arbeidsterapie | rooi rose

Arbeidsterapie en psigiatriese diagnoses
Elkeen van ons het, afhangend van die stadium van ons lewe, sekere rolle en take om te vervul. Hierdie take verwys na alledaagse aktiwiteite soos werk, slaap, verhoudings, vryetydsbesteding en persoonlike bestuur en verantwoordelikhede. Die doel van Arbeidsterapie is om ’n persoon te help om hierdie rolle en take so onafhanklik en effektief as moontlik te kan verrig, om met ander woorde met optimale lewenskwaliteit te leef.

Persone met stres of psigiatriese diagnoses soos gemoedsversteurings (onder meer depressie en bipolêre siekte), en angsversteurings, ondervind dikwels probleme met die hantering van hul emosies, denkpatrone, konsentrasie en motivering. Dit beïnvloed gebalanseerde en suksesvolle deelname aan alledaagse aktiwiteite negatief.

Behandelings-benadering

Ons psigososiale Arbeidsterapie-groepe word as deel van ’n groepsprogram in ’n psigiatriese kliniek aangebied. Binne die groep fokus ons op deelname aan ’n verskeidenheid aktiwiteite (onder andere kreatief en sosiaal), in ’n veilige en gestruktureerde omgewing. Tydens deelname beleef die kliënt sy eie potensiaal en raak hy/sy bewus van vaardighede en sterktes. Dit lei tot meer selfvertroue en verbeterde deelname aan alledaagse aktiwiteite wat hy voorheen as problematies ervaar het. In groepsterapie beleef die kliënt homself ook in interaksie met ander mense en raak dan bewus van foutiewe denkpatrone en kommunikasiestyle. Dit is vir ons belangrik om kliënte te help om op hul eie daaglikse funksionering te fokus, en dan met nuwe vaardighede toe te rus wat hul funksionering tuis positief sal beïnvloed.

Ons behandel volwassenes, bejaardes, tieners en kinders as deel van ’n multi-dissiplinêre span wat psigiaters, kliniese sielkundiges en ander terapeute insluit. Kliënte word ook, na aanleiding van die behoefte, as buitepasiënte en/of individueel gesien.

Arbeidsterapie kan die volgende aan ’n bejaarde, volwasse of tiener-kliënt bied:

Lewensvaardighede

Streshantering

Gebalanseerde leefstyl

Dagbeplanning

Konstruktiewe benutting van vryetyd (insluitend kreatiewe aktiwiteite)

Selfhandhawende kommunikasie/grense

Slaaphigiëne

Hantering van angs

Selfbeeld

Waardeklarifikasie

Ontspanningsterapie

Asemhalingstegnieke

Ontspanningsterapie-tegnieke

Sensoriese profiele

Die invloed wat ’n persoon se unieke sensoriese belewenisse op sy interaksie met die omgewing en ander persone het

Bestuur van chroniese pyn

Kontak gerus www.otasa.co.za vir meer inligting.

The post Arbeidsterapie en psigiatriese diagnoses appeared first on rooi rose.

Arbeidsterapie en Downsindroom
In Suid-Afrika kom Downsindroom in sowat een uit 770 geboortes voor, of een tot drie keer in elke 1 000 geboortes. Dit het dieselfde voorkoms onder alle rasse en ekonomiese groepe. Hierdie multistelsel chromosoomafwyking word as die grootste genetiese oorsaak van intellektuele gestremheid beskou.

Downsindroom is nie ’n siekte of ’n mediese kondisie nie. Dis onvanpas om te sê iemand is ’n Downsindroomlyer of “ly aan” Downsindroom. Praat eerder van iemand mét Downsindroom, want Downsindroom verg nie behandeling nie en kan ook nie voorkom word soos sommige siektes nie. Dit kan op die oomblik nie genees word nie.

Dit help as …

Daar kan wel baie gedoen word om ’n baba met Downsindroom te ondersteun en met die talle uitdagings te help:

Vroeë verwysing na mediese kenners word aangemoedig sodat komplikasies (hart-, gehoor- en sigafwykings) geïdentifiseer kan word.

Doeltreffende vroeë intervensie bestaan daaruit om “net die regte” uitdaging aan ’n kind met Downsindroom te stel om die nodige ontwikkelingsvaardighede te bevorder en te verbeter.

Wat vroeë intervensie betref, is die sleutel tot sukses goeie samewerking tussen die arbeidsterapeut, ouers en versorgers tuis of waar daar ookal na die kind omgesien word.

’n Sinvolle stimulasieprogram

Die gebruik van stimulasieprogramme soos die Developmental Resource Stimulation Programme (DRSP) vir kinders met Downsindroom jonger as 42 maande dra daartoe by dat hulle hul volle potensiaal bereik.

