annemieke mentz | rooi rose

Annemieke Mentz 6: Nuwe besem
Die baard-brille het name. Henk, Dewald en Lafras. Dit is nou my base en die direkteure van ManJfique Designs (Edms) Bpk.

“Jy het nou nog nie ’n kantoor nie, A,” sê Lafras verskonend. “Sodra ons kontantvloei op die been is, sal ons vir jou een inrig. Jou werkstasie is voorlopig hier in die ontvangsgedeelte.”

“Hier is darem ’n koffiemasjien,” troos Dewald.

“Ons het ook vir jou ’n behoorlike rekenaar opgestel. Hier is Wi-Fi en alles,” sê Lafras trots. “Onthou, Vrydae loop ons eenuur tensy ons ’n dreigende deadline het.”

Ek knik effe oorweldig …

“E, so waarmee begin ek?”

Ek voel soos ’n skooldogtertjie in graad een. Sê nou ek verstaan glad nie die tekstielbedryf nie? Ontwerp is een ding, maar materiaal, weeftegnieke, digtheidstoetse – daarvan weet ek niks.

“Henk gaan jou eerste onder sy vlerk neem.” Dewald kyk streng na Henk, díe was tot dusver grafstil en kyk my uitdrukkingloos aan. “Hy gaan vandag kliënte spreek oor die matte, gordyne en muurpapier van ’n nuwe hotelgroep.”

“O?” Ek kyk na Henk. Beslis die moeilikste van die baard-brille. “Watter groep?”

“Paradise Hotels. En vergeet sommer nou van palmbome. Ek doen nie palmbome nie,” antwoord Henk nukkerig en kyk op sy indrukwekkende horlosie. “Jy kan jou goedjies neersit en gaan pieps, ons ry oor vyftien minute. Die kliënt is in Johannesburg en ek stop nie langs die pad nie.”

Waarin het ek my begewe? Wie praat so met ander mense? Maar ek dink aan my afspraak met die eiendomsagent later vanmiddag en glimlag asof my ablusiegewoontes elke dag aan my voorgeskryf word. Ek kort blyplek, ’n mediese fonds en moderne werksklere. Ek het hierdie betrekking nodig. “Ek sal gereed wees.”

Waarin het ek my begewe? Wie praat so met ander mense?

“Barend, ek weet nie of die werk vir my is nie.” Ek snuif en vee lastige trane af terwyl ons na ’n meenthuiskompleks in die Ooste van die Ooste van Pretoria soek. Ek wou nooit in meenthuis-manie woon nie, nou weet ek nie eens of ek dit sal kan bekostig om hier te woon nie.

“Is dit nou net omdat Henk mislik is? Ek sê mos vir jou, hy is ongeskik met almal.”

“En hy bestuur soos ’n maniak.”

“Ry volgende keer met jou eie kar. Jy chicken nie uit voordat jy jou eerste mat-gordyn-muurpapier trio ontwerp het nie, gehoor?”

“Ja, Baas Barend,” antwoord ek suur. “Ons moet nou naby wees. Die prentjie van die woonstel was ook so Toskaanserig.”

Hy ril. “Daar is darem net iets vreeslik grillerigs aan nuwe geld. Kyk daardie kitsch mansions op die bult.”

“Barend, ek kan nie bekostig om snobisties te wees nie. En ek het nie eens nuwe geld nie. Ek het eintlik geen geld nie.”

“Oukei, ontspan die boude. Ons is nou hier. Nogal St Tropez. Hierdie spul was duidelik nog nooit oorsee nie.”

Ek maak weer groot oë en sit toe maar voet aan wal by St Tropez, Oos van Pretoria Oos.

“Baie goeie koop,” draal Huibrie-die-agent. “Die eienaars sluit die gordyne by die koopprys in. Dit is pragtig, sjiffon en tafsy.”

“Klink byna soos ’n matriekafskeidrok,” merk Barend droog op.

