Cintaine Schutte | rooi rose

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era
Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp) besluit om by die polisie aan te sluit om ’n speurder te word en sy suster en niggie se moord te ondersoek.

In die middel van die episode skuif die gebeure na 1984. André (Beer Adriaanse) is nou ’n speurder en woon saam met sy vrou, Ria (Kristen Raath) en hulle twee kinders, Klippe (Emma Nelson) en klein André (Neels Clasen Jnr.), in Kroonstad.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg

Kristen, wat ’n BSc-graad in rekenaarwetenskap het en ook ’n talentvolle sangeres is, is bekend vir haar rolle in 7de Laan, Wyfie en Tydelik terminaal. Emma en Neels Jnr. is beide die kinders van akteurs. Emma is Pierre Nelson, veral bekend as Ds. Kassie in Nêrens, Noord-Kaap, se dogter, en Neels Jnr. is die seun van Neels Clasen wat die rol van Henning Nel in Niggies speel. Dit is die agtjarige Neels Jnr. se debuut in ’n TV-reeks.

Ook te sien in die tonele wat in 1984 afspeel, is Cintaine Schutte as die volwasse Henda en Jane de Wet as Poppie, Henda en André se niggie. Jana Kruger is Santjie Schoeman wat werksaam by die SAP in Kroonstad is. Carel Nel is steeds At van Wyk, maar sy rang is nou dié van kolonel.

Wilhelm van der Walt is in episode 4 te sien as Spyker, ’n polisieman wat korrup geraak het en met ’n dwelmsindikaat deurmekaar is.

Lees ook: Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Stian Bam (Koek, Waterfront), Wessel Pretorius (Fynskrif, Stiekyt), Daneel van der Walt (Nêrens, Noord-Kaap, Fraksie), Mienke Ehlers (Magda Louw, Wyfie), Melissa Myburgh (Trompoppie, Dinge van ’n kind), Morné Visser (Spoorloos, Dis ek, Anna) en Neels van Jaarsveld (Diepe waters, Fynskrif) tel onder die ander bekende akteurs wat later in die reeks hul verskyning maak.

Sedert die eerste episode van Niggies uitgesaai is, is daar hernieude belangstelling in die saak en was daar geweldig baie dekking in die media oor die moord, die hofsake in die 1980’s toe die skuldiges vasgetrek is en waar die families van die slagoffers nou is. Dit maak egter geensins die spanning en emosie wat nog in die TV-reeks wag, minder nie. Inteendeel, die reeks gaan kykers nog dieper insig gee in hierdie opspraakwekkende saak en die invloed wat dit op die families gehad het, en vandag nog het.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

“Vanaand het my diep geraak,” het Elsabé Ras op kykNET se Facebook-blad geskryf ná die derde episode. “Terwyl die moordenaars wel later vir die moord vasgekeer is, wat van die emosionele skade wat hierdie moorde aan die familie gedoen het? Hoeveel is daar nie weggeraap van die ouers, die sussie, boetie, tannie en ooms nie?”

“Alle respek vir elkeen wat betrokke was om hierdie storie vir ons oop te breek. Stukkie vir stukkie,” skryf Elize Fourie.

“Mens lees daagliks van moorde en weet nooit van die tragedie wat daarna in families afspeel nie. Puik spel en reeks,” sê Bets Ferreira.

Ook kritici is gaande oor die reeks. Leon van Nierop het die reeks tien sterre op Maroela Media gegee en geskryf: “Dit is briljante gehaltewerk”. Maryke Roberts het op LitNet geskryf: “Ek is trots op hierdie wenproduksie en glo dit doen pionierswerk in hierdie genre in Suid-Afrika en dit boonop in Afrikaans”.

Niggies is Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Spesiale potgooi oor Niggies gaan al jou vrae beantwoord

The post Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era appeared first on rooi rose.

Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Wyfie’: “Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed”
Wyfie het ’n toekenningsmasjien vir Showmax geword, met pryse by MIP Africa en die Silwerskermfees, en benoemings oraloor, vanaf Cannes tot Seoul. Volgende aan die beurt is die Nasionale Rolprent-en-televisie-pryse waar Wyfie vir vyf toekennings benoem is: beste televisiereeks (met draaiboek), beste Afrikaanse televisiereeks, beste nuweling (Mienke Ehlers, sy het dié prys by die Silwerskermtoekennings ingepalm), beste aktrise in ’n televisiereeks (Beáta Bena Green, ook by die Silwerskermtoekennings benoem), en beste byspeler (Marguerite van Eeden, wenner van dié kategorie by die Silwerskermtoekennings).

Cintaine Schutte (Fynskrif, Dinge van ’n Kind), wat vroeër vanjaar ’n Naledi-teaterprys ingepalm het, het vir seisoen twee van Wyfie by die rolverdeling aangesluit as Maggie, Shay se ouer liefdesbelangstelling. Sy staan veral uit in vandeesweek se episodes, met Maggie en Shay (Green) wat hul eerste ete as ’n paartjie aanbied, en Maggie wat dan in Die Grot wakker word en en haar studentedae herleef as sy saam met Amanda (Celeste Loots van Trompoppie en One Piece) dagdronk raak.

Roz Els het met Cintaine oor haar rol in dié treffende universiteitstelenovela gesels:

Hoe het jy deel van Wyfie se rolverdeling geword?

Ek het die Vrydag ’n oudisie gedoen, die Maandag het ek gegaan vir ’n chemistry test met Beáta, en twee dae later het ek begin skiet! Ek was heel verras toe alles so vinnig gebeur het.

Ek is baie bly die rol het oor my pad gekom. Ek het in daardie stadium al ’n bietjie Wyfie gekyk, en dit het na ’n lekker projek gelyk, maar ek wou myself ook uitdaag.

Marcel Spaumer (hoofskrywer) en sy span het toe al ’n idee gehad van Maggie se storielyn, maar nie te ver in die toekoms in nie, en dít was ook ’n nuwe ervaring. Gewoonlik, as jy in ’n reeks speel, kry jy al die episodes se tekste voordat jy begin skiet, maar hier moes ek myself heeltemal oorgee aan ’n nuwe proses, want hulle het geskryf soos wat hulle geskiet het, blok vir blok.

Aanvanklik het ek gedink het my karakter net ’n klein storieboog sou hê, net in en uit die reeks sou wees, maar toe was dit vir my so cool dat hulle Maggie se rol groter geskryf het.

Vertel vir ons meer oor Maggie.

Maggie is ’n professor, sy’s departementshoof van politieke wetenskap by Eike. Sy is bevriend met Ragel (Therese Bam) wat in dieselfde departement werk. Sy ontmoet heel toevallig vir Shay en soos wat die storie verloop, loop hulle al meer in mekaar vas en hulle begin met mekaar kontak maak, minwetend dat Ragel eintlik Shay se ma is. Dít is waar die intrige begin, want jy vang ook vir Shay in die middel van haar storielyn waar haar verhouding met haar ma nie baie goed is nie en dan bo-op dit knoop sy hierdie verhouding met een van Ragel se kollegas, en iemand ouer as sy, aan.

Is daar raakpunte tussen jou en Maggie?

Ek is glad nie soos Maggie nie, maar ek dink Shay ontlok ’n sagtheid in Maggie en dit is iets wat ek as Cintaine ook het, ’n sagtheid. Dis ook my goue reël in die lewe om alles uit ’n ontspanne plek te doen, want dan kan jy enigiets regkry. En dít is wat Shay in Maggie ontlok het. Om al daai mure af te breek, sodat Maggie net kan wees.

Hoe het jy besluit om die rol aan te pak?

Maggie is amper 20 jaar ouer as Shay, maar ek het besluit dat ek nie wil hê dat dit moet gaan oor ’n intergenerasie-verhouding, of ’n gay verhouding nie. Ek wou hê dit moes draai om hoe sy verlief raak op Shay én hoe onverwags dit is.

