Bonné de Bod | rooi rose

Vyf redes waarom jy dié seisoen van ‘Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod’ wil ervaar
Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod keer op 19 April 2026 om 20:00 terug na kykNET met ’n splinternuwe seisoen wat kykers op ’n asemrowende reis deur van die wêreld se mees ikoniese en afgeleë wildernisgebiede neem. Van Suid-Afrika se nasionale parke tot Namibië se kuslyn, die sneeubedekte berge van Noord-Amerika en die kristalhelder waters van die Karibiese See – hierdie seisoen bied 13 kragtige verhale oor die natuur, menslike toewyding en ontdekking.

Bewonder & Bewaar word aangebied deur die bekroonde aanbieder en filmmaker Bonné de Bod, wat kykers tot diep in die hart van inspirerende bewaringswerk begelei. Elke episode bied ’n unieke venster op die mense en diere wat ons planeet vorm en beskerm.

Hier is vyf redes om te kyk:

Goedvoel-TV vir die hele gesin

Elke episode neem kykers saam met Bonné na wildernisgebiede dwarsoor die wêreld, waar sy saam met navorsers, veeartse en wetenskaplikes tyd deurbring in hul natuurlike werkomgewing.

Die reeks fokus op eg menslike stories van passie en toewyding – 13 bewaringsbewustes wat elkeen hul lewe daaraan wy om die planeet te beskerm. Bonné se warm, intieme vertelstyl vang die emosie en verwondering van hierdie ervarings vas en skep ’n gevoel van verbondenheid wat kykers bybly.

Die helde agter die diere

Hoewel die diere en natuur sentraal staan, is die mense agter die bewaringswerk die hartklop van die reeks.

Onder hulle is Cristina Zenato, wêreldbekend vir haar buitengewone band met rifhaaie; dr. Peter Buss, ’n legende in wildveeartsenykunde in die Krugerwildtuin, en Wendy Baxter, een van ’n klein groepie mense wêreldwyd wat reuse-sequoias klim om hul ekologie te bestudeer. Ook Naude Dreyer se robreddingswerk in Namibië, Samuel Madalane se K9-eenheid in die Krugerwildtuin, en Santosh Bachoo se nagnavorsing van seeskilpaaie word van nader bekyk.

Groot én klein wonderwerke van die natuur

Van die grootste roofdiere op aarde tot die kleinste en mees ontwykende spesies – hierdie seisoen vier die volle spektrum van die natuur.

Kykers sien hoe Bonné saam met haaie duik en snags leeus in die Krugerwildtuin monitor, maar ook hoe sy die delikate Knysna-seeperdjie en die geheimsinnige klaasneusmuis (sengi) bestudeer. In die woestyn word die merkwaardige toktokkie en ander klein spesies ondersoek wat perfek aangepas is vir hul barre omgewing.

’n Intieme, eerstehandse belewenis

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod plaas kykers in die middel van die aksie – of dit nou in ’n helikopter is wat die skade van die 2026-vloede in die Krugerwildtuin dokumenteer, of ’n nag-operasie saam met veeartse in die veld, of onder water in die Karibiese See tussen rifhaaie.

Die episode oor die vloede word op besonder persoonlike wyse vertel deur die mense wat self deel van die rampverligtingspogings was. Van bo in ’n helikopter sien kykers die vernietiging by, onder meer, Letaba-brug en Shimuwini-kamp, wat die impak veel treffender as nuusbeeldmateriaal wys.

Die visuele storievertelling is wêreldklas

Agter die kamera is die bekroonde regisseur Susan Scott, ’n Safta-wenner en internasionaal ervare natuurfilmmaker. Scott bring meer as twee dekades se ervaring na die reeks en werk met ’n indrukwekkende verskeidenheid tegnieke en lense – van 600 mm-telefoto-opnames tot makrolense. Daar is ook indrukwekkende onderwater-kinematografie, termiese nagvisie en landskappe wat met 8K-tydsverloopvideografie vasgevang is.

Die reeks is verfilm in agt nasionale parke en vyf natuurreservate oor vier lande heen, insluitend die Krugerwildtuin, NamibRand, Dorob Nasionale Park, die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark, die Sierra Nevada en Bahamas. Die kamerawerk laat kykers elke keer voel asof hulle self daar is.

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod begin op 19 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die reeks het Engelse onderskrifte.

Lees ook: Lekker & goed se pienk partytjie & resepte vir saamgooi-kos!

The post Vyf redes waarom jy dié seisoen van ‘Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod’ wil ervaar appeared first on rooi rose.

‘Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod’ terug met nuwe seisoen vol adrenalien, avontuur en natuurskoon
Bonné de Bod keer terug na kykNET vir die derde seisoen van Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod, wat op 19 April om 20:30 begin. Die nuwe seisoen neem kykers op ’n reis na van die mees afgeleë en skouspelagtige plekke op aarde, van Suid-Afrika se Krugerwildtuin en die Namib-woestyn tot sneeubedekte berge in Noord-Amerika en die kristalblou waters van die Karibiese See.

Saam met vooraanstaande navorsers, wetenskaplikes en veeartse onthul Bonné die geheime van wilde diere en ontmoet sy die mense wat hul roeping uitleef deur elke dag in die natuur te werk.

In hierdie seisoen deel kykers in adrenaliengelaaide avonture wat Bonné nog nooit vantevore aangepak het nie. Sy het van die mees intense oomblikke van haar lewe beleef toe sy saam met die wêreldbekende haaifluisteraar Cristina Zenato in die Karibiese See gaan duik het.

