dramareeks | rooi rose

Nuwe kykNET-dramareeks plaas die kollig op pa’s
Hoekom word pa’s aan ’n ander standaard as ma’s gemeet? Dít was die vraag wat die idee geplant het vir die nuwe dramareeks, Beter as gister, wat 30 Junie op kykNET (DStv-kanaal 144) begin.

Corné en René van Rooyen, bekend as skrywers en regisseurs van reekse soos Alles Malan en Summertide, is vir dié nuwe reeks van dertien episodes verantwoordelik. Tascha van der Westhuizen is, soos met al Red Letter Day Pictures se produksies, ook aan boord as vervaardiger.

“Dit het alles begin met die geboorte van ons dogtertjie, Hannah, gedurende Covid. Soos baie pa’s in daardie tyd was ek vir amper ’n jaar op kraamverlof by die huis,” vertel Corné. “In daardie tyd het ek begin verstaan wat dit regtig beteken om ’n eenhonderd persent teenwoordige pa te wees, maar ook hoe anders die wêreld na ’n teenwoordige pa kyk as na ’n teenwoordige ma.

“Ek ruil haar doek om en kry amper ’n staande ovasie. Ek stap met haar rond om haar aan die slaap te kry en mense sê: ‘Sjoe, jy is darem ’n goeie pa’. Maar wanneer ’n vrou presies dieselfde doen, is sy nie ’n held nie. Sy is net ’n ma.

“Dit het my laat besef hoe laag die standaard vir mans is om as goeie pa’s gesien te word en hoe ongelooflik hoog die standaard vir vroue is om as goeie ma’s erken te word. In die publiek se oë is dit maklik om ’n goeie pa te wees: Doen net die basiese dinge, en almal klap hande. Maar vir my het dit verkeerd gevoel. Want om ’n goeie pa te wees, vra baie meer as dit.”

Beter as gister draai om vier families en fokus veral op die mans se rol in elke gesin.

Marco Fouché (Neels van Jaarsveld) is ’n toegewyde tuisbly-pa wat al vir 10-jaar die huishouding bestuur terwyl sy vrou, Cecile (Rolanda Marais), haar ambisie gevolg en uiteindelik burgemeester van Kaapstad geword het. Hulle het drie kinders: die 17-jarige Jessica (Nina Strydom), die agtjarige Coenie (Gerhard Conradie) en die sesjarige Luca (Sebastian La Cock). Die Fouchés se lewe begin egter ontrafel wanneer Marco besluit om weer te begin werk.

Neels van Jaarsveld (Foto: Verskaf/kykNET)

Bernard Kruger (Frank Rautenbach) is ’n meedoënlose sakeman wat alles sal doen om sukses te behaal. Hy is getroud met Karen (Hanna Grobler), ’n saggeaarde onderwyseres, en hulle het twee kinders. Reynard (Sebastian van Niekerk) is ’n 17-jarige probleemkind, wat ’n baie swak verhouding met sy pa het. Die Krugers se jongste is Benji (Eben Kotze), wat ses jaar oud is. ’n Traumatiese voorval verander in ’n oogwink hulle lewens. Daarna moet veral Bernard herdefinieer wat dit vir hom beteken om ’n man en pa te wees.

Frank Rautenbach (Foto: Verskaf/kykNET)

Eben Strauss (Edwin van der Walt) is ’n liefdevolle enkelpa en skrywer. Sy dogtertjie, Lilly (Luna Coetzer), is op die outisme-spektrum, en Eben doen alles in sy vermoë om in haar behoeftes te voorsien. Eben en Lilly se lewens word deurmekaargekrap wanneer Lilly se ma, Sally (Greteli de Swardt), ná jare weer haar verskyning maak.

