breinoefeninge | rooi rose

Klop die ouderdom met brein-woema
Die uitdaging: Skep ’n bietjie chaos

Lees vir ’n slag ander koerante of tydskrif as jou gewone gunstelinge. Luister na onbekende musiek. Dit hou jou brein jonk.

Gerontoloog, dr Marios Kyriazis, is ’n groot voorstander van die skep van ’n bietjie chaos in jou lewe om die brein te stimuleer en van styfheid ontslae te raak. Die biologiese verklaring is dat die spanning van ongewone, onreëlmatige en soms verrassende aktiwiteite geringe selskade veroorsaak. Jou liggaam reageer om die skade te herstel en herstel ook ouderdom-verwante skade. Die resultaat? Gesonde selle!

Hoe doen ek dit? Probeer klein dosisse interessante uitdagings:

Skakel oor na ’n TV-kanaal in ’n vreemde taal en probeer raai wat aangaan

Skryf met jou nie-dominante hand

Kies omstrede onderwerpe en stry met jou eie mening

Eet iets anders as jou gewone ontbyt

Foto: Pexels

Die uitdaging: Hou op uitstel

Om aanhoudend uit te stel, veroorsaak fisieke versteurings en letsels in die brein, veral in die frontale lob waar alledaagse aktiwiteite soos kritiese denke, organisasie en aandagspan uitgevoer word.

Die goeie nuus is, jy kan jou breinkrag verbeter deur die manier waarop jy dink te verander. Wat jy ook al doen, as jy gemotiveerd is, doen jy dinge vinniger en met meer doeltreffendheid, sê Lindsey Agness, neuro-linguistiese programmeerder, afrigter en skrywer van Verandering jou lewe met NLP

Hoe doen ek dit? Probeer visualisering en hou op om uit te stel by die huis of by die werk:

Kyk na ’n foto van ’n tyd toe jy energiek en vol selfvertroue gevoel het. Of visualiseer daardie tyd, wat jy gesien, gehoor en gevoel het.

Wanneer die geheue kragtig voel, druk met jou vinger op die kneukel van jou linkerhand se eerste vinger. Verwyder die druk net as die prentjie begin verdwyn.

Elke keer as jy vertroue of ’n energie-hupstoot nodig het, druk hierdie “energie knoppie.”

Lees ook: Van uitstel kom afstel …

Foto: Pexels

Die uitdaging: Kry meer slaap

Is jou geheue vaag? Slaap meer! Volgens wetenskaplikes by die Universiteit van Kalifornië, kan slaappatrone die geheue direk beïnvloed op die kort- en langtermyn.

Die navorsers het ’n korrelasie gevind tussen oplewings in breinaktiwiteit tydens slaap (vir ’n sekonde of minder) en die konsolidasie van herinneringe wat afhanklik is van die gebied van die brein, bekend as die hippokampus. Dit kan toon dat ’n verskeidenheid slaap-terapieë die antwoord kan wees op die verbetering van breinkrag en geheue, asook om demensie en Alzheimer se siekte af te weer.

Om meer te slaap, begin by ontspanningsoefeninge voor slaaptyd:

Kalmerende musiek

Skakel alle elektroniese toestelle af, ten minste ’n uur voor jy slaap

Vryf laventel-olie op jou slape

Neem ’n warm bad

Lees ’n boek

Foto: Pexels

Die uitdaging: Beweeg jou liggaam

Voorheen is geglo dat slegs oefening wat jou hart vinniger laat pomp, kognitiewe funksie sal verbeter. Nou meen navorsers dat kragoefeninge ook die potensiaal het.

Hulle meen selfs aktiwiteite wat werk op koördinasie, balans en buigsaamheid soos joga of Pilates kan jou breinkrag en funksies verbeter wat jou help organiseer en strategiese besonderhede onthou.

Wat werk vir jou, joga of pilates? Lees meer hier.

Hoe doen ek dit? Probeer ’n paar verskillende oefeninge elke week op verskillende intensiteite, soos ’n bietjie joga gemeng met stap ’n bult uit of hardloop.

