bloeddruk | rooi rose

Slim maniere om minder sout te gebruik
As tuissjef weet jy hoe goed ’n bietjie sout die geure in geregte en selfs in vars groente en sjokolade na vore bring. Maar jy is ook die kweker van jou gesin se gesondheidsgewoontes. As jy oor die langtermyn baie sout gebruik, kan jy of jou gesin oor 10/20 jaar met permanente hoë bloeddruk sit, wat ’n groot kans op beroerte veroorsaak.

Die risiko is verbasend hoog in ons land: ongeveer een uit elke drie Suid-Afrikaners ontwikkel mettertyd hoë bloeddruk. Daarby is die voorkoms van beroerte (wat baie dikwels deur hoë bloeddruk veroorsaak word), selfs hoër as hartaanvalle.

Hoe balanseer jy dus geurige kos met gesondheid? Kyk na die wenke onder. Selfs al kies jy net drie sal jy jou mense al klaar ’n halwe teelepel tot een teelepel sout per dag spaar.

Sny sout geleidelik uit

Die liefde vir sout is ’n aangeleerde smaak wat jy met gemak kan afleer, sonder om ingedoen te voel. IFIC, (International Food Information Council) wat op voedselwetenskappe fokus, sê mense kom nie eens agter as daar 25-40% minder sout in hul kos is nie. Die kuns is om geleidelik af te skaal. As jy gewoonlik ’n opgehoopte teelepel sout gebruik, gebruik eerder ’n plat teelepel. Sny dit na ’n week of drie nog ’n aks, tot jy na ’n maand of drie op ’n halfteelepel staan.

Dink wat jy jou kinders leer

As jy sout op die tafel sit, leer jy jou kinders om sout oor al hul kos te gooi. Mense raak so gevestig in hierdie gewoonte dat hulle sout gebruik sonder om eers die kos te proe. So leer hulle ’n voorliefde vir souter kos aan. Dieselfde geld vir tamatiesous, blatjang, mosterd, mayonnaise en so meer – alles produkte propvol sout. Sit liewer vars gekapte of droë kruie op die tafel.

Tower geure op met ’n bietjie meer olie

Net soos sout bevat olie die vermoë om geure uit te bring. Ons het in elk geval gesonde olies nodig, vir die omega 3-vetsure daarin. Gebruik dus ’n skeut olyf-, avokado- of canola-olie oor slaaie en groente in plaas van sout.

Span kruie in

Kruie soos pietersielie, basielie, tiemie en roosmaryn gee ’n heerlik souterige smaak aan vleis, groente en soutgeregte. Dit is boonop ryk aan anti-oksidante en gee jou daarom twee voordele.

Snoep soutslim

Pakkies skyﬁes, kitskos soos hoenderstukkies en veral die pakkies sous wat daarmee kom, bevat geweldig baie sout. Die beste soutvrye happies vir jou gesin is vrugte; kyk veral na Clicks en Vital se reekse laesouthappies vir skool en werk.

Soek die laer sout-opsies

Al meer produkte word deesdae met minder of geen sout vervaardig. As jy tussen twee produkte moet kies, kies die een wat minder of geen sout bevat nie. Of kyk op die voedseletikette – die een met die minste natrium, oftewel ‘sodium’, is die beste.

Vervang waar jy kan

As jy vir jou gesin ’n hamburger of pizza voorsit, dink slim.

• Oondgebakte tjips bevat minder sout as slaptjips of skyfies.

• Oorskietvleis is ’n beter opsie op pizza as polonie, ham of spek.

• Geur ’n pizza of pasta met skerp kruie soos basielie, tiemie en rooipeper sodat jy minder souterige kaas kan gebruik.

• Gebruik mossarellakaas omdat dit minder sout bevat as feta en gouda.

Gebruik min, of minder

Is jy gewoond aan ’n stewige lepel smeerkaas of groentesmeer? Verminder dit geleidelik – en verlei jou smaaksintuie deur vars basilie of roket by te sit, sodat die fokus op die vars, krakerigheid val eerder as op die sout.

Minder olywe en kaas

Het jy geweet olywe en kaas is propvol sout? Jy hoef dit egter nie uit te sny nie. Twee tot drie olywe en ’n porsie kaas ekwivalent aan een lepel is binne die soutperke.

Oondbak jou groente

Die meeste groente is so geurig dat dit eintlik nie sout benodig nie. Maar as jy dit in water kook, gaan die geure verlore, waarvoor ons gewoonlik met ’n stewige skeut sout vergoed. Bak jou groente en kyk hoeveel beter bly die natuurlike geure behoue, sonder dat jy sout hoef te gebruik.

Mikrogolf jou groente

Dieselfde gebeur as jy groente mikrogolf. Onthou om dit te prik of in die helfte deur te sny, sodat dit nie weens uiteensetting ontplof nie. Nog ’n wenk: plaas jou groente in ’n glasbak met ’n deksel en een lepel water. Dit keer dat dit uitdroog. Jy sal verbaas wees oor hoe sag en sappig selfs aartappels, patats, skorsies en murgpampoentjies is as jy so maak.

Gebruik waterlose potte

Nog ’n doeltreffende manier om smake te behou en minder sout hoef te gebruik.

Maak dit tuis

Gekoopte pap is ’n groot bron van sout. As jy egter self hawermout, mieliepap of muesli maak, kan jy die sout daarin beheer. Tuisgebakte brood, skons, muffins, beskuit en so meer bevat ook minder sout as gekoopte gebak.

Leer jou huismense aandagtig proe

Wanneer laas het jy ’n gekookte eier happie vir happie geniet? Die eerste wat jou opval is hoe sout ’n eier werklik is. Sout verdoesel eintlik sy lekker smake.

Lees ook: 10 kosse met die meeste sout

The post Slim maniere om minder sout te gebruik appeared first on rooi rose.

7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag
7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag deur Salomé Delport

Wat doen hoë bloeddruk aan jou?

Tel gou tot drie.

Teen die tyd dat jy klaar getel het, het nog iemand gesterf weens ’n toestand wat aan hoë bloeddruk gekoppel word. Élke drie sekondes sterf iemand weens onbeheerde bloeddruk. Elke drie sekondes …

Waaraan sterf hulle tipies? Beroerte, hartaanvalle en nierversaking. Vir al hierdie toestande het Suid-Afrika van die hoogste voorkomsyfers ter wêreld – sekerlik net logies aangesien die voorkoms van hoë bloeddruk by ons ook van die hoogstes ter wêreld is.

Baie ander sterf nie maar hulle kry swaar weens toestande wat ook aan hoë bloeddruk gekoppel word. Een waarmee ongelooflik baie mense – jong mense onder dertig ook – sukkel is perifere vaskulêre siekte (PVS, of  PAD, of peripheral areterial disease). Jy weet jy het PVS as trappe klim en jou bene begin pyn.

Dit word veroorsaak deur swak bloedsomloop in jou ledemate en hande en voete, een van die vernaamste komplikasies van hoë bloeddruk. Swak bloedtoevoer lei tot probleme soos ulsers (groot vlak velsere wat moeilik genees) en verloor mense gevoel in hul tone, voete en vingers.

Ander ‘kleiner’ skades weens hoë bloeddruk sluit in swak sig en bloeding op die retina.

Ons risiko op hoë bloeddruk styg steeds

Die skrikwekkende waarheid, sê prof. Alta Schutte, Direkteur van die Mediese Navorsingsraad se Eenheid vir Hipertensie en CHS by Noord-Wes Universiteit, is dat die aantal mense met hoë bloeddruk bly toeneem – veral in ontwikkelende lande, en by ons spesifiek.

“Van die wêreld se heel hoogste bloeddruktellings ooit word in Sub-Sahara Afrika aangeteken. By ons het een uit elke twee mense bo vyftien hoë bloeddruk.”

As jy ’n honderd mense op straat sou kies, lyk die syfers só:

50 het hoë bloeddruk

35 weet dit nie en word dus nie behandel nie – en loop ’n groot risiko om uit die bloute ’n beroerte of hartaanval te kry of nierversaking te ontwikkel.

8 van dié wat wel behandel word kry nie hul bloeddruk met behandeling onder beheer nie.

Nog ’n syfer wat mens twee keer laat dink oor ons risiko as vroue: elke dag sterf daar in ons land 78 vroue en 53 mans weens die impak van hoë bloeddruk. Ja, jy het die syfers reg gelees: méér vroue as mans sterf weens hoë bloeddruk. Vir elke twee mans wat sterf, sterf drie vroue. Ons risiko is baie hoër as mans s’n. Niemand weet regtig hoekom nie.

Wanneer is jou bloeddruk te hoog?

140/90 Jou bloeddruk is hoog. Jy behoort op bloeddrukmedikasie te wees.

130-140/80-90 Jou bloeddruk is nie laag genoeg nie. Maar jy behoort met leefstylaanpassings jou bloeddruk te kan verlaag.

120/90 of laer Jou bloeddruk is normaal en gesond.

