die pil | rooi rose

Is ek swanger? 6 self-sien tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed
Is ek swanger? 6 self-sien tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed deur Salomé Delport.

’n Swangerskaptoets is die sekerste manier om te weet of jy swanger is. Maar dit wys eers swangerskap op die vroegste twaalf dae na onbeskermde seks in jou vrugbare periode – amper twee weke later.  En die ander betroubare teken – dat jy een of twee maandstondes oorgeslaan het – neem ten minste vier weke langer.

Hoe gemaak as jy nie wil wag tot dan nie? Swangerskap op die regte tyd is té opwindend om lank te wag – en op die verkeerde tyd té angswekkend vir langer uithou. Hier is ses tekens wat baie vroeg kan verklap dat jy wel swanger is.

Lees ook: Ovulasie en vrugbaarheid

1 Die feite: jy het onbeskermde seks tydens jou vrugbare fase gehad

Die Standaarddae-metode wat deur Georgetown University Institute for Reproductive Health in Washington, DC, ontwikkel is en wêreldwyd gebruik word, is 88% akkuraat. Jy moet net weet wanneer die eerste dag van jou laaste menstruasiesiklus was om te kan uitwerk of jy sou kon swanger raak.

Van die eerste dag vandat jy menstrueer tot Dag 7: Jy is nie vrugbaar nie, en seks nou sal waarskynlik nie tot swangerskap lei nie.

Van Dag 8 tot Dag 19: Jy is vrugbaar. Seks nou kan tot swangerskap lei.

Dag 20 tot die eerste dag van jou menstruasie: Jy is nie vrugbaar nie, en seks nou sou jou waarskynlik nie swanger laat word het nie.

As jou siklus normaalweg 28-32  dae lank is en jy menstrueer nie teen Dag 32 nie, kan jy taamlik seker wees jy is swanger.

Lees ook: Menstruasie 101

2 Die koorspen sê jy is swanger

Hierdie een is baie betroubaar, maar moeilik om toe te pas. Jy het in die eerste plek ’n baie akkurate termometer nodig – een waarop jy maklik temperature soos 36.1°C kan lees. Dalk is jou slimhorlosie s’n akkuraat genoeg?

Jou temperatuur wissel deur die dag. En daarom moet jy vir swangerskapbepaling elke dag jou temperatuur neem voor jy opstaan. Jy moet ook iemand wees wat rekord hou (of jou slimhorlosie moet) van jou temperatuur, sodat jy weet hoe jou tipiese temperatuursiklus oor ten minste ’n maand lyk en só weet wat normaal is vir jou.

Die volgende wys hoe jou temperatuur verander tydens jou menstruele siklus.

Eerste dag van menstruasie tot 13de dag: Jou temperatuur styg stadig van 36,1°C tot 36.3°C (onder 36.4°C)

Dag van ovulasie: Jou temperatuur val skielik na 35.6°C – 36°C. Dit is ’n klein en skielike daling.

In die 24 uur na ovulasie: Jou temperatuur styg skielik skerp terug na 36.1°C.

Van die dag na ovulasie tot eerste dag van volgende menstruasie: Jou temperatuur styg geleidelik van 36.1°C tot 36.3°C

As jy tydens ovulasie swanger geraak het: Jou temperatuur styg na 36.6°C tot 37.1°C, en bly daar. Dit keer nie terug na onder 36.4°C nie.

Onthou, mense se basistemperatuur verskil effens. Joune kan dus van nature effens hoër of effens laer wees. Dit gaan eerder oor die verskille wat jy opmerk as oor die spesifieke temperatuur. Soos jy kan sien, is die temperatuurverandering soms so min as 0.1°C.

Lees ook: Swanger bo 40

3 Jou borste en tepels verander

Van rondom sewe dae na onbeskermde seks tydens jou vrugbare dae voel jou borste swaar en vol, en raak die areola rondom jou tepels donkerder.

Dié teken is nie akkuraat nie, aangesien jou tepels en borste in elk geval in die drie tot vyf dae voor menstruasie verander. Maar as jy op Dag 8 onbeskermde seks gehad het en teen Dag 15 – lank voor jou volgende menstruasie – teer borste het, kan jy wel begin wonder.

