Die 1%-klub | rooi rose

kykNET soek Afrikaanse deelnemers vir wêreldtreffer-speletjiesprogram
kykNET het die Suid-Afrikaanse uitsaairegte van die internasionaal hoogaangeskrewe speletjiesprogram The 1% Club bekom en sal die eerste plaaslike weergawe daarvan, Die 1%-klub, in aan die einde van 2026 uitsaai.

Dié suksesvolle, oorspronklik Britse reeks is geskep en vervaardig deur Rapid Blue, wat deel van BBC Studios is. Die Afrikaanse weergawe volg die formaat van die oorspronklike reeks waarvan verwerkings ook ’n treffer in lande soos die VSA, Duitsland, Spanje, Frankryk en Australië was.

Hierdie opwindende nuwe toevoeging wys nogmaals dat kykNET daartoe verbind is om die room van internasionale formate na Afrikaanse kykers te bring. Die kanaal het voortdurend die lat al hoër gestel met uitstaande verwerkings soos Die brug (The Bridge), wat vir ’n Internasionale Emmy benoem is, en die gewilde Wie word ’n miljoenêr? (Who Wants to Be a Millionaire?).

Met Die 1%-klub bevestig kykNET sy reputasie as ’n baanbreker in plaaslike televisie wat aan kykers vars, internasionale suksesformate bring, pasgemaak vir Suid-Afrikaanse gehore.

“Ons span het eenvoudig dadelik verlief geraak op hierdie formaat toe BBC Studios dit verlede jaar vir ons gewys het,” het Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van Premium-kanale, gesê. “Die kykNET-gehoor is mal oor ateljee-speletjiesprogramme, en dit was geen geringe taak om ’n formaat te vind wat vir dieselfde dosis adrenalien kan sorg as  Wie word ’n miljoenêr? nie. Ons glo Die 1%-klub – wat logika en gesonde verstand op ’n humoristiese wyse toets, in plaas van algemene kennis – is die regte program om dit te doen, en ons hoop ons kykers sal net so gaande oor hierdie vars formaat wees soos ons.”

“By Rapid Blue is ons passievol oor die skep van inhoud wat vermaak terwyl dit ook dieper tot gehore spreek. Die 1%-klub doen dit briljant deur skerp denke op ‘n speelse, inklusiewe wyse te vier wat by kykers oor generasies heen aanklank vind. Ons is opgewonde om hierdie program vir kykNET te vervaardig en hierdie wêreldwyd suksesvolle program na Suid-Afrikaanse skerms te bring, en ons kan nie wag om te sien hoe ons plaaslike deelnemers uitdagings die hoof gaan bied nie.” – Grant Flynn, Hoof- kreatiewe beampte, Rapid Blue.

Die formaat is geskep deur Magnum Media en word versprei deur BBC Studios.

Hoe werk dit?

Die speletjie begin maklik – met vrae wat 90% van Suid-Afrikaners behoort te kan beantwoord – maar die moeilikheidsgraad styg vinnig en eindig in uitdagings wat slegs die top-1%  van die bevolking waarskynlik sou kon oplos. Die formaat is ontwerp om ratse denke, kreatiwiteit en analitiese vaardighede te beloon, eerder as gememoriseerde feite of ’n breë algemene kennis.

Dié speletjie gaan wys of jy onder die top-75%, top-40%, top-10%, of – as jy deurdruk tot die einde – die elite top-1% van die land tel, volgens die programformaat se toetskriteria.

Elke deelnemer begin met R1 000. Spelers wat verkeerd antwoord, word uitgeskakel, en hul geld beland in die groeiende boerpot. Namate die speletjie vorder, moet die oorblywende spelers besluit of hulle met ’n deel van die prysgeld uit die stryd wil tree, of alles wil waag om te bewys dat hulle deel van die top-1% is. Die 1%-klub is ’n opwindende kompetisie wat ’n kombinasie van strategie en breinkrag onder groot druk verg om sukses te behaal.

Inskrywings is nou oop! Suid-Afrikaners van 18 jaar en ouer word genooi om in te skryf op www.kyknet.tv of stuur ’n e-pos na die1persent-klub@rapidblue.com.

Die reeks sal in Johannesburg verfilm word, en deelnemers moet hul eie vervoer reël.

Hoekom moet jy inskryf?

Geen spesiale kwalifikasies is nodig nie – net ’n skerp verstand en ’n passie vir die oplos van raaisels.

Of jy nou ’n student, pensionaris, ambagsman of akademikus is – almal staan ’n gelyke kans.

Jy kan dalk wegloop met ’n deel van die R100 000 wat op die spel is.

In internasionale weergawes van The 1% Club het deelnemers bestaan uit almal van tieners tot pensionarisse, en van die grootste wenners was gewone mense wat eenvoudig anders gedink het. Die formaat is juis lof toegeswaai omdat dit so inklusief is en onkonvensionele intelligensie in die kollig plaas.

Die aanbieder van Die 1%-klub sal binnekort aangekondig word.

Lees ook: Johnny Potsanyane keer terug na Diepe Waters: ‘Ek ervaar nou die ander kant van die swemklub’

The post kykNET soek Afrikaanse deelnemers vir wêreldtreffer-speletjiesprogram appeared first on rooi rose.