Edwin van der Walt (Foto: Verskaf/kykNET)

Tariq Cupido (Elton Landrew) is ’n nors, 62-jarige voormalige polisie-offisier en wewenaar. Hy het jare tevore sy enigste dogter uit die huis gedryf en wanneer hy onverwags uitvind sy is oorlede en dat hy die oupa van die sesjarige Katinka (Alexis Newman) is, moet hy ’n besluit neem wat hulle al twee se lewens gaan verander.

Elton Landrew (Foto: Verskaf/kykNET)

Ook in die rolverdeling is June van Merch, Mila Guy, Daneel van der Walt, Charlene Brouwer, André Weideman, Melanie du Bois en Danny Ross.

“Die reeks is gebou op daardie gevoel wat ’n ouer kry wanneer hulle hul kind in die bed gesit het en kyk hoe rustig hulle slaap,” sê Corné. “Moontlik was dit ’n lang dag vol emosie, uitbarstings, skuldgevoelens en ongeduld, maar dan kyk jy na hulle en dink: Môre gaan ek beter wees. In daardie stil oomblik langs die bed, kom daar liefde, hoop en ’n nuwe voorneme. Dít is eintlik die hart van die reeks.”

KYK | Amptelike Voorskou: Beter as Gister

Beter as gister begin op 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: “Ons wil nie spoke opjaag nie”: In die sop-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan

The post Nuwe kykNET-dramareeks plaas die kollig op pa’s appeared first on rooi rose.

De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers
Dink terug aan jou skooldae, en daar is altyd ’n paar dinge wat uitstaan. Die hoogtepunte. Die tawwe tye. Daardie een meneer of juffrou wat uit hulle pad gegaan het om vir jóú die pad oop te maak. Die goeie dae van skooldanse, vriendskappe, eksamens, mislukkings en suksesse. In kort: ’n skool wat jou vir die toekoms voorberei.

Sommige skole het al hierdie kwaliteite, maar ook ’n donker kant wat vir leerders die lewe ekstra moeilik maak. In die grinterige nuwe kykNET-dramareeks, Juffrou X lê die leerlinge van Victory Heights Hoërskool  in die Suid-Kaap se toekoms aan die ander kant van struikelblokke soos armoede, bendes, misdaad en dwelms.  Gelukkig is daar ’n handjievol mense wat alles sal doen om die kaf van die koring te skei en daardie klippe vir hulle uit die pad te rol.

Juffrou X wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Die reeks, met draaiboek en regie deur Hertzogpryswenner Tertius Kapp, bestaan uit agt episodes.

Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres (vertolk deur Trix Vivier), bevind haarself in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haarself in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe. Wie kan vertrou word? En wie gaan uiteindelik oorwin?

Deel van die ster-rolverdeling is De Klerk Oelofse as Cameron le Roux, die nuwe, idealistiese Afrikaans-onderwyser. Hy was voorheen by ’n privaatskool in diens, maar besef vinnig daar is twee wêrelde wanneer dit by skole kom…

Ons het met De Klerk oor die aangrypende reeks gesels wat “die snykant van skole en onderwysers wat ’n verskil probeer maak,” wys.

Wat het jou na die rol van Cameron le Roux in Juffrou X aangetrek?

Cameron was vir my interessant in terme van sy naïwe aanslag tot ’n verskil in sy leerders se lewens maak. Hy hoop dat digkuns en storievertelling genoeg van ’n ontsnapping van die uitdagings in hierdie kinders se daaglikse lewe kan bied. Hoewel dit ’n baie romantiese gedagte is, word die omstandighede waarin hierdie kinders grootword dikwels onderskat. Ek vermoed nie net deur Cameron nie, maar ook deur Jan Alleman.

Wat het jy geleer oor die toewyding en opofferings van opvoeders terwyl jy ‘n onderwyser vertolk het?

Wel, albei my ouers was onderwysers, so ek het grootgeword met daai toewyding en opofferings. Ek dink nie dis maklik om ’n onderwyser te wees nie. Ek dink een van die grootste uitdagings is om die potensiaal in elke leerder te sien en dit dan te koester.