Maggie het pas uit Duitsland teruggekeer waar sy vir 12 jaar in ’n verhouding met ’n man, Ruan, was. Dit het nie uitgewerk nie, en sy na Suid-Afrika teruggekeer. Maggie het haarself belowe dat sy ’n nuwe hoofstuk gaan begin, nuwe wortels gaan skiet, gefokus gaan wees, ’n lewe bou en miskien enkellopend vir ’n ruk wees. Maar soos die lewe maar is, het Shay haar voete onder haar uitgeslaan, en nou moet hulle saam die uitdagings en kritiek van die samelewing navigeer. Sy’s ’n intelligente vrou, sy weet wat mense gaan dink. Maar hierdie keer is sy ’n bietjie selfsugtig in die sin dat sy nie meer omgee oor wat ander mense van haar dink of verwag nie.

Wat dink jy gaan kykers se reaksie wees?

Dit gaan interessant wees om te sien wat die gehoor daarvan maak. Ek het al klaar my eerste Facebook-tannie gekry wat my oor die vingers getik het. Dít gaan gebeur, en dis wat ek wil hê. Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed, al baklei hulle binne hulself daaroor.

As storievertellers is die grootste plig wat ons het om nie ons karakters te veroordeel nie; wanneer iemand iets van hulle te sê het, moet jy ook opstaan vir hulle. Of jy nou ’n booswig of ’n engel speel, jy moet kan regverdig hoekom hulle doen wat hulle doen. En hier gaan dit oor twee mense wat verlief raak op, en lief raak vir, mekaar.

Hoe was jou ervaring om teenoor Beáta te speel?

Beáte het nogal dieselfde werksmetodiek as ek in terme van hoe ons tonele en karakters uiteensit. So dit was vir my baie lekker om met haar te werk. As sy af-dae gehad het, het ons gou ’n koffie gaan kry en gesels oor wat volgende in ons storielyn was en hoe ons dit wou benader.

En die res van die span?

Jissie, die Wyfie-stel is ’n goed-geoliede masjien en die skietproses is baie samewerkend. Jy kon op stel voel hoe baie almal oor die storie omgee. En natuurlik die aktrises wat die vier wyfies speel – hulle is fantasties.

Wat dink jy is die impak wat Wyfie het in terme van hoe ons stories in Afrikaans vertel?

Dit is vir my verskriklik lekker dat daar nie gesensor word nie. Hulle skram nie weg van enigiets wat taboe is of moeilik is om oor te praat of te kyk nie. Dís vir my opwindend.

In die tyd wat ek Wyfie geskiet het, het ek ook vir die derdejaars by die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement klas gegee en dit was baie interessant om te hoor dat my studente Wyfie fuifkyk. En hoekom? Want hulle vind aanklank daarby!

En dan is daar van my vriende wat 37 is en sommige van hulle trek by drie kinders en Sondag is hul heilige Wyfie-tyd. Mans moenie pla nie, kinders moet op die tablet speel, en dan binge hulle ’n paar episodes. Ek het ook vriende wat in hul vyftigs is wat nie verstaan hoekom hulle dit kyk nie, maar hulle kan nie ophou nie! (lag)

Ek dink wat Marcel en sy span reggekry het – om die storie relevant en lewendig te hou – verdien nogal ’n pluimpie. Ek is baie bly ek was deel daarvan.

KYK | Wyfie se lokprent vir Seisoen twee:

Fuifkyk al 45 episodes van die eerste seisoen, met nuwe episodes van seisoen twee elke Dinsdag op Showmax.

Lees ook: Nico Scheepers, skrywer en regisseur van Nêrens, Noord-Kaap vertel meer oor Deel II se talentvolle jongspan

The post Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Wyfie’: “Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed” appeared first on rooi rose.

10 redes waarom jy die November-uitgawe van rooi rose móét lees!
Christia Visser omhels haar weirdgeit

Met haar donker hare en gevoelvolle toneelspel, het sy ’n magdom aanhangers wat na haar opkyk, maar vir nou wil sy net die beste voorbeeld vir een klein mensie wees …

Wen ’n sprokiestroue!

Een gelukkig leser kan hul droomdag ter waarde van ’n allemintige R435 907,50 wen.

Suid-Afrika se 007

Hoor jy die naam Nico Panagiotopoulos (Panagio vir kort), is jou eerste gedagte dalk daardie Camel Man wat al nege seisoene van M-Net se Survivor SA aangebied het. Hy is ook ’n veelsydige akteur, sakeman, eggenoot en pa van twee.

