digitaal | rooi rose

Digitale detoks: hoekom en hoe?
Teen die einde van een spesifieke jaar was ek moeër as wat ek in jare was, vertel Ilse, wat haar eie digitale verslawing moes oorkom.

Ek het soggens moeg opgestaan, gesukkel met konsentrasie en sleg geslaap.

Ek het gesukkel om met aandag te lees, het altyd gejaagd en gespanne gevoel en saans kon my kop eenvoudig nie afskakel nie.

Dit was erger as my normale einde-van-die-jaar moegheid, en ek het byna siek gevoel. Die eerste week van die Desembervakansie was ek noodgedwonge Internetloos weens swak selfoonseine, en dit was so rustig dat ek impulsief besluit het om die res van die vakansie ook ’n digitale blaaskans te neem. Ek was hartlik siek en salig sat vir my rekenaar en selfoon. Vir byna ’n volle maand het ek net die allernodigste op my rekenaar gedoen en net Kersdag en Nuwejaarsdag boodskappe op my facebook-muur geskryf. Nogal ’n groot verandering vir ’n serial-facebooker maar ek het my digitale afsondering terdeë geniet en so lank moontlik uitgerek.

Ná ’n maand van digitale onthouding het ek uitgerus gevoel.

Ek kon weer slaap en behoorlik konsentreer. Maar teen middel Februarie was ek weer moeg, geïrriteerd en aandagafleibaar.

Facebook het my al hoe meer geïrriteer: die konstante stroom inligting, maar veral die aggressie, onverdraagsaamheid, selfgesentreerdheid en al die ongevraagde raad. Toe ek sewe jaar tevore by die wêreldwye facebook-klub aangesluit het, was ek ’n pas geskeide ma van twee klein kindertjies. Dit was afleiding, ’n manier om sosiaal te wees en in ander se lewe te deel in ’n tyd waarin ek weer my voete moes vind. Dit was ook ’n manier om te weet waaroor mense praat – ’n nuttige bron van idees vir artikels, en ’n manier om ingelig te bly oor wat in die wêreld aangaan. (So het ek myself altans oortuig – eers later het ek besef dit word FOMO genoem: the fear of missing out …)

Toe ek by FB aangesluit het, was ek ’n betreklik onbekende joernalis, maar namate ek danksy my skryf- en radiowerk bekender geword het, het ek vriendskapsversoeke van al hoe meer mense gekry. Seker 99% van my uiteindelike meer as 2 500 “vriende” op facebook was liewe, dierbare mense met goeie bedoelings en ek het baie pret gehad. Maar tussendeur was daar die fruitcakes (my vriendin Sophia Kapp se kollektiewe benaming vir ongebalanseerdes en wanaangepastes). Hulle was baie uitgesproke en het my aangeval en tereggewys oor alles – van my geloof in God tot my gewig. Ek het hope ongevraagde dieetraad gekry en gratis onge-vraagde terapie deur verskeie kwasi-sielkundiges.

Die groot uitbarsting het ook gekom: die keer toe ’n onskuldige opmerking oor my “kids” gelei het tot ’n stortvloed kritiek oor hoe ek as “openbare figuur” Afrikaans versaak, hoe ek my morele plig versuim om die taal te alle tye korrek te praat, hoe die taalkrisis “mense soos ek” se skuld is … Meer as drie honderd mense het kommentaar gelewer en al het meer mense my verdedig as gekritiseer, was ek seergemaak en ontnugter. Ek het myself nog nooit as “openbare figuur” gesien nie en wou ek regtig weet wat Sarie van Melville of Koos van Bellville van my (of my kinders, of my lyf, of my politiek) dink?

’n Reeks gebeure het daartoe gelei dat ek my FB-profiel delete het. Dit was uiters bevrydend, maar ook ’n bietjie intimiderend.

