bepalings en voorwaardes | rooi rose

#rrMatriekafskeid – Bepalings en voorwaardes
Forever New: rok & skoene

• Beperk tot slegs een rok en slegs een paar skoene.

• Beperk tot die Monique-rok in donkerblou en Merlot. Besoek Forever New op Facebook vir meer.

• Die prys mag nie vir kontant geruil word nie.

• Forever New behou hom die reg voor om die prys met ’n ander produk te vervang van dieselfde waarde.

• Slegs geldig vir Suid-Afrikaanse burgers.

• Forever New en rooi rose neem geen verantwoordelikheid vir enige skade aan die rok en skoene sodra dit aan die wenner oorhandig word nie.

Sorbet Dry Bar

• Die prys mag nie vir kontant geruil word nie.

Algemene bepalings en voorwaardes: Klik hier

The post #rrMatriekafskeid – Bepalings en voorwaardes appeared first on rooi rose.

Sosiale media se flaters
Daar was ’n tyd toe ’n sosiale flater iets was soos die stil kollega wat op die Kerspartytjie op die tafels dans ná sy te veel vonkelwyn gedrink het. ’n Tydelike verleentheid wat oorwaai en vergeet word.

Hedendaagse sosiale flaters kan soos slegte weer binne elf uur om die aardbol versprei. Justine Sacco sal weet waarvan ons praat. Haar rassistiese twiet oor vigs wat sy net voor ’n vlug uit Londen na Suid-Afrika aan ’n paar volgelinge gestuur het, het voor sy nog geland het wêreldwyd opskudding veroorsaak. Sy is sosiaal verwerp en was ook haar werk in New York kwyt.

Tog bly mense dieselfde foute maak.

Reëls van sosiale media

• Ouers moet seker maak dat tieners en studente bedag is op wat hulle op sosiale media pos.

• Onthou, alles wat jy aanlyn pos, is vir ewig. Jy kan dit uitvee, maar dit kan opgespoor word en kan selfs teen jou in ’n hofsaak gebruik word. (*Lees die kassie oor sosiale media en die reg.)

• Behandel ander soos jy behandel wil word. Dink of jy dit sou sê as julle mekaar in die oë kyk.

• Moenie alles in hoofletters skryf nie. Dit lees moeilik en is ’n vorm van “digitale skree”.

• Moenie iets skryf as jy kwaad of emosioneel is nie. Wag tot jy afgekoel het, want dis moeilik om gedane sake ongedaan te maak.

• Bly weg van twitter en facebook as jy aangeklam of ontsteld is. Jy gaan dit berou.

• Maak dit ’n reël dat jy nie saans ná tien enigiets stuur nie.

• Dink mooi voor jy foto’s van jouself en ander mense pos. Op facebook kan ander mense dit tag en aanstuur.

• Nie almal hou daarvan om in ’n foto ge-tag te word nie. Stuur ’n e-pos of private boodskap aan die persoon voor jy dit die eerste keer doen en vra of jy dit in die toekoms mag doen.

• Moet nooit persoonlike inligting oor jouself bekend maak soos jou volle naam, adres en foonnommer voor jy mense baie goed ken nie. Dis vir jou eie veiligheid en om identiteitdiefstal te keer.

• Moenie die status van jou verhouding verander voor jy dit met jou metgesel bespreek het nie.

• Voor jy ’n status update doen, kan jy die friends-knoppie (wat net langs die post-knoppie is), druk en besluit wie van jou vriende dit mag sien. Almal, of net familie en goeie vriende.

In die kantoor

• Maak ’n afspraak voor jy ’n videopraatjie met iemand het.

• Maak seker jou omgewing is geskik voor jy tot ’n videopraatjie instem. Kyk na alles wat die kamera sou kon sien. Dit sluit onvanpaste leesmateriaal of vertroulike dokumente in.

• Vra voor jy ’n YouTube-video laai wat ander mense insluit.

• Wees versigtig voor jy kritiek lewer of iemand se blog afkraak. As jy nie iets opbouends kan sê nie, bly stil.

