amerika | rooi rose

‘Beloofde land’: Die Nutsman en ander maak harte oop oor lewe in Amerika
In die vierde episode van Beloofde land, wat Woensdagaand op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai is, was die fokus op Suid-Afrikaners wat jare gelede reeds hulle heil in Amerika gaan soek het.

Die vervaardiger en regisseur van dié reeks, Rian van Heerden, het Amerika deurkruis om met eks-Suid-Afrikaners te praat, en hoewel hulle almal gelukkig in hulle nuwe land is, lê die trane gereeld vlak wanneer hulle oor Suid-Afrika praat.

Michelle en Riaan Garforth-Venter (Foto: Verskaf/kykNET)

Te sien in dié episode is die voormalige TV-aanbieders Michelle en Riaan Garforth-Venter (beter bekend as Die Nutsman), wat al sedert 2015 in Atlanta, Georgia, woon; die voormalige stadsbestuurder van Mbombela (voorheen Nelspruit), Neil Diamond, wat in Los Angeles saam met sy gesin woon; Etienne Müller, wat as jong man klein rolletjies in reekse soos Egoli en Getroud met rugby gespeel het maar sedert 2016 saam met sy Amerikaanse vrou in Riverside, Kalifornië, woon; die mynboukenner Jean du Plessis, wat in Hoover, Alabama, woon, en Warren Meier, wat reeds in 2004 nuwe weivelde, ook in Alabama, saam met sy gesin gaan soek het.

Die dinge waarna hulle na verlang, stem baie ooreen: rugby in ’n stadion, kuier om ’n braai, die natuur, om naby jou mense te wees en bowenal die kos. Etienne sê hy droom selfs van ’n pepper steak pie by die Engen, ’n Steers-hamburger en ontbyt by die Wimpy. Ook daardie soet appelkooslekkers wat so sag in die middel is.

Etienne Müller (Foto: Verskaf/kykNET)

Etienne het in 2016 Amerika toe verhuis nadat hy al vroeg in sy lewe aan misdaad in Suid-Afrika blootgestel is. As hoërskoolseun het hy gesien hoe hulle buurman beroof is en ’n paar van sy vriende was slagoffers van kapings. “As ek ry in Suid-Afrika en dis druk verkeer, dan probeer ek só ry dat ek nie dood hoef te stop by ’n verkeerslig nie. En ek dink as Suid-Afrikaner raak mens dit gewoond,” het hy vertel.

Neil Diamond, wat deesdae by SACCUSA (die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA) by die konsulaat in Los Angeles werk, het gesê: “Ek dink nie mens plant jou wortels in ’n ander tuin en dra dieselfde vrugte nie. Ek dra nuwe vrugte hier, maar ek mis die ou vrugte, want ek het van die ou tuin gehou.”

Neil Diamond (Foto: Verskaf/kykNET)

Vir hom is die lys van dinge wat hy en sy gesin nié mis nie, egter langer as die lys van dinge wat hulle wel mis, maar hy erken: “Tot vandag toe nog lê my hart in die Laeveld”.

Die groep Suid-Afrikaners in die program vertel dat dit nie altyd maklik is nie. Jean en sy vrou, Adéle, moes ’n tyd lank vir Walmart gaan werk – hy as afleweraar en sy in die winkel – om die pot aan die kook te hou. Jean vertel ook dat nie net die weer ’n aanpassing was nie, maar ook die kos. Alles is in oorvloed beskikbaar, maar proe volgens hom vaal en soet, en die brood is gewoon sleg.

Terwyl Riaan tranerig geraak het toe hy praat oor hulle besluit om te verhuis, het Michelle gesê: “Maak nie saak hoe lank jy in Amerika woon nie, die oomblik as jy oor die huis praat, dan is daar trane. Dit is alles reg onder die oppervlak.”

Riaan, wie se dogters Margot en San-Mari uit sy eerste huwelik nog in Suid-Afrika woon,  se trane sit veral vlak wanneer hy oor sy geboorteland praat. Hy was nie daar toe sy ma oorlede is nie, het verlede jaar ’n broer verloor en het vir die eerste keer oupa geword. “Ek is kwaad vir my land. Hoekom verlaat jy ’n land? Jy verlaat ’n land omdat jy nie meer gelukkig is in daai land nie,” het hy vertel.

Michelle, wat ’n lewe voor die kameras verruil het vir ’n administratiewe pos in ’n kantoor, verduidelik dat Amerika vir hulle en hulle seun, Rainn, werk. “Jy het ’n infrastruktuur hier wat jou toelaat om sukses te behaal,” het sy gesê.

Beloofde land word Woensdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Schalk Bezuidenhout is byna onherkenbaar in Die kantoor

The post ‘Beloofde land’: Die Nutsman en ander maak harte oop oor lewe in Amerika appeared first on rooi rose.

Stylvolle Amerikaanse Presidentsvroue
1 Michelle Obama, presidentsvrou van Barack Obama (2009-2016) – hooffoto. Michelle is ’n gegradueerde aan Princeton University asook Harvard Law School. Sy en Barack is in 1992 getroud en het twee dogters.