“Dit is ’n wonderlike storie, maar dit gaan oor veel meer as net om tot op die bodem te duik en haaie te sien wat verby jou swem. Hierdie is ’n vrou wat pynlike vishoeke uit die monde van hierdie wilde seeroofdiere verwyder. Die haaie nader haar, gaan lê in haar skoot en laat haar dan só toe om die hoeke te verwyder.” ekstra 10 kg van die kettings aan die duikpak. Gelukkig het die natuur haar weer tot bedaring gebring: “Toe ek eers onder die pragtige kristalblou waters van die Bahamas was, het die kalmte die sement uit my are gestoot, en ek het my lyf teruggehad.”

Op land was daar ook geen tekort aan adrenalien nie. In die Krugerwildtuin het Bonné by dr. Peter Buss en die SANParke-veeartsspan aangesluit vir ’n nagoperasie waarin die beroemde leeutroppe van Satara met verdowingspyltjies geskiet is sodat die eerste X-strale van vrylopende leeus in die wêreld geneem kon word. Omdat die operasie in die nag plaasgevind het, is termiese sensors gebruik om die leeus op te spoor en hul bewegings te monitor – amper soos ’n nagvisie-verkyker. Die tegnologie het die span in staat gestel om te sien waar die leeus is sonder om hulle met helder ligte te verskrik en ook om te bevestig dat die pyle suksesvol getref het. Die beeldmateriaal van die termiese verkyker – waar die leeu in swart-en-wit verskyn met net die pienk pyl sigbaar – bied ’n ongelooflike en seldsame blik op hierdie baanbrekersnavorsing.

“Dit was natuurlik gevaarlik – jy kan nie in die nag sien nie. Die res van die trop loop rond; hiënas loop rond.”

Nog ’n fisiese uitdagende ervaring was die verfilming in die sneeubedekte Sierra Nevada-berge in Kalifornië, waar Bonné saam met navorsers die majestueuse reuse-sequoia-bome moes klim.

“Dit was baie moeilike toestande om in te verfilm, maar ons moet na hierdie ‘ongemaklike’ plekke geneem word, want dit is waar die navorsing plaasvind.”

Tussen die ikoniese roofdiere en epiese landskappe het ’n klein soogdiertjie Bonné ook onverwags diep ontroer – die klaasneus.

“Om die klaasneus van naby te kan sien, sjoe! Hulle is pragtige klein skepseltjies. Die lewens wat hulle lei, is ’n wêreld waarvan ons nie bewus is nie,” vertel Bonné.

Die seisoen skop af met ’n kragtige episode oor die verwoestende vloede wat die Krugerwildtuin in Januarie 2026 getref het. Dié keer word die impak deur die oë van bekende karakters uit vorige seisoene beleef; mense wat kykers reeds leer ken het en wat self eerstehands deel was van die rampverligtingspogings.

Bonné vergesel, onder andere, die park se hoofvlieënier, David Simelane, in ’n helikopter na die noorde van die wildtuin, waar die skade van bo sigbaar word – die ineengestorte sementblokke van die Letaba-brug, en die Shimuwini-bosveldkamp wat vanuit die lug as ’n verwoeste landskap ontvou, met rondaweldeure wat langs die rivierbank lê.

“Ek kon nie met ’n goeie gewete ’n reeks uitsaai sonder om die vloede in my gunstelingplek op aarde aan te spreek nie. Dit wys vir ons almal dat die natuur kragtig is, ja, maar ook hoe kragtig dit is wanneer mense bymekaarkom en hande vat.”

Die res van die seisoen bied ’n ryk verskeidenheid avonture en ontdekkings. Kykers sien, onder meer, hoe Cassie Carstens die bedreigde sekretarisvoël in die Dronfield-natuurreservaat monitor en hoe Naude Dreyer en sy span robbe langs Namibië se kuslyn van plastiek bevry.

Ander hoogtepunte sluit in die Kruger K9-honde-eenheid met Samuel Madelane, die unieke flora van die Richtersveld saam met Pieter van Wyk, die endemiese Knysna-seeperdjie met Clement Arendse, Namibië se “superkrag-goggas” saam met dr. John Irish, en die klein gekolde kat met dr. Jessica Humphreys.

Gepantser met Bonné se opregte warmte en intieme vertelstyl, word kykers op ’n inspirerende en hoopvolle reis geneem wat nie net die diere en hul habitats wys nie, maar ook die menslike passie en toewyding agter elke bewaringspoging.

“Daar is soveel slegte nuus daar buite. Hierdie is goedvoel-TV wat inspireer en hoop gee in ’n tyd waar ons dit broodnodig het,” sê Bonné.

Die bekroonde regisseur Susan Scott vang hierdie natuurlike wêreld in skouspelagtige 4K-beelde vas – van sneeubedekte berge tot die oseaan, bosveld-savanne en woestynduine.

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod word vervaardig deur Scott & de Bod Films, ook bekend vir dokumentêre soos STROOP, Kingdoms Van Vuur, Ys & Feëverhale en reekse soos Africa’s Wild Wonders. Die tweede seisoen van Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod is benoem vir ’n SAFTA in die Beste natuurgeskiedenis- en omgewingsprogram-kategorie.

KYK | Amptelike voorskou – Bewonder & Bewaar

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod begin op 19 April om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Catch Up en Stream beskikbaar wees. Die reeks het Engelse onderskrifte.

Lees ook: Voetspore maak ’n derde epiese draai in Suid-Amerika!

The post ‘Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod’ terug met nuwe seisoen vol adrenalien, avontuur en natuurskoon appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bonné de Bod oor die nuwe seisoen van ‘Bewonder & bewaar’
Kom saam met die bekroonde TV-aanbieder Bonné de Bod op ‘n opwindende ekspedisie na die hartjie van die wildernis wanneer sy na ons skerms in die boeiende natuurreeks, Bewonder & bewaar, terugkeer. In die tweede seisoen word sy weer vergesel deur ‘n span van toegewyde navorsers, veeartse en bewaringswetenskaplikes.