Die volgende dag het twee goed gebeur wat ek nooit sal vergeet nie: ek het ’n artikel oor digitale uitbranding gelees, en ’n vriend van my ouderdom is onverwags dood. Ek kon nie ophou dink aan hoe graag sy gesin hom sou wou terughê nie, en ek het besef hoe baie van my eie lewe, emosies en tyd ek gemors het in ’n virtuele wêreld terwyl ek die vlees-en-bloed mense in my lewe dalk onbedoeld en onbewustelik afgeskeep het.

Ek het ook besef dat ek beslis aan digitale uitbranding gely het. Ek het nie net vir my werk my dae aanlyn bestee nie, maar ook op die Internet sosiaal verkeer. Al die tekens was daar: die gebrekkige konsentrasie, moegheid, geïrriteerdheid, die Weltschmerz wat my telkens wou onderkry wanneer ek lees van al die tragedies, oorloë en gerugte van oorloë.

Die eerste week het my hande in ledige oomblikke outomaties na my selfoon gesoek om te lees wat op facebook aangaan – seker maar soos iemand wat ophou rook se hande na sigarette begin soek.

Maar ek het vasgebyt, en ná ’n paar dae was my energievlakke en konsentrasie beter, ek het weer diep en rustig geslaap, en ek het weer met oorgawe (en met my gewone lees-spoed) gelees.

Dis nou 18 maande later, en ek mis facebook glad nie. Ja, ek dink soms aan van my FB-vriende (en het nog kontak met van hulle) maar nee, ek is toe nie eensamer/minder ingelig/uit voeling met mense nie. Ek bly op die outydse manier op die hoogte van alles wat ek moet weet: ek lees daaroor (in koerante, tydskrifte en boeke), praat met (regte) mense en luister radio. My Weltschmerz het gewyk, en ek is my ou, positiewe self.

Onlangs het ek Twitter meer aktief begin gebruik, maar baie oordeelkundiger as FB. Ek volg net meningsvormers en nuusbronne, en bly weg van persoonlike interaksie (en deel geen persoonlike inligting of foto’s nie). Ja, die versoeking is steeds daar om te verdwyn in al die inligting en nuttelose afleiding wat in die kuberruim beskikbaar is, maar ek het my les geleer.

Hoekom detoks?

Dis nie net sosiale media wat ons digitaal uitput nie, maar ook die feit dat ons heeldag op rekenaars werk en deur ons selfone permanent vir almal bereikbaar is.

Levi Felix en sy lewensmaat Brooke Dean is die stigters van Digital Detox ®, ’n Amerikaanse organisasie wat daarop fokus om mense te help om die houvas van digitale toestelle op hul lewe te verbreek. Hul leuse en missie is Disconnect to Reconnect®, en deur hul baie gewilde Camp Grounded, ’n somerkamp vir grootmense, help hulle Amerikaners om presies dit te doen. Niemand mag enige digitale toestelle bring nie, en jy mag glad nie oor jou werk praat of eens jou regte naam noem nie! Die idee is om mense weer te leer om met ander te praat (en regtig te luister en oogkontak te maak sonder om vir jou selfoon te kyk!) en op gewone, outydse maniere te leer ontspan. Buitemuurse aktiwiteite, kampvuurkuiers, dans, saamsing, joga, sterre kyk, swem en meditasie is

’n paar maniere.

Felix sê die doel is nie om jou te leer om sonder digitale toestelle te leef nie – dit het gekom om te bly en is ’n noodsaaklike euwel. Maar jy moet leer om dit te beheer in plaas van andersom.

Hier is praktiese raad uit verskillende bronne

Skakel alle toestelle af vir ’n aand of dag per week. Ek doen dit Sondae en selfs Saterdagaande.

Bêre jou foon wanneer jy by vriende kuier, en gesels!

Skakel jou foon se klank af wanneer jy kan – dit maak dit reeds rustiger. As dit veilig is, ook snags.

Jy hoef ook nie elke oproep dadelik te antwoord nie – ’n selfoon moet jou meer vryheid gee, nie minder nie.