“Twee slaapkamers, elk met ’n en-suite badkamer.” Huibrie kyk tersluiks na my linkerhand. “Gaan jy alleen hier woon of is julle … ”

“Ons is lewensmaats met ’n oop verhouding, die spaarkamer gaan dus goed te pas kom,” sê Barend asof botter nie in sy mond kan smelt nie.

“O, goed. Wel, die kliënte se behoeftes is bo. Ek het ook ’n eiendom met vier slaapkamers as julle dalk liewer … ”

“Dankie Huibrie,” onderbreek ek vriendelik. “Ek, e, hou van wat ek sien, maar ek wil my pa ook bring om te kom kyk.”

“Dis terrible,” verklaar Barend toe ons weer in sy motor sit. “Jy kan nie hier bly nie. Dit is ’n dagreis van enige ordentlike mall af en almal ry met Fortuners.”

“Ontspan die boude,” tart ek hom. “Gaan jy my nie vra oor my date met Xander nie?”

“O! Vertel! Het hy met sy toorstokkie elke gedagte aan Cobus uitgewis?”

“Barend! Natuurlik nie. Ons het gaan eet.” Ek voel hoe my keel dik word. “En toe bars ek met die wynbestellery in trane uit. Cobus het altyd wyn bestel. Ek kan nie hierdie dating-ding doen nie.”

“Hemele help ons. Kyk daar op my selfoon. Stuur my kopdokter se nommer na jou foon toe – kyk by Kop Dokter. Hy is fantasties. En ’n catch.”

The post Annemieke Mentz 6: Nuwe besem appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 5: Die kat kom weer
Ek dink jy is baie kortsigtig.” My ma klits die pannekoekdeeg baie langer as wat S.J.A. de Villiers sou gelukkig maak.

“Los die kind, Annemarie.” My pa laat sak sy koerant en kyk na my. “Jy vat nie vir Cobus terug as jy nie wil nie, Annemieke. As ’n man ’n streep het, het hy ’n streep.”

“Sjt! Hy gaan jou hoor, Michiel.”

“Hy stort, Ma.” Ek kou aan my onderlip en vat nog ’n soetkoekie om in my tee te doop. “Ek dink nie hy wil my terughê nie, Pa.”

Die klitser se spoed word nóg opgedraai. “Waarom anders is hy hier!” bulder my ma oor die oorverdowende gezjoer.

“Ma, hy het net gevra of hy vir die volgende maand in die huis kan bly tot ons moet uittrek.”

“En toe sê jy nee!” Sy skakel die klitser beslis af. “Dit was nou die ideale kans om hom te herinner aan die redes waarom hy in die eerste plek met jou getrou het. En dan kan jy aangaan met die lewe wat vir jou bedoel … ”

“Môre, Ma,” groet die nuwe, gespierde, bruingebrande Cobus Mentz. “Anna, Pa.”

Het hy sy tande laat wit maak? Ek voel my oë vernou terwyl ek hom bekyk. Pierewaaier. Ek vertrou hom so ver ek kan spoeg, en dit is nie baie ver nie. “Môre. Ek het jou laaste klere gebring. Dit is nog in die kar, ons kan dit nou gaan haal.”

Die kalm uitdrukking wat die boeddhas op Cobus se gesig geplak het, verstrak nie. “Ek wil jou help om die huis op te pak, Anna. Ons kan behoorlik mediteer oor ons lewe saam. Die goeie dinge herleef. Ons moet afsluiting kry voor ’n nuwe begin.”

Voor ek kon keer, rol ek my oë. “Spaar my jou nuutgevonde insigte, Cobus. Alles in die huis is so te sê opgepak.” Ek staan op, die soetkoekie skoon vergete. “Julle sal my moet verskoon. Ek begin oormôre werk en ek het nog ’n paar goedjies om te doen.”

