cycling | rooi rose

Die geheim agter bergfietssukses
Die grootste geheim van sukses op jou bergfiets is om goeie balans te hê. Dit gee jou stabilitiet en maak elke hindernis makliker sodat jy jou bergfietservaring soveel meer kan geniet. Om goeie balans te handhaaf, moet jou posisie op die fiets reg wees. Ons onderskei basies tussen twee hoofposisies:

a. Neutrale posisie

Staan op

Kry jou pedale op gelyke vlak

Agterste been byna reguit en voorste been gebuig

Sentreer jou boude se gewig oor die saal

Hou jou ken oor die handvatsel, effens agter jou hande

Arms is effens gebuig

Kop regop en kyk vorentoe

Begin deur iemand te kry om jou fiets vir jou stewig vas te hou terwyl jy op die fiets sit. Staan op en kry jou pedale gelyk met jou agterste been aan die reguit kant en jou voorste been gebuig. Jou boude moet oor die saal wees en jou ken oor die handvatsels.

As jou pedale gelyk staan (level) beteken dit dat jou gewigsverspreiding gelyk is op beide wiele en so het jy veel meer stabilitiet.

Jy het dus beter balans deur te staan as wanneer jy op jou saal sit. Omdat jy “los” op die fiets is, kan jy jou lyf en die fiets beweeg om jou balans te korrigeer wat jy nie kan doen as jy in die saal sit nie.

Wanneer gebruik jy dit?

Hierdie posisie is ideaal vir gewone plat paadjies of waar jy enige kleiner hindernisse moet aandurf soos deur ’n smal hekkie of oor bruggies.

b. Aanvalsposisie

Hierdie posisie is nodig as jy hindernisse aandurf soos afdraende, klipperige gedeeltes of bloot gereed wil wees vir onverwagse hindernisse. Die posisie is meer uitputtend en dus wil jy nie die hele tyd in hierdie posisie wees nie.

Staan regop

Pedale gelyk

Hou jou ken oor die handvatsel, effens agter jou hande

Buig by jou heupe sonder om jou lyf vorentoe te beweeg

Buig jou arms baie meer en jou bors kom nader aan die handvatsels

Nou is daar meer gewig op die voorwiel om te verseker dat dit nie onder jou padgee nie. Dis ideaal as jy afdraende ry of oor ongelyke oppervlaktes soos klippe ry.

Lyne by foto’s

• Wit lyn: liggaamsposisie

• Groen lyn: ken oor handvatsel

• Geel lyn: middelpunt van massa tussen die wiele

• Blou lyn: kyk vorentoe

• Rooi pyl: bring bors laer soos jy by heupe buig. Ken bly steeds oor die handvatsels

Raad verskaf deur Marc Fourie, hoofvaardigheidsinstrukteur, PwC Bike Park, Sandton. Vir meer inligting en lesse, kontak hom by skills@bikepark.co.za

Ons toets RapStrapz

RapStrapz is een van die handigste toebehore wat ek nog vir my fiets aangeskaf het en ’n wonderlike Kersgeskenk vir enigeen wat fietsry. Kies uit twee verskillende ontwerpe. Die een gebruik jy onder jou saal (dit werk steeds as jy ’n “dropper post” vir jou saal het) en kan in plaas van ’n saalsakkie gebruik word. Daar is plek vir alles wat jy nodig het om ’n wiel reg te maak en geen irriterende geratel as jy ry nie. Die ander een kan jy op jou dwarsstang monteer om ’n ekstra waterbottel of baadjie in die winter te akkommodeer. Elke RapStrapz kos R249 en is tans net by Cycle Lab Mega-winkels of aanlyn by rapstrapz.com beskikbaar. As jy ’n RapStrapz koop, kan jy ’n gratis span-inskrywing vir 2018 se Sani2C Trail-wedren ter waarde van R20 000 WEN! Kompetisie eindig 30 November 2017.