Moenie e-posse na jou foon herlei nie. Ek doen dit al vyf jaar lank nie meer nie, en het nog nooit iets belangriks heeltemal misgeloop nie. As iemand jou werklik dringend soek, sal hulle bel. Ek het in ’n noodgeval wel toegang tot my e-pos.

Moenie speletjies op jou foon speel nie.

Vermy enige aanlynbedrywigheid vir minstens twee uur voor slaaptyd en jy sal beter slaap. (Onthou die melatonien!)

Moenie aan WhatsApp-groepe behoort as dit nie absoluut noodsaaklik is nie. Mute ’n groep wat irriterend is, maar as jy ’n goeie rede het om wel daaraan te behoort. Maak reëls vir sulke groepe en vra mense om dit te respekteer (soos oor die ure waarin boodskappe gestuur mag word).

Sit ’n bepaalde tyd elke dag opsy vir die lees van e-posse. Elke keer wanneer jy jou werk onderbreek om ’n e-pos te lees, vat dit ’n minuut of twee om weer aan die werk te kom. Jy verloor baie tyd én konsentrasie.

Moenie van jou foon af by Facebook inskakel nie, of teken ná elke sessie af. Wanneer jy elke keer weer moet inteken, sal jy ook minder geneig wees om uit verveling daarop rond te hang.

Wanneer iets aan jou eie internetgebruik jou ongemaklik maak, luister na die stemmetjie en verander jou gedrag.

As jy voel jy bestee te veel tyd aanlyn, gebeur dit waarskynlik. Kry ander stokperdjies. Lees, brei, hekel, doen blokkiesraaisels, werk in jou tuin, gesels met jou kinders/man/vrou.

Lees ook: Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

The post Digitale detoks: hoekom en hoe? appeared first on rooi rose.

Beskerm jou oë teen blou lig
Deur Salomé Delport. Foto ALOTOFPEOPLE/istock images

As jy deesdae in ’n oopplanwerkplek vol techies stap, begroet ’n see van brille jou. Álmal dra ’n bril. Selfs dié met 20/20-visie. En nie enige bril nie. Dié brille het bloupers lense, amper soos die superkoel neonpienk, geel en groen brillense van ’n paar jaar gelede.

Wat is dit met die bloulensgier?

Rekenaarkenners weet dat rekenaarskerms se blou lig hul sig kan beskadig. Aangesien hulle nog baie dekades voor die rekenaarskerm wil bly werk en speel, sorg hulle dat hulle hul oë beveilig met rekenaarbrille wat spesifiek blou lig uitskakel.

Wat doen blou lig aan jou oë?

Blou lig is immers deel van ons normale sonlig, en alles wat leef, is van die begin van die wêreld af aan blou lig blootgestel. Hoekom dan nou bekommerd wees?

Die kwessie is die hoeveelheid, intensiteit en baie ure van blootstelling wat deesdae geld, sê Jacques du Toit, optiese tegnikus van Spectacle Warehouse, wat hul eie lenswerkwinkel het.

“Alle rekenaars, TV-skerms en selfs ons selfone het nou hoëdefinisieskerms met hul baie beter beeld. Maar hulle gebruik almal lig van LED’s en ander soorte ligbronne wat ’n baie hoë proporsie blou lig verskaf.”

Daarby is ons binne ’n dekade byna ongemerk deur ’n ligrevolusie. Die gloeilampie en selfs die neonlig is in 2018 so te sê museumstukke. Onthou jy die Eskom-kragonderbrekings? In ons land was dit die laaste stootjie wat ons na LED-ligte laat oorskakel het. Ons het tuis en by die werk alle gewone ligte deur LED’s vervang. Die gevolg is dat ons nou, buiten ons daaglikse dosis digitale blou lig van ons skerms af, vanaf ons algemene beligting tuis en by die werk nog ’n groot skoot blou lig ontvang. Waar jy nou ook al gaan, is jy dag én nag deur blou lig omring. En nog meer, as jy ’n naguil of skofwerker is.

