse is my engelkind met die kleinste hartjie ooit. Hy wil almal help en red selfs slakke.

“Annie is my wild child, sy praat almal dood. Sy’s oorverdowend, weier om haar hare te borsel en dink dis cool om drie keer ’n dag ’n ander outfit aan te trek. En ons kleresmaak verskil hemelsbreed. Ek is ’n jeans-en-T-hemp-mens, ek hou van ’n mooi oorbel en ’n serp, maar Annie is flambojant. Sy sny haar ski pants af en dra dit as ’n top.”

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Lika bedryf steeds iKasi Creative Media wat kursusse in digitale media aanbied. “Ek is ook tans besig met ’n rolprent waarvan ek die regie sal doen, maar ’n mens wil nie te veel in die begin fase sê nie. Dis ’n liefdesverhaal wat op ’n klein dorpie in die Karoo afspeel.”

Dié aktrise wat gereeld vir haar werk reis, erken sy mis die stadslewe. “Dis vreemd, ek het gedink ek’s ’n plaasmeisie, maar ek is gefrustreerd omdat daar min musiek en teater op die platteland is. Ek wil hê my kinders moet meer aan kuns blootgestel word.”

Lika en Clyde is 15 jaar getroud en sy erken dis ’n uitdaging om in die tyd waarin ons leef ’n verhouding op koers te hou. “Ons het al vele sakke sout opgeëet, maar waar daar respek is, is daar hoop en ons het regtig respek vir mekaar en ondersteun mekaar.

“Ek is baie trots op Clyde wat persoonlike groei met toewyding aanpak. Om ’n suksesvolle huwelik te hê, beteken nie noodwendig jou lewe is  ’n sprokie nie. Hy is só lief vir sy kinders, die res van die wêreld kan maar vergaan. En ons het soveel in gemeen, soos ons liefde vir stories.

“Ek glo in die liefde en die gras is regtig nie altyd groener aan die ander kant nie. Hy’s my mens, deur dik en dun.”

Sy meen sy voel op 44 meer soos Lika en is minder gepla oor wat ander van haar dink. “Ek dink my ma is die perfekte rolmodel, sy voel eenvoudig vere van wat ander van haar dink.”

Lika sal graag in die toekoms meer wil reis. “Ek en my ma wil graag saam Ierland toe gaan en dan wil ek en Clyde iewers eksoties soos in Zanzibar in die son gaan lê waar daar ’n all you can eat-buffet is en die kinders heeldag op die strand kan speel.”

Sy wil ook graag meer op haar skilderwerk fokus, sê die kleindogter van die befaamde skilder Bettie Cilliers-Barnard. “Moet ek nou vir altyd in die skadu van my fancy ouma leef?” spot sy. “Ek terg net. Ouma het al haar kunsmateriaal vir my gelos, haar esel en haar verf. As ek eendag ’n lewe daaruit kan maak, sal dit wonderlik wees. Al sê my twee seuns: ‘Mamma teken dan net kaal tannies!’”

Hierdie artikel het oorspronklik in ons Maart-uitgawe van 2024 verskyn.

Lees ook:Demi Lee Moore verwag: ‘Baba Visagie in my magie’

The post Lieflike Lika verjaar! “My ma is die perfekte rolmodel, sy voel vere van wat ander van haar dink” appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals
Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers (28) permanent by die rolverdeling aansluit!

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

Vanaf 11 Maart maak sy haar verskyning as Frankie van Wyk – ’n karakter wat, volgens Mienke, ’n vars briesie in Ruiterbosch is.

“Frankie is impulsief, onvoorspelbaar en die persoon namens wie jy om verskoning moet vra aan ’n tafel vol uitgelese mense,” vertel sy. “Sy dink nie twee keer voordat sy praat nie en sy is beslis nie op haar mond geval nie. Tog skuil daar ’n sagte siel vol geheime onder daardie harde dop.”

Met haar waaghalsige en spontane geaardheid gaan Frankie definitief vir groot opskudding sorg. “Sy is nie gepla oor die who’s who’s nie. Sy duik aan die diep kant in nog voor sy weet of daar water in die swembad is. Sy het net een doel voor oë en dis om uit te vind waar haar volgende avontuur op haar wag.”

Mienke, ’n boorling van die Paarl, is geen vreemdeling op die kassie nie. Verlede jaar het sy gehore as Mia in die Showmax-reeks Wyfie bekoor, ’n rol wat haar die gesogte titel van beste nuweling in ’n telenovela of sepie by die kykNET Silwerskermfees besorg het. Sy is ook vir ’n Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenning benoem en het reeds haar stempel in produksies soos Fraksie, Magda Louw, Dinge van ’n kind en die film Ek gee op afgedruk.

Sy vertel dat die erkenning haar diep geraak het. “’n Mens werk nooit vir erkenning nie, maar dié een was ’n groot bederf omdat ek só lank gewag het vir die geleentheid om ’n sterk rol te vertolk,” sê sy oor haar Silwerskermfees-toekenning.

“Ek is dankbaar vir wat dit vir my loopbaan beteken en ontsettend geëerd om deel te kan wees van ons land se storievertellers.”

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

Nou is sy gereed vir die volgende hoofstuk – en as Frankie van Wyk beloof sy om vuur onder die inwoners van Ruiterbosch te maak!

Mienke het vyf vinnige vrae oor haar karakter en pad na aktrise-wees, beantwoord.

Is daar iets wat met jou en Frankie se persoonlikhede ooreenstem?

Ek dink Frankie is een van die borrelendste karakters wat ek al vertolk het. Hoewel ek self ook die lewe baie lief het, is ek beslis konserwatiewer oor waar ek wortel skiet en wie ek naby my toelaat.

Sy is wel dapper en baie onafhanklik, en ek vind daarby aanklank, maar die girl maak my ook elke nou en dan bang oor wat volgende uit haar mond gaan kom. Ek geniet haar vreeslik!

Jy het destyds in Suidooster se kunsdepartement gewerk en nou is jy voor die skerms. Hoe voel dit vir jou?

Tydens Covid was ek op soek na werk in die rolprentbedryf. Ek het sommer direk vir een van die vervaardigers ’n e-pos gestuur en hulle het my die geleentheid gegee om agter die skerms as rekwisiete-assistent te kom werk.

Dis die mooiste storie van ’n kringloop wat voltooi word. Daardie tyd het ek gehoop en so mooi vir die Here gevra om my die kans te gee om vóór die kamera te kan speel. En op die regte tyd, vir die lekkerste karakter, het Hy my na Ruiterbosch toe teruggebring.

Hoe verskil die sepiegenre vir jou van jou tyd by Wyfie waar julle ook vyf dae ’n week moes skiet?

Soos dag en nag. Sepies is nie ’n grap nie. Ek leer elke dag só baie. Ek dink nie ’n mens kan die twee vergelyk nie. Beide mediums is enig in hul soort.

Ek dink wel sepies vereis ontsettend baie dissipline. Daar is nie soveel ruimte vir vryheid en rondspeel nie, maar ek geniet die genre omdat ek die geleentheid kry om op tegniek staat te maak.

Hoekom dink jy vind kykers soveel aanklank by Suidooster?

Drama! Mense is mal oor drama, veral as dit nie hul eie is nie. Suidooster verteenwoordig ook baie van die verskillende kulture van ons land en daarom vind baie mense aanklank by die program.

Die akteurs benader spel met hul eerlike vertolking. Ons vloerbestuurder, Jess Kleinhans, sê gereeld “vind die kortste pad na die waarheid”. Dit maak dat die kykers werklik aanklank vind by dit waardeur die karakters gaan. Hulle kan in ons glo en in ’n mate deel wees van die ervaring.

