Bradley Olivier | rooi rose

‘Frankie en Felipé’ is nou in rolprentteaters landswyd!
Die debuutfilm van Sturvy Pictures, ’n produksiehuis deur Solomon Cupido en Bradley Olivier, is vanaf vandag landswyd in rolprentteaters te sien!

Franklin Blaze (Bradley Olivier), ‘n hardwerkende man uit ‘n verarmde agtergrond wat hy geheim hou vir sy kollegas en verloofde, Kim Fortuin (Kim Syster), besef sy opkomende troue en werk is op die spel wanneer sy biologiese halfbroer, Felipé Baadjies (Solomon Cupido), kom aanklop vir hulp.

Felipé is ‘n passievolle, maar verlore siel wat dringend geld nodig het en dreig om Franklin se geheime te verklap as hy hom nie help om die geld terug te betaal wat hy aan ’n venynige geldskieter verskuldig is nie.

Met sy rug teen die muur besluit Franklin om toevlug te bied vir sy broer en hom in te sluit by die troue, maar kort voor lank is hy spyt oor dié halsoorkop besluit…

Kan Frankie en Felipé hul broederband tot voordeel van hulle albei laat herleef?

Of sal hierdie fasade die troue van die jaar verwoes?

Die storie van Frankie en Felipé het sy oorsprong gehad in die gedeelde droom van Bradley Olivier en Solomon Cupido.

Frankie en Felipé is ‘n unieke manier vir mense om aanklank te vind by die swaarkry en drome van sy karakters. Dit bevat ‘n kragtige boodskap: as jy ‘n groot droom het en pligsgetrou werk om dit te bewaarheid, kan daardie droom ‘n werklikheid word. Die fliek moedig individue aan om nie skaam te wees oor hul herkoms nie, maar om dit te beskou as ‘n manier om hul struikelblokke te oorkom in hul strewe om hul lewens te verbeter.

Met regie deur Marvin-Lee Beukes en Nick Burton Moore as kinematograaf, sluit die rolverdeling onder andere in Bradley Olivier, Solomon Cupido, Kim Syster, Bianca Flanders, Ilse Klink, Zane Meas, Shimmy Isaacs, Danny Ross, Bouwer Bosch, Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels en Terence Bridgett. Die film word uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk.

“Die vrystelling van Frankie en Felipé is die resultaat van vier jaar se harde werk vir my en Bradley, en werklik ons grootste droom wat bewaarheid word. Al is my beste vriend nie meer aan my sy nie, weet ek hy kyk af en is netso trots soos ek op die eindresultaat. Ons wou mense laat lag, laat huil en vir hulle ’n uur en ’n half se ontvlugting bied sodat hulle weer die wêreld kan aanpak met ’n ligte gemoed vol inspirasie. Ons het die film vir almal daarbuite gemaak om te geniet.” – Solomon Cupido.

“Ek is verskriklik opgewonde dat mense uiteindelik Bradley en Solomon se liefdeskind kan sien! Ons hoop dat mense hierdie pragtige stuk werk van hulle netso baie sal geniet soos wat ons dit geniet het om dit te maak!” – Kim Syster.

“Ek het lanklaas soveel vreugde en hartseer tegelykertyd ervaar oor ‘n werklik wonderlike fliek wat oor die wêreld heen uitgereik word. Bradley Olivier sou so trots gewees het op Frankie en Felipé. Vandag rou ek oor Bradley se skielike heengaan, maar vier ook sy uitsonderlike gees en kreatiewe energie.” – Danie Bester.

KYK: Amptelike voorskou – Frankie en Felipé

Lees ook: Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier

The post ‘Frankie en Felipé’ is nou in rolprentteaters landswyd! appeared first on rooi rose.

Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier
Hierdie artikel het oorspronklik in ons Junie-uitgawe vanjaar verskyn.

Minder as twee maande nadat hierdie uitgawe op die rakke was, treur ons oor die verlies van hierdie merkwaardige akteur en pa. Hiermee bring ons hulde aan Bradley Olivier, en onthou die oomblikke wat hom laat skitter het, die rolle wat sy loopbaan gedefinieer het, en die ontembare gees wat hom ‘n gekoesterde figuur gemaak het.

Sy beste rol nog

Bradley Olivier is bekend vir sy rol as Danny Jantjies in die hospitaaldramareeks Binnelanders. Wat baie mense egter nié van die gewilde akteur weet nie, is dat hy ’n baie cool pa is. Hy gesels meer daaroor met Maretha Botes.