Cintaine Schutte – heel gemaklik in haar eie vel

Die bekroonde aktrise strewe daarna om elke oomblik werklik te ervaar, is opgewonde oor die toekoms, maar wil nie toelaat dat die rotresies haar insluk nie.

Bobaasbakker

Jy hoef nie die volgende Masterchef te wees om lekker in die kombuis te speel, en te bak en brou nie. Hier is ’n paar eenvoudige idees as die lus jou beetpak

Son-soekers!

Na ‘n lang winter kan niemand meer wag om op die strand en langs die swembad te wees nie.

Die kuns om te kan klets

Kletspraatjies of small talk mag dalk onbeduidend lyk, maar navorsing het bewys dit hou baie voordele in. En die goeie nuus is dit is iets wat jy kan aanleer.

Die stille gevaar van suikersiekte

Diabetes kan ernstige gesondheidsgevare inhou, maar as dit beheer word, kan jy ’n vol en gesonde lewe lei.

‘Ek kies om gelukkig te wees’

Die kollig het 17 jaar lank op haar geval en Ruda Landman was elke Sondagaand op ons TV-skerms as een van die nuusprogram Carte Blanche se ankeraanbieders te sien. Nou vier sy haar 70ste verjaardag, het haar lewe herontwerp en sy is gelukkiger as ooit

Nuwe weivelde

Die gras lyk dikwels groener in ’n ander land, maar is dit werklik so? Drie bekendes wat ver oor die waters gaan wortel skiet het, vertel van die groot aanpassing wat dit verg, die positiewe en negatiewe aspekte van emigrasie sowel as wat hulle van hul heimat mis.

Lees ook: Die Etzebeths deel babanuus ná historiese Rugby Wêreldbeker-oorwinning

The post 10 redes waarom jy die November-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’
Weet jy wat werklik in jou straat aangaan? Hoe goed ken jy jou bure?

Dis die vrae wat Straat, kykNET se nuwe aksiebelaaide dramareeks jou oor sal laat wonder.

Geleë in ‘n skynbare rustige middelklasbuurt se doodloopstraat, bevind die inwoners van Aarbeistraat hulself by ‘n kruispad en debatteer oor die bou van ‘n beskermende muur om potensiële gevare af te weer. Min besef hulle dat hul oënskynlik rustige bestaan op die punt staan om ontwrig te word deur die koms van ‘n fluitjieblaser wat Robert Muller genoem word. Robert se teenwoordigheid bring ‘n gevoel van geheimhouding mee, aangesien hy onder getuiebeskerming is en skuiling kom soek het …

Die drama is propvol kinkels en ontvou verder met die geheimsinnige teenwoordigheid van ‘n huurmoordenaar, bekend as Siener, geïnspireer deur die enigmatiese Siener van Rensburg. Kykers kan ‘n reis van spanning en ontdekking verwag om die identiteit van hierdie enigmatiese figuur te onthul.

Die reeks is geskryf deur die legendariese draaiboekskrywer Paul C. Venter en die regisseur is Morné du Toit wat onder meer die regisseur van die flieks Vuil wasgoed, Hoofmeisie en Nul is nie niks nie was.

Die ster-rolverdeling sluit onder andere Nico Panagio, Amalia Uys, Morné Visser, Marisa Drummond en Leandie du Randt in.

Die bekende aktrise Cintaine Schutte, wat al ŉ Kanna-toekenning, Fleur Du Cap-toekenning en Woordfees-trofee vir haar toneelspel ontvang het, vertolk die rol van Retha. Sy is die floskoppie-vrou van die plaaslike apteker, Hannes Brümmer, vertolk deur Maxwell Smit. Hannes se farmaseutiese kundigheid strek verder as net pille, en Retha se teenwoordigheid voeg nog ‘n fassinerende laag intrige by die reeks …

Deur sy boeiende storielyn bied Straat ‘n humoristiese weergawe van die unieke toestande van Suid-Afrika, van voorstedelike paranoia tot die onderliggende vrese vir die onbekende. Aangesien die reeks persepsies uitdaag en die vraag konfronteer oor hoe goed jy werklik jou bure ken, vertoon dit ook die natuurskoon van Kaapstad, waar die reeks verfilm is.