Waar jy nou ook al gaan, is jy dag én nag deur blou lig omring

Dr. Celia Sánchez-Ramos, Spaanse navorser wat sedert die jare tagtig op blou lig en sig werk, noem hierdie moderne grootskaalse blouligblootstelling “ligbesoedeling”. En dikwels is die graad van blootstelling so omvattend dat sy glo dit kom op fototoksisiteit neer.

Moenie later ’n bloutjie loop nie

Die redes hoekom ons oorgeskakel het, is puik en bly geldig. LED-lampies hou immers drie tot tien keer langer en gebruik net 10% van die krag van die ouer generasie gloeilampe en skermbatterye.

Maar ons moet ook die risiko’s verstaan en bestuur, sê Inge Loubser, oogkundige by Mellins in Bloemfontein.

“UV-lig, wat blou lig insluit, is die deel van die ligspektrum met korter golflengtes, wat ook beteken dat hierdie kleur ligstrale meer energie oordra – en dat dit skade kan doen.

“Ons weet dat jou ooglens UV-lig ‘vang’ en keer dat dit dieper in die oog kan inkom. Maar jou ooglens kan nie die blou deel van lig keer nie. Dit kan dus tot op die agterste deel van jou oog (die retina) deurdring.

“Ons weet lankal dat UV-lig katarakte op die ooglens veroorsaak. Net soos UV-lig die ooglens beskadig, beskadig blou lig jou retina.

“Ons dink dit veroorsaak makulêre degenerasie van die retina. Hierdie soort skade is permanent en onomkeerbaar. Katarakte weens UV-skade word vandag maklik reggestel – as jy dit kan bekostig. Maar daar is geen raad vir skade aan die retina nie.”

Die nuwe siening is gegrond op deurbraakwerk van dr. Sánchez-Ramos en haar span van die Complutense de Madrid-universiteit. In een van hul talle ondersoeke is retinaselle 36 uur lank aan LED-lig blootgestel om te kyk of dit die selle aantas. Hulle het verwag dat van die selle sal sterf. Die uitslag was ’n lelike verrassing: blou lig het 93% van die selle gedood. Maar as ’n skerm wat blou lig uitfiltreer tussen die LED-lig en die selle geplaas word, het 90% van die selle goed oorleef. Die logiese afleiding is dat LED-lig die retina onomkeerbaar sal beskadig, terwyl blouligfilters die oog uitstekend beskerm.

Die logiese afleiding is dat LED-lig die retina onomkeerbaar sal beskadig, terwyl blouligfilters die oog uitstekend beskerm

Maar geen mens gaan 36 uur lank op ’n kort afstand na ’n LED-lig staar nie?

Toegegee. Daarom word wyd aanvaar dat LED-lig veilig is, sê sy. Maar wat van die skade wat bietjie vir bietjie oor dekades opbou?

Ons wat op rekenaars werk, weet dat ons aan die einde van elke werksdag ses, sewe en selfs meer uur op minder as 50 cm na ons rekenaarskerms staar.

Dr. Sánchez-Ramos skat dat ons oë gemiddeld 6 000 uur per jaar oop is, waarvan die meeste daarvan in LED-lig is.

Sy meen blou lig sal nie binne ’n dag of wat skade doen nie. “Maar niemand weet hoe ons retinale selle ná ’n dekade of twee, drie gaan lyk nie, want niemand in die wêreld se hele bestaan is al so intensief aan blou lig blootgestel nie.”

Beleidmakende liggame soos die EU se Scientific Committee: Effects of Blue Light, gee ook toe dat blou lig ons oë kan beïnvloed maar sê daar is nog nie sterk bewyse daarvoor in mense nie.

Hoe ook al, totdat ons meer duidelikheid het, is blouligfilters niks minder as verstandige voorsorg nie.

“Ons sê al baie lank jy moet ’n sonbril buite dra wat UV-lig en blou uitskakel,” sê Inge. “Wat nou bykom, is skermblootstelling. Ons moet almal daarmee óók ’n plan maak.

