China | rooi rose

Moderne China: ‘n Besigheidsreis deur innovasie en erfenis
Moderne China

Tatum Wheatley, ’n voormalige Mej Suid-Afrika, verken China se finansiële landskap en kulturele rykdom.

Dit was ’n ongelooflike ervaring om saam met die wêreldwye beleggingsfirma RisCura deur China te reis. Die reis het nie net vir ons insig in besigheid gegee nie, maar ook die skoonheid van antieke en moderne China benadruk. Die weeklange reis vanaf 21 tot 28 September 2024 het ons deur Hongkong, Shenzhen, Beijing en Sjanghai geneem. Ons kon ons in die kultuur verdiep en dit het ons ook ’n blik gegee op China se vinnig groeiende waagkapitaal (VC) en korporatiewe ekostelsel.

Ons reis het in Hongkong begin, waar ons in die elegante Conrad-hotel gebly het, ’n gepaste beginpunt om die stad te verken wat as ’n globale finansiële spilpunt bekendstaan. Ons verblyf het ’n verwelkomingsete by Jimmy’s Kitchen ingesluit. Dit het die perfekte omgewing gebied om fondsbestuurders en ekonome te ontmoet en ons het ons in Hongkong se lewendige finansiële landskap verdiep.

Conrad Hong Kong

Hierdie hotel met 61 verdiepings in die hartjie van die stad se sakekern bied direkte toegang tot die Admiralty MTR-stasie en die luukse Pacific Place Mall. Die hotel se 513 gastekamers en suites bied panoramiese uitsigte oor Victoria-hawe en The Peak. Die Executive Lounge bied persoonlike dienste om sakereisigers se gemak te verseker. Eetopsies sluit Nicholini’s, bekend vir sy Italiaanse kookkuns, en Golden Leaf in, wat outentieke Kantonese disse bied.

Ons het die volgende dag ná ’n produktiewe sosiale ontvangs na Shenzhen gereis. Hier het die Mandarin Oriental Shenzhen, waar ons eerste ontmoetings plaasgevind het, ’n ineenvloeiing van luuksheid en besigheidsofistikasie vertoon. Die vergaderings het ’n algemene jaarlikse vergadering ingesluit asook aanbiedings van Cephei, waar ons China se topaandelemark verken het en geleenthede in sektore, soos vervaardiging, verbruikersmarkte en KI-gedrewe ondernemings, ondersoek het.

In Shenzhen het ons maatskappye soos BYD Auto en Tencent besoek, wat toonaangewende spelers in die motor- en tegnologiebedryf is. Elke besoek het ons begrip van China se innoverende vermoëns en sy visie vir globale uitbreiding verdiep. Die tegnologiese aanbiedings was boeiend en beklemtoon hoe diensgegronde verbruik en gevorderde robotika die toekoms vorm.

Mandarin Oriental Shenzhen

Die Mandarin Oriental Shenzhen, waar ons tydens ons besoek aan die stad gebly het, simboliseer luuksheid en moderniteit. Dié hotel in die Futian-distrik het ruim kamers met ’n eietydse ontwerp en moderne geriewe. Die hotel se eetplekke bied verskeie kulinêre ervarings, van tradisionele Kantonese tot internasionale kos. Die spa- en welstandsgeriewe bied ’n rustige toevlugsoord te midde van die bedrywige stad, wat hierdie hotel ’n ideale keuse vir sakereisigers en vakansiegangers maak.

Beijing het ’n historiese en eietydse kontras gehad. Ná ’n kort vlug het die Ritz-Carlton Beijing se grootsheid, luukse verblyf en warm atmosfeer ons verwelkom. Ons agenda in hierdie stad het sessies met Future Capital en K2VC ingesluit, wat vroeë-fase-ondernemings in gesondheidsorg en tegnologie gedeel het. ’n Gedenkwaardige oomblik was ons besoek aan die Verbode Stad, ’n simbool van China se imperiale nalatenskap, wat dit vir ons moontlik gemaak het om na te dink oor die kulturele wortels wat steeds China se moderne dinamika beïnvloed.