Hoe bly jy gemotiveerd?

“Klein Mienke” hou my kop sterk as lang dae te veel raak. Ek doen dit vir die twee blonde boksterte wat groot gedroom het.

My gesin (Pa Johan, Ma Lana, en sussie Landi) is die sterkste grondslag en anker waarop ek kan steun.

En ek draf elke dag om my kop skoon en vars te hou, en geniet so nou en dan ’n glasie wyn saam met vriende om seker te maak ek neem nie die lewe te ernstig op nie.

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad se Louise Volschenk:”Dinge is nie altyd so glansryk nie!”

The post Vyf-vinnige-vrae met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals appeared first on rooi rose.

Aktrise en kinderboekskrywer Crystal-Donna Roberts is oorlede
Die bekroonde aktrise en kinderboekskrywer, Crystal-Donna Roberts, is Donderdagoggend op 41-jarige ouderdom oorlede ná ‘n moedige stryd teen kanker. Haar man, Schalk Cornelessen, het die hartseer nuus op sosiale media gedeel.

Volgens Netwerk24 is Roberts rustig in haar slaap oorlede. “My hart is gebreek, maar sy was rustig toe sy gaan. Ek weet haar pyn is verby. Sy is by God, vry van pyn,” het Cornelessen aan die publikasie gesê.

Roberts was veral bekend vir haar  rolle in films en TV-reekse soos Krotoa, Fynskrif en Arendsvlei. Haar vertolking in Krotoa het haar nasionale en internasionale erkenning besorg, en sy het ook ‘n SAFTA-toekenning vir haar toneelspel ontvang.

Sy en Cornelessen is in 2015 getroud. In 2019 het Roberts op die geselsprogram Tussen Ons onthul dat sy met borskanker gediagnoseer is en behandeling moes ondergaan.

Crystal-Donna en haar man, Schalk op hul troudag. (Foto: Facebook/ Schalk Cornelessen)

Roberts se nalatenskap as aktrise en storieverteller sal voortleef in die harte van haar aanhangers, kollegas en geliefdes.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

The post Aktrise en kinderboekskrywer Crystal-Donna Roberts is oorlede appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’
Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in die gewilde laerskoolreeks Pronk Primêr, maar sy is nou gereed om kykers met ’n splinternuwe kant van haarself te verras.

Sy het Donderdagaand by die geliefde sepie Binnelanders as Amor Prinsloo, ’n skerpsinnige sakevrou, aangesluit. Maar moenie dink jy het haar al deurgrond nie – soos Laura-Lee dit stel: “Kykers sal later al Amor se maskers ontdek.”

Haar karakter begin as ’n korporatiewe konsultant wat Binneland-kliniek se sake kom reg ruk, maar dit raak gou duidelik dat sy haar eie agenda het. Laura-Lee beskryf haar as “’n veelsydige, briljante en ambisieuse vrou met ’n geskiedenis wat by haar spook” en verklap dat daar groot onthullings oor haar karakter wag.

Foto: Verskaf/kykNET

“Ek wou nog altyd ’n karakter soos Amor in ’n sepie speel so dis waarlik ’n dream come true,” vertel die aktrise wat ook as vervaardiger by Bouwer Bosch en Bennie Fourie se produksiemaatskappy, Freckle Agency, werk.

Vir Laura-Lee was dit ’n ongelooflike ervaring om by Binnelanders aan te sluit, al het dit sy eie uitdagings gehad. “Binnelanders is ’n Suid-Afrikaanse instelling – legendaries in sy soort – so ek was redelik op my senuwees om seker te maak ek eer die program, die akteurs en crew wat al lank daar is, die kykers en my karakter,” sê sy.

Hoewel sy haar hart op komedie verloor het, was sy opgewonde om hierdie dramatiese rol aan te pak. “Dit was ’n aanpassing om nie so baie te kan improviseer nie, maar ek was gereed om myself uit te daag,” erken sy. En dít is presies wat sy gedoen het.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Laura-Lee het vyf vinnige vrae oor haar ervaring, karakter en die TV-wêreld beantwoord.

Amor begin aanvanklik as ’n buiteperd, maar wen uiteindelik mense se vertroue. Het jy al ooit self in ’n situasie beland waar jy ander van jou waarde moes oortuig?

Male sonder tal! Vroue word mos maar as ’n reël onderskat; veral as jy in ’n meer senior posisie is waar jy mense moet bestuur. Ek het wel al geleer dat ’n mens soms ook net kan “wees”, en nie die heeltyd so hard hoef te probeer om jouself te bewys nie. Meeste van die tyd is jy waardevol genoeg.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Is daar ’n akteur met wie jy nog nie tonele gehad het nie, maar graag sou wou hê?

Ek het onlangs eers vir die eerste keer saam met oom Hans (Strydom) tonele gehad – ek glimlag elke keer van oor tot oor – wat ’n legende! Ek sal graag meer tonele saam met Roberto Kyle wil doen; ons ken mekaar van studentedae af en dit sal lekker wees om nou in ’n professionele ruimte ook saam te kan speel.

Jy is nie net ’n aktrise nie, maar ook ’n vervaardiger by Freckle Agency en werk saam met kreatiewe geeste soos Bouwer Bosch en Bennie Fourie. Wat is van die snaaksste of mees onverwagse projekte waaraan julle gewerk het?

Om saam met Bennie en Bouwer te werk, is altyd snaaks en meestal onverwags. Ek leer elke keer iets nuuts by die twee manne – ons snaaksste advertensies is gewoonlik dié wat vir my die meeste slapelose nagte gee. Daar is net soveel reëlings! Die onlangse LekkeSlaap-advertensie met Siya, Eben en Drikus was beslis een vir die boeke.

View this post on Instagram

A post shared by Laura-Lee Mostert (@lauradashlee)

Dink jy jou ervaring as aktrise help jou om ’n beter vervaardiger te wees?

Ek dink my ervaring as vervaardiger help my om ’n beter aktrise te wees. Om in produksie te werk, gee jou ’n goeie insig van hoe ’n stel werk, watter rolle mense speel, en hoe belangrik elkeen se rol in die storievertelproses is. Ek het baie meer respek vir elke departement vandat ek agter die skerms werk. Ek neem my rol as aktrise baie ernstig op, maar ignoreer nie die feit dat alles ’n spanpoging is nie.

Wat is die grootste wanopvatting oor akteurs wat jy graag sal wil regstel?

Sjoe! Ek dink die meeste akteurs wat ek ken, is “ook maar net mens”. Ek dink mense aanvaar omdat jy in die kollig is dat jy outomaties ’n dik vel moet hê, en dinge soos aaklige kommentaar op Facebook net moet aanvaar, maar akteurs het ook hul dinge: Kinders by die huis, hartseer, drome en gevoelens wat beslis seergemaak kan word.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Kokkedoor Vuur & Vlam: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

The post Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’ appeared first on rooi rose.

Maria Doyle Kennedy oor ‘Recipes’ en vrouwees op die platteland
Deur Thinus Ferreira. Foto’s: Verskaf/M-Net.

Volgens die Ierse aktrise Maria Doyle Kennedy was dit heerlik om weer in Suid-Afrika ’n draai te gooi as tannie Maria vir ’n tweede seisoen van die treffer-dramareeks Recipes for Love and Murder.

Die tweede seisoen het pas afgeskop en vir ’n klein dorpie loop die intriges sommer dadelik dik.