4 Jy voel naar … elke dag

Nege uit elke vroue tien wat nuut swanger is, voel of raak naar in die eerste paar maande, en ’n paar ongelukkiges moet dit die hele nege maande lank uithou.

Uit elke tien swanger vroue is vyf gelukkig net ligweg aangetas, drie voel en/of is taamlik naar, terwyl net een swanger vrou ernstig aangetas is. Vandag glo dokters dit kan geneties wees om verband hou met jou onvermoë om by jou veranderde hormoonstatus aan te pas.

Omtrent die helfte van vroue wat pas swanger is, voel naar in die week voor die datum waarop hulle sou begin menstrueer het as hulle nie swanger geraak het nie.

Naarheid twee weke na onbeskermde seks tydens jou vrugbare dae is taamlik verdag. Maar jy kan om baie ander redes naar voel. Swanger vroue is of voel egter tipies naar in die oggend wanneer hulle opstaan. Dit is ook baie tipies van swangerskapnaarheid dat sekere reuke en smake jou skielik naar laat voel, asof dit jou oorval.

Lees ook: Swaar menstruasie

5 Jy het skielik baie meer vaginale afskeiding as gewoonlik

Sodra jy swanger is, raak jou vaginale afskeiding baie meer. Dit raak ook dikker en die kleur wissel van wit na liggeel. Maar jy sal dit net kan evalueer as jy weet wat is normaal vir jou. (Om uit te vind hoe jou vaginale afskeiding lyk kan jy kyk na afskeiding in jou broekie, of deur jou skoongewaste voor- en wysvinger in die vagina taamlik diep in die vagina insteek om mukus te oes.)

Lees dit so:

Terwyl jy menstrueer: Jy sien niks nie aangesien menstruasiebloed dit verskuil

Die week na menstruasie: Niks, of baie min

Die aanloop tot ovulasie : Vaginale mukus is geel of wit. As jy jou twee vingers effens van mekaar weg beweeg “rek” die mukus voor dit breek

Tydens ovulasie: Die vaginale afskeiding is skielik helder deursigtig, soos rou eierwit

Na ovulasie: Jou vaginale mukus raak weer dikker en minder of verdwyn.

As jy swanger is: Tien tot twaalf dae na bevrugting raak dit duidelik meer. Dit is wit tot geel, en taaierig.

Die antwoord is so eenvoudig as om uit te werk of jy onbeskermde seks tydens jou vrugbare periode gehad het. Tel twaalf dae verder, en kyk wat jou vaginale afskeiding verklap. As daar min of niks is, is jy waarskynlik nie swanger nie. Baie afskeiding lyk baie positief vir swangerskap.

Lees ook: Velsorg en swangerskap

6 Jy moet skielik kort-kort ’n draai loop

Sodra jy swanger is begin jou organe harder werk om vir die nuwe lewetjie te sorg. Met swangerskap vermeerder jou bloed dadelik. Jou niere filtreer jou bloed, en skei dus meer vloeistof af, wat as uriene in jou blaas beland.

Die behoefte om kort-kort te urineer kan ook ’n teken van urienweg- of blaasinfeksie wees – dit word oor die algemeen sistitis genoem. Urinering weens ’n gesonde swangerskap is egter nooit pynlik nie.

Dus, as na onbeskermde seks tydens jou vurgbare periode skielik meer as gewoonlik badkamer toe hardloop het jy ’n teken wat jou twee keer kan laat dink.

Lees ook: Wat mans by ons oor seks wil weet

Ander tekens van swangerskap

Wat van al die ander tekens van swangerskap? Daar is maklik 40 tekens, sê dr Katie Foxcroft en dr. Joan Webster van die Royal Women’s Hospital in Brisbane, Australië. Hulle het ’n Inventaris van Tekens van Swangerskap opgestel.

Maar hoewel rondom die helfte van die vroue slegs die helfte van die simptome ervaar, is dit moeilik om vroeë simptome van swangerskap vas te pen.