Die Ritz-Carlton Beijing

Terwyl ons in Beijing was, het ons by The Ritz-Carlton gebly, ’n hotel wat tradisionele Chinese elemente moeiteloos met moderne luuksheid meng. Weens sy ligging in die hartjie van die stad bied dit maklike toegang tot groot besienswaardighede en sakegebiede. Die kamers is elegant gemeubileer en bied ’n gemaklike en weelderige omgewing. Die hotel se eetopsies sluit verskeie restaurante in wat Chinese en Westerse kookkuns bedien, en die spa bied behandelings wat deur antieke Chinese rituele geïnspireer is om ’n holistiese welstandservaring te bied.

Ons reis het ons op ’n hoëspoed-treinrit van Beijing na Sjanghai gelei. Dit was opwindend en het ons ’n kykie na China se vernuftige infrastruktuur gegee. In Sjanghai was die Edition-hotel ’n belewenis op sigself, met eietydse ontwerp en ’n uitkykpunt op die dak wat asemrowende uitsigte oor die stad se horison bied. Hier het ons fondsbestuurders van 5Y Capital en Lilly Asia Ventures ontmoet om vroeë-stadium- tegnologie- en biotegnologie-beleggings beter te verstaan.

Die Sjanghai Edition

In Sjanghai het ons The Shanghai EDITION se eietydse elegansie ervaar. Hierdie hotel in die Bund-distrik meng historiese en moderne argitektuur en het 145 gastekamers wat uitsigte oor die stad se horison bied. Die hotel se eet- en vermaakopsies is uiteenlopend, insluitend ’n kenmerkende Japannese restaurant, ’n Kantonese eetplek en verskeie kroeë en sitkamers. Die kroeg op die dak het ’n panoramiese uitsig oor Sjanghai, wat dit die perfekte plek maak om ná ’n dag van vergaderings by te ontspan.

Daar was altyd vieringe, veral omdat ons die 75ste herdenking van die Chinese Kommunistiese Party tydens ons besoek meegemaak het. Tussen sakevergaderings het ons gesmul aan keurige eetervarings, insluitend ’n ete by die bekende Hakkasan Shanghai en Wolfgang’s Steakhouse, waar ons gashere die belangrikheid van sterk vennootskappe en die rol van Suid-Afrika in China se globale strategie beklemtoon het.

Hierdie reis het nie net oor besigheid gegaan nie – dit was ’n verkenning van China se innovasie, ambisie en erfenis. Dit het die diepte van geleenthede vir Suid-Afrikaanse beleggers in China se mark benadruk en ons met ’n hernieude waardering vir hierdie dinamiese nasie gelaat.

Lees ook: Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

The post Moderne China: ‘n Besigheidsreis deur innovasie en erfenis appeared first on rooi rose.

Bespreek jou plek na China!
Bespreek sommer nou jou plek teen slegs R25 595 per persoon wat deel.

Wat kan nou lekkerder wees as ’n week lange inkopie-en-kulturele toer na China saam met die aktrise en stylkenner Zetske van Pletzen en modeontwerper Werner Dey?

Ons vertrek op 16 November en is weer terug op 25 November. Zetske en Werner sal ons na hul gunsteling-winkels en -besienswaardighede vergesel en byderhand wees om raad vir die keuse van klere te gee. Hulle bied ook persoonlike stylsessies aan vir elkeen wat saamreis.

17 November Land om 12:25 in Hongkong. Die gids ontmoet ons by die lughawe en neem ons na die hotel. Die middag besoek ons die Wong Tai Sin-tempel, die jademark en Templestraat waar jy ook in die plaaslike winkels kan rondsnuffel. Die aand is daar ’n bootrit, buffetete en die Symphony of Lights-vertoning by Victoria-hawe.