Die bekroonde dokumentêre rolprentmaker Susan Scott is weer in die regisseurstoel. Die eerste dokumentêr wat Bonné en Susan saam gemaak het, STROOP – Joune into the Rhino Horn War, was ’n reuse-sukses wat by 40 rolprentfeeste vertoon is en 30 toekennings ingepalm het. Saam ontrafel hulle weer die enigmatiese wonders van moederaarde, wat die buitengewone lewe van diere wat in ongerepte habitatte floreer, aan die lig bring. En elke ontdekking is ‘n bewys van die diepgaande band tussen die mensdom en die natuurlike wêreld.

“Soos die vorige seisoen, gaan dit oor die diere, maar dit gaan ook oor die toegewyde individue wat hierdie werk doen. Vir hulle is dit ‘n passie en ‘n roeping. Hierdie is nie jou tipiese natuurreeks nie, ons gee ’n opbouende en dieper insig van die menslike gees omdat ons uitvind watter lewenslesse hulle uit hul tyd in die natuur geleer het,” vertel Bonné.

Van die dieptes van die see tot die hoogtes van bergpieke beloof elk van die 13 episodes ‘n boeiende vertelling wat nie net opvoed nie, maar ook met kykers se psige sal resoneer.

“My hoop is dat die reeks kykers sal motiveer om meer tyd buite deur te bring, die prag raak te sien en opnuut aan al die klein wonderwerkies in die natuur herinner te word.”

Bonné kan nie wag om veral die jonger kykers se passie vir die natuur op Sondagaande wakker te maak nie.

“Ek hoop van harte dat veral skoolkinders die reeks sal kyk en soos ek sal voel, het toe ek elke Sondagaand voor die televisie gesit het om die natuurprogram 50|50 te kyk. Dit het my op die pad wat ek vandag loop, geplaas en ek is diep dankbaar dat ek meer oor die Afrika-natuur- en diereryk kon leer. Dis nie nodig om te emigreer om groener weivelde te gaan soek nie. Hulle kan ook ’n dr Francois Becker en ’n dr Lin-Marie de Klerk wees, wat vir die planeet werk en ’n vervulde lewe lei,” sê sy.

Karlien Meiring het gaan uitvind wat die ontembare Bonné hierdie seisoen bewonder het en hoe sy haarself bewaar.

Die reeks neem jou na verskeie geïsoleerde en uitdagende plekke. Is daar ‘n ervaring wat jy tydens die verfilming van die tweede seisoen gehad het wat uitstaan?

Daar is so baie! Ek het van die wilde wolwe in Yellowstone gedroom en dit gevisualiseer, so om op ‘n koppie te staan wat oor die bekende Blacktail Plateau-vallei uitkyk en ‘n trop wolwe te sien … ek kan aan niks beter dink nie! Dit is beslis een van my kosbaarste herinneringe. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, was om na die hoofwolfbioloog van die Yellowstone Wolf Project, Kira Cassidy te kyk, en te sien hoe sy met blink oë opgewonde vir my sê, “Bonné, hierdie wolwe het geen idee dat ek en jy hulle dophou nie, hulle speel en gaan voort met hul lewens, heeltemal onbewus. Wat jy nou sien is ware wolfgedrag.”

Wat is die sleutel om die kenners se passie op die skerm te wys?

Ek doen baie navorsing voor ons met verfilming begin en is altyd op soek na die voorste kenner in hul veld. Interessant genoeg, is die meeste kenners wat ek kontak se reaksie: “O, genade, ‘n storie oor my!? Nee, maar dis nie net ek nie, daar is ’n hele span wat saam my werk.” Ek weet dan ons het die regte persoon – nederig en absoluut gefokus op hul werk.

Sodra ons oor hul navorsingsonderwerp gesels, dan praat hulle! Ek moet dan onbeskof raak sodat ek ’n woordjie kan inkry! Hul passie kom na vore en herinner my dat hierdie nie vir hulle ’n werk is nie, maar ’n roeping. Ek is soms ’n week of twee met hulle, daardie vertroue en gemaklikheid kom met tyd. Dis my werk om hulle te laat voel dat dit net ek en hulle is, amper asof daar geen kamera is nie.

Jy het genoem dat jy onsigbaar, alleen en uitgesluit tydens jou tienerjare gevoel het. Hoe het daardie ervarings jou gelei na waar jy vandag in jou loopbaan is?

Ek dink wanneer mense iemand soos ek sien, wat na al hierdie ongelooflike plekke regoor die planeet reis en wonderlike individue ontmoet, dink hulle: “Wow, dit het só maklik vir haar gebeur, sy het sekerlik ’n maklike lewe gehad.” So geseënd soos wat ek is, is dit vir my duidelik dat die pad wat God vir my uitgelê het, deel van ’n groter doel was. Op hoërskool was dit nie so maklik nie – dit het asof iets verkeerd met my is en dat ek nêrens inpas nie, ek was nie deel van die “in-groep” nie.

Met verfilming vir hierdie seisoen het ek besef dat ek nie die enigste een is wat al met sulke gevoelens geworstel het nie. Selfs Kira Cassidy, die hoofwolf-bioloog in die epiese Yellowstone Nasionale Park in Amerika, het al so gevoel. Ek dink sy het een van die besonderse werke wat daar is, maar my laaste onderhoud met haar vertel sy my dat sy baie alleen en misverstaan in die hoërskool gevoel het. Sy was ook nie deel was van die al die “in-groepe” nie en het gevoel of sy nie ’n plekkie in hierdie wêreld het nie.

Die boodskap wat ek probeer deel is: Kira het moeilike tye in haar lewe gehad en nou het sy een van die beste werke, om daagliks na wolwe in Yellowstone te kyk! Ek het ook moeilike tye gehad en nou lewe ek my passie uit en is op kamera waar selfvertroue en selfbeeld ’n groot rol speel.

