december | rooi rose

Kaapstad, Port Elizabeth en Durban: reis slim
Tydens die Desembervakansie raak Suid-Afrika se kusstede oorvol. Luane Lavery, handelsmerk-kommunikasiebestuurder van British Airways en kulula.com, het blink planne vir aktiwiteite en kuierplekke wat jou meer leefruimte kan gee.

Oorweeg dit om na jou bestemming te vlieg en daar ’n voertuig te huur. So spaar jy stresvolle ure agter die stuur, en kom jy meer uitgerus by jou vakansieplek aan.

Kaapstad

Selfs wanneer julle met jul eie motor kus toe ry of een daar huur, gaan jy met verkeersopeenhopings te doen kry. Span die motor vir langer ritte in en gebruik openbare vervoer vir korter afstande. Die doeltreffende MyCiti blits-busstelsel in Kaapstad werk met ’n veegkaart (swipe card) en op die meeste roetes is daar elke vyf minute ’n bus. Anders as die stad se treinstelsel is die busse betroubaar en veilig, en die toegewese buslane verseker vinnige, maklike toegang tot uithangplekke en besienswaardighede soos die Bo-Kaap, Distrik Ses of die Kompanjie Botaniese Tuine; Kampsbaai, Llandudno, Seepunt en Big Bay se strande; en saans Mouille- en Groenpunt of Kloof- en Langstraat.

Op die meeste roetes is daar elke vyf minute ’n bus

Neem byvoorbeeld die bus na die V&A Waterfront en eet daar ontbyt. Besoek ’n strand, gaan na Melkbosstrand of Houtbaai vir middagete, neem vlieërski-lesse by Blouberg, en neem dan ’n bus na die Tafelberg-kabelkarstasie vir ’n skemerkelkie op die kruin (sien myciti.org.za)

As jy eerder self bestuur, kan jy uit lieflike, wêreldbekende roetes kies. Dink maar aan Chapman’s Peak, die Drive op die Atlantiese kusstrook, Clarens Drive op die Valsbaaikus, en die heropende M4-roete al langs die suidelike skiereiland na Simonstad en Kaappunt.

Port Elizabeth

Hier is talle aanloklikhede soos warm seewater, gasvrye mense en markte, maar bo en behalwe die populêre strande wag daar versteekte juweeltjies. Jy kan byvoorbeeld ’n dag by Sardiniabaai deurbring – swem, snorkel, en lekker rondlê. Weens die verskuiwende sandduine moet strandgangers ’n paar honder meter van die parkeerplek loop, dus mag daar minder mense wees as in die stad. Jy kan ook ’n deel van die Sacramento-staproete (of die volle roete) aandurf. Mik daarna vir die Cork Wine Garden in Walmer en beloon jouself met tapas en uitsonderlike kase, brode en vleise.

Durban

Nes Port Elizabeth is Durban se water heerlik warm, en baie Gautengers stroom hierheen vir die Kersvakansie. Dit beteken die paaie, winkelsentrums en strande wemel van mense. Oorweeg Luane se voorstelle:

Die Kwa-Zulu Natalse Kunsvereniging in Glenwood word as die provinsie se voorste kontemporêre kunsgalery beskou. Die sterk fokus op plaaslike kuns en ontwerp stimuleer die plaaslike kunsgemeenskap en die winkel bied handgemaakte ware wat hoë kwaliteit huis- en juweliersware, klere en speelgoed insluit. Die Arts Café bedien ontbyt en middagete (sien www.kznsagallery.co.za).

Die Umhlanga Strandmeer Natuurreservaat is net 26 hektaar groot, maar die tuiste van honderde dier- en voëlspesies. Daar is daagliks begeleide staptoere deur die woud na die duine en strand, en mooi piekniekplekke.

Giba Gorge naby Pinetown bied onder meer ’n bergfietsroete en roetes vir fiets- en perdry-entoesiaste. Loer in by die restaurant, die Stockville Rd Kitchen (sien gibagorge.co.za).

Noord sowel as suid van Durban is daar ’n hele verskeidenheid mooi strande. Probeer Blythedale-strand, Salt Rock, en Ballito-baai.

The post Kaapstad, Port Elizabeth en Durban: reis slim appeared first on rooi rose.