Verlaag jou hoë bloeddruk só

Enige van hierdie sewe maniere sal help om jou bloedruk te verlaag of – nog beter – lewenslank laag te hou. Kies een of twee en werk die res geleidelik in by jou lewenstyl. So raak die gesonde lewenstyl maklik jou eie lewenstyl.

Lees ook: Eet jou hart gesond

1 Meet en weet

Begin by meting – meet en weet, soos die slagspreuk sê.

Hoë bloeddruk is ‘n ‘stil’ siekte, sê Prof. Schutte. Jy sal nie sleg voel, koors ontwikkel, flou val of ‘n voel dat jou hart vinnig klop nie. Hoë bloeddruk verklap homself nie aan die begin – wanneer jy nog iets daaromtrent kan doen nie – met tekens en simptome wat jou waarsku dat jy dokter toe moet gaan. Daar is regtig net een manier om jou bloeddruk te bepaal: dit moet professioneel gemeet word.

Laat jou dokter met elke besoek jou bloeddruk meet, al is jy daar vir iets heeltemal onverwant. Apteekklinieke soos dié by Dis-Chem en Clicks, meet bloeddruk teen ’n baie billike bedrag.

2 Wat is jou ouers se bloeddrukgeskiedenis?

Dit lyk asof hoë bloeddruk ook ’n erflike komponent het. As een of albei van jou ouers voor vyftig reeds hoë bloeddruk gehad het  is jou risiko ook baie hoër. Vra jou ouers uit oor hul bloeddruk, en monitor joune beslis van dertig, veertig as jy ’n familiegeskiedenis van hoë bloeddruk het.

3 Stap … of dans, ry fiets, draf, spring tou of klim trappe

Enige soort oefening help. Dit is nie belangrik dat jy goed in sport moet wees nie – dit is wel belangrik dat jy aan iets deelneem. Dit kan so eenvoudig wees as tuisoefening tot georganiseerde sport soos aksienetbal of ’n parkrun.

4 Bestuur jou stres doeltreffender

Slaap genoeg. Lag lekker. Sorg vir goeie, ondersteunende verhouding. Mediteer of bid, en of leer by ’n lewensafrigter hoe om die oorsake van stres in jou lewe beter te bestuur.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

5 Drink min, of ten minste minder

Dit is ’n mite dat alkohol goed is vir jou hart. Jy hoef nie geheelonthouer te wees nie maar hoe minder jy drink hoe beter vir jou.

6 Sny die sout

Ons eet tipies te veel sout. Leer jouself af om ekstra sout op kos te gooi.

Lees ook: Slim maniere om minder sout te gebruik

7 Kies groente waar jy kan

Navorsing wys dat mense wat gesonder eet beter vaar as dit bly bloeddruk kom. Veral groente is voordelig. hoe slimmer jy raak met groente inwerk by al jou etes, hoe beter vir jou. Hier is ’n paar idees:

Sit tamatie, spinasie, sampioene en/of edamameboontjies by jou ontbyteier

Kap ’n vrug en/of neute op in jou jogurt

‘Verryk’ jou ontbytpap met’‘n piesang, neute of grondboontjiebotter.

Hou ’n blikkie mielies of bevrore mielies byderhand en skep ’n lepel in jou hawermout of mieliepap.

Eet by die werk as tussenin happies eerder ’n appel, aarbeie, lemoen of neute. Dit is selfs beter as gesondheidstafies.

Groentesop vir die winter en slaai vir die somer verseker jy kry nog ’n goeie skep groente elke dag.

Vul jou toebroodjie of wrap met slaaiblare, jong uie, saadspruitjies, pietersielie, basilieblare, baba-ertjies en so aan. Hoe varser hoe lekkerder!

Selfs koek en nagereg kan gesonder wees. Kies liewer appeltert of vrugteslaai.

Lees ook: Die top-oefensondes wat jy moet vermy

The post 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag appeared first on rooi rose.

Jy kan sout sny!
Sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, wat tot beroerte en hartsiektes kan lei. Die meeste van ons  gebruik 9 g sout per dag, pleks van 4-5 g.

Dit is goed om minder sout te gebruik maar nie om dit heeltemal uit te sny nie, want te min sout laat jou moeg voel, kan lei tot beenkrampe en jou hart laat stadiger klop, sê Andrea du Plessis, ‘n voedingkundige.

In die somer sweet jy, en verloor meer sout, en veral as jy sport doen. Kyk na die tabel vir ’n lys van hoë- en laesout-opsies om jou te help om die regte balans te kry, naamlik ’n bietjie meer sout op warm dae en beslis min sout in die winter.

Kos met baie sout

Lekker laesout–opsies

Soutbeskuitjies, kraakskyfies, springmielies, gesoute neute

Ryskoekies, Corn Cakes

Vleissmere, aftrekselblokkies, al die soorte poeiers en souse vir bereiding van vleis en groente

Geur kos met jou eie kruie soos seldery, pietersielie, soet-basilie en tiemie

Souse soos tamatiesous, blatjang, mayonnaise, Worcestershiresous, mosterdsous, pastasous

Laesout-opsies soos sojasous met 40% minder sout as ander sojasouse

Piekeluitjies, agurkies, olywe

Vars slaaibestanddele. Probeer ongewones soos nektariens, rou beet, rooi uie en interessante  slaaiblare

Slaaisous

Maak jou eie met olyfolie, suurlemoensap of witasyn en groentesout.

Kaas, veral feta en cheddar

Ricotta, maaskaas, mozzarella

Lees ook: Planne vir goeie kraakbeen

The post Jy kan sout sny! appeared first on rooi rose.

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is
Die risiko op hartsiektes, skildklierprobleme, hoë bloeddruk, kanker (bors-, kolorektaal en serviks), verhoogde cholesterolvlakke, diabetes, osteoporose, en natuurlik ook omdat jy nou die menopouse nader, maak korrekte inligting noodsaaklik.

Dr. Adri Kok, internis-spesialis by die Uniehospitaal in Alberton, sê mense moet bewus wees van risiko en simptome. “Dis selfs belangrik om jou dokter te vertel watter vitamienaanvullings en pynpille jy gebruik, want dit kan verskeie dinge beïnvloed – van hoe jou liggaam medisyne absorbeer tot chroniese bloeding.”

“Een van my pasiënte het besluit om nie meer haar cholesterolmedisyne te neem nie omdat haar vriendin wat dieselfde medisyne neem, spierpyne ontwikkel het,” vertel dr. Marius Visser*.

“Ek was baie bekommerd toe dié vyftigplusser ’n paar maande later terugkom en haar bloedtoetse steeds verhoogde cholesterolvlakke wys. Natuurlik het ek besluit haar dosis moet verdubbel word. Sy het toe skaam erken dat sy haar medikasie gestop het. Dit was nie wys van haar nie, en sy moes my eerder geraadpleeg het voor sy die besluit geneem het. Sy het haar aan die verhoogde risiko van ’n hartaanval of beroerte blootgestel.”

“Een van die gevaarlikste dinge wat pasiënte kan doen, is om hul medisyne te stop sonder om die dokter te raadpleeg.”

Dr. Quinten Fourie, algemene praktisyn van Vaalpark, Sasolburg, sê as jy die beste hulp wil hê, moet jy jou dokter al die “instrumente” gee om jou na sy beste vermoë te help.

“Die inligting wat ek van die pasiënt kry, is deel van my proses om ’n diagnose te maak. As sekere inligting weerhou word, kan ek selfs verkeerde besluite neem. As jy nie vir my die volle waarheid oor jou hallusinasies vertel nie, kan ek jou na die verkeerde spesialis verwys. Dit kan maak dat ons nooit agterkom dat jy temporale lob-epilepsie het, en nie ’n bipolêre gemoedsversteuring nie.”

Marinda* sê kolonkanker sou in ’n vroeër stadium by haar gediagnoseer en behandel kon word as sy eerlik met haar dokter was.

“Ek het bloed in my stoelgang ontdek, maar eers net vir die dokter gesê dis ’n aambei wat pla. Omdat ek nie lus was vir ’n ondersoek nie, het ek nie al die simptome genoem nie. Sy het medisyne voorgeskryf en ek het gehoop die bloeding sal stop. Dit het nie. Ek is ná ’n maand terug, is gestuur vir ’n kolonoskopie en kolonkanker is gediagnoseer. Behalwe maande se behandeling, moes hulle ook ’n stuk van my dikderm verwyder.”

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is

Laat neem jou bloeddruk

Hoë suikervlakke – Toets: Bloedtoets. “Hoë suikervlakke kan tot diabetes of obesiteit lei,” sê Adri.

Osteoporose – Toets: Beendigtheid. “Jou risiko is selfs groter as jy geen of min kalsium inneem, nie gewigdraende oefening doen nie en rook,” sê Adri.

Borskanker – Toets: Mammogram en sonar. “10% van klein letsels word nie deur ’n mammogram opgetel nie. Dis wys om albei toetse te doen,” sê Adri.

Kolorektale kanker – Toets: Stoelgangtoets en kolonoskopie. “As daar enige onverklaarbare verandering in jou stoelganggewoontes is (jy is skielik hardlywig, waar jy vroeër nooit gesukkel het nie), of as jy bloedarmoede het, moet jy jou dokter vertel,” sê Adri.