Al voel jy nou of jy nie hoort nie, belowe ek jou dat die regte mense en geleenthede soos magnete jou pad sal kruis … en dan sal jy jouself en jou roeping vind.

Jy het al genoem dat geloof ‘n belangrike rol in jou lewe speel. Hoe beïnvloed jou geloof jou werk, veral wanneer jy jouself in die wêreld van wild en natuur verdiep?

Ek voel geweldig geseënd om hierdie werk te kan doen; om die verwondering vas te vang en tot in kykers se sitkamers te bring. Ek voel die naaste aan my Skepper in die natuur. Om elke dag met Sy handewerk bederf te word, help my om perspektief te hou. Ek raak elke dag opnuut opgewonde oor die wonderwerke in die natuur. Om in die middel van die Namib-woestyn se dor landskap te staan en soveel lewe te sien; hoe plante en diere spesiaal aangepas is om in hierdie geharde omgewing nie net te oorleef nie, maar te floreer. Dit kan nie anders as om ’n mens se geloof te verdiep en te versterk nie. Natuurlik is daar ook tye waar ek met verskeie uitdagings gekonfronteer word, maar ek weet ek is geroep om hierdie stories te vertel en die oomblikke wat nodig is om die regte boodskap oor te dra, sal gegee word.

Hoe handhaaf jy ‘n gesonde leefstyl om tred te hou met navorsers tydens uitdagende ekspedisies?

Toe ek destyds vir sewe seisoene ‘n aanbieder op 50|50 was en in die veld verfilm het, het ek gewoonlik energiestafies en lekkers geëet en Coke gedrink om vir my energie te gee. Ek kan nie glo hoe ongesond ek was nie, maar ek was in my twintigerjare, so ek veronderstel dit is te verskone. Ek sal omval as ek dit nou doen! Nou dat ek ouer is, eet ek soveel anti-inflammatoriese kosse as wat ek kan, wat jou liggaam van binne genees en baie energie verskaf. Ek is ‘n groot voorstander van ‘whole foods’, so na aan hoe God dit geskep het. Dus vermy ek dooie koolhidrate, soos in kosse wat vir lang tye op die rak kan sit. Ek probeer ook elke dag 90 min stap en doen gemiddeld tussen 25 en 40 kilometer per week, wat regtig help met my fiksheid en sorg dat ek by die superfikse navorsers, veeartse en wetenskaplikes kan bybly.

Bewonder & bewaar met Bonné de Bod begin op 24 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bonné de Bod oor die nuwe seisoen van ‘Bewonder & bewaar’ appeared first on rooi rose.

‘STROOP’ wen nog ’n prys
Die insetsel, wat op die SABC 2-program 50/50 verskyn het, het die Veertjie vir beste insetsel in ’n opvoedkundige program gewen.

Bonné de Bod is ’n bekroonde natuurlewe televisie-aanbieder en filmmaker met ‘n ongekende passie vir renosters. Sy is op die oomblik saam met bekroonde natuurlewe filmmaker Susan Scott besig met die verfilming van ‘STROOP’, ‘n dokumentêre film oor die renosterstropingskrisis. Die baanbreker rolprent wat later in 2016 vrygestel word, sal na verwagting die kompleksiteit van die renosterkrisis aan gehore in Suid-Afrika en die res van die wêreld uiteen sit.

Susan-Scott en Bonne-de-Bod-ATKV-Media-Veertjies-2016

*Ilse Salzwedel het in die Februarie 2016-uitgawe van rooi rose ook met haar gesels. Klik hier vir die artikel. Die volgende artikel kom uit die pen van Bonné self.

Vanuit die voorste linies – deur Bonné de Bod

Net voor die laaste volmaan van 2015, was ek een vroegaand op patrollie saam met drie veldwagters en ’n hond. Ons was in ’n droeë rivierbed in een van die mees digbevolkte renostergebiede. Swaar gewapen en in doodse stilte, het die K9-eenheid aan weerskante van my geloop. Ek het natuurlik veilig gevoel, maar was tog senuweeagtig . Dit is een van die grootste wildernisgebiede in die wêreld waar bendes stropers elke uur van die dag bedrywig is, elke dag van die week, elke week van die jaar. Ek is nou al geruime tyd hiermee besig… en daar is geen ander manier om hierdie “renosterstropingskrisis” te beskryf as ’n oorlog nie.

In 2015 het ek myself keer op keer in hierdie situasies bevind met die manne en vroue wat letterlik die wapen opgeneem het in konflikgebiede regoor Suid-Afrika. Ek het gesien hoe veeartse noodoperasies op tientalle slagoffers uitvoer. Ek het patrollies langs grensdrade afgedoen, geloop saam met die privaateienaars onder die maanlig… gewag vir die onafwendbare om te gebeur. As hierdie vermeende stropers eers aangekeer en in die stelsel opgeneem is, het ek gesien hoe ons staatsaanklaers treë vir treë moes byhou by verdedigingspanne met diep sakke in lang uitgerekte borgtogaansoeke en die uitstel van hofverskynings. Duisende kilometer oor die oseaan het ek selfs die gebruikers van renosterhoring in hul sitkamers ontmoet en ondergronds in die agterstrate van Asië se stede verdwyn om die eindproduk te sien wat soveel hartseer en geweld saai. Dit klink en voel vir my beslis soos ’n oorlog.

As ek aan die Irak oorlog ’n dekade gelede dink, onthou ek die deurslag wat gemaak is in die media se dekking daarvan en die term “embedded journalism” wat geskep is. Oorlogverslaggewers is ongekende toegang gegee tot die voorste linies omdat die insameling van inligting verander het. Ons lewe vandag in ’n wêreld wat gedryf word deur ’n honger vir nimmereindigende inligting. So, die verslae van die Tweede Wêreldoorlog wat verskeie weke en selfs net 24 uur later vertoon was, is nie meer relevant in ’n era van regstreekse televisie wat gestook word deur sosiale media en “burger-joernaliste” nie – diegene wat in die voorste sitplekke sit waar die jongste nuus plaasvind, gewapen met slimfone wat aan die internet gekoppel is.

