Askari Game Lodge & Spa | rooi rose

Askari Game Lodge & Spa: Skep asem
Askari Game Lodge & Spa is in die Plumari Africa Wildreservaat in the Magaliesbergomgewing geleë – net ‘n uur vanaf Johannesburg of Pretoria. Die sterkste aantrekkingskrag is die geleentheid om die Vyf Grotes in ‘n malariavrye omgewing te sien, maar die rooi rose-span het in September 2015 vir ‘n driedagkonferensie daar ingeklok.

Die meeste vroue glimlag onmiddellik breed by die gedagte aan ‘n spa-behandeling, en dis presies wat ons klomp gedoen het toe ons hoor hierdie bederf is by ons konferensiepakket ingesluit. Ons kon uit ’n verskeidenheid masseerterapieë, gesigsbehandelings en ‘n luukse pedikuur kies.

Ná die eerste dag se konferensie-konsentrasie is ek Spa toe vir my Earth Massage. Die Spa is ‘n klipgooi vanaf die kamers waar ons tuisgegaan het, en binne sig van die olifantpoel waar die wild kom water drink. As jy genoeg tyd het, kan jy voor en na jou behandeling die talle tuinpaadjies verken of ‘n rukkie langs die spa-swembad of by die juice bar gaan sit en die stadsgejaag laat wegvloei.

Sommer met die intrapslag was die vriendelike atmosfeer voelbaar. Ek is na die dames se kleedkamer vir my kamerjas en pantoffels en kort voor lank was ek op die masseerbed terwyl Thandi gereed maak vir my massering.

Askari Spa se welsynsfilosofie rus op die pilare van versorging, inspirasie en die gebruik van natuurlike produkte. Hulle kombineer antieke gebruike met byderwetse tegnieke sodat elke kliënt se behoeftes in ‘n gees van balans en harmonie aangespreek kan word.

Binne vyf minute het ek egter vrede gehad met Askari Spa se fokus of filosofiese uitgangspunt. Die spanning van spertye en ander eise het onder Thandi se vaardige vingers weggevloei. Ek het my in dié salige belewenis verloor en eers weer tot my sinne gekom toe sy weg is om ‘n glas water te gaan haal. Dit was regtig een van my beste masseerervarings ooit.

Met ons vol program het ek ongelukkig nie kans gekry om die dubbelbuitestort by die couples room, die hidroterapiebad vir paartjies of die stoomkamer uit te toets nie. Ek het wel kennis geneem van pakkette met aanloklike name soos die Morning Mist, Journey to Africa of African Romance Couple’s Package.

Knoop die moontlikheid van Askari Spa-pamperlangsessies in jou oor. Van tyd tot tyd kort elkeen mos ‘n behoorlike bederf …

Meer inligting by www.askarilodge.co.za/ – klik op Spa.

Foto’s verskaf.

The post Askari Game Lodge & Spa: Skep asem appeared first on rooi rose.