Nog studies het bevind dat sommige harde oefeninge jou leeftyd verleng deur meer bloed en suurstof deur die liggaam te sirkuleer.

Harde oefeninge wat jou goed laat voel. Lees meer hier.

Foto: Pixabay

Die uitdaging: Bly verstandelik aktief

Gebruik prettige maniere om jou brein uit te daag en die verbindings tussen jou breinselle woema te gee, soos blokkieraaisels en Sudoku. Volgens die Amerikaanse Alzheimer-vereniging kan dit selfs nuwe breinselle genereer.

Hoe doen ek dit? Probeer elke week iets nuuts. Leer salsa-dans, brug speel of daag jouself uit met ’n nuwe legkaart. Die sleutel is om jou brein betrokke en aktief te hou.

Lees, skryf, geheue-speletjies en tuinmaak is ook wonderlike oefeninge vir brein-stimulasie.

Hier is 8 maklike breinoefeninge wat jy kan probeer.

JY KAN die beste uit jou brein haal. Lees meer hier.

Foto: Pixabay

Lees ook: Migraines: Hoe weet jy dis nie net ’n gewone hoofpyn nie?

The post Klop die ouderdom met brein-woema appeared first on rooi rose.

Bekommerd omdat jy vergeet? Hou jou brein jonk
Verpes jy opmerkings oor wat mense se ouderdom hulle toelaat om te doen? Dinge soos:

“Wil jy regtig Tafelberg gaan uitklim? Kan jy nie maar net daarna kyk nie?”

“Is daardie skoentjies / broek nie ’n bietjie te jonk vir jou nie?”

“Nee wat, vergeet van sosiale media en digitale bemarking. Jy is te oud.”

Dan is jy nie alleen nie.

Ouderdomstrots of ouderdomsywer is deesdae ’n groot neiging in veral Eerstewêreldlande. Waar vorige geslagte tevrede was om ná die hoogtepunte van volwassenheid te kwyn, sê die nuwe vyftigplussers nonsens daarmee.

Van die jare sewentig tot die millennium het mense bo vyftig wel teen oudword begin skop maar die meeste was heel tevrede om net jonger te lyk, met hulpmiddels soos ontrimpeling en modieuse klere en grimering.

Nie ons nie. Ons wil goed lyk én ten volle lééf ook. Ons wil soos Angela Vorobeva op byna 87 jaar Kilimandjaro uitklim; soos June Groenewald op 72 ’n restaurant begin; soos Via Strydom op tagtig ’n skootrekenaar koop en YouTube bemeester.

Die American Association of Retired Persons (AARP), met 37 miljoen lede, het glads ’n slagspreuk: It is time to disrupt aging. Ons kan kies hoe ons wil leef. Ouderdom bepaal nie ons keuses nie, sê hulle. Ons is die baas van ons jare.

Maar, vra mense, julle is tog nie meer wat julle was nie? Julle kan nie die aanslae van die ouderdom, soos diabetes, artritis, bloeddruk en cholesterol ontken nie?

Dit is waar.

As vorige geslagte ouderdomskwale as onafwendbaar aanvaar het, wil ons geslag dit bestuur. Die AARP sê ons geslag gaan dokter toe en sê: Dokter, dit is my gesondheidsituasie. Jy moet al my mankoliekigheid keer en omkeer. Ek wil nuwe knieë, ’n bril en pille vir die res hê.

Ons is ook bereid om ons kant te bring – fisiek, verstandelik en psigies.

Aangesien dit nou ’n feit is dat selfs ou breine nuwe brein-paadjies (sinapse) kan bou, moet dit moontlik wees om jou toekomstige breinouderdom beter te bestuur.

Die American Society for Aging het opnames in Amerika en Kanada gedoen en vasgestel dat 84% van mense bo vyftig elke dag doelbewus tyd maak vir aktiwiteite wat hul brein potensieel kan skerp hou, soos lees, sudoku, oefening, legkaart bou, kaart-speletjies en tyd saam met hul maat of vriende.