“Wat verwag hy?” tier Liané. “Dat jy hom met ope arms en wyd gespreide bene gaan verwelkom?” Dit voel asof die hele Capital Craft vir ’n oomblik ophou asemhaal om na ons te kyk.

Barend lag so dat hy aan sy bier stik. “Onthou asseblief dat ek in prentjies dink, Liané.” Dan fokus hy op my. “Verstaan ek reg? Het hy die afgelope tyd by jou ma’le gebly?”

Ek knik en skud my kop. “My pa was natuurlik gereed om hom met die vuiste by te dam, maar my ma hoop desperaat dat ons ons louwarm liefde hervat en dat die vernedering van die egskeiding alles net ’n leuen was.”

“No ways vat jy daai man terug,” gooi Nosiswe ’n stuiwer in die armbeurs. “Dit sal wees soos om nou vir jou ’n Ford Kuga te gaan koop.”

“Ek dink regtig nie dat hy my wil terughê nie, hoor. Hy wou maar net die paar sent spaar wat ’n gastehuis hom sou kos.”

“Well, the man is fearless. Is hy nie bang jou pa gooi Domestos in sy kos of iets nie?”

Ek hoor myself lag. Iets wat ek deesdae al meer doen. “My pa is ’n praktiese man. As Cobus siek is, sal hy nie kan werk nie en as hy nie werk nie, sal hy nie die onderhoud kan betaal nie.”

Barend maak groot oë. “Wat word van die wêreld, meisies?”

Iemand tik op my skouer en ek draai om. “Xander?” Klap-deur-in-gesig-toe-Xander. Cobus-se-vriend-Xander. Nee. Aarde sluk my in.

“Haai, Annemieke. Ek, wel, ek wou maar net hoor of jy al gedink het oor die uitnodiging? Ek weet ek en Cobus is pêlle, maar ek het hom gebel en gevra of hy ’n probleem daarmee sal hê as ek jou uitneem. En … ”

Liané klap haar hande triomfantlik saam. “En toe kom hy heelpad van die verre Ooste af om Annemieke terug te wen.” Sy kyk op na Xander. “Baie dankie Xander, ons verstaan nou almal die situasie baie beter. En Annemieke het nou net vir my gesê dat sy baie graag saam met jou sal wil gaan eet, nè Anna?”

Ek gaap soos ’n vis op droë grond. Ek kyk om my rond. Capital Craft voel skielik soos Alcatraz, geen uitkomkans nie. Xander kyk na my met hoop in sy oë. “E, oukei?” kwaak ek.

“Afgespreek! Môreaand? Ek kom laai jou so sewe-uur op.”

The post Annemieke Mentz 5: Die kat kom weer appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 4: Ek sal kan doen met ’n miljoen
My oë kam weer oor die syfers op die spreiblad voor my. Cobus betaal vir ’n jaar onderhoud. Ek het darem as ’n gemoedstrelertjie die stasiewa gekry waarin Cobus se drie toekomstige kinders sou ry. Die huis word volgende maand in die mark gesit. Ek kry die helfte van die paaiemente wat reeds afbetaal is.

Excel moet blitsvinnig plek maak vir facebook. Search. Cobus Mentz. Asof iemand my (nou) in my eie huis afloer, kyk ek oor my skouer. Dan terug na die skerm. Die foto van Cobus in strandplakkies en ’n monnikjurk trek my soos ’n magneet. Is dit spiere wat onder die materiaal bult? Cobus het nooit eintlik spiere gehad nie. Waarom kan ’n mens foto’s op facebook net like? Wat van dislike? Dan kan Cobus soos volg in kennis gestel word:

“A photo recently shared by you was disliked by Annemieke Mentz. Of dalk: A life event reported by you recently disgusted Annemieke Mentz?

Waarom kan ’n mens foto’s op facebook net like? Wat van dislike?

Voor ek facebook van my epifanie in kennis kan stel, lui my foon. Barend. “Hoor ek reg? ’n Man, wag eers, ’n hot man het jou genooi vir ete en toe maak jy die deur in sy gesig toe? Jy moes net gegaan het, Anna!”