Tydens die vervaardiging van stories vir 50|50 sowel as die verfilming van my opkomende dokumentêre rolprent ‘STROOP’, is ek ingebed in ons renosteroorlog, is ek ’n getuie nie net van die afskuwelike wandade wat gepleeg word nie, maar ook van die mense wat dit beveg. Elkeen se rol in die oorlog is belangrik, maar dit is van kardinale belang dat hulle tot by ’n punt bymekaarkom. Dit verbaas my telkens dat hierdie eenvoudige, logge diere vasgevang is in so ’n web van kompleksiteit. Die wêreld van renosterstropery het soveel lae, dit is so kompleks en ten spyte van al die tyd wat ek al daarin spandeer het, bly dit ’n stryd as filmmaker om dit alles uit te lê vir die Suid-Afrikaanse publiek.

Lokprent van ‘STROOP’:

2016 moet die jaar wees wat al die kompleksiteit opsy geskuif word en ons eenvoudig en meer effektief saamwerk ter wille van die toekoms van ons rensters.

Groot hofsake oor renosterstropery vind hierdie jaar plaas en ek hoop dit sal afgesluit word met die toegepaste vonnisse. Dit is ook die jaar waarin verskeie lande van regoor die wêreld in September hier in Suid-Afrika vergader om ons renosters te bespreek. Onder die vaandel van die Verenigde Nasies, ontmoet die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Flora en Fauna (beter bekend as CITES), vir die 17de keer; dit sal bekend staan as COP17. Tipies van interregerings-etikette word die meeste van ons vasgevang in net ’n paar woorde…

In hierdie geval, “Bedreigde Spesies”, en vergeet ons van die woord in die middel, “Handel”. Hierdie ooreenkoms is ’n handelsooreenkoms tussen lande wat bepaal in watter dele van wilde diere en plante in handel gedryf mag word asook in watter dele nie. In 2008 is daar net minder as ’n miljoen handelsooreenkomste gesluit… so dit is ’n groot geldmaker vir regerings regoor die wêreld.

Baie wat renosters besit of as bewaarders van ons renosters beskou word wil wettig handeldryf in renosterhoring omdat hulle voel dat ’n volhoubare kommoditeit ons renosters sal red. En baie wat renosters besit of as bewaarders van ons renosters beskou word voel dat wettige handel stropery sal laat toeneem, soveel so, dat dit sal lei tot die uitsterwing van wilde renosters.Dit is dus ’n baie omstrede kwessie en dit word aanvaar dat die wettiging van handel in renosterhoring later vanjaar in Johannesburg sterk bespreek gaan word.

Ons Departement van Omgewingsake het vir COP17 voorberei deur ’n span van 22 lede saam te stel om na die moontlikheid van handel te kyk, en hulle het vir ’n groot deel van 2015 agter geslote deure vergader. Hulle verslag is al maande terug verwag en gerugte wil dit hê dat daar koppe gestamp word oor die beste pad vorentoe. Verwag dus hewige debatvoering wanneer die verslag uiteindelik vrygestel word. Terwyl die hofsake en die CITES vergadering klaar vasgemaak is, is daar verskeie ander kwessies wat net so voorspelbaar is. Renosters sal steeds die slagoffers van stropery wees.

Die vraag na renosterhoring in Asië bly groei, ek het dit self gesien. Rehabilitasie sentrums sal aanhou toeneem om na renosterwesies om te sien. Staatsaanklaers sal voortduur met hulle onvermoeide verteenwoordiging van die wet. Privaat-renostereienaars sal die moeilike besluit moet maak om hulle waardevolle renosters op veilings te verkoop of om meer vir sekuriteit te betaal. Wildlewe-organisasies sal voortstry om fondse in te samel omdat mense vuisvoos is wanneer dit by renosterstroping kom. Veeartse sal douvoordag steeds oproepe kry om oorlewendes te behandel, en ons veldwagters regoor die land sal weereens hulle skoene vasmaak en die onbekende instap, vandag, môre en elke dag van 2016.

Maar ons moet nie moed verloor nie, ja, die oorlog duur voort, maar nou meer as ooit is dit binne ons hande om dinge in ’n ander rigting te stuur. Ons is nie bewus van die buitengewone mag wat binne elkeen van one lê om bewegings van stapel te stuur nie.

Sosiale media het ons dit gewys. Elke keer as ’n Suid-Afrikaner ’n “tweet” uitstuur, ’n artikel deel of ‘like’, plaas hulle hul stem by die oorlog. Ek kan nie genoeg benadruk hoe belangrik die teenwoordigheid van die publiek in hierdie saak is nie. Met konstante deelname op Twitter, Facebook en Instagram, voel ek die mag van my verantwoordelikheid in die voorste linies.

2015 was die jaar van #FeesMustFall en #Cecil. Hierdie twee sosiale media sake het wetgewing verander en politici aan die eise van die land se mense gehoor laat gee. So wie weet watter gebeure in 2016 die toekoms van ons renosters kan bepaal?

Lees meer oor ‘STROOP’ hier

The post ‘STROOP’ wen nog ’n prys appeared first on rooi rose.

