Almero Welgemoed | rooi rose

‘Een keer om die son’ se klankbaan kom verhoog toe
Deur Maryke Roberts. Foto’s: kykNET en verskaf

Een keer om die son het in 2024 kykers voor die kassie vasgenael gehou. Die storie van die Van Wyk-gesin wie hul ma tragies verloor het en die effek wat dit op almal gehad het, het by soveel mense aanklank gevind, dat niemand eintlik wou hê die reeks moet ten einde loop nie.

Gelukkig het die tweede seisoen in Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) begin en gryp weereens kykers se harte aan.

Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk dikwels voor ander prioriteite plaas. Sy vrou, Lani, word deur Jana Kruger vertolk. Sy is in die eerste seisoen oorlede en haar dood het baie onbeantwoorde vrae gelaat. Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in dié nuwe seisoen het elkeen ’n uitdaging wat oor hul pad kom. Amé (Donnalee Roberts) is ’n ambisieuse finansiële bestuurder in haar dertigerjare. Sy is Ruan se jonger suster, en haar huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. In seisoen 2 vind sy haar voete as onafhanklike en ambisieuse vrou, maar sal sy weer liefde vind?

Albert Maritz speel die rol van Sebastian, die afgetrede professor en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimers gediagnoseer is. ’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk. Verskeie ander bekende gesigte keer ook terug.

By vanjaar se 30ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn, is daar twee spesiale aanbiedinge oor hierdie trefferreeks by die fees: ‘n musiekteaterproduksie en boekgesprek.

In die musiekproduksie, Een keer om die son: Die klankbaan met Almero Welgemoed en orkes, Ivan Botha en Donnalee Roberts op 31 Maart en 1 April om 14:30 en 1 April in die Absa Burgersentrum, word die klankbaan van die gewilde kykNET-drama na die verhoog gebring. Daar is vir elke episode ‘n oorspronklike liedjie geskryf. Ervaar die musiek van albei seisoene, sowel as die stories wat hierdie reeks en musiek geïnspireer het. Ivan Botha en Donnalee Roberts vertel tussen die musiek deur waar hierdie verhaal gebore is en watter impak dié storie op hul eie lewens gehad het. Kaartjies kos tussen R195 en R240.

Onder die gespreksreekse, getiteld “Boekstories” gesels François Bloemhof (skrywer) en Riaan Grobler (gespreksleier) op 31 Maart om 12:00 in die ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books. Dit word aangebied deur Queillerie en toegang is gratis.

Almero, die man agter Een keer om die son se treffende klankbaan, vertel meer:

Een keer om die son het baie kykers diep geraak. Hoekom dink julle het die storie van die Van Wyk-gesin soveel mense se harte aangegryp?

Ek dink die temas van die reeks is baie universeel en alhoewel almal nie altyd daaroor praat nie, is dit gebeure en temas wat ons almal mee te doen kry.

Hoe benader ’n mens die skryf van ’n klankbaan wat die emosionele reis van ’n familieverhaal so sterk moet ondersteun?

Ek dink die storie is die perfekte verhaal om musiek voor te skryf. Verhoudings is so groot fondasie van ons lewe en inspirasie vir ons kuns. Die verhaal van hierdie familie is ‘n eindelose put van inspirasie, daar is soveel temas en oomblikke in hierdie verhaal wat ingewikkelde emosies ontlok, en dis vir my baie lekker om dit in my musiek vas te vang. Die tekste was ten alle tye my handleiding vir die musiek. As ek gewonder het oor iets, is dit die tekste waarna toe ek teruggekeer het. Dis soos ‘n kompas wat jou heeltyd wys waar die regte besluit lê: naamlik, die storie en karakters.

Daar is 13 oorspronklike liedjies vir die episodes geskryf. Wat was die grootste uitdaging om elke liedjie uniek te maak, maar steeds deel van dieselfde musikale wêreld?

Ek dink die grootste uitdaging was tyd. Die proses was so lekker en natuurlik, en ek sal heel moontlik nóg 12 liedjies kan skryf vir elke seisoen, maar die na-produksie skedule was ongelooflik beperk. Ons het ongeveer ‘n week per episode gekry vir musiek. Aan die een kant is dit baie moeilik om so vinnig te moet werk, maar aan die ander kant dwing dit jou ook om nie te veel te oordink nie. As iets werk, werk dit en jy beweeg aan.

Die storie is ook so briljant geskryf dat daar met elke episode iets nuuts ontvou – en so ook ‘n nuwe emosie wat ‘n liedjie kan inspireer. Dit hou alles vars en help dat niks eentonig voel of klink nie.