Wat hoop jy sal kykers die meeste van die storie onthou?

Ek dink die reeks het tog ’n tema van opstaan teen jou boelies. Dit gee dalk net iemand daar buite die moed om dieselfde te doen.

As jy oor jou eie skooldae nadink, was daar ‘n onderwyser wat ‘n beduidende impak op jou gehad het?

My Gr. 9 Afrikaanse meneer, Marius Botha, het nogal ’n indruk op my gelaat. Hy het my op sy stil manier baie bewus gemaak van die waarde en impak van stories, nie net d.m.v voorgeskrewe werk nie, as jy gelukkig was, het hy ’n paar van sy eie verhale gelees.

Watter tipe student was jy op hoërskool?

My pa sê altyd ek was nie juis ’n skoolvriendelike kind nie. Ek het maar vir pouse en interaksie met mense geleef. As ek moet eerlik wees, was ek nie veel met my skoolwerk gepla nie. Nie dat dit iets is om op trots te wees nie. Ek het wel op universiteit akademies goed presteer, wat dalk vir ‘n mens iets sê oor die waarde van ’n vakgebied kies waarin jy werklik belangstel.

Wat was vir jou van die lekkerste aspekte van Juffrou X se verfilming?

Om in Wildernis te kon verfilm was vir my die lekkerste. Die gemeenskap het ons met ope arms ontvang, soveel so dat ek en Brendan Daniëls een middag saam met die Wildernis Rolbalklub ’n paar balle gaan afstuur het!

‘Juffrou X’ wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

The post De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers appeared first on rooi rose.

Margaret Gardiner gesels met ‘The Crown’ se Prinses Di
Deur Margaret Gardiner

“Ek het my bedenkinge gehad,” was Elizabeth Debicki, wat die rol van Prinses Di speel, se woorde om iets van haar senuweeagtigheid te verwoord toe sy vir die finale seisoen van Netflix se The Crown Deel 1 voorberei het. Hierin word ons op dreef gebring van die romanse wat tussen Prinses Diana en Dodi Fayed afgespeel het en die tragedie wat daarop gevolg het. “Ek het geweet wat kom.” Sy erken: “Ek het geworstel tot die eerste toneel waar ek die seuns wakker gemaak het, en toe het dit in plek geval. Ek het onbewustelik vanuit ’n plek van vryheid gewerk.”

Elizabeth het vir meer as ’n jaar lank navorsing gedoen om haar karakter ten volle aan te neem. “Ek wou so na as moontlik aan die wese van die mens gekom het,” het die skraal Amerikaner gesê. Die swart rok met die detail by die moue wat sy in die middel van ons onderhoud gedra het, was in sterk kontras met haar witblonde hare. “Toe ek met dié mense gepraat het wat haar geken het, was hul gunstelingherinneringe van ’n selfveragtende, baie selfbewuste en vaardige vrou. Daar was soveel stories wat ek opreg snaaks gevind het. Ek onthou hoe ek gedink het: ‘Dit is so belangrik dat ek haar emosionele intelligensie regdeur die vertoning weef..’”

Elizabeth Debicki (Foto: StillMoving.net)

Netflix het The Crown Seisoen 6 in twee dele vrygestel. Die eerste handel oor die ikoniese tyd op die seiljag en die tragiese ongeluk. Die tweede handel oor die gevolge en beweeg vinnig na die romanse van William en Kate.

Dis ’n slim besluit. Dié wat gedurende daardie tyd geleef het, sal heeltemal verslae wees wanneer hulle kyk hoe die “people’s princess” se verhouding met Dodi so deur die koninklikes en Dodi se pa gemanipuleer is. Haar lewe was ’n geveg teen magte veel groter as syself.

Dit maak dat ’n mens skoon ’n hol kol op die krop van jou maag kry om die gebeure te sien afspeel.

