diabetes | rooi rose

Diabetes en Diere
Deur Zerelda Esterhuizen

Diabetes in honde en katte kan op enige ouderdom voorkom. Die ouderdom vir honde is egter gewoonlik tussen vier en 14 en by katte tussen sewe en tien jaar. Die meeste katte met diabetes is gewoonlik ouer as ses jaar. Obesiteit is ’n groot risikofaktor.

’n Kat by die veearts. Foto: Pexels

Simptome

As diere baie meer water drink en urineer, gewigsverlies, swak aptyt, oë wat melkerig lyk (veral by honde), chroniese en terugkerende infeksies (soos vel- en blaasinfeksies).

Behandeling

Nadat ’n veearts die dier met diabetes gediagnoseer het, sal insulien voorgeskryf word. Dit kan net ingespuit word. Die dier se dieet sal ook aangepas moet word.

Bron: www.avma.org

Lees ook: Gee om – dis goed vir jou!

The post Diabetes en Diere appeared first on rooi rose.

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is
Die risiko op hartsiektes, skildklierprobleme, hoë bloeddruk, kanker (bors-, kolorektaal en serviks), verhoogde cholesterolvlakke, diabetes, osteoporose, en natuurlik ook omdat jy nou die menopouse nader, maak korrekte inligting noodsaaklik.

Dr. Adri Kok, internis-spesialis by die Uniehospitaal in Alberton, sê mense moet bewus wees van risiko en simptome. “Dis selfs belangrik om jou dokter te vertel watter vitamienaanvullings en pynpille jy gebruik, want dit kan verskeie dinge beïnvloed – van hoe jou liggaam medisyne absorbeer tot chroniese bloeding.”

“Een van my pasiënte het besluit om nie meer haar cholesterolmedisyne te neem nie omdat haar vriendin wat dieselfde medisyne neem, spierpyne ontwikkel het,” vertel dr. Marius Visser*.

“Ek was baie bekommerd toe dié vyftigplusser ’n paar maande later terugkom en haar bloedtoetse steeds verhoogde cholesterolvlakke wys. Natuurlik het ek besluit haar dosis moet verdubbel word. Sy het toe skaam erken dat sy haar medikasie gestop het. Dit was nie wys van haar nie, en sy moes my eerder geraadpleeg het voor sy die besluit geneem het. Sy het haar aan die verhoogde risiko van ’n hartaanval of beroerte blootgestel.”

“Een van die gevaarlikste dinge wat pasiënte kan doen, is om hul medisyne te stop sonder om die dokter te raadpleeg.”

Dr. Quinten Fourie, algemene praktisyn van Vaalpark, Sasolburg, sê as jy die beste hulp wil hê, moet jy jou dokter al die “instrumente” gee om jou na sy beste vermoë te help.

“Die inligting wat ek van die pasiënt kry, is deel van my proses om ’n diagnose te maak. As sekere inligting weerhou word, kan ek selfs verkeerde besluite neem. As jy nie vir my die volle waarheid oor jou hallusinasies vertel nie, kan ek jou na die verkeerde spesialis verwys. Dit kan maak dat ons nooit agterkom dat jy temporale lob-epilepsie het, en nie ’n bipolêre gemoedsversteuring nie.”

Marinda* sê kolonkanker sou in ’n vroeër stadium by haar gediagnoseer en behandel kon word as sy eerlik met haar dokter was.

“Ek het bloed in my stoelgang ontdek, maar eers net vir die dokter gesê dis ’n aambei wat pla. Omdat ek nie lus was vir ’n ondersoek nie, het ek nie al die simptome genoem nie. Sy het medisyne voorgeskryf en ek het gehoop die bloeding sal stop. Dit het nie. Ek is ná ’n maand terug, is gestuur vir ’n kolonoskopie en kolonkanker is gediagnoseer. Behalwe maande se behandeling, moes hulle ook ’n stuk van my dikderm verwyder.”

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is

Laat neem jou bloeddruk

Hoë suikervlakke – Toets: Bloedtoets. “Hoë suikervlakke kan tot diabetes of obesiteit lei,” sê Adri.

Osteoporose – Toets: Beendigtheid. “Jou risiko is selfs groter as jy geen of min kalsium inneem, nie gewigdraende oefening doen nie en rook,” sê Adri.

Borskanker – Toets: Mammogram en sonar. “10% van klein letsels word nie deur ’n mammogram opgetel nie. Dis wys om albei toetse te doen,” sê Adri.

Kolorektale kanker – Toets: Stoelgangtoets en kolonoskopie. “As daar enige onverklaarbare verandering in jou stoelganggewoontes is (jy is skielik hardlywig, waar jy vroeër nooit gesukkel het nie), of as jy bloedarmoede het, moet jy jou dokter vertel,” sê Adri.

Servikale kanker – Toets: Papsmeer. “Jy moet dié toets laat doen vandat jy seksueel aktief is, of as daar ’n familiegeskiedenis van servikale kanker is,” sê Adri.

Skildklier – Toets: Bloedtoets met ’n TSH-vlak. “’n Onderaktiewe skildklier affekteer alle organe, lei tot gewigtoename, droë vel, kan jou hartklop afbring, baie laat bloei as jy nog menstrueer en jou sommer net moeg laat voel,” sê Adri.

Cholesterol – Toets: Bloedtoets wat die LDL- (die “slegte” cholesterol), HDL (“goeie” cholesterol) en trigliseriede (veroorsaak inflammasie) toets. Jou LDL moet onder 1,8 wees (jy word met ‘n LDL van 1 gebore), HDL moet meer as 1,2 wees.

Wees bewus van jou gewig

Abdominale vet is slegte vet. Die omtrek van jou middellyf moet onder 84 cm wees, anders neig jy na obesiteit. Die enigste bevolkingsgroep op wie dit nie van toepassing is nie, is die Oosterlinge, wie se liggaamsbou kleiner is. Die risiko’s van slegte vet is hartsiektes, kanker (bors- en uteruskanker) en osteoartritis.

*Skuilname

Lees ook: Verlaag jou risiko op pankreaskanker

The post Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is appeared first on rooi rose.

33 gesonde kosse sónder suiker vir jou en jou kinders
Minder suiker, minder geprosesseerde kosse. Ons hoor dit elke dag. Maar hoe doen mens dit? Wat gee jy vir jou altyd-lus peutertjie en laerskoolkinders wat soos riete opskiet en uitrank? Wat hou jy in die koskas vir hongerige tieners wat hulself wil help? Daarby wil ons almal ons kinders help om hul volle potensiaal te verwesentlik, wat daarop neerkom dat ons nie net hul lyfies nie maar ook hul brein wil voed.

3 gesonde vette

Jou kind het baie vette nodig, spesifiek gesonde vette soos die omega 3’s, want rondom 60% van sy brein bestaan uit vette. Die omega 3’s help veral dat sy neuro-oordragstowwe op hul beste werk, sodat hy op en wakker is, alles inneem wat in die klas gebeur en flink reageer. Wat kan jy in jou koskas aanhou vir snoepgoed propvol gesonde vette?

1. Avokado – net so, op broodjies, of in skyfies gesny en in sesam- of pampoensaad gerol

2. Neute – al die soorte. Nota: dit is altyd beter om rou, ongesoute neute te koop. Geroosterde neute kan hul voedingswaarde verloor. Daarby wil jy nie ’n smaak vir sout by jou kind ontwikkel nie.

3. Grondboontjiebotter – net so, en op skooltoebroodjies en dbrosbeskuitjies

14 vrugte en groente

Dit is die hoofbron van vitamiene en anti-oksidante. Jou kind se brein het veral B-vitamiene nodig vir sy neuro-oordragstowwe om goed te werk. Vitamien C help hom yster opneem, wat op sy beurt help om suurstof na die brein te neem en vitamien E en C help vermoedelik met verbale vaardighede. Wat hou jy in die huis vir snoepgoedjies?

4. Appels – dink aan gedroogde appelringe, gebakte appels, kits vrugteslaai van skyfies appels en skyfies lemoene

5. Pere – vars of gedroog

6. Waatlemoen

7. Spanspek – in vrugteslaai of groenslaai, saam met botterslaaiblare en jonguie

8. Mango – vars of gedroog

9. Nektariens, perskes, appelkose – vars of gedroog

10. Piesangs – vars of gedroog

11. Kiwi-vrugte

12. Druiwe

13. Dadels – gekap saam met neute en geroosterde lynsaad

14. Komkommer – gesny in vingers of ringe, saam met maaskaas as doopsous

15. Droë vrugte, vrugtelekkers, vrugtestafies. Nota: Die beste is die soort wat nie in suiker gerol is nie.

16. Wortels – slaai, stokkies, stokkies saam met dadels

17. Alle groente – Min kinders gaan hieraan dink as tussenhappies, maar vars ertjies wat jou kind self uitdop en dop-en-al eet is weer iets anders.

Sorg dat jou kind saam met elke ete ten minste een groentesoort inneem. Sorg dat jy altyd enige vyf van hierdie in jou yskas het: ertjies, komkommer, slaai, kool, boontjies, pampoen, rissies, skorsies, botterskorsies, murgpampoen, blomkool, brusselse spruite, broccoli, blaarslaaie, jonguie en kruie.

5 stysels

Dit is die energiebrandstof vir jou kind se lyf èn brein. Die brein word beskou as die energie-ondoeltreffendste orgaan in die hele liggaam – met ander woorde, breinwerk verbrand net so baie energie as rondspeel, al lyk dit nie so nie. Growwe stysels verskaf ook vesel vir daaglikse gereeldheid, wat nodig is om toksiese stowwe, wat ook vir die brein skadelik is, uit te werp.

Wat kan jy aanhou?

18. Springmielies

19. ‘Bruin’ stysels soos heelgraanbrood, rogbrood, steenmeelbrood

20. Hawermout – verskuil dit in muesli en mueslilekkers

21. Tuisgemaakte koekies en beskuit met bestanddele soos semels, hawermout, neute, sade en klapper. Nota: Een per dag is genoeg.

22. Sjokolade – dit tel onder die beste van die lekkers omdat dit anti-oksidante, sink en vitamien A bevat. Maar hou by ’n blokkie of twee per dag, omdat dit baie suiker bevat.