Die produksie Een keer om die son: Die klankbaan bring nou die musiek van die reeks na die verhoog. Hoe verskil die ervaring daarvan om die musiek lewendig vir ’n gehoor op te voer, teenoor hoe dit in die televisie-reeks ervaar word?

Dis lekker om meer te kan gesels oor die musiek en skryfproses, en ek dink lewendige musiek is maar net meer gevoelvol. Mens kan meer emosie in die musiek insit en daardie konneksie met die gehoor speel ‘n groot rol. Tydens ons vorige Klankbaan-vertonings van die eerste seisoen, was die gehoor elke aand in trane. Musiek wat jy so lewendig met die gehoor kan deel, roer mense.

Hoe het die karakters en hul emosionele uitdagings jou musikale styl of keuses beïnvloed toe jy die klankbaan geskep het?

Dit beïnvloed alles. Van keuses oor instrumente tot hoe jy dit behandel in die klankvermenging-proses. As ‘n karakter iets wegsteek, moet die musiek ‘n leidraad gee. As ‘n karakter oorweldig is, moet die musiek soms op so manier behandel word dat dit onnatuurlik of “distorted” klink.

Die styl aan die ander kant, het ons voor die tyd op besluit en ek het daarby gehou deur die hele reeks. Dis gevoelvolle musiek, meestal ballades, wat emosie belaaide lirieke het. Ivan wou van die begin af daardie styl hê, en dit is ook die styl waarin ek die gemaklikste is.

Die reeks het temas soos verlies, familie en nuwe beginpunte aangespreek. Hoe het die werk aan hierdie projek jou persoonlik geraak of verander?

Tydens die eerste seisoen se na-produksie was my vrou swanger met ons dogtertjie en sy is gebore die dag ná ek die laaste episode ingehandig het. Dit was ‘n tydperk van baie onsekerheid weens swangerskapkomplikasies en die projek het vir my soveel maniere gegee om daardie moeilike emosies te verwerk.

Tydens seisoen 2 het ek die wonderlike wêreld van ouerskap ingetree en weereens kon ek baie van my eie ervarings in die musiek insit. Dis lekker as jou werk jou soveel geleenthede bied om jou eie emosies te verwerk.

Ek dink ook die absolute genot wat ek uit hierdie projek uit gekry het, het my kom genees van die idee dat werk “sleg” of “moeilik” moet wees. Dit was net ‘n voorreg en lekkerte om saam met Ivan-hulle te werk, met ‘n span wat so mooi na mekaar kyk.

Wat kan gehore by die KKNK verwag van die produksie – gaan dit net oor die musiek, of kry hulle ook nuwe insigte in die storie agter die reeks?

Die produksie is baie gefokus op die inspirasie agter die storie. So tussen die musiek deur gesels ons almal oor die inspirasie van die verhaal en waar dit vir Ivan en Donnalee ontstaan het, sowel as hoe dit hulle lewens beïnvloed het. Dis ‘n lekker kykie agter die verhaal en proses.

Met die sukses van die reeks en nou ook die verhoogproduksie, wat hoop julle neem mense saam huis toe nadat hulle die vertoning beleef het?

Gevoel! Kom voel saam en vat daardie vrymoedigheid om jou emosies te ervaar saam met jou huis toe. Ek dink dis wat die reeks vir soveel mense ook beteken. Dit gee hulle toestemming om te voel. Ons hou daarvan om ons emosies te vermy en weg te bêre, maar hierdie produksie gaan jou veilig laat voel om saam te voel.

Lees ook: kykNET kraai koning by die Saftas

The post ‘Een keer om die son’ se klankbaan kom verhoog toe appeared first on rooi rose.

Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan
Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te behartig, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel.

Almero, vertel ons meer van jouself. Waar kom jy vandaan, waar het jy matrikuleer en wat het jy ná skool gedoen?

Ek is gebore in Bloemfontein en het daar groot geword, my ouers bly steeds daar so ek sien gereeld die Rosestad – al het ek gemengde gevoelens daaroor. Bloemfontein kan maar klein en kleurloos met tye voel. Ek het in 2015 by Hoërskool Jim Fouché gemaktrikuleer was van plan om medies te gaan studeer.  Nadat ek ’n keisersneë by ’n staatshospitaal as deel van ‘n jobshadow-week gesien het, het ek egter besluit ek is veels te sensitief vir so tipe beroep. Ek het toe my ouer broer, Nico oortuig om sy werk te bedank en ons het Mosselbaai toe getrek om by my tannie te gaan woon en ‘n gap jaar uit te toets.

Was musiek nog altyd deel van jou lewe?