“Barend, Liané en Nozzie moet leer om nie my sake aan die wêreld uit te basuin nie. Buitendien, dit sal voel na verneuk.”

My gay hartsvriend klik sy tong oorverdowend. Ek kan sommer hoor hoe hy sy oë rol.“Van wanneer af is ek deel van die mense? Julle hou lekker pity parties sonder my, onthou maar net, karma is altyd aan my kant. En jy het ’n paar sessies by een of ander kopdokter nodig om jou misplaaste lojaliteitsgevoel uit te sorteer. Jy ly aan ghost-spouse syndrome, Annemieke.”

Ek sug. “Ek werk aan my psige, oukei. En ek kan die oënskynlike hot man se nommer vir jou kry as jy dit beter kan benut.”

“Ek bel eintlik oor werk, Anna-Kepanna. Jy gaan nie vir altyd van Cobus se vrygewige spene kan drink nie.”

“Gross.” Kan Barend gedagtes lees? Of loer hy my regtig af? Ek kyk sommer weer oor my skouer.

“Ek het vir jou ’n onderhoud gereël. ’n Pel van my kort dringend nog ’n grafiese ontwerper vir sy span en ek het jou verkoop soos slush puppy aan ’n eskimo. Ek vermoed dat hy dink jy het gehelp om die Mona Lisa te teken.”

My keel trek toe. “Is dit Liané wat jou opgesteek het? Kan julle my nie net vir ’n ruk uitlos nie, Barend? Ek het ’n verskriklike tyd agter die rug”

“Suster, jy gaan deur nog ’n verskrikliker tyd gaan as jy weer by jou ma’le moet intrek. So ek meng in omdat ek vir jou omgee. Kry nou end met hierdie probleemkind-houding.”

En hier sit ek op ’n skelpienk kantoorstoel met tien kopieë van my CV, die beste tien werke uit my portefeulje en my hart in my keel voor drie maer, bebaarde en bebrilde hipsters.

“Ek waardeer jou kuns, A,” sê Baard-Bril Een. “Dit is terselfdertyd aggressief en sensitief.”

Ek dink ek kry ’n glimlag uit. “Julle doen hoofsaaklik tekstiel-ontwerp vir groot hotelgroepe, nè?”

Baard-Bril Twee knik. “Ja. Ons werk saam met ’n paar argitekfirmas. Jy sal baie moet reis vir jou werk. Sal jy bereid wees om dit te doen?”

Ek knik en sluk. “Ek het niks wat my bind nie. Behalwe ’n hond. Ek het ’n hond. Sy naam is Vindiesel.”

Baard-Bril Drie glimlag. “Dit is darem net so een of twee dae op ’n slag. Dit pla my net dat jy nog nooit regtig in tekstiel gewerk het nie.”

Ek voel my oë vernou. “Wel, ek kan mos leer. En as julle van my ontwerpe hou, is dit vir seker die moeite werd om in my opleiding te belê .” Wat? Is dit aangename Annemieke wat haar so kan opruk?

Die Baard-Brille kyk beïndruk na mekaar. “Ons hou van ’n vuurvreter.” Hulle begin papiere bymekaarmaak. Beduie dat ek maar kan opstaan.

“Ons sal jou bel sodra ons ’n besluit geneem het, Annemieke. Maar ons hou van wat ons sien. Ongelukkig is die salaris maar klein, maar ons groei. Dit sal ná ses maande aangepas word.”

Ek sweef by die ou huis in Brooklyn uit. Die Baard-Brille het prima-eiendom vir hul kantoor gekies.

Ses missed calls van my ma? Vreemd.

“Annemieke! Waar ís jy? Jy moet dadelik hierheen kom! Gaan trek eers iets mooi aan. Of nee, kom net!”

“Ma, wat gaan aan?”