6 suiwels

Melk help jou kind se geheue bou. Melkdrinkers vaar tot vyf keer beter in geheuetoetse as nie-melkdrinkers, en dié wat minstens een glas melk per dag drink, vaar beter met alle breinfunksies as dié wat minder of niks drink nie. Melk sal die brein as geheel help.

Wat sit jy voor?

23. Melk – melkkos, gegeurde melk, melkysies. Nota: Gekoopte gegeurde melk kan geweldig baie suiker bevat. Klein porsies hiervan is oorgenoeg. Koop liewer melkgeurmiddels, maak dit van die begin af flou aan sodat jou kind nie te gewoond raak aan baie soet smake nie, en bedien die melk in klein glasies.

24. Jogurt – kies liewer die volvet, suikervrye jogurt as laevet jogurt wat gewoonlik baie suiker bevat.

25. Kaas – skyfies, blokkies, gerasper, gesmelt … op énige iets!

26. Smeerkaas, kaaswiggies – dit word deesdae as ’n gesonde produk beskou.

27. Vla – heerlik gesond, as jy dit tuis maak en min suiker gebruik

28. Roomys – heerlik gesond as jy dit self maak en min suiker gebruik.

5 proteïene

Dit help nuwe breinselle bou en help veral met langtermyn geheue, sodat jou kind die feite wat hy nou leer oor ’n jaar (of tien jaar) steeds sal onthou. Die volgende lyk al te veel na gewone kos, maar dit is ook uitstekende happies omdat veral groeiende tienerseuns ekstra proteïene gebruik om spierweefsel te bou.

Wat sit jy voor?

29. Eiers – Tieners kan heerlik met eiers eksperimenteer en self eiers kook of roer, en met allerlei bestanddele opkikker. Stimuleer hul ondernemingsgees en lus om te eksperimenteer deur gekookte eiers af te dop en te rol in paprika, of gekapte knoffel, jonguie of tiemie.

30. Hoender – kouehoender, vlerkies, boudjies, skyfies borsies vir ’n slaai

31. Vis – maak kamma-sushi met blikkie-tuna, gepekelde gemmer,sojasous en wasabi

32. Frikadelle – groot, plat frikadelle op ’n broodjie, klein, rondes in ’n slaai of sop, ’n sosatiestokkie met klein frikkadelle en babatamaties

33. Gaar wors – in ’n worsrolletjie, saam met kaasblokkies

Lees ook: Eet jou pad na goeie sig: Kos vir gesonde oë

The post 33 gesonde kosse sónder suiker vir jou en jou kinders appeared first on rooi rose.

Verlaag jou risiko op pankreaskanker
Jy moet asseblief bedag wees op pankreaskanker. Die tekens is so algemeen dat mens dit miskyk en dink dit is skete wat jy sommer self tuis kan regdokter.

Dit bly een van ons gevaarlikste kankers. Die beste uitweg is om dit vroeg op te spoor, om die siek pankreas vroeg te verwyder, voor die kanker versprei.

Simptome van pankreaskanker

Hier is die vroeë tekens van pankreaskanker:

Jy het dikwels ’n opgeblaasde gevoel oor jou maag.

Jy kla gereeld dat jy pyn oor jou maagarea het.

As jy mooi in die spieël kyk, het jou vel ’n effense geel skynsel. Die wit van jou oë is gelerig, eerder as wit.

Jy het aanhoudende spysverteringsprobleme.

Jy is gediagnoseer met diabetes.

Jy verloor gewig, sonder dat jy dieet.

Is dit noodwendig pankreaskanker?

Glad nie. Soos jy kan sien, is die simptome baie algemeen. Die vraag wat jy jouself moet afvra is hoe gereeld jy met die simptome sukkel. As jou maag net soms opgeblaas voel of as dit ongemaklik is omdat jy iets geëet het wat winderigheid veroorsaak, is dit nie relevant nie. As jy egter chronies daarmee sukkel en die ander simptome ervaar, laat jou dokter jou evalueer.

Die beste manier om pankreaskanker te behandel is om dit vroeg op te spoor, sodat die aangetaste weefsel verwyder kan word, voor dit versprei.

Maklike maniere om jou kans op pankreaskanker laag te hou

Sekere dinge verhoog jou risiko. Maak werk van dit wat jy kan beheer.

Eet meer groente en vrugte. Dit het ’n beskermende uitwerking.

Sny op rooivleis. Vier porsies per week is oorgenoeg.

Hou op rook. Dit verdubbel jou kans op pankreaskanker.

As jy familie het met enige van die volgende kankers, moet jy jouself versigtiger en meer gereeld evalueer vir pankreaskanker: borskanker, kolonkanker, eierstokkanker of melanoom (velkanker).

As jy bo 60 is verhoog jou kans op byna enige kwaal. Daarom moet jy gouer dokter toe gaan as iets jou opval as ongewoon.

Jy het diabetes. Hierdie kanker is effens meer algemeen onder mense wat lank reeds diabetes het. Diabetes kan ook een van die vroeë tekens van pankreaskanker wees.

Lees ook: Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou

The post Verlaag jou risiko op pankreaskanker appeared first on rooi rose.

Hoekom word jy flou?
Deur Salomé Delport. Foto Freepik

Jy vra

My dogter (14) het by die skool flou geword. Die dokter sê dit is niks. Maar ek is bekommerd.

Ons antwoord

In die sappigste liefdesverhale word die heldin minstens een keer flou. Meestal “toevallig” reg by die held, wat haar vang. Of mis …

Opwinding en stres kán ’n mens laat flou word, sê dr. Jean Smit. “Mans word ook flou, hoewel vroue effens meer geneig is tot sinkopee, soos dit medies genoem word.

“Daar is selfs verskillende soorte floutes. As potensiële probleme soos epilepsie, hartsiekte, diabetes, bloeddruk en dwelmgebruik uitgeskakel is, is die rede meestal iets kleins en van verbygaande aard, soos dehidrasie, lae bloedsuiker, stres of opwinding.”

Hoe ook al, die romantiek het uit floutes verdwyn. In die regte lewe sien ons dit as ’n mediese krisis – ons jaag dokter toe.

Hoekom word jy flou?

Die kort antwoord is dat jou brein skielik te min suurstof kry. Die kuns is om die oorsaak daarvan uit te rafel. Soos die tabel (sien onder) wys, kan dit van kleiner dingetjies tot taamlik ernstige toestande wees. As jy meer as een keer flou geword het, laat jou dokter jou evalueer. Net in geval.

Help jouself

Hou dagboek van waarmee jy besig was toe jy flou geword het – ook van wat jy vooraf geëet het. Dit help jou dokter om op die regte behandeling te besluit.

Oefeninge wat floutes keer

Oefening kan floutes op verskillende maniere keer. Hier is ’n paar:

Snak na jou asem: As jy ’n floute of duiseligheid kan voel aankom, probeer die volgende: maak jou mond toe en snak vinnig en hard na jou asem. Blaas stadig uit. Herhaal. Volgens ’n 2015-artikel in die joernaal van die European Cardiac Society het dit lae bloeddruk dadelik opgestoot en ’n floute afgeweer onder die sowat sestig vroue in die ondersoek.

Span en ontspan jou spiere: Word jy flou as jy vinnig opstaan of lank staan? Trek jou spiere kort-kort saam en ontspan dit weer: bal jou vuiste; trek jou tone, voete, kuite en bobene saam; of kruis en strek jou bene ’n paar keer na mekaar.

Stap, ry fiets of swem: Hierdie soort oefening versterk die spiere in jou arms en bene, wat op hul beurt jou are help om beter te funksioneer sodat die bloedvloei na jou brein ook verbeter.

Raar & waar

As jy geneig is om flou te word kan ’n koppie sterk espresso per dag ’n bietjie help, volgens ’n oorsigartikel in die Oktober 2017-uitgawe van die Journal of Neural Transmission oor terapie vir floute.

Die geneigdheid tot floute kan in jou gene lê, volgens die resultate van ’n ondersoek onder 51 tweelinge.

As jy geneig is tot floutes, behoort jy nie te bestuur nie.

’n Floute is meestal niks ernstigs nie, tensy jy ’n hartlyer of diabeet is. Maar dit bly skrikwekkend en die meeste van ons gaan tog dokter toe, of selfs na ’n noodeenheid. As jy kan uitpluis waarom jy flou geword het, is die kans goed dat jy dit tuis goed onder beheer kan kry, wat jou baie geld en moeite sal spaar.

Lees ook: Yster of folaat? Wat het jy regtig nodig?

The post Hoekom word jy flou? appeared first on rooi rose.

Yster of folaat? Wat het jy regtig nodig?
Yster is die suurstofkoerier wat elke sel in jou liggaam van sy pakkie suurstof vir energie voorsien. Te min yster beteken te min suurstof in jou selle en spiere – en ’n lewe sonder woema.

Daarby is yster noodsaaklik vir breinontwikkeling by groeiende kinders en tieners. Sonder yster werk ’n volwasse brein en senustelsel ook nie te waffers nie.

Verder speel yster ’n dubbeldoorrol in jou immuunstelsel. Van die vorms waarin yster in jou liggaam gehou word, is ferritien (gestoorde yster) en hemoglobien (yster in rooibloedselle) en elkeen word vernuftig ingespan om bakterieë af te maai.

Die yster in jou hemoglobien word gebruik om waterstofperoksied (die einste blondine-in-’n-bottel chemikalie) vry te stel, wat bakterieë doodmaak. Ferritien se rol werk so: Bakterieë het yster nodig om te kan vermeerder. Jou liggaam manipuleer dié feit deur tydens ’n infeksie ferritien te vermeerder om yster vas te bind en ontoeganklik vir die bakterieë te maak. Die gevolg? Hulle kan nie groei en vermeerder nie. Sowaar slim.

Dit het ’n interessante implikasie: as mense met TB, MIV-vigs en malaria en ander chroniese infeksies yster aanvul, kan hulle juis die organismes help vermeerder.

Is jou yster laag?