Beslis. Ek en Nico is grootgemaak op Don Williams en Dana Winner se albums. Ek het in graad 3 klavierlesse begin neem en die musiekmaak-gogga het my beetgekry. Die lirieke het eers later gekom, en in graad 12 het ek ’n kunskompetisie gewen en met die prysgeld vir my ’n goeie mikrofoon gekoop. Tydens ons gap jaar in Mosselbaai het ek en Nico begin om van my musiek sommer so by ’n klavier op te neem – hy het die opnames en afneem van musiekvideo’s hanteer en ons het dit op YouTube gelaai. So het iets soos ’n loopbaan gesneeubal en hier is ons nou.

Vertel ons meer van jou vorige albums.

Elke album kom uit ’n baie spesifieke tyd in my lewe. Die musiek is dus ook baie gesentreerd rondom temas wat in daardie tyd vir my relevant was. Maandag, my eerste album, het baie oor my grootwordjare en drome gegaan, en Junie, die tweede album is geskryf en opgeneem tydens die Covid-19 grendeltydperk en gaan baie oor daardie tyd. Die nuutste album, ’n Brein met ’n bloukol, handel oor geestegesondheid en my verhouding met my emosies. Baie van hierdie album se liedjies kan ook in Een keer om die son gehoor word.

Hoe het dit gebeur dat jy die klankbaan en temaliedjie vir Een keer om die son geskryf het?

Ivan en Donnalee het my einde laasjaar via Danie Bester (die reeks se vervaardiger) gekontak. Ek het al saam met Danie aan ’n film gewerk waarvoor ek die klankbaan gedoen het. Hulle het vertel van die projek en dat hulle my graag wou voorstel as musikant om die klankbaan en temamusiek te vervaardig. kykNET het gelukkig ingestem en ek het toe voorgestel dat ons vir elke episode ’n oorspronklike lied ook vervaardig, en nie net ’n klankbaan nie. Ivan het baie van die idee gehou en ek het weggespring. Die temalied is eerste geskryf, met Ivan en Donnalee se tekste as inspirasie.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

Hoe het jy die projek aangepak?

Ek het begin om van die musiek te vervaardig nog voor die redigering plaasgevind het. Dus het ek net die tekste gehad om mee te werk. Ivan wou graag ’n groot repertoire van musiek reeds beskikbaar hê vir die redigeerders om mee te werk sodat die na-produksie proses so vinnig as moontlik kan gebeur.  Elke episode, behalwe vir die klankbaan en agtergrondmusiek, het ook ’n oorspronklike lied wat aan die einde speel. Die lirieke is geskryf uit die teks van die reeks, met die karakters en die storie as inspirasie.

Dit is ’n ongelooflike groot en intimiderende projek en proses, maar met Ivan aan die stuur daarvan was dit nét ‘n plesier. Die storie en karakters was ten alle tye die middelpunt van die kreatiewe proses en inspirasie vir die musiek.

Is die skryf van klankbane iets wat jy graag meer wil doen?

Beslis. Ek het al so paar films se klankbane behartig, maar TV-reekse is ’n ander monster, maar beslis iets wat ek meer sal wil doen.

Wat dink jy is die beste klankbaan van alle tye?

Daar is so baie! Maar ek is baie lief vir Arrival (die film wat in 2016 uitgereik is) se musiek, en ek het ook ’n spesiale plekkie in my hart vir Hans Zimmer se musiek vir Kung Fu Panda.

By wie sal jy graag meer oor klankbane wil leer?

Ek dink Wesley West en Loki Rothman, al twee plaaslik, is beide ongelooflike musikante by wie ek graag sal wil leer oor klankbane en filmmusiek.

Lees ook: Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Het jy enige ander stokperdjies?

Ek skilder graag en is tans besig om obsessief aan truitjies en teddies te hekel vir my en my vrou se kleinding wat binnekort gebore word.

Wat maak die lewe ’n lied?

Ek dink daar is soveel dinge wat die lewe kleurvol en die moeite werd maak, maar ek het nie altyd so gedink nie. Daar was tye wat ek ’n baie negatiewe mens was, iemand wat eerder die donker wolk as die silwer randjie wou sien. Ek dink empatie, verhoudings en genade met jouself en ander, maak die lewe soveel ligter en het my gehelp om nie so swaar aan die seer van die lewe te dra nie. O ja, en musiek natuurlik. Wat is lekkerder as om saam met jou gunsteling-lied te sing?

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

The post Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan appeared first on rooi rose.

Almero Welgemoed: Propvol talent!
Almero Welgemoed: Propvol talent! – Hooffoto: verskaf

Jy is 21 en het onlangs jou eerste vollengte-album uitgereik. Waarom die titel Maandag? Wat is besonders aan die dag?