Die Developmental Resource Stimulation Programme is ’n vroeë intervensie-arbeidsterapieprogram wat spesiaal vir kinders met Downsindroom ontwerp is. Dis ’n unieke, ouer-kindspesifieke, een tot een, geïntegreerde program.

Hierdie program is ontwerp om die kind se ontwikkeling te stimuleer en verg die aktiewe deelname van die ouer wat by die huis relevante DRSP-aktiwiteite met hul kind uitvoer. Dit sluit ’n aktiwiteitshandboek in sowel as ’n aktiwiteits-kit bestaande uit drie drinkbekers, vier teelepels en ’n waslap.

Vir die kind om hierdie vaardighede te bemeester, moet die arbeidsterapeut betrokke wees by die intervensieproses en alle betrokkenes moet op die proses inkoop en saamwerk. Die noue samewerking en betrokkenheid van die arbeidsterapeut bemagtig die ouers van kinders met Downsindroom. Aktiewe deelname aan die DRSP-program deur die baba met Downsindroom en sy of haar ouers het ’n positiewe uitwerking op die kind se algehele ontwikkeling.

Bron: OTASA (Occupational Therapy Therapy Association of South Africa). Meer inligting by www.otasa.co.za

The post Arbeidsterapie en Downsindroom appeared first on rooi rose.

Arbeidsterapie: hoe sport jou duim kan beseer
In 1955 is ’n interessante duimbesering gediagnoseer deur ’n ortopediese chirurg genaamd CS Cambell. Sy gereelde pasiënte was die Skotse mans wat lief was vir jag, veral hase-jag. Dìe hase is gewoonlik voorberei vir ’n sappige feesmaal, maar ongelukkig teen ’n pynlike prys. Die jagters het gereeld beserings aan hul duime opgedoen wanneer hulle die haas se nekke afruk deur hul hand met ’n uitgestrekte webspasie tussen die duim en die ander vingers agter die nek van die haas te plaas. Die jagter voer dan ’n blitsige rukbeweging uit om die haas se nek te breek, min wetend dat sy gewelddadige aksie mettertyd tot ’n doktersbesoek sou lei. Dr Cambell het hierdie besering “Gamekeeper’s thumb” genoem.

Die besering word gekenmerk deur ’n onstabiele duimgewrig, pyn en die onvermoë om ’n knypgreep uit te voer. Die persoon sukkel om skoenveters vas te maak en eenvoudige take uit te voer soos om ’n papier te skeur. Op ’n duidelike X-straal kan ons sien dat die duim se ulnêr kollaterale ligament geskeur of gerek is.

Nie net van hase jag nie

Vandag kry ons ’n soortgelyke besering, maar nie as gevolg van hase vang nie. ’n Waarskuwing vir almal wat lief is vir sneeuski: hierdie besering mag dalk oor jou pad kom! Ons noem dit “Skier’s thumb” en dit word hoofsaaklik opgedoen wanneer jy val en jou duim vasgevang word in die lissie van die skistok. Die skiër se besering verskil van dié van die haasjagters. “Gamekeeper’s thumb” word oor ’n tydperk opgedoen, en “Skier’s thumb” is ’n akute besering. Dis ook algemeen in sportsoorte soos rugby, sokker en netbal, en die atlete raak gewoonlik bewus van die besering wanneer hulle hul opponent ná die wedstryd ’n handdruk gee. Jy moet onmiddellik ’n geneesheer spreek indien jy vermoed jy het hierdie besering opgedoen. Behandeling moet binne tien dae plaasvind om te verseker dat die ligament ’n goeie kans het op herstel.

Behandeling

Die geneesheer bepaal die erns van die besering deur dit as ’n graad een-, twee- of drie-besering te klassifiseer. Vir graad een en graad twee beserings word die arbeidsterapeut deur die dokters gekonsulteer om ’n handspalk te maak wat die duim vir agt weke immobiliseer. Die dokter kan ook ’n K-draad in die duim sit om dit te immobiliseer. ’n Graad drie-besering gaan waarskynlik chirurgie nodig hê waartydens die ligament rekonstruksie ondergaan.

Dit beteken natuurlik geen ski of hase vang vir agt weke nie! Na agt weke sal die arbeidsterapeut en die pasiënt begin met ligte en pynvrye oefeninge om die gewrig losser te maak en die spiere om die duimgewrig te versterk. Die terapeut sal die pasiënt ook betrek by aktiwiteite waar hy verskillende grepe moet uitvoer om die hand weer funksioneel te maak vir die volgende hase jag- of ski-ekspedisie.

Kontak 012 362 5457, otoffice@uitweb.co.za of www.otasa.org.za vir meer inligting.

The post Arbeidsterapie: hoe sport jou duim kan beseer appeared first on rooi rose.