Daar is verskillende soorte bloedystertoestande, sê dr. Danie Kotzé, Kaapse hematoloog. “Hulle het verskillende oorsake. So het megaloblastiese anemie niks met yster te doen nie. Dit word deur ’n tekort aan folaat en/of vitamien B12 veroorsaak. As jy hiervoor yster sou neem, kan jy jou ystervlakke so verhoog dat jy hart- en lewerskade opdoen, jou gewrigte beskadig en diabetes ontwikkel.”

Vir pernisieuse anemie sal ’n vitamien B-aanvulling net so min soos yster help. Dié outo-immuunverwante oorsake moet eerder uitgepluis word. As jy die volgende tekens by jouself sien, moet jy dit opvolg met ’n laboratoriumbloedtoets en die regte oplossing vir jou daarop grond.

8 leketekens

Jy is koulik

Jy het nie krag nie: jou spiere word gou moeg en jy kan nie deurdruk nie

Jy het ’n vinnige hartklop

Jy kry seertjies in jou mondhoeke en jou tong is teer

Jy proe nie goed nie

Jy het rustelose bene-sindroom

Jou onderste ooglid is aan die binnekant baie bleek

As jy op jou vingernaels druk, word hulle wit en bly lank wit voor hulle pienk word. By mense met genoeg yster keer die pienk kleur binne ’n sekonde terug.

Hoekom nie te veel nie?

Yster is van die aktiefste oksideerders (die teenoorgestelde van ’n anti-oksidant) wat allerlei reaksies – goed en skadelik – aan die gang kan sit. Jou liggaam bind yster in byvoorbeeld ferritien en hemoglobien om te keer dat daar vry yster is, maar as jy aanvul en jou van yster oorvoorsien, oorskry jy jou liggaam se vermoë om yster te akkommodeer.

Wat doen hierdie ekstra vry yster?

Daar is ’n skakel tussen te veel yster en byvoorbeeld diabetes en/of metaboliese sindroom, sê die Linus Pauling-instituut van die Oregon-staatsuniversiteit. Daarby kan te veel yster jou lewer beskadig. Nog ’n ernstige nadeel van ’n ysteroormaat is dat dit aan breinaftakelende siektes soos Alzheimer- en Parkinsonsiekte gekoppel word.

Hoewel ’n ystertekort seldsaam is onder mans en ouer vroue, wys Franse navorsing waarin 3 932 middeljariges 13 jaar lank gevolg is, dat postmenopousale vroue met lae ystervlakke tekens van demensie ontwikkel. Weer eens kan aannames oor jou ysterstatus jou duur te staan kom – toets en doen aanvulling rég.

Nog ’n rede waarom aanvulling net soms nodig is: Jou liggaam het ’n oulike manier om yster te behou: dit herwin letterlik ou yster. Twee derdes van jou yster is in die vorm van hemoglobien, die hoofbousteen van jou rooibloedselle. Rooibloedselle leef vier maande en sterf af. Maar pleks van die yster bloot uitskei en verloor, herwin jou liggaam dit en bêre dit in ferritienmolekules, waar dit in jou lewer gestoor word tot jy weer yster nodig het. Dit is die rede hoekom die lewer tradisioneel ’n goeie bron van yster is.

Yster vir swangerskap?

Mans raak selde ysterarmoedig, sê ADSA-dieetkundige Jeanie Nel. “Min mans het ’n aanvulling nodig. Die mense vir wie yster eintlik belangrik is, is ons. Ons verloor met menstruasie maandeliks ’n bietjie yster, en vroue wat lank of swaar menstrueer, kan bloedarmoedig raak.

Het ons ekstra yster gedurende swangerskap nodig?

“Dit klink logies dat jy nou yster moet aanvul omdat jou liggaam nou meer bloed maak om vir die baba en veral sy breinontwikkeling te voorsien. In werklikheid het die meerderheid swanger vroue oorgenoeg yster en beveel ons glad nie yster aan nie, tensy ’n bloedtoets ’n ystertekort bevestig. Ysteraanvullers is ook geneig om mense hardlywig te maak, waarmee baie swanger vroue juis sukkel,” sê Jeanie.

Atlete het soms ’n ystertekort weens bloedverlies van ’n heel ander aard, sê Jeanie. Die voortdurende impak van hul voete op die grond laat die selle in hul voetsole bars, met klein maar baie bloedinkies, waardeur hulle yster verloor. Dit het niks met hul dieet te doen nie, en die oplossing is dat hulle na ander oefening met minder impak soos fietsry of swem moet oorskakel.

5 toestande

Ons sê maklik iemand is anemies, sê dr. Danie Kotzé. Maar eintlik is daar verskillende soorte bloedysterprobleme:

Gebrekkige ysterstore: Jy het geen “spaar”yster nie maar wel genoeg yster dat jou liggaam eintlik goed funksioneer.

Funksionele ystertekort: Jy het te min yster vir jou daaglikse behoefte. Maar jy het nog gesonde rooibloedselle.

Ystertekort-anemie: Jou ystervlak is so laag dat jou rooibloedselle verminder. Boonop krimp hulle en bevat minder hemoglobien as normaal.

Megaloblastiese of makrositiese anemie: Dit het niks met yster te doen nie maar met ’n tekort aan folaat en/of vitamien B12. Jou rooibloedselle is tipies groot maar onvolwasse en kan nie doeltreffend funksioneer nie.

Pernisieuse anemie: Hierdie soort is te wyte aan outo-immuunsiektes wat die maagwand vernietig. Sonder dié selle kan jou liggaam nie vitamien B12 opneem nie.

4 maklike planne

Eet vleis: Oesters, rooivleis, hoender, eiergele en vis soos tuna (geblikte tuna tel ook) bevat heemyster, die vorm van yster wat ons die maklikste opneem.

Eet plantyster as jy anemies is: Volgens die Linus Pauling-instituut neem bloedarmoedige mense skynbaar makliker nie-heemyster op. Vir jou is rosyne, pruimedante, spinasie, aartappels met skilletjies, lensies, kasjoeneute, kase, melk en jogurt die beste.

Vermy dít: Nie-heemyster is baie sensitief: eet dit saam met die verkeerde kosse en jou liggaam neem tot 50% minder daarvan op. Vermy in die twee uur voor en ná jou nie-heemysterkos meel (gebak, brood, beskuit), rys, koffie, tee, wyn, soja en tofoe.

Eet dít saam: Aan die ander kant help party kosse jou opname van nie-heemyster, soos vitamien C (in veral lemoene en koejawels) en jogurt (veral amasi, wat meer melksuur as Bulgaarse jogurt bevat). Interessant genoeg help kosse met heemyster dat jy ook makliker nie-heemyster opneem.

5 uitstekende ysterhappies

Oesters met suurlemoensap

’n Tjoppie met ’n aartappel in die skil

’n Hand vol rosyne, kasjoeneute en kaasblokkies saam met biltong

Geblikte tuna met suurlemoensap en maaskaas

Drink daarmee saam vars lemoensap (vir die vitamien C daarin), of water. Vermy tee, koffie en wyn vir twee uur ná jou “yster”-ete.

Lees ook: Hoekom jy sonskyn en vitamien D nodig het

The post Yster of folaat? Wat het jy regtig nodig? appeared first on rooi rose.

Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens
Jy ken die gevoel: elke dag is net te kort vir wat jy alles moes doen. Om nie eens te praat van wat jy nog wóú doen nie. Jy het verantwoordelikhede tuis, verpligtinge by die werk/kerk/jou kind se skool, skuldgevoelens oor jou kinders. Voeg daarby die ure wat jy in spitsverkeer sit, jou bekommernis oor die verslegtende ekonomie en hoe stygende pryse jou beursie raak, die politieke situasie in die land, die hoë misdaadvlakke wat dalk al by jou of in jou vriendekring ’n letsel gelaat het … Die uiteinde? Hoër stresvlakke as waarvoor jou liggaam ontwerp is.

Stres het suutjies in ons woordeskat en daaglikse lewe ingekruip. Volgens die Amerikaanse Sielkundevereniging ly 43% van alle volwassenes se gesondheid onder die newe-effekte van stres. ’n Yslike 75% tot 90% van Amerikaanse doktersbesoeke het met stres te doen, en stres word verbind met die ses hoofoorsake van dood in Amerika: hartsiektes, kanker, longkwale, ongelukke, lewer-sirrose (weens alkoholmisbruik) en selfdood.

Die simptome van hoë stresvlakke het dalk al so ’n deel van jou daaglikse lewe geword dat jy dit nie eens meer agterkom nie: die hol kol op jou maag, die gedurige sooibrand, die spanningshoofpyne. Jy staan soggens moeg op, slaap sleg, voel dikwels angstig en sukkel om te konsentreer. Dalk is jou bloeddruk hoog, voel jy kortasem, of kry hartkloppings. Jy voel ongeorganiseerd, oorweldig en altyd gejaagd.

Klink dit bekend? Maak dan werk daarvan – dis die vroeë waarskuwingstekens. Moenie wag vir ’n hartaanval of ineenstorting nie.

Onthou ook dat jy dalk wel simptome van stres ervaar, maar dat dit onderdruk of gekamoefleer word deur jou gebruik van medikasie vir toestande soos hoë bloeddruk, maagsuur of migraine. Leefstylverandering is noodsaaklik as toestande soos maagsere, hoë bloeddruk, diabetes of hartprobleme by jou gediagnoseer word – en dit strek verder as net veranderinge aan jou dieet.

Maar chroniese stres kan ook lei tot ’n toestand genaamd komplekse post-traumatiese stressindroom (KPTSD). Dit verskil van post-traumatiese stressindroom (PTSD), wat dikwels voorkom by polisielede en soldate wat herhaaldelik aan stresvolle of gevaarsituasies blootgestel is, of wat baie dood en verwoesting aanskou het en dan ineenstort of uitbrand. PTSD kan ook ná ’n enkele gebeurtenis gediagnoseer word, soos as jy moes toekyk hoe iemand vermoor word, of ná iets soos ’n verkragting of motorkaping.