Tyd en die verloop daarvan is vir my ’n interessante konsep. My broer het eendag vir my gevra hoekom ons name het vir die dae van die week, en nie net elke dag “vandag” noem nie. Maandag simboliseer ’n begin. Iets nuuts.

Jy het onder meer die liedjie “Vloed-verlief” saam met Spoegwolf se Danie du Toit geskryf. Hoe het dit gebeur?

Ek en die platemaatskappy (Kanada Records) het vir Danie gevra om saam met my aan die vervaardiging van sekere liedjies op die album te werk. Hy het tot my verbasing ingestem en ek, my broer en twee vriende het ’n week lank in Danie se woonstel gaan kampeer om aan die liedjies te werk. Ek dink Danie is die beste skrywer in Afrikaans – dit was ’n droom om saam met hom te werk.

Jy is ook die outeur van Donderweer Gedagtes, ’n bundel met kortverhale en gedigte. Waaroor handel die boek?

Dis ’n versameling skryfstukke oor donker temas. Dit bevat baie stories van vriende, of mense in my lewe wat trauma ervaar het. Aanvanklik dink die leser die stories staan alleen, maar namate jy lees, besef jy die stories is almal gekoppel. Daar is briewe, gedigte, gesprekke en stories, en almal is kort en kragtig.

Jy en jou broer Nico het twee jaar gelede uit Bloemfontein Johannesburg toe getrek. Het dit iets met jou samewerking met Bouwer Bosch te doen?

Ons het vroeg in 2015 Mosselbaai toe getrek om ’n nuwe fase te beleef en omdat ons albei lief vir die see is. Ons het ses maande daar gewoon maar toe baie werkgeleenthede in Johannesburg gekry en hierheen verhuis. Baie van die geleent-hede is danksy Bouwer se betrokkenheid. Ons het ook heelwat musiekprojekte saam aangepak.

Jy en Bouwer Bosch het ’n digbundel, Liefde Wen, saamgestel. Hoe belangrik is liefde?

Ek dink liefde is onlosmaaklik deel van my geloof. In my lewe is dit die fondament van my besluite, leefwyse en ervaring. Ons almal se definisie van liefde verskil, so om hieroor te praat is baie subjektief en persoonlik.

Het jy en Nico afsonderlike afdelings in jul werkverhouding?

My broer is ’n video-graaf en fotograaf en met sulke projekte is ek sy handlanger. Die administratiewe deel en dinge soos menseverhoudings is weer my afdeling. Nico help my baie met die vervaardiging van musiekprojekte. Die vreugde lê daarin dat ons mekaar se passies verstaan en deel, asook heeltyd bymekaar leer.

Vertel ’n bietjie meer oor jou musiekagtergrond en jou ouerhuis?

Ek het in Bloemfontein grootgeword waar ons al die jare in dieselfde huis gewoon het. My gesinslede is almal verskriklik lief vir musiek. My ouerhuis was en is ’n onge-looflik veilige plek.

Wie is jou inspirasie as dit by musiek kom? En wat fiksie en gedigte betref?

My inspirasie is die onbekende skrywers en musikante wat nooit in die kollig verskyn nie. My vriende. My broer. Spoegwolf. Joshua na die Reën. Met skryfwerk is ek weer eens verlief op die werk van my vriende, soos Danie en Marc Barron.

Help feeste soos Aardklop en Oppikoppi om musikante onder die aandag van die publiek te bring, of is dit hoofsaaklik YouTube wat musikante bekend maak?

Die afgelope jaar is YouTube-kykers ook aan die afneem. Waarom weet ek nie, maar ek glo ’n nuwe platform sal binne-kort weer die leisels oorneem. Feeste doen merkwaardige werk, maar ongelukkig is dit ook net vir ’n sekere mark.

Wat wil jy nog bereik?

Op kort termyn: Ek en my broer werk tans aan ’n kortfliek-reeks en ek hoop dit sien eersdaags die lig. Op lang termyn: Ek wil ’n maand lank in ’n afgeleë woud gaan woon waar ek nie die taal verstaan nie.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Lees, drink koffie, maak kuns en slaap.

Jou beste:

Vakansieplek?

Die see.

Seisoen?

Herfs.

Boek?

‘Challenger Deep’ deur Neal Shusterman.

Rolprent?

Captain Fantastic.

CD?

Swaartekrag deur Spoegwolf.

Happie en drankie?

Kaaskoek en koffie.

The post Almero Welgemoed: Propvol talent! appeared first on rooi rose.