Ek het met Elizabeth gesels oor hoe die romanse tussen Di en Dodi gemanipuleer is en ek het veral gewonder of dit iets was wat opgemaak is. In my televisie-onderhoud verduidelik sy wat die akteurs se keuses ingelig het.

KYK: Margaret Gardiner gesels met Elizabeth Debicki wat die rol van Prinses Diana in The Crown se sesde seisoen vertolk.

Khalid Abdalla wat die rol van Dodi vertolk, het van ’n tydlyn van foto’s geskep van twee mense wat blykbaar ’n soortgelyke menslike pyn gedeel het om hom met sy toneelspel te help. Hy voel die foto’s vang lyftaal vas wat veelseggend is. Hy erken dat hy aanvanklik geïntimideer gevoel het. Toe daar egter op die seiljag geskiet is, het hy gevoel dat hy en Elizabeth die mense wat hulle uitgebeeld het, vereer het. “Die tyd en ruimte wat hulle daar op die seiljag deurgebring het, was natuurlik ongelooflik spesiaal. Dit was vol pret. Ek en Elizabeth moes daardie diepgaande samewerking verken en bou. Toe die rolverdeling en die bemanning vertrek, het die boot die toeters geblaas asof dit tot siens wou sê. Dit was ’n baie kosbare oomblik.”

Die reeks vang ook die kloustrofobiese aandag vas van die publiek en media vir hierdie vrou aan wie die noodlot ’n onspeelbare hand uitgedeel het.

KYK: Margaret Gardiner gesels met Khalid Abdalla, hy vertolk die rol van Dodi

Die Great Gatsby-aktrise wat jy dalk herken van haar vele byrolle, insluitend in Tenet, Guardians of the Galaxy en The Night Manager, het ook die innerlike gevoel van eensaamheid aangespreek wat oor haar gespoel het toe sy sommige van Diana se ikoniese tonele uitgebeeld het wat die publiek deur paparazzi-foto’s van haar tyd op die seiljag ken.

Tydens bemarking om die reeks te help bevorder, het Elizabeth ’n finale verklaring gegee en genoem dat sy iets geleer het terwyl sy die Prinses van Wallis uitgebeeld het: “Sy het met liefde gelei. Ek dink die tragedie wat so baie van ons met Diana vereenselwig, is die gevoel van ’n mens wat soveel gegee het en ons as die publiek het toegekyk hoe sy nie werklik ontvang wat sy verdien het nie. Ek dink dit is wat die wêreld verloor het toe ons haar verloor het.”

Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Dis oukei om vreemd te wees: Wat Margaret Gardiner by Julia Child-reeks geleer het

The post Margaret Gardiner gesels met ‘The Crown’ se Prinses Di appeared first on rooi rose.

Arnold Vosloo in nuwe Deon Meyer-dramareeks te sien
kykNET-kykers kan uitsien na ’n Deon Meyer-dramareeks wat in 2024 uitgesaai sal word.

Die reeks, wat op van die meestermisdaadskrywer Deon Meyer se eerste karakters gegrond is, speel af in die wêreld van kunsdiefstal en swendelaars – mans wat weerlose vroue op soek na liefde met slinkse planne uitbuit. Plan B bestaan uit vyf episodes, en die draaiboek is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp geskryf, wat ook vir die draaiboeke van treffers soos Die spreeus, Gaia, Vier mure en Griekwastad verantwoordelik was.

Arnold, wat die afgelope 33 jaar in Amerika woon en al internasionaal naam gemaak het met rolprente soos The Mummy en Blood Diamond, is opgewonde om deel van die rolverdeling te wees.

“Toe Tim en Cobus my kontak oor ’n rol in kykNET se ‘Plan B’, het ek dadelik ingestem, want dit het vir my al die boksies getiek,” sê Arnold. “Eerstens om in Afrikaans te kan werk. Dan om weer saam met die Griekwastad-span te kon werk – Cobus van den Berg en Tim Theron van Scene23 en natuurlik Jozua Malherbe as regisseur.