Komplekse PTSD is, soos die naam aandui, komplekser. Wanneer die toestand gediagnoseer word, was iemand gewoonlik blootgestel aan ’n kombinasie van chroniese stres en langtermyntrauma, soos mishandeling (emosioneel, fisiek of seksueel), huishoudelike geweld, of die versorging van ’n siek familielid. Die geliefdes van iemand met ’n verslawingsprobleem staan ook ’n groter kans om aan KPTSD te ly.

Mense met KPTSD voel hulle kan nie ontsnap aan die slegte situasie waarin hulle hul bevind nie. Hulle sien geen uitkomkans nie. Linda Germishuizen, ’n Kaapse kliniese en bedryfsielkundige, sê mense wie se persoonlike grense nie gerespekteer word nie, is ook meer vatbaar vir KPTSD. En die slegte nuus vir ons Suid-Afrikaners is dat ons land se hoë misdaadvlakke en die huidige ekonomiese situasie ook die ideale teelaarde vir KPTSD skep, juis weens die kombinasie van chroniese stres en trauma.

“’n Eenvoudige voorbeeld is iets soos finansiële probleme, wat nou ook in middelklasgesinne kop uitsteek. Dit kan lei tot verbale uitbarstings en kwaai spanning tuis, wat chroniese stres en langtermyn- emosionele skade by veral kinders kan veroorsaak.”

Dis belangrik om te onthou dat verskillende mense se toleransievlakke verskil. Iets wat jy maklik kan afskud, is vir iemand anders dalk ’n groot krisis. ’n Mens hoef nie noodwendig jare lank aan trauma blootgestel te wees voordat jy knak nie, en dit hoef ook nie noodwendig trauma soos dood of geweld te wees nie. Faktore wat jou weerstand aftakel (soos om te hard te werk sonder ’n goeie ruskans) saam met ander negatiewe faktore (soos jou baas se verbale uitbarstings) kan verwoestende nagevolge hê. Voel jy gedurig asof jy ’n hol kol op jou maag het, asof jy in trane wil uitbars, of asof iets slegs gaan gebeur? Dit kan ’n aanduiding van chroniese stres wees.

En is jy ’n “sterk” mens?

Pasop! KPTSD kom juis dikwels voor by mense wat geneig is om hul emosies te onderdruk of trauma bloot te hanteer sonder om ’n bohaai daaroor te maak. Die trauma bou as ’t ware laag-op-laag op en alles werk uiteindelik op mekaar in totdat dinge vir jou te veel word. Maak werk daarvan – gaan spreek jou huisdokter of ’n sielkundige. As dit nodig is, sal hulle jou na ’n psigiater verwys.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Werkstres en uitbranding

Ons bring die grootste deel van elke dag by die werk deur, en chroniese werkstres het ’n groot uitwerking op ons gesondheid, waarsku Linda.

“Ons liggame is ontwerp om ’n klein bietjie stres op kort termyn te hanteer, nie chroniese stres nie. Elke stresvolle situasie veroorsaak ’n styging in ons adrenalienvlakke. Maar wanneer dit hoog bly oor ’n lang tyd, word hormone soos kortisol en DHEA vrygestel. Laasgenoemde is die sogenaamde moederhormoon wat noodsaaklik is vir gesonde vlakke van estrogeen, testosteroon en progesteroon. Dit wissel saam met ons stresvlakke, en help ons op kort termyn om deur die krisis te kom, maar op die lange duur is dit baie sleg vir jou liggaam. Oormatige kortisolafskeiding kan lei tot beenverlies, ’n verlaagde seksdrang, buierigheid, tipe 2-diabetes en gewigstoename.”

Dit kan ook lei tot uitbranding. Volgens Linda bestaan uitbranding uit ses identifiseerbare fases. Waar val jy in hierdie ses?

Gedrewenheid: Jy is mal oor uitdagings, voel energiek en gejaagd, is produktief en werk lang ure. Jy het nie tyd vir gereelde oefening nie en jy het slegte eetgewoontes.

Jy sleep jouself voort: Jy het minder energie en begin jou dag met koffie. Jy leef van wegneemkosse en drink kafeïendrankies soos koffie en Coke om aan die gang te bly. Jy slaap sleg, sit gewig aan óf verloor jou eetlus.

Jy verloor dit: Jy is moeg en sukkel met slaaploosheid. Jy het baie gewig aangesit, smag na suikerige kos en drankies, en ’n drankie saans help jou om te ontspan. Fisieke simptome sluit angstigheid, kortasemheid, naarheid en duiseligheid in.

Jou gemoedstoestand versleg: Jy is buierig en voel soms depressief. Kalmeermiddels of antidepressante lyk na ’n goeie opsie. Jy het meer stimulante nodig om aan die gang te bly, maar dit takel jou stelsel net verder af.

Jy tref ’n muur: Familie en vriende is moeg vir jou klagtes. Jou gesondheidsprobleme word meer. Jy is vergeetagtig, jou konsentrasie swak en jy sukkel daagliks met migraine, ’n stywe nek, rugpyn, allergieë en slaaploosheid. Jy is gespanne, angstig en ’n bietjie bang, en jy sosialiseer feitlik nie meer nie.

Uitbranding: Jy is super geïrriteerd, sukkel om soggens op te staan en alles is moeite. Jy voel alleen en geïsoleerd en het belangstelling in alles verloor. Dit voel of jy maar net bestaan. Toestande soos hartprobleme, tipe 2-diabetes, kanker, depressie of ander ernstige toestande is dalk reeds by jou gediagnoseer. Gaan spreek dadelik jou huisdokter of ’n spesialis vir ’n volledige mediese ondersoek.

Kreatiwiteit kan stres omkeer

“Ons lewe in ’n intellek-georiënteerde wêreld en probeer al ons probleme met ons verstand oplos,” verduidelik Linda. “Lysies met voor- en nadele het ’n plek. Maar om alles op te weeg en te ontleed kan net werk as jy elke enkele feit tot jou beskikking het. Met iets soos ’n moeilike persoonlike of werksituasie kan jy dit nie doen nie, want daar is te veel faktore waaroor jy geen beheer het nie. Jy gaan bloot verval in ’n negatiewe denkpatroon sonder ’n klinkklare oplossing.”

‘Omdat kreatiwiteit ’n vry-vloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie’

Gelukkig is daar raad. “Ons kan ons probleme dikwels goed verwerk deur regterbreinaktiwiteite. Met ander woorde, doen iets kreatiefs. Omdat dit ’n vryvloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie, en op ’n dag meld ’n oplossing hom net aan.”

En moenie jou blind staar teen die woord “kreatiwiteit” nie – iets soos tuinmaak of kosmaak is ook ’n vorm van kreatiwiteit. “Of kies iets soos dans of tai chi, of gaan stap.” Tyd in die natuur kan ook help. Skakel gerus maar jou selfoon of tablet af – dit demp kreatiwiteit, maan Linda.

“Leer om in die oomblik teenwoordig te wees. Al wat soms nodig is vir die oplossing vir ’n probleem, is om stil te wees. To be – ons vergeet ons is human beings, nie human doings nie.”

Lees ook: Swaar menstruasie; het jy endometriose?

Die belangrikheid van persoonlike grense

Linda beklemtoon die noodsaaklikheid van gesonde grense, en meen dis iets waarmee die meeste mense sukkel. Dit veroorsaak dat ons dikwels sukkel om “nee” te sê vir die eise wat ander mense (base, maar ook ons gesinne en vriende) aan ons stel. Dit lei tot ekstra spanning.

Sy meen veral vroue sukkel met persoonlike grense omdat ons van kleins af geleer word om die vrede te bewaar en konflik te vermy. Die gevolg? Jy stel jouself laaste, probeer almal om jou red en word ander mense se vloerlap.

“’n Mens hoor dikwels ’n vrou in ’n probleemhuwelik sê sy het van haar man se probleme geweet voor hulle getroud is, maar het gedink sy sal hom kan help om te verander.”

Linda maan ook teen onnodige skuldgevoelens. “Ek sien dit veral by vroue, en baie daarvan spruit uit wat mense – of jyself – as jou ‘Christelike plig’ beskou. Staan op vir jouself, en luister na jou intuïsie. Moenie toelaat dat ander se stemme – die kerk, jou ouers of vriendinne – jou intuïsie doodpraat nie. Mense met ’n groot pligsbesef moet ook leer om genaakbaarder met hulself te wees.”

Pasop ook maar vir sosiale media. Mense kan baie ongeskik wees op sosiale media, wat baie sleg is vir iemand wat sukkel om konflik te hanteer, “nee” te sê of haar man te staan. “Om gedurig blootgestel te wees aan ander se menings van jou, is ook glad nie gesond nie.” As jy boonop voel dat almal op facebook se lewe beter of lekkerder as jou eie is, ondermyn dit jou selfbeeld. Dit steel ook ongemerk ’n klomp tyd, wat jou nog meer oorweldig en onder druk kan laat voel.

Praktiese wenke om persoonlike grense te versterk

Vra jou af of die situasie waarin jy is bevorderlik vir jou innerlike vrede is, of nie. As dit nie is nie, beëindig dit.

Begin deur klein grense te stel. “Een manier is om op te hou redes gee vir iets wat jy nie wil doen nie – of dit nou ’n uitnodiging is of ’n versoek om met iets te help. Sê doodeenvoudig ‘ek kan ongelukkig nie’ – net dit.

Jy skuld niemand ’n verduideliking nie, behalwe jouself,” sê Linda.

Gee jouself tyd om na te dink voordat jy op ’n versoek of uitnodiging reageer. Baie van ons is people pleasers vir wie dit moeilik is om “nee” te sê. “Moenie dadelik antwoord nie. Klein dingetjies soos hierdie kan jou help om meer selfgeldend te raak.”

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

Meet jou stresvlakke

Volgens Linda Germishuizen is hierdie vraelys uit Natural Highs deur Patrick Holford en dr. Hyla Cass ’n goeie manier om sommer jou stresvlakke te meet.

Antwoord eerlik op die volgende 15 vrae. Merk elkeen wat op jou van toepassing is.

Sukkel jy om te ontspan?

Voel jy geïrriteerd?

Bekommer jy jou oor alledaagse goedjies en sukkel jy om af te skakel?