Stap jy soggens by ’n gim in, sien jy soms meer afgetredenes as jonger mense. Op die landelike paaie van die Boland is gryskoppe en afgetrede paartjies op fietse volop. Die Comrades se syfers bevestig dat ouer mense deesdae fluks oefen. In 1980 was die gemiddelde ouderdom van deelnemers 34; dit is nou bo 40 vir vroue en bo 42 vir mans. Om die ouderdom op te trek moes heelwat meer mense van in die vyftig as vantevore deelgeneem het.

Ons geslag is ook nie oppervlakkig nie. Ons wil ’n sinvolle lewe lei. Ons is vasbeslote om op en wakker én gelukkig te bly. En dit maak sin. Ons weet ons kans is goed om baie ouer as vorige geslagte te word. Mét alles wat dit impliseer.

Volgens die Amerikaanse CDC vrees een uit elke drie van ons verswaktheid. Die CDC se Healthy Brain Initiative wys dat 16%-25% van ons gaan sukkel met ligte kognitiewe aantasting sónder demensie teen die tyd dat ons 65 is.

Met so ’n vooruitsig is dit geen wonder nie dat ons vergeetagtigheid meer as siekte vrees – 62% teenoor 29%. Wat is die sin van ’n lang lewe as dit nie ’n gesonde, intelligente een is nie?

Kan ons regtig iets doen?

Beslis. En wag tot jy sien wát.

’n Glasie wyn, ’n lekker storieboek, goeie geselskap en ’n paar kilogramme ekstra kan jou help beskerm.

Daar is geen rede om die groot navorsingsondersoeke wat die afgelope dekade of twee in veral die VSA en Noorse lande gedoen is te wantrou nie maar resultate moet in die stadium versigtig geïnterpreteer word. Byvoorbeeld: die uitslae vir depressie is onduidelik.

Dit kan eerder met winter-depressie (SAD) verband hou, as met depressie weens druk, wat meer algemeen in ons land is. Depressie kan ook ’n voorteken van breinagteruit-gang wees, eerder as ’n oorsaak.

Kyk die lysie van bevindings uit drie van die belangrikste ondersoeke deur en tik af wat op jou van toepassing is.

Jou pad vorentoe is om eenvoudig meer van die dinge te doen wat jou help, medikasie en aanvullers te gebruik wat jou kan beskerm en die dinge wat sleg vir jou is te verminder.

Die meeste goeie dinge is eintlik baie lekker.

Lees ook: Maak jou hart gesond

The post Bekommerd omdat jy vergeet? Hou jou brein jonk appeared first on rooi rose.

Stres minder: kyk na dié 6 denkpatrone
Stres minder: kyk na dié 6 denkpatrone. Deur Mariette Snyman.

Die kern van stres lê daarin dat ons ’n gebrek aan beheer ervaar. Ons reken ’n situasie val buite ons kontrole terwyl ons wel iets daaraan kan doen, of ons dink ons kan ’n situasie beheer wat ons eintlik nie kan nie.

So kan ons ons vakansieplanne verander, ons gedagtes beheer (natuurlik met moeite!) of meer selfgeldend wees – maar aan die weer, die verkeer, ander mense se persoonlikhede of ouer word kan ons min doen.

Soms is stres die gevolg van aangeleerde denkpatrone. Dit mag ’n onaangename oefening wees en vra ’n goeie dosis eerlikheid, maar herken jy jouself in die volgende denkwyses?

1 Jy aanvaar onnodige verantwoordelikheid

Wat doen jy wanneer dinge skeefloop? Soek jy die fout outomaties by jouself?

Mense wat hulself moeilik handhaaf is baie keer eerder oorakkommoderend as om ander te konfronteer. Hulle is geneig om hulself te blameer wanneer hulle nie die probleem veroorsaak het nie, of wanneer dit eintlik iemand anders se verantwoordelikheid is.

Beheer en verantwoordelikheid loop hand aan hand. Jy kan nie verantwoordelikheid neem vir ’n familielid se geldsake as daardie persoon die geld na goeddenke spandeer nie.

Vra jou af: Wanneer ek feitelik na die situasie kyk, wie se verantwoordelikheid is dit regtig?