• Moenie in ’n woordewisseling betrokke raak met iemand wat op jou blog onvanpaste kommentaar lewer nie. Vee dit uit en moenie tyd daarop mors nie.

• As jy wel besluit om te antwoord, lees jou pos hardop uit. Soms kan dit dubbelsinnig of onduidelik wees, wat tot verdere misverstande lei. En dink twee keer voor jy die knoppie druk.

• Kies jou profielfoto met sorg – selfs as dit jou persoonlike facebook is. Geen foto’s in ’n kroeg of waar jy aan ’n betoging deelneem nie, behalwe wanneer dit deel van jou werk is.

• Lees twee keer vir spelfoute en moenie te veel afkortings gebruik wat tot misverstande kan lei nie.

• Gebruik direkte boodskappe as jy privaat wil gesels, maar hou sensitiewe inligting en onderwerpe vir ’n foonoproep of ontmoeting.

• As iemand iets oor jou pos wat jou ongemaklik laat voel, laat hulle weet en vra dat dit verwyder word.

• Kry verskillende profiele vir jou werk en private gebruik.

Sosiale media kan teen jou in ’n hof gebruik word

Vakansiefoto’s en selfs private boodskappe op facebook kan nou teen jou gebruik word as bewyse in die hof. Dit sluit alle inligting op twitter, DropBox en iCloud in. Dus alle inligting wat jy aanlyn stoor.

• In Februarie 2016 het ’n saak in die Oos-Kaap voorgekom waar ’n man onregmatig (sonder soekbevel) inligting van sy voormalige vennoot se facebook gekry het wat bewys dat lg. besig was om wederregtelik kliënte van hom af te rokkel. Hoewel hy die inligting onwettig verkry het, het die hof steeds bevind dat die inligting as bewyse gebruik mag word. Dit het getoon dat alle regte,

soos jou reg op privaatheid, beperkinge het.

• ’n Regter in die staat New York het ’n man toestemming gegee om toegang tot sy gewese vrou se facebook te kry om te bewys dat sy bitter min tyd saam met hul vierjarige kind deurbring en gedurig op reis en vakansie is.

Laat facebook vir jou werk

Jy word aan jou vriende geken. Volgens Snelling.com, ’n leier in die werkverskaffingsbedryf in Amerika, lyk dit of byna 90% van werkgewers na jou facebookblad kyk voor hulle ’n onderhoud toestaan. Dink weer voor jy foto’s van daardie vrolike strandpartytjie pos waar mense op die agtergrond dagga rook.

– Raak ontslae van negatiewe pos op jou facebook, of dit nou goed is wat jy gepos het, of dinge waar jy ge-tag is.

– Onthou jy het ook ’n aanlynpersoonlikheid en voornemende werkgewers kyk daarna voor hulle aanstellings maak.

– Raak betrokke by liefdadigheid en pos daaroor op jou facebook.

– Skryf oor prestasies sodat dit in ’n Google-soektog opgespoor kan word, maar doen dit subtiel, soos om die mense te bedank wat jou ondersteun het.

Jou privaatheid op facebook

Aktiveer jou privaatheidsverstellings op facebook so:

Gaan na jou boonste gereedskapslys (toolbar) en klik op die pyltjie wat heel regs langs die slotjie verskyn. Hier is ’n verskeidenheid verstellings wat jy kan doen.

– Jy kan spesifiseer dat jy eers alle foto’s wil sien waarin jy ge-tag word voor dit aan jou profiel gekoppel word. Dan kan jy besluit of jy dit so wil hê.

– Jy kan ook facebook-vriende groepeer sodat jou familie alles sien, maar minder intieme vriende net sekere goed.

Ligloop

Onthou, sosiale media maak dit maklik vir iemand om ’n potensiële slagoffer te agtervolg, waarsku Robyn Farrel, uitvoerende hoof van First for Women Insurance. Wees baie versigtig vir verstellings op jou foon en facebook wat aandui waar jy is, en moet nooit verklap in watter jaar jy gebore is nie. Dit verhoog die risiko op identiteitsdiefstal.

