Chery Tiggo 4 Pro | rooi rose

Pas vrygestel: Die Chery Tiggo 4 Pro
Chery betree Suid-Afrika se mededingende segment vir kompakte sportnutsvoertuie met ’n wenkombinasie van styl, luuksheid en prestasie.

Dié maatskappy het onlangs die Chery Tiggo 4 Pro met ’n opsie van twee petrolenjins, drie ratkaste, en drie verskillende afwerkingsvlakke bekendgestel. Die topmodel (‘n spesiale uitgawe) voeg selfs meer luuksheid tot die Urban-, Comfort- en Elite-modelle toe.

Ontwerp om die koppe te laat draai

Jy sal beslis die Chery Tiggo 4 Pro bo die ander kompakte sportnutsvoertuie op plaaslike paaie uitken.

Die nuwe model is die vlagskip van Chery se nuwe ontwerptaal en dra trots die Chery-handelsmerk en groot seshoekige rooster met ‘n unieke diamantpatroon.

Die sierrooster is met ’n menigte diamantvormige gaatjies, wat nouer nader aan die bokant van die rooster raak om ’n driedimensionele effek te skep, ontwerp. Elke individuele diamant is met chroom afgewerk om die Tiggo 4 Pro ’n kenmerkende luukse voorkoms en padteenwoordigheid te gee.

Die rooster het aan albei  kante outomatiese kopligte – standaard regdeur die reeks – en LED-dagligte. Die ligte (halogeen in natuurlik geaspireerde modelle, en LED in turbogedrewe modelle) is in deursigtige omhulsel met ’n helder agtergrond en dit word die Chery Crystal Diamond-lensontwerp genoem.

’n Enjinkap met ‘n “kragbult”, sterk flanke en ’n laergemonteerde buffer met bykomende luginsetsels, en ’n nagemaakte trefplaatontwerp rond die bo- en onderkant van die vooraansig af.

Dit belangrik om kennis te neem dat alle modelle elektries-verstelbare kantspieëltjies met geïntegreerde LED-flikkerligte het, terwyl Elite-modelle se spieëltjies ook in nou ruimtes met behulp van elektrisiteit na binne kan vou.

Aan die agterkant, is die LED-ligte in holtes vir ’n driedimensionele visuele effek geplaas, en om die rem- en hoofligte en dubbele mislampe te huisves. ’n Chroomstrook en groot Chery-handelsmerk verbind die agterste ligte wat bo ’n nagemaakte trefplaat en dubbele chroomuitlaatpype ingesit is.

Die LED-remligbalk, dakgemonteerde antenna en spoiler rond die agterste ontwerp af.

Gepatenteerde petrolprestasie

Voor jy in die luukse kajuit van die Chery Tiggo 4 Pro klim, moet jy onthou dat die viersilinder-1,5-liter-petrolenjins twee weergawes het.

Die Urban- en Comfort-afwerkingsvlakke verskaf die natuurlik geaspireerde 1,5-liter-enjin met 83 kW teen 6 150 rpm en 138 Nm-wringkrag teen 4 000 rpm.

Die CVT-modelle met ’n turbo-petrolenjin het ook ’n spesiale bestuurskeuse tussen standaard, ekonomies (eko) en sport, en gepaardgaande stuurverstellings tussen eko en sport.

En dan word die Tiggo 4 nog beter met ABS- en skyfremme wat met elektroniese remkrag toegerus is. Daar is ook ‘n elektroniese parkeerrem sowel as volle elektroniese-voertuig-veiligheidstelsels.  Dit sluit die volgende in: ‘n elektroniese stabiliteitsprogram, traksiebeheer, rolstabiliteitsbeheer, afdraandbeheer, en heuwelbystand. Al hierdie onderskeidende kenmerke is in die volle reeks beskikbaar.

Digitale luuksheid

Terwyl die ontwerp en prestasie van die Tiggo 4 Pro nie vir enigiemand in die oorlaaide sportnutsvoertuigmark terugstaan nie, is dit die luuksheid in die voorkajuit wat dit regtig laat uitstaan.

Alle Tiago 4 Pro-modelle het digitale instrumente met ‘n multi-inligtings-uitleeseenheid. Met die natuurlik geaspireerde modelle is die raakskerm 3.5’’ (ongeveer 9 cm) breed, met kleure in hoë definisie

Wat wel dieselfde in al die Tiggo 4 Pro-modelle is, is die raaksensitiewe inligtings- en vermaakstelsel van 10.25’’ (ongeveer 26 cm). Hierdie stelsel is toegerus met Apple CarPlay en Android Auto, twee USB-poorte (voor en agter), ’n DVD-speler, en koordlose Bluetooth-toegang. Dié stelsel vertoon ook die beeld van die trukamera in alle modelle, uitsluitend die beginnersvlak-Urban-model.

In die natuurlik geaspireerde Urban- en Comfort-modelle, het die inligtings- en vermaakstelsel vier luidsprekers, terwyl die Elite-weergawes nóg twee luidsprekers vir ’n selfs beter klankervaring het.

Elite-weergawes het ook ‘n ingeboude stembeheerstesel met ’n spesiale semantiese prosesseringstelsel wat die verskille tussen verskeie aksente en uitsprake verstaan.

Laastens het die Elite-modelle leerbekleedsel en ’n bestuurdersitplek wat jy elektries kan verstel.

Ingeboude veiligheid en sekuriteit

Alle Chery-modelle verskaf ’n hoë vlak van passiewe en dinamiese veiligheid.

Alle modelle het al die elektroniese veiligheidstoerusting (soos vroeër genoem), insluitend ‘n elektroniese stabiliteitsprogram en traksiebeheer.

Alle modelle verskaf ook sleutellose toegang en ’n begin/stop-knoppie. Die Tiggo 4 Pro sal outomaties sluit en oopsluit soos wat jy die kar verlaat of nader, en die deure sluit ook outomaties soos wat jy wegry.

Die modelle het almal ’n kindersluitstelsel, ’n motorimmobiliseerder, ’n alarmstelsel, en minstens twee lugkussings. Elite-modelle is verder toegerus met lugkussings voor en langs die kant (’n totaal van ses).

Ongeëwenaarde gemoedsrus

Om vir verbruikers wat een van die moderne en stylvolle Tiggo 4 Pro-modelle kies, bykomende gemoedsrus te verskaf, bied Chery ’n ongelooflike 10 jaar-/1 miljoen-kilometer-enjinwaarborg (sien aparte inligtingstuk).

Alle Chery Tiggo 4 Pro-modelle word ook met ’n 5 jaar-/60 000 km-diensplan as standaard verkoop.

Diegene wat belangstel om die nuwe Chery Tiggo 4 Pro-model van naderby te bekyk en te toetsbestuur, word uitgenooi om enige van die 30 splinternuwe Chery-handelaars in Suid-Afrika te besoek.

’n Volledige lys van Chery-handelaars is by www.chery.co.za beskikbaar.

The post Pas vrygestel: Die Chery Tiggo 4 Pro appeared first on rooi rose.