Amanda Strydom | rooi rose

Amanda Strydom in ‘Net mens’: “Dis genesing wanneer jy skryf oor iets wat eintlik seer binne jou is”
Vader God U ken my naam

My binnegoed en buitestaan

My grootpraat en my klein verdriet

My vashou aan als wat verskiet

U ken my vrese en my hoop

Die pad wat ek so kaalvoet loop

Die pad het U lankal berei

U maak die pad gelyk vir my

Alle pelgrims keer weer huis toe

Elke swerwer kom weer tuis

Maar ek verdwaal steeds op die grootpad

Soekend na U boardinghuis

“Ek is Amanda Strydom, en ek is net mens.”

Só het die tweede episode van die nuwe reeks van Net mens, met Amanda Strydom as gas, afgeskop. In die program het sy van haar grootwordjare as eersgeborene in Port Elizabeth vertel en met opregte liefde van haar ouers en sibbe gepraat. Reeds van kleintyd was sy lief vir die verhoog en stories vertel.

Sy is ná skool aanvanklik na die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, maar ná ’n paar draaie op die rooi tapyt is sy geskors en het sy haar studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Een van haar lektore, die veteraan-akteur Carel Trichardt, was een van die gaste, en hy het gesê hy het van die begin af geweet sy is besonder talentvol.

Ander gaste was Coenraad Rall, haar vriend en jarelange begeleier, en Karen Meiring, Saartjie Botha en Margit Meyer-Rödenbeck – almal mense wat Amanda al jare deur die kunste ken.

Amanda het oor die beginjare van haar loopbaan gepraat en het met rou eerlikheid vertel van die miskraam wat sy gehad het terwyl sy met die kopieskrywer Jeff Nauss getroud was. Sy het by haar ooievaarspartytjie in Port Elizabeth begin bloei. Later in Johannesburg het haar ginekoloog haar meegedeel die baba, ’n seuntjie, nie meer lewe nie. “Ek dink nie ek het dit ooit verwerk nie,” het sy gesê.

Maar kort daarna het sy die rol van die Poolse sangeres Elzbieta Karski in die TV-reeks 1922 gekry en het sy, soos sy dit stel, daaraan geklou soos aan ’n stuk dryfhout. “Dit was een van die wonderlikste rolle wat ek nog ooit vertolk het,” het sy gesê.

Amanda het deur haar pyn gewerk en meer werk gekry, maar alles het ’n dramatiese wending geneem toe sy aan die einde van ’n konsert by die Oude Libertas in 1986 “amandla!” uitgeroep het. “All hell broke loose,” het Amanda gesê. Die skrywer Hennie Aucamp – Amanda noem hom “Meester” – het ná die tyd na haar toe gekom en vir haar gesê sy moet besef niks gaan weer dieselfde wees nie.

“Ek het probeer cope daarmee. Soos met die miskraam, dit probeer onderdruk, onderdruk. Maar as mense se psige te veel aanhou om die seer, vernedering, dit was jou siel vertrap het, te onderdruk, is jy besig om ’n bom in jouself op te bou – ’n bom wat onwrikbaar een of ander stadium gaan ontplof.”

Sy het stemme begin hoor, en al die emosies wat sy onderdruk het, is omgesit in waansin. Sy is in ’n sielkundige inrigting opgeneem waar sy, onder meer, skokterapie ondergaan het. ’n Psigiater het haar aanbeveel om ’n werk te kry waar sy roetine het – ’n 9-tot-5-werk wat haar weer menswaardigheid gaan gee.

Amanda het in hierdie tyd besef sy is tevrede om alleen te wees en het vriende met haar bure gemaak. Toe hulle huis verkoop is, het daar ’n man ingetrek, en dit is waar sy haar man, Tony de Beer, ontmoet het.

Sy het weer die verhoog betree en haar loopbaan het daarna van krag tot krag gegaan. Vandag word uit vele monde gesê dat Amanda Strydom pionierstatus as kabaretkunstenaar verdien en ’n ikoon geword het.

Hierdie episode was nie net ’n program met staaltjies en sielstories nie. Amanda het ook dele van haar gewildste liedjies gesing, soos “Ek loop die pad”, die eerste liedjie wat sy geskryf het.

“Dis soos ’n genesing wanneer jy skryf oor iets wat eintlik seer binne jou is, en dan ook ’n sin vir humor daaroor het,” sê Amanda.

In 46 jaar in die bedryf, het sy nooit haar siel verkoop nie en bly sy dankbaar vir elkeen wat een van haar vertonings bywoon. Al het sy al toekennings vir haar lewensbydrae tot die vermaakbedryf gekry, is sy nog lank nie klaar nie, het sy gelag.