18 November Ná ontbyt vertrek ons na die Stanley-mark, eet ’n Dim Sum-middagete saam en die middag kan jy rustig in die markte inkopies doen.

19 November Laaste dag in Hongkong. Jy kan weer op jou eie by gewilde winkelsentrums soos Ocean City, Times Square en Sogo inkopies doen.

20 November Ná ontbyt vertrek ons na Guangzhou waar ons twee aande oorbly. Ons besoek die Sun Yat Sem-gedenksaal, die Five Ram-beeldhouwerk en die Nanye-koninkryk-museum.

21 November ’n Dagtoer na Foshan, die pottebakkershoofstad van China, wat die Zumiao-tempel, Liang-tuine insluit. Ons eet middag- en aandete in plaaslike restaurante.

22 November Die oggend besoek ons die Chen Clan-akademie, die Tempel van die Ses Baniaanbome, Qingping-mark, Shangxiajiu se inkopiestraat en ná middagete ry ons per trein na Shenzhen waar ons twee nagte bly.

23 November Vanoggend is daar tyd vir inkopies in die Luohu-winkelsentrum. Ná middagete woon ons ’n kulturele vertoning in die Splendid China- en China Folk-kultuurdorpies by.

24 November Vandag kan jy na hartelus rondloop. Ná ete haal ons in Shekou ’n boot na die Hongkong-lughawe en om 7:20 op 25 November is ons terug in Suid-Afrika.

Bespreek jou plek!

Bel 083 371 2404 of stuur ’n e-pos na Harriet@skyarchtravel.com

Reëls & voorwaardes

Die toer sluit in: retoervlugte op SAA, verblyf in vierster-hotelle, alle etes wat op die toerplan aangedui word, private bustoer, ’n Engels-sprekende toergids, China-visum, alle ingangsfooie wat by die reisplan ingesluit is, bootkaartjies wat in die reisplan ingesluit is. Die groeptoer saam met Zetske en Werner is onderhewig aan ’n minimum besprekings-kwota. Indien die minimum besprekings-kwota nie bereik word nie, sal die wenner en haar metgesel steeds saam met ’n toergids die toer op hul eie onderneem. Algemene reëls & voorwaardes vir die kompetisie sal in die Julie 2015-uitgawe van rooi rose verskyn.

The post Bespreek jou plek na China! appeared first on rooi rose.

’n Besoek aan die Geelberge (Huangshan)
Dis nog donker toe ons op die bus klim. Ek kyk vinnig op my slimfoon wat die weervoorspelling vir die dag inhou. Digte mis en reën, gevolg deur ’n groot, geel uitroepteken! Kan die ongeluk mens nou so tref? Die enigste dag wat ons het om die poskaart-mooi Geelberge in China te besoek en nul persent kans vir ’n uitsig. Wel, ons is nou reeds hier. Kom ons geniet dit in elk geval.

Daar aangekom, verstaan ek waarom mense ons daarteen gewaarsku het om hierdie tyd van die jaar te kom. Dis langnaweek, vakansietyd en die besigste toeristetyd van die jaar. Tog glo mens dit nie tot jy dit met jou eie oë sien nie.

Ons het voorspel dat dit gaan besig wees, maar só ’n skare het ons nie sien kom nie! Die aanvanklike idee was om met die kabelkarretjie op te gaan, en terug te stap. Maar die idee om drie ure in ’n ry te wag, staan ons glad nie aan nie. So ons besluit om op te stap.

Die voetpaadjie is gepak met mense, maar daar is verskeie paadjies en uitsigpunte om van te kies, en stelselmatig raak dit stiller soos wat almal hul eie roetes volg.

Na ’n paar vaste weke in die stad is dit heerlik om in die natuur te wees. Hier en daar waai die wind die mis stilletjies weg en klein boompies op berghange maak stadig maar seker hul verskyning. ’n Prentjie so reg uit ’n Asië-poskaart.