Rook of drink jy baie volgens ander mense se standaarde?

Is jy kompeterend en aggressief in wat jy doen?

Sukkel jy om met ander oor die weg te kom?

Is jy ongeduldig met ander?

Eet jy vinnig?

Pak jy te veel goed aan?

Sukkel jy om te delegeer?

Pyn jou ledemate, of sukkel jy gedurig met hoofpyne?

Het jy ’n droë mond en sweterige handpalms?

Het jy belangstelling in seks verloor?

Sukkel jy met stywe spiere?

Sukkel jy om te slaap?

Wat jou telling sê

0 – 5: Jy is op ’n goeie plek en kan alles hanteer wat jou kant toe kom.

5-10: Jou stresvlakke is taamlik hoog. Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens.

10+: Jou stresvlakke is baie hoog, en jy moet dringend stappe doen voordat jou lyf sê genoeg is genoeg.

Lees ook: Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

The post Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens appeared first on rooi rose.

Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?
Deur Salomé Delport. Foto:  Steven HWG vir Unsplash

Jy vra …

Ek sit by my pa. Eens was hy so ’n slim man. Vandag is daar net ’n skaduwee van hom oor. Ek probeer sy kop wakker ruk deur uit te vra oor evolusie, sy gunstelingonderwerp van vroeër jare.

“Gondwanaland? Is dit in Afrika?” antwoord hy. Hy wat hom so verlustig het in die wetenskappe onthou nie. Al kon hy moeiteloos koershou deur die vlaktes van ons vasteland verdwaal hy nou op pad bed toe. Alzheimersiekte het sy eens kristalhelder brein in duisend stukkies laat spat. Onheelbaar. Die helder oomblikke raak al minder. Is dit my toekoms ook? Kan ek my daarvoor laat toets?

Kan ek iets doen om Alzheimersiekte te vermy?

– Anzette, 43

Wat ons nou weet …

• Jou kanse is kleiner as wat jy dink

Volgens Alzheimer Suid-Afrika is daar 750 000 mense met Alzheimersiekte (AS) in ons land. Soos dit die afgelope dekades toeneem, gaan die getal teen 2030 verdubbel. Jou kans op AS is dus nie onbenullig nie. Nogtans is dit is darem ook nie ’n uitgemaakte saak dat jy AS gaan kry nie, sê die Internasionale Alzheimer-organisasie. Al neem getalle skerp toe, is dit nie ’n onvermydelike deel van veroudering nie. Net 10% van mense bo sewentig het beduidende geheueverlies. Net die helfte van hulle het AS.

Dit is so dat verreweg die meeste bejaardes AS vryspring – en jy dus potensieel ook.

Die groot vrae bly of jy die siekte kan keer, en hoe?

• Diabetes verhoog jou kanse

Een van die jongste bevindings is dat diabetes jou AS-risiko opstoot – veral as jy ’n vrou is.

’n 2016-artikel in Diabetes Care, joernaal van die Amerikaanse Diabetesvereniging, wys diabete se kans op AS is ’n yslike 40% hoër as nie-diabete s’n, terwyl hul kans op demensie ’n volle 60% groter is. Vroue-diabete se risiko is ’n bykomende 20% groter as mans s’n. Dié afleidings is nie sommer uit die lug gepluk nie. Dit is gegrond op gesamentlike data van 14 groot ondersoeke op meer as twee miljoen mense met diabetes en 102 000 mense met demensie.

Al is dit slegte nuus vir diabete, bied dit hulle – en ons almal – darem ook uitkomkans. Ons kan immers ons bloedsuikervlakke deur oefening, dieet en medikasie beheer. Nog beter vir dié sonder diabetes: as jy soms te lui is vir ’n vinnige twintig minute se stap ná jy fluks aan die soetgoedjies weggelê het, dink net hoeveel ’n bietjie oefening en baie groente op die lang duur vir jou brein beteken.

• Dit loop nié in families nie tensy …

Wat as jy ’n ouer met Alzheimersiekte het? Is daar iets soos Alzheimergene wat jy kan oorerf? Daar ís en jy kán. Jou kans op AS kan tot 80% wees as gene soos PSENS1, PSENS2 of APP en nog sowat twintig ander in jou familie voorkom. Gelukkig is hierdie gene bitter skaars, en saam is hulle by net een in tien mense met AS oorsaaklik.

En sou jy een van hierdie gene erf, is dit nie te sê jy sál AS ontwikkel nie, skryf prof. Kristel Sleegers van die Departement van Molekulêre Genetika aan die Universiteit van Antwerpen in Nederland in ’n 2016-oorsigartikel in die spesialistydskrif Genetics in Medicine. Hier is die hoofpunte: 1 Sowat 80% van mense met hierdie gene ontwikkel AS – sommige selfs op dertig. 2 Maar báie dikwels ontwikkel hulle AS eers ná tagtig, wanneer dit in elk geval meer algemeen is onder mense sónder enige van hierdie gene. 3 Sowat 20% van hulle sal AS vryspring, hul gene ten spyt.

• Die APO-toets is onbetroubaar.

Maar daar is nog ’n geen wat aan AS gekoppel word: die APOE4-variant van die APO-geen. Volgens prof. Sleegers dra sowat 20%-25% van die bevolking hom, terwyl tot meer as dubbel soveel (40%-65%) van mense met AS dit dra.

Dit is maklik om vir APOE4 te toets. Daarom is dit tans een van die gewildste nuwe voorspellers vir AS … en skrikwekkend baie van ons toets positief.

Prof. Dirk Blom, hoof van lipidologie aan die Universiteit van Kaapstad, sê dit beteken nie daar is ’n direkte verband nie. “Al is daar ’n hoër voorkoms hiervan onder mense met AS, is daar nie ’n direkte verband nie. Die hoogste voorkoms van APOE4 kom onder Nigeriërs voor, maar hulle het die laagste voorkoms van AS. Ons weet regtig nie wat die verband tussen APOE4 en AS is nie.”

Hoeveel maak APOE4 jou risiko groter?

Frieda Loubser, genetiese berader van Kaapstad, sê party ondersoeke wys dat APOE4-draers se kans op AS 25% is. Mense daarsonder se risiko is sowat 10%.

“Voor jy skrik: onthou, al dra jy die APOE4-geen het jy ’n 75%-kans om nié AS te kry nie. Die meerderheid APOE4-draers ontwikkel nooit AS nie. Nog ’n manier om die statistiek te lees: vier tot ses uit elke tien mense met AS dra nié APOE4 nie.

“En al toets jy negatief vir APOE4 kan jy AS om ánder redes kry waarvoor ons nog nie kan toets nie. Die APOE4-toets is nie betroubaar nie.

“Wat ons eintlik weet, is dat die meeste APOE4-draers AS systap of ten minste die aktivering daarvan uitstel.”

Hoe kry hulle dit reg?

“Niemand weet nie. Dalk dra hulle ’n beskermende faktor soos ander gene wat APOE4 in toom hou.

“Dit het vermoedelik met die penetrasievermoë van APOE4 te make. Waar die ander AS-gene ’n hoë penetrasie het – met ander woorde ’n baie groot kans het om hulself uit te druk – is APOE4 ’n lae-penetrasiegeen. Baie ander faktore modifiseer dit. Dus druk dit meestal nie uit nie. Jou leefstyl – dieet, stres en oefening – kan moontlik ’n uitwerking hê.”

Volgens dr. Sleegers speel jou ouderdom ook ’n rol: jou APOE4-gebaseerde risiko begin eintlik eers rondom sewentig inskop. Die gemiddelde ouderdom vir die begin van AS by mense met twee APOE4’s (wat as die hoogste risiko beskou word) is 68, en 84 as jy net een APOE4-alleel het.

Realisties gesien ontwikkel die meeste mense met die APOE-4-geen nooit AS nie, en dié wat wel AS kry, ontwikkel dit meestal eers baie laat in hul lewe.

• Afrikaanses het nie ’n groter risiko nie

Dieselfde cholesterol wat in jou are aanpak, is noodsaaklik vir jou brein. Sowat 25% van jou cholesterol word in jou brein ingespan in die prosesse van leer en onthou … wat ’n mens laat wonder oor AS en bloedcholesterol.

Daarby is daar ’n verband tussen cholesterol en die APO-geen: dit is betrokke by die vervoer en afbreek van cholesterol in jou brein. Mense met ’n APOE-4-alleel vervoer dit nie baie goed nie, wat vermoedelik daartoe lei dat ’n proteïen, wat beta amiloïed genoem word, in die brein neerslaan – die berugte plaak wat kenmerkend van AS-breine is.

APOE4 word ook aan hoër bloedcholesterol gekoppel, en draers het ’n 10% groter kans op hartsiektes.

Dit laat mense verder gis oor die soort hipercholesterolemie wat in Afrikaanse families voorkom. Hoë cholesterol is baie meer algemeen onder ons as onder ander etniese groepe plaaslik en selfs wêreldwyd. Beteken dit dat jy ’n groter kans op AS het as jy ’n familiegeskiedenis van hoë cholesterol het?

Prof. Blom sê nee, dit is onwaarskynlik. “Die genetiese fout by Afrikaanses met familiële hipercholesterolemie lê op ’n ander plek, spesifiek by hul LDL-reseptors, en het dus nie met die APOE4-alleel te doen nie.

“Baie draers van die APOE4-geen het normale en selfs laer bloedvlakke van cholesterol. Die brein maak sy eie cholesterol. Hy kry dit nie van die liggaam nie. Verder werk cholesterol in die brein onafhanklik van cholesterol in die liggaam, via APO. Dus weet ons nie of daar werklik ’n verband tussen hoë bloedcholesterol soos dit betrekking het op die liggaam en AS is nie.”

• Aluminium is oukei

Aluminiumpotte en -panne – die doodgewone blink dunboomsoort en daardie pragtige spogstukke in al die kleure van die reënboog – is heeltemal veilig, sê die Internasionale Alzheimervereniging. So ook koeldrank uit blikkies, tinfoelie, sooibrandmiddels en sweetweerders. Hoewel aluminium in die vorige eeu as ’n risiko beskou is, kon dit nog nooit met enige navorsing bevestig word nie. Dit word vandag glad nie meer as ’n risiko aanvaar nie.