“Al verskaf ’n UV-beskermende sonbril presies die regte soort beskerming, werk dit nie vir die kantoor of saans tuis voor die TV nie. Daarvoor het jy nou jou eie digitale brilletjie nodig – selfs al kan jy uitstekend sien.”

Soorte blouligfilters

Gelukkig het jy ’n paar opsies:

• Verstel jou digitale skerms

Baie selfone, tablette en rekenaarskerms het nou ’n skermstelling wat blou lig saans uitfiltreer. Soek by Settings en skakel night shift of night mode aan. Hulle sal jou saans beskerm – hoewel jou huisligte steeds blou lig uitstraal.

• Laai ’n bloulig-app af

Die meeste is gratis, soos f-lux, Blue Light Filter for Eye Care, EyePro Blue Light Filter en Blue Light Filter Night Mode. Maar ’n mens weet nie hoe doeltreffend hulle is nie.

• Sit ’n bloufilterlagie by jou bril

Jacques sê hierdie lagie kos sowat R1 200 vir twee lense.

• Kry ’n digitale brilletjie

Wat as jy perfek sien en sonder bril lees en werk? Die bloufilter-rekenaarbril of -nie-leesbril is perfek saans tuis en op kantoor wanneer jy rekenaarwerk doen. Hulle filtreer blou lig uit, sonder om te vergroot of te verklein. Te kry by vooraanstaande optometriste en groot takke van Clicks.

Het jy ’n bril vir jou uitrusting?

Jy kies soggens jou skoene, handsak en juweliersware met oorleg. Maar wat van ’n bril? As jy katarakte en onherstelbare swak sig wil keer, het jy minstens twéé brille nodig: een goeie sonbril om op pad en buite te dra, plus een bril wat blou lig uitfiltreer, vir rekenaarwerk op kantoor en ook om saans blou lig van jou digitale skerms en huis se LED-ligte uit te filtreer.

’n Aandbril vir slaaploses?

Daardie dosis blou lig van ons huisligte en rekenaarskerms kan die rede wees waarom baie van ons sukkel om aan die slaap te raak.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

Moeder Natuur gebruik blou lig om jou dag/nagritme aan en af te skakel, verduidelik Inge. “Een van jou slaap/wakker neuroskakelaars is melatonien. Dit is hoog snags wanneer jy moet slaap, en laag bedags wanneer jy op en wakker moet wees.

“Blou lig is die knoppie wat melatonien letterlik soos ’n ligskakelaar aan- en afskakel. Soggens as die son opkom en blou lig volop is, verminder dit jou melatonienvlak. Van jou brein tot jou gemoed en metabolisme word ‘wakker’ en jy kan op jou beste werk. Daar is selfs navorsing wat wys dat mense wat by die werk aan blou lig blootgestel is, produktiewer is.

“Saans, wanneer die son sak en die blou lig uit ons omgewing verdwyn, hou dit op om ons melatonienvlak te onderdruk, wat dan styg tot daar genoeg is om jou vaak te maak.”

Dit werk uitstekend. Of dit hét. Noudat ons aande omsit voor ons LED-TV’s, skootrekenaars en Kindles, verloor ons die boodskap dat dit afskakeltyd is.

’n Oordosis blou lig saans word ook aan slaaponderbreking gekoppel. Een ondersoek wys dat mense wat saans net aan rooi lig blootgestel is gemiddeld 4,5 keer wakker word, terwyl mense wat aan blou lig blootgestel is gemiddeld 6,7 – 7,6 keer wakker word. Hulle voel ook die volgende dag moeër en minder goed as dié wat die vorige aand aan rooi lig blootgestel was.

Gelukkig hoef ons digitale generasie nie af te skakel nie. Ons kan bloot van sononder af ’n aandbril dra en so ons liggaam op koers hou.

Lees ook: Digitale detoks – hoekom en hoe?

The post Beskerm jou oë teen blou lig appeared first on rooi rose.