Bonné de Bod op die bloedspoor
Die videogreep is effens skeef, want dis opgeneem deur ’n klein kameratjie wat op pad na hierdie afspraak in die agterstrate van Hanoi aan Bonné de Bod se borskas vasgeplak is. Om die kamera te verdoesel het haar reisgenoot, Susan Scott, regisseur van die dokumentêre rolprent waaraan hulle werk, ’n serp om Bonné se nek gedrapeer. As die serp vandag opwaai of afval en iemand die versteekte kamera gewaar, kan dinge erg skeefloop. Hierdie mense speel nie. Dit het Bonné en Susan geleer uit die talle verminkte renosterkarkasse wat hulle al aanskou het. Gróót geld is op die spel, en mense sal moor om hul geheime en bates te beskerm. Net een of twee ingeligtes sal weet om in Hanoi in Viëtnam na hulle te kom soek, maar waar sal hulle begin soek? ’n Lyk kan maklik verdwyn in die rooibruin water van die Sông Hongrivier, of Rooirivier, wat deur die stad vloei …

Die vroue is omring deur ’n groepie Oosterse mans. Die “winkel” is in ’n huis en die besige huishouding gaan ongesteurd voort terwyl die mans besigheid doen. Op die tafel is ’n verskeidenheid voorwerpe uitgepak, alles uit olifant- en buffelhoring gemaak. En renosterhoring. Dis ’n skokkende ontdekking wat Bonné-hulle hier in Asië kom maak het: renosterstropery gaan oor veel meer as die sogenaamde medisinale waarde van die horing. Juweliersware van renosterhoring is ’n gewilde, peperduur bykomstigheid onder ryk Oosterlinge.

Pas aan, pas aan! por die verkoper deur ’n tolk.

Bonné voel die walging in haar opstoot, maar durf niks laat blyk nie. Sy is immers, volgens hulle, ’n ryk Hollandse toeris wat haar versameling eksotiese juweliersware wil aanvul. Aan haar pols pryk reeds ’n geleende buffelhoring-armband en sy dra ’n geleende, handgekerfde ivoorring. Niemand het rede om te vermoed dat sy nie regtig graag ’n renosterhoring-armband wil koop nie.

Sy slaak ’n sug van verligting toe die armband te klein is. Dit word ontwerp vir dun, Oosterse polse, nie vir die pols van ’n lang, lenige vrou uit Afrika nie. Maar die aanpassery het haar en Susan die kans gegee om meer te wete te kom oor ’n aspek van die handel in renosterstropery waarvan hulle tot nou bitter min geweet het. Nou kan hulle genadiglik hier uitkom.

Skielik is daar ’n roering in die vertrek. Die mans praat hard onder mekaar. Die verwarring op die tolk se gesig laat haar onrustig voel. Toe die opdrag: kom, nou gaan julle saam met ons ry. Hulle word by die deur uitgeboender. Die tolk het geen idee waarheen hulle op pad is nie. Paniek is die laaste ding wat enigeen nou mag wys. Het iemand die kamera gesien en snuf in die neus gekry?

Die goue Lexus 4 x 4 waarin die vroue moet klim, is opvallend in die andersins armoedige omgewing. Die duur voertuig beteken geld – gróót geld. Wat wag op die twee Suid-Afrikaners en hul tolk?

Gelukkig net ’n besoek aan ’n vakman wat dalk wel ’n groot genoeg renosterhoring-armband vir die “Hollandse toeris” se arm het. Later sou Bonné-hulle agterkom dat daar versteekte kameras in die eerste handelaar se winkel is. Die vakman het op die videovoer gesien dat die armband te klein is en sy kontakte laat weet dat hy dalk een het wat groot genoeg is. Die groep was vasbeslote om nie ’n potensiële koper uit Europa deur hul vingers te laat glip nie.

“Kom kyk hoe maak hy die juwele,” het die tolk vertaal.

Dis ’n gesig wat vir ewig in Bonné se geheue ingegraveer is. In die piepklein vertrekkie op die boonste verdieping het die vakman kruisbeen op die vloer gaan sit en met vaardige hande begin sny en kerf aan ’n stuk rou ivoor. Eenkant was ’n olifanttand, bruin geverf om soos hout te lyk. Dit, het die man verdui-delik, is hoe hulle die ivoor kamoefleer sodat dit saam met vragte hout ingesmokkel kan word. Toe sien sy dit: ’n renosterhoring …

“Ek is verlig om vandag veilig hier te sit,” vertel Bonné de Bod (33) terwyl sy ’n volgende video op haar skootrekenaar oopmaak. Die omvang van die sluikhandel in renosterhoring het haar eers werklik op die besoek aan die Ooste getref.

“Ek en Susan, die regisseur, was in Bang-kok, Luang Prabang in Laos, Hanoi in Viëtnam en ook in Hongkong om te gaan kyk hoekom die vraag na renosterhoring toeneem. Ek wou weet of dit werklik net oor die medisinale waarde gaan, en of daar iets meer agter alles skuil. Ek moet die volle verhaal kan vertel sodat mense kan verstaan.”

Lesers sal Bonné herken as een van die aanbieders van 50/50, die gewilde natuurleweprogram op SABC2. Dis juis deur haar werk vir die program dat sy haar ware roeping ontdek het: kampvegter vir die renosters. Sy onthou die presiese oomblik toe sy besef het sy moet meer doen as net oor slagtings berig.

“Ek het tussen twee verminkte, ontbindende renosterkarkasse gestaan vir ’n 50/50-insetsel. Ek was kwaad, hartseer. Hoe kan ons dit toelaat? Ek het besef ons is by ’n keerpunt: óf ons red ’n spesie, óf ons verloor hulle vir altyd.”

Die handel in renosterhoring is omgeef van mites. Dit gee glo woema in die bed, en kan kanker genees. Maar was dit die enigste rede hoekom 1 215 renosters in 2014 en meer as 1 500 in 2015 in Suid-Afrika doodgemaak is? Daar is ander redes ook.