Speel dieet ’n rol?

Beslis. Navorsing wys die MIND-dieet verminder die voorkoms van AS met 53% as jy getrou daarby bly, en met 35% as jy dit net min of meer volg.

Kortliks:

Eet elke dag

• 3 of meer porsies graan

• een of meer porsies blaargroente soos kool, slaai of spinasie

• nog een of meer porsies groente.

Sluit elke week in

• 3 porsies bone

• 1 porsie vis

• 2 porsies bessies of aarbeie

• 5 porsies neute en

• 2 porsies hoender.

Sny drankies tot een per dag, of geen

• rooivleis tot 4 porsies per week

• kaas tot een porsie per week en

• snoepgoed met suiker tot 5 porsies per week.

• Gebruik olyfolie as jou basiese olie, met nog sowat 12 g botter of sagte margarien per dag.

• Beperk roerbraai en kitskos tot een keer per week.

• Oefen. Dit verlaag jou bloedsuiker.

• Oefen jou brein ook – gebruik hom, of verloor hom!

• Bly in ’n gesonde slaaproetine sodat jou brein kans kry om te regenereer.

Lees ook: Volledige koslys vir die Alzheimer MIND-dieet

Lees ook: 5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

The post Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? appeared first on rooi rose.

Is eiergeel gesond?
Maak dit sin om eiergeel te eet? Mense wat graag gewig wil verloor, eet net die eierwit. Wat van jou? Moet jy ook eiergeel vermy? Wat is alles in ’n eiergeel, teenoor ’n eierwit? Ons vergelyk dit, gebaseer op ons Mediese Navorsingsraad se SA Food Data System

Wat is in ’n eierwit?

Min kilojoules Dit is ’n voedingswinskopie, met net 100 kJ. As jy ’n sny brood in drie blokkies deel, bevat die eierwit soveel kilojoules as een broodblokkie.
6g proteïen ’n Hele eier bevat 14 g proteïen. Jy het 40-50 g proteïen per dag nodig.
Geen vet Al vet in ’n eierwit is die vet wat jy byvoeg wanneer jy dit gaarmaak in olie of eet saam met botter, mayonnaise, margarien, kaas en spek. As jy egter jou eier kook, posjeer of roereier in die mikrogolf sonder olie of botter maak, bevat dit geen vet nie.
Geen cholesterol Eierwit bevat geen cholesterol nie.
Kosbare voedingstowwe Dit gee jou ook:

folaat (goed vir jou brein)

selenium (help jou beskerm teen kanker)

swael (nodig vir jou metabolisme) en

magnesium en kalsium (saam goed vir jou skelet)

Wat van natrium? ’n Eierwit bevat 55 mg natrium, die deel van sout wat sleg is vir jou. Maar jy kan elke dag 1 500 mg natrium gebruik. Die bietjie in ’n eier is te min om nadelig te wees – tensy jy jou eierwit doodgooi met sout.

Dit is dus waar dat ’n eierwit baie min kilojoules verskaf – en nie ’n enkele gram vet of koolhidrate nie. Dit is ook ’n goeie bron van proteïen en ’n hele paar minerale.

Wat is in ’n eiergeel?

310 kilojoules Dit is min of meer soveel as in ’n sny droë brood. Die voedingstowwe wat jy vir hierdie paar kilojoules kry is egter baie meer … en lekkerder.
Proteïen Die geel bevat bietjie meer proteïen as die wit – 8 g. Een hele eier (geel en wit saam, oftewel 14 g) gee jou sowat ’n derde van die hoeveelheid proteïen wat jy per dag benodig. ’n Eier (die geel en wit saam) bevat gram vir gram net soveel proteïen as steak. Omdat ’n eier al die soorte aminosure (proteïenboustene) bevat wat ons benodig, word dit as ’n volledige, topgehalte proteïen geklassifiseer.
Cholesterol Die 160 mg per eier klink erg hoog vir ons cholesterolbeheptes. Maar die feit van die saak is dat wat ons eet in werklikheid ’n klein verskil aan ons cholesterolvlak maak.
Dit werk so:

Jou liggaam kan nie sonder cholesterol funksioneer nie.

Cholesterol is absoluut noodsaaklik vir die vervaardiging van jou hormone en om jou selmembrane in stand te hou.

Daarom hou jou liggaam altyd sy cholesterolvlak stabiel: as jou kos min cholesterol verskaf, maak jou lewer ekstra cholesterol; en as jy meer uit kos soos eiers inkry, maak hy bloot minder cholesterol.

Vette Daar is 4,5 g vette in die eiergeel. Maar behou perspektief: 4,5 g is min, en die meeste daarvan is gesonde, goeie vette.

Foto: rooi rose

Onthou die volgende oor die hoeveelheid vette in eiergeel

Een teelepel margarien, olie en botter bevat 5 g vet, wat eintlik dieselfde hoeveelheid is sónder al die ander voedingstowwe van die geel.

’n Klein 40 g-sjokoladestafie bevat rondom 12 g vette – meer as dubbeld soveel.

Sjokoladestafies, olies, mayonnaise en die vet van vleis gee jou min voedingswaarde, terwyl die vette in eiergeel saam met ’n halfdosyn kosbare en selfs skaars vitamiene en minerale kom.

En onthou die volgende oor die soort vette in eiergeel

Net een derde van die bietjie vet in ’n eiergeel – sowat 1,5 g – is versadigde vette.

Dit is baie minder as in ’n teelepel botter (sowat 2,4 g versadigde vette) en rooivleis (5 -8 g versadigde vette per porsie sonder sigbare vette en waarby niks met versadigde vette gevoeg is, soos ’n kaassous).

Tweederdes van die vette in ’n eiergeel is gesonde mono-onversadigde en poli-onversadigde vette, wat jou hart beskerm.

Daarby bevat eiers ook omega 3 onversadigde vette, wat jou ook teen hartsiektes beskerm. Omega-verrykte eiers bevat tot tien keer meer omegas 3s.

Ander voedingstowwe in eiergeel

Vitamien D
’n Eiergeel bevat sowat 18 I.U. Jy het dertig keer soveel per dag nodig (600 I.U.) maar vitamien D is skaars in ons kos, met eiers, kaas, lewer en vet vis as amper al bronne in ons dieet.

Minerale
In plaas van ’n mineraalaanvuller kan jy netsowel eiergeel gereeld eet want dit verskaf yster, magnesium, swael, kalium, kalsium en selfs sink.

Ekstra voedingstowwe
Eiergeel is van ons min bronne van biotien, luteïen en zeaxantien.

Geniet jou eiergeel

Om saam te vat: eiergeel bevat relatief min vette in totaal, min versadigde (die ongesonde soort) vette en min kilojoules, met baie en kosbare voedingstowwe. Boonop het dit min effek of geen effek op die cholesterolvlakke van gesonde mense. Een eier per dag – geel en wit – is goed vir jou.

Lees ook: Vyf dieetwenke wat vir almal werk

The post Is eiergeel gesond? appeared first on rooi rose.

Kom jy nie by oefen uit nie? Lag ’n slag
Lag ’n slag. Deur Anet Schoeman

Oefen jou lagspiere

Klaarblyklik maak dit nie saak of die lag werklik of gedwonge is nie.

• Dus: lag lank en lekker vir flou grappe, of sommer vir jouself en dikwels word dit dan ’n regte kraailag uit jou maag uit.

• Vergeet van flieks waarin jy huil dat die trane spat, soek die komedies uit en nooi sommer ’n vriend of twee oor om saam met jou te skater. Lag is aansteeklik en groter pret as jy nie alleen is nie.

• Kyk na ’n lawwe program op televisie al is dit nie heeltemal jou smaak nie en dwing jouself om te lag.

• Leer om vir jouself te lag eerder as om gefrustreerd of vies te word as jy foute maak.

• Gaan kyk na ’n komediant.

Lees ook: Ses oefeninge vir vroue bo 40

15 minute se lag verbrand 40 kalorieë en 10 minute se uit die maag lag, kan chroniese pyn verlig – Dr. Ramón Mora-Ripoll

Hoekom voel jy beter?

Volgens dr. Mora-Ripoll sneller lag veranderinge in die spiere, immuunstelsel en hormoonstelsel wat tot positiewe emosies lei en só lewensgehalte verbeter. Dit help ook om spanning te beheer en verbeter sosiale vaardighede. Boonop lyk dit of lag die vlakke van oksitosien, melatonien, serotonien en dopamien verhoog – alles hormone wat jou vrolik laat voel.

Ha, ha, ha … Lag is toe die beste medisyne.

* Dr. Ramón Mora-Ripoll skryf in die mediese joernaal Alternative Therapies in Health and Medicine dat lag as aanvullende medisyne gesien moet word in die voorkoming en behandeling van siektes en raai almal aan om elke dag lekker te lag.

Lees ook: Hoekom antioksidante goed vir jou is, en in watter kosse jy hulle kan vind

The post Kom jy nie by oefen uit nie? Lag ’n slag appeared first on rooi rose.

Die regte medisyne vir verkoue
Dit is duur en dikwels onnodig om dokter toe te gaan vir ’n verkoue. Maar intussen voel jy sleg; jou lyf en kop pyn; jou sinusse voel dik en verstop; jou keel is droog en seer en jy voel pap. Toemaar, kyk wat kan help dat jy ten minste beter voel terwyl jou liggaam die virus beveg.

Vir koors en lyfseer

Begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C.

Vir daardie teer, rooi neus en bolip

Wend van die eerste nies af ’n skermroom aan, soos vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Gebruik baie sagte snesies.

Vir ’n  loopneus

Gebruik Advil CS of Grippon.

Vir ’n toeneus

Gebruik ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus geswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.

Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup

Gebruik Phensedyl of Medifed.

Vir ’n droë hoes sonder ’n postnasale drup

Gebruik Dilinct Dry of Benylin DM.

Vir ’n nat hoes

Gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.

Vir ’n seer keel

Gebruik Betadine-mondspoel as gorrelmiddel of maak jou eie gorrelmiddel met soutwater: ’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water. ’n Suigtablet of spuitmiddel reik egter dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suigtablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.