Ons stop twee keer by uitsigpunte, maar die sigbaarheid bly maar sleg. Die wolke bly ’n gordyn – toegetrek voor ’n wonderbaarlike uitsig wat só naby maar onbereikbaar is.

En toe gebeur daar ’n wonderwerk – by die laaste uitkykpunt. ’n Lekker sterk wind steek op en trek die digte gordyn reg voor ons oop: berge wat volg op berge en nog berge! Oneindige spitskoppies wat styf teen mekaar lê. Geen wonder Avatar is hier geskiet nie. Dis beautiful! Ek pluk gou my kamera uit en vang die prentjie vas voor hy weer verdwyn. Die paar minute met hierdie wonderbaarlike uitsig is een van daardie oomblikke waar niks anders saak maak nie. Dit hou nie lank nie, maar dit is so asem-snak mooi dat mens vir ’n klein rukkie heeltemal van al die mense om jou vergeet en dit wat jy voor jou sien geweldig waardeer.

Teen die tyd dat ons die kabelkarretjie terugneem (die ry darem toe heelwat korter) is die rit gevul met pragtige misterieuse uitsigte. Terugkom gaan ek terugkom, dis vir seker. Vandag was die voorprent – maar ek smag na ’n dag vol van daardie paar minute op die berg wat ek nie sommer gou sal vergeet nie.

The post ’n Besoek aan die Geelberge (Huangshan) appeared first on rooi rose.

Skape van die bokke skei
Ek leer sommer gou die Chinese het meer as een woord om hul nuwe jaar in te wei. Behalwe vir Chinese New Year staan dit ook bekend as Lunar New Year of Spring Festival. Die presiese datum word bepaal deur die maan se siklus – laat in Januarie of vroeg-Februarie. Nogal vreemd om jou nuwe jaar later in die jaar te begin, nê?

Die detail hieraan verbonde? Wel, volgens die Chinese diereriem is 2015 die jaar van die skaap. Indien jou geboortedatum dus onder hierdie diereriem val, is hierdie jóú jaar om te trou of ’n lotto-kaartjie te koop.

Verder word die inkopiesentrums, restaurante, skole en markte van kop tot toon versier met skape. Nou nie regte skape nie, maar wel klein, nagemaakte, wollerige weergawes wat die strate en winkelvensters vul. Skaap-teddiebere. Om presies te wees.

Dit was nie lank na die skapies hul verskyning gemaak het dat die Westerse mense begin vrae vra nie…

“Isn’t that a goat?” sê-vra my Skotse vriendin vir my.

Ja-nee, daai is ’n boerbok! Daaraan is geen twyfel nie.

Later gewaar ek ook ’n ram of twee in ’n winkelvenster. Skaap? Bok? Ram? Ken die Chinese dan nie die verskil nie? Vir die volgende paar weke word die koerante, webtuistes en kantoorgesprekke oorheers met dié onderwerp.

Die verduideling? Wel, dis eintlik heel eenvoudig. Die Chinese het net een woord om enige vorm van ’n skaap-agtige dier te beskryf: yáng. Dié woord is die algemene naam vir alle skape en bokke, maar daar word dan verdere onderskeid getref deur spesifieke name aan die diere toe te skryf. Shanyáng beteken bok en miányáng, skaap. As mens egter van skaapvleis praat, is dit yángròu. (Ròu is die woord vir vleis). As jy dus skaapvleis koop, kan jy dalk opeindig om bok te eet.

En natuurlik kan hulle glad nie verstaan waarom ons so ’n ophef daarvan maak nie.

Ek haal graag ’n opmerking aan uit ’n onlangse webwerf-berig:
“Ek het nog nooit voorheen só daaraan gedink nie; is dit werklik nodig om onderskeid te tref”, vra Chen Xufeng, ’n kantoorklerk in Beijing. En las dan by: “Ek verkies om ’n skaap-gelukbringer vir nuwejaar te koop. Hulle is ouliker en meer wollerig as ’n bok!”

