Arendsvlei | rooi rose

Melissa de Vries oor hoe ‘Arendsvlei’ en ‘Mince Jou Hare’ alles verander het
In Mince Jou Hare vertolk Melissa de Vries (Sasha Daniels in Arendsvlei, Bronwyn in Taktiek) die rol van ene Frieda, wat haar werk by ’n fabriek bedank om ’n haarsalon in haar huis op te rig – ’n besluit wat die lewens van haar familie, bure en kliënte ontwrig.

Dié Showmax Original-sitkom is geïnspireer deur die ware verhaal van Frieda, die ma van die bekroonde komediant Shimmy Isaacs, die reeks se draaiboekskrywer en medevervaardiger.

Caryn Welby-Solomon het met Mel gesels om meer uit te vind:

Hoe sou jy Mince Jou Hare beskryf?

Dis ’n sitkom wat om Frieda en haar salon draai. Mince Jou Hare gaan oor ’n vrou wat haar drome najaag. Dis ook oor verhoudings. Almal wil in daardie huis wees. Die kliënte kom vir meer as ’n haarafspraak, want dit is ’n veilige ruimte waar hulle hul mure kan laat sak en kan ontsnap van die realiteite wat hulle in die gesig staar.

Vertel ons meer oor jou karakter.

Frieda, Frieda, Frieda… Dis maklik om by haar aanklank te vind. Sy werk hard, sy is eerlik en lojaal en ’n vrou wat haar bes probeer om haar eie besigheid te begin terwyl sy ook ’n huishouding bestuur.

Shimmy het altyd gesê dat haar ma statisties nie veronderstel was om dit te maak nie. Sy was veronderstel om in die fabriek te bly. Maar sy het die statistieke verkeerd bewys. Sy wys dat dit moontlik is om enigiets te doen. Dit gaan nie oor waar jy vandaan kom nie, maar waarheen jy op pad is.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met komediant Shimmy Isaacs oor haar Showmax-sitkom, Mince jou hare

Wat het jou na dié rol aangetrek?

Eerstens, dit was goed geskryf. Dit was so maklik om die lyne te leer. Die manier hoe die karakters gepraat het, het vir my dié wêreld laat verstaan – hul interaksies het bekend gevoel. Een van my susters, Sharon “Sussie” Maarman, het haar eie haarsalon gehad. Sy is nie meer met ons nie, maar dit het my herinner aan daardie wêreld waarin ek grootgeword het en hoe ’n haarstilis met haar kliënte omgaan.

By die oudisie het ek baie pret gehad omdat ons kon speel, en of ek nou die rol gekry het of nie, dít was ’n ervaring wat my soveel hoop gegee het.

Hoekom moet mense Mince Jou Hare kyk?

Dit is snaaks, dit gaan oor familie en hulle sal hulself – of hul tannie of neef of pa – op die skerm sien. Dis ’n storie wat hoop gee en ’n glimlag op jou gesig en in jou hart sal sit. Ons het meer van hierdie tipe stories nodig.

In jou YouTube-onderhoudreeks, A Walk With Mel, het jy met ander akteurs oor hul ervarings in die bedryf gepraat. Wat het jy opgemerk oor hoe die bedryf verander het?

Toe ek grootgeword het, het ek nie gedink dit sou vir my moontlik wees om hierdie werk te doen nie. Natuurlik het ek TV gekyk, maar ek het nie regtig mense gesien wat soos ek gelyk het nie. Toe, uiteindelik, het Arendsvlei gebeur. Ek voel dat Arendsvlei regtig alles vir my verander het, want dit was ’n rolverdeling bestaande uit bruin mense.

Jy kan die verskil sien sedert ek destyds met bruin akteurs begin onderhoude voer het. Ons is baie talentvolle mense en het nie altyd toegang of hulpbronne gehad om voltyds in hierdie bedryf in te gaan nie, maar ek sien al meer bruin mense wat hul eie (geleenthede) skep. Die jonger mense is meer braaf omdat hulle ’n sosiale media-platform het. Hulle sien mense wat soos hulle lyk en klink op TV.

Ek is dankbaar vir almal wat die weg vir ons gebaan het. Hulle het vir ons gewys dis moontlik. Mince Jou Hare het ook gehelp om te wys dat dít moontlik is. Hierdie reeks vier die mense van dorpe soos Worcester. Hier is ’n middelklas-gesin wat hul bes probeer om ’n beter lewe vir hulself te skep.