Die nuwe seisoen, wat op die boeke van Sally Andrew gegrond is, is boonop ’n oorspronklike storie – so die talle “nuwe” sterftes en ’n brand wat ’n groot deel van die dorp verwoes en die inwoners behoorlik traumatiseer, gaan selfs boeklesers voor die TV aan die raai hou.

Maria sê sy het met die verfilming van Recipes se eerste seisoen haar hart op Suid-Afrika verloor en ook baie goeie vriende hier gemaak, so dit was net ‘n ’n vreugde om terug te keer, al was dit vir werk.

“Ons het die eerste seisoen in 2021 verfilm en dit was nog tydens die Covid-19-pandemie, so ons kon nie regtig kuier en na plekke toe gaan nie. Suid-Afrika het sulke verskriklike lekker plekke, maar die teaters was toe en plekke soos museums was alles gesluit.”

“Die keer het ek daarvoor opgemaak en al die plekke wat ek kon, besoek. Dit was wonderlik om net met vriende te sit en te kuier en om Kaapstad en Prins Albert heerlik te verken. Dit was so ’n lekker tyd,” sê sy en voeg by: “Steeds voel dit of daar soveel méér is om in Suid-Afrika te sien, en te beleef.”

Lees ook: Die sosiale media-ster Ruben Lambrechts gesels oor sy kaalvoet-plaaslewe en vreemde versoeke

Het sy ooit gewonder of hierdie oorspronklike raaiselstorie van tannie Maria kon werk?

“Karen Jeynes, die reeks se skrywer, vervaardiger en regisseur is so ’n begaafde skrywer dat ek geweet het dat ek sommer baie in my noppies sou wees met enigiets waarmee sy vorendag sou kom,” vertel Maria.

“Ek het ook self ’n paar voorstelle gemaak oor ’n paar dinge wat ek gedink het eie aan tannie Maria is. Sy was so oop daarvoor, so ons kon dit lekker saam ontwikkel. Ek is net mal oor Karen,” vertel sy.

“Kykers wat die eerste seisoen gevolg het, word beloon in hierdie tweede seisoen. Dinge is daargestel en ontwikkel stadig in die eerste seisoen se storie en karakters. Nou ken jy hulle en die poppe begin dans. En daar is hierdie bestaande vriendskappe tussen die karakters waar die dinamika van die verhoudings nou in die tweede seisoen se storie lekker ontgin word.”

“Oor al hierdie dinge – nuwe vreemdelinge in die dorp, ’n burgemeestersverkiesing, ’n brand en die gevolge, mense wat sterf en familie wat tannie Maria se huis wil hê – lê daar hierdie ware diepte in al die dorpenaars. Dis baie mooi,” verduidelik sy.

“As kyker, voel dit asof jy ook daar bly, jy hulle almal al jare lank ken en elkeen se ingesteldheid verstaan. Jy sien hul eksentriese karaktereienskappe en jy gee om vir hulle.”

“Ek wíl na daardie dorpie toe gaan. Ek wíl by hulle wees. Dis ’n spulletjie odd balls. Hulle help mekaar, maar kompeteer ook teen mekaar. Ek gee regtig om vir die hele dorp, die dorpenaars en die manier hoe alles saam verweef is.”

Lees ook: Maak gereed vir Tertius en Tracy se ‘Binnelanders’-bruilof!

Maria lag sommer uitbundig op die vraag hoe die Suid-Afrikaanse platteland vir haar van haar eie plattelandse ervaring verskil.

“Wel kyk, dit is anders! Ek bly in Dublin. Ek kom van Ierland af. My ma is van die platteland af so ek ken die Ierse platteland. Ons plattelandse landskap is natuurlik heel anders. En as Iere – ag my mens, ons het nog nooit ’n probleem gehad met water nie. Dit reën dan altyd!”

“Wat ek op Prins Albert ontdek het, is hierdie komplekse waterstelsel met al hierdie sluise en kanale regdeur die dorp. Dit het so ’n skuifplaat en jy tel dit op en druk dit af en jy kry jou water vir twee uur op ’n Woensdag.

“Oe, en dan partykeer is party mense bietjie skelm, fluister party vir jou. Hulle pak ’n klip reg onder die skuifplaat en dan druk hy nie heeltemal af nie, dan kry jy ’n bietjie water verby jou tyd. Dis dinge wat vir my nuut was en my absoluut fassineer,” lag sy.

“Dan is daar die kleure van die landskap soos die Swartbergpas. Dis so ongerep en beeldskoon en iets wat jy nooit in Ierland sal sien nie. En waar sien jy nou ooit in Ierland ’n kaktus in iemand se tuin?”

Kyk ook mooi: Behalwe vir tannie Maria wat self met familieprobleme sit en dalk die dak oor haar kop kan verloor, stoei elke vroulike karakter in die tweede seisoen met een of ander persoonlike uitdaging.

Dis iets wat so eie is aan wat maar elke dag een voet voor die ander moetsit, of jy in die stad of die platteland bly, en wissel van ’n man wie se oë dwaal, tot swangerskap, vrouwees in ’n manswêreld sonder om jou vrouwees te verloor, ma-wees, baas-wees, kosmaak en – soos tannie Maria – raad gee.

“Dis eintlik ’n baie belangrike deel van die tweede seisoen,” sê Maria. “Dis regtig ’n sterk punt van Karen se skryfwerk. Sy is ’n vrou-vrou. Sy het self baie sterk vriendskappe en ware vriendinne wat mekaar ondersteun. Sy gee om vir vroue, die storie van vroue en wil wys hoe vroue mekaar ondersteun.”

“Ek dink dis een van die groot veranderinge van tannie Maria deur die eerste seisoen tot nou,” verduidelik sy.

“Tannie Maria help ander, maar sit ook met haar eie pyn en seerkry. As jy seerkry in die lewe, sny jy jou mos bietjie af – jy bou mure op om jouself te beskerm.  Tannie Maria het al seergekry. Sy moes mishandeling oorleef en het geleer om versigtig te wees. Sy is bietjie geslote. Sy vertrou nie meer sommer mense nie. Maar teen die einde van die eerste seisoen het sy hierdie ongelooflike vriendskap met Hattie en Jessie ontwikkel.”

“Dit maak haar sterk. Sy begin verstaan dat om vir die lewe en vir ander oop te wees, is eintlik ’n sterk punt eerder as ’n swakheid.”

“Baie van dit word in die tweede seisoen weerspieël. Iemand is swanger en het uitdagings. Nog ’n vrou wil die burgemeester wees. Daar is ontrouheid. Mense worstel met verlies. Jy pak al hierdie dinge aan as mens en as vrou met die ondersteuning van vroue rondom jou.”

Kyk Recipes for Love and Murder Donderdagaande om 20:00 op M-Net (DStv 101)

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Izette Blignaut oor Binnelanders se geheimsinnige Petro

The post Maria Doyle Kennedy oor ‘Recipes’ en vrouwees op die platteland appeared first on rooi rose.

Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’
Foto’s: Christoph Hoffmann.

Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders. Je-Ani Swiegelaar speel hierdie rol al sedert 2012 en kykers beleef haar drama en vreugdes asof dit hul eie is. Dis ’n wonderlike voorreg, vertel sy aan Maryke Roberts.

Lees die volledige onderhoud met haar in ons Januarie uitgawe:

Waarin sien lesers jou vanjaar benewens Binnelanders?

Ek is in die fliek My f*k, Marelize wat later vanjaar vrygestel word. Die virale video met ’n slagspreuk wat nou al só deel van die volksmond is, word ‘n vollengte speelfilm. Die rolprent speel in Windhoek af en is deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het, geïnspireer.

Waarvan droom jy?