“Cobus is hier, kind!”

The post Annemieke Mentz 4: Ek sal kan doen met ’n miljoen appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 3: Doepa teen die weemoed
Ons kom net gou ’n draai maak. Net om te kyk of jy oukei is.”

Ek onderdruk ’n sug. As Nosiswe op ’n ding besluit het, het sy besluit. En nou is Liané nog saam met haar in die motor ook. “Dit is reg. Gee maar ’n missed call wanneer julle hier is, dan maak ek oop.”

“Ek het versnaperinge gebring,” kondig Nosiswe aan toe ek die deur oopmaak. Die glimlag verdwyn toe sy my behoorlik bekyk. “Sista, hoeveel kilogram het jy verloor? Jy lyk soos die nag.”

Liané lig haar sonbril van haar oë af en knik bevestigend. “Dit is hoekom ek op pizza aangedring het, Nossie. Ek het vir jou ’n JobMail gebring en ek hoop jou iPad het data op. Annemieke, vanaand soek ons vir jou werk.”

Vindiesel-die-wolfhond is so bly om mense te sien dat hy half ongeskik teen Nosiswe opspring.

“Is it because I am black?” vra sy kamma geaffronteerd.

“Hy mis vir Cobus en nou spring hy teen enigiets op, moenie te gevlei voel nie.”

Liané rol haar oë. “Ek het hom vandag op facebook gaan beloer. Die ellendeling is jou wrintiewaar in Viëtnam.” Sy trek ’n gesig. “Jy kan jou sterre dank dat julle uitmekaar is voor hy daar was. Kan jy dink watter kaliber voëlgriep ’n man daar kan optel?”

Die kwalik bedekte insinuasie laat my darem lag. “Moet ek die pizza warm maak?”

“Kry eerder ys vir die wyn,” beveel Nosiswe. “Ek het ’n helse dag op kantoor gehad. Dis nie speletjies om vir die Staat te werk nie.”

Nosiswe is ’n staatsaanklaer en volgens haar is sy die enigste hardwerkende persoon buiten Gerrie Nel in die vervolgings-gesag.

“Ek sê al lankal jy moet ’n private praktyk begin. Maar dit is nie vanaand ons grootste probleem nie. Annemieke, is dit ABBA wat ek daar hoor?”

Ek knik. “Skuus, maar ek luister nou al twee weke lank aanmekaar na ‘The Winner Takes it All’ en jy beter dit nie afsit nie. Ek is nog nie uitgeluister nie.”

Twee uur later gee ons op. “Niemand gaan my aanstel nie. Ek is ’n grafiese ontwerper wat langer as ’n jaar uit die bedryf was. Ek sal waarskynlik my graad moet oordoen voordat ek weer ’n aanstelling kry.”

“Met daardie houding sou ek jou ook nie in diens neem nie,” verklaar Nosiswe hardvogtig. “Jy moet jouself bemark, girlfriend. Waarom koop almal Verimark-produkte? Want selfs Verimark glo in Verimark. So eenvoudig soos dit.”

Ek rol my oë om die weemoedigheid wat my beetpak te verbloem. “Ek is reg vir ’n ander liedjie. Solank dit ook Abba is.”

“Op een voorwaarde, ons trek soos dancing queens aan.” Liané spring op en verdwyn in die rigting van my slaapkamer. “Toe, ’n bietjie helder lipstiffie, so ja. Annemieke, hier is vir jou ’n vere-boa. Nossie, jy kry vanaand die sequin-serpie.”

’n Bietjie dronk en ’n bietjie laf sing en dans ons soos wafferse Meryl Streeps totdat Chiquita beter voel en Napoleon in Waterloo verslaan is.

“Wat was dit?” Ek spits my ore en luister so tussen die Mamma Mia’s deur of ek weer die geluid hoor.