2 Behoefte om te beheer

Skuil daar ’n beheervraat in jou? Wil jy byvoorbeeld elke aspek van jou huishouding of besigheid self hanteer? Daar is gewoon nie genoeg tyd en energie om alles self (goed) te doen nie.

Vra jou af: Watter take kan ek delegeer, of wanneer is 80% pleks van 100% voldoende? (Sal dit byvoorbeeld iemand se dood veroorsaak as ek die matte minder dikwels stofsuig?)

Lees ook: Asemhalingoefeninge wat jou help om minder te stres

3 Slagoffermodus

As jy glo niemand se lewe was nog ooit so moeilik soos joune nie, of gereeld dink: “Hoekom moet alles altyd skeefloop?” moet jy die moontlikheid oorweeg dat jy in poor me mode is. Dit is natuurlik geen maklike taak om hierdie modus te herken nie!

Probeer vasstel wat die kernprobleem agter hierdie gedrag is en maak werk daarvan. Dalk is dit nie so ingewikkeld nie. Indien dit is, kan professionele hulp soos ’n paar sessies by ’n knap sielkundige wondere verrig.

Vra jou af: Beskou ek my as die slagoffer?

4 Alarmistiese denke

’n Lewendige verbeelding of ’n hoë angsvlak kan veroorsaak dat jy “katastrofeer”. Dis ’n moeilike gewoonte om af te leer, veral wanneer die oorsaak angstigheid is. Ook hier kan professionele hulp van waarde wees. Sien ook ons artikel, Die onsigbare tronk

Vra jou af: Dink ek altyd eerste aan die ergste wat kan gebeur?

5 Oorveralgemening

Wye stellings wat woorde soos “altyd”, “nooit”, “niemand” of “almal” bevat kan gesaghebbend voorkom, maar in werklikheid is hulle selde in die kol. Omvorm sulke stellings om die feite van die presiese situasie oor te dra. Pleks van “Almal kyk my vandag skeef aan,” is die waarheid dalk “My man was vanoggend te ingedagte om my behoorlik te groet en my kollega het duidelik nie lus vir geselskap nie.”

Die lewensafrigter Martha Beck sê wanneer die begrip “almal” in jou gedagtes opduik, moet jy ses mense noem wat pertinent te kenne gegee het dat hulle voel soos jy dink “almal” voel. Byvoorbeeld: almal dink ek het ’n groot neus. Watter ses mense het so gesê, en speel hulle vandag ’n belangrike rol in jou lewe?

Vra jou af: Is my gebruik van “altyd”, “nooit”, “niemand” of “almal” realisties?

6 Neem kritiek persoonlik op

Plaas kritiek jou op die verdediging, en voel jy onmiddellik veroordeel of verwerp?  Dit gebeur maklik wanneer ons weerloos voel (om watter rede ookal) of wanneer iemand ’n teer punt aanraak. Luister goed na wat die persoon sê terwyl jy emosioneel afstand probeer handhaaf. Om oop te wees, pleks van op die verdediging, kan die angel uit hierdie denkpatroon haal.

Vra jou af: Wat hoor ek as ek neutraal na die kritiek luister?

Bron: “Natural Superwoman” deur Rosamond Richardson, Celestial Arts, 1999.

Hooffoto: Garon Piceli vir Pexels

Lees ook: Raad vir ongesonde vriendskappe

The post Stres minder: kyk na dié 6 denkpatrone appeared first on rooi rose.

Brain Harmonics-gevallestudie: ons vyfjarige sê “Mamma”
“Kry jou brein in rat” in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose handel oor Brain Harmonics. Hieronder beskryf Amelia Gibson in September 2014 die rol wat Brain Harmonics gespeel het toe hul vyfjarige seuntjie die eerste keer “Mamma” gesê het:

Vyf en ’n half jaar terug is ons lewendige babaseuntjie gebore.

Ons het presies geweet hoe ouerskap sou werk. Ons sou hom onvoorwaardelik liefhê, sy suikerinname beheer, elke dag met hom speel, en deur boeke ’n spesiale band met hom vorm.