Twee gelukkige rooi rose-lesers kan elk een RapStrapz wen. SMS RapStrapz, jou naam, adres en ID-nommer na 48409.

Kompetisie sluit op 30 November om 24:00.

Reëls en voorwaardes geld

SMS’s kos R1,50 en gratis SMS’e tel nie.

The post Die geheim agter bergfietssukses appeared first on rooi rose.

Fietsry kraai koning by die 20ste 947-uitdaging
As jy nog nie vir die Telkom 947 Cycle Challenge op 11, 12 November (bergfiets) en 19 November (padfiets) ingeskryf het nie, sal jy moet wikkel. Inskrywings sluit binne die volgende twee weke en hierdie jaar is dit die twintigste herdenking. Besoek cyclechallenge.co.za vir inskrywings.

Lees ook: Ons gesels met Louis Meintjes

Die padfietswedren op Sondag, 19 November is naas die Cape Town Cycle Challenge die tweede grootste gereguleerde fietswedren in die wêreld. Die padfietswedren strek oor 94,7 km en daar is gewis ’n paar tranetrekker-bulte wat jou gaan laat wens dat jy meer aandag aan jou oefenprogram gegee het.

Daar is drie afstande in die bergfietswedrenne. Op die Saterdag is daar die 25 km en 55 km wedrenne en jy moet ’n kwalifiserende wedren vir die 55 km voltooi. Dit is vir die meer ervare ryers en so voorkom dit die frustrasie van opeenhoping van ryers by moeiliker tegniese gedeeltes. Daar is ook ’n 10 km-wedren vir beginners en jonger ryers op die Sondag. Net die ding vir die hele gesin solank almal bo sewe jaar oud is.

Die Kiddies Ride op Saterdag is vir tjokkertjies van twee tot tien jaar oud en wissel in afstande van 1 km tot 5 km.

Die bergfietswedrenne beloof om jou sommer baie interessante paadjies in en om Johannesburg te wys en boonop is dit nooit elke jaar presies dieselfde roete nie. Die langer roete loop deur seksies in Steyn City en Heron Bridge College wat nie gewoonlik oop is vir Jan Publiek nie en die 25 km-roete sluit seksies in Glenfernness en Cluny Farm in.

Dit maak nie saak wat jou vlak van vaardigheid of fiksheid is nie, daar gaan ’n wedren wees wat jou soos ’n handskoen pas. Gelukkig is daar nog twee en ’n half maande oor waar jy jou fiksheid tot ongekende hoogste kan verbeter. As jy ’n lid van ’n gim is, is dit ideaal om deur die week “spin” of “wattbike”-sessies te doen om jou kardio-fiksheid te verbeter.

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

Naweke is die tyd om jou ysterperd in die buitelug los te laat en die heerlike lente-weer te geniet. Begin geleidelik om beserings te verhoed. Dit is altyd beter om eerder ’n bietjie onfiks en sonder beserings by die wegspring op te daag as oorgeoefen en met al wat skeet en besering is.

Lees ook: Rol die skete weg

As jy nie lid van ‘n gim is nie en nie deur die week kan ry nie, kan jy deur die week hardloop. Dis net sulke goeie oefening en gaan jou sommer lekkker fiks maak vir fietsry.

As jy in koue angssweet uitslaan by die blote gedagte aan steil afdraende of ander tegniese uitdagings, het jy steeds genoeg tyd om jou vaardighede op te skerp. Kontak gerus die PwC Bike Park in Sandton (010 591 9273) vir privaat- of groeplesse. Die geld wat jy hierop uitgee gaan jou eindelose pret verskaf en boonop geld by die fisio en hospitaal se ongevalle spaar.

Lees ook: Balans jou beste wapen op ’n bergfiets

Maak seker dat jy altyd ’n identiteitsbandjie dra en moenie op jou eie op afgeleë plekke bergfiets ry nie.

The post Fietsry kraai koning by die 20ste 947-uitdaging appeared first on rooi rose.