“Ek dink dit was die deurklokkie.” Liané se asem jaag en haar tong het ’n verdagte slepie. Klink ek ook so? Hoe kon ons drie bottels wyn in so ’n kort tydjie die loef afsteek?

“Maak oop, dalk is dit ’n krisis iewers.” Nossie lyk belaglik met die blink serp om haar kop gedraai.

“Oukei, oukei. Ek is nou terug. Moenie die musiek afsit nie.”

Niemand lui ooit nege-uur in die aand die voordeurklokkie nie. Ek is darem nie alleen hier nie. Die loergaatjie help nie veel in my huidige toestand nie en ek maak maar die deur oop.

“Xander?”

“Annemieke, hoe … Pla ek?”

Daar staan ’n man met ’n reuse-bos blomme op my voorstoep. Die man is een van Cobus se goeie vriende.

“E, nee. Wel, ek … Ja. Eintlik. Waarmee kan ek help?”

Hy kyk klaarblyklik verby die skelpienk lipstiffie en die vere-boa om my nek, want sy glimlag groei.

“Ek het gehoor van die egskeiding. Dit is nou jammer, man.” Hy hou die blomme soos een of ander prys na my toe uit. “Ek wou hoor of jy nie lus is om iets te gaan eet nie?”

My mond was lank laas so vol tande. “Eet soos in … éét?”

Voordat hy kan antwoord en voordat die selfvoldane glimlag sy hele gesig oorneem, maak ek die deur in sy hoopvolle bakkies toe.

The post Annemieke Mentz 3: Doepa teen die weemoed appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 2: Die bootjie het gesink
Ek het ’n tannie wat altyd waarsku dat ’n mens versigtig moet wees waarvoor jy vrees, want voor jy jou kom kry, wórd jy jou vrees. Sy was reg. Ek is 33, werkloos, die primêre versorger van ’n wolfhond en geskei. Ek is geskei. Ek is pas geskei. Om die waarheid te sê, ek het pas uit die hof gestap, so vars geskei is ek.

“Koffie?” My ma se onderlip bewe terwyl sy praat.

Ek skud my kop. “Wyn. En baie daarvan.”

Liané knik. “Kom ons kom net uit die middestad uit, ’n rooftog sal vandag jou einde beteken.”

Ek snork onvroulik en rol my oë.

“Annemieke! ’n Dame maak nie so nie.”

Pretoria is warm. Te warm. Ons sit by die Country Club se restaurantjie. Liané ondersteun die plek getrou ná sy haar huidige vlam hier raak ge-putt het. Cobus was my eerste ernstige kêrel. Waar gaan ek ooit ’n vlam, of ’n stukkie, of ’n gelukkie optel? Nevermaaind waar, hóé?

Die kelner skink koue witwyn elfuur die oggend sonder om te blik of te bloos. My ma se gesnik is ook klaarblyklik nie vir hom vreemd nie.

“Ek weet nog nie eens of Pappa die troue afbetaal het nie, Annemieke, en nou is die huwelik al op die rotse.”

Ek sug. “Ma, die huwelik het die rotse heeltemal gemis. Die bootjie het sommer net gesink.”

Liané skud haar kop. “Dit bly bitter vreemd. Kyk, ek doen baie egskeidings, dit is alledaags. Maar daar is altyd derde partye, of iemand spring uit ’n kas uit, of iemand kyk elke aand diep in ’n bottel. Maar sommer so? Om geen rede nie?” Sy kyk die soveelste keer vraend na my en ek vertel die hele ou storie weer.

My ma snuit haar neus, skud haar kop en neem ’n groot sluk wyn. “Die kind moet gay wees. Hy het waarskynlik iemand ontmoet en nou eers besef dat hy van mans eerder as van vroue hou. Kon hy nie vroeër gepraat het nie?”

“Het hy nie dalk by een of ander weird kerkgroep aangesluit nie? Hulle plant soms sulke bisarre idees in mense se koppe,” vra Liané.