Jou drome is dus haalbaar; jy moet net aanhou werk aan jou craft. Dit is ’n marathon, nie ’n naelloop nie.

KYK: Mince Jou Hare se lokprent

Kyk nuwe episodes van Mince Jou Hare elke Maandag op Showmax, met die volle reeks wat vanaf 12 Augustus 2024 vir fuifkyk beskikbaar sal wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Hildegardt Whites oor haar langverwagte karakter in ‘Skemergrond’

The post Melissa de Vries oor hoe ‘Arendsvlei’ en ‘Mince Jou Hare’ alles verander het appeared first on rooi rose.

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom
Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy (Roberto Kyle) kom kuier het. Maar sy het nie alleen besoek kom aflê nie. Sy is hoogswanger met Lee-Roy se kind.

Volgens Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei, was Lee-Roy ’n spermskenker vir Anna gedurende sy tyd in Amsterdam.

“Lee-Roy het sy vriendin gehelp, maar nooit het hy gedink sy sal in die Vlei opdaag nie. Hy het eindelik weer liefde by Devon (Braeden Buys) gevind ná sy egskeiding. So, dié storielyn gaan vir baie karakters op ’n emosionele reis neem.

Anna het nie vir haar man, Erik, vertel dat hy nie hulle kind se biologiese pa is nie. En toe hy die hospitaaldokumente vind, los hy haar netso. Sy het daarna bedank by haar werk en besluit om vir Lee-Roy te kom kuier, want sy het niemand anders nie. Haar ouers is oorlede toe sy nog baie jonk is.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Marissa Claasen (Foto: Verskaf)

Marissa sê Anna is ’n komplekse karakter en haar situasie met betrekking tot haar swangerskap is ewe gekompliseerd.

“Die feit dat haar lewe in ’n oogwink verander het en sy Arendsvlei besoek om hulp, kan manipulerend voorkom. Maar dan besef ’n mens sy is eintlik net bang, onseker en op soek na ondersteuning. Sy is ’n sagte vrou wat altyd opofferinge maak vir ander se geluk, maar dié keer is sy desperaat,” sê Marissa.

“Anna se storielyn raak met die verloop van tyd al hoe meer gekompliseerd en intens en vele ander karakters en verhoudings word daardeur beïnvloed. Kykers kan uitsien na onvoorspelbare intriges, moeilike keuses, bande wat gebou en gebreek word, lag en trane.”

Lees ook: Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 19:30. Die episodes is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Lees ook: Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

The post Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom appeared first on rooi rose.

Arendsvlei-kykers bedroef ná geliefde karakter sterf
Langes (Bobby Stuurman) het al lank sy mes in vir Bompie (Jarrid Geduld), en alhoewel hy ’n ruk gelede besluit het om vir Bompie te ignoreer, het nuwe inligting hom laat rooi sien. Eva (Devonecia Swartz) het tydens Langes se tronkbesoek laat val dat Bompie haar gemanipuleer het om haarself aan die polisie oor te gee.

Dit was vir Langes die laaste strooi. Bompie se talle dreigemente, Janice se ongeluk en nou sy eie suster wat in die tronk sit, het Langes laat besluit tot hiertoe en nie verder nie.

Langes se familie en vriende het hom probeer keer, maar hy het hulle soos ’n stopstraat geïgnoreer en Arendsvlei platgery op soek na Bompie. Maar toe hy uiteindelik vir Bompie by die Mortlocks kry, het hy nooit gedink sy lewe sal so drasties verander nie. ’n Skietgeveg het tussen dié twee uitgebreek. Ayesha (Megan Saayman) het op die verkeerde tyd ingestap en is deur Langes doodgeskiet.

Ayesha se janazah (begrafnis) is op dieselfde dag gehou in die teenwoordigheid van haar familie en vriende.

“Dit was vir my ’n groot eer om deel te kon wees van die Foster-familie. Ek het so baie van Jody Abrahams en Crystal Donna Roberts geleer. Ek oordink baie dinge, maar met Jody in die omtes het jy nie tyd om te veel dink nie – jy laat gaan net en leef in die oomblik,” sê Megan oor haar tyd by Arendsvlei.