2 Jackie Kennedy

Foto: Gallo Images/Getty Images/National Archive

Jacqueline Lee “Jackie” Kennedy Onassis, presidentsvrou van John F. Kennedy (1961-1963). Jackie is in 1994 oorlede. Sy het ’n BA-graad in Franse literatuur van die George Washington Universiteit bekom en het as fotograaf by die Washington Times-Herald gewerk. Sy en John F. het vier kinders gehad.

3 Eleanor Roosevelt

Foto: Gallo Images/Getty Images/George Rinhart

Eleanor Roosevelt, presidentsvrou van F. D. Roosevelt (1933-1945). Eleanor is in 1962 oorlede. Sy was self ’n Amerikaanse politikus, diplomaat en aktivis. Sy was die langsdienende presidentsvrou van Amerika na aanleiding van haar man se vier ampstermyne. Sy het ook bekendgestaan as die “First Lady of the World” in huldeblyk aan haar menseregte prestasies.

4 Hillary Rodham Clinton

Foto: Gallo Images/Getty Images

Hillary Rodham Clinton, presidentsvrou van Bill Clinton (1993-2001). Hillary is in 1947 gebore. Sy is self ’n Amerikaanse politikus en was in 2016 die Demokratiese Party se presidentskandidaat. Sy het teen President Donald Trump verloor.

The post Stylvolle Amerikaanse Presidentsvroue appeared first on rooi rose.

Barack Obama groet die Withuis
Amerika se huidige president, Barack Obama, het in sy finale Withuis-toespraak onder andere eer betoon aan sy vrou, Michelle.

“Jy het ’n rol aangeneem waarvoor jy nie gevra het nie, en jy het dit jou eie gemaak met grasie, styl en humor.”

“Dankie dat jy die Withuis ’n plek gemaak het waar almal kan voel hulle behoort.”

“Jy het my trots gemaak, én jy het die land trots gemaak.”

Aan sy dogters, Milia en Sasha, sê hy : “Ek is baie trots om julle pa te wees.”

Malia was slegs 10 jaar oud toe hulle by die Withuis ingetrek het, en stap nou uit as ’n volwasse vrou van 18.

President Obama sal die Withuis saam met sy familie op 20 Februarie 2017 verlaat waarna hulle na ’n pragwoning in Washington DC sal verhuis. Dié $5.8 miljoen woning het nege slaapkamers en agt-en-’n-half badkamers. Dit sal hom die eerste president maak, na Woodrow Wilson in 1921, wat ná sy presidensiële termyn in DC aanbly.

The post Barack Obama groet die Withuis appeared first on rooi rose.

Trump se sege knou SA-verbruiker
Min is van Donal Trump se werklike toekomstige beleid bekend en dit sal groot onsekerheid op finansiële markte wêreldwyd bring.

Neil Roets, uitvoerende hoof van ’n skuldbestuur-maatskappy, meen die onsekerheid wat Trump se verkiesing bring, sal onsekerheid in Washington veroorsaak omdat min weet watter koers hy sal volg.

“Daar is niks wat markte meer skommel as onsekerheid nie en die Trump-oorwinning sal ’n aansienlik negatiewe uitwerking op die internasionale markte hê en ons sal die gevolge gou in ons mark sien. Die Trump-oorwinning kan lei tot ’n kort skerp styging in markte, maar ’n daling is gou te wagte weens die onsekerhede,” het Roets gesê.

Hillary Clinton is deur beleggers gesien as ’n veiliger en stabieler faktor, maar hulle was versigtig na Brittanje se skok-onthulling in Junie om die Europese Unie te verlaat en die negatiewe impak wat dit gehad het.

“Ons kan net raai watter rimpeleffek sy verkiesing vir die wêreldekonomie gaan bring, maar nie een van hulle gaan die skuldbelaste Suid-Afrikaners ’n blaaskans gee nie.”

Roets het verder gesê ’n groter probleem as die Amerikaanse verkiesing is die aankondiging deur die graderingsagentskap Moody’s dat Suid-Afrika se vier groot banke ’n styging in die probleem-lenings in die volgende 12 tot 18 maande kan verwag as die ekonomie sukkel om te groei.

“Hierdie probleem kom ’n lang pad en Suid-Afrika se baie lae groeikoers en groeiende werkloosheid plaas toenemende druk op verbruikers en probleme met die terugbetaling van lenings is na aan rekord-vlakke.

“Skuldberadingsmaatskappye het dubbelsyfergroei weens die groeiende aantal verbruikers wat op soek is na verligting deur hulself onder skuldhersiening te plaas.”

Dit beskerm hul besittings teen beslaglegging deur skuld-invorderaars en stel hulle in staat om die uitstaande skuld in kleiner bedrae oor langer tydperke te betaal.

Vir meer inligting besoek www.debtrescue.co.za

The post Trump se sege knou SA-verbruiker appeared first on rooi rose.