Ek skud my kop ontkennend. “Nee. Alles was normaal tot twee maande gelede. En Cobus is nie gay nie. Ek behoort dit darem te weet.”

“Was julle, eh, slaapkamersake reg, en so?” vra my ma versigtig. “As daar duwweltjies in die bed is, is daar jakkalsies in die wingerd.”

“Wel, Ma, ná nege jaar saam is ’n mens mos nou maar gewoond aan mekaar. Alles was maar soos dit altyd was.”

“Ek en jou pa is al byna 35 … ”

“Hy was verveeld,” keer Liané net betyds.

Ek rol my oë. “Hy is ’n aktuaris, Liané, verveeld is vir hom die toppunt van opwinding. Tog, die man het in soveel woorde vir my gesê dat hy soos ’n suster oor my voel. En nie die tipe in uniform nie, soos oor ’n bloedsuster.” Ek sug swaar. “Dalk was ons albei verveeld? Maar ek het daarvan gehou. Ek is ’n gemaksone-dier. Kan ons nou asseblief op die wyn pleks van my huidige penarie fokus?”

“Wat gaan jy doen?” ignoreer my ma my versoek.

“Ek sal moet werk soek. Begin pak. Sodra Cobus terugkom van sy Eat, Pray, Love-vakansie in die Midde-Ooste sal ons die huis in die mark moet sit.” My keel word dik. “Ek weet nie hoe ek dit gaan doen nie. Ek het eintlik beplan om hierdie maand ons wittebrood-album te maak.”

“Wel, jy is daardie moeite gespaar. Nou kan jy die foto’s weggooi of uitvee as dit digitaal is,” sê Liané prakties.

“Dalk moet ek Kaap toe trek? Mense trek graag Kaap toe ná sulke traumas.” Ek soek na bevestiging op die twee gesigte oorkant my, maar hulle kyk net effe verslae na mekaar en toe na my.

“Jy moet nou eers kalmeer, Sussie. Dalk moet jy sommer vanaand nog terugtrek huis toe, dan is jy darem by my en Pappa, en so.”

Ek sluk benoud. “Eh, dankie, Ma, maar ek is nog nie heeltemal reg om uit ons huis te trek nie.” As ek vanaand in my dogtertjie-kamer moet slaap, versmoor ek myself met ’n pienk kontinentale kussing.

My selfoon vibreer. Liané. Ek kyk tersluiks na my vriendin en toe na die boodskap: Vanaand verf ons die dorp rooi. Ek laat die girls weet.

The post Annemieke Mentz 2: Die bootjie het gesink appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 1: Die ontnugterende ontwaking
Ek het al daarvan gelees. ’n Buiteliggaamlike ervaring. Die vlieg-teen-die-muur gevoel. Asof jou lewe ’n fliek is wat hom voor jou afspeel. Ek beleef tans so ’n oomblik. En dan word die vlieg teen die muur ’n vlieg in die salf of die wyn of die werklikheid. “Skei? Jy wil skei?”

Cobus kyk my halfbedremmeld aan. “Jammer Anna. Ek weet dit is onverwags. Die ding het my net so onkant betrap. Ek … ”

“Die ding?!” Ek spring op. “Watse díng, Cobus? Het die ding ’n naam? Dra sy ’n rok? Waddehel gaan met jou aan!”

Cobus is nou ook regop. “Annemieke, jy is histeries my skat. Sit, dan maak ek vir ons rooibos sodat ons rustig hieroor kan praat.”

Ek gaan sit maar. Oukei. Vandag het soos elke ander dag begin. Cobus se wekker het halfses begin skree. Hy het dit doodgedruk. Ons het kwart voor ses opgestaan. Hy het aangetrek vir werk terwyl ek vir hom All-Bran in ’n bakkie gegooi het, met warm melk soos wat hy daarvan hou. Ons het Nespresso-cappuccinos gedrink. Cobus is werk toe. En toe hy terugkom, wil hy sommer skei. Ek verstaan dit nie. My gedagtes voel soos ’n Kersfees-koekstruif.