Vir toegeslane ore

Gebruik ’n opdroogmiddel soos Demazin of Decofed.

As jy moet deurdruk

Die beste raad vir ’n verkoue en griep is om te rus. Maar soms is dit doodeenvoudig nie ’n opsie Jy kan jouself aan die gang hou maar wees versigtig, want daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Al die deurdramiddels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. Maak jou ook reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Die verkouemedisyne wat gevaarlik is of vermy moet word

Medikasie laat jou beter voel, maar wees versigtig vir kodeïen en pseudefedrien. Hulle is nie vir almal veilig nie.

Twee risiko’s van kodeïen

1. Dit kom in talle verkouemedikasies en hoesstrope voor maar dit is berug daarvoor dat dit mense hardlywig maak. Vermy dit as jy reeds sukkel.
2. Kodeïen het ook ’n baie werklike verslawingspotensiaal. Vermy dit as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het.

As jy self jou verkouemedikasie uitkies, gaan die bestanddeellys op die verpakking of ingeslote voubiljet sorvuldig na of vra jou apteker om jou te help om iets uit te kies wat vry van kodeïen is.

Drie groepe mense wat pseudoefedrien moet vermy

Mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes moet liewer wegbly van pseudoefedrien. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee is Advil CS.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Die regte medisyne vir verkoue appeared first on rooi rose.

Voel en lyk meer energiek
Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Noah Buscher vir Unsplash

Ons bly in ’n “nimmereindigende” wêreld, sê Tony Crabble, skrywer van die boek, Busy: How to Thrive in a World of too Much. Daar is altyd nóg e-posboodskappe, nóg vergaderings, meer goed om te lees of idees om op te volg. En die tegnologie stel ons boonop in staat om net al hoe meer “moet doen”-lysies te maak, of dit nou tuis of op vakansie is.

Die gevolg is dat ons al hoe meer oorweldig voel en boonop die sosiale druk ervaar om “alles te doen”, verduidelik hy. Die uiteinde is lae energievlakke en moegheid. Hier is wenke om meer energiek te voel én te lyk.

1. Eet gesond

Eet soveel moontlik skoon (sonder enige bymiddels) en vars produkte en vermy suiker en geprosesseerde kos. Probeer hierdie Gatskop-groensap. Dis ’n lekker energiegewende drankie vir ontbyt.

Lees ook: Dieetwenke wat vir almal werk

Gatskop-groensap

2. Slaap meer

Daar is ’n rede hoekom daar ’n term soos ’n “skoonheidslapie” is. Te min slaap kan jou onaantreklik laat lyk, vinniger ouer laat lyk en ook siek maak. Navorsingsresultate van ’n slaapstudie aan die Karolinska-instituut in Swede dui daarop dat jy ná twee nagte van min slaap (vier uur) nie meer so aantreklik lyk nie. ’n Groep van 120 mense moes na foto’s kyk van 25 studente wat twee nagte goed geslaap het en twee nagte te min geslaap het. Diegene wat nie genoeg geslaap het nie, is eenparig as “minder aantreklik” bevind. ’n Rede hiervoor kan wees dat ons van nature geneig is om diegene wat “siek” lyk te vermy – donker kringe om die oë en ’n vaal gelaat sal jou vir seker alles behalwe gesond laat lyk.

“Navorsing wys ook dat te min slaap kan bydra tot ’n rits gesondheidskwessies, soos ’n verswakte immuunstelsel en groter risiko op oorgewig en diabetes,” sê dr. Laura Scheinfeldt, navorsingswetenskaplike aan die Coriell-instituut vir mediese navorsing in New Jersey, Amerika, en hoofskrywer van Important Associations between Genetics, Sleep Behavior identified by Study.

Net een nag se min slaap in ouer mense (61 en ouer is vir die studie gebruik) dra by tot biologiese veroudering, sê Judith Caroll, outeur van die navorsingsverslag, Partial Sleep Deprivation linked to Biological Aging in Older Adults.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

3. Kies vitamien C

Ons almal weet vitamien C is goed vir jou immuunstelsel maar het jy geweet dit verbeter ook die opname van ander voedingstowwe soos yster? As dit by velsorg kom, dra dit by tot die stimulering van kollageen en die heling van jou vel wat ’n pragtige, glansende gelaat verseker.

Dr. Judey Pretorius van die Bio-medical Emporium sê vitamien C-behandeling van binne en buite is ’n wonderlike manier om jou immuniteit te verbeter. (biomedicalemporium.com)

Onthou net dat sonskerm baie belangrik is wanneer jy vitamien C gebruik. As jy die vitamien by jou daaglikse velsorgroetine wil insluit, kies botteltjies wat lugdig is. Vitamien C is onstabiel en kan nie aan lug blootgestel word nie. Gebruik dit soggens, want dié vitamien is ’n kragtige anti-oksidant wat sal help om jou vel teen omgewingsfaktore soos besoedeling te beskerm.

Lees ook: 6 dinge wat jy van sonskerm moet weet

4. Laat jou oë beter lyk

“Druk ’n koue teelepel 30 sekondes lank onder jou oë – dit help met pofferigheid,” beveel Janine Rose, lektor by die Isa Carstens Academy aan. “’n Wit potlood in die waterlyn laat ook jou oë helderder lyk.”

’n Oogroom soos Lancôme Advanced Génifique Yeux het ’n masseerdertjie wat sirkulasie aanhelp en pofferigheid verminder.

Gebruik ’n verbloemer, of ’n produk met ligweerkaatsende deeltjies onder jou oë.

Grimeerkunstenaar Cheryl Parker glo aan ’n wimperkruller. “As jy jou wimpers krul, laat dit jou oë dadelik oop, groter en wakkerder lyk,” sê sy. Klamp twee tot drie keer vir so twee tot drie sekondes voordat jy jou maskara aanwend.

5. Oefen

Die gesondheidsblogger Cara (sy is ook die stigter van caralishious.com) sê: “Oefening in die oggend laat my positief en produktief voel.” Al staan jy hoe moeg op, sal ’n lewendige oefensessie (soos hardloop, touspring of HITT) dadelik jou bloed laat bruis, jou metabolisme aanwakker en jou vel laat gloei. As jy ’n af dag het en regtig nie kans sien vir oefen nie, lê net plat op die vloer met jou heupe in ’n 90 grade-hoek teen die muur. Maak jou oë toe en haal vir vyf tot tien minute diep asem. Dit sal jou sirkulasie verbeter en jou kalmeer.

Lees ook: Velsorg en oefening

6. Kulkunsies

Grimeerkunstenaar Tamaryn Pretorius meng sonskerm en onderlaag en tik dit met ’n kwas en sponsie aan. “Dit gee ‘n pragtige glans.”

Grimeerkunstenaar Algria Ferreira glo dit is “meer modern om nie ’n plat gepoeierde veltekstuur te hê nie. Wend ’n ligte lagie onderlaag aan en dan ’n room met ’n blink tekstuur (soos Elizabeth Arden Eight Hour Cream) hoog op jou wangbene, die oogbanke en die lippe aan.”

7. Kies ’n roomblosser

“Roomblosser is letterlik die produk met die beste verjongingseienskappe indien dit strategies op die volste gedeelte van jou wange gebruik word. Jy kan dit selfs op jou oë en lippe gebruik,” is Algria se raad.

Foto: rooi rose

8. ’n Gesigmassering in 60 sekondes

“Gebruik ’n vogroom ryk aan vitamien B en peptiede en masseer jou gesig vir 60 sekondes deur klein sirkelbewegings met jou vingers te maak. Dit sal sirkulasie verbeter wat suurstof na jou selle sal bring en jou dadelik glansender laat lyk. Spuit ’n terapeutiese sproei ryk aan vitamiene en minerale een tot twee keer oor jou gesig,” sê dr. Judey Pretorius, ’n bio-chemiese wetenskaplike en produkontwikkelingskundige. Sy is ook die eienaar van Biomedical Skin Emporium.

9. Voel vroliker met sitrusgeure

Sitrusgeure het ’n vrolike en opbeurende uitwerking op die gemoed. Lemoen laat jou vrolik en optimisties voel, lemoenblomolie gee energie en bergamot laat jou jonk voel.

Lees ook: Wend jou parfuum reg aan

10. Kies kleur

Helder kleure kan dadelik jou gemoed lig, kies spatsels kleur op jou lippe, oë of naels. Warm kleure soos rooi of pienk stel dopamien vry (’n goedvoelhormoon) wat jou gemoed kan lig, en koeler kleure laat jou kalm voel.

Foto: rooi rose

11. Tintel met glikolsuur

“’n Reiniger of nagroom met glikolsuur bly een van my gunsteling-maniere om energie te gee, jy voel hoe die vel tintel,” sê estetiese terapeut, velkundige en eienaar van skin.I.D, Sonette Donker.

Lees nog: Die fases van uitbranding

The post Voel en lyk meer energiek appeared first on rooi rose.

Koolhidrate: die groot wit gevaar?
Wat laat jy weg as jy koring uitsny?

Meel en alles wat daarvan gemaak is, soos brood, beskuit, koek, koekies, pastei, pizza en pasta, witsous, oliebolle, gebakte poedings, semolina, bulgur en koeskoes.

Maar jy kan rog, rys, mielies, stampmielies, aartappels, ertjies, patats, soja, neute, grondbone, grondboonbotter, pretzels, aartappelskyfies, hawermout en pappe eet. Gebak met rys-, aartappel-, rog-, mielie-, soja- en ertjiemeel is ook reg. En hoewel jy die kors sal weglaat, kan jy steeds die vulsels van suurlemoenmeringue, kaaskoek en appeltert eet.

Wie sny dit uit?

Die alternatiewe terapeute beveel al jare lank aan dat mense koring uitsny omdat dit gluten bevat, wat hulle aan van sinus tot artritis koppel. Konvensionele dieetkundiges glo net mense met ’n koringallergie, soos bepaal by ’n patologielaboratorium, behoort koring uit te sny.

Wat laat jy weg as jy koolhidrate uitsny?