Vir Megan sal die tye tussen verfilming die grootste gemis wees. “Tussendeur tonele skiet, was die lekkerste tye van Arendsvlei. Almal sit bymekaar en vertel stories net om tyd verby te laat gaan. Mens sal die snaaksste stories hoor, maar ek is nie iemand wat baie praat nie. So, ek het geluister en baie geleer,” vertel sy.

Nie net moet die verpletterde Langes nou rou nie, maar hy moet ook versigtig wees dat niemand uitvind wie vir Ayesha geskiet het nie. Sal Bompie sy geheim bewaar?

Skakel elke Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om te sien wat die pad vorentoe vir Langes inhou. Arendsvlei is op beide DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie

The post Arendsvlei-kykers bedroef ná geliefde karakter sterf appeared first on rooi rose.

‘Arendsvlei’ vier 1000 episodes op ’n dramatiese noot
Tussen Beatrice se omstrede liefdeslewe, Hoërskool Arendsvlei se struikelblokke en Wendy Newman en die Galants se streke is daar altyd iets wat die storie vars en onvoorspelbaar hou.

Die eerste episode van Arendsvlei is op 1 Oktober 2018 uitgesaai. Dit was kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, en die reeks het oor ses seisoene al drie SAFTA-toekennings ingeryg.

Teen die agtergrond van die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei, wat deur die Cupido-familie bestuur word, is die reeks vol drama met onderwysers en leerlinge wat kwessies konfronteer soos depressie, verslawing, moord, wraak en tienerswangerskap.

Arendsvlei was kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, en die reeks het oor ses seisoene al drie SAFTA-toekennings ingeryg. (Foto: Verskaf)

Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Cupido vertolk, sê daar was al baie professionele en persoonlike hoogtepunte oor die afgelope ses jaar, maar om 1000 episodes te bereik, is ’n mylpaal en ’n reusagtige prestasie.

“Om deel te wees van ’n program wat so ’n onbetwisbare merk op die vermaaklikheidsbedryf gelaat het, is onbeskryflik. Ons kykers is nie bloot aanhangers nie, hulle is ’n stappie hoër. Hulle het saam met ons gelag en gehuil en vir dit sal ek ewig dankbaar wees,” vertel Jolene.

Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei, sê om ’n 1000 episodes te bereik is nie net ’n hoogtepunt nie, maar ook ’n groot voorreg.

“Ons is bevoorreg om met soveel talentvolle mense te werk wat elke dag alles gee om seker te maak dat ons die beste produk skep. Ons probeer om altyd stories te vertel waarmee ons kykers hulself kan vereenselwig, en hulle terugvoer en meelewing is ongelooflik,” sê Tarryn.

Net ’n paar dae gelede het kykers weer die skok van hul lewe gekry toe Kyle Borman (Dries Botha), die polisiekaptein en Beatrice se eksverloofde, die nuus aan Beatrice breek dat Clint Smith (Clayton Evertson) tydens ’n werksopdrag oorlede is.

Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Cupido vertolk is al ses jaar deel van die telenovela. (Foto: Verskaf)

Clint het kort ná hy en Beatrice mekaar weer gevind het onverwags ’n dringende werksopdrag gekry, en hy het gewik en weeg of hy moet bly of gaan. Beatrice het hom uiteindelik aangemoedig om net dié laaste keer nog die opdrag uit te voer, maar hy sou nooit weer huis toe kom nie.

Kykers het onlangs uitgevind dat Clint Smith (vertolk deur Clayton Evertson) tydens ’n werksopdrag oorlede is. (Foto: Verskaf)

Clayton Evertson het met ’n swaar maar warm hart van sy Arendsvlei-familie afskeid geneem. “Ek gaan rêrig ons geselsies tussen tonele mis. As die kamera gerol het, was almal professioneel en ernstig, maar sodra daai toneel klaar is, het ons so lekker saam gelag. Ons het ernstige gesprekke gehad, maar sjoe, ons was meestal net laf,” vertel ’n dankbare Clayton.

“Arendsvlei-kykers moet styf aan hul stoele vashou! Daar kom nog baie lekker storielyne wat hulle regop sal laat sit,” sê Tarryn.

Skakel elke Maandag tot Donderdag op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om die doen en lates van die Arendsvleiers dop te hou. Dié telenovela is op beide DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Brawe bekendes oorwin vrese in VIA TV se ‘Die Uitdaging’

The post ‘Arendsvlei’ vier 1000 episodes op ’n dramatiese noot appeared first on rooi rose.