Die laaste woorde het aan Carel Trichardt behoort: “Daar sal nooit weer ’n Amanda wees nie.”

Die derde seisoen van Net mens bestaan uit drie episodes. Hierdie is die tweede episode. In die derde episode, wat volgende Sondag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word, is die aktrise Hanna Grobler die gas. Die volledige reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Karlien van Jaarsveld maak hart oop oor haar lewe se oppe en affe in Net mens

The post Amanda Strydom in ‘Net mens’: “Dis genesing wanneer jy skryf oor iets wat eintlik seer binne jou is” appeared first on rooi rose.

‘Net mens’ se nuwe seisoen verken moederskap, verlies en hoop
Van die bruisende strate van Johannesburg tot die wilde skoonheid van Limpopo se bosveld, en die prentjiemooi bekoring van Stellenbosch, neem Net mens 3 kykers op ’n intieme reis dwarsoor die land en tot diep in die harte van drie vroue wie se stories net so uiteenlopend as wat dit aangrypend is.

Deur dié seisoen loop ’n goue draad – moederskap. Van die vreugde om ’n moeder te word, tot die ondenkbare pyn van ’n miskraam en die verlies van ’n kind, maak hierdie vroue hul harte oop oor ervarings wat dikwels in die skaduwees gehou word. Hul kwesbaarheid, krag en eerlikheid werp lig op onderwerpe waarmee baie mense worstel, maar min openlik oor praat.

Net Mens 3 kyk nie net terug op elke vrou se merkwaardige loopbaanprestasies, toekennings en eerbewyse nie, maar wys ook die ware, weerlose mense agter die openbare persoonlikhede. Deur roerende onderhoude, beeldryke tonele en teer oomblikke gee die reeks kykers ’n ongefilterde blik op wat dit beteken om roem te hanteer terwyl jy met diep persoonlike uitdagings worstel.

In  die eerste episode gesels die gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld oor moederskap en die miskraam wat sy deurgemaak het. “Ons elkeen het ’n getuienis op die aarde omdat ons soos ’n woord uit die mond van God is – ’n klein woord gebore uit die Groot Woord, ’n stukkie brood gebreek en uitgedeel ter herinnering van jou ware identiteit. Ek hoop dat deur my stukkie brood te deel ’n honger volk, wat gewoond geraak het aan krummels, meer versadig sal voel aan ware woorde van God en ook aangemoedig sal word, soos wat ons veronderstel is om mekaar aan te moedig, om hul roeping op aarde saam met God uit te leef,” sê Karlien.

In die tweede episode deel die legendariese sanger Amanda Strydom haar storie oor haar miskraam. “Ek het in my ryk en vol lewe en loopbaan baie hoogtepunte gehad en ook baie laagtepunte. Ek moes baie keer leer om op te staan ná ek geval het. Ek hoop my storie sal mense hoop gee en hulle inspireer en wys dat daar altyd lig is aan die einde van ’n tonnel,” sê Amanda.

In die derde episode vertel die aktrise Hanna Grobler haar storie oor haar babaseuntjie wat stilgebore is. “Ek wil mense hoop gee vir dit waarvoor hulle nou bid en nog nie kan sien nie. ⁠Ek hoop mense besef die berg waarteen jy vaskyk, word ’n klein molshoop as jy jou oë wakker maak vir die nood rondom jou. Daar is mense met regte probleme,” sê Hanna.

Die gewilde akteur Reynardt Hugo is weer die uitvoerende vervaardiger en regisseur van dié dokumentêre reeks: “Hierdie seisoen het my verander. Om teenoor Amanda, Karlien en Hanna te sit en hul rou eerlikheid, hul pyn en hul krag te aanskou, was een van die mees inspirerende ervarings van my loopbaan. As ’n pa, as ’n seun en as ’n filmmaker het ek daar weggestap met ’n hernude begrip van die mag van stories en die menslike gees. Hierdie vroue is nie net ikone nie – hulle is vegters. Net mens 3 is ons manier om hulde te bring aan hulle en hul veggees. Dis oor hoe ons opstaan, hoe ons onthou en hoe ons aangaan – nie ten spyte van ons pyn nie, maar juis daardeur.”

Die reeks beloof om een vir die boeke te wees – ’n diep roerende portret van drie vroue wie se krag gesmee is in die vuur van sowel oorwinning as tragedie. Kykers kan trane, moed, inspirasie en, bowenal, waarheid verwag.

Net mens begin op 6 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Arno Greeff oor Die nuusmakers en sy nuwe musiek

The post ‘Net mens’ se nuwe seisoen verken moederskap, verlies en hoop appeared first on rooi rose.