Dit lyk asof moegheid, onrustige slaap, die behoefte om kort-kort te urineer en/of rugpyn by baie vroue taamlik vroeg begin. Verandering in die kleur van die areola en vaginale mukus begin ook taamlik vroeg. Maar ’n teken soos rugpyn is so algemeen dat dit nie noodwendig met swangerskap verband hou nie. Boonop is baie van die tekens by baie vroue afwesig en dus ook nie betroubaar as aanduiding van swangerskap nie.

Hier is 37 tekens wat deur Foxcroft en Webster aangeteken is, met die hoeveelheid vroue wat in hul ondersoek elkeen tekens ervaar het tussen hakies.

Die algemeenheid van ’n simptoom beteken nie dat vroue dit vroeg ervaar het nie. Maar dit is interessant om te sien hoeveel ander vroue dieselfde kwessies met jou deel.

Moegheid (87%)

Gereelde urinering (85%)

Swak slaapgehalte (62%)

Rugpyn (60%)

Verstrooidheid (55%)

Vaginale afskeiding verander (50%)

Hoofpyn (50%)

Helder drome (41%)

Tepelveranderings (39%)

Smaak- en reukveranderings (34%)

Voel naar (34%)

Kosgiere (37%)

Smaak- en reuksensitiwiteit (34%)

Hardlywigheid (33%)

Heuppyn (33%)

Droë mond (32%)

Borspyn (32%)

Beenkrampe (31%)

Rustelose bene (30%)

Kortasem (30%)

Sooibrand (29%)

Teer tepels (29%)

Duiseligheid (27%)

Aknee (26%)

Jeukerige vel (22%)

Depressie (22%)

Angs (20%)

Rekmerke (18%)

Raak naar (17%)

Spatare (17%)

Inkontinensie (16%)

Snork (14%)

Hartkloppings (10%)

Kandida (9%)

Chloasma (Swangerskapvlekke om oë) (6%)

Aambeie (6%)

Hooffoto: Cottonbro vir Pexels

The post Is ek swanger? 6 self-sien tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed appeared first on rooi rose.

Tieners, hormone, aknee, die Pil & hublies
– Ma sê Die Pil verbeter die aknee op jou ken, my kind. En dan is jy veilig ook …

– Meisiekind sê Nee dankie. Die Pil maak jou net vet.

Daar ís goeie redes om te wag met die Pil én goeie redes om die Pil te gebruik, sê prof Igno Siebert, fertiliteitspesialis aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

“Deesdae word die Pil onverdiend gekritiseer. Dit bly die beste manier om swangerskap te keer; twee uit elke drie mense sit nié gewig aan nie; vir meisies wat baie swaar of ongereeld menstrueer en sportmeisies en dansers is die lewe op die Pil makliker; en aknee verbeter dikwels op die Pil. Om moontlike, hoewel klein, langtermynrisiko’s te verminder gee ons nie graag die Pil vir meisies met familie met beroerte of hormoonverwante siektes nie. En dis beter dat jong diabete die Pil vermy, omdat dit met hul bloedsuiker inmeng.”

Is die Pil dus ’n goeie plan vir meisies sonder die genoemde probleme?

“As jy ’n goeie rede het en goed vaar daarop, kan jy net wen. Maar ek glo jy moet twee keer oor ligter probleme dink. Vandag val die klem op lewenstyl eerder as pille. Ons werk aan ons gesondheid met ’n gesonde leefstyl en/of ons liggame kans te gee om self probleme op te los, eerder as om na pille te gryp. Net so met die Pil. Dalk ís dit beter dat jou dogter ligte aknee en wisselvallige of swaar menstruasie die eerste paar jaar aanvaar, eerder as regstelling met die Pil. ‘Nee’ bly die beste beskerming teen vigs en swangerskap. Of dan kondome, wat ook teen STD’s beskerm.”

Wie is reg? Jy of jou meisiekind?

– Ma sê Jy drink hopeloos te veel koffie!

– Meisiekind sê Maar Ma, ek het dit nodig om wakker te bly vir swot.