Vir Bradley Olivier is pa-wees die beste ding nóg. As hy ná ’n skof op die Binnelander-stel die motor se neus huiswaarts draai, begin sy hart al tjoklits klop, want tyd saam met sy bruinoog Kiara wink.

Hy erken sy werk as akteur plaas hom in ’n bevoorregte posisie, want opnameskedules wissel en bied aan hom tyd om sy dogter te geniet. “Die ateljee se opset maak dit maklik om die balle tussen pa- en akteurwees in die lug te hou. Ek neem haar soms ook saam werk toe sodat sy kan sien waar ek werk en wat ons doen,” sê hy.

Foto: Christoph Hoffmann

Hy het pas sy 36ste verjaardag gevier. “Ja-nee, nóú kom hulle (die jare) aan!” sê hy laggend. Nie dat daar juis ’n plooi of vetrolletjie is om sy jare weg te gee nie. Met ons onderhoud sit daar nog ’n lekkerkry in sy stem, want dit was ’n baie spesiale verjaardag. Die dag het nog geslaap, toe het hy reeds verjaardagdrukkies in die bed van Kiara (5) gekry. Hy voeg by: “My meisie het ook vir my brêkfis in die bed gebring en my vriende het my met ’n skemerkelkpartytjie verras. Dít was nou ’n fees ter feeste. Ek kon nie vir meer gevra het nie!”

Bradley het op 30 sy vaderskapskoene aangetrek en kon breëbors oor ’n bondeltjie vreugde spog. “Vir baie mense is 30 mos nou al mooi groot!” sê hy. Vir hom was dit ’n goeie ouderdom. So met die 20’s agter die rug, kon hy sê hy het sy rustelose jare goed geleef. Been there, done that. Hy het talle naweke impulsief sy tasse gepak, in die motor geklim en ’n avontuur gaan soek. Of dit nou Mosambiek toe was op sy eie, of die wildernis in saam met pêlle. Met Kiara se koms het ’n heel ander avontuur aangebreek. Hy sê: “Sy het my rustiger gemaak in die sin dat ek nie op ander plekke my avontuur gaan soek nie. Ek het ook meer doelgerig begin lewe. Meer doelgerig in my loopbaan, wat ek wil bereik, en hoe ek wil leef. Ek is verantwoordelik vir hoe sy groot word, en watter tipe mens sy eendag sal wees. Jy kan maar sê ek het ’n kopskuif ná haar geboorte gemaak. Ek wil daar wees vir haar en die beste pa wees wat ek moontlik kan wees.”

Bradley is ’n bok vir ’n goeie rom-kom. En hoor jy die storie van Kiara se geboorte, klink dit so bietjie na ’n toneel uit ’n romantiese komedie. Die babatassie was gepak met alles wat “seuntjie” skree. Blou en wit. Nie ’n sweempie pienk iewers om die idee te gee dat daar dálk ’n pienketjie op pad sou wees nie. Sy naam sou Ronan gewees het. Die heelal het egter ander planne gehad en ’n gesonde babadogtertjie is twee-uur die oggend op 27 Junie 2017 gebore. “Daai was komies!” sê dié pa en skud sy kop glimlaggend. Maar sou hy dit anders wou hê? Nooit nie! Nie vir ’n enkele oomblik nie. “Dit was ’n groot oomblik vir ons, en die trane van blydskap en dankbaarheid het gevloei,” sê hy.

Die rolprentbedryf is Bradley se ander groot liefde en hy praat blinkoog oor die rolprent wat hy en sy akteursvriend, Solomon Cupido, geskryf en pas in die Kaap geskiet het. Die fliek is nou in na-produksie stadium en as dinge volgens plan verloop, sal dit in Februarie op die grootskerm verskyn. “Die naam hou ons nog so bietjie geheim tot die tyd aanbreek het om dit te begin bemark,” sê hy. Terloops, dit is ’n romantiese komedie.

Die Paarl se berge, damme en boorde is waar Bradley se gunstelingherinneringe van sy kleintyd lê. Daar waar dit “altyd groen is” en kinders nog sonder kommer in die modder kon speel. Sorgvrye dae – sónder internet – voeg hy by. Sy pa was ’n tronkbewaarder en het ook saam met sy ma spyseniering vir spesiale geleenthede gedoen. “Ons was alewig by een of ander troue of ’n ding,” sê hy.

