dokter | rooi rose
Jaarlikse toetse vir mans
Hoe gereeld moet jy dokter toe gaan?
Is jy bekommerd is oor spesifieke siektes soos prostaat- of velkanker, omdat jy baie in die buitelug kom, werksplekbeserings, asma, jou longe omdat jy in die myn- of boubedryf werk, gloukoom of doofheid?
Lees die notas daaroor hieronder, saam met die tabel waarop jy kan kyk watter toetse jy vanjaar, volgens jou ouderdom moet laat doen. Klik hier vir die tabel
Velinspeksie vir velkanker
As jy sport doen, in die buitelug werk of ’n baie ligte vel en veral natuurlike blonde of rooi hare het, moet jy jou vel een keer per jaar laat toets. Maar gaan dadelik dokter toe as ’n moesie skielik verander of bloei, al kom jy min in die son.
Longfunksie en asma
As jy rook of in ’n mynarea woon of in die mynbedryf werk en blootgestel is aan mynstof, behoort jy jou longe elke jaar te laat toets vir longtering.
As jy aanhoudend hoes en nie ’n verkoue kan afskud nie, laat jou toets vir Tuberkulose (TB). Gaan in elk geval dokter toe, want dit kan ook ’n teken wees van asma, emfiseem (selfs al het jy nooit gerook nie), chroniese bronchitis en so meer.
PSA vir prostaatkanker
Dr. Dominique Stott, Uitvoerende Bestuurder vir Mediese Standaarde by PPS, beveel aan dat jy jou eerste PSA-toets (Prostaatspesifieke Antigeen) op veertig kry, en dan elke vyf jaar herhaal om jou risiko op prostaatkanker te monitor. Van 52 af kan jy dit elke twee jaar laat doen.
KANSA beveel aan dat jy jou PSA van veertig af aan jaarliks laat meet.
Wat as jou PSA hoër as normaal is en jy is jonger as 50? Dan moet jy dit fyner dophou en elke twee jaar monitor, of so gereeld as wat jou dokter aanbeveel.
Gehoortoets
As jy in ’n raserige omgewing soos ’n fabriek of myn of met meganiese toerusting werk, laat toets jou gehoor sodra jy agterkom dis aangetas. Toets op vyftig, en toets van daar af elke twee jaar.
Oogtoets vir sig en veral gloukoom
Volgens Rudine Diedericks van die Mellins-Zeiss Visiesentrum in Fourways moet jy jou oë jaarliks vir gloukoom laat toets indien ’n familielid gloukoom het. As jy self met gloukoom gediagnoseer is, moet jy sesmaandeliks laat toets.
Tetanusvaksien (Klem-in-die-Kaak vaksien)
Hierdie vaksien beskerm jou teen ernstige en soms dodelike infeksie met die tetanus-organisme wat jy kan opdoen na beserings, veral as jy buite en met meganiese toesrusting werk. Die vaksien beskerm jou baie doeltreffend maar dit verloor sy doeltreffendheid, en daarom word dit elke tien jaar herhaal. Herhaal dit veral as jy in die buitelug werk, aan sport deelneem of tegniese werk doen.
Gordelroosvaksien
Gordelroos word veroorsaak deur dieselfde organisme wat waterpokkies by kinders veroorsaak. Jy kan jouself baie ongemak bespaar met ’n voorkomende vaksinering. Herhaal dit op 65.
Pneumokokkale vaksien
As jy bo 60 jaar oud is, is jy meer vatbaar vir longinfeksie en bronchitis weens die pneumokokke – bakterieë wat veral toeslaan na ’n verkoue of griep jou weerstand afgetakel het. Belê in die vaksien en spaar jouself baie pyn in jou latere lewe.
Hoeveel vaksiene kan jy tegelykertyd kry?