My droom vir my loopbaan is om aan die werk te bly en om die rolle wat my bang maak, te tackle. Ek wil aanhou in my taal groei en skep, maar ook opkomende akteurs leer en inspireer (en toelaat dat hulle my leer en inspireer).

Hoe ontspan jy?

Ek hou van in die natuur wees, dis hoe ek recharge. Verder is ek maar ‘n huishen. Ek verkies ’n lekker kuier en braai by my huis saam met my vriende of my honde, bo uitgaan. Ek hou van die stilte. Dan is ek ook besig om my huis op te knap.

View this post on Instagram

A post shared by Je-ani Swiegelaar (@jeaniswiegelaar)

Wat is jou skuldige plesiertjie?

Dis baie maklik. Wortelkoek. Ek kan dit nie eintlik ‘n skuldige plesiertjie noem nie, want ek voel nooit skuldig as ek dit eet nie.

Wat is die beste raad wat jy al ontvang het en wie het dit vir jou gegee?

As student het ek by Aardklop as ‘n verhoogbestuurder gewerk. Daar het ek vir die eerste keer met Lizz Meiring te doen gekry. Ek is tot vandag toe met haar in kontak. Sy is een van my mentors en help graag as ek raad of ‘n klankbord vir ‘n belaglike idee nodig het. Met daardie eerste ontmoeting het sy my na haar kleedkamer genooi en gesê sy wil gou met my gesels. Toe sê sy die volgende: “Liefie, hou op so desperaat lyk. Mense kan dit aan jou ruik en dit skrik mense af. Hou aan om te doen wat jy doen. Jou beurt gaan kom en die dag wat hy kom, gryp jy hom en jy laat hom nie gaan nie. En dan werk jy jou vingers stompies, want jy gaan moet.” Tot vandag toe volg ek haar raad. En ek dra dit ook net so aan my studente oor.

As jy voel die lewe sit jou ore aan, waar kry jy weer balans en vreugde?

Ons is so ‘n paar vriendinne wat van universiteit af saamkom en ek het drie goeie vriendinne in die bedryf. Ons is mekaar se ‘counsel’. As dinge moeilik raak óf selfs goed gaan, check ons by mekaar in en praat mekaar moed in. Ons skroom ook nie om mekaar te korrigeer nie. Wat gesê word, word met liefde bedoel. Ons hou mekaar op die pad.

View this post on Instagram

A post shared by Je-ani Swiegelaar (@jeaniswiegelaar)

Lees ook: Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!

The post Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’ appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani
Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In daardie twaalf maande kan geweldig baie, bitter én soet, gebeur. Die nuwe kykNET-dramareeks, Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hul lewe uit met terugflitse wat wys hoe hulle beland het waar hulle is.

Jana Kruger bring die komplekse karakter van Lani van Wyk tot lewe in hierdie emosionele reis. Lani, getroud met Ruan van Wyk, ’n neurochirurg, is die ma van drie kinders en probeer om die voorkoms van ’n gelukkige gesin te handhaaf.

“Lani is die spreekwoordelike gom wat die Van Wyk-gesin aan mekaar hou. Sy is waardevol vir elke gesinslid en die hart van die huis. Haar gesin is die kosbaarste ding in haar lewe en ma-wees is deel van haar identiteit,” sê Jana.

Wanneer Lani onverwags in die eerste episode sterf, en haar gesin se wêreld op sy kop draai, laat sy duidelik ’n leemte in elke gesinslid se lewe. Dit is dan wat kykers in terugflitse sien hoe Jana Lani se versteekte seer en innerlike stryd met angs en depressie vertolk.

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. Bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop, en Blindelings, het hulle hierdie keer die medium van televisie aangepak om die komplekse verhaal van die Van Wyk-gesin te vertel en temas van liefde, verlies, en innerlike stryd aan te raak.

Karlien Meiring het meer by Jana oor haar diep emosionele reis as Lani gaan uitvind.

Wat het jy die meeste van die rol geniet?

Dit was vir my baie natuurlik om Lani te vertolk. Dis interessant hoe die lewe nog altyd rolle na my kant toe gebring het, wat met my of my geslagslyn te doen het. Dit gaan baie keer gepaard met ’n sekere gevoel van bekendheid, asof ek al reeds iets van die karakter ken nog voor ek haar op die bladsy ontmoet het. Ek kon dadelik op Lani se binnewêreld en vibrasie intap.

Lani hanteer angs en depressie in die reeks. Hoe het jy voorberei om hierdie aspekte van haar karakter outentiek uit te beeld?

Woorde dra energie wat ’n karakter se frekwensie bepaal. Soos die teks dit vir my uitlê, begin ek ’n gevoel kry vir hoe sy aan die binnekant voel, dink en is. Ek het  navorsing gedoen oor angsaanvalle, depressie en oor die verskillende maniere hoe dit kan verskyn. As jy jou karakter verstaan, kan jy jouself as spreekbuis oorgee, en jy word een met wat jy dink die karakter voel en beleef.

Wat hoop jy sal kykers van Lani se reis en die algehele storie wegneem?

Ek hoop kykers sal besef hoe belangrik dit is om dit waarmee ons in die donker worstel, in die lig in te bring. Om werklik vrede en geluk te vind, is dit noodsaaklik om eerlik te wees, eerstens met jouself,  maar ook met jou gesin of binnekring. As jy ’n gesin is, is jy ’n eenheid; elke lid het ’n invloed op die res. Jou beste welstand is ook my beste welstand en as ek jou seermaak, kry die gesin ook seer. Dis hoe ’n mens emosionele intelligensie, sterk familiebande en waardes kweek. Geheime het die vermoë om die gehalte van jou lewe onbewustelik te saboteer. Dis in die donker waar dit vrylik kan beweeg sonder dat jy werklik in beheer is.

Lees ook: Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Hoe was jou ervaring om met die rolverdeling te werk, veral met akteurs wat jou gesin op die skerm speel?

Dit was ’n fees! Ek en Jacques het by Technikon Pretoria saam geswot, so ons kom al jare saam en dis nie die eerste keer wat ons teenoor mekaar speel nie. Ek is mal oor Jacques, ek ken hom en voel 100% veilig en op my gemak by hom, so dit was ’n heerlike ervaring. Liam, Alma en Klara is fantasties! Hulle het al drie sonder om te skroom hulself heelhartig in hul rolle ingegooi en ek glo hulle gaan nog hoë hoogtes as akteurs bereik.

Watter aspekte van Lani se reis het jou die meeste in jou persoonlike lewe geïnspireer en uitgedaag?

Die dag toe ek ’n ma geword het, was daar ’n geleidelike verskuiwing van waardes binne my aan die gebeur. My bewustheid het buite myself begin strek en ek het tot dieper insigte gekom oor die ware betekenis van woorde soos liefde, empatie en samehorigheid. Party mense groei in hul ma-wees in, vir ander kom dit baie natuurlik. Lani het haar alles in haar moederskap en gesinslewe ingestort, maar sy het nooit haar verlede verwerk nie. Vandaar die ‘donker’ wat veg om sy bestaan, wat kop uitsteek en vir Lani met geheime treiter. Ons as mense kan nie heelheid ervaar as ons nie al die dele van ons binnewêreld erken, aanvaar en integreer nie. Dit is altyd uitdagend wanneer ons werklik ons seerplekke verken – wanneer ons sonder weerstand oopmaak vir die ongemak van voel wat dáár is. Maar dis juis wanneer ons met eerlikheid voel, dat ons genees.