“Griekwastad was een van die hoogtepunte van my loopbaan as akteur, en om weer saam met die span te werk, is baie spesiaal. Die teks en storie is ook uitstekend, en die rol was lekker en uitdagend. Dis mos nou ’n geleentheid wat nie te versmaai is nie.”

Jozua het die afgelope paar jaar sy merk gemaak as een van Suid-Afrika se talentvolste filmmakers en was ook in die regisseurstoel vir M-Net se aksiebelaaide nuwe reeks Devil’s Peak.

“Dit is natuurlik ’n plesier om weer saam met ’n span te werk waarmee mens regtig gemaklik en kreatief kan wees, maar hierdie keer met ’n bietjie ligter vermaak,” sê Jozua.

Lees ook: Devil’s Peak se lokprent is uiteindelik hier!

Behalwe Arnold is Tim Theron en Amalia Uys, onder andere, in die groot, talentvolle rolverdeling.

Plan B vertel die verhaal van ’n man met ’n militêre agtergrond, Ivan Malan (Tim Theron), en sy vennoot, Paul Schmidt (Arnold Vosloo), wat ’n bendebaas beroof en ’n skildery steel – Vlammemeisie deur die meesterskilder Vermeer, wat €30 miljoen werd is.

Intussen word Ragel Bergh (Amalia Uys) deur die glyjakkals Joshua Lansky (Armand Aucamp) uit haar erfporsie geswendel. Alles lyk vir haar verlore, maar dan laat ’n kunswaardeerder Ragel se pad met Ivan en Paul s’n kruis, en al drie van hulle wil dieselfde ding ten alle koste hê: die Vlammemeisie.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

“Ons is opgewonde en bevoorreg dat kykNET ons die geleentheid gegee het om ons eerste Afrikaanse TV-reeks te maak,” sê Cobus van den Berg van Scene23. “Ons is dankbaar om meer internasionale gefokusde projekte te kan aanpak, soos Trackers wat op M-Net en wêreldwyd op stroomdienste te sien was, maar dit is altyd spesiaal om in Afrikaans te werk. Dan natuurlik ook die feit dat ons die Safta-bekroonde Griekwastad-span – Arnold, Jozua en Tertius – weer bymekaar kon kry.”

*Plan B se uitsaaidatum sal vroeg in Januarie 2024 aangekondig word.

Lees ook: Deon Meyer is terug met ’n nuwe Bennie Griessel-dossier!

The post Arnold Vosloo in nuwe Deon Meyer-dramareeks te sien appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’
Weet jy wat werklik in jou straat aangaan? Hoe goed ken jy jou bure?

Dis die vrae wat Straat, kykNET se nuwe aksiebelaaide dramareeks jou oor sal laat wonder.

Geleë in ‘n skynbare rustige middelklasbuurt se doodloopstraat, bevind die inwoners van Aarbeistraat hulself by ‘n kruispad en debatteer oor die bou van ‘n beskermende muur om potensiële gevare af te weer. Min besef hulle dat hul oënskynlik rustige bestaan op die punt staan om ontwrig te word deur die koms van ‘n fluitjieblaser wat Robert Muller genoem word. Robert se teenwoordigheid bring ‘n gevoel van geheimhouding mee, aangesien hy onder getuiebeskerming is en skuiling kom soek het …

Die drama is propvol kinkels en ontvou verder met die geheimsinnige teenwoordigheid van ‘n huurmoordenaar, bekend as Siener, geïnspireer deur die enigmatiese Siener van Rensburg. Kykers kan ‘n reis van spanning en ontdekking verwag om die identiteit van hierdie enigmatiese figuur te onthul.

Die reeks is geskryf deur die legendariese draaiboekskrywer Paul C. Venter en die regisseur is Morné du Toit wat onder meer die regisseur van die flieks Vuil wasgoed, Hoofmeisie en Nul is nie niks nie was.

