Die grond onthou | rooi rose

‘Die grond onthou’ werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings
Verskaf deur kykNET

Die oorsprong van die storie strek ses dekades terug met gedwonge verskuiwings. Toe volg die grondeis van die 1990’s en uitgerekte wetlike prosesse. Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad neem nou uiteindelik stelselmatig gestalte aan met bouwerk wat na verwagting teen vroeg 2028 voltooi sal wees.

Die dokumentêre kortflim Die grond onthou fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.

Regisseur Mia Cilliers het kennis geneem van dié projek toe daar in Maart 2025 amptelik met die ontwikkeling begin is. Vroeg reeds het sy aanvoorwerk gedoen om kontak te maak met betrokkenes om beeldmateriaal in te samel. Onder andere met Sonia Roman (77). Met die goedkeuring van die dokkie-voorstel kon sy vir die kykNET Silwerskermfees, wat van 19 tot 22 Augustus in Kaapstad aangebied word, op ’n gedeelte van die verhaal fokus. ’n Begin, want die storie is nog nie klaar nie …

Vrae vir Mia Cilliers, regisseur

Die grond onthou is ’n interessante titel, gegewe die konsep van “the body remembers” (byvoorbeeld trauma). Wat wil jy met die titel oordra?

Hierdie konsep word deur die titel geïmpliseer, ja. Al was daar ’n amptelike sisteem in plek wat honderde mense in Protea Village van hulle grond kon verwyder, kan mens nooit hulle menswees, ervarings en herinneringe uitwis nie. Die verlies bly agter soos ’n letsel in die aarde. Nou kan 86 families hulle grond terugkry, maar hulle sal nooit terugkeer na dieselfde plek wat hulle eens geken het nie.

Dit word beskou as ’n suksesverhaal van ’n geslaagde grondeis, maar die uitdagings vir die oorlewendes is groot. Wei asseblief uit hieroor.

Protea Village is van die suksesvolste, indien nie dié suksesvolste grondeis in Suid-Afrika nie. Baie gemeenskappe wat suksesvolle eise gehad het, is geldelik vergoed of het alternatiewe (meestal minderwaardige) grond ontvang.

Wat hierdie geval so uniek maak, is dat die meerderheid van die grond waarop die gemeenskap gewoon het nooit ontwikkel is nie. Die grond lê skuins onder die hoofingang van Kirstenbosch Botaniese Tuine en dit het altyd oop gebly as ’n groen strook vir die Bishopscourt-inwoners om langs die Liesbeekrivier te stap.

Nie net kan die Protea Village-gemeenskap terugkeer na van hul oorspronklike grond nie, maar hulle het grond gekry in een van Kaapstad se spogbuurte wat baie werd is.

Dit is ook die eerste keer dat ’n werkbare ekonomiese model geskep is: Verkoop ’n derde van die grond as erwe teen markverwante pryse (Bishopscourt Estate), dít befonds dan die bou van 86 huise op die tweede derde van die grond (Protea Village Estate). Die twee lê oorkant die pad van mekaar. Die laaste deel sal as ’n groen strook behoue bly vir almal om te geniet.

’n Toekomstige uitdaging is die dienste en belasting van die area. Die grondeisers het ’n 10-jaar-vergunning van Stad Kaapstad gekry, maar dit verstryk binne die volgende paar jaar. Die gemeenskap maak wel ’n plan deur self ’n fonds te skep, deels befonds deur heffings van die Bishopscourt Estate-eienaars.

Onderling gaan families moet besluit oor die gebruikreg van die huise. Waar daar een familie-eis ingedien is, is daar vandag dalk ses sibbe wat geregtig is op die erfporsie. Vir baie families mag dit meer sin maak om hul huise te verhuur, of later te verkoop (hulle mag vir tien jaar nie verkoop nie). Maar die Protea Village Communal Property Association se doel is om almal te ondersteun om te verhoed dat mense moet verkoop en die gemeenskap weereens verdeel word.

‘Die grond onthou’ is ‘n dokumentêre kortfilm. Foto: Verskaf

Wanneer is jou dokumentêr voltooi? Waar staan die proses nou? Die oorlewendes en nageslagte sal glo vroeg in 2028 kan terugtrek. Is dit iets wat tot ’n moontlike “opvolgprent” kan lei en sou jy dit enigsins oorweeg?

Ons het geskiet tussen November 2025 en April 2026. Teen Julie vanjaar is die paaie in Protea Village al gebou en teen volgende jaar sal hulle begin met die bouwerk van die huise sodat mense in 2028 kan intrek.

Ons sal baie graag die storie verder wil neem en het aansoek gedoen vir verdere befondsing by die Nasionale Rolprent- en Video-stigting (NFVF). ’n Vollengte-dokumentêr sal wys hoe die families intrek en hoe hulle aanpas by die nuwe lewe in Protea Village, asook enige uitdagings wat hulle moes navigate om te besluit wie trek terug.

Jou latere studies was gefokus op dokumentêre rolprentkuns. Vertel meer. En wat is die belang daarvan in die tydvak waarin ons ons tans bevind.

Ek het joernalistiek op Stellenbosch geswot, maar wou in film ingaan en het toe ’n meestersgraad by UCT gedoen in Documentary Arts. Die meestersgraad het my ook die geleentheid gegee om as uitruilstudent in Berlyn (Freie Universität Berlin) en in Los Angeles (UCLA) film te studeer.

Wat my aangetrek het tot die kreatiewe dokumentêr is dat dit nie gesien moet word as aktualiteit of nuus nie. As ’n filmmaker ’n situasie betree, maak hulle die “waarheid” hul eie. Daar is dus baie ruimte om te speel met ’n storie en hoe mens dit wil oordra en wat jy wil sê.

In ’n tydperk van deepfakes, KI-gegenereerde inhoud en ’n kort aandagspan, is mense steeds gretig om die meeslepende niefiksie-storievertelling in die langer vorm te sien – dit laat mens connected voel aan iets.

Is daar enigsins ’n fiktiewe storie wat jy wil vertel?

Ek het oor die laaste jare baie navorsing gedoen oor hoe georganiseerde misdaad, bendes en polisie-owerhede in Kaapstad saamsweer en hoe dit lei tot die vlakke van misdaad en geweld wat mens in die Kaap sien. Dis moeilik om dit as ’n dokumentêr te vertel, maar sal fantasties kan wees as ’n fiktiewe film.

Die 14de kykNET Silwerskermfees word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Kaartjies vir die films, asook die prestigeryke toekenningsgeleentheid op Saterdag 22 Augustus, is beskikbaar by Quicket.

Vir die volledige program, besoek www.silwerskermfees.co.za.

Lees ook: Verwikkelde verhouding tussen pa en seun in kortfilm ‘Genoeg’ verken

The post ‘Die grond onthou’ werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings appeared first on rooi rose.