The post Sosiale media se flaters appeared first on rooi rose.

rooi rose reëls & voorwaardes
1. Hierdie is die standaard reëls en voorwaardes vir promosie-kompetisies wat aangebied word deur en in samewerking met Caxton Uitgewers en Drukkers Eiendoms Beperk, al sy belanghebbendes, filiale, die filiale van Caxton se filiale en die onderskeie houermaatskappye, die filiale van die houermaatskappye en afdelings en filiale (“Caxton”).

Elke promosiekompetisie wat aangebied of bemark word, is onderhewig aan hierdie bepalings en voorwaardes (Engelse “T’s en C’s”) vir die aanbieding van kompetisies en die reëls, promosiemateriaal of advertensies met betrekking tot die spesifieke promosiekompetisie. Al hierdie bepalings en voorwaardes vorm deel van Caxton se algemene voorwaardes en private beleid ten opsigte van die dienste wat aangebied word op Caxton se webwerf/we (die “Sites”), veral dié met betrekking tot die bestuur van kompetisies, gratis prystrekkings, en promosies op die webwerwe.

2. Vir die doeleindes hiervan beteken “filiaal” Caxton se vennote, promotors, mede-promotors en borge van hierdie promosiekompetisie, en die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van al die genoteerdes.

3. Jou:

3.1 deelname aan die reklamekompetisie; en/of

3.2 die nakom van die voorwaardes met betrekking tot ’n promosiekompetisie, indien daar enige voorwaardes is, maak jou bindend vir die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes namens jouself en enige persoon met wie jy ’n prys deel hetsy ’n beloning, geskenk, gratis goedere of diens, prysvermindering of -korting, vermeerdering van hoeveelheid of kwaliteit van goedere of dienste of ander afslag of gratis aanbieding wat aangebied word (“prys”), in die geval wat ’n prys wat aan jou en een of meer bykomende persone (“vennoot”) toegeken word.

4. Die promosie of kompetisie is nie oop vir deelname deur:

4.1 direkteure, lede, vennote, agente, werknemers, konsultante van Caxton en/of enige geaffilieerde maatskappye, agentskappe, geassosieerdes, vennoot en/of enige verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met ’n kompetisie nie; of

4.2 die gade, lewensmaat, sakevennoot of assosiaat, of die natuurlike of aangenome ouer, kind, broer of suster, van enige van die persone wat in 4.1 hierbo gespesifiseer is.

5. Deelname-kriteria of voorwaardes soos uiteengesit in die reëls van elke promosiekompetisie.

6. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

7. Caxton is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie ontvang word nie deur Caxton en/of die promotors, of betyds of glad nie, ongeag die oorsaak daarvan. Sonder beperking is Caxton nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese wanfunksionering van enige telefoonnetwerk of lyne, rekenaar-aanlynstelsels, bedieners, of verskaffers, die wanfunksie van rekenaarhardeware of -sagteware, of verkeersopeenhopings (hetsy fisiek, op die Internet, telefoonlyne of by enige diensverskaffer, webwerf of ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie.

8. Dit is jou verantwoordelikheid, as ’n deelnemer, om te verseker dat enige inligting wat jy verskaf ten opsigte van ’n promosie-kompetisie, akkuraat, volledig en op datum is.

9. Enige koste of uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van daardie items wat spesifiek ingesluit is in ’n prys is vir jou eie rekening. Caxton sal nie verantwoordelik wees vir enige koste of uitgawes wat jy, of jou maat (indien van toepassing), aangaan tydens en vir doeleindes van jou deelname aan die promosie-kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys nie. Caxton sal in die reëls, die totale waarde van die pryse spesifiseer wat gewen kan word, en die aard van die pryse, en enige koste deur die deelnemers aan enige spesifieke promosie aanbod.

10. Caxton verteenwoordig nie enige of gee waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, van ’n prys, en in die besonder, maar sonder beperking, maak geen voorstellings en gee geen waarborg dat ’n prys, of enige aspek daarvan, – sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou maat se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtings nie; of

10.2 bevredigend en stiptelik sal wees nie.

11. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie uitgestel word nie, of verander of verruil word vir enige ander item of kontant nie.