Ma, maak dit vir haar en drink sommer saam. Hier is drie goeie redes:

1 Navorsing van die National Cancer Institute wys die dag-tot-dag geheue van muise is ná ’n maand van matige koffie-gebruik (ekwivalent aan vyf koppies per dag vir ons) aansienlik beter. Jou kind sal dus beter onthou. Boonop was daar tot die helfte minder van die kenmerkende Alzheimer-neerslae in die muisbrein. Dit lyk dus of koffie jou brein goed doen.

2 Die groot NIH AARP op 400 000 mense tussen 50-70 jaar, wys koffiedrinkers is beskerm teen hartsiektes, longinfeksies, ongelukke, diabetes en beroertes, met ’n 10% kleiner sterfterisiko.

3 Nog ’n ondersoek wys elke koppie koffie verlaag jou kans op insulienweerstandigheid en dus op diabetes met 7%. Maar net as julle onder sewe koppies per dag bly en min of geen suiker gebruik nie.

Nog iets: gaskoeldranke met hul kalsiumkarbonaat onttrek kalsium, en breek jou dogter se skelet af. Koffie is nie so ’n slegte keuse nie.

– Ma sê Kyk hoe vol plooie is ek van die son.

– Meisiekind sê Juis Ma, ek bly uit die son. Daarom moet ons vir my sonbedsessies vir die matriekafskeid bespreek.

Wie is reg? Ma is. Sonbeddens stel jou bloot aan dieselfde skadelike UV-strale as in sonlig. Daar bestaan nie iets soos ’n veiliger soort sonbed nie. Die vel is veral voor 18 baie vatbaarder vir velkanker, en blootstelling nou verhoog jou risiko lewenslank, sê Sue Janse van Rensburg, hoofuitvoerende bestuurder van Kansa.

“Ons het die tweede hoogste melanoomrisiko ter wêreld. Niemand van ons kan dit waag om die risiko van sonbeddens by te voeg nie. Suid-Afrikaners onderskat die risiko: in Brittanje word salonne wat mense onder 18 op sonbeddens toelaat met 20 000 pond beboet.”

Bestee eerder daardie geld aan ’n lekker ekstra soos ’n spesiale parfuum.

– Ma sê My kind, jy moet elke dag ’n glas melk drink.

– Meisiekind sê Ma, net kalfies drink melk. En melk maak vet.

Albei is reg: Waar diere kort ná hul vrugbare jare sterf, leef ons tot dubbel so lank. Anders as kalfies, het ons ’n skelet nodig wat ons langer sal dra. Jou tienerjare is juis die beste tyd om jou skelet te bou.

Maar hoe? Dit lyk asof kalsiumaanvullings die risiko op hartaarverkalking ’n klein bietjie verhoog. Daarom is melk die veiligste. Maar melk kán vet maak – maar nie as jy onnodige kilojoules deur kilojoules van melk vervang nie. Hier is lekker tienerplanne:

Kies alles met melk bo alles sonder melk, soos ’n melkskommel, kaaskoek of melktert eerder as wortelkoek. Maak vlanageregte eerder as gebakte nageregte. Gooi ’n goeie skeut melk in jou tee en koffie en los die suiker. Drink eerder gegeurde melk as gaskoeldrank. Eet pouse liewer ’n klein jogurt as aartappelskyfies. Sit altyd kaas of maaskaas op toebroodjies. Krum-mel liewer fetakaas oor slaai as om mayonnaise of slaaisouse oor te gooi. Jy spaar ook kilojoules as jy 2% melk en laevetjogurt eerder as die volroomsoorte gebruik. As jou kind regtig nie melk drink nie, is ’n kalsiumaanvuller noodsaaklik.

– Ma sê Nie ’n hubbly vir jou nie, juffrou!

– Meisiekind sê Maar Ma, dit is sommer net vir die kuier. Ek rook mos nie regtig nie.

Ma is reg, sê Maretha Smit, uitvoerende hoof van die SA Dental Association.

“Met een uur op ’n hubbly kan jy tot honderd sigarette se rook inkry. Tabak in álle vorms is kankerwekkend.