Karlien Meiring het meer by Cintaine oor die aksiebelaaide drama gaan uitvind.

Wat was jou aanvanklike reaksie toe jy die draaiboek gelees het? Watter elemente van die storie of jou karakter het jou die meeste aangetrek?

Dit was vir my baie verfrissend om te sien hoe die reeks so baie fully fleshed- karakters insluit, elk met hul eie reis wat hul in ’n storie propvol plot twists moet aanpak. Aan die begin moet jy nogal kophou, anders kan dit ‘n mens deurmekaar maak, maar Paul C. Venter het dit reggekry om al die storielyne mooi saam te bind. Elke toneel is gevul met intrige en hou jou op die punt van jou stoel – iets waarvan ek wou deel wees! My karakter was ook dadelik vir my baie interessant. Retha en haar man, die plaaslike aptekers het ‘n groot geheim wat hulle vir die gemeenskap wegsteek … Hoewel die buurt dink hulle ken almal mekaar, is dit glad nie die geval nie omdat almal met hul eie geheime rondloop. Die balans wat getref word tussen die geheime wat gehou word en die geheime wat uitgeblaker word, is boeiend!

Watter boodskap hoop jy neem die gehoor weg van Straat, en hoe dink jy sal kykers by die program aanklank vind?

Die kykers sal aanklank vind by die nuuskierige aard van die mensdom. Wanneer ons stories kyk, is dit lekker om saam met die karakters speurder-speurder te speel om by die waarheid uit te kom.  Straat moedig dit aan. Daar is soveel verskillende intriges in elke karakter se storielyn en jy kan nie anders as om saam na antwoorde te wil soek nie. Ek dink die boodskap wat die reeks oordra, is om nie jouself te ernstig op te neem nie en te weet dat elke huis sy kruis het. Jy dink dalk jy ken jou bure en die jou straat se inwoners, maar jy weet heel waarskynlik bitter min van hulle. Al hoe jy hulle beter kan leer ken, is om vir hulle om te gee en werklik daar vir hulle te wees.

Foto: Carl Kindo

Straat verken ‘n verskeidenheid temas, van spanning tot humor. Watter genre geniet jy die meeste om as aktrise aan te werk?

Ek hou van enige genre en wil myself nie beperk nie, ek hou daarvan om ’n  verkleurmannetjie te wees. Solank ek net stories kan vertel! As storieverteller, is dit my verantwoordelikheid om in enige genre te kan speel, solank dit in die waarheid gegrond is, want dan word die boodskap suksesvol oorgedra.

Wat vind jy die vervullendste daarvan om ’n aktrise te wees, en wat hou jou gemotiveerd in die bedryf?

Dis vir my ‘n groot voorreg om elke dag die geleentheid te kry om stories te kan vertel, of dit nou op die skerm, in ‘n studio, op die planke of agter die skerms aan die produksiekant van dinge is. Dis ook baie vervullend om vir ander werk te skep om stories te kan vertel. My medekunstenaars en vriende hou my gemotiveerd, veral wanneer ons saam sit en ons kreatiewe sappe kan laat vloei. In moeilike tye is ons daar vir mekaar en luister graag na mekaar se idees. Ek is bevoorreg om ’n man te hê wat ook in die bedryf is en dit baie goed verstaan. Ons is baie gelukkig in Suid-Afrika om sulke verskeidenheid mense, kulture en tale se stories te kan verken. Dít hou my geïnspireerd!

View this post on Instagram

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte)

As Retha ‘n buurtbraai of aandete sou aanbied, watter gereg dink jy sou sy voorberei om haar bure mee te beïndruk?

Definitief ‘n mango-poeding! En een of ander fancy gevulde hoendergereg met kaas en spek. Sy sal ook seker maak die wyn word voortdurend geskink … Retha is nie juis iemand vir kosmaak nie, maar ek is seker sy sal wil uithaal en wys met iets wat sỳ dink ander sal beïndruk.

Straat wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

The post Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’ appeared first on rooi rose.