Servikale kanker – Toets: Papsmeer. “Jy moet dié toets laat doen vandat jy seksueel aktief is, of as daar ’n familiegeskiedenis van servikale kanker is,” sê Adri.

Skildklier – Toets: Bloedtoets met ’n TSH-vlak. “’n Onderaktiewe skildklier affekteer alle organe, lei tot gewigtoename, droë vel, kan jou hartklop afbring, baie laat bloei as jy nog menstrueer en jou sommer net moeg laat voel,” sê Adri.

Cholesterol – Toets: Bloedtoets wat die LDL- (die “slegte” cholesterol), HDL (“goeie” cholesterol) en trigliseriede (veroorsaak inflammasie) toets. Jou LDL moet onder 1,8 wees (jy word met ‘n LDL van 1 gebore), HDL moet meer as 1,2 wees.

Wees bewus van jou gewig

Abdominale vet is slegte vet. Die omtrek van jou middellyf moet onder 84 cm wees, anders neig jy na obesiteit. Die enigste bevolkingsgroep op wie dit nie van toepassing is nie, is die Oosterlinge, wie se liggaamsbou kleiner is. Die risiko’s van slegte vet is hartsiektes, kanker (bors- en uteruskanker) en osteoartritis.

*Skuilname

Lees ook: Verlaag jou risiko op pankreaskanker

The post Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is appeared first on rooi rose.

Hoekom word jy flou?
Deur Salomé Delport. Foto Freepik

Jy vra

My dogter (14) het by die skool flou geword. Die dokter sê dit is niks. Maar ek is bekommerd.

Ons antwoord

In die sappigste liefdesverhale word die heldin minstens een keer flou. Meestal “toevallig” reg by die held, wat haar vang. Of mis …

Opwinding en stres kán ’n mens laat flou word, sê dr. Jean Smit. “Mans word ook flou, hoewel vroue effens meer geneig is tot sinkopee, soos dit medies genoem word.

“Daar is selfs verskillende soorte floutes. As potensiële probleme soos epilepsie, hartsiekte, diabetes, bloeddruk en dwelmgebruik uitgeskakel is, is die rede meestal iets kleins en van verbygaande aard, soos dehidrasie, lae bloedsuiker, stres of opwinding.”

Hoe ook al, die romantiek het uit floutes verdwyn. In die regte lewe sien ons dit as ’n mediese krisis – ons jaag dokter toe.

Hoekom word jy flou?

Die kort antwoord is dat jou brein skielik te min suurstof kry. Die kuns is om die oorsaak daarvan uit te rafel. Soos die tabel (sien onder) wys, kan dit van kleiner dingetjies tot taamlik ernstige toestande wees. As jy meer as een keer flou geword het, laat jou dokter jou evalueer. Net in geval.

Help jouself

Hou dagboek van waarmee jy besig was toe jy flou geword het – ook van wat jy vooraf geëet het. Dit help jou dokter om op die regte behandeling te besluit.

Oefeninge wat floutes keer

Oefening kan floutes op verskillende maniere keer. Hier is ’n paar:

Snak na jou asem: As jy ’n floute of duiseligheid kan voel aankom, probeer die volgende: maak jou mond toe en snak vinnig en hard na jou asem. Blaas stadig uit. Herhaal. Volgens ’n 2015-artikel in die joernaal van die European Cardiac Society het dit lae bloeddruk dadelik opgestoot en ’n floute afgeweer onder die sowat sestig vroue in die ondersoek.

Span en ontspan jou spiere: Word jy flou as jy vinnig opstaan of lank staan? Trek jou spiere kort-kort saam en ontspan dit weer: bal jou vuiste; trek jou tone, voete, kuite en bobene saam; of kruis en strek jou bene ’n paar keer na mekaar.

Stap, ry fiets of swem: Hierdie soort oefening versterk die spiere in jou arms en bene, wat op hul beurt jou are help om beter te funksioneer sodat die bloedvloei na jou brein ook verbeter.

Raar & waar

As jy geneig is om flou te word kan ’n koppie sterk espresso per dag ’n bietjie help, volgens ’n oorsigartikel in die Oktober 2017-uitgawe van die Journal of Neural Transmission oor terapie vir floute.

Die geneigdheid tot floute kan in jou gene lê, volgens die resultate van ’n ondersoek onder 51 tweelinge.

As jy geneig is tot floutes, behoort jy nie te bestuur nie.

’n Floute is meestal niks ernstigs nie, tensy jy ’n hartlyer of diabeet is. Maar dit bly skrikwekkend en die meeste van ons gaan tog dokter toe, of selfs na ’n noodeenheid. As jy kan uitpluis waarom jy flou geword het, is die kans goed dat jy dit tuis goed onder beheer kan kry, wat jou baie geld en moeite sal spaar.

Lees ook: Yster of folaat? Wat het jy regtig nodig?

The post Hoekom word jy flou? appeared first on rooi rose.

SA se stille epidemie: Onopgespoorde hipertensie stel jou lewe in gevaar
Tydens May Measurement Month maak gesondheidskenners mense attent op hipertensie (HTN) of hoë bloeddruk, ‘n toestand wat miljoene mense wêreldwyd affekteer, maar steeds skrikwekkend ondergediagnoseerd en onderbehandeld bly. ‘n Onlangse studie het, erger nog, bevind dat 74% van pasiënte onbewus is dat hulle die risiko van hipertensie het of van hul hipertensiestatus is.

HTN staan bekend as die belangrikste risikofaktor vir kardiovaskulêre siekte (KVD) in Suid-Afrika.2 Met kardiovaskulêre siekte wat onder die toptienoorsake van sterftes wêreldwyd val, was die opsporing en beheer van bloeddruk nog nooit belangriker nie.

Onbeheerde hipertensie kan tot ernstige gesondheidskomplikasies lei, wat die risiko van hartaanval, beroerte, nierversaking en hartversaking aansienlik verhoog. Dit is ook gekoppel aan ‘n groter waarskynlikheid om demensie te ontwikkel en kan algehele lewensgehalte drasties verminder. Hierdie gevolge dra by tot ’n verhoogde sterfte- en siektesyfer, wat die belangrikheid van vroeë opsporing, behandeling en hantering van hoë bloeddruk onderstreep.

May Measurement Month

‘n Openbare gesondheidsveldtog genaamd “Because I Say So” is deel van ‘n wêreldwye bloeddruksifting-inisiatief, May Measurement Month. Dit is ‘n openbare oproep aan almal om hul bloeddruk (BP) na te laat gaan. Hierdie nie-indringende toets neem net vyf minute, is GRATIS gedurende May Measurement Month, en kan help om lewens te red.

Prof Erika Jones, die president van die Suid-Afrikaanse Hipertensievereniging, sê: “Hipertensie word dikwels die ‘stille moordenaar’ genoem omdat dit tipies geen simptome toon totdat beduidende skade plaasgevind het nie. Dit is ‘n hoofoorsaak van hartsiektes en beroerte, wat verantwoordelik is vir byna die helfte van verwante sterftes wêreldwyd. Ten spyte hiervan, bly bewustheid, behandeling en beheer kommerwekkend laag.”

Die omvang van die probleem

Die statistieke, soos aangeteken in 2019, skets ‘n kommerwekkende prentjie:

4,06 miljard volwassenes is deur hoë sistoliese bloeddruk geraak1

1,3 miljard volwassenes (30-79 jaar) word deur hipertensie geraak

10,8 miljoen sterftes wat verband hou met verhoogde bloeddruk

Ongeveer 60% van volwassenes ontwikkel hipertensie teen die ouderdom van 60

Tot 90% van volwassenes wat tot 80 jaar oud is, sal waarskynlik hipertensie ontwikkel

Hipertensie veroorsaak meer as 50% van hartsiektes, beroertes en hartversaking gevalle

Suid-Afrika staar ‘n buitengewone hoë las in die gesig, met die Suid-Afrikaanse Demografiese en Gesondheidsopname (SADHS) wat ‘n voorkoms van hipertensie van 46,0% by vroue en 44,0% by mans ouer as 18 jaar rapporteer. Meer as 80% van mense wat met hipertensie leef, het onbeheerde bloeddruk. Hierdie voorkoms oorskry aansienlik die globale gemiddelde van 31,1%.

’n Veelsydige benadering is nodig om hipertensie te voorkom en op te spoor. Dit sluit robuuste siftingsbeleide in wat aanvanklike bloeddrukondersoeke vanaf die ouderdom van 18 insluit, met gereelde opvolgsessies en opportunistiese siftings in verskeie omgewings soos werkplekke, skole en gemeenskapslokale.

“Daarbenewens is lewenstylingrypings, soos om ‘n gebalanseerde dieet te volg en meer aktief te wees, ook noodsaaklik om die risiko van hipertensie te bestuur en te verminder,” verduidelik prof Erika.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie eis hierdie chroniese siekte jaarliks ​​meer as 11 miljoen lewens – wat dit die mensdom se grootste epidemie ooit maak.