Jana en haar jongste kind, Anouk. (Foto: Verskaf)

Die Krugers: Jana, Hannes, Luka (12), Ohan (14) en Anouk (6). (Foto: Verskaf)

Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani  appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders
Vir Luandri Reynders, die talentvolle aktrise wat die formidabele verpleegster Karen Kriel in Binnelanders vertolk, is toneelspel nie net ’n loopbaan nie; dit is ’n passie wat gewortel is in die begeerte om stories te deel.

“My droom vir my loopbaan is net om die geleentheid te kry om stories te kan vertel,” verduidelik sy. “Ek dink dit is hoekom mense ’n akteur word. Jy wil mense se stories vertel. En deur stories te vertel, gee jy ander mense ’n kans om vir ’n rukkie van die werklikheid te ontsnap.”

Foto: @francheskafotography

Sy het as enigste kind in Pretoria grootgeword en bly steeds in dié lewendige stad. Nadat sy aan die Afrikaans Hoër Meisieskool gematrikuleer het, was Luandri se reis na toneelspel ’n bietjie van ’n verrassing, selfs vir haarself. Maar toe sy eers hierdie passie ontdek het, was daar geen omdraaikans nie en sy het kop eerste in die wêreld van drama ingeduik en haar opleiding by PALI in 2017 voltooi.

Nes Karen is Luandri ook ’n introvert. Sy glo egter dat anders as sy, Karen geneig is om haarself té ernstig op te neem, en vergeet dikwels dat om foute te maak, deel van die lewe is.

“Dit is waar ons bietjie verskil. Ek dink dit is baie belangrik om na jou emosionele welstand om te sien en wanneer dit voel of dinge te veel raak, moet jy vir jouself ’n tydjie gee om te ontspan. Karen vertrou nie maklik mense nie, want sy het al te veel ervaar hoe dit elke keer in haar gesig opblaas,” sê Luandri.

Karlien Meiring het meer oor Luandri se ervaring in Binnelanders se hospitaalsale gaan uitvind.

Wat is die grootste les wat jou karakter, Karen, jou al geleer het?

Karen gee baie om vir ander mense. Ons het almal gesien hoe sy vir Liam in hul verhouding bygestaan het. Sy sou enigiets doen om hom te help, maar sy het haarself nooit eerste gestel nie. En in die proses het sy haarself verloor. Natuurlik wil ons altyd mense help vir wie ons lief is, maar jy kan net soveel van jouself gee voordat jy niks meer oor het nie. Karen het my geleer dat dit nie verkeerd of sleg is om soms jouself eerste te stel nie.

Wat was tot dusver jou gunsteling-oomblik of storielyn as Karen op Binnelanders, en hoekom?

My gunsteling-storielyn was beslis die een waar Karen en Liam mekaar ontmoet het. Ek was so opgewonde om daardie kant van Karen te kon uitbeeld. Die manier hoe hul verhouding ontwikkel het, was vir my so mooi. Ek en David Viviers het soveel pret op stel gehad. Boonop was dit vir my spesiaal omdat my ouers op baie dieselfde manier ontmoet het!

As jy enige ander karakter op Binnelanders kon vertolk, wie sou dit wees en hoekom?

Natuurlik sal ek nooit die rol so goed kan vertolk soos Lorraine Burger nie, maar Annetjie! Ek geniet haar karakter vreeslik baie. Sy het vir my van die beste lines en oomblikke in die sepie. Sy is sonder twyfel my gunsteling-karakter.

Watter reekse is op die oomblik jóú gunsteling?

Dit is ’n moeilike vraag, ek het so baie! My gunstelingreeks is The Crown. Wat is daar nie om te love nie? Die akteurs is briljant en die teks is vreeslik goed geskryf. Ek geniet ook die nuwe Showmax-reeks Koek en die Warrior-reeks op Netflix. My kêrel was ’n stunt-akteur in Warrior, so ek mag dalk ’n bietjie bevooroordeeld wees!

Lees ook: Cindy Swanepoel vat die koek in nuwe Showmax-misdaadkomedie

Waarmee is jy besig wanneer jy nie op stel is nie?

Ek geniet dit vreeslik om te gim. Dit bied vir my ontsnapping. ’n Mens kan ’n uur lank van alles in jou besige dag vergeet en net daarop fokus om iets vir jouself te doen. Ek geniet dit ook baie om Playstation te speel. Ek het met hierdie stokperdjie in Covid-tyd begin en kan myself steeds ure lank daarin verloor. Daar is baie speletjies met die mooiste storievertelling. Dit voel asof jy in beheer van ’n fliek is.

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders afspeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Ansu van der Sluys oor haar nuwe onderneming in binnenshuise versiering

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Ansu van der Sluys oor haar nuwe onderneming in binnenshuise versiering
Die aktrise en skrywer Ansu van der Sluys is iemand met vele talente. Sy was nog altyd ’n storieverteller, en haar nuwe narratief draai om “stories skep wat die unieke essensie van elke individu se ruimte sal weerspieël”.

Ansu, wat veral bekend vir haar rolle in gewilde reekse soos Binnelanders en Getroud met Rugby was, het onlangs ’n kreatiewe onderneming aangepak wat ’n ander kant van haar kunsvernuf onthul – binnehuise versiering. Hoewel sy die afgelope dekade haar stempel in die vermaaklikheidsbedryf afgedruk het en steeds vir kykNET se treffer-telenovelle Diepe Waters skryf, het haar liefde vir die skep van pragtige ruimtes vir haar belangriker geword.

Daarmee saam het sy verlede jaar haar eie onderneming in binnenshuise versiering, Hello, Huys, bekendgestel.

“Ek het nog altyd daarvan gehou om ’n ruimte huis te maak en glo werklik enigiemand kan en móét die ruimte skep waarin hulle wil leef, en dit moet nie jou brein of jou bank breek nie,” sê sy.

Foto: Local Truth Studio

Haar eie reis het in 2018 begin toe sy in haar eerste woonstel in Linden, Johannesburg, ingetrek het. Ansu vertel die feit dat dit ’n gehuurde ruimte was, het haar nie afgeskrik nie, en sy het besluit om dit in haar eie gesellige toevlug te omskep. Haar ervarings het gelei tot die besef dat om te wag vir die “perfekte” tyd of omstandighede onnodig is – almal kan die ruimte hê wat hulle begeer.

Sy is in 2022 getroud met haar rugbyspeler-man, Wilhelm, na wie sy as die “ultimate champion of a man” verwys, en moes die Jakarandastad vir die Paarl verruil. Sy put veral inspirasie uit hierdie onlangse lewensoorgang. Sy voel dis ’n universele begeerte om in ’n ruimte te woon wat werklik soos jou eie voel. “Baie mense het die behoefte om in ’n ruimte wat hulle liefhet, te leef. Jou huis is die plek waar die meeste van die lewe gebeur: die vreugdes, uitdagings, trane, vrede, pret, en die belangrikste, die herinneringe,” sê sy.

Foto: Picture me & u

Karlien Meiring het meer oor Ansu se jongste passie buite die kollig gaan uitvind.

Is daar enige verrassende ooreenkomste tussen die voorbereiding vir ’n rol en die beplanning van ’n leefruimte se transformasie?

Elke ontwerper, nes elke toneelspeler het hul eie proses om vir ’n karakter voor te berei. My proses van ontwerp en karaktervoorbereiding is interessant genoeg dieselfde. My vertrekpunt met ontwerp begin gewoonlik by die gevoel van die kamer en dan die kleurpalette wat daardie gevoel sal wakker maak. Daarna begin ek kyk na struktuur, meubels en dekor. My proses om vir ’n karakter voor te berei, begin ook by gevoel: Is die karakter sag of edgy? Wat is die gevoel wat sy vir my gee? Ek assosieer dan ook gewoonlik die karakter met ’n kleur.

