dramastudent | rooi rose

Hou hom dop!
Hou hom dop! – Deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Verskaf

Dean John Smith is nog net 25 jaar oud, maar ryg reeds die rolle – en benoemings en toekennings – in. In 2014 is hy beloon met die gesogte Fleur du Cap-toekenning vir die beste dramastudent, en kort nadat hy in 2015 sy honneursgraad in drama aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, het hy twee gesogte teatertoekennings losgeslaan: ’n kykNET-Fiësta vir beste manlike byspeler vir Die dag is bros, en by Aardklop as beste akteur vir A Cock and Bullshit Story. By Aardklop 2018 was sy naam weer op die kortlys as beste akteur – hierdie keer vir sy spel in Klippe wat val.

Maar die aantreklike, vriendelike Dean, wat die rol van Wade in die TV-sepie Suidooster speel, se voete is nog stewig op Moeder Aarde. “Dis ’n baie harde bedryf, en ’n mens moet heeltyd aan jou vaardighede werk,” vertel hy telefonies ná ’n besige dag op stel. Of hy nou ’n komplekse rol vertolk soos in die onlangse Kinnes van Chase Rhys, of die gawe Wouter in Liewe Kersfeesvader, werk is werk en ’n mens moet jou bes doen. “Akteurwees moenie gaan oor die aantal ondersteuners wat jy op sosiale media kan kry nie. Jy moet dit om die regte redes wíl doen.”

Van waar jou belangstelling in drama?

Ek is ’n Swartlandklong, op Malmesbury gebore en getoë. Ek het matriek geskryf aan Schoonspruit Sekondêr, wat gelukkig ook ’n fokusskool vir die kunste is. Dit het baie gehelp om my liefde vir die kunste te ontwikkel. Maar my liefde vir toneelspel gaan verder terug – my familie vertel graag hoe ek kleintyd elke Sondag ná die diens die pastoor nagemaak het. Toe dink hulle seker die kind wil ’n predikant word. Maar toe ek die ou wat die keyboard speel ook begin naboots, het hulle waarskynlik besef ek wil akteur word. Niemand in ons gesin kom uit die drama- wêreld nie. Ek spot altyd en sê my pa is ook in die televisiebedryf, want hy het ’n onderneming wat televisiestelle regmaak. My ma help hom om die besigheid te bedryf. Ek het ook twee ouer susters, Jill (28) en Lynn (31). Hulle vertel graag hoe ek kleintyd my goedjies gepak en weggeloop het. As iemand agter my aanloop, het ek hulle weggejaag. Maar sodra ek agterkom niemand soek my nie, is ek maar terug huis toe. Ek moet tog eet!  So ja, ek het seker maar van kleins af ’n bietjie drama veroorsaak (lag).

Jy het op skool met dramalesse begin. Het jy dadelik geweet dis wat jy vir ’n bestaan wil doen?

Ek was deel van die skool se dramagroepie, en ons het op toere gegaan en sulke goed. My ma het altyd geraas en gesê: “Jy bly net fokus op drama, drama, drama. Onthou, daar is ander vakke ook!” Toe ek in graad 10 was, het ek in die verhoogproduksie, Vaseline-tjie, onder Henry Mylne gespeel. Dit was ’n groot ding, want daar was ’n hele klomp 7de Laan-akteurs betrokke. Toe ek eers besef daar bestaan iets soos ’n toneelwêreld, het ek daarop begin fokus. Ná skool is ek Maties toe om te gaan drama studeer.

Jy blink uit op die verhoog, TV en in flieks, maar watter medium is vir jou die lekkerste, en hoekom?

Ek kan nie net een kies nie. Ek geniet elkeen om verskillende redes en op verskillende maniere. Op die verhoog is daar daardie lekkerte van being live voor ’n gehoor. Televisiewerk is weer vinnig, on the spot, wat ook lekker is. Maar daar is nie ’n hele reis met jou karakter soos op die verhoog nie, so jy moet vinnig in die oomblik kom. Flieks het weer ander uitdagings, soos dat dit nie in chronologiese volgorde geskiet word nie, wat beteken ’n mens moet onthou waar in jou karakter se reis jy is wanneer ’n toneel verfilm word.

Vertel meer van jou ander passies en belangstellings? Hoe ontspan jy?

Ek wens ek kon nou antwoord ek sing en dans graag, maar drama is eintlik my enigste passie. Hoe ontspan ek? Ek hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en saam met vriende te kuier. Of jy nou saam rugby kyk, of saam na ’n wynplaas toe gaan – dit gaan nie oor wat jy doen nie, maar saam met wie jy dit doen. Ek gaan kyk ook graag shows.

Jy is nou so 18 maande al deel van die Suidooster-span …

Ek was maar taamlik senuweeagtig toe ek hier kom, want ek het uit ’n verhoogagtergrond gekom. Dit was my eerste rol in ’n

multi-kameraproduksie. Ek onthou ek het aan die begin heeltemal te hard gepraat, want in die teater leer jy mos projekteer (lag). Maar gelukkig was almal baie behulpsaam – ek kon nie vir beter kollegas gevra het nie. Ons is nou soos ’n groot familie. My karakter, Wade, is ’n regte goodie two shoes, enige skoonma se droom.