Dit is byna onmoontlik om koolhidrate heeltemal uit te sny omdat alles behalwe vis, vleis, eiers, olies, margarien en botter koolhidrate bevat.

Wat die meeste mense doen, is om hul koolhidrate drasties te verminder deur die hoëkoolhidraatkosse weg te laat en meer op laekoolhidraatkosse te fokus.

Hulle laat alles met koring weg plus veral die volgende: suiker, lekkers, sjokolade, heuning, roomys, vrugte, koeldranke, bier en alle soorte wyn. Kitskos, wors en polonie is propvol koolhidrate en word ook weggelaat. Dieselfde geld bone, neute, sade, wortels, beet en al die soorte pampoene.

Melk, kaas en jogurt bevat min koolhidrate, so ook komkommers, sampioene, die meeste koolsoorte en blaargroentes soos slaai en spinasie. Hulle bly dus in.

Die alkoholiese suikerplaasvervangers soos sukralose tel ook as koolhidrate maar hulle word nie goed geabsorbeer nie en kan goed as deel van ’n laekoolhidraatdieet werk.

Wie sny dit uit?

Mense op laekoolhidraatdiëte soos Atkins sny koolhidrate tot op die minimum.

Dieetkundiges onderskei tussen verfynde stysels met ’n hoë GI en growwe stysels met ’n lae GI. Hulle beveel aan dat almal hoofsaaklik lae-GI-stysels eet, saam met minder proteïene en baie min vet. Dit werk veral as jy gewig wil verloor, hartkwale het of diabeties is.

Wat is die verskil tussen koolhidrate en suiker?

Ons dink aan koolhidrate as “melerige stysels” en aan suiker as “soet”.

In werklikheid is hulle almal uit glukosemolekules opgebou en dus ekwivalent. Waar suiker uit net twee glukosemolekules bestaan, is koolhidrate komplekse ritse glukosemolekules. Jou liggaam breek suiker en koolhidrate af na glukose, jou een basiese brandstof. Die ander twee is vette en proteïene.

Die werklike verskil lê in jou reaksie op die twee: jy breek die komplekser koolhidrate baie stadiger as suikers af. Dit neem jou dus langer om energie daaruit te haal. Of anders gestel: komplekse koolhidrate verskaf ’n paar uur aaneen energie, terwyl suiker binne twintig minute energie gee maar gou opbrand.

Hoekom maak witbrood vetter as bruinbrood?

Hulle bevat dan ewe veel kilojoules?

Dit het juis met hierdie afbreekspoed te doen: die verfynde koolhidrate in die witbrood word binne ’n halfuur afgebreek na glukose en in jou bloed vrygestel vir jou selle as brandstof. Alles wat nie onmiddellik gebruik word nie, word omgebou in vet en in jou vetstoor (daardie rolletjies en kuiltjies) gebêre tot jy dit nodig het.

Ná sowat ’n halfuur is die witbrood weggewerk. Nou spring jou liggaam se baie slim terugvoerstelsel aan die werk en kondig aan dat daar nie meer glukose in jou bloed is nie. Jou eetlus word gestimuleer, met die gevolg dat jy binne 60-90 minute honger is. En sommer desperaat honger. Jy eet dus gou weer – en so eet jy al meer.

Gestel jy het volgraanbrood geëet: Omdat volgraan ’n komplekse koolhidraat is, haal jou liggaam die glukosemolekules as ’t ware een vir een daar uit – ’n proses wat twee tot drie uur neem. Jy word dus oor ’n lang tyd van glukose in jou bloed voorsien.

Daardie terugvoerstelsel bly jou vertel dat jy genoeg bloedglukose vir brandstof het en jou eetlus word nié aangeskakel nie. Jy eet minder omdat jy nie honger is nie – en daarom bly die vetjies makliker weg.

Vir wie is growwe stysels beter?

Dis beter vir almal, tensy jy midde-in ’n marathon is.

Wat het koolhidrate met cholesterol te doen?

As jy koolhidrate vir vleis verruil, gaan jou cholesterolvlakke mos styg? Moontlik. Maar nie noodwendig nie … wat die navorsers behoorlik laat kopkrap. Dit is in die reël waar dat die vet van vleis aan hoër cholesterol gekoppel word. Dit is die hoofrede waarom die meeste dieetkundiges teen die koolhidraatvrye diëte waarsku. Maar daar is ’n ander kant aan dié storie:

Die jongste stukkie wat nog nie mooi in die legkaart inpas nie, is die feit dat die slegte LDL-cholesterol in verskillende groottes kom. Klein LDL-partikels word aan groter hartrisiko gekoppel. Hoewel dit waar is dat LDL-vlakke van mense op laekoolhidraat-diëte kan opgaan, óf sak, óf dieselfde bly, wys al die ondersoeke dat dit klein LDL verminder en groter LDL vermeerder. Dus: hoe minder koolhidrate, hoe beter vir jou sóórt LDL, ten spyte van wat die syfertjie sê.

Dan is daar die uitwerking op jou trigliseriedvlak. Dit is een van die belangrike bloedvette wat as deel van jou cholesterolprofiel gemeet word. Hoe laer jou trigliseriedvlak, hoe kleiner jou kans op beroerte en hartsiektes.

Waar kom trigliseried vandaan?

Van die koolhidrate wat jy eet. Jou oortollige koolhidrate en suikers word as trigliseried (’n soort vet) gestoor. As jy min koolhidrate eet, is daar min oor om as trigliseried te stoor. So sak jou trigliseriedvlak. Jou dokter sal dus sê jou cholesterolprofiel lyk beter. ’n Bevestigde voordeel van minimum koolhidraatdiëte is dat dit jou HDL opstoot. Ondersoeke wys jou goeie HDL-cholesterolvlak styg as jy koolhidrate sny.

Is dit goed vir jou om koolhidrate te sny?

Dit hang af: fyn, wit koolhidrate en suikers is ’n slegter keuse as byna enigiets anders op die spyskaart. As jy diabeties is, of hoë cholesterol het, kan dit die moeite werd wees om te kyk wat die uitwerking op jou cholesterolprofiel en bloedsuikervlakke is.

Maar as jy besluit om koolhidrate te sny, doen dit onder die toesig van ’n dokter, wat sal sorg dat dit behoorlik gemonitor word.

Lees ook: 5 laekoolhidraat-happies wat jy nou moet maak

The post Koolhidrate: die groot wit gevaar? appeared first on rooi rose.

Kinders & vitamiene
Vir al hul vitamiene

As jou kinders elke week hierdie kos kry, kry hulle al die nodige vitamiene, van A, C, D E tot K in. Dit sluit ook al die B-vitamiene in, soos folaat, biotien en niasien.

Die superkoslys is: Volroom of 2% laevetmelk, kaas, eier, maer rooivleis, hoender, vis, grondboontjiebotter, groenbone, spinasie, broccoli, alle soorte kool, wortels en tamaties en enige vrugte.

Vir al hul minerale

Gee jou kind elke week hiervan om die hele spektrum te dek, insluitende kalsium, kalium, magnesium, swael, fosfor, yster, koper, sink, natrium en chloried:

Melk, kaas, jogurt, eiers, vis, hoender, vleis, pietersielie, sardiens, grondboonbotter, neute, lewer, hoender, bone, heelgraanpap.

Vir al die ekstras

Jou kind het ook chroom, jodium, fluoried, selenium en kobalt nodig, wat hy uit dié kosse kry: Heelgraanpap soos hawermout en heelgraanbrood, olyfolie, vleis, melk, jogurt, kaas, gejodeerde sout.

Wat van aanvullers?

Daar is nie oortuigende bewyse dat kinders wat normale huiskos eet veel by vitamiene baat vind nie. Maar daar is uitsonderings – dié met ’n melkallergie, diabetes, AAHS of AAS en crèche-kinders.

Voorkeurlys vir crèche-kinders

Hy word aan baie meer kieme blootgestel. Help sy immuniteit bou met sink, multivitamien, mineraalaanvulling, probiotika, omega 3-salmolie (500 – 1 000 mg per dag).

Beste ekstras vir diabete

Kinders met tipe 1-diabetes het baie goeie vitamien- en mineraalaanvullings nodig omdat die liggaam baie vitamiene en minerale uitskei in sy poging om van oortollige suiker ontslae te raak. Vra jou dieetkundige om die beste aanvuller voor te skryf met die korrekte dosis gegrond op jou kind se gewig.

• Kyk veral vir multivitamiene wat yster en sink bevat.

• Kinders met tipe 1-diabetes se kanse om hart- en bloedvatsiektes te ontwikkel is 30% hoër as gewone mense s’n. Daarom is dit baie belangrik dat hulle van vroeg af omega-3-aanvullings neem om hulle te beskerm.

• ’n Chroom-aanvuller help veral om suikervlakke bestendig te hou, omdat dit die goeie absorpsie van insulien aanhelp. Chroom help ook met die opname van alle vitamiene en minerale.

• Nuwe navorsing wys dat daar ’n sterk verband tussen ’n vitamien D-tekort en diabetes is. Jy kan jou kind se vitamien D-vlakke deur ’n bloedtoets laat bepaal. Vitamien D beskerm die hart en pankreas en help met konsentrasievlakke.

Ekstra vir kinders met melkallergie

Sy skelet moet op ander maniere gebou word. Sorg vir 1 000 mg kalsiumaanvuller per dag, verdeel in twee dosisse van 500 mg sodat die liggaam dit beter opneem. Kies ’n aanvuller wat vitamien D bevat. Multivitamien & mineraalaanvuller. As jou kind asma of gereelde lugweginfeksies soos brongitis kry, maak seker sy mineraalaanvuller bevat 10-15 mg sink ook.

Beter konsentrasie vir kinders met AAHS en AAS

Help sy brein optimaal werk met 1 000 mg omega-3-olies (salmolie is die beste), multivitamien, mineraalaanvuller met sink en yster.

Onthou vitamien L

Dit is die belangrikste van almal.

Dosis: Oordosering onmoontlik

Wat dit doen: Waarborg gelukkige, gebalanseerde kinders

Bron: Ma se hart

Lees ook: Help jou kind dié oorgange baasraak

The post Kinders & vitamiene appeared first on rooi rose.