Foto: Local Truth Studio

Foto: Local Truth Studio

Beskryf jou binneversieringstyl in drie woorde?

My persoonlike styl is ’n mengsel van minimalistiese, kontemporêre en tradisionele ontwerpstyle.

Ek hou van die gebruik van natuurlike lig, neutrale kleure, metaalaksente en warm of ligte hout wat eie is aan ’n kontemporêre style. Ek geniet die skoon en kalm gevoel wat minimalistiese en kontemporêre vertrekke het, en skep dan kontras met tradisionele elemente soos kandelare, houtbalke teen die dak of vloer-en-kroonlyste.

Op watter van jou ontwerpprojekte is jy die trotsste en hoekom?

Ek is vreeslik trots op my heel eerste projek wat ek onlangs in Gardens voltooi het. Die kliënt se styl is die teenoorgestelde van myne en was beslis buite my gemaksone. Haar styl is maksimalisties en eklekties, dit behels helder kleure en ’n mengsel van patrone, teksture en interessante elemente – elke hoek het ’n dingetjie! Dis ’n kuns om elemente te groepeer, met komplimentêre kleure te speel en negatiewe ruimte tussen kuns op die mure en matte op die vloer te skep. Ek wou hê dit moet soos georganiseerde chaos lyk en nie net chaos nie!

Ek’s baie trots op die projek, want my kliënt is absoluut mal daaroor. Dís wat my gelukkig maak en die rede waarom ek hierdie doen.

VOOR

VOOR

NA

NA

NA

Watter ontwerpreël oortree jy graag?

Elke ontwerpreël het uitsonderings. Jy kan balans in ’n vertrek skep deur simmetrie, asimmetrie of radikale balans. ’n Mens skep weer ritme in ’n ruimte met herhaling, progressie of afwisseling. Ek het wel my voorkeure in hierdie reëls – ek kies eerder asimmetrie as simmetrie. Dit beteken dat in plaas daarvan dat die regterkant van die sitkamer ’n direkte weerspieëling van die linkerkant is, verkies ek dat die een van die ander een in kleiner elemente verskil. Ek verkies ook eerder afwisseling om ritme te skep: Jy wissel die verskillende elemente af. In my opinie skep dit opwinding, kontras en verrassing in ’n ruimte en lyk dit lewendiger as staties.

Kan jy begrotingsvriendelike maniere aanbeveel om ’n tikkie persoonlikheid en styl by ’n kamer te voeg?

Verf! Dis ’n maklike en goedkoop manier om jou ruimte nuut te laat voel. ’n Nuwe mat in ’n nuwe kleur of patroon kan jou ruimte ook ’n heeltemal nuwe styl gee. Jou mat is ’n baie belangrike element in ’n ruimte – ek noem dit die “informant influencer” omdat dit jou ruimte se styl en meubels inform en influence. Jou meubels kan mooi en modern wees, maar as jou mat nie die styl komplementeer nie, gaan jou visie platval.

Nog maniere om nuwe lewe in ’n vertrek te blaas, is om plante in te bring, soos ’n stukkie groenigheid in ’n mooi vaas of ’n potplant in ’n oop hoek. Ek hou veral van ’n groot olyf- of vyeboom in die hoek van die sitkamer, dit laat ’n ruimte groter voel. Kyk ook na jou kleiner dekorstukke: kunswerke teen die muur, kerse, koffietafelboeke en vase kan rondgeskuif of met nuwe elemente vervang word.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Frankie en Felipé-aktrise Kim Syster

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Ansu van der Sluys oor haar nuwe onderneming in binnenshuise versiering appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Frankie en Felipé-aktrise Kim Syster
Aanhangers van die dinamiese aktrise Kim Syster, wat bekend is vir haar meesleurende vertolkings in verskeie rolle, is in vir ’n ding! Sy is te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Frankie en Felipé wat nou in rolprentteaters oor die land heen is.

“Ek is verskriklik opgewonde dat mense uiteindelik Bradley en Solomon se liefdeskind kan sien! Ek hoop dat mense hierdie pragtige stuk werk van hulle net so baie sal geniet soos wat ons dit geniet het om dit te maak,” sê Kim.

Lees ook: ‘Frankie en Felipé’ is nou in rolprentteaters landswyd!

In die fliek vertolk sy die karakter Kim Fortuin, die verloofde van Franklin Blaze (Bradley Olivier), ’n hardwerkende man wat daarna streef om sy verarmde agtergrond ’n geheim vir sy kollegas en sy toekomstige eggenoot te hou. Die storie neem ’n interessante wending wanneer Franklin se biologiese halfbroer, Felipé Baadjies (Solomon Cupido), kom aanklop vir hulp, wat Franklin se opkomende troue en werk in gevaar stel. Felipé het dringend geld nodig en dreig om Franklin se geheime te verklap as hy hom nie help nie.

Met sy rug teen die muur besluit Franklin om ’n toevlug vir sy broer te skep, maar kort voor lank is hy spyt oor dié halsoorkop besluit …

Die storie het sy oorsprong in die gedeelde droom van die skrywers en vervaardigers, Bradley Olivier en Solomon Cupido, gehad. Volgens Solomon is hierdie vrystelling die resultaat van vier jaar se harde werk.

“Al is my beste vriend nie meer aan my sy nie, weet ek hy kyk af en is net so trots soos ek op die eindresultaat. Ons wou mense laat lag, laat huil en vir hulle ’n uur en ’n half se ontvlugting bied sodat hulle weer die wêreld met ’n ligte gemoed vol inspirasie kan aanpak,” vertel hy.

Lees ook: Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier

Kim Syster het al diep spore in die vermaaklikheidsbedryf gestap met uiteenlopende karakters in gewilde reekse soos Binnelanders, waar sy die vurige dr. Jax Davids vertolk het, en Arendsvlei, waar sy gehore as die slinkse Rachel Saaiman bekoor.

Net soos hierdie rolprent Bradley en Solomon se eerste “baba” is, kan Kim self nou met haar eie bondeltjie vreugde spog. Ná afloop van die verfilming van die fliek het sy aan haar eerste baba, Nikolas geboorte geskenk – dit nadat sy voorheen drie miskrame gehad het.

En ten spyte van haar sukses in die bedryf, bly Kim gegrond in ’n diepgaande liefde en passie vir haar gemeenskap. In 2018 was sy medestigter van die Rising Rainbow Kids Academy, ’n vroeë kindersorgsentrum.

Karlien Meiring het meer by die borrelende Kim oor hierdie nuwe fliek gaan uitvind.

Kan jy vir ons meer vertel van jou karakter, Kim Fortuin, en wat jou na hierdie rol in Frankie en Felipé gelok het?

Sy is werklik ’n optimis en wil altyd die beste in ander sien. Ek was nog altyd bevoorreg om sterk vroue te speel. Kim Fortuin is sterk in haar beginsels, maar voel steeds soos ’n fresh breeze. Ek dink kykers sal haar geniet, want sy is so lig soos ’n veer.

Sonder om te veel weg te gee, kan jy ‘n spesifieke toneel in die fliek uitlig wat vir jou uitstaan?

Daar is ’n toneel met Bernard (Zane Meas) en Felipé (Solomon Cupido) wat skreeusnaaks is. Dié toneel het my heeltemal onkant gevang (op ’n goeie manier). Ek kan nie wag vir mense se reaksies nie!

Hoe was die ervaring om saam met Solomon Cupido en Bradley Olivier te werk?

Hulle was die heel beste base! Dit was so gemaklik en werklik ’n plesier om stel toe te kom. Behalwe dat hulle so snaaks is en baie genot verskaf, was hulle ook uiters professioneel.