Ek het my ’n geselserige seuntjie voorgestel – nes ek en my man, Stanford, kleintyd was – ’n klein ontdekker, ’n miniatuursamestelling van sy ma en pa. My man het gesê ek moet ophou om ’n lewe vir hom te skep voor hy nog kans gehad het om dit ’n jaar lank self te doen! En toe … het hierdie waarskuwing nie eens ter sprake gekom nie.

Een dag het my seuntjie doodstil op die bed gelê. Ek het iets laat val en terwyl hy intens op my fokus, het ek gesê: “Uh oh!” en vir hom geglimlag. Sonder om terug te glimlag, het hy “uh oh!” ge-eggo. Vir my was dit ’n uitgemaakte saak dat ek ’n geniale seunskind in die huis het. Maar dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor. Hy was drie maande oud.

Dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor.

Voor hy twee was, is ons seun met serebrale gestremdheid en mikrokefalie gediagnoseer. Dis pynlik om aan die trauma van daardie jare terug te dink, omdat ek my kan voorstel dat ander ouers vandag nes ons daardeur gaan – alleen. Verskeie duur kenners kon ons nie veel meer bied nie as donker, angswekkende voorspellings van ons kind se toekoms. Volgens hulle sou hy die beste vaar in ’n tehuis vir mense soos hy.

’n Sprong na ’n paar jaar later bring my by ’n “toevallige” kennismaking met Brain Harmonics op die internet. Omdat mikrokefalie ’n breintoestand is, lees my oog die woord “brein” oral raak.

Ons seun is geëvalueer en het met Brain Harmonics-sessies by Lize Maritz begin. Hy het daaraan gewoond begin raak. Was daar enige verbetering, enige verandering? Niks wat ons kon sien nie – maar ons het al geleer om geduldig te wees met ons bondeltjie vreugde. Ná ’n paar sessies het hierdie seuntjie, hierdie wippende, huppelende seuntjie, my egter “Mommy” begin noem! Daar is maar min woorde, miskien ’n sekere soort traan, wat kan beskryf wat ’n ma ervaar wanneer haar seunskind van vyf en ’n half daardie woord vir haar sê. Hy het stadig begin en dit hier en daar gebruik, maar elke keer het dit my ontroer.

Tuis het die proses om hom van die doeke af te haal egter tot stilstand gekom. By die skool het dit nog voortgegaan en ek veronderstel dit was darem iets, maar die gedagte aan ’n twaalfjarige wat doeke dra, was geen plesierige vooruitsig nie.

Aan die ander kant was daar nou ’n meer gefokusde kind in die huis. ’n Kalmer kind. ’n Groot kontras met die kind wat fisiek nooit vir langer as ’n minuut gaan sit het behalwe om na ’n DVD te kyk nie. Ons seun was altyd besig om te hardloop, te wip, te spring, te klim, op te skeur, af te breek, te skree, te lag, te strek, te spoeg, te blaas, te gryp … heeldag lank, elke dag. Dis nie dat hy stout was nie; hy het net soveel kompulsies en afleidings beleef dat dit moeilik was om veel met hom uit te rig.

Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik.

Daarom het ons die kalmer, meer gefokusde kind met ope arms verwelkom. As ons daagliks by hom gesit het om sy huiswerk te doen, het ons mekaar saggies geroep “om te kom kyk wat hy nou kan regkry.”

Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik.

En toe – onvoorsiens – het die sessies tot stilstand gekom. Vir vyf sessies in ’n ry wou ons seun glad nie deelneem nie. Hy het die proses keer op keer beveg en net toe ek begin wonder of dit die einde was, het Lize, ons wonderlike Lize, ons gehelp om “oor die hobbel te kom”, soos sy dit genoem het.

Verbeterings

Hier is ’n paar dinge wat verbeter het en sedertdien so gebly het:

Harper se woordeskat het vergroot en ook sy begrip van wat hy sê. Hy herhaal woorde nie meer soos ’n papegaai nie.

Sy uitspraak het verbeter.

Hy boots meer na.

Hy is onafhankliker en het meer selfvertroue – hy wag nie net dat hy gehelp word nie.