Van kleins af was dit Bradley se droom om akteur te wees en om in die rolprentbedryf te werk. Natuurlik het hy nie toe mooi besef wat dit behels nie. Hy het gedink dis alles net ligte, kamera, en aksie! Van die bloedsweet voor en agter die skerms, het hy min geweet. Sy twee drama-onderwysers op skool, Celeste Loristen en Michelle Petersen, het hom van vroeg af geïnspireer en aangemoedig om sy talent te ontwikkel en sy droom na te jaag. Daar is toneelkompetisies gereël en opvoerings gehou. “My ouers was my grootste aanhangers en ondersteuners. Hulle het my rondgery na waar ons ook al opgetree het. As ons ons eie produksies opgevoer het, het my ma en pa koeksisters vir ekstra geld gebak sodat ons plakkate kon druk en versprei,” sê hy. Sy ouers het ’n groot rol daarin gespeel dat hy sy eerste rol in die destydse sepie Villa Rosa losgeslaan het. Hy verduidelik: “Hulle het my aangemoedig om aan ’n kompetisie deel te neem waarin nuwe gesigte vir Villa Rosa gesoek is. Ek wou dit glad nie doen nie, maar hét toe uiteindelik deelgeneem – en low en behold, daar kry ek my eerste TV-rol!”

Hy het ook rolle in TV-reekse soos High Rollers, 7de Laan, asook Vlug na Egipte en Let Heaven Wait vertolk. Rolprente op sy lysie sluit in Ballade vir ’n enkeling, Die ontwaking, Nul is nie niks nie en Vaselinetjie.

Watter rol sal hy graag nog wil vertolk? “Glo dit of nie, maar ek wil graag die rol van ’n prokureur speel. Hulle het altyd sulke pittige sêgoed en kan ’n lekker houding inneem!”

Wanneer hy self sy skoene uitskop en voor die kassie gemaklik raak, is dit veral vir iets wat die nekhare laat rys. Hy hou van ’n riller van enige aard. Hy voeg vinnig by: “Eintlik is ek nie snobisties oor wat ek kyk nie. En ai, bring maar daardie rom-koms. Ek is nou nie eers skaam om dit te sê nie. Ek glo as jy ’n goeie storieverteller, skrywer, vervaardiger of regisseur wil wees, moet jy oop wees om alle genres te kyk en te probeer geniet. Jy moet oopkop wees.”

Die gesprek draai weer na Kiara. “Die vyf weke wat ons in die Kaap was om ons rolprent te skiet, was die langste wat ek nóg van haar weg was. Toe ek die dag terugkom, was ek van voor af op my kind verlief! Sy is so pragtig. Elke fase van haar jare tot nou toe was vir my ’n fees. Ek glo ’n mens moet elke fase geniet, want dit gaan vinnig verby. En elke fase is vars, oulik, en anders.”

Hoewel hy en Kiara se ma nie saamwoon nie, is Kiara hul albei se eerste prioriteit. “As iemand my ’n enkelouer noem, is dit nie die waarheid nie, want ek is ’n co-parent. Ons maak mekaar se las ligter en is in werklikheid ’n seën vir mekaar. Ons stel ons kind se beste belang voorop. Boonop het Kiara ook my meisie in haar lewe, en haar oupa is daar. It takes a village.”

In die Olivier-huishouding is daar nooit ’n vervelige oomblik nie. Waar Kiara is, is daar iets aan die gebeur. “Sy is so vol lewe en energie. Beurtkrag is haar gunstelingtyd, want ons kan nie in die huis sit en niks doen nie. Beurtkrag is gelyk aan speeltyd. Ons moet of gaan swem, of iets buite speel. Legkaarte of ‘Slangetjies en leertjies’ is ook hoog op haar prioriteitslys en sy is mal oor prentjies teken of inkleur – en ek doen alles natuurlik saam,” sê hy.

Op pad skool toe moet die akteur homself sanger hou (nie sy gunstelingrol nie) en saam sing op al wat ’n Katy Perry-liedjie is. Wat ’n pa nie alles vir sy dogter sal doen nie …

Eindelik draai álles, maar alles, om liefde, som hy dit op. “Ek wil hê Kiara moet weet en onthou dat sy in ’n omgewing grootgeword het waar sy liefgehê was. Haar ouers, oupa, vriende, neefs en niggies. Die enigste ding wat ek wil hê sy moet onthou, is: ‘Ek was liefgehê’,” sê hy.

Foto: Christoph Hoffmann

Lees ook: Binnelanders-akteur Bradley Olivier sterf

The post Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier appeared first on rooi rose.

Binnelanders-akteur Bradley Olivier sterf
Daar is nie verder uitgebrei oor wat die oorsaak van sy dood is nie. Hy was ten tyde van sy dood kritiek in die Life Flora hospitaal in Roodepoort nadat hy Maandagaand opgeneem is.