Met die wete dat Bradley nie die gehoor se reaksies op die rolprent sal ervaar nie, wat dink jy sou hy wou hê kykers moet van die fliek wegneem?

Dit was vir hom altyd belangrik dat kykers ons bruin mense in ’n ander lig sien en nie as die gewone, stereotipiese karakters wat ons gewoonlik vertolk nie. Ons besit ook wynplase en ondernemings. Hulle het hierdie storie so relatable gemaak – die kykers is in vir ’n heerlike bederf!

Watter herinneringe het jy van saam met Bradley op stel werk?

Hy was altyd dieselfde mens, altyd op ’n positive buzz. Jy het altyd ’n glimlag op jou gesig gehad as jy saam Bradley was – op en af stel. Ek mis hom verskriklik baie en is só trots op die werk wat hy agtergelaat het.

KYK: Amptelike voorskou – Frankie en Felipé

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Angelique Gerber oor haar nuwe ‘wilde’ rol op Diepe Waters

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Frankie en Felipé-aktrise Kim Syster appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie
Die afwesigheid van 7de Laan sedert laas jaar Desember het ’n leemte in die harte van baie aanhangers gelaat, maar Kristen Raath, veral bekend vir haar meesleurende vertolking van Amorey Welman in dié sepie, is vasbeslote om daardie leemte met ’n vars en dinamiese vertoning te vul.

“Ek was maar 19 toe ek daar begin het en was baie groen – ek het niks van die bedryf en TV-werk geweet nie. Ek kan ’n boek oor al die mooi en spesiale oomblikke skryf,” vertel sy.

Die sepie was 23 jaar lank op die kassie en met die einde van hierdie bekende wêreld, het ’n nuwe hoofstuk in haar loopbaan ontvou. Sy vertolk nou die rol van die “pligsgetroue beheervraat” Kyla in Showmax se nuwe gewaagde en kontemporêre Afrikaanse universiteitsdrama, Wyfie.

Volgens Kristen kan haar ervaring by 7de Laan met die woord “groei” opgesom word. “Ek het so baie in my tyd daar geleer en het daar uitgestap met die wete dat ek myself sowel as my instinkte en vaardighede as aktrise kan vertrou. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter leerskool gevra het nie. Ek is so dankbaar vir die kosbare lesse wat ek saam met my na Wyfie kon vat.”

Hierdie drama bied ’n kykie in die komplekse lewe van vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis, wat die uitdagings van die fiktiewe Eike-universiteit navigeer.

Lees ook: Showmax se universiteitsdrama, ‘Wyfie’ is hier!

Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw) en die Safta-wenner Johan Cronjé (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) dien as die reeksregisseur. Ook in die rolverdeling van dié reeks – wat ’n R18-ouderdomsperk het – is name soos Beata Bena Green (Arendsvlei, 7de laan) as Shay, Celeste Loots (One Piece, Trompoppie) as Amanda en Mienke Ehlers (Dinge van ’n kind) as Mia.

“Universiteit is ’n baie interessante tyd in jou lewe, waartydens jy baie van jouself en van die wêreld wat jy as ’n volwassene probeer aanpak, ontdek,” sê Johan.

“Dis ’n tydperk van grootword waar jy jou eie identiteit begin heroorweeg. Dít skep ’n mooi ruimte om stories van vernuwing, en ontdekking van die lewe, te ontgin.”

“Mense moet Wyfie kyk omdat ons nie bang was nie, omdat ons nie skaam was nie,” sê Johan. “Ek het in pre-produksie daarna verwys as ’n storie wat nie skaam mag wees nie. Dis ’n baie eerlike storie en nie bang om universiteitslewe te wys soos dit werklik is nie. Ek glo mense wil hulself op skerm herken, en baie daarvan kom daarop neer dat jy (as TV-skepper) nie wegsteek hoe die lewe regtig is nie. Enigiemand wat al koshuislewe ervaar het, kan by die storie en karakters van Wyfie aanklank vind.”

Karlien Meiring het meer oor Kristen se nuwe belowende hoofstuk gaan uitvind.

Wat het jou aangetrek tot die rol van Kyla in Wyfie, en watter aspekte van die karakter het by jou aanklank gevind?

In dieselfde week wat ons van 7de Laan se kansellasie gehoor het, het ek ’n oudisie vir Kyla afgelê, al het sy my nie aanvanklik aangetrek nie. Die rol het my bietjie bang gemaak omdat ek glad nie soos sy is nie en die verfilming in Kaapstad, ook vir my onbekend sou wees. Dit het egter vir my gevoel asof Kyla my so nodig gehad het dat ek nie ’n ander keuse gehad het as om die sprong te neem nie. Ons het maar ’n love hate relationship gehad voordat ek in haar wese in kon klim. Noudat ek werklik weet wie sy is, vind ek ongelooflik baie aanklank by haar en voel bevoorreg om haar te vertolk. Soos ek, is sy ’n people pleaser. Toe ek jonk was, het ek baie my eie vlam onderdruk omdat ek nie die selfvertroue gehad het om myself vir die wêreld te wys nie. Kyla het ook so klein vlammetjie wat brand en ek hoop mense hou aan kyk wat daardie vlam doen, want ek dink dit gaan ’n paar dinge afbrand…

Hoe hoop jy sal die program gesprekke beïnvloed oor onderwerpe wat voorheen taboe in die Suid-Afrikaanse samelewing was?

Hierdie storie is so real, ons is net mense wat mense vertolk. Ons hoop is dat dit gesprekke aanmoedig oor onderwerpe wat taboe is. Dis juis taboe omdat niemand daaroor praat nie. Solank mense hulself kan uitdruk, het ons ons doel bereik. Almal gaan op ’n tyd deur dieselfde tipe issues.

Hoe meer ons hierdie onderwerpe normaliseer, hoe beter gaan elkeen se tyd hier op aarde wees. Ek hoop Wyfie laat toe dat kykers hul eie waarheid sonder die vrees van oordeel kan aanvaar en uitleef.

Watter raad sal jy aan aspirant-akteurs gee op grond van jou eie reis en ervarings in die bedryf?

“Never say never” en “Never think you have arrived.” Babe Ruth het ook ’n aanhaling waarvan ek baie hou: “Never let the fear of striking out keep you from playing the game.” Ek het vir so lank nie kanse gewaag nie omdat ek te bang was. Dit het my al harde lesse geleer oor hoe simpel vrees in vergelyking met jou siel se bestaan is. As akteurs sit ons maar ons harte voor vir ander om te oordeel. Sodra jy gemaklik daarmee voel, gaan vir ’n oudisie by ’n agentskap en klim in die bedryf in!

Foto: Blyde Smit/ Sowaar Studios

Wat is jou heel gunstelingreeks wat jy oor en oor kan kyk?

Ek het maar ’n droë sin vir humor, so ek geniet veral The Office en ’n reeks genaamd Happy Endings wat ek en my broer graag saam kyk.

Wanneer jy nie op stel is nie, wat doen jy graag waarvan aanhangers dalk nie weet nie?

Ek is mal oor thrifting en was jare laas in ’n gewone winkel. Ek koop alles tweedehands – behalwe onderklere! Ek probeer elke jaar om oorsee te gaan en noudat ek in ’n nuwe provinsie bly, geniet ek dit om weg te breek en ons land se skatte te ontdek. Ek het ’n baie avontuurlustige kat wat saam met my nuwe plekkies ontdek en gaan stap. Musiek is natuurlik ook deel van my wese.