Lees ook: Kruie en vitamiene vir jou verkoue

Suid-Afrikaners word daaraan herinner om in Mei na hul plaaslike apteek, kliniek of dokter te gaan om gratis getoets te word.  Klik hier, vind ‘n deelnemende apteek in jou omgewing en kry die toets vandag nog.

Verwysings:

World Heart Federation Roadmap for Hypertension – Opgedateer

Factors influencing treatment adherence in hypertension and HIV management in South Africa: A comparative literature review

Worldwide trends in hypertension prevalence and progress in treatment and control from 1990 to 2019: a pooled analysis of 1201 population-representative studies with 104 million participants The Lancet VOLUME 398, ISSUE 10304, P957-980, SEPTEMBER 11, 2021.

World Heart Federation Roadmap for Hypertension – Opgedateer

In England (2011) >56% from age 60. The Lancet 2014; 383:1912-1919

Worldwide trends in hypertension prevalence and progress in treatment and control from 1990 to 2019: a pooled analysis of 1201 population-representative studies with 104 million participants The Lancet VOLUME 398, ISSUE 10304, P957-980, SEPTEMBER 11, 2021

Lees ook: Goeie energieplanne wat altyd werk

The post SA se stille epidemie: Onopgespoorde hipertensie stel jou lewe in gevaar appeared first on rooi rose.

Twee blitsidees met koejawels
Koejawels kom oorspronklik uit die trope van Suid-Amerika en is een van ons lekkerste laatwintervrugte. Genoeg van die vrug in jou dieet sorg vir ’n gesonde vel en gestel. Dit bevat, per gewig, vyf keer meer vitamien C as lemoene en is ook ryk aan kalium wat bloeddruk reguleer. Selfs die geblikte soort is steeds hoog in vitamien C en boonop heeljaar op ons rakke. Die geel skilletjie kan soms ’n bietjie bitter wees, maar word deur die soet koraalpienk vlees oorheers.

Koejawels se geurpasmaats

Gerookte en geroosterde vark, bloukaas, basiliekruid, tiemie, kerrie, roomkaas, appel en peer, brandrissie, sjerrie, asyn, gemmer, klapper en klappermelk, heuning, kaneel, anys, kardemom, swartpeper, vanielje.

2 blitsidees met hierdie lekker vrug:

Koejawelpuree

Gooi 1 x 410 g-blik koejawels (dreineer en behou die stroop) en 2 cm gerasperde vars gemmer in ’n houer en verpulp met ’n stokmenger. Verdun die koejawelpuree met van die stroop wat jy eenkant gehou het, indien nodig. Skep in ’n glashouer en hou in die yskas. Skep lepels vol oor jogurt vir ontbyt, of oor roomys as nagereg.

Heuningkoejawels-en-spek-slaai

Genoeg vir 4

Verhit 10 ml olyfolie in ’n pan en braai 2 dik repe spek, in stukkies gesny, oor matige hitte tot bros. Skep uit en hou eenkant. Smelt 10 ml botter in dieselfde pan en braai 4 koejawels, geskil en in kwarte gesny, vir sowat 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Drup 15 ml heuning oor terwyl die koejawels braai. Pak 125 g gekrummelde bloukaas en ’n hand vol kruieblare soos basiliekruid en bronkors op ’n bord en rangskik die koejawels en spekblokkies bo-op. Meng 30 ml (2 e) balsemiekasyn, 10 ml (2 t) heuning, 60 ml (¼ k) olyfolie, geur met sout en peper en sit saam met die slaai voor.

Koop só

Koop geelgroen vrugte sonder kneusplekke wat net-net ryp begin word en nie meer so baie ferm is nie. Volg jou neus met die koopslag, sommige variëteite se skilletjie bly groen – hoe skerper die geur hoe soeter die vrug.

Bêre só

Hou die tropiese vrug op ’n rak in ’n warmer vertrek tot dit ryp word. Ryp vrugte met hul sterk geur kan in die yskas gehou word. Skil en kook liggies in ’n suikerstroop indien jy die vrugte wil vries.

Maak só

Die skilletjie is bitter en kan afgeskil word voor die vrugte in suikerstroop ingemaak word. Sny middeldeur en skep liefs die harde pitte uit indien die vrug in ’n bredie gebruik gaan word, of vryf die pulp deur ’n sif om die pitte te verwyder.

Gebruik só

Koejawels word gewoonlik met soet geregte geassosieer maar waag ’n bietjie en gebruik hulle ’n keer in sout geregte as marinade vir gerookte varkribbetjies, of saam met skerp kase.

Lees ook: 2 blitsidees met tiemie

The post Twee blitsidees met koejawels appeared first on rooi rose.

Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens
Jy ken die gevoel: elke dag is net te kort vir wat jy alles moes doen. Om nie eens te praat van wat jy nog wóú doen nie. Jy het verantwoordelikhede tuis, verpligtinge by die werk/kerk/jou kind se skool, skuldgevoelens oor jou kinders. Voeg daarby die ure wat jy in spitsverkeer sit, jou bekommernis oor die verslegtende ekonomie en hoe stygende pryse jou beursie raak, die politieke situasie in die land, die hoë misdaadvlakke wat dalk al by jou of in jou vriendekring ’n letsel gelaat het … Die uiteinde? Hoër stresvlakke as waarvoor jou liggaam ontwerp is.

Stres het suutjies in ons woordeskat en daaglikse lewe ingekruip. Volgens die Amerikaanse Sielkundevereniging ly 43% van alle volwassenes se gesondheid onder die newe-effekte van stres. ’n Yslike 75% tot 90% van Amerikaanse doktersbesoeke het met stres te doen, en stres word verbind met die ses hoofoorsake van dood in Amerika: hartsiektes, kanker, longkwale, ongelukke, lewer-sirrose (weens alkoholmisbruik) en selfdood.

Die simptome van hoë stresvlakke het dalk al so ’n deel van jou daaglikse lewe geword dat jy dit nie eens meer agterkom nie: die hol kol op jou maag, die gedurige sooibrand, die spanningshoofpyne. Jy staan soggens moeg op, slaap sleg, voel dikwels angstig en sukkel om te konsentreer. Dalk is jou bloeddruk hoog, voel jy kortasem, of kry hartkloppings. Jy voel ongeorganiseerd, oorweldig en altyd gejaagd.

Klink dit bekend? Maak dan werk daarvan – dis die vroeë waarskuwingstekens. Moenie wag vir ’n hartaanval of ineenstorting nie.

Onthou ook dat jy dalk wel simptome van stres ervaar, maar dat dit onderdruk of gekamoefleer word deur jou gebruik van medikasie vir toestande soos hoë bloeddruk, maagsuur of migraine. Leefstylverandering is noodsaaklik as toestande soos maagsere, hoë bloeddruk, diabetes of hartprobleme by jou gediagnoseer word – en dit strek verder as net veranderinge aan jou dieet.

Maar chroniese stres kan ook lei tot ’n toestand genaamd komplekse post-traumatiese stressindroom (KPTSD). Dit verskil van post-traumatiese stressindroom (PTSD), wat dikwels voorkom by polisielede en soldate wat herhaaldelik aan stresvolle of gevaarsituasies blootgestel is, of wat baie dood en verwoesting aanskou het en dan ineenstort of uitbrand. PTSD kan ook ná ’n enkele gebeurtenis gediagnoseer word, soos as jy moes toekyk hoe iemand vermoor word, of ná iets soos ’n verkragting of motorkaping.

Komplekse PTSD is, soos die naam aandui, komplekser. Wanneer die toestand gediagnoseer word, was iemand gewoonlik blootgestel aan ’n kombinasie van chroniese stres en langtermyntrauma, soos mishandeling (emosioneel, fisiek of seksueel), huishoudelike geweld, of die versorging van ’n siek familielid. Die geliefdes van iemand met ’n verslawingsprobleem staan ook ’n groter kans om aan KPTSD te ly.

Mense met KPTSD voel hulle kan nie ontsnap aan die slegte situasie waarin hulle hul bevind nie. Hulle sien geen uitkomkans nie. Linda Germishuizen, ’n Kaapse kliniese en bedryfsielkundige, sê mense wie se persoonlike grense nie gerespekteer word nie, is ook meer vatbaar vir KPTSD. En die slegte nuus vir ons Suid-Afrikaners is dat ons land se hoë misdaadvlakke en die huidige ekonomiese situasie ook die ideale teelaarde vir KPTSD skep, juis weens die kombinasie van chroniese stres en trauma.

“’n Eenvoudige voorbeeld is iets soos finansiële probleme, wat nou ook in middelklasgesinne kop uitsteek. Dit kan lei tot verbale uitbarstings en kwaai spanning tuis, wat chroniese stres en langtermyn- emosionele skade by veral kinders kan veroorsaak.”