12. Jy mag nie ’n prys ontvang as dit vir ons onwettig is om so ’n prys aan jou te lewer nie. As jy nie kwalifiseer vir so ’n prys nie, sal jy dit verbeur.

13. As jy wen, moet jy alle dokumente en regte hê wat nodig mag wees ten einde deel te neem in die promosie-kompetisie of om ’n prys te ontvang.

14. As jy ’n deelnemer is aan die reklamekompetisie aan wie ’n prys verskuldig is, sal jy gekontak word deur die kontakbesonderhede wat jy aan Caxton verskaf het. Caxton kan vereis dat jy, soos die geval mag wees, addisionele inligting sal verskaf wat redelikerwys benodig word om jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys te fasiliteer. Jy het een maand vanaf kennisgewing deur Caxton om jou prys op te eis of om aflewering te reël, tensy anders bepaal in die reëls vir ’n spesifieke promosiekompetisie [Nota: Bevestig asseblief dat ’n tydperk van een maand aanvaarbaar is].

15. Indien jy ’n deelnemer is aan die promosie-kompetisie en geregtig is op ’n prys en jy versuim om binne die tydperk, vermeld in 14 hierbo op die formele kennisgewing te reageer, of om te voldoen aan die reëls vir die spesifieke promosiekompetisie, soos die geval mag wees, sal jy sulke onopgeëiste pryse verbeur en daarna mag Caxton lukraak ’n plaasvervangende wenner uit die kompetisie-inskrywings kies. Caxton sal die plaasvervangende wenner so gou doenlik in kennis stel en die bepalings van klousule 15 is van toepassing op die vervanging van die wenner in die geval dat hy/sy versuim om te reageer op die kennisgewing.

16. Vir die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, behou Caxton en sy derde party verskaffers die reg om te eniger tyd, soos die geval mag wees, te verander, uit te stel, op te skort, of om die promosiekompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan te kanselleer, sonder kennisgewing, vir enige rede wat Caxton en sodanige verskaffers redelik mag ag in die omstandighede. In die geval van so ’n verandering, uitstel, opskorting of kansellasie, stem jy in om enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê in terme van die promosiekompetisie te verbeur en onderneem jy om afstand te doen van die regresreg teen Caxton en derde party verskaffers.

17. Jy stem in jou deelname aan die promosie-kompetisie, en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, is op jou eie risiko.

18. As jy ’n deelnemer is wat in aanmerking kom vir ’n prys, stem jy in dat Caxton of sy gemagtigde agente jou naam mag gebruik, jou stem mag opneem, foto’s en video’s mag neem vir die doel van bemarking en publisiteitsveldtogte.

19. Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, stem jy in om die rooi rose-nuusbrief te ontvang.

20. Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, verleen jy aan Caxton-tydskrifte die reg om aanbiedinge deur ander tydskrifte van Caxton aan jou te bied.

21. As jy in die laaste drie maande enige rooi rose-kompetisie gewen het, sal jy slegs wanneer hierdie tyd verloop het, weer in aanmerking kom vir ’n prys.

22. Tot die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, sal Caxton nie verantwoordelik wees nie, en ontken alle aanspreeklikheid vir enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, hetsy wat voortspruit uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely word deur jou deelname in die promosie-kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou, of jou maat (indien van toepassing), van enige prys, of deur enige optrede deur ons of enige van ons vennote in ooreenstemming met die voorwaardes en bepalings.

23. Hierdie voorwaardes en bepalings sal uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing word in ooreenstemming met die toepaslike wette van die Republiek van Suid-Afrika.

24. Caxton behou die reg om hierdie voorwaardes en bepalings vir promosiekompetisies te wysig te enige tyd en sal dit publiseer op sy webtuistes en op aanvraag aan deelnemers beskikbaar stel.

In die geval dat enige van die bepalings van hierdie terme en voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar is, sal sodanige terme skeibaar wees van die res van die bepalings van hierdie B’s en V’s, wat geldig en afdwingbaar sal bly.

The post rooi rose reëls & voorwaardes appeared first on rooi rose.