Jy het baie harte gesteel as Wouter in Liewe Kersfeesvader. Is dit die soort rol wat natuurlik vir jou kom?

Ek het nog altyd by my mentors geleer: find the truth in the moment. Kry iets waarmee jy jou kan vereenselwig, en hou dit dan so eerlik moontlik. Sekere aspekte van karakters kom vir ’n mens makliker as ander – dis maar waarop ek bou. Wouter was ’n omgee-ou wat enigiets sou doen vir die mense vir wie hy lief was. Dis iets waarmee ek my kan vereenselwig, so ja, sekere dele het natuurlik gekom en ek kon lekker daarop bou.

Watter soort rolle sal jy nog graag wil vertolk?

Ek kan nie aan ’n spesifieke soort rol dink nie, maar ek wil nog baie rolle speel wat my uitdaag, laat dink, laat werk. Rolle wat my diep in myself sal laat delf. Ek is mal oor ’n uitdaging. Ek sal regtig graag ’n aksierol wil speel wat fisieke uitdagings bied.

Wat weet niemand van jou nie?

Dit weet ek nie! (Lag)

Wie of wat motiveer jou?

’n Mens kan by baie mense iets leer. Mense wat hard werk, inspireer my. Trevor Noah staan vir my uit – as ek na hom kyk, dink ek: dis ons mens daai! Hy het nie die beste grootwordjare gehad nie, maar kyk waar is hy nou! Dis inspirerend, want daar is hoop, hy wys jy kán dit doen. Iemand soos Tracey Lange motiveer my ook. Sy is een van die hardwerkendste mense wat ek ken. Ek vertel gereeld vir haar hoe haar werksetiek my inspireer.

Hoe sal jy jouself beskryf?

Ek hou van ’n uitdaging, maar kan ook vinnig gemaklik raak sodra ek iets onder die knie het. Dan moet ek myself daaraan herinner dat ek méér soek. Verder hou ek daarvan om mense gelukkig te sien, soms ten koste van myself. Ek werk nog aan daardie balans.

Watter eienskappe bewonder jy in mense?

Selfvertroue! Maar nie op ’n arrogante manier nie – eerder ’n positiewe energie wat ’n mens na iemand toe aantrek. En ek hou van mense wat jou op jou gemak laat voel. Want as mense nie gemaklik is nie, kan hulle nie die beste weergawe van hulself wees nie.

Het jy ’n motto?

Moenie te gemaklik raak nie – as jy is, staan op, daag jouself uit en groei!

Wat beplan jy vir 2019?

Ek gaan steeds in Suidooster wees, maar daar is ook drie teater-produksies by die Woordfees: Vlug, Klippe wat val en Die Gangsters van Marthinus Basson. ’n Komedie waaraan ek en Gantane Kusch skryf, is ook op die kaarte.

Dié laat Dean tiek

Dean begin sommer lag toe ek vra of hy daarop ingestel is om fiks te bly en gesond te eet. “Nee, ek is nie, maar ek behoort te wees! Maar ek eet wel deesdae gesonder as voorheen. En ek gaan gim toe. Maar ek is nie ’n ou vir gestoomde hoender en ’n paar stukkies broccoli nie, dankie.”

Hy hou van lekker kos en kan kook nadat hy op universiteit “baie tyd” op die foon deurgebring het om sy ma se resepte en kosraad te vra. En sy gunstelinggereg? “Butter chicken met naanbrood! Ek hou nie van spicy kos nie, maar dit kan so ’n klein bietjie byt hê.”  Dean verkies sap – veral lietsjiesap – bo gaskoeldrank.

Soos alle akteurs, hou hy van fliek. “Ek gaan fliek soms alleen.” Hy sonder nie graag plaaslike akteurs uit wie se werk hy bewonder nie. “Daar is so baie. Maar goed, beslis Tinarie van Wyk Loots en Esther von Waltsleben se comedy timing. En Charlton George se nuanses en die subteks wat hy in ’n enkele lyn kan speel. Internasionaal bewonder ek iemand soos Will Smith – hy kan ver strek met sy karakters, of dit nou ’n komedie of ’n dramatiese rol is. En natuurlik mense soos Viola Davis en Meryl Streep – hulle kan enigiets in goud verander.”

Waarsonder kan Dean nie sy lewe voorstel nie?

“Chips! Oe, ek love chips! Dis my swak,” sê hy laggend. “Ek sit nou juis hier en gesels met ’n bakkie chips langs my. Maar op ’n ernstige noot: ek weet nie wat ek sou doen sonder drama nie. Ek dink nooit ver vooruit nie, maar soos ek op die oomblik voel, sal ek vir altyd in hierdie bedryf wil bly, hetsy as skrywer, akteur of regisseur.”

The post Hou hom dop! appeared first on rooi rose.