Dis belangrik om te onthou dat verskillende mense se toleransievlakke verskil. Iets wat jy maklik kan afskud, is vir iemand anders dalk ’n groot krisis. ’n Mens hoef nie noodwendig jare lank aan trauma blootgestel te wees voordat jy knak nie, en dit hoef ook nie noodwendig trauma soos dood of geweld te wees nie. Faktore wat jou weerstand aftakel (soos om te hard te werk sonder ’n goeie ruskans) saam met ander negatiewe faktore (soos jou baas se verbale uitbarstings) kan verwoestende nagevolge hê. Voel jy gedurig asof jy ’n hol kol op jou maag het, asof jy in trane wil uitbars, of asof iets slegs gaan gebeur? Dit kan ’n aanduiding van chroniese stres wees.

En is jy ’n “sterk” mens?

Pasop! KPTSD kom juis dikwels voor by mense wat geneig is om hul emosies te onderdruk of trauma bloot te hanteer sonder om ’n bohaai daaroor te maak. Die trauma bou as ’t ware laag-op-laag op en alles werk uiteindelik op mekaar in totdat dinge vir jou te veel word. Maak werk daarvan – gaan spreek jou huisdokter of ’n sielkundige. As dit nodig is, sal hulle jou na ’n psigiater verwys.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Werkstres en uitbranding

Ons bring die grootste deel van elke dag by die werk deur, en chroniese werkstres het ’n groot uitwerking op ons gesondheid, waarsku Linda.

“Ons liggame is ontwerp om ’n klein bietjie stres op kort termyn te hanteer, nie chroniese stres nie. Elke stresvolle situasie veroorsaak ’n styging in ons adrenalienvlakke. Maar wanneer dit hoog bly oor ’n lang tyd, word hormone soos kortisol en DHEA vrygestel. Laasgenoemde is die sogenaamde moederhormoon wat noodsaaklik is vir gesonde vlakke van estrogeen, testosteroon en progesteroon. Dit wissel saam met ons stresvlakke, en help ons op kort termyn om deur die krisis te kom, maar op die lange duur is dit baie sleg vir jou liggaam. Oormatige kortisolafskeiding kan lei tot beenverlies, ’n verlaagde seksdrang, buierigheid, tipe 2-diabetes en gewigstoename.”

Dit kan ook lei tot uitbranding. Volgens Linda bestaan uitbranding uit ses identifiseerbare fases. Waar val jy in hierdie ses?

Gedrewenheid: Jy is mal oor uitdagings, voel energiek en gejaagd, is produktief en werk lang ure. Jy het nie tyd vir gereelde oefening nie en jy het slegte eetgewoontes.

Jy sleep jouself voort: Jy het minder energie en begin jou dag met koffie. Jy leef van wegneemkosse en drink kafeïendrankies soos koffie en Coke om aan die gang te bly. Jy slaap sleg, sit gewig aan óf verloor jou eetlus.

Jy verloor dit: Jy is moeg en sukkel met slaaploosheid. Jy het baie gewig aangesit, smag na suikerige kos en drankies, en ’n drankie saans help jou om te ontspan. Fisieke simptome sluit angstigheid, kortasemheid, naarheid en duiseligheid in.

Jou gemoedstoestand versleg: Jy is buierig en voel soms depressief. Kalmeermiddels of antidepressante lyk na ’n goeie opsie. Jy het meer stimulante nodig om aan die gang te bly, maar dit takel jou stelsel net verder af.

Jy tref ’n muur: Familie en vriende is moeg vir jou klagtes. Jou gesondheidsprobleme word meer. Jy is vergeetagtig, jou konsentrasie swak en jy sukkel daagliks met migraine, ’n stywe nek, rugpyn, allergieë en slaaploosheid. Jy is gespanne, angstig en ’n bietjie bang, en jy sosialiseer feitlik nie meer nie.

Uitbranding: Jy is super geïrriteerd, sukkel om soggens op te staan en alles is moeite. Jy voel alleen en geïsoleerd en het belangstelling in alles verloor. Dit voel of jy maar net bestaan. Toestande soos hartprobleme, tipe 2-diabetes, kanker, depressie of ander ernstige toestande is dalk reeds by jou gediagnoseer. Gaan spreek dadelik jou huisdokter of ’n spesialis vir ’n volledige mediese ondersoek.

Kreatiwiteit kan stres omkeer

“Ons lewe in ’n intellek-georiënteerde wêreld en probeer al ons probleme met ons verstand oplos,” verduidelik Linda. “Lysies met voor- en nadele het ’n plek. Maar om alles op te weeg en te ontleed kan net werk as jy elke enkele feit tot jou beskikking het. Met iets soos ’n moeilike persoonlike of werksituasie kan jy dit nie doen nie, want daar is te veel faktore waaroor jy geen beheer het nie. Jy gaan bloot verval in ’n negatiewe denkpatroon sonder ’n klinkklare oplossing.”

‘Omdat kreatiwiteit ’n vry-vloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie’

Gelukkig is daar raad. “Ons kan ons probleme dikwels goed verwerk deur regterbreinaktiwiteite. Met ander woorde, doen iets kreatiefs. Omdat dit ’n vryvloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie, en op ’n dag meld ’n oplossing hom net aan.”

En moenie jou blind staar teen die woord “kreatiwiteit” nie – iets soos tuinmaak of kosmaak is ook ’n vorm van kreatiwiteit. “Of kies iets soos dans of tai chi, of gaan stap.” Tyd in die natuur kan ook help. Skakel gerus maar jou selfoon of tablet af – dit demp kreatiwiteit, maan Linda.

“Leer om in die oomblik teenwoordig te wees. Al wat soms nodig is vir die oplossing vir ’n probleem, is om stil te wees. To be – ons vergeet ons is human beings, nie human doings nie.”

Lees ook: Swaar menstruasie; het jy endometriose?

Die belangrikheid van persoonlike grense

Linda beklemtoon die noodsaaklikheid van gesonde grense, en meen dis iets waarmee die meeste mense sukkel. Dit veroorsaak dat ons dikwels sukkel om “nee” te sê vir die eise wat ander mense (base, maar ook ons gesinne en vriende) aan ons stel. Dit lei tot ekstra spanning.

Sy meen veral vroue sukkel met persoonlike grense omdat ons van kleins af geleer word om die vrede te bewaar en konflik te vermy. Die gevolg? Jy stel jouself laaste, probeer almal om jou red en word ander mense se vloerlap.

“’n Mens hoor dikwels ’n vrou in ’n probleemhuwelik sê sy het van haar man se probleme geweet voor hulle getroud is, maar het gedink sy sal hom kan help om te verander.”

Linda maan ook teen onnodige skuldgevoelens. “Ek sien dit veral by vroue, en baie daarvan spruit uit wat mense – of jyself – as jou ‘Christelike plig’ beskou. Staan op vir jouself, en luister na jou intuïsie. Moenie toelaat dat ander se stemme – die kerk, jou ouers of vriendinne – jou intuïsie doodpraat nie. Mense met ’n groot pligsbesef moet ook leer om genaakbaarder met hulself te wees.”

Pasop ook maar vir sosiale media. Mense kan baie ongeskik wees op sosiale media, wat baie sleg is vir iemand wat sukkel om konflik te hanteer, “nee” te sê of haar man te staan. “Om gedurig blootgestel te wees aan ander se menings van jou, is ook glad nie gesond nie.” As jy boonop voel dat almal op facebook se lewe beter of lekkerder as jou eie is, ondermyn dit jou selfbeeld. Dit steel ook ongemerk ’n klomp tyd, wat jou nog meer oorweldig en onder druk kan laat voel.

Praktiese wenke om persoonlike grense te versterk

Vra jou af of die situasie waarin jy is bevorderlik vir jou innerlike vrede is, of nie. As dit nie is nie, beëindig dit.

Begin deur klein grense te stel. “Een manier is om op te hou redes gee vir iets wat jy nie wil doen nie – of dit nou ’n uitnodiging is of ’n versoek om met iets te help. Sê doodeenvoudig ‘ek kan ongelukkig nie’ – net dit.

Jy skuld niemand ’n verduideliking nie, behalwe jouself,” sê Linda.

Gee jouself tyd om na te dink voordat jy op ’n versoek of uitnodiging reageer. Baie van ons is people pleasers vir wie dit moeilik is om “nee” te sê. “Moenie dadelik antwoord nie. Klein dingetjies soos hierdie kan jou help om meer selfgeldend te raak.”

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

Meet jou stresvlakke

Volgens Linda Germishuizen is hierdie vraelys uit Natural Highs deur Patrick Holford en dr. Hyla Cass ’n goeie manier om sommer jou stresvlakke te meet.

Antwoord eerlik op die volgende 15 vrae. Merk elkeen wat op jou van toepassing is.

Sukkel jy om te ontspan?

Voel jy geïrriteerd?

Bekommer jy jou oor alledaagse goedjies en sukkel jy om af te skakel?

Rook of drink jy baie volgens ander mense se standaarde?

Is jy kompeterend en aggressief in wat jy doen?

Sukkel jy om met ander oor die weg te kom?

Is jy ongeduldig met ander?

Eet jy vinnig?

Pak jy te veel goed aan?

Sukkel jy om te delegeer?

Pyn jou ledemate, of sukkel jy gedurig met hoofpyne?

Het jy ’n droë mond en sweterige handpalms?