“Ons vermoed hubblies is een van die redes waarom keelkankers met 30% toegeneem het. Die verrassendste is wié deesdae keelkanker kry. Voorheen was dit mense bo 45; oorsee sien ons nou dat sewe uit elke tien pasiënte jongmense is. Tensy ons tieners snap hoe om hulself te beskerm, gaan ons dieselfde hier sien.

“Ons is net so bekommerd oor die verband tussen keelkanker en orale seks, wat toeneem omdat mense vaginale seks uit vrees vir vigs vermy. Die HP-virus (HPV) veroorsaak servikale kanker by vroue. Met orale seks word die virus ook na die keel oorgedra. Ons sien dus al meer keelkankers onder mans en vroue.”

Daar is verskeie vaksine teen HPV, wat tieners lewenslank teen servikale kanker en keelkanker weens HPV kan beskerm, hoewel dit steeds nie keelkanker weens sigarette, hubblies en so aan sal keer nie. Vat jou kind jaarliks tandarts toe, en laat hy ook sy mond en keel ondersoek.

– Ma sê Vleis is gesond.

– Meisiekind sê Vleis is wreed. En dit maak ’n mens aggressief.

Jou dogter is sowaar reg oor buierigheid. Die breinvlakke van arachidoonsuur is baie laer by vegetariërs as by vleiseters. ’n Klein maar interessante ondersoek het onlangs vir die eerste keer rooivleis aan buierigheid gekoppel. Hulle het 39 vleiseters in drie groepe verdeel: ’n groep wat vleis en hoender eet, een wat vis eet en ’n vegetariese groep wat geen vleis, vis of hoender eet nie. Hul buiprofiele en stres-, angs- en depressievlakke is ná twee weke geëvalueer. Die groep wat oorgeskakel het na die vegetariese dieet was beduidend rustiger en kon intellektuele stres (lees eksamenstres) beter hanteer.

Maar ’n vegetariese leefstyl beteken nie dat sy maar net ophou vleis eet nie. Dit is ’n wetenskap, en julle moet leer hoe om dit reg te doen. Sy het genoeg soja, tofu, lensies, sade en neute, bone en sojamelk nodig, en moet ekstra vitamien B12- en kalsiumpille gebruik. Wees veilig en laat ’n dieetkundige die praktiesste oplossings vir julle uitwerk. Vir die res van ons is twee porsies rooivleis (bees, skaap, vark, volstruis) per week reg, want rooivleis verskaf sekere proteïenboustene waarvan ons nie genoeg uit ander kos kan kry nie.

– Ma sê Moet jy regtig kougom oopmond kou én blaas?

– Meisiekind sê Wil Ma nou hê my asem moet sleg ruik?

En Ma, wat van Ma koop vir ons mondspoel? En elektriese tandeborsels. Handtandeborsels is outyds. Myne se hare lê hoeka plat.

Meisiekind het ’n paar goeie punte beet. Tandeborsels moet vervang word as die hare begin plat raak.

Dr. Imraan Hoosen, Johannesburgse tandarts en woordvoerder vir Oral B, sê elektriese tandeborsels help mense om die vereiste twee minute lank tande te borsel. Boonop wys Europese ondersoeke dit help 92% van mense om deegliker te borsel.

As die prys jou pla? Gewone tandeborsels bly ’n aanvaarbare keuse, mits jy twee maal per dag en elke keer twee minute lank borsel, óraloor borsel en nie te hard borsel nie. Spoel die borsel elke keer goed uit en ontsmet dit soms met ’n bietjie sout.

Volgens ’n onlangse Finse oorsigartikel – die Nordiese lande is die leiers op die gebied van tandsorg – versterk kougom en mondspoelmiddels met xylitol beslis tande en keer dit tandbederf.

Dit is baie duurder om tande te laat herstel as om skade te keer. Dus is mondspoelmiddels en selfs kougom eintlik beleggings, mits hulle xylitol bevat.

Maar Ma het ook ’n punt beet: om soos prins William se skoonma in die openbaar kougom te kou werk nié.

The post Tieners, hormone, aknee, die Pil & hublies appeared first on rooi rose.