Nou ja toe. Wie sou nou ooit kon dink dat ’n skaap soveel opspraak kon verwek hier in China?

Aanhaling verkry vanaf http://www.yingyu.com/

The post Skape van die bokke skei appeared first on rooi rose.

Sjanghai
Vyf maande gelede klim ek uit ’n kiwi-groen taxi. Nog effens jet-lagged na die lang vlug en iewers tussen slaap en wakker, soos wat mens voel na ’n skelm uiltjie-knip. Terwyl ek die deur oopmaak – en vir ’n oomblik twyfel of my voete dit heeldag in hierdie hakkies gaan hou – skiet my oë op na die futuristiese prentjie wat voor my afspeel.

Liewe hemel! Wolkekrabber op wolkekrabber, die een na die ander. Sommige netjies in rye gepak en ander soos sampioene wat oornag  hul verskyning in ’n oop gaatjie loop maak het. Hierdie is duidelik ’n kompetisie: Die hoogste Lego-torinkie wen ’n prys! ’n Stadsjapie het ek wel grootgeword, maar so iets reg uit ’n sci-fi movie het ek nog nooit in my lewe aanskou nie.  Tot my verbasing begin ek my eerste werksdag in die tweede hoogste gebou in die stad: die Jinmao-toring.

Hier is geen tekort aan hoë geboue in Shanghai nie

Sjanghai was aanvanklik ’n groot aanpassing. Soos een van my vriende sê: alles wat verkeerd is in die wêreld gebeur hier. Dis ’n geldgedrewe stad met ’n populasie van meer as 24-miljoen en besoedeling is tot die ergste graad (maar Beijing is erger – so troos die Sjanghaiers). Verblyf is onsettend duur en die gemiddelde Chinees kry swaar. Maar geleenthede is in oorvloed, publieke vervoer uitstekend, en die man op die sypaadjie wat daagliks sy kluitjie-stalletjie opslaan maak genoeg wins om na sy gesin om te sien. Hier is genoeg voete en Chinese hou van koop én eet. Daaraan is geen twyfel nie.

Vanuit ’n buitelander se perspektief is Sjanghai ’n fantastiese inleiding tot China. Hier is soveel om te doen dat mens ’n jaar hier kan woon en steeds voel of jy nog byna niks gesien het nie. Hier is beslis nie ’n tekort  aan eetplekkies, tuine, stalletjies, liggies, uitsigte, ongelooflike argitektuur en internasionale kuns en -konserte nie. Chinese kos is nie soos wat ons dit ken nie. Ek het sommer gou tot die wete gekom dat ’n chop suey en chow mein hier heelwat  anders klink én proe.  Elke Chinese stad en streek het hul eie spesialiteitskosse en-geure. Dis voorwaar enige foody se droom!

Húntun (kluitjiesop)

En die taal – o weë! Elke lettergreep het byna vier stemtone wat elkeen verskillende betekenisse dra. Toe my Easy Peasy Chinese CD al doodgeluister is en ek nog steeds net “hallo”, “koebaai” en “waar kom jy vandaan?”  kon sê, het ek met durf en daad  besluit om mandarynse lesse te neem. Nou kan ek immers al noedels en gestoomde rolletjies bestel sonder dat die plaaslike Chinees dink ek vra na ’n perd of selfoon.

Darem is hulle nice. Lag as ek my woordeboek oopmaak en wys wat ek nou eintlik bedoel het. Soos ek wegstap pomp die een Chinees die ander in die sy, skud haar kop, sug hard en sê: “Laowài!”

Ai, tog. Die buitelanders darem.

’n Chinees op pad om karton te herwin

The post Sjanghai appeared first on rooi rose.