Die ster-rolverdeling sluit onder andere Nico Panagio, Amalia Uys, Morné Visser, Marisa Drummond en Leandie du Randt in.

Die bekende aktrise Cintaine Schutte, wat al ŉ Kanna-toekenning, Fleur Du Cap-toekenning en Woordfees-trofee vir haar toneelspel ontvang het, vertolk die rol van Retha. Sy is die floskoppie-vrou van die plaaslike apteker, Hannes Brümmer, vertolk deur Maxwell Smit. Hannes se farmaseutiese kundigheid strek verder as net pille, en Retha se teenwoordigheid voeg nog ‘n fassinerende laag intrige by die reeks …

Deur sy boeiende storielyn bied Straat ‘n humoristiese weergawe van die unieke toestande van Suid-Afrika, van voorstedelike paranoia tot die onderliggende vrese vir die onbekende. Aangesien die reeks persepsies uitdaag en die vraag konfronteer oor hoe goed jy werklik jou bure ken, vertoon dit ook die natuurskoon van Kaapstad, waar die reeks verfilm is.

Karlien Meiring het meer by Cintaine oor die aksiebelaaide drama gaan uitvind.

Wat was jou aanvanklike reaksie toe jy die draaiboek gelees het? Watter elemente van die storie of jou karakter het jou die meeste aangetrek?

Dit was vir my baie verfrissend om te sien hoe die reeks so baie fully fleshed- karakters insluit, elk met hul eie reis wat hul in ’n storie propvol plot twists moet aanpak. Aan die begin moet jy nogal kophou, anders kan dit ‘n mens deurmekaar maak, maar Paul C. Venter het dit reggekry om al die storielyne mooi saam te bind. Elke toneel is gevul met intrige en hou jou op die punt van jou stoel – iets waarvan ek wou deel wees! My karakter was ook dadelik vir my baie interessant. Retha en haar man, die plaaslike aptekers het ‘n groot geheim wat hulle vir die gemeenskap wegsteek … Hoewel die buurt dink hulle ken almal mekaar, is dit glad nie die geval nie omdat almal met hul eie geheime rondloop. Die balans wat getref word tussen die geheime wat gehou word en die geheime wat uitgeblaker word, is boeiend!

Watter boodskap hoop jy neem die gehoor weg van Straat, en hoe dink jy sal kykers by die program aanklank vind?

Die kykers sal aanklank vind by die nuuskierige aard van die mensdom. Wanneer ons stories kyk, is dit lekker om saam met die karakters speurder-speurder te speel om by die waarheid uit te kom.  Straat moedig dit aan. Daar is soveel verskillende intriges in elke karakter se storielyn en jy kan nie anders as om saam na antwoorde te wil soek nie. Ek dink die boodskap wat die reeks oordra, is om nie jouself te ernstig op te neem nie en te weet dat elke huis sy kruis het. Jy dink dalk jy ken jou bure en die jou straat se inwoners, maar jy weet heel waarskynlik bitter min van hulle. Al hoe jy hulle beter kan leer ken, is om vir hulle om te gee en werklik daar vir hulle te wees.

Foto: Carl Kindo

Straat verken ‘n verskeidenheid temas, van spanning tot humor. Watter genre geniet jy die meeste om as aktrise aan te werk?

Ek hou van enige genre en wil myself nie beperk nie, ek hou daarvan om ’n  verkleurmannetjie te wees. Solank ek net stories kan vertel! As storieverteller, is dit my verantwoordelikheid om in enige genre te kan speel, solank dit in die waarheid gegrond is, want dan word die boodskap suksesvol oorgedra.

Wat vind jy die vervullendste daarvan om ’n aktrise te wees, en wat hou jou gemotiveerd in die bedryf?