Het jy belangstelling in seks verloor?

Sukkel jy met stywe spiere?

Sukkel jy om te slaap?

Wat jou telling sê

0 – 5: Jy is op ’n goeie plek en kan alles hanteer wat jou kant toe kom.

5-10: Jou stresvlakke is taamlik hoog. Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens.

10+: Jou stresvlakke is baie hoog, en jy moet dringend stappe doen voordat jou lyf sê genoeg is genoeg.

Lees ook: Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

The post Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens appeared first on rooi rose.

Die regte medisyne vir verkoue
Dit is duur en dikwels onnodig om dokter toe te gaan vir ’n verkoue. Maar intussen voel jy sleg; jou lyf en kop pyn; jou sinusse voel dik en verstop; jou keel is droog en seer en jy voel pap. Toemaar, kyk wat kan help dat jy ten minste beter voel terwyl jou liggaam die virus beveg.

Vir koors en lyfseer

Begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C.

Vir daardie teer, rooi neus en bolip

Wend van die eerste nies af ’n skermroom aan, soos vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Gebruik baie sagte snesies.

Vir ’n  loopneus

Gebruik Advil CS of Grippon.

Vir ’n toeneus

Gebruik ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus geswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.

Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup

Gebruik Phensedyl of Medifed.

Vir ’n droë hoes sonder ’n postnasale drup

Gebruik Dilinct Dry of Benylin DM.

Vir ’n nat hoes

Gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.

Vir ’n seer keel

Gebruik Betadine-mondspoel as gorrelmiddel of maak jou eie gorrelmiddel met soutwater: ’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water. ’n Suigtablet of spuitmiddel reik egter dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suigtablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.

Vir toegeslane ore

Gebruik ’n opdroogmiddel soos Demazin of Decofed.

As jy moet deurdruk

Die beste raad vir ’n verkoue en griep is om te rus. Maar soms is dit doodeenvoudig nie ’n opsie Jy kan jouself aan die gang hou maar wees versigtig, want daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Al die deurdramiddels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. Maak jou ook reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Die verkouemedisyne wat gevaarlik is of vermy moet word

Medikasie laat jou beter voel, maar wees versigtig vir kodeïen en pseudefedrien. Hulle is nie vir almal veilig nie.

Twee risiko’s van kodeïen

1. Dit kom in talle verkouemedikasies en hoesstrope voor maar dit is berug daarvoor dat dit mense hardlywig maak. Vermy dit as jy reeds sukkel.
2. Kodeïen het ook ’n baie werklike verslawingspotensiaal. Vermy dit as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het.

As jy self jou verkouemedikasie uitkies, gaan die bestanddeellys op die verpakking of ingeslote voubiljet sorvuldig na of vra jou apteker om jou te help om iets uit te kies wat vry van kodeïen is.

Drie groepe mense wat pseudoefedrien moet vermy

Mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes moet liewer wegbly van pseudoefedrien. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee is Advil CS.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Die regte medisyne vir verkoue appeared first on rooi rose.

Is ongejodeerde sout gesonder?
Omdat te veel sout ongesond is, moedig die staat ons deur Salt Watch en die Heart Foundation aan om minder sout te gebruik. Sout het in ons koppe dus ‘ongesond’ geraak. Dit is korrek en reg so, maar ’n subtiele skuif het terselfdertyd so te sê onbewustelik plaasgevind,naamlik dat ‘natuurlike’ sout soos ongejodeerde sout en seesout gesonder is as gewone gejodeerde sout.

Is dit waar?

Sout bestaan uit twee komponente: natrium en chloried. Wanneer sout gejodeer word, word ’n klein bietjie van ’n derde molekuul naamlik jodium bygevoeg. Die enigste skadelike komponent van sout is natrium. Die chloried en jodium doen jou liggaam nie skade nie Dus is gejodeerde sout en ongejodeerde sout ewe gesond. Of ewe ongesond, want sout opsigself is nie ongesond nie. Te véél daarvan is wel.

Die voorstaanders van ongejodeerde sout het tog op ’n aweregse manier ’n punt beet: wanneer sout gejodeer word, word bymiddels dikwels ook bygevoeg. Party van die duurder soute bevat bymiddels wat keer dat die sout klam raak en klonte maak, wat help dat die sout makliker uitloop. En dan is natuurlike sout eerder vuilwit. Party handelsmerke bleik hul sout, terwyl ander die sout wit kry deur dit deur ’n verdampingsproses te sit. Ál die bymiddels is egter goedgekeur en dus veilig vir jou gesondheid, maar as jy ’n puris is, kan dit jou pla. Die oplossing is om die etiket te lees: soek die handelsmerke wat gejodeer is en as bestanddeel nét sout lys.

Wat van seesout, wat ‘natuurlik’ gejodeer is?

Seewater is ryk aan jodium en daarom is sout wat uit die see gemyn word ‘natuurlik’ met jodium verryk. Die feit is dat hierdie sout baie min jodium bevat – en ook min van enige ander minerale. Aansprake dat dit gesonder is, is op skramse inligting gebaseer.

Wat van klipsout en pienk sout?

Party mense glo dat swartsout, fleur de sel, Kalaharisout, algsout en organiese sout elkeen sy eie kenmerkende smaak bevat. Is dit egter veilige plaasvervangers vir sout? Sout is sout. Eksotiese soute is nie beter of gesonder nie. Dit is net duurder. Hierdie soute is egter nie gesonder as gewone gejodeerde sout nie. Alle sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, en uiteindelik aan hartkwale en beroerte. Méér Suid-Afrikaners sterf hieraan as aan alle soorte kankers saam.

Al wat belangrik is is dat jy:

• ’n gejodeerde handelsmerk kies en

• min daarvan gebruik.

Lees ook:

10 kosse wat die meeste sout bevat – Klik hier

Slim maniere om minder sout te gebruik – Klik hier

The post Is ongejodeerde sout gesonder? appeared first on rooi rose.

6 groepe mense met ’n groter risiko op doofheid
Weet jy wat is jou risiko op doofheid? En as jy ’n groter risiko loop, is dit tyd dat jy jou eie oudioloog uitsoek?

Almal van ons sal effens doof raak soos wat ons ouer raak, vertel Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Centurion. “Maar mense wat in hul lewe aan spesifieke middels blootgestel is of aan spesifieke siektes ly, loop beslis ’n groter risiko vir doofheid. Hulle kan meer doof raak óf op ’n jonger ouderdom begin sukkel met gehoor.”

Daar is verrassend baie algemene middels wat aan doofheid gekoppel word- van aspirien tot droogskoonmaakmiddels, verfverdunners, die ontsmetmiddels wat tipies ‘skoon’ ruik … en daardie kannetjies insekgif wat ons so maklik spuit.

Mense met ’n groot risiko op doofheid

Wat verhoog jou kanse op doofheid? Kom ons begin by die een waaraan die meeste van ons nie dink nie:

1 Jy is op een van hierdie medikasies

Ons gebruik dit almal, soms of gereeld. Ibuprofen as ons griep of verkoue het, en waarskynlik het jy al streptomisien as antibiotika vir een of ander infeksie gehad. Hulle word egter ook aan doofheid gekoppel. Darem nie omdat jy dit ’n week of wat vir verkoue of infeksie gebruik het nie. Dit gaan oor langtermyn gebruik en/of gebruik in hoë dosisse.

Ander medikasies wat jou risiko op doofheid verhoog, sluit in:

Sekere antibiotika: onder ander neomisien en gentamisien. Die risiko dat dit jou gehoor beskadig is groter hoe groter dosis jy gebruik en hoe langer jy hulle gebruik. Boonop bly hierdie antibiotika twee, drie maande nadat jy dit gestaak het nog teenwoordig in jou gehoorstrukture, waar hulle skade kan bly doen.

NSAID’s soos naproxen en ibuprofen, wat ons algemeen vir pyn en koors gebruik.

Aspirien: Hoë dosisse veroorsaak tinnitis en tydelike doofheid. Die effek tree darem eers in werking as jy meer as 2,5 g aspirien per dag drink. Dit werk uit op 5 ekstra sterk Disprins.

Sekere middels vir chemoterapie. As jy chemo kry, vra jou dokter wat jou kanse op gehoorverlies is.

Sekere middels vir malaria.

Sekere middels vir hoë bloeddruk, spesifiek die klas wat die antidiuretiese middels (waterafdrywers) genoem word.

2 Jou werkplek en beroep (of jy gebruik tuis te maklik gevaarlike chemikalië)

Net soos medikasies hou talle chemikalieë ’n risiko vir doofheid in, veral as jy blootgestel is aan gomme, drukkersink, insekspuitmiddels, ontsmetmiddels, oplosmiddels en verfwerk. Jy behoort te weet met watter chemikalieë jy in kontak is. As jy nie weet nie, vra jou werksplek se gesondheid- en veiligheidsbeampte. Hy/sy behoort voorsorg te tref om jou daarteen te beskerm.

Hier is die lys van middels wat jou gehoor kan beskadig. Hoe langer jy aan hulle blootgestel word, hoe groter is jou risiko op doofheid soos jy ouer raak.