“Dit word wyd deur tradisionele genesers voorgeskryf as ’n geneesmiddel vir dinge soos koors, verkoue en griep, en ryk sakemanne drink dit as teenvoeter vir babelaas. Boonop is dit ’n gróót statussimbool, waardevoller as goud. Die horing word teen honderde rande per gram verkoop – ek wil nie eens vir jou die regte prys sê nie, want dit moedig die handel net verder aan. In plekke soos Viëtnam word ’n stuk renosterhoring byvoorbeeld as geskenk gegee aan iemand wat dalk ’n tender na jou kant toe kan laat kom. Dit wys hoe magtig en ryk jy is, en word ‘rhino horn gifting’ genoem. Dis ook ’n gewilde geskenk in Viëtnamese regeringskringe, selfs al is dit onwettig om dit te besit.”

Hulle het gehoop om gebruikers van die horing eerstehands te kan uitvra oor iets soos die medisinale waarde, en ná baie navrae en doodloopstrate kon hulle wel met ’n kankerpasiënt in Viëtnam praat. Die vrou het ingestem om dit op kamera te doen, op voor- waarde dat haar gesig nie gewys word nie.

Het dit haar kanker genees, wou Bonné weet? Sy is nie seker nie, erken die vrou, want sy het ook chemoterapie gekry. En eintlik het die renosterhoringdrankie haar so naar gemaak dat sy dit net ’n paar keer gebruik het en toe opgehou het. Maar hoekom het sy dit dan hoegenaamd gebruik? “My vriendin het dit vir my gegee toe sy hoor ek is siek, en ek kon dit nie weier nie. Dit sou ’n belediging wees,” het die vrou verduidelik.

Jy sien, dis die soort kultuur waarteen ons stryd is. Soms maak dit my moedeloos,” erken Bonné nadat ons na die videogreep gekyk het. Nog ’n videogreep wys ’n vooraanstaande Viëtnamese onkoloog wat vertel hoe baie van haar pasiënte steeds daarop aandring om renosterhoring te gebruik al kry hulle ook chemoterapie en bestraling. Volgens haar is daar inderdaad geen medisinale waarde daarin nie, maar selfs mediese uitsprake soos hare keer nie die bygeloof nie.

Die kankerlyer was bereid om op kamera te wys presies hoe die horing gemaal word vir medisinale gebruik. Toe sy haar stuk renosterhoring gaan haal, het Bonné die reuk van iets soos gebrande hare geruik. Sy ken die sterk, bitter reuk. “Ek het dit al geruik waar renosters onthoring word.”

Die horing word fyngemaal in ’n spesiale bakkie wat in sekere Oosterse lande vrylik te koop is. Daar is selfs ’n renosterembleem op die bakkies. “Die boom is baie grof, en jy maal die horing deur dit heen en weer oor die boom te vryf.” Om genoeg vir ’n brousel te maal, duur omtrent 45 minute. “Dan meng jy dit met water en drink dit net so uit die bakkie, wat ook ’n spesiale tuit het.

“Toe ek die Viëtnamese vrou vra of sy besef ’n renoster is doodgemaak vir die horing, het sy gesê sy sien dit glad nie so nie. Vir haar is dit net ’n kosbare kommoditeit, ’n geskenk van haar vriendin af. Sy voel geen verbintenis met die dooie dier nie. En daarin lê die oplossing: Ons moet veg om mense daardie konneksie te laat maak. Hulle moet my rolprent sien en besef drie tot vier renosters word daagliks net in Suid-Afrika doodgemaak vir hul horings. ”

As joernalis staan sy neutraal teenoor die onlangse wettiging van die binnelandse handel in renosterhoring. “Wêreldwyd is die handel in renosterhoring reeds in 1977 gestaak, en plaaslik is binnelandse handel tot omtrent 2007 toegelaat, maar ’n moratorium is toe weer ingestel weens ’n toename in stropings. Die moratorium is onlangs deur die hof opgehef. Gaan dit mense keer om te smokkel? Gaan hulle dit wil koop as hulle dit kan steel? Ek weet nie. ”

Sy besef sy het ’n reuse-taak gekies. “Maar hoe dieper ek delf en hoe meer betrokke ek raak, hoe meer wil ek doen. Die tyd vir hierdie geveg is nou, nie later nie.”

The post Bonné de Bod op die bloedspoor appeared first on rooi rose.

Wêreld Renoster-dag
In 2015 het rekordvlakke van stropery renosters op die rand van uitsterwing gelaat en verskeie aktiviste het na vore getree om die geveg teen renosterstropery te lei. Bonné de Bod is só ’n formidabele leier wat daagliks op die voorgrond van renosterstropery is.

Sy is tans ’n aanbieder van die televisieprogram, 50/50, waarvoor sy die reeks, Rhino Brief, geproduseer en aangebied het. Haar jongste projek, STROOP, is ’n dokumentêr waarvan sy die regie behartig. Die film handel oor die verskeie aspekte van renosterstropery en sal na verwagting in 2016 in teaters wees.

Ons het met Bonné gesels om meer oor Wêreld Renoster-dag en renosterstropery uit te vind.

Wat gaan jy op Renoster-dag doen?

Snaaks genoeg gaan een van die ‘vreemdste’ hofsake waarby renosters betrokke is op Wêreld Renoster-dag voort! Twee van die grootste privaat renostertelers vat die regering hof toe en die STROOP-span gaan daar wees om dit te verfilm*. Ek gaan ook om 11:30 uit die hof glip vir ’n onderhoud op Groot FM oor Wêreld Renoster-dag en dan later die middag doen SANParke ’n onderhoud met die span agter die “Rhino Brief”-reeks, wat die afgelope seisoen op 50|50 uitgesaai was. Dié “Rhino Brief”-reeks is genomineer vir ’n Koedoe-toekenning. So, dit gaan ’n propvol renoster-dag wees!

Hoe kan Suid-Afrikaners tot die geveg teen renosterstropery bydra?