Dis vir my ‘n groot voorreg om elke dag die geleentheid te kry om stories te kan vertel, of dit nou op die skerm, in ‘n studio, op die planke of agter die skerms aan die produksiekant van dinge is. Dis ook baie vervullend om vir ander werk te skep om stories te kan vertel. My medekunstenaars en vriende hou my gemotiveerd, veral wanneer ons saam sit en ons kreatiewe sappe kan laat vloei. In moeilike tye is ons daar vir mekaar en luister graag na mekaar se idees. Ek is bevoorreg om ’n man te hê wat ook in die bedryf is en dit baie goed verstaan. Ons is baie gelukkig in Suid-Afrika om sulke verskeidenheid mense, kulture en tale se stories te kan verken. Dít hou my geïnspireerd!

View this post on Instagram

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte)

As Retha ‘n buurtbraai of aandete sou aanbied, watter gereg dink jy sou sy voorberei om haar bure mee te beïndruk?

Definitief ‘n mango-poeding! En een of ander fancy gevulde hoendergereg met kaas en spek. Sy sal ook seker maak die wyn word voortdurend geskink … Retha is nie juis iemand vir kosmaak nie, maar ek is seker sy sal wil uithaal en wys met iets wat sỳ dink ander sal beïndruk.

Straat wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

The post Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’ appeared first on rooi rose.

Hartklop: leer ken die karakters in kykNET se eerste hospitaaldrama
Johannesburg. Vroegoggend.

’n Blonde vrou word in haar motor wakker. Daar is bloedvlekke op haar moulose top. Sy kyk in die truspieëljie.

’n Vrou met ’n serp wat haar kop bedek wag langs die pad. ’n Mini met ’n persoonlike nommerplaat stop langs haar en sy klim in. Sy haal haar serp af en glimlag vir haar vriendin.

’n Gespierde man doen verbete oefening in sy woonstel met ’n panoramiese uitsig op Johannesburg.

’n Vrou drink koffie terwyl sy na die reuse-diamant in haar trouring staar.

’n Jong man met ’n rugsak kom aangestap en sien hoe die blonde vrou vir haarself steke in haar mond sit.

Só skop die eerste paar minute van kykNET se nuwe dramareeks, Hartklop, af. Die reeks is vanaf Dinsdag 18 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees. Ses karakters, elkeen met sy eie storie, maar een ding in gemeen: Beyers Naudé Akademiese Hospitaal, ’n staatshospitaal in Johannesburg en die top-opleidingshospitaal in die land.

Van die ses hoofkarakters is drie dokters wat in die eerste episode vir hulle eerstejaarinternskap aanmeld. Simoné Pretorius (Binnelanders, Hotel) is Dr. Elani Breytenbach wat uit ’n bevoorregte huis kom en ’n regsgeleerde ma het wat alles vir haar dogter sal doen. Haar kliniese assistent en direkte hoof is Dr. Veronica Pietersen (Renate Stuurman) en die konsultant, oftewel die hoof van die afdeling, is Dr. Suzanne de Jongh (Marlee van der Merwe).

Carla Classen (Stroomop, Lioness) is Dr. Karima Salie wat haar konserwatiewe agtergrond wil agterlaat. Sy en Elani was kamermaats op Tukkies. Karima werk in ongevalle onder die kliniese assistant Dr. Louw van Onselen (David Louw) en die hoof van hulle afdeling is Dr. Daniel Strydom (Jacques Bessenger).

Dr. Fezile Nodada, vertolk deur Oros Mampofu (Skeem Saam, Savage Beauty), is ’n jong man uit die Oos-Kaap wat tussen westerse medisyne en Afrika tradisies staan – hy wil as chirurg kwalifiseer. Die kliniese assistent saam met wie hy werk, is Dr. Jolene Joubert (Leandie du Randt). Die konsultant van chirurgie is Prof. Gustav Coetzee (Dawid Minnaar). Christel van den Bergh is te sien as Anke Dempsey, ’n hoogse bekwaamde verpleegster in die noodafdeling.

Ander groot name in die rolverdeling (sommige deurlopend en ander gasrolle) sluit in Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch.

Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher en Christo Davids. Christo is ook te sien as Sollie, Dr. Veronica Pietersen se man.

Omdat die reeks grotendeels in die ongevalle/trauma-eenheid afspeel, was die grimeerspan van kardinale belang. “Ons het ’n klein span gehad, maar met baie talent. Die eer moet aan Ronwyn Jarret gaan. Sy was vir al die prosteses – soos borskaste, skedels en harte – en bloed verantwoordelik. Dit was niks vreemd om te sien hoe sy een of ander orgaan tussen tonele verf nie,” sê JP Potgieter, vervaardiger by Quizzical Pictures. Ander reekse op hulle kerfstok sluit Reyka, Desert Rose en iNumber Number in.

Wat maak hospitaalreekse so kykbaar?

“Ek dink dis omdat ons almal kan identifiseer met die karakters; die dokters én die pasiënte,” sê JP. “Die feit dat die dokters se eie stories afspeel teen die agtergrond van die pasiënte se krisisse, maak die stories baie dinamies en bring dit ’n natuurlike spanningslyn. Met Hartklop is dit nie anders nie. Elke episode het sy eie drama vir elkeen van die karakters – van die karakters wat in elke of bykans elke episode is tot die karakters wat net in een of twee episodes is.”

KYK: Die Hartklop-akteurs het ons meer vertel oor wat kykers kan verwag van dié splinternuwe drama!

· Hartklop begin op Dinsdag, 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

The post Hartklop: leer ken die karakters in kykNET se eerste hospitaaldrama appeared first on rooi rose.

Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei
kykNET (DStv-kanaal 144) kondig met trots aan dat die kanaal se eerste mediese drama, Hartklop, op Dinsdag 18 Julie om 20:00 begin.

Die drama spog met bekende akteurs soos Simoné Pretorius, Renate Stuurman, Dawid Minnaar, Leandie du Randt, David Louw, Jacques Bessenger, Oros Mampofu, Carla Classen en Marlee van der Merwe in die rolverdeling.

Hartklop, wat ’n merkwaardige 178 rolle met dialoog het, het ook verskeie ander groot name in die rolverdeling – sommige deurlopend en ander in gasrolle. Onder hierdie spelers tel Christel van den Bergh, Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Christo Davids, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher (Ludik) en Christo Davids (Spoorloos).

Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak.

“Ons het besluit om die reeks in ’n staatsopleidingshospitaal te laat afspeel omdat dit nie net verteenwoordigend van Suid-Afrika is nie, maar ook om te wys dat ons van die beste mediese fakulteite in die wêreld het,” sê Zoë. “Ons plaaslike dokters is superhelde. Daar is militêre dokters van oral oor wat Suid-Afrika toe kom vir hulle opleiding, juis omdat ons hospitale soms soos oorlogsones lyk. Dan is daar natuurlik die ander kant – die dokters se persoonlike lewens en die impak wat hulle werk daarop het.”

Kykers kan uitsien na storielyne met mediese gevalle wat hulle by tye stom van verbasing sal laat by die blote gedagte dat dit op werklike gebeure gegrond is. Sommige stories sal hulle laat lag en ander ’n traan of twee laat pink. Daar is dramatiese gebeure waarmee alle kykers hulle sal kan vereenselwig, soos waar ’n geliefde veg om sy of haar lewe, of vir wie daar niks gedoen kan word nie.

Daar is egter ook stories van hoop waar pasiënte weer uit ’n lang koma ontwaak, sonder dat dit medies verklaarbaar is, of waar iemand tot die dokters se groot verbasing ten volle herstel. Tussendeur sal kykers in die dokters se persoonlike lewens ingetrek word en sien hoe hulle worstel met die impak van hulle roeping en die geweldig moeilike vraag of hulle deur die werk wat hulle doen, God mag speel.

KYK: Hartklop se amptelike voorskou

Lees ook: Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

The post Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei   appeared first on rooi rose.