antjie krog | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met liedjieboer, Anton Goosen – oor sy nuwe musiek
Die legendariese en geliefde sanger, musiekregisseur en “liedjieboer”, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit.

Bly by my, (my lief) – ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n, soos hy sê, “Afrikaanse sagte blues genre”.

“Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. Bly by my is een van haar bekendstes. Daar is ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly by my, (my lief), maar omdat dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,” verduidelik Anton.

Die enkelsnit vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.

Anton, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword.

Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok as enige ander Suid-Afrikaner versamel en het al meer as 20 albums uitgereik; die musiek vir verskeie rolprente soos Die Laaste Tango, ’n Pawpaw vir my Darling en Siembamba geskryf; asook liedjies vir onder andere Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp en Koos Kombuis neergepen.

Hy is tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur-toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van vyf kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.

Anton Goosen: Liedjieboer, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.

Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy dit om tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy vrou, Estie, en hul vier honde deur te bring; stappies op die strand, gesprekke met vriende; lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

Karlien Meiring het meer oor sy nuutste musikale meesterstuk gaan uitvind

Hoe hoop jy sal jou aanhangers op jou nuwe musiek reageer?

Ek hoop uiters positief! ’n Mens weet nie vooraf wat die reaksie op jou album gaan wees nie; dis maar in die hande van die “musiekgode”. Afrikaanse musiek het oor die afgelope vier dekades baie verander. Nuwe genres, formate en platforms waar musiek gestroom en afgelaai kan word, het bygekom.

Hoe benader jy die skep van nuwe musiek na so ’n lang en suksesvolle loopbaan? Vind jy dat jou proses oor die jare verander het?

In die begin was dit vir my baie makliker, want ek het my hele lewe voor my gehad waarin ek kon skep. Later het ek meestal my kreatiewe idees deur waarneming of navorsing gekry. Ek vind dat soos die jare aanrol, ek meer nasorg doen en stadiger (en hopenlik deegliker), werk.

Daar word dikwels na jou as die vader van Afrikaanse rock verwys. Hoe sien jy die evolusie van Afrikaanse musiek en waarheen dink jy is dit op pad?

Ja, ek het dit al raakgelees, dis als bloot toevallig en grootliks omdat Blommetjie gedenk aan my in rockformaat was. Ek onthou dat my eerste regisseur, Chris Kritzinger, aan die orkeslede in die ateljee die dag gesê het: “Think: Baby come back.” Dit is ’n liedjie van die Equals. En die res is nou geskiedenis. Ek was toe nog ’n musiekresensent by Beeld en het baie wyd na alle musiekgenres geluister. Dit het baie gehelp.

Afrikaanse musiek het sedert die Musiek en Liriek-revolusie in 1979 geweldig gegroei en vlamgevat. En dis ’n tuiste met vele kamers. En dis goed. Daar is ’n hele klomp nuwe, jong kunstenaars (en gevestigdes) wat die vlam van goeie nuwe Afrikaanse musiek hoog hou. Dis lekker om te sien; veral nou dat ons aanstaande jaar 100 jaar vier sedert Afrikaans ’n amptelike taal geword het.

Wat is die mees ongewone of onverwagte plek waar jy inspirasie vir ’n liedjie gekry het?

Dit gebeur gewoonlik op die ontydigste tye soos net voor ek êrens heen moet gaan of besig is om te bestuur, dit was veral moeilik in die dae voor klein bandopnemertjies en selfone. Die een wat ek die beste onthou en die moeilikste was, was toe ek een keer op die N1 van Johannesburg na Pretoria bestuur het en daar ’n wysie in my kop opgedaag het. Ek het niks by my gehad om dit mee vas te pen nie. Ek het dit die hele pad soontoe en terug in my kop herhaal tot ek by my studeerkamer was om daaraan te werk. Dit was eers twee dae later voltooi. Hierdie wysie is nou byeboerwa.

Wat motiveer jou om, selfs na al die jare, gehore met jou musiek en talent te betower?

Sjoe, dis ’n moeilike vraag. Ek lewe vir musiek – ek dink dis die motivering. Dis die vuur wat van binne brand: Soms is dit net ’n gloed, maar met inspirasie vlam dit op – soms selfs onbeheers, want soos Nietzsche gesê het “without music, life would be a mistake.”

KYK: Anton Goosen: Bly by my (my lief) – Amptelike musiekvideo

Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit hier af.

Lees ook: De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met liedjieboer, Anton Goosen – oor sy nuwe musiek appeared first on rooi rose.

Boek van die maand: Fynbosfeetjies
Daar woon ’n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar unieke manier aan ons voor. Hulle werk en speel, hulle sorg vir die fynbos of maak gemors. Hulle lag, slaap, droom … dis ’n besige lewe vir ’n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld. Fiona Moodie se asemrowen-de illustrasies is plantkundig akkuraat geteken.

Kyk na “Disa-feetjie”:

so dans die Disa-dogtertjie

so dans sy langs die stroom

so buig sy met die varings saam

en was haar vlerkies skoon

so drink die Disa-dogtertjie

dou van die silwerboom

so het die Disa-dogtertjie

diep in my hart kom woon

The post Boek van die maand: Fynbosfeetjies appeared first on rooi rose.