As jy meer wil weet oor werkplekblootstelling, lees gerus self ons bron hier

Benseen, wat jy tuis moontlik gebruik om oliekolle op klere te verwyder. Dit word ook wyd industrieel gebruik.

Perchloro-etileen (perchloroethylene). Nog ’n droogskoonmaakmiddel. Net soos met benseen, is die mense wat in droogskoonmakerye werk dié met ’n risiko op doofheid weens blootstelling, eerder as jy wat dit een keer elke af en toe gebruik om tuis klere skoon te maak.

Metileenchloried (methylene chloride). Dit word veral in verfverwyderaars gebruik, en ook in die voedselbedryf.

Poli-aromatiewe hidrokoolstowwe (polyaromatic hydrocarbons) wat vrygestel word wanneer steenkool brand en petrol ontbrand, soos in uitlaatgasse.

Koolstofmonoksied (carbon monoxide). Dit word aangetref in mynskagte en in motoruitlaatgasse, en ook gebruik tydens galvanisering.

Tolueen (toluene). Dit kom voor in baie tipes gom, verf, vernis, verfverdunners en brandstofbymiddels.

Trichloro-etileen (trichloroethylene). Dit is ’n industriële oplosmiddel, wat sedert 2005 deur die EPA (Environmental Protection Agency) as ’n kankerwekker geklassifiseer is. Dit behoort nie in jou werkplek in gebruik te wees nie.

Trichlorofenol (trichlorophenol). As jy al daardie medisyne-reuk geruik het as jy goggas met ’n spuitkannetjie uitgewis het, het jy al hierdie middel geruik. Dit is die aktiewe bestanddeel in sekere ontsmetmiddels, talle blikkies insekspuitmiddels en in onkruiddoders.

Xileen (xylene). Nog ’n algemene oplosmiddel wat industrieel gebruik word.

Formaldehied (formaldehyde). Dit word wyd in die vervaardiging van gomme gebruik. Jy sal dit ruik in die gom wat gebruik word vir die lê van matte.

Metale soos lood, kwik, kadmium en arseen, wat veral in die motorvervaardiging, batterye, verf- en die houtbedryf gebruik word.

3 Brandweerman as beroep

Baie van die bostaande chemikalieë vorm tydens brande. Dus loop brandweerpersoneel wat voortdurend blootgestel ook ’n risiko op doofheid.

4 Jy werk in ’n raserige plek

Een van jou werksplekregte: ’n ruimte waar geraasvlakke nie jou gehoor beskadig nie. As dit hoog is, kontak jou werksplek se veiligheidsbeampte, om seker te maak dit word korrek bestuur.

5 Sekere siektes

Jou risiko op doofheid is hoër as jy diabetes, hoë bloeddruk of ’n outo-immuunsiekte het.

6 Jou ouderdom

Die meeste mense verloor na die ouderdom van 35 hul gehoor. Dit gebeur gelukkig baie geleidelik, en jy sal waarskynlik goed genoeg hoor tot in jou vyftigs. Na vyftig ervaar die meeste van ons ’n duidelike mate van gehoorverlies. Moenie nou jou gehoor afskeep nie. Laat dit toets, en kry die nodige hulp, sodat jy goed tot laat in jou lewe kan hoor.

Die beste raad as jy ’n risiko op doofheid loop

Net soos wat jy ’n ginekoloog het behoort jy, as jy in die groepe met ’n groter risiko vir doofheid val, jou eie oudioloog te hê – iemand wat jou gehoor leer ken en gereeld evalueer wat nodig is om die beste van jou gehoor te maak, verduidelik Yolandé.

Waar kry jy ’n oudioloog? Kyk op die webwerf van die SA Association of Audiologists

As jy wonder hoe goed jy op die oomblik hoor, doen hierdie selftoets vir doofheid

Lees ook waarom dit beter vir jou gehoor is om so vroeg as moontlik ’n gehoorstuk te begin dra, eerder as om te wag totdat jy regtig doof is hier. Klik hier

The post 6 groepe mense met ’n groter risiko op doofheid appeared first on rooi rose.

Gulde reëls vir gesondheidstoetse
Een uit elke twee hartaanvalle word aan hoë cholesterolvlakke gekoppel, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie. As jy soos ek is, spoed die jaar/jare verby, sonder dat jy by daardie basiese toets uitkom. Stap nog dié week by jou naaste Clicks-apteek in en doen jou basiese toetse vir cholesterol, bloeddruk en diabetes op die bekostigbaarste manier beskikbaar.

• Bang vir wat die toets gaan verklik? Moenie wees nie, want dit wys jou net hoe jy kan verbeter. Sien dit soos Thomas Edison, die vader van die gloeilamp: “Ek het nooit misluk nie. Ek het net nog ’n manier ontdek wat nie werk nie.”

• Verstaan die toets. Stel vas wat die uitslag eintlik sê. Ons het die volgende vrae oor die HbA1c-toets gevra. Vra soortgelykes omtrent enige ander toets.

• Wat sê dit? Die gewone glukosetoetse sê wat jou bloedsuiker op die oomblik is; die HbA1c sê wat jou gemiddelde bloedsuikervlakke die afgelope tien tot twaalf weke was en sê dus hoe goed jou diabetesplan vir jou werk. Jy wil hê dit moet goed met jou lewenstyl saamwerk om komplikasies lateraan te verminder.

• Hoe werk dit? Glukose, die brandstof wat jou liggaam gebruik, heg aan die hemoglobien in jou rooibloedselle. ’n Rooibloedsel leef sowat drie maande. Die hoeveelheid glukose in jou rooibloedselle wys dus hoeveel glukose in jou bloed beskikbaar was. Hoe minder onbenutte glukose in jou bloed hoe beter vir jou diabetes.

• Moet jy voorberei op die toets? Hoewel jy vir party toetse moet vas of op ander maniere moet voorberei, hoef jy vir hierdie een niks te doen nie.

• Wat is “goed”? Vir die HbA1c is enigiets onder 5,7% uitstekend. Van 5,7 – 6,4% beteken jy het prediabetes. As jy jou leefstyl nóú aanpas, kan jy nog jou pankreas red. Jy het nog uitkomkans. Bo 6,5% beteken jy het reeds diabetes. Jy beheer jou diabetes baie suksesvol as jy jou HbA1c onder 7% kan hou.

• Hoe gereeld moet jy die toets herhaal? Prediabete moet die HbA1c een keer per jaar doen; tipe 1- en tipe 2-diabete word 3-4 keer per jaar getoets. As jy op nuwe medikasie gaan, sal jy moontlik meer getoets word om te monitor hoe goed jy daarop vaar.

Wees gemiddeld

Ons is so gekondisioneer dat sukses beteken jy mik vir die meeste, hoogste, verste, vinnigste, laagste en so aan. By gesondheid werk dit net mooi andersom: jy vaar die heel beste as jy alles matig doen: matig oefen, matig slaap, matige porsies inskep, matig drink, matig in die son kom en so aan.

Gebruik toetse vir sukses

Sommige toetse is bedoel om probleme op te los, soos die Clear Blue- digitale ovulasietoets. Volgens die vervaardigers is vroue gemiddeld ’n skamele 26 dae per jaar optimaal vrugbaar. Mis hierdie paar kanse en nog ’n jaar sonder ’n baba op pad is verby. As jy bo dertig is en nie tyd het om te verspil nie, kan ’n ovulasietoetsstel die raaiwerk uit jul pogings haal.

Pas aan by jou uitslag

Die perfekte bloeddruklesing is laer as 120/80. As joune hoog is, kyk watter doodgewone dinge jy vir jouself kan doen. Volgens ’n ondersoek kan jy met net drie koppies doodgewone tee per dag jou bloeddruk met nege punte laat sak. Probeer ten minste en kyk of dit vir jou werk.

Hou jou rekords

Jou uitslae skets jou geskiedenis, wat later belangrik kan wees. En bewaar jou toetsuitslae en verslae sélf. (Vra vir afskrifte.) Dokters, patoloë en apteke skuif, sluit en/of vernietig uitslae na verloop van tyd.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

The post Gulde reëls vir gesondheidstoetse appeared first on rooi rose.

Systap vakansieskete
Al is dit die seisoen van liefde en vrede, is Desember ’n besige, haastige tyd, veral op die paaie en in inkopiesentrums.

Foto: iStock/Neyya

As winkel- en padvarke jou vang

Uit ’n onlangse opname van Pharma Dynamics blyk dit dat Suid-Afrikaners die kwaadste word oor:

• taxi’s

• mense wat indruk – op die pad en in die winkels

• mense wat dink die reëls geld net ander mense maar nie vir hulle nie en mense wat nie asseblief of dankie sê nie, veral as jy spesiale moeite doen.

As iets ons bloeddruk opjaag, het ons twee opsies, sê Richard Carlson, skrywer van Stop Thinking Start Living: óf dit klits ons om, óf ons leer die kuns aan om ons skouers op te haal oor kleinighede en met ons lewe aan te gaan.

Maklik om te praat, tot die vakansieduiweltjies onder jou vel inklim. Hoe bly jy dan kalm?