Sy sosiale vaardighede is soveel beter. Hy maak meer dikwels oogkontak en kommunikeer en interreageer met sy ouderdomsgroep. Vroeër het dit gelyk of hy ander kinders as voorwerpe beskou, en hulle meestal ignoreer.

Harper leer om sy speelgoed en tablet te deel, en om sy beurt af te wag.

Sy frustrasievlak is laer. Voorheen het sy onvermoë om te kommunikeer hom geweldig frustreer omdat hy dit geniet om verstaan te word en sy behoeftes vervul te kry.

Harper is meer bewus van homself, en sy ruimtelike persepsie van sy liggaam het verbeter.

Hy klim nou trappe een vir een, pleks daarvan om albei voete op elke trap te sit.

Sy ooghandkoördinasie is beter.

Die Brain Harmonics-sessies is nou weer goed aan die gang. Laas Vrydag het ek hom by die skool gaan haal, en toe hy my sien, skree hy: “Mommy!” Hy het na die juffrou gedraai met: “My mommy!” My oë was vol trane omdat my seun – wat ek geglo het vasgevang, geïsoleer en uitgesluit is deur sy kondisie – besig is om ’n pad na ons te vind.

Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie.

Kinders met spesiale behoeftes is so spesiaal dat ek nie kan glo dat ons die etiket “verkeerd” om hul nekke hang nie. Daar is soveel uitdagings, en soos enige ander ouer begeer ons maar net ’n kind wat in hierdie wêreld kan funksioneer en op sy eie bene kan staan.

Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie.

Ek kan Lize en Brain Harmonics nooit genoeg bedank vir wat ons alreeds ervaar het nie. Mense wonder oor die tyd en geld wat in die sessies ingaan. Wat sou ’n ouer nié doen om hul kind te help kom waar hulle hom graag wil sien nie? Hoeveel ure is te veel? Ek voel asof ons uiteindelik ons séún ontmoet, nie net sy kompulsies nie. Sover was dit ’n ongelooflike belewenis.

Die toekoms lyk helderder as ooit. Ek het geweet hierdie dag sou kom solank ek nie moed opgee nie. Ek het net nie geweet die sleutel na hierdie deur sou Brain Harmonics wees nie.

Stanford en Amelia Gibson, September 2014.

Brain Harmonics-praktisyns Kerry Rudman en Lize Maritz werk in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria en reis ook volgens behoefte: 076 4343 252, brainharmonics@gmail.com of Facebook – sien ook Twitter (@brainharmonics). Agentskapgeleenthede beskikbaar.

The post Brain Harmonics-gevallestudie: ons vyfjarige sê “Mamma” appeared first on rooi rose.

3 gratis brein-apps om te probeer
Lumosity Brain Training

Laai gratis af by iTunes of by Google Play Store.

Hoe werk dit?

Dit is deur neuro-wetenskaplikes ontwerp om jou denkvermoë te verbeter en uit te daag. Dit bevat geheue-bevordering en probleemoplossingsgereedskap om jou te help leer en om inligting vinniger te herroep.

Bekamp veroudering in jou brein met hierdie vyf brein-stimuleerders. Lees meer hier.

Word Brain

Laai dit gratis af by iTunes of by Google Play Store.

Hoe werk dit?

Die app word beskou as een van die beste woord-speletjies in 58 lande. Dit is ideaal vir woord- fanatici wat lief is ’n uitdaging. Dit begin maklik, maar raak vinnig moeiliker. As jy verborge woorde vind, moet jy jou vinger daaroor laat gly. Kyk hoe die legkaart intuimel en voltooi dit dan in die korrekte volgorde om die rooster skoon te maak.

Mind Games

Laai dit gratis af by Google Play Store.

Hoe werk dit?

As jy maklik verveeld raak met speletjies, is dié een vir jou. Dit bied ’n wye verskeidenheid speletjies om jou te help om verskillende kognitiewe vaardighede te bemeester. Die app bevat 36 speletjies en sommiges moet jy opgradeer om weer te speel. Dit sluit alles in van geheue-speletjies tot konsentrasie-aktiwiteite en legkaarte.

The post 3 gratis brein-apps om te probeer appeared first on rooi rose.