delhi | rooi rose

Reis na Indië: deel 3
Bekend vir sy idiliese strande en pragtige agtergrond vir gewilde Bollywood films, lê die pragtige staat van Goa. Dit is ook ’n gewilde vakansiebestemming vir Europese toeriste, en waarom nie – na ’n kort vlug kan toeriste hul tone in die louwarm seewater steek en die luukse diens van die land se voorste vyfster hotelle geniet, en dit teen ’n fraksie van die prys!

Die beste tyd om Goa te besoek, is gedurende die wintermaande wat strek tussen Oktober en Februarie. Die temperature is dan ’n gerieflike 15 – 20 grade saans, en 25 – 30 grade deur die dag. Toeriste vermy Goa in die somer (Maart – Mei) waar temperature tot 40 grade kan styg en dit onuithoubaar maak om slegs jou kop by die deur uit te steek! In kontras ervaar Goa ook swaer reën wat gewoonlik in Junie begin en voortduur tot September. Die meeste strandkafees is gesluit en daar is geen teken van hul bekende nagpartytjies nie. Die goeie nuus is dat dit wel die tyd is wanneer jy enorme winskopies op hotelpryse kan kry.

Die Suide van Goa is bekend vir sy rustigheid en familie-georiënteerde vakansieoorde waar die Noorde meer die jonger toeriste lok met hul bekende “trans” partytjies, karnavalle, musiekfeeste en tydelike strandkroë en kafees.  Hier sal jy ook besige aandmarkte raakloop wat enigiets van speserye tot juwele (uit skulpe), verkoop.

Goa bied nie net ’n seevakansie nie, die diverse staat bevat ook ’n verskeidenheid van spesery-plantasies, museums, tempels, watervalle, mere en wildtuine. Daar is ook digte tropiese landskappe wat dit ideaal maak vir staptogte en prentjiemooi uitsigte.

Ek was bevoorreg om twee nagte in die luukse Leela Keminski-vakansieoord te spandeer. Die oord spog met sy eie privaat strand, gholfbaan, nagklub, tennis- en basketbalbane, ’n verskeindenheid restaurante, asook luukse kamers elk met sy eie uitsig oor die strandmeer. Daar is ook ’n spa, salon en watersportaktiwiteite. Die oord bied elke dag verskillende aktiwiteite aan, van vroegoggend joga tot kooklesse en laatmiddag vlugbal in die swembad.

So sluit ek my artikel af met ’n yskoue “Pina Colada” in my hand.

Tot volgende keer,

Groete vanuit  “Incredible India” – Goa

Foto’s: www.shireenlouw.com. Besoek ook www.inspiredwomen.co.za vir meer besonderhede.

The post Reis na Indië: deel 3 appeared first on rooi rose.