Solomon Cupido verteenwoordig die familie van Bradley Olivier en het die volgende verklaring op sy Facebook-blad geplaas:

“Dear friends and family of Bradley Terence Olivier.

It is with a heavy heart that we announce the passing of Bradley Terence Olivier. Bradley’s passing was peaceful at Life Flora Hospital Johannesburg today 20 July 2023.

Although Bradley’s life ended before his time the time that he spent in our lives was memorable and filled with joy. Bradley lit up every room he entered with his smile, laugh and incredible personality.

Having made his television debut on Villa Rosa in 2007, Bradley has been involved an array of different productions, mediums and genres which includes Film, Series, Telenovellas, Soap Operas, Stage and Radio work. A versatile actor, Bradley excels in both drama and comedy effortlessly and commands an audience with his MC work.

Punctual, professional and an all-round friendly spirit on any set.
The family extends their gratitude to the Life Flora Hospital and staff. Your compassionate attention and professional care shown to Bradley, the family, and friends during this time has been invaluable.

We remember Bradley for his legacy and the impact he left in all our lives. Bradley will always be within our hearts and the many others that loved him.

The family is grateful for all the support they have received during this trying time.

Bradley touched so many lives, words cannot describe how much we will miss him.

We ask for privacy as the family grieves the tragic loss of a great father, partner, son, brother, and friend.

Rest in peace our beloved Bradley.”

Die veeltalige Suid-Afrikaanse akteur en aanbieder, Bradley Olivier, is op 10 Maart 1987 in Suid-Afrika gebore.

Hy het ‘n pragtige dogter genaamd Kiara.

Bradley word as ‘n fantastiese akteur geag wie se uiteenlopende vertonings sy veelsydigheid en talent uitgelig het. Hy het veral gehore in die Moja Love-telenovela “Hope”, “Lockdown Heights,” “Ballade Vir ‘n Enkeling,” en “Die Ontwaking” bekoor.

Benewens sy ander suksesse, staan Bradley bekend vir sy karakter, Danny Jantjies in die geliefde Afrikaanse sepie “Binnelanders”.

The post Binnelanders-akteur Bradley Olivier sterf appeared first on rooi rose.

Danny van Binnelanders kritiek in hospitaal
Solomon Cupido verteenwoordig die familie van Bradley Olivier en het die volgende verklaring op sy Facebook-blad geplaas:

“It is with profound sadness that we confirm that Bradley Olivier is currently on life support after being admitted on Monday evening.

Bradley has been an extraordinary presence in our lives, known for his talent, achievements, and dedication to his craft. He has touched the hearts of many around the county, leaving an indelible mark on the industry and the community.

Over the past 2 days Bradley Olivier has been receiving the best possible medical care and attention from Life Flora hospital. Despite their tireless efforts, it has become evident that he has reached a point where recovery is no longer possible.

We ask that you respect the family’s privacy during this immensely difficult time and allow us to grieve in peace.

Bradley Olivier’s legacy will live on through his body of work, which has touched countless lives and will continue to inspire future generations. We kindly request that you celebrate his life by remembering the joy and happiness he brought to the world.

As we navigate through this trying period, let us stand together as a community, offering support, compassion, and understanding to one another. Together, we can honor Bradley’s memory and the positive impact he has had on our lives.

We extend our deepest gratitude to the medical professionals who cared for Bradley during this challenging time. Their dedication and expertise have been invaluable.

We kindly ask the media and the public to refrain from spreading speculation or engaging in sensationalism. We understand the interest in Bradley Olivier’s condition, but it is crucial to prioritize compassion and respect for the family’s wishes.

We remember Bradley Olivier for his remarkable talent, passion, and the positive influence he had on our lives.”

Die veeltalige Suid-Afrikaanse akteur en aanbieder, Bradley Olivier, is op 10 Maart 1987 in Suid-Afrika gebore.

Hy het ‘n pragtige dogter genaamd Kiara.

Bradley word as ‘n fantastiese akteur geag wie se uiteenlopende vertonings sy veelsydigheid en talent uitgelig het. Hy het veral gehore in die Moja Love-telenovela “Hope”, “Lockdown Heights,” “Ballade Vir ‘n Enkeling,” en “Die Ontwaking” bekoor.

Benewens sy ander suksesse, staan Bradley bekend vir sy karakter, Danny Jantjies in die geliefde Afrikaanse sepie “Binnelanders”.

The post Danny van Binnelanders kritiek in hospitaal appeared first on rooi rose.