“Ek het suiker in jou tee gegooi. Dit sal help vir die skok.”

Ek troetel die beker tussen my hande.“Is jy verveeld? Moet ons nuwe dinge probeer, dalk ’n bietjie Fifty Shades of Grey lees? Ek weet dat ek soms konserwatief is, maar ek kan aanpas.”

“Anna, dit is nie jy nie, dis ek.” Hy haal diep asem. “Hierdie is nie wat ek uit die lewe wil hê nie. Ek wil ongebonde wees. Ek wil reis, plekke sien en mense beleef. Ek wil ’n boek skryf oor iets.”

Ek kyk verslae na my man. My beste vriend. My hele wêreld.

“Cobus. Jy is ’n aktuaris. Julle skryf nie boeke nie. Jy was veronderstel om die veiligste belegging van al my vlerkslepers op universiteit te wees! Jy bestel altyd dieselfde gereg by dieselfde restaurant. Jy laat jou onderbroeke stryk. Hoe gaan jy sonder my in vreemde lande oorleef?”

Hy skuif nader, ’n vreemde glimlag lig sy ganse gelaat op. “Dit is juis die punt, Anna! Wie is Cobus sonder Annemieke? Wie is Cobus Mentz?”

Ek voel tranerig. My keel is dik. Ek gaan nou geen argument kan wen nie, as daar ooit ’n argument op die tafel is. Ek voel hoe my gesigspiere onwillekeurig begin vertrek. Hier kom dit nou. Ek huil. Katte en honde.

“Sjjj … Ons sal dit uitwerk. Ons gaan oukei wees, jy sal sien.”

Ek snuit my neus met sy Pringle-of-Scotland hemp.

“Nee Cobus, jý gaan oukei wees en ek gaan geskei wees.”

“Is hy van sy kop af?” Liané se stem grens aan histerie.

“Hy het klaar besluit, ek kan dit sien. Wat gaan ek doen, Liané?”

“Jy gaan my môreoggend agtuur kom sien, dit is wat jy gaan doen. Ons gaan Cobus vat vir alles wat hy het. Hy gaan op ’n donnerse wêreldreis moet gaan om sy skuldeisers te ontduik wanneer ons die dag met hom klaar is.”

Liané is ’n prokureur. En hoewel ek nie vir Cobus wil vat-vir-alles-wat-hy-het nie, het sy dalk ’n punt beet. Sien, ek werk nou al vir ’n bietjie meer as ’n jaar glad nie. Ek is mos getroud. Wel, nou is ek drie en dertig, werkloos en amper geskei.

“Waarvan gaan ek lewe? Sherbet, Liané, ek gaan moet werk soek! Waar begin ek? Niemand gaan my ernstig opneem nie, ek het ’n hele jaar koek gebak en gebalanseerde aandetes gekook.”

“Dit is later se bekommernis. Sê eers vir my, hoe gaan jy die nuus aan jou ma oordra?”

“Dalk moet ek net stilbly daaroor en wag tot sy dit agterkom? Dalk ná drie of vier vakansies sonder Cobus?”

My vriendin lag oor die lyn.

“Skuus, dit is nie snaaks nie.” Sy sug. “Kan hy nie op sy wêreldreise gaan, kyk of hy oor sy geite kom, en dan net voortgaan met julle huwelik asof niks gebeur het nie?”

“Ek het gevra. Die antwoord is nee.”

My selfoon vibreer teen my oor. “Hier is nou eers ’n ander – ag hel, dit is my ma. Ek bel jou nou-nou.”

Ek haal diep asem en kyk na die skerm, huiwerig om te antwoord.

Dit is dan nou so.

Welkom by die ontnugterende ontwaking van Annemieke Mentz.

The post Annemieke Mentz 1: Die ontnugterende ontwaking appeared first on rooi rose.