Hy sê as jy jou net vir ’n oomblikkie van irritasies kan distansieer, sal jy hulle sien vir die onbenullighede wat hulle is. Maar as jy oor hulle begin tob, knoop jy jouself baie gou in woede en frustrasie in.

’n Irritasie is net ’n irritasie wánneer jy daaroor dink en ás jy dink dit is.

Foto: iStock/ibusca

Buitedinge sónder plooie

Systap die son se UV-strale – en plooie en selfs velkankers.

UV-strale veroorsaak plooie en velkankers. Gelukkig hoef jy nie heelsomer net binne te bly om jou vel op te pas nie, want die UV-vlakke wissel deur die dag namate die weer verander. Accuweather wys op jou slimfoon wat die UV-indeks op die oomblik rég by jou is. Hier kan jy sien wanneer jy veilig buite kan wees, wat jy moet aantrek en watter sonskerm jy nodig het. Dit sal jou ’n hele paar plooie spaar.

Lees ook: Hier’s die regte volgorde waarin jy jou velsorgprodukte moet aanwend

Selfdoen-oplossings

Gaan dokter toe as jou simptome ernstiger is of langer as normaal aanhou.

Pretbederwer

Oplossing

Insekbyt

Antihistamienroom

Naarheid

Gemmertee of gemmerbier

Sistitis

1 teelepel koeksoda in ’n koppie water

Kandida

Oor-die-toonbank room

Diarree

1-2 eetlepels Maizena in water

Brandwond

Burnshield-jel

Seerplekke

Antibiotiese room, betadienroom

Verstuiting en verswikking

Koue kompres en ’n rekverband om dit te stabiliseer

Sooibrand

Eet ’n rou wortel; Gaviscon

Ooginfeksie

Brolene-oogdruppels

Menstruasiepyn

’n NSAID-pynpil soos Ibuprofen, Advil

Hoofpyn

Ekstra water omdat hoofpyn dikwels volg na dehidrasie; aspirien of parasetamol

Aambeie

Sheriproct of ’n ligte kortisoonroom

Nog ’n wenk: slaap ’n bietjie meer vóór jy met vakansie vertrek. Moeë mense word gouer kwaad.

’n Uitslag

Die spesiale ringetjie wat hy vir jou vir Kersfees gegee het, laat jou vinger bloedrooi vlam en jeuk.

• Jy is waarskynlik allergies vir die nikkel in die ring – en gelukkig nie vir hom ook nie.

• Een uit elke tien mense het ’n nikkelallergie. Dié metaal is oral, want dit versterk ander metale. Jy kry dit in byna alle juweliers-ware en selfs in items van 14 karaat goud.

• Hanteer dit soos ’n velallergie en wend ’n ligte kortisoonroom aan.

• Maar kortisoon kan nie die allergie keer nie, en hoe langer en gereelder jy kontak met nikkel het, hoe erger raak jou reaksie.

• Al wat help, is om daardie ring (of horlosie, kettinkie of oorbelle) af te haal.

• Al is dit neusie verby met jou geskenk, kan jy tog met naellak ’n bietjie dra daaruit optower. Verf ’n lagie in die binnekant van die ring. Dit hou nikkelkontak doeltreffend van jou vel weg, tot die naellak afskilfer. Dit werk ook met horlosies en oorbelle. Verf die agterkant van die horlosie en oorbelle, asook hul steeltjies of aanknippers.

Sonverbrand

• Koel die vel af. Staan lank onder ’n kouewaterstort, of lê vir tien, vyftien minute in ’n bad koel water. As net jou arm, been of nek verbrand het, hou ’n yskoue kompres daarop.

• Drink ekstra vloeistof. Jy het waarskynlik ook ontwater; drink water, koue melk, ’n rehidrasiedrankie soos Rehidrat, of ’n sportdrankie om die verlore elektroliete aan te vul.

• Drink ’n aspirien. Dit stil die pyn, en help die inflammasie sak. Voltaren help ook.

• Bevogtig jou vel. Aalwynjel en Burnshield hou die vel vogtig en help die brand bedaar.

Lees ook: Sonslim met sonskerm

Voorsorg is beter as versorg

• Keer sonbrand met alles wat jou daarteen beskerm, soos ’n sonbril, sonskerm en sonsambreel.

• Pak jou elektriese muskietweerder in, of muskietwerende stiffie en room as jy sonder krag gaan wees.

• Was jou hande gereeld en deeglik. Élke keer as jy die huis binnekom en voor jy met kos werk.

• Onthou die veiligheidsgordels – selfs vir die mense wat agter sit.

Rooi lig

• Bly weg van pynpille met parasetamol (vra jou apteker watter dit is) vir babelas. Dit kan jou reeds ooreiste lewer beskadig.

Foto: Fotolia/Savvapanf Photo

Babelas

Baie van ons het dit al oorgekom: een glasie wyn … en nog een of twee, drie. Voor jy weet, staan jy die volgende oggend met kloppende kop, ’n naar kol op jou maag en ’n pap lyf op.

Alkohol is nie net ’n stimulant nie (die rede vir jou vrolikheid gisteraand) maar ook ’n toksien – en die rede waarom jy vandag voel asof al die trokke wat deur Beaufort-Wes ry oor jou lyf

ook is.

Raai wat werk? Die jongste is turksvye as babelasdoepa.

Die Alcohol Hangover Research Group van Boston University Public Health sê byna alles wat ons glo sal help, grens aan nutteloos. Jy voel nie sleg omdat jy gedehidreer is, of omdat jou bloedsuiker baie laag is nie. Alkohol veroorsaak eintlik inflam-masie, en dus jou simptome.

Wat sê hul navorsing kan help?

• Drink pynpille in die NSAID-klas soos Neurofen en Ibuprofen wat inflammasie help omkeer.

• Eet turksvye ’n Komponent in die sap werk spesifiek alkohol-verwante inflammasie met matige sukses teë.

• Maak soos die Japannese Japannese rosyntjietee, ook bekend as die Chinese krui hovensis doen dieselfde … as jy kan kry.

• Hidreer Dehidrasie dra tog by tot jou siek gevoel. Drink elke uur ’n glas gewone water.

• Laat jou lewer rus Jou lewer werk nou ekstra hard om gister se alkohol af te breek. Vergeet van “regmakertjies”. Dit maak net sy alkohollading groter. Spaar jou lewer ook koffie, kafeïenkoel-dranke en kos wat ryk, romerig of swaar is. Eet liewer klein porsies slaaie, gestoomde vis en groente.

Lees ook: Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet

Foto: Fotolia/makieni

Hardlywig

Die oplossing is so maklik soos om jou knoppie te druk. Volgens ’n ou akupunktuurtegniek kan jy jou derm stimuleer deur elke dag vir ’n minuut lank op jou maag te druk – drie vingerbreedtes onder jou naeltjie.

The post Systap vakansieskete appeared first on rooi rose.

Dis hoekom jy troeteldiere moet hê
Dis welbekend dat dit goed is vir jou bloeddruk om jou troeteldier te vertroetel, en selfs om net voor ’n akwarium met visse of ’n hok met voëls te sit en hulle dop te hou. ’n Amerikaanse studie onder 24 sakemanne wat aan hipertensie (gevaarlike hoë bloeddruk) gely het, het getoon dat hul stresvlakke beduidend afgeneem het toe hulle ’n hond of ’n kat gekry het. Dit het ’n meer positiewe en blywende uitwerking op hul bloeddruk as die voorgeskrewe medikasie gehad. In ’n ander studie waaraan 369 mense deelgeneem het wat ’n hartaanval oorleef het, het dit geblyk dat troeteldier-eienaars net ’n 1% kans het om binne die eerste jaar daarna te sterf, terwyl mense wat nie ’n troeteldier het nie, ’n 7% kans het om binne dieselfde tydperk te sterf.

Lees ook: Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier

Troeteldiere help jou langer leef!

’n Studie aan die Minnesota Stroke-instituut het vier duisend kateienaars se mediese vordering oor tien jaar dopgehou en bevind dat katte jou kans om van ’n hartsiekte te sterf ingrypend verminder. Mense wat katte besit se kanse om ’n hartaanval te kry was 30% laer as dié van ander mense. (Die studie het nie resultate vir honde-eienaars bekend gemaak nie omdat dit nie hul fokus was nie, maar meen die uitslag behoort min of meer dieselfde te wees.)

Lees ook: Diere en hul maniere: Fassinerende feite oor katte!

Hoe kan ons gesondheid by troeteldiere baat vind?

Navorsing bewys dit hou jou bloeddruk en cholesterolvlakke laer, en hulle help ons om stres beter te hanteer. Ouer mense wat troeteldiere besit, is ook baie aktiewer as hul eweknieë. Deur met jou hond te gaan stap, kry jou parasimpatiese senuweestelsel ’n hupstoot, wat jou kalmer en meer ontspanne maak.

Lees ook: Wat jy moet weet oor osteoartritis in troeteldiere

The post Dis hoekom jy troeteldiere moet hê appeared first on rooi rose.