Is jou noodhulptassie gepak?
10 noodsaaklikhede vir jou noodhulptassie

1. Bewegingsiek – of naarpille

Hierdie is baie belangrik aangesien daar niks erger is as om jou vakansie met ’n naar gevoel op jou maag te begin nie. Hierdie tipe medikasie is beskikbaar in tablet- en stroopvorm.

Lees ook: Die beste raad vir reisnaarheid

2. Antiseptiese rome, verbande en pleisters

Vir kleiner sny- en skaafwonde is hierdie drie items noodsaaklik. Pak ’n botteltjie antiseptiese sproeimiddels of -lappies wat maklik is om te gebruik wanneer jy aan die gang is. Enige noodhulptassie moet altyd ’n versameling pleisters, steriele gaasverbande, verbande, mediese kleefband en natuurlik ook handskoene bevat. Vra ’n apteker om jou te help om hierdie items te kies.

Lees ook: Die regte noodhulpkissie kan ’n lewe red

3. Brandwondstelletjies en -dekverbande

Dis belangrik om jel vir brandwonde in jou noodhulptassie te hê. Hierdie jel is steriel en baie strelend vir minder ernstige brand- of skroeiwonde. Moet nooit botter aan ’n wond smeer nie en moenie brandblase bars nie. As die brandwond oor ’n groot area op jou liggaam strek of diepliggend is, kry dringend mediese hulp.

Lees ook: 5 slim truuks met ’n teesakkie

4. Skêr, haakspelde en haartangetjie

’n Skêr en haakspelde is ideaal om verbande te knip en vas te bind. Haartangetjies help om splinters te verwyder. Indien jy vlieg, onthou dat hierdie items nie in jou handbagasie aanvaar sal word nie, so pak dit eerder in jou tas wat in die bagasieruim gestoor word.

5. Sonroom en aftersun-produkte

Dit is noodsaaklik om jou vel behoorlik van die son te beskerm. Gebruik ’n room wat ’n SBF van minstens 20 bevat en onthou ’n nasorgproduk (aftersun) indien iemand sonbrand opgedoen het.

Lees ook: Kies die regte sonbrandroom vir jou kinders

Lees ook: Sonroom-wenke vir die somer

6. Rehidrasie-sakkies en teen-diarreetablette

Dehidrasie gebeur vinnig en skielik en kan verswakkend wees, veral by klein kindertjies of as jy diarree het en naar is. Teen-diarree-medikasie wat oor die toonbank beskikbaar is kan die simptome van diarree en ’n ontstelde maag verlig, maar jy word aangeraai om dit slegs as volwassene te gebruik. Kinders wat diarree of naarheid ervaar se simptome moet eerder bestuur word met rehidrasie. Indien hierdie simptome vir ’n geruime tyd aanhou of baie ernstig ervaar word, moet jy by ’n dokter uitkom.

Lees ook: Alles wat jy van dehidrasie moet weet

7. Pynmedikasie

Pynmedikasie kom voor in baie vorms en is geskik vir gevalle wanneer iemand pyn ervaar of koorstig is. Persone wat lewerprobleme, parasetamolallergieë of op chroniese medikasie is, moet hul dokter spreek om seker te maak dat die regte pynmedikasie gebruik word: parasetamol kan baie negatiewe reaksies ontlok.

Lees ook: Hoekom vroue makliker verslaaf raak aan pynpille

8. Insekweerder

Vermy insekbyte en muskietsteke deur insekweerder te dra, veral saans wanneer hulle meer geneig is om te byt. Alhoewel jy ook malariapille in malaria-gevaarareas moet neem, help insekweerders (veral dié met DET) om byte te voorkom.

Lees ook: Systap vakansieskete

Lees ook: Die tekens van malaria

9. Anti-histamien

Anti-histamien, wat oor die toonbank gekoop kan word in stroop- of tabletvorms, word gebruik om hooikoors te behandel en is ook effektief om die jeukerigheid en inflammasie te verminder wat veroorsaak word deur kontakallergieë en insekbyte.