Kyk die eerste vier episodes Wyfie op die nuwe Showmax-platform.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland
Die nuwe jaar het met ’n komiese knal afgeskop, met die jongste seisoen van Magda Louw wat die skreeusnaakse Mandri Sutherland as die vrysinnige Delere aan kykers voorgestel het. Sy sluit aan by die chaos as Magda en Erhard se seun, Baltus, se boheemse meisie en voeg ’n ekovriendelike kinkel aan hul onverwagte saamwoon, wat Magda se wêreld effens omkeer …

Foto: Verskaf

Mandri het ook verlede jaar Maandagaande in die komedie Taktiek op kykNET met haar rol as Mignon opgehelder. Mignon het die kommunikasie vir ’n sekuriteitsmaatskappy in die land se kleinste, veiligste dorpie op haar eie tyd bestuur. Mandri was ook in die kortfliek Koors, wat by die Silwerskermfees vertoon is.

Foto: Verskaf

Aan die voorpunt van Mandri se rolle as aktrise, is egter haar eenvrouteaterstuk, Vrou ens. ’n bewys van haar vermoë om storievertelling met buitensporige karaktervertolking te meng. Die stuk delf in die lewens van vroue wat haar gedefinieer, gekritiseer, geïrriteer en geïnspireer het. Die karakters kom uit Mandri se eie pen en sy geniet dit gate uit om Tannie Elsie (wat bekend is vir haar “Hallo Sussa”-video’s op Instagram), Mariette se ma, die bodybuilder Verna Koekemoer, en die healer Luna in dié stuk uit te leef.

Foto: Bernard Brand

Volgens Mandri het sy van haar vroeë dae af skuiling in die kuns van storievertelling gevind.

“Ek onthou hoe ek vir Georgina, die vrou wie my help grootmaak het, gedwing het om na my uitbeeldings van Whigfield, Chris de Burgh en Dana Winner, te luister – ek het natuurlik elke optrede met skriflesing en gebed begin,” vertel sy.

Dankbaar vir die invloedryke figure wat die grondslag vir haar lewenslange liefde vir die verhoog gelê het, erken Mandri haar oupa se manier van stories vertel, haar ouma Cato wat haar gereeld saam na vertonings en konserte geneem en haar ouers, wat haar liefde vir drama ondersteun het, het na haar besluit gelei om haar kuns by die Universiteit Stellenbosch verder te slyp.

Karlien Meiring het meer oor die veelsydige Mandri gaan uitvind.

Hoe anders is dit om alleen op die verhoog teenoor om voor die kameras saam met ’n ensemble van akteurs te staan?

TV en teater is twee heeltemal verskillende kante van toneelspeel. As ek alleen optree, is dit net ek – ek besluit in die oomblik self waarheen die stories gedryf word, ek kry ook die geleentheid om te improviseer en dit beïnvloed niemand anders nie.

As ek saam met ’n ensemble werk, is daar steeds vryheid, maar daar is ook soveel tegniese faktore wat ’n rol speel dat jy nie net aan jouself kan dink nie. Jy is slegs een deel van die legkaart, nie die hele legkaart nie. Ek geniet dit ewe veel om albei te doen.

Foto: Verskaf

Wie en wat laat jou lag?

Ek het vriende wat my ongelooflik lekker kan maak lag. My goeie vriend, Len-Barry, laat my huil van die lag. Sekere video’s van Afrikaanse smaakmakers laat my baie lag. Nee, ek gaan nie name noem nie.

Met watter van jou karakters identifiseer jy die meeste, en hoekom?

Ek verstaan my karakters, maar ek identifiseer nie soseer met hulle nie. Dis bloot ’n uitbeelding van projeksies en waarnemings van stereotipes wat ek al teëgekom het. Party van die karakters kom al ’n lang pad, hulle is steeds relevant, maar al “gebore” toe ek baie jonger was.

Het jy enige voornemens vir 2024?

Ja, ek het! Ek wil graag dit waarmee ek besig is, uitbrei en groter optredes doen.

Ek wil ook die jaar probeer om een keer oorsee met my eenvroustuk te gaan. Dit lyk of ons Amsterdam toe sal kan gaan. Ek hou duime vas!

Wat sal mense van jou verbaas? Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore vermaak of skryf nie?

As ek nie werk of skryf nie, wat op die oomblik baie min is, is ek seker maar soos elke ander vryskutakteur: op die strand, in die water, op my bed met ’n boek, of op ’n video call met my ma. Skryf is deel van my lewe, ek kan nie só lekker stilsit en niks doen nie, ek werk nog daaraan.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Salomie du Plooy

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Claudia Jones
Van Laerskool Bernard Isaac se verhoog tot die stelle van Binnelanders, is Claudia Jones se reis in die vermaaklikheidsbedryf ’n bewys van die krag van passie en volharding in die najaag van drome. Sy boei tans gehore met haar rol as die parmantige verpleegster, Febé, in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders.

Claudia (30) is in Westbury, Johannesburg gebore en het haar liefde vir toneelspel by Laerskool Bernard Isaac ontdek waartydens sy die rol van Pinocchio in ’n Janice Honeyman Pantomime-produksie vertolk het.

“My liefde vir toneelspel kom regtig al van my kinderdae af. Ek het al voor laerskool geweet ek hou daarvan om voor mense op te tree,” deel sy.

Sy het aan die Nasionale Skool vir Kuns (NAC) drama as hoofvak geneem, en ná skool sielkunde studeer. Haar reis na kleinskerm-roem het by haar werk as radio-aanbieder begin waarna sy in 2018 die televisiebedryf as die ambisieuse aspirantaktrise Candice Johnson in die sepie Getroud met Rugby betree het.

“Ek is een van baie min mense wat hul doel en passie baie vroeg in die lewe kon besef en ek dank God daarvoor,” sê sy.

Karlien Meiring het meer oor Claudia se reis na sepie-roem gaan uitvind.

Watter aspekte van Febé se karakter in Binnelanders vind jy die uitdagendste om uit te beeld?

Ek moet sê ek is nie so katterig soos Febé nie. Ek haal nie sulke streke uit nie. Sy is vir my nogal uitdagend om te vertolk omdat ek nooit soortgelyke dinge sou doen of sê nie.

Hoe het jy as aktrise gegroei sedert jy jou loopbaan begin het, veral deur jou ervarings by Binnelanders en Getroud met Rugby?

Deur my jare heen by Getroud met Rugby en veral hierdie jaar waar ek behoorlik as vryskut gewerk het, voel ek ek het baie meer selfvertroue op stel aangeleer. Gewoonlik sou ek net wou doen wat ek gesê word om te doen, maar nou het ek die vrymoedigheid om my idees uit te spreek en voorstelle te maak.

Is daar spesifieke rolle of genres wat jy nog graag in die toekoms wil verken?

Ek wou nog altyd diep, donker rolle aanpak. Iemand met ’n ingewikkelde verlede wat ’n bietjie mallerig is. Vir een of ander rede smag ek na so ’n rol!

Was daar enige rolmodelle in jou lewe wat jou reis in die vermaaklikheidsbedryf geïnspireer het?

Definitief! Diaan Lawrenson was nog altyd vir my ’n ikoon. Kim Cloete, June van Merch, Christo Davids, Denise Newman… Hul fantastiese spel en absolute talent inspireer my vandag nog.

Buiten toneelspel, wat is van jou gunstelingstokperdjies?

Moenie lag nie, maar skoonmaak is my gunstelingstokperdjie. Ek hou van eet of uitgaan om te eet en ek love dit om vir myself ’n silent disco te hou en die hele aand lank te dans!

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Marna van ‘Die Brug’

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Claudia Jones appeared first on rooi rose.