Ek kom gereeld in aanraking met mense wat magteloos en moedeloos voel en nie weet hoe om te help nie, maar die publiek is nie bewus van die buitengewone mag wat binne elkeen van ons lê om bewegings van stapel te stuur nie. Bewegings wat uiteindelik van die wêreld ’n beter plek sal maak. Ja, donasies help natuurlik altyd, maar dit is ongelooflik belangrik om jou huiswerk te doen vóór jy jou organisasie kies.

Baie vrywilligers het al hul vingers verbrand en ek het al eerstehands ervaar hoe misleidend baie van hierdie renoster-fondsinsamelingsgroepe kan wees. Ons moet aanhou om die storie van ons renosters te versprei totdat hulle oorlewingstryd deel van die hoofstroom word. Almal is deesdae op sosiale media. Ek wil hê die publiek moet wegkom van die verskoning “Ek het nie geweet nie” of “Ek kon niks doen nie” en dan die wonderlikste ding wat enigiemand kan doen, van enige geloofstelsel, dit maak nie saak nie…

Wat is tans die toestand van renosterstropery in Suid-Afrika?

Daar is geen ander manier om dit te stel nie – dit is buite beheer. Selfs die hoof van die Kruger Nasionale Park se teen-stropingsoperasies, Generaal-majoor Jooste, het al gesê dat 15 gewapende invalle daagliks in die park plaasvind. Ongelukkig is die publiek se vertroue besig om te faal, maar ten spyte hiervan, weet ek ook dat as ons negatief oor dié situasie is, beïnvloed dit die veldwagters se moraal geweldig en hulle werk só hard en plaas hulle lewens op die spel. Ek ken die mans en vroue daar buite so ek hou nie daarvan om so negatief te wees nie, maar ongelukkig is dit die stand van sake.

Wat kan jy ons van jou ervaring met renosterstropery vertel?

Ek volg die krisis die afgelope 18 maande ten nouste vir STROOP. En dan het ek natuurlik die afgelope ses jaar ook baie renosterstories vir 50|50 gedoen. Dit is egter veral tydens die verfilming van STROOP wat ek gesien het hoe kompleks die stropingskrisis is. Daar is so baie aspekte hieraan verbonde, van die veldwagters op die grond tot die forensiese spanne wat bewyse op misdaadtonele versamel tot by die staatsaanklaers wat hard werk om die misdadigers aan die pen te laat ry…en hierdie is nog net op die oppervlak. Daar is so baie ander lae en ek hoop om dit vir die publiek te ontleed en bloot te lê sodat hulle die situasie beter kan verstaan.

Vertel ons meer van Stroop

Ek is ten alle tye daarvan bewus dat ek hier is, besig met verfilming, as gevolg van die publiek se ondersteuning. Hierdie film word befonds deur skare-befondsing (crowd funding) wat beteken dat ons nie vir enige uitsaaier werk nie. Dit is werklik ’n onafhanklike film en dit beteken dat ons soveel moontlik tyd op die grond kan deurbring.

Gewoonlik met televisie is dit ’n geval van in en uit iemand se lewe in ’n paar uur, so om hierdie helde op die grond behoorlik te leer ken was tot dusver ‘n wonderlike ervaring. Daar was egter ook al baie terugslae wat my teen die grond gehad het. Verlede week was baie moeilik vir my toe ek weereens ’n getuie moes wees van waartoe die mens in staat is. ’n Renosterkoei het ’n gruwelike aanslag oorleef en om te sê die voorste horing is verwyder, kan nie regtig die omvang van hierdie gruwelike daad verduidelik nie en dit alles is gedoen ten aanskoue van haar kalfie.

Dit is ’n wilde kalf en die veeartse het ons gevra om nie aan hom te raak nie. Ek was geweldig emosioneel terwyl hy om sy ma geloop en toerusting met sy kop gestamp en gehuil het, sy kop op haar lyf neergesit en gewag het en dit alles terwyl die veeartse besig was om op die ma se gesig te opereer. Dit is oomblikke soos hierdie wat die publiek nie altyd sien nie en wat ons hoop om in die film te wys.

Wat hoop jy om deur Stroop te bereik?

Ek word telkens gevra “Wat is die een ding wat ons renosters sal red?” en die skokkende realiteit is; daar is nie net een ding nie. Dit is ’n probleem met soveel fasette en soveel keuses wat daaruit gemaak moet word. Dit is hoekom die film so geweldig belangrik is. Elke Suid-Afrikaner moet STROOP sien sodat hulle weet wat daar in hierdie krisis gedoen word, maar ook wat nie gedoen word nie. Ek wil hê die publiek moet aan die einde, as hulle die film klaar gekyk het, voel dat hulle wel iets kan doen… dat hulle beleef het wat ek beleef het, voel soos ek gevoel het, dat hulle saam met my op hierdie die reis was en nou met die inligting wat hulle gekry het bemagtig voel om uit te gaan en hulle keuse uit te oefen. Dit is so eenvoudig soos dit.

* Hoewel die handel in renosterhoring sedert 1977 verban is, is Suid-Afrika in 1994 toegelaat om plaaslik daarmee handel te dryf weens die land sukses met die vermeerdering in getalle, maar toe die stropery weer in alle erns begin het, het die regering ’n moratorium in 2009 in plek gestel. Dit is hierdie moratorium wat die telers wil lig sodat hulle renosterhoring binne Suid-Afrika kan verkoop. Dit is een van die baie sake wat in die film ‘STROOP’ gevolg word, omdat die regstelsel ‘n baie belangrike rol in renosterstroping speel.

Volg Bonné op Facebook en Twitter.

Kyk die lokprent vir STROOP hier.

Gebruik die hutsmerk, #worldrhinoday, en word deel van Wêreld Renoster Dag.

The post Wêreld Renoster-dag appeared first on rooi rose.