Lees ook: 21 items vir jou noodhulptassie

10. Voorskrif- en chroniese medikasie

Indien jy chroniese medikasie, soos bloeddrukpille of ’n asmapompie gebruik, maak seker dat jy genoeg daarvan inpak vir die tyd wat jy weg sal wees. Dis belangrik om afskrifte van jou voorskrif saam te neem aangesien jy dit dalk nodig kan kry as jy oor landsgrense ry en sodat jy herhalings in die hande kan kry indien jou medisyne tydens jou vakansie opraak, of as die tasse waarin die medisyne vervoer word, wegraak. Dis ook ’n slim plan om foto’s van die verpakking van jou voorskrifmedisyne te neem sodat jy vir dokters en aptekers kan wys indien nodig. Om ’n apteker te vertel dat jy ’n wit pilletjie vir jou hart drink gaan nie veel help as julle medisyne probeer uitken nie.

5 dinge om in ag te neem wanneer jy reis

1. Onwettige medikasie

Indien jy internasionale reise meemaak is dit wys om op te lees oor die spesifieke lande se reëls rondom medikasie voordat jy medisyne in daardie land inneem. Sekere klasse van medikasie kan onwettig geag word in sekere lande, so jy sal ’n brief moet kry van jou dokter wat die voorskrif verduidelik.

2. Inentings

Voordat jy iewers heen reis, maak seker dat jy die nodige inentings het vir die streek wat jy betree. Sekere lande sal jou nie toelaat om hul grense te betree as jy nie die korrekte inentings binne die regte tydperk gekry het nie.

3. Reisversekering

Maak altyd seker dat jy reisversekering uitgeneem het indien jy buite die landsgrense reis. Dit sal verseker dat jy die bes moontlike behandeling ontvan indien jy siek raak of in ’n ongeluk beland wat behandeling in ’n hospitaal of mediese sentrum benodig.

4. Noodnommers

Doen navorsing oor jou reisbestemming en kry nommers van plaaslike dokters, hospitale, vergiftifingsnoodlynnommers, ambulanse, pediaters, ens.

5. Plaaslike apteke

Aptekers is altyd gretig om te help. In meeste Suid-Afrikaanse dorpe sal jy ’n plaaslike apteek vind met ’n apteker wat graag sal raad gee en jou help indien jy mediese raad benodig, voorskrifte moet optel en medikasie oor die toonbank wil koop.

Lees ook: Die regte noodhulpkissie kan ’n lewe red

Lees ook: Aspirien is wondermiddels, mits …

Inligting verskaf deur die Onafhanklike Gemeenskaplike Aptekersvereniging

The post Is jou noodhulptassie gepak? appeared first on rooi rose.

Nuttige wenke: partytjietyd
Die spyskaart

Besluit eers hoeveel gaste jy wil nooi voor jy op die spyskaart besluit. Hoe meer mense jy nooi, hoe makliker moet jou spyskaart wees. Hou ook die tipe gaste en die seisoen in gedagte wanneer jy ’n spyskaart kies.

Waar?

Waar jy jou partytjie gaan hou, hang af van die tipe partytjie, die weer, die hoeveelheid gaste en jou begroting. Wees bereid om ’n paar meubelstukke rond te skuif. Dek sommer ’n lang tafel in die gang. As ruimte ’n probleem is, omskep ’n ander vertrek in ’n kroeg. Bedien die verwelkomingsdrankies in die somer op jou stoep of patio

Kry hulp

Vir elke twintig gaste het jy een kelner nodig. As jou kinders oud genoeg is, span hulle sommer in. Indien jy meer gaste het, kan jy die pligte verdeel. Kry een persoon wat die drankies bedien en een wat die kos bedien.

Sonde met die bureStel die bure in kennis dat jy ’n partytjie gaan hou. Gaan lewer ’n bos blomme of bottel wyn af met ’n geskatte tyd van wanneer die partytjie sal klaarmaak.

’n Krisis

As die hoofgereg ’n mislukking is, koop vis en tjips. Sit dit voor in koerantpapier met suurlemoenwiggies en mayonnaise. Anders kan jy jou beste pastagereg aanmekaarslaan. En jy kan steeds die sjampanje skink. Onthou, die saamwees en kuier is baie belangriker as ’n perfekte driegangete.

The post Nuttige wenke: partytjietyd appeared first on rooi rose.