Moenie die drie vaksiene (klem-in-die-kaak vaksien, gordelroosvaksien en die pneumokokkale vaksien) tegelykertyd kry nie. Spasieer hulle minstens ses maande uit mekaar. As jy nie gereeld dokter toe gaan nie neem een op 59, nog een op 60 en die laaste een op 61.
The post Jaarlikse toetse vir mans appeared first on rooi rose.
Dokter, Dokter
Dit was 1976. Ek was iewers tussen 5 en 6 jaar oud, maar dr. Christiaan Dreyer, oftewel Nic de Jager, het my klein knieë lam gehad. Daardie stem. Daardie kyk. . . Daar was ander ook, onthou jy? Suster Annelien Brink (Lerina Erasmus), dr. Swannie Swanepoel (Regardt van den Bergh) en dr. Kobie Hamman (Jana Cilliers). En wie kan Matrone Fransien Lotter (die nimlike Annelise van der Ryst) ooit vergeet?
Dokter, Dokter.
Dit was 1976. Dis nou 2015. Amper veertig jaar later. Dink ek dié week bewerig terwyl ek buite die teater vir die soveelste arts sit en wag, eergister se hospitaalmuffin (pas vars gekoop) in die een hand, hospitaalkoffie in die ander. Een hap, toe land die muffin in die hospitaaldrommetjie (daar lê klaar twee ander, seker ook vars gekoop, dink ek). Die hospitaalkoffie hou ek; broodnodig om die ou, droeë krummels keel-af te voer.
Na veertig jaar fassineer dié spesie my steeds. Weet ek ook: ‘n dokter-is-nie-‘n-dokter-is-nie-‘n-dokter-nie. Daar’s dié wat grootpraat, dié wat baie praat, dié wat min praat, dié wat nonsens praat, dié wat oor ander praat, dié oor wie ander praat en dié wat botweg brom (laasgenoemde vermy ek soos die pes).
Ek sluk weer. Tranerig-simpel na ek my meisiekind in hul hande moes los. Die een ‘n vrolike vroue-arts wat weet van Prinses Sophia, Barbie, Doc McStuffins en kie. Sy kyk my sesjarige in die oë, vertel van haar eie kleingoed, verduidelik in ‘n taal wat Emma verstaan. Ek sien hoe my kind ontspan; dié Tannie gaan my oppas, né Mamma? sê-vra Em toe sy wegstap.  Ek knik.
Dan’s daar die ander, een van daardie dokters oor wie ander praat: hy praat nie so baie nie, kies sy woorde mooi, sê net genoeg, kyk jou in die oë. Jonk (ek vrees elke oomblik hy gaan my Tannie noem). Wed jou jy laat knieë knak, knik ek terwyl hy praat. Dink dan aan hoe ‘n ander arts hom oordeel: as dit by bedside-manners kom, het hy geen gelyke nie. Waar, weet ek. Dis waar.
Die teaterdeur swaai oop. Net soos in 1976. Ek kan nie opstaan nie. Hy sit. Kyk my in die oë. Kies sy woorde. Los my, kalm.
Dokter, Dokter.
‘n Uur later swaai die deure weer oop. Daar lê sy, my mooie meisiekind: verband om die kop, gehekelde blommetjie vasgespeld. Dis dié dokters, dink ek dadelik. Leer later: dis Suster Lientjie se werk. Suster Lientjie, die teatersuster.
Hierdie naweek is dit Paasfees en Christene die wêreld oor vier die opstanding van Jesus Christus. Ons praat paaseier-in-die-kies oor die dood en die Ewige Lewe. Maar ek? My kop is by hulle.  Dié wat grootpraat, dié wat baie praat, dié wat min praat, dié wat nonsens praat, dié wat oor ander praat, dié oor wie ander praat en dié wat botweg brom (ja, ook by hulle). En by die Suster Lientjies van ons wêreld.
Dokter, Dokter. Hierdie Pase is ek diep dankbaar. Vir julle.
Tot volgende week,
Marí
The post Dokter, Dokter appeared first on rooi rose.